Griekwas (rugbyspan)
(Aangestuur vanaf Wildeklawer Griekwas)
Die Griekwas (weens borgskapsredes bekend as die Windhoek Draught Griekwas) is 'n provinsiale rugbyspan in Kimberley, Suid-Afrika.
Griekwas | ||||
Bynaam(e) | Poubloues | |||
Embleem | Gemsbok | |||
Stigting | 1886 | |||
Unie | Griekwaland-Wes Rugbyunie | |||
Ligging | Kimberley | |||
Streek | Noord-Kaap | |||
Stadion | Griekwapark | |||
Kapasiteit | 11 000 | |||
President | Monte Engelbrecht | |||
HUB | Arni van Rooyen | |||
Afrigter(s) | Pieter Bergh | |||
Kaptein(s) | Ruan Steenkamp | |||
Liga(s) | Curriebeker Rugby-uitdaagreeks | |||
2022 | Curriebeker: 2de | |||
Statistiek
| ||||
---|---|---|---|---|
Meeste wedstryde | 161 André van Wyk | |||
Meeste punte | 791 Edrich Lubbe | |||
Meeste drieë | 61 Jearus Nicholas | |||
Eerste wedstryd | ||||
1881 | ||||
Grootste oorwinning | ||||
Limpopo Blou Bulle 5 – 124 Griekwas (23 Maart 2013) | ||||
Grootste nederlaag | ||||
Griekwas 3 – 75 Westelike Provinsie | ||||
Unie webwerf | ||||
www.griquasrugby.co.za |
Die Griekwas se voedingsbron vir spelers is uit die Noord-Kaap. Hulle tuisveld is die Griekwapark en hulle neem aan die Curriebeker- en SuperSport Rugby-uitdaagreeks (sedert 2017) deel. Griekwas se truikleur is poublou.
Springbokspelers
wysigDie Griekwaspelers wat ook vir die Springbokke uitgedraf het is in alfabetiese volgorde:[1]
Rekords
wysigRekords vir die Griekwas:[2]
Indiwiduele rekords
wysig- Meeste loopbaanwedstryde vir Griekwas gespeel – André van Wyk (161)
- Meeste Curriebekerwedstryde gespeel – Dave Prins (69 tussen 1979 en 1987)
- Meeste opeenvolgende wedstryde gespeel- Peet Smith (97 tussen 1963 en 1973)
- Meeste wedstryde as kaptein gespeel – André van Wyk (66 tussen 1989 en 1994)
- Meeste loopbaanpunte – Edrich Lubbe (719 in 114 wedstryde)
- Meeste Curriebekerpunte in ’n loopbaan – Kriek Erasmus (440 tussen 1977 en 1985)
- Meeste punte in ’n seisoen – Gaffie du Toit (361 in 27 wedstryde in 1996)
- Meeste Curriebekerpunte in ’n seisoen – Naas Olivier (173 in 2010)
- Meeste indiwiduele punte in ’n wedstryd – Naas Olivier (42 teen die Griffons in ’n 2009 Vodacombekerwedstryd)
- Meeste loopbaandrieë vir Griekwas – Jearus Nicholas (61 in 116 wedstryde tussen 1998 en 2003)
- Meeste drieë in Curriebekerwedstryde – Dave Prins (37 tussen 1979 en 1987)
- Meeste drieë in ’n seisoen – Bjorn Basson (29 in 2010)
- Meeste drieë in ’n Curriebekerseisoen – Bjorn Basson (21 in 2010)
- Meeste drieë in ’n wedstryd – Jacques Jonker (7 teen Namibië in 1996)
- Meeste drieë in ’n Curriebekerwedstryd – Dave Dennis (4 teen Oostelike Provinsie in 1978) en Jearus Nicholas (4 teen die Luiperds in 1998)
- Meeste doelskoppe in ’n wedstryd – Boeta Wessels (11 teen Grens in 1998) en Naas Olivier (11 teen die Griffons in 2009)
- Meeste doelskoppe in ’n seisoen – Gaffie du Toit (98 in 1998)
- Meeste doelskoppe in ’n loopbaan – Edrich Lubbe (133 tussen 1995 en 2001)
- Meeste strafdoele in ’n loopbaan – Edrich Lubbe (91 tussen 1995 en 2001)
- Meeste skepdoele in ’n seisoen – Gaffie du Toit (7 in 1998)
- Meeste skepdoele in ’n loopbaan – Piet Visagie (15 tussen 1964 en 1974)
- Meeste skepdoele in ’n Curriebekerloopbaan – Piet Visagie (8 tussen 1964 en 1974)
Spanrekords
wysig- Meeste punte in ’n seisoen – 1428 in 1998 (32 wedstryde)
- Meeste punte in ’n Curriebekerseisoen – 625 in 2003 (21 wedstryde)
- Meeste punte in ’n Vodacombekerseisoen – 734 in 1998 (Suid-Afrikaanse rekord)
- Meeste drieë in ’n seisoen – 201 in 1998 (32 wedstryde)
- Meeste drieë in ’n wedstryd – 18 teen ’n SWD-federasie in 1978
- Meeste drieë in ’n Curriebekerseisoen – 86 in 2003 (21 wedstryde)
- Meeste drieë in ’n Vodacombekerseisoen – 108 in 1998 (Suid-Afrikaanse rekord)
- Grootste oorwinning – 94-0 teen ’n SWD-federasie in 1978
- Grootste verloor – 3-75 teen Westelike Provinsie in 1985
- Meeste punte afgestaan in ’n wedstryd – 78 teen Natal Haaie in 2002 en teen Westelike Provinsie in 2004
Verwysings
wysig- ↑ http://www.genslin.us/bokke/ProvinceData.aspx?ProvinceID=7 Besoek op 21 November 2009
- ↑ "Griekwas – Statistieke" (html) (in Engels). SuperSport. 21 Mei 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 22 Junie 2012.