24 Mei
datum
(Aangestuur vanaf 05-24)
<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
24 Mei is die 144ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (145ste in skrikkeljare). Daar volg nog 221 dae.
Gebeure
wysig- 1086 – Pous Victor III volg Pous Gregorius VII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1153 – Malcolm IV word Koning van Skotland
- 1370 – Die Verdrag van Stralsund maak ´n einde aan die oorlog tussen Denemarke en die Hanse.
- 1487 – Lambert Simnel word gekroon as King Edward VI in Dublin.
- 1550 – Marcello Cervini (later Pous Marcellus II) word kardinaal-bibliotekaris van die Vatikaan.
- 1565 – Die Ottomane, onder Lala Kara Mustafa Pascha en Piale Pascha begin die beleg van Malta met die bombardement van die Vesting van St Elmo. Die beleg duur tot 23 Junie van dieselfde jaar.
- 1571 – Russies-Krimtataar-oorlog: Die Krim-Tartare onder Dewlet-Girey bereik Moskou, plunder die voorstede en steek die stad aan die brand. Tot 26 Mei brand die stad bykans heeltemal af. Die Russe onder Iwan die Verskriklike slaag eers in die veldslag by Molodi (meer as 'n jaar later) om die Tartare te verslaan.
- 1626 – Peter Minuit koop Manhattan van die inheemse bevolking.
- 1716 – Pous Clemens XI verklaar Johannis Frans Régis salig.
- 1726 – Pous Benedictus XIII verklaar Johannes van Prado salig.
- 1738 – Die Metodiste Kerk word gestig.
- 1810 – In Argentinië begin ’n opstand teen Spanje.
- 1814 – Pous Pius VII keer terug na Rome uit gevangeskap in Frankryk.
- 1822 – Slag van Pichincha: Simón Bolívar verkry onafhanklikheid vir Quito.
- 1824 – Pous Leo XII publiseer Quod hoc Ineunte oor die 1825 Jubileum.
- 1844 – Eerste elektriese telegram deur Samuel Morse gestuur vanaf Baltimore, Maryland na Washington, D.C., met die boodskap What hath God wrought?.
- 1846 – Mexikaans-Amerikaanse Oorlog: Generaal Zachary Taylor neem Monterrey, Mexico in.
- 1861 – Amerikaanse Burger Oorlog: Unie troepe beset Alexandria, Virginië
- 1883 – Die Brooklyn Bridge geopen vir verkeer na 14 jaar van konstruksie.
- 1895 – Oscar Wilde in hegtenis geneem op grond van morele aanklagte in Londen en tot gevangenisstraf gevonnis.
- 1889 – Die Duitse Reichstag (parlement) aanvaar die wet Gesetz zur Alters- und Invaliditätsversicherung (die basis van vandag se statutêre pensioenvonds-versekering) goed. Die aftreeouderdom word op 65 vasgestel (hoër as die destydse algemene lewensverwagting). Kanselier Otto von Bismarck het deur die wet probeer om die nood van die werkersklas, wat deur verstedeliking en industrialisasie veroorsaak is, te verlig.
- 1899 – Die eerste publieke parkade in die Verenigde State geopen in Boston.
- 1900 – Boereoorlog: Die Verenigde Koninkryk annekseer die Oranje-Vrystaat.
- 1915 – Eerste Wêreldoorlog: Italië verklaar oorlog teen die dubbel-monargie Oostenryk-Hongarye.
- 1917 – Die Saamwerkunie van Natalse vereniginge gestig om Afrikaans in die Tuinprovinsie te bevorder.
- 1918 – Eerste Wêreldoorlog: Met verskeie skermutselings tussen Armeense en Turkse magte begin op Sardarapat , die veldslag van Sardarapat tussen die Armeense Nasionale Raad en die Ottomaanse Ryk.
- 1921 – Eerste Comrades-maraton van Pietermaritzburg na Durban.
- 1921 – Waterval, aan die grens tussen Johannesburg en Roodepoort, stig van die NG gemeente Langlaagte af.
- 1929 – The Cocoanuts, die eerste film waarin die Marxbroers speel, open.
- 1930 – Amy Johnson land in Darwin, Australië en word die eerste vrou wat van Engeland na Australië vlieg (sy het op 5 Mei vertrek vir hierdie vlug van 11 000 myl).
- 1940 – Igor Sikorsky voer die eerste suksesvolle enkelrotorhelikoptervlug uit.
- 1941 – Tweede Wêreldoorlog: in die noord Atlantiese Oseaan, kelder die Duitse oorlogskip Bismarck die HMS Hood en almal aan boord, uitgesonder 3 bemanningslede, sterf.
- 1943 – Holocaust: Josef Mengele word hoof mediese offisier in Auschwitz konsentrasiekamp.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Admiraal Karl Dönitz beëindig die U-bootoorlog in die Noord-Atlantiese Oseaan weens die hoë verliese aan Duitse kant.
- 1950 – Koning Abdullah ibn Husain I van Transjordanië, verkondig die Hashemitiese Koninkryk van Jordanië. Terselfdetyd word die betwiste Wesoewer ingelyf by die koninkryk.
- 1956 – Die eerste Eurovision-sangfees word in Lugano, Switserland gehou.
- 1962 – Scott Carpenter wentel driemaal om die aarde in die Aurora 7 ruimtekapsule.
- 1968 – Studente steek die beurs in Parys aan die brand.
- 1972 – 'n Boeing 727 van die Suid-Afrikaanse Lugdiens word gekaap op 'n vlug tussen Salisbury, Rhodesië, en Johannesburg.
- 1976 – Die Concorde se vlugte na Washington, DC begin
- 1993 – Eritrea verkry onafhanklikheid van Ethiopië.
- 1993 – Microsoft stel hul Windows NT bekend.
- 2000 – Met die onttrekking van die Israeliese soldate word Israel se besetting van Suid-Libanon beëindig (met die uitsondering van die betwiste gebied om Schebaa).
- 2001 – DIe 15-jarige Sherpa Temba Tsheri word die jongste bergklimmer wat die kruin van Everest bereik.
Geboortes
wysig- 15 v.C. – Germanicus, 'n generaal van die Romeinse Ryk († 19).
- 1743 – Jean-Paul Marat, Franse rewolusionêr († 1793).
- 1759 – Wilhelm Friedrich Ernst Bach, Duitse komponis († 1845).
- 1819 – Victoria van die Verenigde Koninkryk († 1901).
- 1868 – Charlie Taylor, bouer van die enjin vir die eerste eerste aangedrewe vlug deur die Wright-broers († 1956).
- 1870 – Jan Christian Smuts, Suid-Afrikaanse politikus en staatsman, Eerste Minister van Suid-Afrika († 1950).
- 1893 – Walter Baade, Duitse sterrekundige († 1960).
- 1911 – Lotte Rausch, Duitse aktrise († 1995).
- 1914 – Lilli Palmer, Duitse aktrise († 1986).
- 1926 – Christina Susanna van Zyl, Suid-Afrikaanse skryfster van jeugverhale († 2004).
- 1931 – Michael Lonsdale, Franse akteur († 2020).
- 1933 – Cecile Cilliers, Suid-Afrikaanse joernalis en skryfster († 2018).
- 1938 – Tommy Chong, Kanadese akteur en komediant.
- 1940 – Joseph Brodsky, Russiese digter, ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde, 1987 († 1996).
- 1941 – Bob Dylan, Amerikaanse sanger, liedjieskrywer en musiekvervaardiger (Traveling Wilburys).
- 1942 – Hannu Mikkola, Finse wêreldtydrenkampioenjaer († 2021).
- 1945 – Priscilla Presley, Amerikaanse aktrise en sakevrou.
- 1949 – Jim Broadbent, Britse akteur.
- 1953 – Alfred Molina, Britse akteur.
- 1960 – Kristin Scott Thomas, Britse aktrise.
- 1965 – John C. Reilly, Amerikaanse akteur.
Sterftes
wysig- 185 of 193 – Pous Eleuterus, die 13de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (*onbekend).
- 1543 – Nicolaas Copernicus, Pruisiese sterrekundige (* 1473).
- 1851 – Christian Friedrich Tieck, Duitse beeldhouer (* 1776).
- 1881 – Samuel Palmer, Britse waterverfskilder (* 1805).
- 1939 – Aleksander Brückner, Poolse filosoof en literatuur-historikus (* 1856).
- 1945 – Robert Ritter von Greim, Duitse vlieënier en veldmaarskalk (* 1892).
- 1972 – Asta Nielsen, Deense aktrise (* 1881).
- 1974 – Duke Ellington, Amerikaanse komponis en musikant (* 1899).
- 1981 – George Jessel, Amerikaanse akteur (* 1898).
- 1992 – Hester Heese, Afrikaanse skrywer (* 1911).
- 1995 – Harold Wilson, Britse staatsman en politikus, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk (* 1916).
- 1995 – P.J. Nienaber, Afrikaanse skrywer en een van Suid-Afrika se voorste letterkundiges (* 1910).
- 1997 – Edward Mulhare, Ierse akteur (* 1923).
- 2003 – Lady Rachel Kempson, Britse aktrise (* 1910).
- 2008 – Rob Knox, Britse akteur (* 1989).
- 2011 – Erns Louis Jansen, Suid-Afrikaanse regter (* 1918).
- 2017 – Piet Byleveld, bekende speurder (* 1950).
- 2022 – Mike Schüssler, Suid-Afrikaanse ekonoom (* 1962).
- 2023 – Tina Turner, Amerikaanse sangeres en aktrise (* 1939).
Gepubliseer
wysigTeologie
wysig- 1829 – Traditi humilitati nostrae, beleidsverklaring van Pous Pius VIII.