14 April
datum
(Aangestuur vanaf 04-14)
<< | April 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | ||||
Al die dae |
14 April is die 104de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (105de in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 261 dae in hierdie jaar.
Gebeure
wysig- 972 – Pous Johannes XIII voltrek die huwelik van keiser Otto II en die Bisantynse prinses Theophano.
- 1191 – Pous Celestinus III gekroon.
- 1205 – Die Slag van Adrianopel vind plaas.
- 1328 – Koning Lodewyk van Beiere set Pous Johannes XXII af en stel Teenpous Nicolaas V aan.
- 1377 – Bartolomeo Prignano (later Pous Urbanus VI) word aartsbiskop van Bari.
- 1444 – Francesco della Rovere, later Pous Sixtus IV behaal 'n doktorsgraad in die teologie aan die Universiteit van Padua.
- 1450 – Slag van Formigny: Franse magte beëindig Engelse oorheersing in die noordelike deel van Frankryk.
- 1482 – Pous Sixtus IV publiseer die bul Superna Caelestis oor die heiligverklaring van Sint Bonaventure.
- 1597 – Camillo Borghese (later Pous Paulus V) word biskop van Jesi.
- 1632 – Slag van Reën: Sweedse magte verslaan die Heilige Romeinse Ryk tydens die Dertigjarige Oorlog.
- 1739 – Hendrik Swellengrebel, die man na wie Swellendam vernoem is, word goewerneur van die Kaap de Goede Hoop en ook die eerste een wat in die Kaap gebore is.
- 1828 – Noah Webster registreer die kopiereg op die eerste uitgawe van sy woordeboek.
- 1865 – John Wilkes Booth vermoor Abraham Lincoln.
- 1894 – Thomas Edison demonstreer die kinetoskoop.
- 1912 – Die RMS Titanic tref 'n ysberg op sy eerste vaart en sink geheel-en-al teen 2:20 in die nag.
- 1931 – Die Cortes, die parlement in Madrid, kondig die tweede Spaanse republiek aan.
- 1935 – Black Sunday, die ergste sandstorm van die Dust Bowl.
- 1945 – Tydens 'n Britse lugaanval op die historiese Duitse stad Potsdam sterf tussen 1 000 en 5 000 burgerlikes.
- 1981 – Die Columbia voltooi sy eerste toetsvlug.
- 1986 – Die Verenigde State bombardeer Libië in weerwraak teen Libië se ondersteuning van terrorisme teen die Verenigde State.
- 2004 – Die derde Suid-Afrikaanse volskaalse demokratiese verkiesing vind vreedsaam plaas.
- 2022 – Die Russiese geleide missielkruiser, die Moskwa sink in die Swartsee, nadat dit deur twee Oekraïense R-360 Neptune-teenskipmissiele getref word.
Geboortes
wysig- 1629 – Christiaan Huygens, 'n Nederlandse sterrekundige, wiskundige, fisikus en Musiekteoretikus († 1695).
- 1775 – John Philip, 'n sendeling van die Londense Sendinggenootskap († 1851)
- 1812 – Sir George Grey, 'n goewerneur van die Kaapkolonie († 1898).
- 1827 – Augustus Henry Lane-Fox Pitt-Rivers, argeoloog († 1900).
- 1831 – Friedrich Gerhard Rohlfs, Duitse geograaf en avonturier († 1896).
- 1874 – Alexander Cambridge, Britse politikus, 16de Goewerneur-generaal van Kanada (1940–1946) en vierde Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1924–1930) († 1957).
- 1886 – Maggie Laubser, Suid-Afrikaanse skilder († 1973).
- 1891 – Bhimrao Ramji Ambedkar, Indiese politikus († 1956).
- 1904 – John Gielgud, Britse akteur († 2000).
- 1906 – Koning Faisel van Saudi-Arabië († 1975).
- 1925 – Rod Steiger, Amerikaanse akteur († 2002).
- 1925 – Colin Eglin, Suid-Afrikaanse politikus en leier van die Progressiewe Reformiste Party en Progressiewe Federale Party († 2013).
- 1929 – Paavo Berglund, Finse dirigent en violis († 2012).
- 1932 – Loretta Lynn, Amerikaanse country-sanger (s. 2022).
- 1938 – Duke Stroud, Amerikaanse filmakteur.
- 1939 – Winnie Rust, Afrikaanse skrywer († 2016).
- 1941:
- Julie Christie, Britse aktrise.
- Pete Rose, Amerikaanse bofbalspeler (s. 2024).
- 1942 – Valeri Brumel, atleet († 2003).
- 1942 – Valentin Lebedev, ruimtevaarder.
- 1945 – Ritchie Blackmore, kitaarspeler.
- 1951 – Julian Lloyd Webber, musikant.
- 1957 – Mikhail Pletnev, Russiese pianis, dirigent en komponis.
- 1958 – Bonginkosi “Blade” Nzimande, Suid-Afrikaanse kabinetsminister en SAKP-politikus.
- 1960 – Ian Wessels, Suid-Afrikaanse omroeper op RSG († 2021)
- 1968 – Anthony Michael Hall, Amerikaanse akteur.
- 1973 – Adrien Brody, Amerikaanse akteur.
- 1973 – Anthony Gatto, Amerikaanse jongleur.
- 1974 – Da Brat, Amerikaanse rapmusikant.
- 1977 – Sarah Michelle Gellar, Amerikaanse aktrise.
- 1996 – Abigail Breslin, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
wysig- 911 – Pous Sergius III, 119de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1682 – Awwakoem Petrof, ’n Russiese aartspriester (* 1620) of 1621
- 1759 – Georg Friedrich Händel, Engelse komponis van Duitse afkoms (* 1685).
- 1917 – L. L. Zamenhof, ontwikkelaar van Esperanto (* 1859).
- 1925 – John Singer Sargent, skilder (* 1856).
- 1935 – Amalie Emmy Noether, wiskundige (* 1882).
- 1964 – Rachel Carson, Amerikaanse bioloog (* 1907).
- 1975 – Fredric March, Amerikaanse akteur (* 1897).
- 1986 – Simone de Beauvoir, Franse feministiese skryfster (* 1908).
- 1995 – Burl Ives, Amerikaanse sanger en akteur (* 1909).
- 1999 – Anthony Newley, Engelse sanger en akteur (* 1931).
- 2001 – Hiroshi Teshigahara, Japannese regisseur (* 1927).
- 2010 – Miems de Bruyn, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1922).
- 2013 – Colin Davis, Britse dirigent (* 1927).
- 2015 – Percy Sledge Amerikaanse sanger (* 1940).
- 2018 – Colin Bland, Suid-Afrikaanse krieketspeler (* 1938).
- 2020 – Paul Bayvel, Springbokrugby speler (* 1949).
- 2021 – Bernard Madoff, Amerikaanse beleggingsadviseur, finansier, gevonnisde bedrieër (* 1938).
Vakansie- en feesdae
wysig- Feesdag van Sint Pudens in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 14 April. |