19 Oktober
datum
(Aangestuur vanaf 10-19)
<< | Oktober 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||
Al die dae |
19 Oktober is die 292ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (293ste in skrikkeljare). Daar volg nog 73 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 202 v.C. – Die Carthaagse generaal Hannibal word deur prokonsul Scipio Africanus van die Romeinse Republiek verslaan in die Slag van Zama, wat 'n einde bring aan die Tweede Puniese Oorlog.
- 615 – Pous Deusdedit volg Pous Bonifatius IV op.
- 1453 – Die Honderdjarige Oorlog kom in praktyk tot 'n einde met die verowering van Bordeaux deur die Franse van die Engelse, waarna die Engelse slegs Calais op die Franse vasteland behou.
- 1469 – Ferdinand II van Aragon trou met Isabella van Kastilië wat die weg baan vir die vereniging van Aragon en Kastilië in een land, Spanje.
- 1781 – Ná die nederlaag by die Slag van Yorktown, gee Britse magte onder Lord Charles Cornwallis amptelik oor; 'n einde word gebring aan die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog.
- 1943 – Streptomisien, die eerste antibiotiese middel teen tuberkulose, word deur navorsers by Rutgers-universiteit geïsoleer.
- 1951 – Britse magte beset die Suezkanaalgebied in 'n snelle dagbreekinval. Presies drie jaar later word die Suezkanaal-ooreenkoms geteken waarvolgens Britse magte oor die volgende 20 maande onttrek sou word.
- 1977 – Twee swart koerante (The World en The Weekend World) en 18 swart organisasies word deur die Suid-Afrikaanse regering verbied.
- 1985 – Die Suid-Afrikaanse Grand Prix vind plaas.
- 1986 – Die Mosambiekse presidensiële vliegtuig stort neer.
- 1987 – Die Dow Jones industriële indeks val met 22% op Swart Maandag, die grootste ineenstorting in die geskiedenis op een dag.
- 2014 – Pous Paulus VI word deur Pous Franciskus salig verklaar.
Geboortes
wysig- 1582 – Dmitri Iwanowitsj van Rusland, seun van tsaar Iwan die Verskriklike († 1591).
- 1605 – Thomas Browne, Engelse digter en filosoof († 1682).
- 1858 – George Albert Boulenger, Belgies-Engelse dier- en plantkundige († 1937).
- 1862 – Auguste Lumière, Franse rolprentmaker († 1954).
- 1922 – Elsa Joubert, Afrikaanse skrywer († 2020).
- 1931 – John le Carré, Britse skrywer van rillers en spioenasieverhale († 2020).
- 1932 – Robert Reed, akteur in o.m. The Brady Bunch († 1992).
- 1937 – Jonas Gwangwa, Suid-Afrikaanse jazz-musikant, liedjieskrywer en vervaardiger († 2021).
- 1956 – Santu Mofokeng, Suid-Afrikaanse fotograaf († 2020).
- 1963 – Mark Behr, Suid-Afrikaanse skrywer († 2015).
- 1976 – Pro Legoete, Suid-Afrikaanse rugbyskeidsregter.
- 1977 – Gerrie Pretorius, bekende Afrikaanse minnesanger.
- 1984 – Presley Chweneyagae, Suid-Afrikaanse akteur.
- 1990 – Faf de Klerk, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
Sterftes
wysig- 141 – Pous Eumenes van Alexandrië sewende patriarg van die Kerk in Alexandrië (* onbekend)
- 1187 – Pous Urbanus III, die 172ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1120).
- 1682 – Thomas Browne, Engelse digter en filosoof (* 1605).
- 1745 – Jonathan Swift, Anglo-Ierse satirikus, essayis, politiese pamfletmaker (* 1667).
- 1932 – Arthur Friedheim, Duits-Russiese pianis en komponis (* 1859).
- 1935 – Reenen J. van Reenen, Afrikaanse skrywer en besproeiings-ingenieur (* 1884).
- 1937 – Ernest Rutherford, Nieu-Seelands-gebore Britse fisikus en Nobelpryswenner (* 1871).
- 1943 – Camille Claudel, Franse beeldhoudster (* 1864).
- 1944 – Deneys Reitz, Suid-Afrikaanse kabinetsminister, soldaat en skrywer (* 1882).
- 1945 – Richard Stuttaford, Suid-Afrikaanse kabinetsminister en sakeman (* 1870).
- 1973 – Maria Malan, Suid-Afrikaanse premiersvrou (*1905).
- 1981 – Edmond Schietekat, Vlaamse digter (* 1933).
- 1981 – Dorothy Fischer, Suid-Afrika se eerste vroulike hartoorplantingspasiënt (* 1929).
- 1986 – Samora Machel, die president van Mosambiek en leier van FRELIMO (* 1933).
- 2007 – Jan Hendrik Wolkers, Nederlandse skrywer, beeldhouer en skilder (* 1925).
- 2017 – Piet van Maarleveld, legendariese beroepsfotograaf van Potchefstroom (* 1928).
- 2020 – Enzo Mari, Italiaanse modernistiese kunstenaar (* 1932).
- 2022 – Leopold Scholtz, Suid-Afrikaanse historikus, akademikus, skrywer en joernalis (* 1948).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
wysig- Grondwetdag in Niue (1974).
- Moeder Teresadag in Albanië.
- Feesdag van Pous Eumenes van Alexandrië volgens die Kopties-Ortodokse Kerk
Wikimedia Commons bevat media in verband met 19 Oktober. |