31 Oktober
datum
(Aangestuur vanaf 10-31)
<< | Oktober 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||
Al die dae |
31 Oktober is die 304de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (305de in ’n skrikkeljaar). Daar volg nog 61 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 649 – Die eerste Lateraanse sinode eindig; dit het op 5 Oktober begin.
- 1517 – Protestantse kerkhervorming: Martin Luther maak sy 95 stellings bekend.
- 1749 – Pous Benedictus XIV publiseer Gravissimo animi, waarin hy prelate se besoek aan nonnekloosters verbied.
- 1864 – Nevada word toegelaat as die 36ste staat van die Verenigde State.
- 1892 – Arthur Conan Doyle publiseer The Adventures of Sherlock Holmes.
- 1917 – Eerste Wêreldoorlog: Slag by Berseba.
- 1918 – Hongarye verlaat die statebond met Oostenryk.
- 1922 – Benito Mussolini word die jongste premier in die geskiedenis van Italië.
- 1924 – Wêreldspaardag word op die Wêreldvereniging van Spaarbanke se Eerste Internasionale Spaarbankkongres in Milaan, Italië, afgekondig. Afgevaardigdes uit 29 lande hoop dié dag maak mense meer spaarbewus.
- 1938 – Groot Depressie: In ’n poging om beleggervertroue te herstel, stel die New Yorkse Effektebeurs 'n vyftienpuntplan bekend wat daarop gemik is om die beleggingspubliek te beskerm.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Die Slag om Brittanje eindig. Die Verenigde Koninkryk keer hiermee dat Duitsland Groot-Brittanje oorneem.
- 1941 – Ná 14 jaar is die rotsbeeldhouwerk van 4 Amerikaanse presidente by Mount Rushmore afgehandel.
- 1954 – Algeriese Onafhanklikheidsoorlog: Die Algeriese nasionale bevrydingsfront begin met ’n opstand teen Franse bewind.
- 1956 – Suezkanaal-krisis: Die Verenigde Koninkryk en Frankryk begin om Egipte te bombardeer om die heropening van die Suezkanaal te forseer.
- 1961 – In die Sowjetunie word Joseph Stalin se liggaam verwyder van Lenin se graf.
- 1965 – Die eerste uitgawe van die Nasionale Pers se Sondagkoerant Die Beeld verskyn. Dit het in 1970 met Dagbreek saamgesmelt as Rapport.
- 1968 – Viëtnamoorlog: Die VSA-president Lyndon B. Johnson kondig die staking van alle lug-, see- en artillerie-aanvalle aan vanaf 1 November, danksy vordering by die Parys-vredesamesprekings.
- 1984 – Ná die sluipmoord op die Indiese eerste minister, Indira Gandhi, deur twee Sikh-sekuriteitswagte, breek protes uit in New Delhi. Duisende onskuldige Sikhs word vermoor.
- 1992 – Pous Johannes Paulus II herroep die veroordeling van Galileo.
- 1998 – Die Irakese ontwapeningkrisis begin: Irak kondig aan dat hulle nie meer gaan saamwerk met die Verenigde Nasies se wapeninspekteurs nie.
- 1999 – EgyptAir-vlug 990 van New York-stad na Kaïro stort neer langs die kus van Nantucket, Massachusetts. Al 217 mense aan boord sterf.
- 1999 – Leiers van die Rooms-Katolieke Kerk en die Lutherse Kerk teken die gesamentlike verklaring oor die leer oor die regverdiging. Hiermee word ’n eeue-oue geskil oor die aard van geloof en verlossing beëindig.
- 2008 – Bitcoin word bedink deur Satoshi Nakamoto, wat ’n navorsingsartikel (Bitcoin: A Peer-to-Peer Electronic Cash System) na ’n kriptografie-posgroep stuur. Bitcoin is die eerste aanwending van ’n blokketting.
- 2011 – Palestina word lid van UNESCO.
- 2015 – Nieu-Seeland klop Australië in die eindstryd met 34–17 en wen sodoende die agtste Rugbywêreldbeker.
Geboortes
wysig- 1705 – Lorenzo Ganganelli (later Pous Clemens XIV), 249ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1774).
- 1760 – Katsushika Hokusai, Japannese houtsneekunstenaar († 1849).
- 1795 – John Keats, Engelse digter († 1821).
- 1815 – Andrew Jackson Downing, Amerikaanse landskapsontwerper, tuinboukundige en skrywer († 1852).
- 1835 – Adolf von Baeyer, Duitse chemikus en Nobelprys vir Chemie († 1917).
- 1838 – Sir William Francis Butler, Britse generaal en waarnemende Goewerneur van die Kaapkolonie († 1910).
- 1872 – Pieter Kuypers Albertyn, NG predikant, joernalis en skrywer († 1946).
- 1876 – Antanas Žmuidzinavičius, Litause landskapskilder († 1966).
- 1887 – Chiang Kai-shek, opperbevelhebber van die nasionalistiese regering van die Republiek China († 1975).
- 1903 – Bertrand de Jouvenel, Franse filosoof, politieke ekonoom en futuris († 1987).
- 1922 – Barbara Bel Geddes, Amerikaanse aktrise († 2005).
- 1927 – Roger Kahn, Amerikaanse skrywer van veral boeke wat handel oor bofbal († 2020).
- 1929 – Bud Spencer, Italiaanse akteur († 2016).
- 1930 – Michael Collins, Amerikaanse ruimtevaarder en toetsvlieënier († 2021).
- 1942 – David Ogden Stiers, Amerikaanse komediant en akteur († 2018).
- 1950 – Zaha Hadid, Brits-Irakese argitek († 2016).
- 1953 – Danie Niehaus, Suid-Afrikaanse sanger.
- 1957 – Neal Stephenson, Amerikaanse skrywer.
- 1965 – Paul du Toit, Suid-Afrikaanse skilderkunstenaar in papier, gemengde media en beeldhouwerk († 2014).
- 1970 – Otilia Bădescu, Roemeense vrouetafeltennisspeler wat verskeie medaljes by die Wêreld Tafeltenniskampioenskap gewen het.
- 1972 – Shaun Bartlett, Suid-Afrikaanse sokkerspeler.
- 1988 – Sébastien Buemi, Switserse professionele renjaer.
- 2000 – Willow Smith, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
wysig- 1448 – Johannes VIII Palaiologos, tweedelaaste keiser van die Bisantynse Ryk (* 1392).
- 1904 – Charles Murray, NG Kerk-predikant (* 1833).
- 1926 – Erik Weisz (beter bekend as Harry Houdini), Hongaars gebore Amerikaanse kulkunstenaar (* 1874).
- 1970 – P.C. Schoonees, Afrikaanse leksikograaf (* 1891).
- 1984 – Indira Gandhi, voormalige eerste minister van Indië (* 1917).
- 2006 – P.W. Botha, Suid-Afrikaanse politikus; agtste eerste minister van Suid-Afrika (van 1978 tot 1984), en sesde staatspresident van Suid-Afrika (van 1984 tot 1989) (* 1916).
- 2020 – Sean Connery, Skotse akteur en rolprentvervaardiger (* 1930).
- 2022 – Jeremy Mansfield, Suid-Afrikaanse radio-omroeper en mediapersoonlikheid. (* 1963).
- 2023 – Ken Mattingly, Amerikaanse ruimtevaarder en bevelvoerder van Apollo 16 se beheermodule (* 1936).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
wysig- Herdenking van Protestantse Hervorming (Hervormingsdag of op Hervormingsondag, die naaste Sondag aan 31 Oktober) in sekere Protestantse kerke.
- Wêreldspaardag.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 31 Oktober. |