9 Mei
datum
(Aangestuur vanaf 05-09)
<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
9 Mei is die 129ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (130ste in skrikkeljare). Daar volg nog 236 dae in die jaar.
Gebeure
wysig- 328 – Athanasius word verkies as biskop van Alexandrië.
- 1342 – Die stad Mechelen word deur ´n brand in puin gelê
- 1408 – Pous Gregorius XII benoem sy neef Gabriele Condulmer tot kardinaal-priester van San Clemente.
- 1429 – Johanna van Arkel oorwin die Engelse troepe.
- 1502 – Christopher Columbus vertrek op sy laaste reis na die Nuwe Wêreld.
- 1513 – Giulio di Giuliano de’ Medici (later Pous Clemens VII) word aartsbiskop van Florence.
- 1608 – Pous Paulus V verklaar Francesco van Rome heilig.
- 1662 – Zacharias Wagenaer volg Jan van Riebeeck op as kommandeur van die Kaap die Goeie Hoop.
- 1671 – Thomas Blood, vermom as ’n klerk, poog om die Kroonjuwele van die Londense Tower te steel. Hy word onmiddellik gevang aangesien hy te dronk is om te hardloop met die buit. Hy word later tot dood veroordeel en daarna weer kwytgestel en verban deur Koning Charles II.
- 1748 – Pous Benedictus XIV verklaar Alberto Van Bergamo en Giles van Santarem salig.
- 1861 – Die opening van die dieretuin in Dresden, een van die eerstes in Duitsland.
- 1887 – Die Verenigde Koninkryk annekseer Zoeloeland.
- 1901 – Australië se eerste parlement open in Melbourne.
- 1915 – Eerste Wêreldoorlog: Tweede slag van Artois - Duitse en Franse magte veg.
- 1926 – Die Amerikaners Richard E. Byrd en Floyd Bennett sê dat hulle oor die Noordpool gevlieg het (later word sy dagboek gevind wat bewys dat dit nie gebeur het nie).
- 1927 – Canberra vervang Melbourne as hoofstad van Australië.
- 1936 – Italië annekseer Ethiopië na die oorname van die hoofstad Addis Abeba op 5 Mei.
- 1941 – Tweede Wêreldoorlog: Die Duitse duikboot U-110 word deur die Britse Vloot gekaap. Aan boord is die nuutste Enigma-kriptografiemasjien wat die Geallieerdes later kon gebruik om die Duitse boodskappe te dekodeer.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Hermann Göring word gevange geneem deur die Amerikaanse Leër; Noorweë arresteer Vidkun Quisling; die Sowjetunie merk VE-dag.
- 1945 – Die herdenking van die Nederlandse slagoffers van die Tweede Wêreldoorlog ("Dodenherdenking") op die Dam in Amsterdam.
- 1946 – Koning Victor Emmanuel III van Italië word opgevolg deur sy seun Humbert II. Hy sal egter slegs enkele dae koning wees.
- 1949 – Rainier III van Monaco word prins van Monaco.
- 1950 – Robert Schuman (die Franse minister van buitelandse sake) se voorlegging van sy voorstel vir die skepping van ’n georganiseerde Europa. Hierdie voorstel, bekend as die “Schuman-verklaring”, word beskou as die begin van die skepping van die Europese Unie.
- 1953 – Die Liberale Party word in Kaapstad gestig met Margaret Ballinger as eerste leier.
- 1955 – Koue Oorlog: Wes-Duitsland sluit aan by NAVO.
- 1956 – Eerste bestyging van Manaslu, 8ste hoogste berg ter wêreld.
- 1957 – Paul-Henri Spaak word sekretaris-generaal van die NAVO.
- 1960 – Die Amerikaanse Voedsel- en Medisynebeheerraad (FDA - Food and Drug Administration) keur die verkoop van die geboortebeperkingspil goed.
- 1962 – Die Beatles teken hul eerste platekontrak met EMI Parlophone.
- 1976 – Ulrike Meinhof van die terroriste-organisasie "RAF" (Rote Armee Fraktion) word dood aangetref in haar sel in die gevangenis in Stuttgart-Stammheim.
- 1978 – Die lyk van die Italiaanse politikus Aldo Moro word in 'n geparkeerde motor gevind. Hy is 55 dae vantevore deur die Brigate Rosse (Rooi Brigades) ontvoer.
- 1987 – 'n Poolse Iljoesjin Il-62M stort na sy opstyging in Warskou, Pole neer en 183 mense sterf.
- 1994 – Nelson Mandela word ingehuldig as Suid-Afrika se eerste swart president.
- 2009 – Jacob Zuma word president van Suid-Afrika.
Geboortes
wysig- 1439 – Pous Pius III, die 215de pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1503).
- 1567 – Johann Georg I, vors van Anhalt-Dessau.
- 1828 – Andrew Murray, Suid-Afrikaanse predikant, kerkleier en skrywer van Skotse afkoms († 1917).
- 1837 – Adam Opel, Duitse ingenieur, motorvoertuigvervaardiger en stigter van die motorhandelsmerk "Opel" († 1895).
- 1850 – Joseph Louis Gay-Lussac, Franse fisikus en chemis (* 1778).
- 1860 – J.M. Barrie, Skotse skrywer († 1937).
- 1872 – Danie Theron, Kommandant, baasverkenner en krygsman in die Tweede Vryheidsoorlog († 1900).
- 1874 – Howard Carter, Britse argeoloog en Egiptoloog († 1939).
- 1907 – Baldur von Schirach, Duitse leier van die Hitler-Jugend-beweging († 1974).
- 1909 – Eugenio Garin, Italiaanse filosoof en Renaissance geskiedkundige († 2004).
- 1912 – Pedro Armendáriz, Meksikaanse akteur († 1963).
- 1931 – Vance D. Brand, Amerikaanse toetsvlieënier en ruimteman.
- 1914 – Carlo Maria Giulini, Italiaanse dirigent († 2005).
- 1917 – Jimmy Kruger, Suid-Afrikaanse minister en president van die Senaat († 1987).
- 1918 – Mike Wallace, Amerikaanse joernalis († 2012).
- 1921 – Sophie Scholl, weerstandsvegter van "Die Weisse Rose" in Nazi Duitsland († 1943).
- 1922 – Marcel Boiteux, Franse ekonoom, wiskundige en senior staatsdienslid wat as die "argitek van die Franse kernprogram” bekendgestaan het († 2023).
- 1936 – Glenda Jackson, Britse aktrise en politikus.
- 1936 – Albert Finney, Britse akteur († 2019).
- 1946 – Candice Bergen, Amerikaanse aktrise.
- 1949 – Billy Joel, Amerikaanse sanger, liedjieskrywer en pianis (The Hassles en Attila).
- 1972 – Lisa Ann, Amerikaanse aktrise en sekskatjie.
- 1975 – Antoinette Louw, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 1982 – Rachel Boston, Amerikaanse aktrise.
- 1991 – Genki Haraguchi, Japannese sokkerspeler.
Sterftes
wysig- 1707 – Dietrich Buxtehude, Deens-Duitse komponis (* c. 1637/39).
- 1799 – Claude-Bénigne Balbastre, Franse komponis, orrelis en klavierspeler (* 1724).
- 1805 – Friedrich von Schiller, Duitse digter en historikus (* 1759).
- 1901 – Lizzie van Zyl, slagoffer van die Verskroeideaardebeleid (* 1894).
- 1915 – Flippie Snyman, Gereformeerde predikant en hoogleraar (* 1875).
- 1948 – Dr. Jan van Bruggen, Afrikaanse digter, skrywer, onderwyser en dosent (* 1895).
- 1978 – Aldo Moro, Italiaanse politikus en staatsman, Eerste Minister van Italië (* 1916).
- 1981 – Nelson Algren, Amerikaanse skrywer (* 1909).
- 1986 – Tenzing Norgay, Nepalese sjerpa-bergklimmer (* 1914).
- 1996 – Basil Kenyon, Suid-Afrika se een-en-twintigste Springbokkaptein (* 1918).
- 1998 – Alice Faye, Amerikaanse aktrise (* 1915).
- 2004 – Brenda Fassie, Suid-Afrikaanse popsangeres (* 1964).
- 2018 – Jan Engelen, Suid-Afrikaanse akteur en TV-regisseur (* 1946).
- 2020 – Little Richard, Amerikaanse sanger en pianis. (* 1932).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 9 May. |