24 April
datum
(Aangestuur vanaf 04-24)
<< | April 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | ||||
Al die dae |
24 April is die 114de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (115de in skrikkeljare). Daar volg nog 251 dae in die jaar.
Gebeure
wysig- 1478 v.C. – Toetmoses III word, onder die regentskap van koningin Hatsjepsoet, gekroon tot farao van Egipte.
- 1184 v.C. – Die Grieke dring die stad Troje binne deur gebruik te maak van die Trojaanse perd.
- 858 – Pous Nicolaas I volg Pous Benedictus III op.
- 1061 – Halley se Komeet word gesien.
- 1546 – Keiser Karel V wen die slag van Muhlberg teen die Schmalkaldiese Liga.
- 1585 – Kardinaal Felice Peretti Montalto word verkies tot Pous Sixtus V. Pous Sixtus V volg Pous Gregorius XIII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1613 – Irokese en Nederlanders (Jacob Eelckens en Hendrick Christiaenssen) sluit in Nieuw-Amsterdam 'n handelsverdrag. Die Nederlanders oorhandig 'n silwer ketting en die Irokese 'n wampum.
- 1704 – Die eerste gereelde koerant in die Verenigde State, die Boston New-Letter, word gepubliseer.
- 1736 – Pous Clemens XII verklaar Pous Benedictus XI salig.
- 1775 – Pous Pius VI stel Leonardo Antonelli, assessor van die Inkwisisie en Bernardino de' Vecchi, dekaan van die priesters van die Apostoliese Kamer aan as kardinale.
- 1800 – Die VSA kongresbiblioteek word gestig.
- 1814 – Britse troepe verbrand Washington, DC
- 1817 – Huwelik van kroonprins Jozef van Saksen-Altenburg en prinses Amelie van Württemberg in Kirchheim unter Teck.
- 1846 – Die begin van die Mexikaans-Amerikaanse Oorlog.
- 1854 – In Wene vind die huwelik tussen Elisabeth van Oostenryk-Hongarye en Frans Jozef I van Oostenryk plaas.
- 1863 – Die Keyesville-menseslagting vind plaas in Keyesville, Kalifornië, VSA.
- 1898 – Spaans-Amerikaanse Oorlog: Spanje verklaar oorlog teen die Verenigde State.
- 1913 – Woolworthsgebou se openingseremonie.
- 1915 – Die Armeense volksmoord begin.
- 1916 – Die Paasopstand (Easter Uprising) in Ierland.
- 1925 – John Scopes verkondig Darwin se teorie van ewolusie, wat lei tot die Scopes monkey-saak.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Operation Demon, die Verenigde Koninkryk begin om Griekeland te ontruim.
- 1947 – Die Britse koningsgesin verlaat Suid-Afrika na 'n suksesvolle toer deur Suidelike Afrika.
- 1961 – As deel van die Deltaplan word die Veerse Gat ('n rivierarm in die Nederlande) gesluit.
- 1963 – Huwelik van Prinses Alexandra van Kent en Angus James Bruce Ogilvy by Westminster Abdy in Londen.
- 1961 – Die berging van die Sweedse skip Vasa.
- 1967 – Die Russiese ruimtevaarder Wladimir Komarof sterf aanboord Soyuz 1.
- 1968 – Mauritius word 'n lidstaat van die Verenigde Nasies.
- 1970 – Die Volksrepubliek China lanseer sy eerste satelliet.
- 1970 – Gambië word 'n republiek.
- 1975 – Die Rote Armee Fraktion verantwoordelik vir die besetting en opblaas van die Wes-Duitse ambassade in Stockholm.
- 1981 – Vrystelling van die eerste IBM persoonlike rekenaar.
- 1984 – Apple Computer onthul die Apple IIc draagbare rekenaar.
- 1990 – Die Hubble Ruimteteleskoop word gelanseer deur Ruimtependeltuig Discovery.
- 1990 – Gruinard-eiland amptelik vry verklaar van antraks na 48 jaar van kwarantyn.
- 1990 – Mobutu Sese Seko kondig aan dat 'n veelpartystelsel in Zaïre ingevoer gaan word. In die eerste fase word drie politieke partye toegelaat.
- 1993 – 'n IRL-bom ontplof in Londen se middestad.
- 1996 – In die VSA word die Antiterrorisme en effektiewe doodsvonniswet ingedien.
- 2005 – Kardinaal Joseph Ratzinger word as die 265de pous van die Rooms-Katolieke Kerk ingehuldig met die naam Pous Benedictus XVI.
Geboortes
wysig- 1533 – Willem van Oranje, Prins van Oranje en die hoofleier van die Nederlandse Opstand teen die Spaanse Habsburgs († 1584).
- 1822 – George French Angas, Britse en Australiese kunstenaar († 1886).
- 1876 – Erich Raeder, admiraal en bevelvoerder van die Duitse Vloot († 1960).
- 1880 – Gideon Sundback, Sweedse uitvinder, word geassosieer met sy werk in die ontwikkeling van die ritssluiter († 1954).
- 1882 – Hugh Dowding, Skotse vegvlieënier († 1970).
- 1908 – Józef Gosławski, Poolse beeldhouer en medaljeur († 1963).
- 1909 – Bernhard Grzimek, Duitse outeur en dierebeskermer († 1987).
- 1930 – José Sarney, Brasiliaanse President.
- 1934 – Shirley MacLaine, Amerikaanse aktrise en outeur.
- 1936 – Jill Ireland, Britse aktrise († 1990).
- 1942 – Barbra Streisand, Amerikaanse sangeres en aktrise.
- 1945 – Larry Tesler, Amerikaanse rekenaarwetenskaplike († 2020).
- 1953 – Kallie Knoetze, Suid-Afrikaanse swaargewigbokser.
- 1973 – Sachin Tendulkar, Indiese krieketspeler.
- 1986 – Jacques Potgieter, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
Sterftes
wysig- 1342 – Pous Benedictus XII, die 197ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk in Avignon Frankryk (* 1285).
- 1731 – Daniel Defoe, Engelse skrywer (* 1660).
- 1864 – Franz Wilhelm Junghuhn, Duits-Nederlandse plantkundige en geoloog (* 1809).
- 1890 – Richard Wocke, die eerste argitek in die Oranje-Vrystaat (* 1831).
- 1963 – Rino Corso Fougier, Italiaanse lugmaggeneraal tydens die Tweede Wêreldoorlog (* 1894).
- 1965 – Louise Dresser, Amerikaanse aktrise (* 1878).
- 1967 – Wladimir Komarof, Russiese ruimtevaarder aanboord Soyuz 1 (* 1927).
- 1974 – Bud Abbott, Amerikaanse akteur en komediant (* 1897).
- 1980 – W.E.G. Louw, Afrikaanse digter (* 1913).
- 1993 – Oliver Tambo, ANC-president, vryheidsvegter en politikus (* 1917).
- 1994 – Margot Trooger, Duitse aktrise (* 1923).
- 2012 – Annake de Villiers, Suid-Afrikaanse violis (* 1975).
- 2013 – Laurie Kay, Suid-Afrikaanse vlieënier.
Vakansiedae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 24 April. |