7 Desember
datum
(Aangestuur vanaf 12-07)
<< | Desember 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
7 Desember is 341ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (342ste in skrikkeljare). Daar volg nog 24 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 1527 – Pous Clemens VII stel Francisco de los Angeles Quiñones, generaal van die Franciskane aan as kardinaal.
- 1654 – Pietro Vito Ottoboni (Later Pous Alexander VIII) word biskop van Brescia.
- 1732 – Die Royal Opera House open by Covent Garden in Londen, Engeland.
- 1787 – Delaware word die 1ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1815 – Michel Ney, maarskalk van Frankryk, word per vuurpeloton tereggestel naby die Luxemburg-tuin in Parys as gevolg van sy ondersteuning van Napoleon Bonaparte.
- 1912 – Generaal Barry Hertzog lewer die De Wildt-toespraak onder 'n boom op die plaas De Wildt buite Pretoria in die aanloop tot die skeuring met Smuts en Botha en die stigting van die Nasionale Party.
- 1926 – Die vliegtuig Switzerland styg in Zürich op op pad na Kaapstad. Dit word die eerste vlug tussen Switserland en Suid-Afrika. Die vlieënier is Walter Mittelholzer.
- 1941 – Japan val Pearl Harbor in Hawaiï aan en die Verenigde State betree die Tweede Wêreldoorlog.
- 1972 – Apollo 17, die laaste bemande missie in die Apollo-program word gelanseer.
- 1975 – Indonesië val Oos-Timor binne.
- 1982 – Die eerste doodstraf deur middel van 'n dodelike inspuiting vind in die VSA plaas.
- 1988 – Armenië word deur 'n aardbewing getref, wat 6,9 op die Richterskaal lees; 25 000 mense sterf, 15 000 word beseer en 400 000 word dakloos gelaat.
- 1988 – Yasser Arafat erken Israel se reg om as staat te bestaan.
- 1993 – Die Suid-Afrikaanse uitvoerende oorgangsraad word daargestel.
- 1995 – Die Galileo-ruimtetuig kom by Jupiter aan, 'n bietjie meer as ses jaar nadat dit deur die ruimtependeltuig Atlantis tydens Sending STS-34 lanseer is.
- 2003 – Zimbabwe verlaat die Britse Statebond.
- 2009 – 'n Embraer ERJ 135-vliegtuig van Airlink gly van die aanloopbaan af, by George-lughawe, en beland op die R404-pad.
Geboortes
wysig- 521 – Sint Columba van Iona, Ierse monnik en sendeling († 597).
- 1598 – Gian Lorenzo Bernini, Italiaanse argitek, beeldhouer, skilder en dekorontwerper († 1680).
- 1860 – Sir Joseph Cook, sesde Eerste Minister van Australië († 1947).
- 1905 – T.O. Honiball, Suid-Afrikaanse spot- en strokiesprentkunstenaar († 1990).
- 1928 – Noam Chomsky, Amerikaanse filosoof.
- 1932 – Ellen Burstyn, Amerikaanse aktrise.
- 1936 – Wim Bosman, strokiesprentkunstenaart († 2019).
- 1949 – Tom Waits, Amerikaanse musikant.
- 1973 – Ali Raymi, Jemeense bokser en vlieggewigwêreldkampioen († 2015).
- 1982 – Tasneem Motara, Suid-Afrikaanse politikus.
- 1984 – Robert Kubica, Poolse Formule Een-renjaer.
- 1987 – Aaron Carter, Amerikaanse akteur, kletsrymer en sanger († 2022).
- 2003 – Catharina-Amalia, Prinses van Oranje, eerste troonopvolger van Nederland.
Sterftes
wysig- 43 v.C. – Cicero, Romeinse staatsman en filosoof (* 106 v.C.).
- 283 – Sint Eutychian, die 27ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk. (* ±220).
- 983 – Keiser Otto II van die Heilige Romeinse Ryk (* 955).
- 1254 – Pous Innocentius IV, die 180ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1735 – Gregorio Fontana, Italiaanse wiskundige (* 1803).
- 1882 – Dr. Philip Eduard Faure, eerste predikant van die NG gemeente Wynberg (* 1811).
- 1894 – Ferdinand de Lesseps, Franse diplomaat en die dryfveer agter die bou van die Suezkanaal (* 1805).
- 1962 – Bob Loubser, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en politikus († 1884).
- 1975 – Thornton Wilder, Amerikaanse dramaturg en wenner van Pulitzerprys vir Fiksie († 1897).
- 1993 – Félix Houphouët-Boigny, eerste President van die Ivoorkus (* 1905).
- 2011 – Harry Morgan, Amerikaanse akteur (* 1915).
- 2020 – Dawn Lindberg, Suid-Afrikaanse vermaakpersoonlikheid (* 1945).
- 2020 – Chuck Yeager, Amerikaanse vlieënier en die eerste persoon wat deur die klankgrens gevlieg het (* 1923).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
wysig- Pearl Harborwaarnemingsdag in die VSA.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |