26 Oktober
datum
(Aangestuur vanaf 10-26)
<< | Oktober 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||
Al die dae |
26 Oktober is die 299ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (300ste in skrikkeljare). Daar volg nog 66 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 362 – Die tempel van Apollo in Daphne brand neer. Die Romeinse keiser Julian beskuldig die Christene van brandstigting en laat `n groot aantal kerke sluit.
- 1377 – Tvrtko I kroon homself tot eerste "koning van die Serwiërs, Bosnië, die Kusland en die westelike Lande".
- 1474 – ’n Verdrag tussen Koning Lodewyk XI van Frankryk en die Switserse Bondgenootskap word gesluit, wat verseker dat die state mekaar sal ondersteun sou ’n oorlog met Boergondië uitbreek.
- 1562 – Koninklike Franse troepe neem Rouen in en verwoes die Normandiese hoofstad.
- 1907 – Die NG gemeente Cathcart word gestig.
- 1926 – Emily Hobhouse se oorblyfsels word aan die voet van die Vrouemonument ter ruste gelê.
- 1946 – Die NG gemeente Maltahöhe word in die destydse Suidwes-Afrika gestig.
- 1947 – Kasjmir word deel van Indië.
- 1955 – Suid-Viëtnam se eerste minister, Ngo Dinh Diem, verklaar homself tot president en vervang daardeur Nguyen Keiser Bao Dai as staatshoof.
- 1976 – Transkei word die eerste tuisland om onafhanklikheid van Suid-Afrika te ontvang.
- 1979 – President Park Chung-hee van Suid-Korea sterf in ’n sluipmoordaanval wat deur die direkteur van die Koreaanse Sentrale Intelligensie Agentskap en jarelange vriend Kim Jaekyu uitgevoer is.
- 2001 – Die Amerikaanse President George W. Bush onderteken die USA PATRIOT-wet, die akroniem staan vir Uniting and Strengthening America by Providing Appropriate Tools Required to Intercept and Obstruct Terrorism.
Geboortes
wysig- 968 – Kazan, 65ste Tennō van Japan († 1008).
- 1483 – Hans Buchner, Duitse orrelis en komponis († 1538).
- 1611 – Antonio Coello, Spaanse skrywer († 1652).
- 1645 – Aert de Gelder, Nederlandse skilder († 1727).
- 1684 – Kurt Christoph Graf von Schwerin, Pruisiese veldmaarskalk († 1757).
- 1685 – Domenico Scarlatti, Italiaanse komponis († 1757).
- 1694 – Johan Helmich Roman, Sweedse komponis († 1758).
- 1697 – John Peter Zenger, Duits-Amerikaanse uitgewer († 1746).
- 1759 – Georges Danton, Franse revolusie-leier († 1794).
- 1765 – Jan Šimon Václav Thám, Tsjeggiese digter, skrywer en toneelspeler († 1816).
- 1788 – Thomas R. Ross, Amerikaanse politikus († 1869).
- 1809 – Franz Wilhelm Junghuhn, Duitse natuurwetenskaplike († 1864).
- 1849 – Heinrich Bulthaupt, Duitse skrywer († 1905).
- 1853 – Paul Homeyer, Duitse orrelis († 1908).
- 1859 – Arthur Friedheim, Duits-Russiese pianis en komponis († 1932).
- 1880 – Andrei Bely, Russiese digter († 1934).
- 1883 – Napoleon Hill, Amerikaanse skrywer († 1970).
- 1885 – Duggie Morkel, Suid-Afrika se tiende Springbokkaptein († 1950).
- 1886 – Isidore Fattal, Siriese aartsbiskop († 1961).
- 1895 – Josef-Ernst Fürst Fugger von Glött, Duitse politikus († 1981).
- 1895 – Allan G.B. Fisher, Nieu-Seelandse ekonoom († 1976).
- 1896 – Antoine Abed, Libanese aartsbiskop († 1975).
- 1897 – James Leonard Brierly Smith, Suid-Afrikaanse igtioloog wat die selakant geïdentifiseer het († 1968).
- 1897 – Henry Vahl, Duitse toneelspeler († 1977).
- 1900 – Karin Boye, Sweedse skrywer († 1941).
- 1901 – Herman Auerbach, Duits-Poolse wiskundige († 1942).
- 1910 – Jan Steytler, Suid-Afrikaanse politikus († onbekend).
- 1911 – Hester Heese, Afrikaanse skrywer († 1992).
- 1918 – Anton Hartman, Suid-Afrikaanse dirigent († 1982).
- 1919 – Mohammad Reza Pahlavi, laaste sjah van Iran († 1980).
- 1925 – Jan Hendrik Wolkers, Nederlandse skrywer, beeldhouer en skilder († 2007)
- 1936 – Wilhelm Knobel, Afrikaanse digter († 1974).
- 1936 – Shelley Morrison, Amerikaanse aktrise en filmvervaardiger († 2019).
- 1938 – Richard Goldstone, Suid-Afrikaanse regter.
- 1939 – Karel Schoeman, Afrikaanse skrywer († 2017).
- 1940 – John D. Caputo, Amerikaanse filosoof.
Sterftes
wysig- 899 – Koning Alfred die Grote van Engeland (* 849).
- 1952 – Hattie McDaniel, Amerikaanse aktrise en die eerste Swart Amerikaner om 'n Oscar te wen (* 1895).
- 1969 – Jeremy Schulman, Suid-Afrikaanse violis en dirigent (* 1896).
- 1972 – Igor Sikorsky, Oekraïens-Amerikaanse helikopterpionier (* 1889).
- 1979 – Park Chung-hee, Suid-Koreaanse politikus en soldaat, president van Suid-Korea (* 1917).
- 1983 – Alfred Tarski, Poolse wiskundige en logikus (* 1901).
- 1998 – Margaret Keay, Suid-Afrikaansgebore Britse plantpatoloog (* 1911).
- 1999 – Maria Alba, Amerikaanse aktrise (* 1910).
- 1999 – Rex Gildo, Duitse akteur en popsanger (* 1936).
- 1999 – Christiane Jaccottet, Switserse klavesimbelspeelster (* 1937).
- 2014 – Senzo Meyiwa, Suid-Afrikaanse sokkerspeler, kaptein en doelwagter van Bafana-Bafana en Orlando Pirates (* 1987).
- 2021 – Roh Tae-woo, president van Suid-Korea (* 1932).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
wysig- Feesdag van Pous Evaristus in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 26 Oktober. |