Hierdie blad lys die sjablone wat op die Afrikaanse Wikipedia gebruik word. Die lys is nie volledig nie, maar bied slegs 'n oorsig van die soort sjablone wat op die Afrikaanse Wikipedia beskikbaar is. Sien gerus die kategorie Sjablone of dié lys vir al die beskikbare sjablone.
Indien u op soek is na 'n spesifieke sjabloon en dit nie kan vind nie, vra gerus op die besprekingsblad of die Geselshoekie vir hulp van ander gebruikers.
Sommige sjablone dui die status van sekere artikels aan. Die status het gewoonlik betrekking op die artikel se inhoud; daar kan voorgestel word dat die inhoud verwyder of skoongemaak word, dat die inhoud 'n skending van kopiereg of miskien onderhewig aan verandering is (in die geval van 'n onlangse gebeurtenis). Die volgende sjablone is 'n paar van die mees gebruikte artikelstatussjablone op die Afrikaanse Wikipedia, maar sien gerus die kategorie Artikelstatussjablone vir 'n volledige lys.
Dit is ’n dubbelsinnigheidsbladsy dié: ’n lys van artikels wat met dieselfde titel verbind word. As ’n interne skakel u hierheen gelei het, kan u gerus daardie skakel verander sodat dit direk na die gewenste artikel wys.
Die neutraliteit van hierdie artikel (of dele daarvan) word tans betwis. Wikipedia se beleid is dat alle artikels vanuit ’n neutrale standpunt geskryf moet wees. Sien die besprekingsbladsy vir besonderhede of ons riglyne wat kan help om die artikel meer onpartydig te maak.
Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word. Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word.
Hierdie bladsy is tans gelys vir verwydering. Sien die stemblad vir die redes en bespreking daarvan. Indien u wil keer dat die blad verwyder word, lees die verwyderingsbeleid en stem teen die verwydering op die stemblad. Moet asseblief nie hierdie kennisgewing verwyder of die bladsy leegmaak terwyl hierdie saak nog onder bespreking is nie. Voel wel vry om hierdie artikel te verander en verbeter. Sien ook ’n klomp alternatiewe uitweë vir bladsye wat nie binne die Wikipedia-beleid inpas nie.
Taalgebruik moet nagegaan word: Die teks moet vir spelling, sinsbou en woordkeuse nagegaan word. Indien dit nie binne twee weke versorg word nie, mag dit vir verwydering kwalifiseer.
Sommige gebruikers plaas gebruikersjablone op hul gebruikersblaaie om hulself aan ander Wikipediane en besoekers voor te stel. Hier volg 'n paar meer algemenes. Sien gerus die kategorie Gebruikersjablone vir die volledige lys.
Inligtingskaste is die informele naam vir 'n inligtingstabel wat (gewoonlik) regs bo aan 'n artikel verskyn. Die inligtingstabelle is oor die algemeen groot en het verskeie veranderlike parameters. Die mees gebruikte inligtingskaste word hier genoem, met skakels na van die artikels wat die sjablone gebruik, ter illustrasie. Sien gerus die kategorie Inligtingskassjablone vir 'n volledige lys.
Sien asseblief elke sjabloon se individuele blad vir inligting oor hoe om die sjabloon te gebruik.
Sommige artikels behoort tot 'n reeks artikels oor byvoorbeeld die provinsie Wes-Kaap, die lande van Afrika of selfs kerkargitektuur. Al dié sjablone kan gevind word in die kategorie Reekssjablone. Hier volg egter 'n paar, met hulle instruksies, ter illustrasie.
1. Land deels in Afrika. 2. Land deels in Europa. 3. Geografies in Asië, maar gereeld beskou as deel van Europa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings.
Dankie vir jou belangstelling in Wikipedia. Ons werk hier aan die ideaal van ’n gratis en vrylik beskikbare, vrylik bewerkbare, neutrale en volledige ensiklopedie.
Die Afrikaanse Wikipedia bestaan al sedert Desember 2001 en bevat reeds 120 869 artikels. Vanaf die begin van die projek het die gebruikers ’n aantal riglyne en uitgangspunte vir artikelbewerking en onderlinge samewerking opgestel. Nuwelinge kan hieruit voordeel trek. Jy mag dit behulpsaam vind om van die skakels in hierdie raampie te volg en met die projek vertroud te raak voordat jy begin bydra. Indien jou vingers jeuk om te eksperimenteer, kan jy gerus ons Sandput besoek: dit is juis vir die rede daar. Uiteindelik wil ons dat al ons gebruikers vry voel om hulle gang te gaan, maar dit doen natuurlik geen kwaad om ’n bietjie houvas te kry voor 'n mens in die diep kant in spring nie! Besoek gerus ook ons Geselshoekie, ons gebruikers staan gereed om hand by te sit, of bloot net hand te skud.
Hierdie bladsy, wat nou op jou skerm vertoon word, is trouens jou persoonlike besprekingsbladsy. Die plek waar ander Wikipediane jou in die toekoms kan kontak en jy hulle dan kan beantwoord. Elke gebruiker het so ’n bladsy. Jy kan dus ook boodskappe op ander gebruikers se besprekingsbladsye los. Sluit boodskappe en besprekings altyd af met ~~~~ of deur op die handtekeningknop in die wysigingsvenster te kliek: sodoende word jou boodskap onderteken met jou gebruikersnaam en die datum en tyd waarop die boodskap gestuur is. Kliek dan laastens op "Publiseer wysigings" om enige bewerkings te stoor.