29 April
datum
(Aangestuur vanaf 04-29)
<< | April 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | ||||
Al die dae |
29 April is die 119de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (120ste in skrikkeljare). Daar volg nog 246 dae in hierdie jaar.
Gebeure
wysig- 419 – Teenpous Eulalius se pontifikaat eindig met sy vlugtog uit Rome.
- 1050 – Pous Leo IX hou 'n Paas-sinode oor die leer van Berengar van Tours.
- 1429 – Honderdjarige Oorlog: Johanna van Arkel bevry Orleans van Engelse besetting.
- 1432 – Die konsilie van Basel roep Pous Eugenius IV op om voor hulle te verskyn.
- 1552 – Pous Julius III sluit vrede met koning Hendrik II van Frankryk.
- 1625 – Pous Urbanus VIII publiseer sy bul Omnes gentes plaudite minibus oor die jubileumjaar 1625.
- 1658 – Pous Alexander VII stel drie nuwe kardinale aan, almal lede van die Apostoliese Kamer.
- 1661 – China se Qing-dinastie beset Taiwan.
- 1670 – Pous Clemens X volg Pous Clemens IX op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1672 – Louis XIV van Frankryk val Nederland binne.
- 1770 – James Cook ontdek Botany Bay, Australië.
- 1921 – Achille Ratti (later Pous Pius XI) word titulêr aartsbiskop van Adana.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: die Duitse weermag in Italië gee oor aan die Geallieerdes.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Adolf Hitler trou met Eva Braun in 'n Berlynse bomskuiling en hy wys admiraal Karl Dönitz aan as sy opvolger.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: die Dachau-konsentrasiekamp bevry deur Amerikaanse troepe.
- 1946 – Voormalige Eerste Minister van Japan Hideki Tojo en 28 voormalige Japannese leiers aangekla van oorlogsmisdade.
- 1967 – Na hy weier om militêre diens te verrig in die Amerikaanse Leër (agv geloofsredes), word Muhammad Ali se bokstitel van hom weggeneem.
- 1970 – Viëtnamoorlog: Verenigde State en Suid-Viëtnamese magte val Kambodja binne om te jag op die Viëtkong.
- 1975 – Viëtnamoorlog: Operasie Frequent Wind - die laaste Amerikaanse burgers word ontruim uit Saigon voor 'n verwagte Noord-Vietnamese oorname. Die VSA se deelname aan die oorlog kom tot 'n einde.
- 1975 - Die konsulaat van Israel in Johannesburg word beset.
- 1988 – Glasnost: Sowjet-Unie-leier Mikhail Gorbachev beloof meer geloofsvryheid.
- 2002 – Die Swartland en Weskus Herald word op Porterville gestig.
- 2011 – Die Britse Prins William trou met die Engelse Kate Middleton.
Geboortes
wysig- 1818 – Aleksander II van Rusland, tsaar van Rusland († 1881).
- 1854 – Henri Poincaré, Franse fisikus († 1912).
- 1863 – William Randolph Hearst, Amerikaanse uitgewer; onderwerp van die film Citizen Kane († 1951).
- 1879 – Thomas Beecham, Britse dirigent († 1961).
- 1899 – Duke Ellington, Amerikaanse komponis en pianis van jazzmusiek († 1974).
- 1893 – Harold Urey, Amerikaanse chemikus, wenner van die Nobelprys vir Chemie († 1981).
- 1895 – Malcolm Sargent, Britse dirigent († 1967).
- 1901 – Hirohito, Keiser van Japan († 1989).
- 1909 – Tom Ewell, Amerikaanse akteur († 1994).
- 1914 – Reinhard Kolldehoff, Duitse akteur († 1995).
- 1917 – Celeste Holm, Amerikaanse aktrise († 2012).
- 1922 – Toots Thielemans, Belgiese jazz-musikant, komponis en kitaarspeler († 2016).
- 1936 – Zubin Mehta, Indiese musikant.
- 1938 – Bernard Madoff, Amerikaanse beleggingsadviseur, gevonnisde bedrieër († 2021).
- 1946 – John Waters, Amerikaanse filmregiseur.
- 1954 – Jerry Seinfeld, Amerikaanse komediant, akteur, skrywer, regisseur.
- 1955 – Kate Mulgrew, Amerikaanse aktrise.
- 1957 – Daniel Day-Lewis, Brits-Ierse akteur.
- 1958 – Michelle Pfeiffer, Amerikaanse aktrise.
- 1958 – Eve Plumb, Amerikaanse aktrise.
- 1964 – Federico Castelluccio, Italiaans-Amerikaanse akteur en skilder.
- 1970 – Uma Thurman, Amerikaanse aktrise.
- 1970 – Andre Agassi, Amerikaanse professionele tennisspeler.
- 1987 – Mark Stanley, Engelse akteur.
Sterftes
wysig- 998 – Crescentius II, 'van die marmer perd'. Opgehang deur keiser Otto III.
- 1676 – Michiel de Ruyter, Nederlandse admiraal (* 1607).
- 1673 – Patriarg Pitirim van Moskou, die agtste Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland (* onbekend).
- 1947 – Alex Frew, Suid-Afrika se sesde Springbokkaptein (* 1877).
- 1951 – Ludwig Wittgenstein, Oostenryks-Britse filosoof en akademikus (* 1889).
- 1956 – Wilhelm Ritter von Leeb, Duitse veldmaarskalk (* 1876).
- 1969 – Julius Katchen, Amerikaanse pianis (* 1926).
- 1980 – Alfred Hitchcock, Engels-Amerikaanse regisseur en filmvervaardiger (* 1899).
- 1992 – Mae Clarke, Amerikaanse aktrise (* 1910).
- 2008 – Albert Hofmann, Switserse chemikus en akademikus (* 1906).
- 2014 – Bob Hoskins, Engelse akteur (* 1942).
- 2018 – Derek Keys, Suid-Afrikaanse politikus (* 1931).
- 2019 – Justus Tshungu, Suid-Afrikaanse omroeper (* 1925).
- 2020 – Irrfan Khan, Indiese akteur (* 1967).
- 2021 – Prinses Mantfombi Dlamini, eggenote van wyle koning Goodwill Zwelithini. (* 1953).
- 2024 – Dingaan Thobela Suid-Afrikaanse professionele bokser (* 1966).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysig- Romeinse Ryk – Tweede dag van die Floralia ter ere van Flora