Maak hoofkeuseskerm oop

Nederlandse nasionale rugbyspan

Die Nederlandse nasionale rugbyspan is 'n nasionale sportspan wat Nederland in rugby verteenwoordig. Die span het vir die eerste keer in 1930 teen België gespeel. Rugby in Nederland word geadministreer deur die Nederlandse Rugbybond. Die Nederlandse rugbyspan is tans (10 November 2019) 25ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[2]

Nederland
Flag of the Netherlands.svg
Unie Nederlandse Rugbybond
Bynaam(e) Oranje
Stadion NRCA, Amsterdam
Afrigter(s) Zane Gardiner
Kaptein(s) Dirk Danen
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Marc Visser (67)[1]
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Nederland Nederland 6–6 België Vlag van België
(1 Julie 1930)
Grootste oorwinning
Vlag van Nederland Nederland 62–0 Vlag van Denemarke Denemarke
(6 Oktober 1973)
Grootste nederlaag
Vlag van Engeland Engeland 110–0 Vlag van Nederland Nederland
(14 November 1998)
Unie webwerf
www.rugby.nl

GeskiedenisWysig

 
Die Nederlandse nasionale rugbyspan, soos in Januarie 2008
 
Nederland speel teen Pole tydens die Europese Nasiesbeker in 2012

Nederland het hulle eerste internasionale rugbywedstryd op 1 Julie 1930 teen België gespeel. België het 6–0 gewen. Nederland het weer teen België gespeel as ook teen Duitsland en Roemenië.

In die 1940's het die span gereeld teen België en Duitsland gespeel. In die 1960's het die span gereeld teen Wes-Duitsland gespeel. Die span het in die dekade ook teen Pole, Swede, Spanje en Tsjeggo-Slowakye gespeel.

In die 1970's het die span ook wedstryde teen Italië gespeel. Die span het 'n aantal wedstryde gewen tussen 1984 en 1987. Nederland kon tot dusver nie daarin slaag om vir die Rugbywêreldbeker te kwalifiseer nie.

In die moderne professionele era het die span gesukkel maar daar is nuwe hoop met opkomende spelers soos Bart Viguurs, Allard Jonkers, Rik Roovers en Koeraad Buseman.

WêreldbekerrekordWysig

Jaar Uitslag
1987 Nie genooi nie
1991 Nie gekwalifiseer nie
1995 Nie gekwalifiseer nie
1999 Nie gekwalifiseer nie
2003 Nie gekwalifiseer nie
2007 Nie gekwalifiseer nie
2011 Nie gekwalifiseer nie
2015 Nie gekwalifiseer nie
2019 Nie gekwalifiseer nie
2023 N.v.t.

VerwysingsWysig

  1. (en) "Archived copy". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2012. Besoek op 20 Mei 2012.AS1-onderhoud: "Argiefkopie" as titel (link)
  2. (en) "World Rugby Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 10 November 2019.

Eksterne skakelsWysig