6 Mei
datum
(Aangestuur vanaf 05-06)
<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
6 Mei is die 126ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (127ste in skrikkeljare). Daar volg nog 239 dae in die jaar.
Gebeure
wysig- 1312 – Pous Clemens V publiseer die bul Exvivi de Paradiso waarin die regulasies van die Minderbroeders (Fratres Minores) vasgelê word.
- 1527 – Spaanse en Duitse troepe plunder Rome; sommige beskou dit as die einde van die Renaissance.
- 1682 – Louis XIV van Frankryk verskuif sy hof na Versailles.
- 1715 – Pous Clemens XI stel Fabio Olivieri, sekretaris van Apostoliese Briewe aan as kardinaal.
- 1835 – James Gordon Bennett publiseer die eerste uitgawe van die New York Herald.
- 1861 – Amerikaanse Burgeroorlog: Arkansas breek weg van die Unie.
- 1877 – Hoof Crazy Horse van die Oglala Sioux gee oor aan die Verenigde State troepe in Nebraska toe hy besef dat sy mense swak is as gevolg van koue en honger.
- 1910 – George V word koning van die Verenigde Koninkryk na die dood van sy vader, Edward VII.
- 1889 – Die Eiffeltoring word amptelik aan die publiek oopgestel tydens die Universele Ekspo in Parys.
- 1932 – Moordaanslag op president Paul Doumer van Frankryk in Parys. Die president sterf die volgende dag aan sy beserings
- 1937 – Hindenburg ongeluk: Die Duitse zeppelin Hindenburg slaan aan die brand en word verwoes binne ’n minuut terwyl dit probeer dok by Lakehurst, New Jersey, 36 mense sterf.
- 1941 – Wjatsjeslaf Molotof word deur Josef Stalin vervang as voorsitter van die Raad van Volkskommissarisse (premier) van die Sowjetunie.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Die laaste Amerikaanse magte in die Filippyne gee oor aan die Japannese.
- 1954 – Roger Bannister word die eerste persoon wat die myl in minder as vier minute hardloop, die eerste droommyl.
- 1955 – Die Duitse Bondsrepubliek word lid van die NAVO.
- 1974 – Willy Brandt tree af as bondskanselier van West-Duitsland.
- 1994 – Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk en Franse President François Mitterrand open die Kanaaltonnel.
- 2002 – Jean-Pierre Raffarin word premier van Frankryk.
- 2002 – In Nederland word die politikus Pim Fortuyn vermoor.
- 2002 – Marc Ravalomanana word beëdig as president van Madagaskar.
- 2006 – Viering van die 500-jarige bestaan van die Switserse Wag in die Vatikaanstad.
- 2007 – Naspers stel sy nuwe Sondagkoerant Sondag bekend.
- 2012 – Die sosialis François Hollande wen die tweede rondte van die Franse presidentsverkiesing met 51,7% van die stemme en vervang Nicolas Sarkozy in die Élysée.
- 2016 – Sadiq Khan wen die verkiesing om burgemeester van Londen te word.
Geboortes
wysig- 1501 – Marcello Cervini (later Pous Marcellus II), 222ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1555).
- 1574 – Giovanni Battista Pamphilj (later Pous Innocentius X), 236ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1655).
- 1758 – Maximilien Robespierre, Franse politikus en prokureur († 1794).
- 1856 – Sigmund Freud, Oostenrykse sielkundige, († 1939).
- 1859 – Willem Kloos, Nederlandse digter († 1938).
- 1868 – Nikolaas II van Rusland, laaste Tsaar van Rusland († 1918).
- 1871 – Victor Grignard, Franse fisikus en Nobelpryswenner († 1935).
- 1898 – Konrad Henlein, Tsjeggiese politikus († 1945).
- 1915 – Orson Welles, Amerikaanse rolprentregisseur († 1985).
- 1920 – Ross Hunter, rolprentregisseur († 1996).
- 1922 – Miems de Bruyn, Afrikaanse aktrise († 2010).
- 1925 – Andrew Mlangeni, ANC aktivis en een van die agt mans wat in die Rivonia-verhoor was († 2020).
- 1945 – Rosa Smit, Afrikaanse digter en wenner van die Ingrid Jonkerprys vir haar poësie († 2021).
- 1953 – Tony Blair, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk.
- 1961 – George Clooney, Amerikaanse akteur.
- 1961 – Frans Timmermans, Nederlandse politikus van die PvdA.
- 2019 – Archie Mountbatten-Windsor, Britse koninklike en seun van prins Harry en Meghan Markle.
Sterftes
wysig- 1583 – Sagarias Ursinus, Duitse Gerformeerde teoloog en Protestant hervormer (* 1534).
- 1684 – Heiman Dullaart, skilder en digter tydens Nederland se Goue Eeu (* 1636).
- 1825 – Lady Anne Barnard, Skotse digteres en brieweskryfster (* 1750).
- 1859 – Alexander von Humboldt, Duitse natuurwetenskaplike en ontdekkingsreisiger (* 1769).
- 1862 – Henry David Thoreau, Amerikaanse skrywer en filosoof (* 1817).
- 1910 – Koning Edward VII van die Verenigde Koninkryk (* 1841).
- 1919 – L. Frank Baum, Amerikaanse skrywer (* 1856).
- 1992 – Marlene Dietrich, Duitse aktrise (* 1901).
- 2012 – Roelof Temmingh, Suid-Afrikaanse komponis (* 1946).
- 2016 – Margot Honecker, Oos-Duitse politikus (* 1927).
- 2019 – Cliff Saunders, Suid-Afrikaanse joernalis (* 1939).
- 2019 – Pieter Howes, Suid-Afrikaanse akteur, regisseur en joernalis (* 1985).
- 2021 – Humberto Maturana, Chileense bioloog en filosoof (* 1928).