Wikipedia:Geselshoekie/Argief2018
- 1 Januarie 2018-31 Desember 2018
Voorspoedige 2018!
Aan die Wikipedia gemeenskap: dankie vir al julle bydraes in 2017! Ons hoogtepunt vir 2018 is ongetwyfeld die Wikimania konferensie in Kaapstad in Julie! Dit sal goed wees om al ons oorsese gebruikers daar te ontmoet oor 'n glasie rooiwyn of twee! Ons moet 50 000 bereik teen daardie tyd! Groete! Oesjaar (kontak) 06:12, 1 Januarie 2018 (UTC)
Bringing in the bells in Scotland...
Nuwejaarsgroete uit Skotland waar die swaar reën uiteindelik nog opgeklaar het. Voyageur (kontak) 09:20, 1 Januarie 2018 (UTC)
My voete in die lug vir 6 weke
Beste vriende en vriendinne,
Ek het op 12 Desember gehoor ek moet spoedig 'n hartomleiding ondergaan! So ek skuif Woensdag 3de my ou lyf na Unitas Hospitaal in Centurion. (operasie is 4de). Ek probeer nog "negotiate" met die dokter vir wanneer ek weer mag wikipedia, cheers vir eers!! --Aliwal2012 (kontak) 18:51, 1 Januarie 2018 (UTC)
- Sterkte daar. Gelukkig was die diagnose betyds. JMK (kontak) 19:37, 1 Januarie 2018 (UTC)
- Alles van die beste, spoedige herstelǃ Sobaka
- Dankie julle! --Aliwal2012 (kontak) 20:03, 1 Januarie 2018 (UTC)
- Alles van die beste, spoedige herstelǃ Sobaka
- Sterkte Gert! Ek was daar in Mei 2016 en my raad! Dag 3 is die ergste as al die masjiene afgehaal word. Doen jou asemhalings oefeninge, hoe gouer die longe uitpop hoe vinniger herstel jy! Groete! Oesjaar (kontak) 21:04, 1 Januarie 2018 (UTC)
- Sterkte ou maat! Solank die kennisse van dr. Christiaan Barnard nog bekend is, sal alles goed gaan. Groete. -- SpesBona 22:10, 1 Januarie 2018 (UTC)
- Sterkte! K175 (kontak) 22:18, 10 Januarie 2018 (UTC)
Hi almal, ek lewe darem na die operasie en sterk goed aan. Vandag tuis gekom by my kinders in Monumentpark, maar vertrek more-oggend na Little Eden tyddeel vir 7 dae, net op my eie. Ek het die rus nodig! Groete almal, dankie vir julle belangstelling in my! --Aliwal2012 16:27, 18 Januarie 2018 (UTC)
- Goed om te hoor, beste vir die herstelproses. Sobaka
- Sterkte Gert! Doen jou asemhalingsoefeninge en stap jou stappe! Groete! Oesjaar (kontak) 18:40, 18 Januarie 2018 (UTC)
- Sterkte K175 (kontak) 06:27, 19 Januarie 2018 (UTC)
- @Gebruiker:Aliwal2012, gee vir ons ‘n bietjie van ‘n update van hoe dit daardie kant gaan? K175 (bespreking | bydraes) 19:26, 29 Januarie 2018 (UTC)
- Lewe hy nog? K175 (bespreking | bydraes) 14:40, 1 Februarie 2018 (UTC)
- Ja, hy lewe nog, en sterk goed aan! --Aliwal2012 (kontak) 14:28, 5 Februarie 2018 (UTC)
- Lewe hy nog? K175 (bespreking | bydraes) 14:40, 1 Februarie 2018 (UTC)
Skunk
Goeienaand, wat is 'n skunk in Afrikaans? 41.150.51.33 16:40, 2 Januarie 2018 (UTC)
- Ek dink it is stinkdier of miskien muishond. Ek sal vanaand in my tweetalige woordeboek kyk. Rooiratel (kontak) 05:16, 3 Januarie 2018 (UTC)
- Volgens my tweetalige woordeboek (Pharos 1998) is dit muishond. Rooiratel (kontak) 15:06, 3 Januarie 2018 (UTC)
Inligting benodig: Tonteldoos Polisiestasie
Enige geskiedkundige inligting en fotos aangaande die Polisiestasie te Tonteldoos is welkom, in spesifiek die ontstaan van die eerste Polisiestasie gedurende die Mapoch en ander oorloë. -- 18:59, 2 Januarie 2018 I.P. 105.226.154.171
Aansluiting by Vrymesselaars
Waar kan 'n persoon aansoek doen om 'n lid te word van die Vrymesselaars? Jamyvolk (kontak) 09:20, 9 Januarie 2018 (UTC)
- Jy kan hier met jou nasoek begin. (Ek is geen lid nie!) Martinvl (kontak) 16:53, 9 Januarie 2018 (UTC)
Wikimedia of die tyrannie die mij mijn hart doorwondt
Dit het vir my groot twyfel aan die hele wikimedia organisasie laat ontstaan. Classiccardinal is 'n gebruiker van fr.wikti wat skielik 'n global ban gekry het. Ek ken hom hoegenaamd nie en ek keur ook sy aksies nie goed nie, maar as ek die redes lees kry ek tog 'n slegte gevoel. Hier is "Hedwig in Washington" wat 'n blok eis omrede ""Male chauvinism" en "insulted Hedwig in Washington on Commons: "moron", "idiot", "stupid"".
Maar Hedwig in Washington skryf self "It actually seems that you are not able to fit into a community. At least not without playing the big gorilla in the room". en dit is nie beledigend nie?
Resultaat: 'n onherroepelike ban van alle werwe, ook fr.wikti, waar dit baie bespreking gegee het, almal in Frans, maar eintlik net mense wat verbystering uitdruk.
Die probleem wat ek hiermee het is dat ons almal taamlik lukraak geban kan word as iemand as Hedwig in Washington "beledig" raak. Het julle dit geweet? Jcwf (kontak) 00:02, 12 Januarie 2018 (UTC)
- Kommerwekkend! K175 (kontak) 00:05, 12 Januarie 2018 (UTC)
Saadjies
Het ons projek nou heeltemal die kluts kwytgeraak! Wat de hel is die doel van nege-woord-artikels oor Japannese snelweë? Asof die kantate-euforie nie genoeg was nie. Morne (kontak) 11:26, 12 Januarie 2018 (UTC)
- En die spelling Japan Nasionale Roete is nie ons styl nie. Winston (kontak) 11:36, 12 Januarie 2018 (UTC)
- Jammer, ek het nie besef dit sou 'n probleem wees nie. Ek is nog besig om die bladsye uit te brei. Winston, wat is die korrekte styl? Rooiratel (kontak) 12:09, 12 Januarie 2018 (UTC)
- Gebruiker:Rooiratel, wat is die doel van jou saadjies en hoeveel sal daar nog kom? Ons beleid is kwaliteit bo kwantiteit. Robotartikels is nie aanvaarbaar nie! -- SpesBona 12:10, 12 Januarie 2018 (UTC)
- SpesBona, ek wou hierdie lys voltooi Nasionale_snelweë_van_Japan. Daar is ongeveer 500 bladsye. Maar ek sien ander mense hou nie daarvan nie, so ek los dit dan. Rooiratel (kontak) 12:25, 12 Januarie 2018 (UTC)
- Die Afrikaanse Wikipedia benodig meer saadjies. Gebruiker:Rooiratel, doen so voort! 197.157.222.177 15:05, 12 Januarie 2018 (UTC)
- Die Afrikaanse Wiki kort meer artikels. Saadjies beteken nie veel nie. Groete! Oesjaar (kontak) 16:15, 12 Januarie 2018 (UTC)
- “‘n Reis van ‘n duisend kilometer begin met ‘n enkele treë.” K175 (kontak) 19:55, 12 Januarie 2018 (UTC)
Telkom lyne...
Na 'n week sonder Telkom diens (hulle steel die kabels helder oordag in Krugersdorp - graaf twee gate!) het ek nou maar totaal oorgegaan na DRAADLOOS Kom ons kyk of dit werk! Ek wonder hoe gaan dit met Aliwal? Groete! Oesjaar (kontak) 16:18, 12 Januarie 2018 (UTC)
- Is dit vesel of koper wat gesteel word? Ek vind dat telkomvesel goed werk. Koperkabeldiewe breek terloops deesdae eers die transformators op die sypaadjies oop en ontkoppel die krag, wat opsigself skade en ontwrigting veroorsaak. Dan is die krag af sodat hulle die volgende nag kan grawe of afknip waar hulle wil. En as jy toevallig op hulle afkom is hulle parmantig genoeg om jou vriendelik te groet of vir 'n sigaret te vra. JMK (kontak) 18:16, 14 Januarie 2018 (UTC)
- Ek het onlangs glasvesel gekry - dit is iets anders! K175 (kontak) 18:20, 14 Januarie 2018 (UTC)
- Ek kon sweer dit is optiese vesel.... Tans het ek koper. Groete! Oesjaar (kontak) 19:21, 14 Januarie 2018 (UTC)
- Dankie @Gebruiker:Oesjaar! 😅 K175 (kontak) 19:45, 14 Januarie 2018 (UTC)
- Ek het nie besef dat dit so ernstig was nie. Martinvl (kontak) 12:09, 16 Januarie 2018 (UTC)
- Dankie @Gebruiker:Oesjaar! 😅 K175 (kontak) 19:45, 14 Januarie 2018 (UTC)
- Ek kon sweer dit is optiese vesel.... Tans het ek koper. Groete! Oesjaar (kontak) 19:21, 14 Januarie 2018 (UTC)
- Ek het onlangs glasvesel gekry - dit is iets anders! K175 (kontak) 18:20, 14 Januarie 2018 (UTC)
Wikiwoordeboek
- Die Afrikaanse woordeboek het die Sisiliaanse een verbygesteek en is nou nommer 68. Jcwf (kontak) 20:03, 15 Januarie 2018 (UTC)
- Goed gedoen Frank en Jaap! Groete! Oesjaar (kontak) 12:17, 16 Januarie 2018 (UTC)
Latyn vs. Latyns
Aan enige bot wat lus het: Al die selfstandige naamwoorde "Latyns" wat na die taal verwys, moet in "Latyn" verander word. Die taal se naam is Latyn. Latyns is die byvoeglike naamwoord en is dus net reg in name soos Latyns-Amerika of Latynse alfabet. Winston (kontak) 17:43, 23 Januarie 2018 (UTC)
Proeflees benodig by Wikinews
Gemeenskap, dit is hoogtyd dat ons nog 'n Germaanse berig op die voorblad van die Afrikaanse Wikinews met 'n berig in Afrikaans vervang. Die Germaanse berigte is oorblyfsels van die uitleg wat vanaf die Duitse Wikinews gekopieer is. Mag ek dus vra dat iemand my nuutste poging proeflees. Groete. K175 (kontak) 12:18, 26 Januarie 2018 (UTC)
- N.a.v. geen terugvoer is die berig op die voorblad geplaas. K175 (kontak) 19:56, 26 Januarie 2018 (UTC)
Nuwe sjabloon vir koppe van besprekingsbladsye
{{Kop van besprekingsbladsy}} daargestel, bevat nuttige skakels na riglyne. Indien 'n argief van die besprekingsbladsy bestaan, word 'n skakel en soekboks outomaties ingesluit. Ek het dit reeds op 'n klomp besprekingsbladsye van voorbladartikels geplaas. K175 (kontak) 13:20, 26 Januarie 2018 (UTC)
Harold Spencer-Jones vs Harold Spencer Jones
- Hierdie bespreking is geskuif na Bespreking:Harold Spencer-Jones. K175 (bespreking | bydraes) 08:53, 29 Januarie 2018 (UTC)
Huh! en w.d.f?
Word geblok vir die res van die jaar op Wiki:Af en die res van my lewe op Wiki:En maar dis lekker hier onder die gekroonde redakteurs. Dis amper soos of 'n blok soos die dood is en die uitvoerder in sommige gevalle 'n moordenaar.
Hoekom sal jul die roboteursforum verwyder? Dit was die een plek vir toekomstige roboteurs om bymekaar te kom, terwyl ek geblok was kon ek nie my stupid foute regmaak nie, en die medeskuldiges het toe wetend of onwetend die moord se bewyse vinnig weg gevee.
Ek verstaan ook nie hoe die geskiedenis van dagga nêrens ingevoeg is nie, omrede die omhulsel van die boek nie aanvaarbaar is nie is die inhoud verban, klink vir my maar soos die apartheid era waar sekere musiek en sosiale gewoontes nie geduld geword het nie.
Hoeveel van julle is "born-frees" behalwe Slashme? En niemand het tyd om na die vieslike geskiedenis van dagga in die ensiklopedieë aan te teken nie want kom ons kyk hoe lank kan ons die publiek flous dat dagga nou eintlik duiwels-twak is.
Die inhoud en toestand van die dagga-artikel is bewysstuk A.
Wanneer gaan mense opstaan teen die dagga-onreg wanneer geleerde mense nie eers die waarheid kan toelaat nie, hoe is die geskiedenis van dagga nie gedenkwaardig nie, en hoe kan julle nie wikipedia reëls omvattend toepas nie, alle admins "cherry-pick" reëls en dink hul is in die hof besig om 'n punt te bewys, maar wanneer konsensus bereik is dan vinnig vinnig is dit nie meer 'n probleem nie na die uitwis wysiging.
1. Die inhoud van artikels is baie meer belangrik as die titel en inleiding. Dit wil se, indien daar gedeeltes is van 'n artikel wat in die ensiklopedieë hoort moet dit verskuif word na 'n gepaste bladsy. Dit is te maklik om uit te wis maar niemand lig 'n vinger om belangrike inligting te verskryf of by die regte artikel aan te bring nie. Tot wanneer Wikipedia se beleid is dat indien inhoud geskyf kan word moet dit so gedaan wees.
Waarom is die rassistiese geskiedenis van dagga nie van pas op wikipedia nie?
-- Mickey ☠ Dangerez 12:35, 2 Februarie 2018 (UTC)
- Verander die opskrif en verbeter jou taalgebruik asb! Hierdie Wiki word gebruik deur minderjariges ook. Oesjaar (kontak) 16:41, 2 Februarie 2018 (UTC)
Bel by WhatsApp
Goeiemiddag Suid-Afrika! WhatsApp pla my tans omdat ek nie vir 'n nommer in Suid-Afrika kan bel nie. Ek kan die nommer wat in my kontaklys is nie by my WhatsApp-kontakte opneem nie. WA sê net, die nommer bestaan nie. Ek gebruik 'n ou Samsung Galaxy S III en sit binnehuis met WLAN. WhatsApp gebruik ek nie elke dag nie, maar net af en toe. Hoe bel julle vir nommers in die buiteland? Kan iemand help asb., sonder dat ek die nommer hier plaas? Groete. -- SpesBona 13:00, 3 Februarie 2018 (UTC)
- Sören, vanaf Suid-Afrika skakel ons 00 om internasionaal te kan gaan. Van buite af: plaaslike toegangskode en 27 xxxxxxx. 27 is Suid-Afrika se int. kode. Groete! Oesjaar (kontak) 14:56, 3 Februarie 2018 (UTC)
- Baie dankie Deon, ten minste het ons die kommunikasie per SMS reggekry, dan sal die bel tussen +27 en +49 ook werk. Groete. -- SpesBona 18:19, 5 Februarie 2018 (UTC)
Aanloop tot Wikimania 2018
Gemeenskap: ek het 'n e-pos gestuur na RSG vir 'n onderhoud om die land meer te vertel oor Wikimania 2018 in Kaapstad. Vandag kry ek 'n boodskap van Marlinee Fouche - bekende op RSG en dametjie wat ek ken omrede sy en my dogter saam op uitruilprogram na Duitsland was vanaf Monument Hoër - waarin sy my meedeel dat hulle lewendig uitsaai tydens die Woordefees uit Stellenbosch vanaf Maart 5de tot 9de. Sy soek iemand (een van ons gebruikers) uit Kaapstad vir 'n lewendige onderhoud in die ateljee. My eerste keuse is Gebruiker:Morne. Wie stel nog belang? Praat met my! Groete! Oesjaar (kontak) 14:21, 5 Februarie 2018 (UTC)
- Ek het Morné al regstreeks op K-FM 94.5 die nuus hoor uitsaai. Ek dink dit was 'n Saterdag. Sy stem is heel gepas en rustig vir die mikrofoon. Ek sekondeer dus. Suidpunt (kontak) 18:46, 5 Februarie 2018 (UTC)
- Ondersteun Morne is 'n mediapersoon. K175 (bespreking | bydraes) 19:08, 5 Februarie 2018 (UTC)
- Ondersteun, as hy bereid sou wees om dit te doen. So van opnames en rustige stemme gepraat, ons benodig mense wat kan help om Afrikaanse woorde op te neem. Vir details, sien die bespreking by wikt:Wiktionary:Geselshoekie#Klankopnames. Groete. Frank (kontak) 19:19, 5 Februarie 2018 (UTC)
- Ondersteun – Indien Morne dit aanvaar, hy is 'n goeie kenner van ons projek en het baie beelde opgelaai en artikels geskryf. Vir in Afrikaans belangstellendes soos ek sal dit baie aangenaam wees om meer Afrikaans te kan hoor. Eintlik kort ons wiki ook 'n projek vir klankopnames. Ons het net een gesproke artikel: hoofstad. Groete. -- SpesBona 19:30, 5 Februarie 2018 (UTC)
- Ondersteun – Amen. Winston (kontak) 19:40, 5 Februarie 2018 (UTC)
- Aanvaar Gebruiker:Morne die nominasie? K175 (bespreking | bydraes) 19:06, 7 Februarie 2018 (UTC)
- Andersins kan elkeen 'n geldjie bydra om vir Oesjaar af te vlieg Kaap toe. K175 (bespreking | bydraes) 11:58, 13 Februarie 2018 (UTC)
- Ek kan rapporteer dat Maroela Media by Wikimania gaan wees en dat hulle my vlug na die Woordfees sal dek. Groete! Oesjaar (kontak) 08:12, 20 Februarie 2018 (UTC)
- 💪 K175 (bespreking | bydraes) 16:13, 20 Februarie 2018 (UTC)
- Gemeenskap: neem kennis asb. RSG het van plan verander, hulle gaan nie met ons op die woordfees praat nie; ek is gevra om Vrydag oggend by die ateljee in Aucklandpark te wees: ek is tussen 7:30 tot 8:00 op die lug! Blykbaar kan hulle meer tyd aan ons afstaan! Kom ons hou duimvas! Ek vermoed mej. Marlinee Fouche het baie hiermee te doen agter die skerms! Dankie Marlinee! Groete! Oesjaar (kontak) 08:16, 28 Februarie 2018 (UTC)
Dit blyk uit die besoekers statistieke dat vis vroeg in die jaar deel van skooltake is! Sien https://tools.wmflabs.org/pageviews/?project=af.wikipedia.org&platform=all-access&agent=user&range=latest-20&pages=Vis
Groete! Oesjaar (kontak) 10:37, 14 Februarie 2018 (UTC)
- 160 besoeke aan Regent's Canal op 7 Februarie lyk ook nie sleg nie. Van Amazon kon ek maande gelede 'n tweedehandse monografie oor Primrose Hill kry wat eintlik uit druk is en volgens Amazon in 'n "goeie toestand" sou wees. Die boonste helfte - ja. Maar dit lyk asof iemand die onderkant van die boek in die Regent's Canal se water gedompel het! Nogtans 'n werk wat ek regtig geniet het en later in 'n uitgebreide artikel sal omskep. Voyageur (kontak) 00:51, 16 Februarie 2018 (UTC)
Argiewe van die Universiteit van Pretoria
Hallo julle, in die verlede kon 'n mens soek vir "geslagsregisters van ou Kaapse families" en dit sou 'n rits PDF-resultate op die bedieners van die Universiteit van Pretoria oplewer. Dit blyk ongelukkig nie meer die geval te wees nie. Ek het daaraan gedink om die geslagsregisters d.m.v. OCR na Wikisource oor te dra as 'n toetslopie om te kyk of ons nie die hele argief van UP waarvan die kopiereg verval het op so 'n manier kan oordra nie. Het enigiemand toegang tot die UP se argief? Hoe kry 'n buitestaander soos ek weer toegang? Groete. K175 (bespreking | bydraes) 09:21, 15 Februarie 2018 (UTC)
- Gaan pas deur my ou e-posse en vond die geslagsregisters hier: https://onedrive.live.com/?authkey=%21AIuyPqLiY7ihz2g&id=E7173CFC141E470A%214004&cid=E7173CFC141E470A. Hoe kry ek toegang tot die res van die UP se argiewe? K175 (bespreking | bydraes) 09:24, 15 Februarie 2018 (UTC)
Uitdrukking: "De laaste een"
Dagsê en naandsê
Ek wil net gou by die gemeenskap seker maak oor die uitdrukking 'de laaste een'. Sover ek weet is dit informeel om te verwys na hulle almal, elke liewe een of, (op sy Engels), every single one of them, met 'n baie sterk nadruk. Dit moenie verwar word met "die laaste / die jongste / die nuutste een" in die algemene sin van die woord nie. Dit wil voorkom of Nederlands nie hierdie ontwikkeling deurgemaak het nie.
Om nou aan te haal uit Maroela se gespreksfora:
- Die plaasmoordenaar, die huisbreker, die man wat sy vrou vermoor de laaste een van hulle kan nou lekker ry op die rug van hierdie uitspraak
En Tydskrif vir Letterkunde:
- .... en wat altyd, maar altyd, op ’n bewolkte dag gebeur, waarvan alles, de laaste een, se insluiting verpligtend is...
Suidpunt (kontak) 08:55, 18 Februarie 2018 (UTC)
- "Suidpunt, jy is heeltemal reg. "Die laaste een" beteken almal, sonder uitsondering. Winston (kontak) 08:58, 18 Februarie 2018 (UTC)
- Baie dankie, Winston!Suidpunt (kontak) 10:14, 18 Februarie 2018 (UTC)
Boukuns in Johannesburg en Pretoria
Ek het so pas begin met 'n reeks agtergrondartikels wat boukuns en stadsbeplanning sal dek. Ongelukkig is baie belangrike historiese en moderne geboue en strukture nog nie met foto's gedokumenteer nie. Is daar mense in die gebied wat oor die volgende maande kans sien om benodigde foto's te verskaf? Ek sal hulle hier laat weet wat alles op my wenslys is. Baie dankie. Voyageur (kontak) 17:20, 18 Februarie 2018 (UTC)
- Ek 🙋 K175 (bespreking | bydraes) 19:13, 18 Februarie 2018 (UTC)
- Ongelooflik! ;) Ek gaan my lys binnekort hier pos. Dankie! Voyageur (kontak) 19:30, 18 Februarie 2018 (UTC)
- Ek sal probeer om van die in Johannesburg te doen. En ek sal sien of ek my broer kan vra om van die in Pretoria te doen. Rooiratel (kontak) 05:21, 20 Februarie 2018 (UTC)
- Ek het solank die eerste een gedoen. Dit was gelukking nie ver van die werk af nie. Ek moes deur 'n konstruksieterrein loop om daar uit te kom. Dankie vir die lekker avontuurtjie vir die dag. Ek hoop dit is aanvaarbaar. Rooiratel (kontak) 14:57, 20 Februarie 2018 (UTC)
- Uitstekend! Dankie! Ek waardeer dit baie! Voyageur (kontak) 17:42, 20 Februarie 2018 (UTC)
- Ek het solank die eerste een gedoen. Dit was gelukking nie ver van die werk af nie. Ek moes deur 'n konstruksieterrein loop om daar uit te kom. Dankie vir die lekker avontuurtjie vir die dag. Ek hoop dit is aanvaarbaar. Rooiratel (kontak) 14:57, 20 Februarie 2018 (UTC)
Gebou | Straatadres | Voltooi | Argitekte | Foto |
---|---|---|---|---|
Uniegebou | Meintjieskop | 1913 | Sir Herbert Baker | |
Staatsteater | Hoek van Andries- en Kerkstraat | 1981 | Piet Skiet | |
Reserwebankgebou | Kerkstraat | 1987 | ||
Unisa (hoofgebou) | Muckleneukrand | 1972 | Bryan Sandrock Architects |
Gemeenskap: bogenoemde boek is nou 51 oud (gedruk in 1967) en in die publieke domein. Dit sal nooit weer gedruk word nie. Kan 'n mens dit as deel van Africana beskou? Ek het begin om dit deur te werk en artikels te skep wat nog nie op ons Wiki is nie om sodoende te verseker dat die inhoud beskikbaar is vir die nageslag. Met die eerste poging het gefokus op rooi skakels. Sal nou begin met die res, dit sal 'n klomp wees artikels skep. Groete! Oesjaar (kontak) 08:10, 20 Februarie 2018 (UTC)
"Filter feeders?"
Wat is bogenoemde in Afrikaans? Groete! Oesjaar (kontak) 17:45, 25 Februarie 2018 (UTC)
- Hallo Oesjaar, kan jy asseblief vir ons die konteks v.d. benaming gee? Dit hang werklik af van waar jy dit gaan gebruik! Hoendervoerders, vliegtuie, chemielaboratorium, drinkwaterpype, ruimtetuie?--Aliwal2012 (kontak) 18:18, 25 Februarie 2018 (UTC)
- Gert, seediere! Groete! Oesjaar (kontak) 18:26, 25 Februarie 2018 (UTC)
- Lekker slaan ek nou my naam met 'n dik plank! Nooit aan seediere gedink nie! --Aliwal2012 (kontak) 18:46, 25 Februarie 2018 (UTC)
- Gert, seediere! Groete! Oesjaar (kontak) 18:26, 25 Februarie 2018 (UTC)
- Oesjaar, gebruik ook asseblief http://context.reverso.net/%C3%BCbersetzung/englisch-niederlandisch/Filter+feeders. Dan sal jy veelvoudige antwoorde kry. Hier sien jy duidelik dit kan filtrerende diere wees, planktoneters, filterorganismes (as jy oorskakel na Duits toe). Suidpunt (kontak) 04:32, 26 Februarie 2018 (UTC)
Ai, die seediere... Wat sal suspension feeders dan wees? Dit is diere wat hulle kos kry wat in die water rond dryf. Groete! Oesjaar (kontak) 18:16, 26 Februarie 2018 (UTC)
- Ek dink nie mens het nodig om jou kop daaroor te breek nie. In Frans word daar absoluut geen onderskeid getref tussen filter feeders en suspension feeders nie. Albei is in Frans suspensivores en klaar. Ag, have a heart! Al hierdie diere bly tog per slot van rekening in/op/rondom/benede/(te) bowe/langes die water! Suidpunt (kontak) 20:25, 26 Februarie 2018 (UTC)
49,000 artikels!
Geluk gemeenskap! Ons het so pas 49,000 artikels bereik: Gebruiker:Rooiratel se Sandoy.
- 👏 K175 (bespreking | bydraes) 07:10, 28 Februarie 2018 (UTC)
Oesjaar en RSG: Vrydag oggend 7:30 tot 8:00 op Monitor
Gemeenskap: RSG gaan 'n onderhoud met my voer komende Vrydag oggend. Hier is die vrae, help met die antwoorde asb!
- Wat beteken dit as ons sê Afrikaans is die grootste Afrika-taal op Wikipedia?
- Hoe vergelyk dit met ander groot Afrika-tale?
- Hoekom dink jy is juis Afrikaans die grootste taal?
- Hoe kan ander tale in die land betrokke raak?
- Julle is op 'n gereelde basis besig om vertalings te doen of oor die nuutste tegnologie te skryf. Hou die Afrikaanse woordeskat by?
- Watter potensiaal lê opgesluit in die Afrikaanse Wikipedia?
- Wat kan ons by ander lande leer?
- Daar word in die middel van die jaar 'n Internasionale Wikipedia konferensie in Kaapstad gehou - wat bring Afrikaanse Wikipedia na die tafel?
- Daar is ook sprake van Wikipedia bladsye wat spesifiek op kinders gemik is....
- Wat is julle uitdagings?
Hierdie is 'n gemeenskapspoging - die tafel is oop...
Groete! Oesjaar (kontak) 14:59, 28 Februarie 2018 (UTC)
- Wel, as mens al die tale wat op ander kontinente gepraat word uitsluit (Engels, Spaans, Frans en Arabies, maar nie Egiptiese Arabies nie) is Afrikaans die tweede grootste Wikipedia volgens aantal artikels. Afrikaans is wel die besigste Wikipedia op die kontinent in terme van besoeke per uur. Malgassies het die meeste artikels, maar kry nie naastenby soveel besoeke nie. Sien my opsomming hier onder. Groete. Frank (kontak) 16:45, 28 Februarie 2018 (UTC)
Taal | Kontinente | Sprekers (M) | Kyke/uur | Artikels |
---|---|---|---|---|
Egyptian Arabic | AF | 76 | 1204 | 17569 |
Swahili | AF | 50 | 570 | 38826 |
Hausa | AF | 39 | 100 | 2083 |
Zulu | AF | 26 | 112 | 1074 |
Oromo | AF | 26 | 93 | 990 |
Yoruba | AF | 25 | 468 | 31770 |
Amharic | AF | 25 | 496 | 14497 |
Lingala | AF | 25 | 165 | 3041 |
Igbo | AF | 22 | 195 | 1451 |
Malagasy | AF | 20 | 319 | 85019 |
Akan | AF | 19 | 70 | 365 |
Tsonga | AF | 16 | 89 | 642 |
Twi | AF | 15 | 74 | 637 |
Northern Sotho | AF | 14 | 134 | 7883 |
Somali | AF | 14 | 496 | 5604 |
Sesotho | AF | 14 | 69 | 587 |
Afrikaans | AF | 13 | 2560 | 47833 |
Fulfulde | AF | 13 | 69 | 293 |
Setswana | AF | 13 | 62 | 743 |
Kinyarwanda | AF | 12 | 114 | 1924 |
Ganda | AF | 10 | 73 | 2250 |
Chichewa | AF | 9 | 72 | 427 |
Kabyle | AF | 8 | 144 | 3348 |
Xhosa | AF | 8 | 78 | 977 |
Kongo | AF | 7 | 98 | 1219 |
Shona | AF | 7 | 135 | 3341 |
Tigrinya | AF | 7 | 61 | 294 |
Kikuyu | AF | 7 | 79 | 1472 |
Bambara | AF | 6 | 98 | 506 |
Kirundi | AF | 5 | 59 | 543 |
Wolof | AF | 4 | 111 | 1318 |
Ewe | AF | 4 | 72 | 359 |
Venda | AF | 3 | 47 | 326 |
Sangro | AF | 3 | 75 | 287 |
Siswati | AF | 3 | 74 | 459 |
Tumbuka | AF | 3 | 81 | 636 |
Arabic | AF AS | 290 | 65070 | 548417 |
Simple English | AF AS EU NA OC | 1500 | 11157 | 129936 |
English | AF AS EU NA OC | 1500 | 5184686 | 5523005 |
French | AF AS EU NA OC SA | 274 | 473978 | 1933265 |
Spanish | AF AS EU NA SA | 570 | 499666 | 1369902 |
Die skole speel 'n belangrike rol as jy byv. Afrikaans en Swahili vergelyk. Afrikaans het in die laaste maande begin van Swahili weg te hardloop met 'n weeklikse golf wat kenmerkend vir skole is.
Dit is nogtans taamlik 'n seisoen-effek. Indien oor 'n langer periode kyk (gebruik logaritmiese skaal asseblef), blyk dat Swahili eintlik meer groeineigings het as Afrikaans maar dat Afrikaans uitsonderlik sterke weeklikse en en ook seisoengebonde wysigings ondergaan. Hindi, Swahili en Arabies groei beter in bladtrekke sonder hierdie golwe. Indonesies vertoon ook golwe maar bo-op 'n groot aantal bladtrekke wat nie so skommel nie. Dit lyk of die groei veral van ander gebruikers as skoolkinders moet kom, maar dat Afrikaans steeds baie van hulle afhanklik is. Pogings om af.wikipedia veral af te stem op hierdie groep gebruikers kan dus aweregs werk, dink ek.
Natuurlik beteken hierdie bladtrek-ontleding min vir die aktiewe gebruikers wat artikels bydra, net vir die passiewes wat lesers is. Jcwf (kontak) 17:22, 28 Februarie 2018 (UTC)
Wat beteken dit as ons sê Afrikaans is die grootste Afrika-taal op Wikipedia?
Dit handel hier nie alleen oor die aantal artikels, maar veral die inhoud. [Gorrel hier hoe belangrik dit is dat inhoud groot moet wees. Dink ook waarom Afrikaans nou weer 'n taal uit Afrika is].
Hoe vergelyk dit met ander groot Afrika-tale?
Onthou asseblief: Frans, Engels en Spaans is dikwels burokratiese elitetale wat nie 'n baie groot verspreiding het of hoë bydrasyfer uit Afrika het nie. Arabies is 'n taal wat uit die Midde-Ooste oor Afrika getrek het - hy kan wel as 'n groot taal gesien word, want daar het regionaliteite ontstaan [noem die statistiek]. Die Swahili-Wikipedia word hoofsaaklik deur enkele Duitsers onderhou [gaan kyk maar gerus by die onlangse wysigings].
Hoekom dink jy is juis Afrikaans die grootste taal?
[Hierdie is uiters dubbelsinnig - beteken dit nou "waarom verkeer jy onder die indruk?" of "waarom is Afrikaans inderdaad die grootste taal?". Hou jou maar dom en kies die laaste een.]
Afgesien van die besoekertal en inhoud...
Ten eerste verkeer die Afrikaanse taal in die "gunstige posisie" om begrippe uit die Wes-Europese tale gemaklik oor te dra - hetsy uit Engels, Nederlands, Duits, selfs Nordiese tale soos Deens, Sweeds en Noors, asook Frans*. Dit geld vir die bronne, dit geld vir om uit ander Wikipedia's te vertaal.
- [Voor iemand my stenig, onthou Frans is maar net 'n taal wat deur 'n spul Germane begin is wat geradbraakte Latyn nie kon baasraak nie. En aangesien Nederlanders en België heel intiem met die Franse modes en owerhede te doen gehad het... kan ons ook Nederlandse woordeboeke en leenvertalings gemaklik oorneem.]
Ten tweede verkies die Afrikaanssprekendes steeds om inligting gemaklik en vinnig in hul moedertaal te wete te kom - dit spaar vertaaltyd vir skooltake en om elke tweede Grieks-Latynse woord in Engels eers te gaan naslaan. Afrikaanse sinne is mooi kort en bondig.
Ten derde is die bydraers hoogs gemotiveerd, juis omrede hulle ten volle bewus is hoe belangrik moedertaalonderrig is. [Ek sou hier 'n aanval op die hedendaagse politiek kon loods, maar kom ons bly eers diplomaties]. Afrikaans het ook 'n geskiedenis van peperduur boeke. As jy dus wel iets in Afrikaans gratis kan gryp - skiet die besoeksyfertjie omhoog. [En dis nou nie asof Afrikaanssprekendes uit die baarmoeder gestoot word met kennis om die Duitse en Franse of selfs Nederlandse artikels te raadpleeg nie. Daarvoor leef hulle te veel op 'n eiland omring deur 'n Engelse see.]
Laastens word ons ook gesterk deur o.a. Afrikaanse bronne in biblioteke en die internet wat wel beskikbaar is, maar wat nie ewe toeganklik is vir almal nie, as gevolg van die yl verspreiding. Nou is daar een ou in Kaapstad wat Bron X het, en 'n ou in Johannesburg met Boek Y. Die Afrikaanse Wikipedia bied mens nou die geleentheid om hierdie inligting te vergelyk en aan te vul.
[Ek kon natuurlik J.C. Steyn genoem het wat sê in sy boek Tuiste in eie taal (1981): as iemand ooit sou afvra - waarom moet ons omgee, oor 'n piepklein taaltjie soos jy, is die antwoord nie die letterkunde, of hoe "mooi" die taal klink nie. Dan is dit die wetenskap, en alleen die taal as draer van die wetenskap, wat tel. Watter ander motivering het mens nog nodig?]
Hoe kan ander tale in die land betrokke raak?
{Verkeer in 'n lotusposisie en kry 'n ekstatiese verligting, en vredige gesig} Jy moet eers die vrede in jouself vind. Jy moet eers die intrinsieke waarde van jou taal besef, 'n hoër gewaarwording beleef [klink dit esoteries genoeg?], anders sal die voornemens nie hou nie. Anders val jy maar net weer terug op die ou rympie: "English is the future", waarom dan die moeite doen? Maar sien jy jou pogings werp vrugte af, dien dit klaar as motivering.
[Ek gaan liewers nie noem hoe Jcwf uit pure stoutigheid gedreig het om die Xhosa-wikipedia te gaan sluit nie. Glo my, dit het 'n geweldige, maar tog gewenste reaksie ontlok! Soms moet die slinger van die kar eers bietjie gedraai word. Daarvoor is ons hom innig dankbaar. ;) ]
Maar as jy nou wel tot die besef gekom het: die universiteite is vrugbare teelaarde. Later kan openbare biblioteke, skole en ander opleidingsentra betrek word.
Julle is op 'n gereelde basis besig om vertalings te doen of oor die nuutste tegnologie te skryf. Hou die Afrikaanse woordeskat by?
Die leemte in tweetalige woordeboeke kom jy baie gou agter, ja. Afgesien van Wikipedia se hulpprogram, steun ons ook sterk op ander reedsbestaande Afrikaanse vakwoordeboeke, instansies soos die Taalkommissie, en natuurlik woorde wat reeds in Nederlands, Duits ens. gebruik word. Vertaalwebwerwe soos linguee.nl en context.reverso.net/ word mildelik gebruik [en dié wat dit nie doen nie, weet nie hoe 'n boekmerk werk nie]. Soms deur vrye vertaling kan 'n vakbegrip of frase eerder met meer of selfs met minder woorde verstaanbaarder oorgedra word; ander kere munt ons nuutskeppings. Daar is gelukkig ook 'n paar van ons wat oor 'n WAT beskik en ou woorde onder die stof gaan uithaal.
Ek wil net sê dat die Engelse (tegniese) woordeskat so grooi, omdat mense nuwe woorde skep vir nuwe produkte, idees, ens. en ander mense aanvaar dit net. Dit is hoe 'n woordeskat van 'n taal groei. Daar is geen rede hoekom Afrikaans, en ander tale, dit ook nie kan doen nie. Sien ook die werk wat Prolingua doen om nuwe Afrkiaanse woorde en terme te skep. http://prolingua.org.za/prolingua-termlys.php
Watter potensiaal lê opgesluit in die Afrikaanse Wikipedia?
Hier dink ek kan jy hogere name begin gebruik. [Haal asseblief Prof. Dr. Pretorius aan....]. Onthou my Memo's vir Morné.
Wat kan ons by ander lande leer?
Oesjaar, jy was al op meer plekke as ek. As kamergeleerde beweeg ek skaars uit my rekenaarstoel. Ek kan jou eerlikwaar sê - die juffrou het 'n punt beet. Behalwe die artikels wat ek vertaal, en die vredesluiting by Wikiwoordeboek om 'n Deense woordelys te begin, het ons absoluut boggerol met die buiteland nog te doene gehad. Dis nou nie soos die Sweedse/Deense/Noorse susters wat oor en weer teepartytjies kan hou nie. Ons het wel baie lank soos hoere onder die lamppale na die Duitse Wikistigting gevry vir 'n paar €uro, dis waar...
Eintlik... nee, o hel, minderheidstale soos in Europa kan by ons kom leer [ek na-aap maar net die astrantheid van die hedendaagse Suid-Afrikaanse universiteite]. Ons het van die duurste internet in die wêreld, ons bronne en mense is vliegtuie of slakkepos ver uit mekaar, ons leef in 'n wêreld omsingel deur Engels - wat mens neerbuigend op die sukkelende Walliese en Ierse Wikipedia laat neersien. Onder soortgelyke sambok het ons 'n onsimpatieke regering wat soos die swaard van Damokles bokant ons koppe hang teenoor 'n "minderheidstaal", Afrikaanse skole wat geteiken word deur Leninistiese politieke partye, sprekers met 'n gedeelde verdeelde verlede... Nee, o, hel - die Europese Kommissie se taalregte is ligjare hiervandaan. Wat skeel hierdie Keltiese tale? Is hulle na al die jare dan vuisvoos?
Maar ons oorweeg dit om 'n rooi tolletjie telefoondraad aan te lê na die Kremlin, veral Putin se noodnommer - hy beskik mos oor 'n hele argief van sulke aangeleenthede omtrent sielkundige oorlogvoering.
Daar word in die middel van die jaar 'n Internasionale Wikipedia konferensie in Kaapstad gehou - wat bring Afrikaanse Wikipedia na die tafel?
'n Vriend uit Duitsland. Verder is daar geurige aartappelslaai, 'n hoenderbreyani op rys, sjampanje op ys, na die hoofgereg boerebeskuit en koffie... [grappie!]. Maar wat gaan ons ter tafel bring? Ons gaan seker maar ons storietjie op aanvraag vertel? Elke Wikipedia het 'n storie. Mense hou van stories. Stories is mos interessanter as feite. Mense wil stories hoor. In ons geval: 'n lang aanloop van niksdoen tot 2004 en toe begin meer mense betrokke raak.
Daar is ook sprake van Wikipedia bladsye wat spesifiek op kinders gemik is....
Ek is seker dis net ou tannies wat intensiewe vorme deursoek en vir blokkiesraaisels wil gebruik? [Oesjaar, kyk asseblief na die page views en topviews en tik net 'n paar naampies af]
Wat is julle uitdagings?
Reeds genoem by Memo's vir Morné. Suidpunt (kontak) 20:32, 28 Februarie 2018 (UTC)
Jongman, dankie vir jou bydra! Dit word opreg waardeer en ek sal definitief hiervan gebruik maak! Ek wens eerder jy kon voor die mikrofoon gesit het... Groete! Oesjaar (kontak) 17:24, 1 Maart 2018 (UTC)
- Sjoe, toe druk hulle my vir tyd! Dit was weereens lekker! Groete! Oesjaar (kontak) 10:33, 2 Maart 2018 (UTC)
- Is daar 'n opname? K175 (bespreking | bydraes) 11:16, 2 Maart 2018 (UTC)
- Ek het gekyk by http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp (ek soek vir alles op Monitor) daar is gewoonlik 2 vir elke dag, maar daar is op die oomblik net een vir 2 Maart. So miskien sal hulle die ander een laater oplaai. Rooiratel (kontak) 05:00, 6 Maart 2018 (UTC)
Editing News #1—2018
Read this in another language • Subscription list for this multilingual newsletter
Since the last newsletter, the Editing Team has spent most of their time supporting the 2017 wikitext editor mode, which is available inside the visual editor as a Beta Feature, and improving the visual diff tool. Their work board is available in Phabricator. You can find links to the work finished each week at mw:VisualEditor/Weekly triage meetings. Their current priorities are fixing bugs, supporting the 2017 wikitext editor, and improving the visual diff tool.
Recent changes
- The 2017 wikitext editor is available as a Beta Feature on desktop devices. It has the same toolbar as the visual editor and can use the citoid service and other modern tools. The team have been comparing the performance of different editing environments. They have studied how long it takes to open the page and start typing. The study uses data for more than one million edits during December and January. Some changes have been made to improve the speed of the 2017 wikitext editor and the visual editor. Recently, the 2017 wikitext editor opened fastest for most edits, and the 2010 WikiEditor was fastest for some edits. More information will be posted at mw:Contributors/Projects/Editing performance.
- The visual diff tool was developed for the visual editor. It is now available to all users of the visual editor and the 2017 wikitext editor. When you review your changes, you can toggle between wikitext and visual diffs. You can also enable the new Beta Feature for "Visual diffs". The Beta Feature lets you use the visual diff tool to view other people's edits on page histories and Special:RecentChanges. [1]
- Wikitext syntax highlighting is available as a Beta Feature for both the 2017 wikitext editor and the 2010 wikitext editor. [2]
- The citoid service automatically translates URLs, DOIs, ISBNs, and PubMed id numbers into wikitext citation templates. It is very popular and useful to editors, although it can be a bit tricky to set up. Your wiki can have this service. Please read the instructions. You can ask the team to help you enable citoid at your wiki.
Let's work together
- The team will talk about editing tools at an upcoming Wikimedia Foundation metrics and activities meeting.
- Wikibooks, Wikiversity, and other communities may have the visual editor made available by default to contributors. If your community wants this, then please contact Dan Garry.
- The
<references />
block can automatically display long lists of references in columns on wide screens. This makes footnotes easier to read. You can request multi-column support for your wiki. [3] - If you aren't reading this in your preferred language, then please help us with translations! Subscribe to the Translators mailing list or contact us directly. We will notify you when the next issue is ready for translation. Baie dankie!
20:56, 2 Maart 2018 (UTC)
Omkering van skakels
(Gekopieer ter insae van alle gebruikers)
Morne, ek het opgemerk dat jy 'n klomp van die skakels wat ek gedoen het, omgekeer het. Wat is die rede daarvoor? Groete! Oesjaar (kontak) 13:52, 4 Februarie 2018 (UTC)
- Hallo, praat jy van voorstede se name of in artikels? Morne (kontak) 13:57, 4 Februarie 2018 (UTC)
- Goed soos koring, runderpes, blokhuis ens. En terwyl ons praat, is daar enige rede hoekom sommige JHB voorstede nie in die sjabloon:voorstede voorkom nie? Ek weet nie. Oesjaar (kontak) 14:00, 4 Februarie 2018 (UTC)
- Al wat ek kan dink, is dat ons terselfdertyd aan 'n artikel gewerk het en jou veranderings nie gepubliseer is nie, of ongedaan gemaak is terwyl myne gepubliseer is. Ek het geen van jou skakels verwyder nie. Die voorstede wat ontbreek in die sjabloon, is nuwes waaroor ek nou eers skryf. Die vorige skrywer oor Johannesburgse voorstede het óf nie van hulle geweet nie óf hulle nie belangrik geag nie. Daar kom nog heelparty by, maar ek weet nie hoe om 'n sjabloon te verander nie. Morne (kontak) 14:02, 4 Februarie 2018 (UTC)
- Hoe vertaal mens delivered in batches? Batch: groepe, hoeveelhede? Oesjaar (kontak) 14:19, 4 Februarie 2018 (UTC)
- Stuksgewys, in bondels of stuk-stuk afgelewer, of gelewer in verskillende aflewerings. Morne (kontak) 14:41, 4 Februarie 2018 (UTC)
- Goed soos koring, runderpes, blokhuis ens. En terwyl ons praat, is daar enige rede hoekom sommige JHB voorstede nie in die sjabloon:voorstede voorkom nie? Ek weet nie. Oesjaar (kontak) 14:00, 4 Februarie 2018 (UTC)
Gert het al die Johannesburgse voorstede vertaal, wat op die Engelse Wikipedia bestaan. Al die nuwe voorstede word nie daar beskryf nie, net ons het artikels oor hulle, dis nou die fout van die Engelse wiki. Dis ook die rede hoekom hulle nie in die navigasie gelys is nie. Ek sal hulle nog byvoeg, nadat ek almal met 'n kassie versorg het, maar soms weet ek nie die Johannesburgse distrik nie. Is daar 'n amptelike Afrikaanse naam vir Johannesburg se sentrale sakedistrik/sakekern/binnestad? Die Engelse wiki het 'n artikel, sien en:Johannesburg CBD. Mag iemand dit vertaal of 'n eie artikel daaroor skep? Groete. -- SpesBona 11:20, 5 Februarie 2018 (UTC)
- Hier is 'n nuttige skakel waar 'n mens kan kyk in watter streek enige voorstad is. Die middestad sal dalk die beste in Afrikaans wees as Sentraal-Johannesburg. En dankie vir die moeite met die kassies! Morne (kontak) 12:29, 5 Februarie 2018 (UTC)
- Plesier, met al die kassies, dis die moeite werd! Dit spyt my, maar ek kry geen data vir voorstede soos Akasiapark (Kaapstad), Cleveden en Reynolds View nie. Soms is die presiese koördinate se bepaling moeilik, ek gaan van die een voorstad na die ander of google vir 'n bekende plekkie om enige koördinate te vind en verander dit effens vir die sentrum van die voorstad. Dit werk in die meeste gevalle, duisende kilometers ver van Johannesburg af. :) Vir Sentraal-Johannesburg sal ek ook met 'n kassie help. Groete. -- SpesBona 16:40, 5 Februarie 2018 (UTC)
- Gaan ons al die Johannesburgse voorstede wat op Gauteng eindig, na "xxx, Johannesburg" verskuif? Dan sal ek die navigasie aanpas. Groete. -- SpesBona 16:44, 5 Februarie 2018 (UTC)
- Die probleem is van die voorstede is so klein, hulle word nie afsonderlik getel tydens 'n sensus nie. In sommige gevalle word die grense ook verkeerd getrek, soos met Victoria, en dit verskil ook van sensus tot sensus. Ek weet (on)gelukkig niks van koördinate nie! En ja, die plan is om almal "Johannesburg" te maak. Morne (kontak) 19:45, 5 Februarie 2018 (UTC)
- Ek het 'n klomp vandag na Johannesburg geskuif. Groete, --Aliwal2012 (kontak) 16:32, 24 April 2018 (UTC)
- Die probleem is van die voorstede is so klein, hulle word nie afsonderlik getel tydens 'n sensus nie. In sommige gevalle word die grense ook verkeerd getrek, soos met Victoria, en dit verskil ook van sensus tot sensus. Ek weet (on)gelukkig niks van koördinate nie! En ja, die plan is om almal "Johannesburg" te maak. Morne (kontak) 19:45, 5 Februarie 2018 (UTC)
Eensgesind
Gemeenskap: Sien http://eensgesind.com/geweet-afrikaans-is-die-grootste-afrika-taal-op-wikipedia/ Groete! Oesjaar (kontak) 19:34, 4 Maart 2018 (UTC)
Mantis shrimps
Gemeenskap: wat gaan ons bogenoemde seegoggas (Stomatopoda) in Afrikaans noem? Ek wag vir enige offers... Groete! Oesjaar (kontak) 17:36, 6 Maart 2018 (UTC)
- Bidsprinkaankrewe? N.a.v. die Nederlands. K175 (bespreking | bydraes) 17:39, 6 Maart 2018 (UTC)
- Volgens Suid-Afrikaanse Dierkunde is 'n eksemplaar eers in die jare 1970 in Suid-Afrika ontdek - 'n eerste, iets vreemd. Of die woordeboeke iets sal hê, weet ek nie; my 1975-woordeboek het nog nie bidsprinkaangarnale/krewe (...) nie. Mondvoetiges [dis die letterlike vertaling]? Die mediese woordeboek (2011) lewer niks op nie. Aangesien Oesjaar ook nou al twee onderhoude binne 'n kort tydjie toegestaan is, kan hy slim wees. Hy kan miskien een dag minder in die Kaap rondlê [ag, weet jy - die reënseisoen kom gewoonlik eers in Julie/Augustus] en om nou met 25 l water per dag saam te karwei [of per koerier te stuur vanuit Gauteng] is duur. Waarom nie belê in die WAT op CD-ROM nie? Om deur 'n pakkasie boeke te blaai pas nie by 'n haastige en beweeglike man soos Oesjaar nie (en ek trek nou eers by A om al die Latynse uitdrukkings vir my te stip wat wel "Afrikaans" is). Toe ek laas gesien het kos die disket R500,00. Hy kan nie eers 'n tenk petrol daarmee volmaak nie (tensy hy 'n kar ry met 'n haardroërenjin). Dis natuurlik totdat SKOOI verder bygewerk word - maar wat de hel, ek het tot gedrukte boekdeel KOL en het nog nie eers begin deurlees nie. Wat jy het, het jy. As hy nie lus is vir blikskud nie, of meneer die Wikikomitee sê nee, of mevrou Maroela draai haar sentjies om [want spaarsamigheid is 'n deug en mens kan nou ook nie luukse Lamborghini's en eersteklas Lufthansa uit hul sak verwag nie]: daar is altyd Go Fund Me (betaal in DOLLAR$$$$$$$$$) en die einste Patreon wat daardie bogenoemde tydskrif [Eensgesind] borg. As dit nie werk nie, dan... sal ek verder moet dink. Nader moet dink.
- Daar is 'n verskil tussen bedel en donasies vra. Hoeveel bewyse moet hy nog voorhou in sy CV, ek kan skaars byhou? Dink net hoe sal die bloeddruk salig verlaag word as 'n Afrikaanse woord/naam, wat reeds bestaan, met die tik van 'n wetenskaplike naam skielik opduik. Geen geswoeg, gesweet, gejammer, gatlek, gatswaai... en dit doen die hart goed.
- Nou kyk, mens kan R250,00 per jaar internet-WAT betaal, maar soos ek dokters ken wie se kinders altyd siek is, tegniese mense wie se karre altyd stukkend is, mense wat met kommunikasie werk wat altyd verbindingsprobleme het... geniet die gemoedsrus van ewige sekerheid. Miskien kan selfs 'n rugsteunkopie daarvan gemaak word - bewaar die oorspronklike in die kluis. Die CD kan selfs sy dogter se erfstuk word.
- Dis nou natuurlik alles onderhewig aan 'n beslissende faktor: as vroulief se wasmasjien reeds herstel is, die silwer bruilofsring nie vergeet is nie, die huis 'n nuwe laag verf oor het...
- http://www.wat.co.za/index.php/af-ZA/bestelvorms Suidpunt (kontak) 19:18, 6 Maart 2018 (UTC)
- Jongman, ek is nie seker watter vraag jy geantwoord het nie, maar wat dink jy moet ons die gogga noem? Groete! Oesjaar (kontak) 19:28, 6 Maart 2018 (UTC)
- 😂 K175 (bespreking | bydraes) 19:40, 6 Maart 2018 (UTC)
- My voorstelle: mantisgarnaal (mantisgarnale) ; hottentotsgotgarnaal (hottentotsgotgarnale) ; Bidsprinkaangarnaal (Bidsprinkaangarnale) ; Duimsnyer Rooiratel (kontak) 04:54, 7 Maart 2018 (UTC)
- Ná vele oorwegings en gesprekke met kollegas, sou ek tog "mantisgarnaal" wou voorstel (eerder as "hottentotsgotgarnaal" wat tans op die Wikipediabladsy gebruik word). Motivering: (1) Oseanologiewoordeboek gee by "mantis shrimp" slegs "stomatopod" as Afrikaanse vertaling; dit is om verstaanbare redes dalk nie 'n bevredigende vertaling nie, aangesien dit ook terselfdertyd die orde benoem; (2) "Hottentot" of "hotnot" word allerweë as kwetsend beskou, en 'n mens sou daarom 'n sterk saak kon uitmaak om nie nog 'n volksbenaming te skep wat dié woordelemente bevat nie; (3) Die Taalkommissie het "bidsprinkaan" in die 2017-AWS opgeneem, en 'n mens sou dalk eerder "bidsprinkaangarnaal" kon oorweeg, maar ek vind dit persoonlik 'n bietjie gedronge - maar dit sou 'n moontlikheid kon wees; (4) Pharos se groot, swart A-E/E-A woordeboek dui "mantis" as een van die vertaalmoontlikhede van die Engelse "mantis" aan. Dit word ook bevestig deur die AWS en WAT. "Mantis" is só gesien 'n Griekse leenwoord wat 'profeet' beteken. Teen hierdie agtergrond sou 'n mens dus 'n saak kon uitmaak vir "mantisgarnaal". Ek sal dié term ook aan die Taalkommissie voorstel vir oorweging vir opname. Groetnis Gerhard (kontak)
- Baie dankie vir die bydrae. Hierdie is nou waarlik 'n gemeenskapspoging! Groete! Oesjaar (kontak) 11:14, 11 Maart 2018 (UTC)
- Ná vele oorwegings en gesprekke met kollegas, sou ek tog "mantisgarnaal" wou voorstel (eerder as "hottentotsgotgarnaal" wat tans op die Wikipediabladsy gebruik word). Motivering: (1) Oseanologiewoordeboek gee by "mantis shrimp" slegs "stomatopod" as Afrikaanse vertaling; dit is om verstaanbare redes dalk nie 'n bevredigende vertaling nie, aangesien dit ook terselfdertyd die orde benoem; (2) "Hottentot" of "hotnot" word allerweë as kwetsend beskou, en 'n mens sou daarom 'n sterk saak kon uitmaak om nie nog 'n volksbenaming te skep wat dié woordelemente bevat nie; (3) Die Taalkommissie het "bidsprinkaan" in die 2017-AWS opgeneem, en 'n mens sou dalk eerder "bidsprinkaangarnaal" kon oorweeg, maar ek vind dit persoonlik 'n bietjie gedronge - maar dit sou 'n moontlikheid kon wees; (4) Pharos se groot, swart A-E/E-A woordeboek dui "mantis" as een van die vertaalmoontlikhede van die Engelse "mantis" aan. Dit word ook bevestig deur die AWS en WAT. "Mantis" is só gesien 'n Griekse leenwoord wat 'profeet' beteken. Teen hierdie agtergrond sou 'n mens dus 'n saak kon uitmaak vir "mantisgarnaal". Ek sal dié term ook aan die Taalkommissie voorstel vir oorweging vir opname. Groetnis Gerhard (kontak)
Afrikaans en tegnologie
Dit lyk asof SONY 'n Afrikaanse hulpgids vir kopers van hul TV-toestelle aanlyn beskikbaar stel. Baie interessant! Skakel: Sony-hulpgids in Afrikaans. Ek wonder of daar 'n behoefte is om meer Afrikaanse artikels oor oudio- en videotegnologie te skep en dié, wat reeds bestaan (en stilweg verouderd geraak het), te hersien. 'n Mens kan immers Engelse inligting elders op die net raadpleeg. Nogtans is dit 'n uitdaging om basiese inligting (byvoorbeeld oor die wedstryd tussen Samsung Electronics Ltd. se QLED- en mededingers se OLED-tegnologie vir TV-skerms) hier in te sluit. Voyageur (kontak) 17:04, 7 Maart 2018 (UTC)
Galicia 15 - 15 Challenge
Wikipedia:Galicia 15 - 15 Challenge is a public writing competition which will improve improve and translate this list of 15 really important articles into as many languages as possible. Everybody can help in any language to collaborate on writing and/or translating articles related to Galicia. To participate you just need to sign up here. Thank you very much.--Breogan2008 (kontak) 13:10, 12 Maart 2018 (UTC)
Wikiwoordeboek
Die Afrikaanse Wikiwoordeboek het nou 20 000 inskrywings. Jcwf (kontak) 14:18, 13 Maart 2018 (UTC)
- So gesien en het julle geluk gewens op die Woordeboek! Goed gedoen en hou so aan! Groete! Oesjaar (kontak) 14:22, 13 Maart 2018 (UTC)
Kalkoen...
Ek sien met 'n skok ons geen artikel oor 'n kalkoen nie... Enige vrywilligers.... Groete! Oesjaar (kontak) 19:33, 13 Maart 2018 (UTC)
- Ek sal dit doen. Winston (kontak) 19:37, 14 Maart 2018 (UTC)
- Dankie Winston! Groete! Oesjaar (kontak) 20:02, 14 Maart 2018 (UTC)
Bladtrekke vir Februarie
Die bladtrekke vir Februarie was 2 398 993; dit is ongeveer 3 300 per uur! Ongelooflik! Groete! Oesjaar (kontak) 14:37, 15 Maart 2018 (UTC)
Swimmerets
Swimmerets is klein vlerkies wat onder die stertvin van 'n garnaal voorkom wat onder ander gebruik word deur die wyfies om die eiers te dra. Wat sal die Afrikaanse woord wees? Groete! Oesjaar (kontak) 18:15, 21 Maart 2018 (UTC)
- Swempoot of swemvoet? Groete, Voyageur (kontak) 18:33, 21 Maart 2018 (UTC)
- Ondersteun de.langenscheidt.com s.v. 'swimmeret'. En dankie vir die skakel. Nou het ons http://context.reverso.net/, linguee.nl en de.langenscheidt.com. Die hulp raak net beter. Suidpunt (kontak) 20:12, 21 Maart 2018 (UTC)
Vertaalde artikels
Wat is die beleid nou weer vir vertaalde artikels? Moet die bronne ook oorgedra word? Groete! Oesjaar (kontak) 20:08, 1 April 2018 (UTC)
- Hallo Oesjaar, ja definitief! Groete, --Aliwal2012 (kontak) 20:22, 1 April 2018 (UTC)
Vertaalhulp benodig
Ek benodig hulp met die vertaal van Sjabloon:Artikels oor Suid-Afrika. Kyk veral na die onderafdeling Politiek. By voorbaat dank. K175 (bespreking | bydraes) 10:55, 10 April 2018 (UTC)
Help met name asb!
Gemeenskap: ek het uit skeppings vermoë gehardloop... Ek soek Afr name vir: Ornate spiny lobster, Painted spiny lobster en Long-legged spiny lobster. Help... Groete! Oesjaar (kontak) 18:02, 11 April 2018 (UTC)
- Ornate: Getooide stekelkreef, Painted: Geskilderde ..., en Long-legged: Langbeenstekelkreef, sal seker nie ver van die merk wees nie. Weet te min van die groep om te weet of iets al gepubliseer is. Daar is terloops 'n volksnaam skillerlyster, vir wat ek vermoed 'n skilder/geskilderde lyster is, maar met my deurblaai van 'n paar woordeboeke, vind ek net dat skiller iemand is wat afskil. JMK (kontak) 19:23, 11 April 2018 (UTC)
- Dankie! Oesjaar (kontak) 19:41, 11 April 2018 (UTC)
Vertaling van naamruimtes
Die naamruimte Module talk moet vertaal word na Modulebespreking. Weet iemand hoe om dit te doen? K175 (bespreking | bydraes) 18:32, 17 April 2018 (UTC)
- Hi K175, skakel dit asb. met dubbelhakies ("target page") sodat ek kan sien waar dit geskryf staan. Groete --Aliwal2012 (kontak) 18:49, 17 April 2018 (UTC)
- Sien bv. hierdie soektog. Die volledige lys van naamruimtes wat nog vertaal moet word, is:
- * Module talk
- * Gadget
- * Gadget definition
- * Gadget talk
- * Gadget definition talk.
- K175 (bespreking | bydraes) 19:00, 17 April 2018 (UTC)
Rooi skakels moedig glo bydraes aan
Sien en:Wikipedia:Inflationary hypothesis of Wikipedia growth. K175 (bespreking | bydraes) 19:21, 17 April 2018 (UTC)
- Uit die artikel:
K175 (bespreking | bydraes) 10:31, 18 April 2018 (UTC)
- Hieroor is reeds lank gebaklei. Ja, dit kan die skryf van ontbrekende artikels aanmoedig. Maar dit kan ook mense afskrik wat weghardloop. Die effek op skrywers en op lesers is nie dieselfde nie. Ek dink die waarheid is dat die beste is om
- min rooiskakels in te voeg.
- die rooiskakels wat jy byvoeg goed te kies: hulle moet belangrik wees.
- Jcwf (kontak) 14:44, 18 April 2018 (UTC)
- Ek stem 100% saam. K175 (bespreking | bydraes) 19:14, 18 April 2018 (UTC)
- Hieroor is reeds lank gebaklei. Ja, dit kan die skryf van ontbrekende artikels aanmoedig. Maar dit kan ook mense afskrik wat weghardloop. Die effek op skrywers en op lesers is nie dieselfde nie. Ek dink die waarheid is dat die beste is om
- Myns insiens, as 'n mens 'n skakel skep, dan behoort jy ook die artikel te skep, al is die nuwe artikel net 'n saadjie met een sin en daarby 'n skakel na Wikidata. As 'n mens dit doen, kan die leser ten minste die onderwerp in 'n ander taal lees. Martinvl (kontak) 09:05, 19 April 2018 (UTC)
Interessante lees oor die preview-gerief
[4] Ek het dit gister aangeskakel en dit werk soos 'n bom! Voorkeure > Geriewe > Navigasie-pop-ups. K175 (bespreking | bydraes) 13:24, 24 April 2018 (UTC)
- Laai die koppelvlakvertaling deur
mw.loader.load('//af.wikipedia.org/w/index.php?title=MediaWiki:Gadget-popups-af.js&action=raw&ctype=text/javascript');
by jou vector.js te voeg, bv. Gebruiker:K175/vector.js. Wanneer die vertaling voltooi is, kan ons vg. bronteks by MediaWiki:Common.js voeg. K175 (bespreking | bydraes) 13:45, 24 April 2018 (UTC)
Vraag aan die wikigemeenskap
Wat dink die gemeenskap van navigasiebokse/reekssjablone? K175 (bespreking | bydraes) 14:53, 24 April 2018 (UTC)
- Dit maak vir my net sin as die skakels blou of meestal blou is. As alles rooi is, doen dit vir my afbreuk aan die artikel. Winston (kontak) 21:47, 24 April 2018 (UTC)
Tyd om ingebedde kaarte (mapframe) by die meeste Wikipedias te voeg
Mapframe is 'n funksie waarmee gebruikers maklik interaktiewe kaarte op wiki-bladsye kan vertoon. Op die oomblik het die meeste Wikipedias geen kaartraam nie. Maar 15 Wikipedias, saam met al die ander Wikimedia-projekte, gebruik deedae kaartraam om kaarte op duisende bladsye te vertoon.
'n Bietjie agtergrond: die Stigting se vennootskapspan het die afgelope paar maande gewerk om die stabiliteit en gebruikerservaring van die kaartdiens te verbeter. Daarbenewens is daar onlangs 'n vraag oor langtermynondersteuning vir die kaartdiens beantwoord, en 'n klein span is toegewys vir roetine-instandhouding. Gegewe hierdie ontwikkelinge, blyk dit dat die voordele van kaartraam vir Wikipedias wat die funksie ontbreek, beide veilig en ondersteunbaar lyk. Nege Wikipedias wat 'n strenger weergawe van Flagged Revisions gebruik, sal nie kaartraam in hierdie uitgawe kry nie.
Kaarte is 'n waardevolle vorm van visuele data wat lesers se begrip oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe kan verbeter. As jy weet van enige redes waarom mapframe nie op jou Wikipedia geïmplementeer moet word nie, laat ons weet op die projek se besprekingsblad. Tensy ons van u hoor, beplan ons om in Mei 2018 die kaartraam vir die meeste Wikipedias uit te gee. As u derhalwe 'n probleem voorsien, laat ons asseblief van u hoor. Andersins, gelukkige kartering!
Porcelain crabs, squat lobsters and hermit crabs
Manne en vroue van die Wiki-gemeenskap! Staan sterk en help my met Afrikaanse name vir bogenoemde! Groete! Oesjaar (kontak) 20:25, 26 April 2018 (UTC)
- My voorstelle : Porcelain crab -> porseleinkrap; squat lobster -> hurk-kreef; hermit crab -> kluisenaarkrap Rooiratel (kontak) 08:53, 28 April 2018 (UTC)
AdvancedSearch
Voorbladfoto
Pragtige voorbladfoto dié week! Winston (kontak) 13:24, 8 Mei 2018 (UTC)
- Stem saam. :) Groete. -- SpesBona 18:00, 8 Mei 2018 (UTC)
- Baie mooi! K175 (bespreking | bydraes) 18:13, 8 Mei 2018 (UTC)
Achelata (Stekelrige krewe)
Gerhard, ek soek weereens raad! Ek het die artikel Achelata geskep. In Engels staan die seediere bekend as die Spiny Lobsters en ek het dit vertaal as Stekelrige krewe. Kyk asb 'n bietjie en gee raad... Groete! Oesjaar (kontak) 17:09, 11 April 2018 (UTC)
NS. Sien Ooskuskreef waar ek verwys na stekel kreef. Jou kommentaar asb?
- Jammer dat ek so lang neem om te antwoord, want ek is tans met langerige verlof; ek het daarom helaas ook nie veranderinge aan bladsye aangebring nie.
- * Oor Achelata:
- ** Ek sou dit sonder meer as Stekelkrewe vertaal. Die verstek in Afrikaans is om 'n naamwoord+naamwoord-benaming (stekel+kreef) te skep, eerder as 'n byvoeglike naamwoord + naamwoord (stekelrige kreef). Daar is natuurlik niks verkeerd met laasgenoemde nie, maar eersgenoemde is eintlik die verstek (onderhewig aan verdere taalkundenavorsing).
- ** Met die oog op die taksoboks aan die regterkant: Oorweeg om (soos op die Nederlandse blaaie) die Afrikaans naas die Latyn aan te bied. Dan word:
- *** Animalia (Diere)
- *** Arthropoda (Geleedpotiges)
- *** Crustacea (Kreefagtiges/Krustaseë)
- *** Malacostraca (Hoër Kreefagtiges)
- *** Decapoda (Tienpotiges)
- *** Pleocyemata [nog geen Afr. nie]
- *** Achelata (Stekelkrewe)
- *** Palinuridae [nog geen Afr. nie]
- *** ens.
- * Oor Ooskuskreef:
- ** Onthou dat ingevolge AWS 9.7 word die gewone name van diere en plante met kleinletters geskryf, selfs al is die eerste element van die samestelling 'n geografiese eienaam. Dus: zambezihaai (nié *Zambezihaai nie) en ooskuskreef (nié *Ooskuskreef nie). Ek het dit reeds reggemaak op die bladsy.
- ** Onthou dat ingevolge AWS 9.8 word begin genusname en hoër klassifikasies tradisioneel met ʼn hoofletter, terwyl spesiename en laer klassifikasies met ʼn kleinletter begin. So gesien moet ons dus Stekelkrewe en nie *stekelkrewe nie skryf. Ek het dit ook reeds op dié bladsy reggemaak.
- Hoop dit help! Groete, Gerhard (kontak) 06:28, 22 April 2018
Is daar werklik soveel Russiessprekendes ter wêreld?
Ek is effens platgeslaan. Eintlik, stomgeslaan.
Streng gesproke word mense se I.P.-adresse mos na gekyk, na hul land van herkoms.
Op hierdie interaktiewe kaart sien ek 'n baie interessante verskynsel.
Rhodes het dit reggekry om 'n "Cape to Cairo" daar te stel, wat Engels betref. Met die uitsonderinge van die Senter-Saharastreek is die hele wêreld op 'n manier geraak deur Engels. Die Engelse Wikipedia kry 52 miljoen bladtrekke uit Suid-Afrika alleen (per maand), terwyl Afrikaans in dieselfde tydperk 876 K in Suid-Afrika kry.
Maar nou sien ek iets snaaks. Terwyl Italiaans, Spaans, Frans en Duits se wêreldverspreiding maar yl op die kaart lyk (en ook Japannees geografies beperk is), het Rusland glo op elke kontinent, in elke land, iemand wat Russies leer. In Suid-Afrika is die Russiese Wikipedia selfs TWEEDE, naas Engels - meer as dubbel soveel besoeksyfers as Afrikaans. Na Russies volg Frans, Arabies, dan Afrikaans, dan Portugees, dan Duits, dan Persies, Igbo [!!], Simple English, Swahili [dit is dalk moontlik...] en dan Nederlands.
Klaarblyklik het Rusland in die geskiedenis meer reggekry as wat Brittanje, Frankryk en Spanje nog ooit kon vermag het. Ek vind dit dan net vreemd [aangesien daar meer Russiesmagtiges as in Afrikaans is], waarom ons nog nie 'n egte Russiese Kanaal op TV [wat égte Russies praat] het nie, waarom Russies nie op staatskole aangebied word nie, waarom ek nie Russiese boeke in die boekwinkels kry nie, en waarom ek nie so baie Cyrillies op straat sien nie. Of, wat Binnelandse Sake se toeristesyfers betref, waarom Rusland sommer skitter in sy afwesigheid nie!
Google Trends verskil hiermee. Engels en Afrikaans hang soos twee ruimteskepe in die lug, dan volg Zoeloe, dan volg Frans. Al die ander Europese tale wat volg is dan Duits, dan Portugees, dan Italiaans en op die bodem lê Russies. Suidpunt (kontak) 07:07, 15 Mei 2018 (UTC)
- Dit is seker 'n Russiese bot wat deur VPN's of proxy's werk, end dit krap die statistiek om. Rooiratel (kontak) 10:27, 15 Mei 2018 (UTC)
- Dankie, Rooiratel. Suidpunt (kontak) 17:49, 15 Mei 2018 (UTC)
- Тебе нужно учиться русский язык, Зюйдпунт! Jcwf (kontak) 16:09, 15 Mei 2018 (UTC)
- Почему? И русские не наступают, да? Maar eintlik begin ek nou eers leer met Duolingo, met absurde sinne soos: "Это наши львы!". Dis eintlik baie soos Duits, maar gelukkig sonder die lidwoorde. Maar nou ja: Что русскому хорошо, то немцу - смерть. Suidpunt (kontak) 17:48, 15 Mei 2018 (UTC)
Halloween hermit crap
Korrekte vertaling: Halloweense kluisenaarskrap? Groete! Oesjaar (kontak) 13:45, 20 Mei 2018 (UTC)
Geregistreerde gebruikers
- Ons staan tans op 99 809 en 100,000 kom nou vinnig nader. Groete! Oesjaar (kontak) 20:35, 22 Mei 2018 (UTC)
- Ons staan tans op 99 997! Groete!
- So pas 100,000 bereik! Groete! Oesjaar (kontak) 07:45, 29 Mei 2018 (UTC)
- Ons staan tans op 99 997! Groete!
"Bridging knowledge gaps: the Ubuntu way forward" [vertalings...]
"Bridging knowledge gaps: the Ubuntu way forward"
Met hierdie tema word jy by Wikimania begroet. Net jammer dit klink maar valerig. Mens moet darem die Karoobossies daarin ruik. Bogenoemde klink vir my eerder na 'n opskrif by 'n begraafplaashek, in yster gegiet.
Kies een, of gee self een, wat oorspronklik is. Maar met trefkrag!
Die boodskap moet iets hiervan weerspieël:
with the aim of focusing on what and who is still missing from our sum of all human knowledge, and building shared strategies to bridge these collective gaps.
As jy dit nog nie snap waarop hierdie 3de-wêreld-land-konsep-wat-so-reg-uit-die-postmoderne-universiteit-lesingsaal neerkom nie: vir honderde, derduisende, miljoene jare, is die hoofman se toordokter se buite-egtelike kind se beeste se wagtertjie se verhaal nooit neergepen nie. [En eintlik kennis wat nie noodwendig strook met Frans-Westerse-17de-eeuse-rasionalisme-in-aanbidding-van-die-Culte-de-la-Raison-et-de-l'Être-suprême nie]. Nou sien, in hierdie ingeademde géés, wat besiel, moet elke gansie 'n billike kansie kry. En dis wat ek toe optower: eers baie letterlik; daarna gee ek die woorde baie vrye teuels.
"Bridging knowledge gaps: the Ubuntu way forward"
- Maak nuwe kennis: met ubuntu!
- Kennisleemte? Bou 'n brug en kom daaroor: met ubuntu.
- Ubuntu baan die weg oop: bou brûe na nuwe kennis.
- Ubuntu die baanbreker: snelweg na ongehoorde kennis.
- Ubuntu baan die kennisweg oop.
- Ubuntu die nuwe zen; verlê die grense wat ek ken.
- Onbekend maak onbemind: dus, soontoe/vorentoe met ubuntu.
- Wat prut daar in die doofpot? Ubuntu brou 'n nuwe smaak.
- Rondom trom met ubuntu: maak kennis met die dolos los.
- Ubuntu die liefdeswoord, ontknoop die kenniskoord.
- Vergete kennis ontdooi; ubuntu stook die vure rooi.
- Ubuntu: Ex Africa semper aliquid novi. [Toe nou, jy moet die poësie van dood en herlewing insien!] Suidpunt (kontak) 20:14, 28 Mei 2018 (UTC)
Cowries
Help asb met die korrekte vertaling vir Cowries. Chinese skulp? Kauri? Groete! Oesjaar (kontak) 10:23, 5 Junie 2018 (UTC)
- Hallo Oesjaar. Dit kan kauri('s) of kourie(s) gespel word. Na die skulp alleen is die kauriskulp (kourieskulp); na die slak kaurislak (kourieslak). Ek gaan nou 'n lang aanhaling gee uit die WAT (J-KJ):
- Mariene gastropodeskulp van slakke beh. t/d geslag Cypraea (fam. Cypraeidae), veral dié van C. moneta, die klein geel en wit, ong. 2 cm lange, enigsins eiervormige skulp v/d porselein(horing)slak uit die Indiese Oseaan, wat vroeër in Afrika en gedeeltes van Asië, saam met verskeie ander soorte klein skulpies, gebruik is as ruilmiddel (pasmunt) en soms nog so gebruik word; kauriskulp; ook, seeslak wat dié skulp het; kaurislak: 'n Kauri (Cypraea moneta) het 'n vlak onderkant wat in sy lengte 'n nou mondopening het, aan albei kante van tandjies voorsien, en is baie gewild by versamelaars vanweë die veelvuldige wisseling in vorm en kleurpatroon wat by talryke soorte aangetref word. 'n Kauri is 'n halfbolvormige skulp met sy twee kante ingevou, en by hierdie invou is daar 'n ry tande; kauri's is taamlik algemeen op die Suid-Afrikaanse strande (Die Huisgenoot).Suidpunt (kontak) 10:54, 5 Junie 2018 (UTC)
biljoene jare <-> miljarde jare
Hier is soms sprake van "biljoene jare" (bv. in Atmosfeer (dampkring): Die huidige samestelling van die aarde se atmosfeer is die produk van biljoene jare se biochemiese aanpassing van die paleoatmosfeer.) Maar is dit nie 'n anglisisme nie? Is hier (en elders) nie "miljarde jare" korrek nie? --Marcus Schätzle (kontak) 19:27, 7 Junie 2018 (UTC)
- Ek dink ja. Jcwf (kontak) 19:35, 7 Junie 2018 (UTC)
- Sover ek kan sien, kry die lang skaalverdeling (miljoen - miljard - biljoen) in grammatika- en woordeboeke voorkeur. Ek sal die voorgenoemde en ander artikels (waar dit regtig duidelik is) verander. --Marcus Schätzle (kontak) 23:14, 7 Junie 2018 (UTC)
Wikimania 2018 in Kaapstad!
Gemeenskap, bogenoemde vind plaas op 17–23 Julie, soos julle reeds weet. Kan ons saamwerk en verseker dat ons die 50 000 artikel grens teen daardie tyd kan bereik? Groete! Oesjaar (kontak) 06:27, 8 Junie 2018 (UTC)
- As ek reg tel is Rio Iguazú ons 50 000 artikel. Stem julle saam? :) Groete. -- SpesBona 23:05, 14 Junie 2018 (UTC)
- Jawohl! 👏 K175 (bespreking | bydraes) 02:48, 15 Junie 2018 (UTC)
Pennant number?
Wat is bogenoemde in Afrikaans? Dit is nommer wat die Britse Vloot aan skepe toeken? Groete! Oesjaar (kontak) 11:59, 11 Junie 2018 (UTC)
- Miskien 'n wimpelnommer? Rooiratel (kontak) 12:05, 11 Junie 2018 (UTC)
- Ek vind net Pendant: pendant, hanger(tjie) [uit Eng-Afr Tegniese Woordeboek]. Dit gee egter pendant staff as wimpelstok. Groete --Aliwal2012 (kontak) 13:30, 11 Junie 2018 (UTC)
- Sien in Nederlands word pennantnummer gebruik. 'n Wimpel is 'n masvlag. Moontlik pennantnommer? Sobaka (kontak)
- Ja dit is 'n vlag. Sien https://en.wikipedia.org/wiki/Pennant, "Pennon (or pennant), a narrow, tapering flag commonly flown by ships at sea". Die skepe is/was geïdentifiseer deur hul vlae. Dit is hoekom ek wimpelnommer voorstel. Rooiratel (kontak) 05:05, 12 Junie 2018 (UTC)
- Is daar nie iets in die Suid-Afrikaanse vloot handboek nie? Martinvl (kontak) 16:27, 3 Julie 2018 (UTC)
- Ja dit is 'n vlag. Sien https://en.wikipedia.org/wiki/Pennant, "Pennon (or pennant), a narrow, tapering flag commonly flown by ships at sea". Die skepe is/was geïdentifiseer deur hul vlae. Dit is hoekom ek wimpelnommer voorstel. Rooiratel (kontak) 05:05, 12 Junie 2018 (UTC)
- Sien in Nederlands word pennantnummer gebruik. 'n Wimpel is 'n masvlag. Moontlik pennantnommer? Sobaka (kontak)
- Ek vind net Pendant: pendant, hanger(tjie) [uit Eng-Afr Tegniese Woordeboek]. Dit gee egter pendant staff as wimpelstok. Groete --Aliwal2012 (kontak) 13:30, 11 Junie 2018 (UTC)
Wikimania 2018, Oesjaar en RSG!
Gemeenskap, daar word môreoggend (09:30) 'n onderhoud deur RSG met my gevoer oor Wikimania 2018. Julle is welkom om na my fluweelsagte stem te luister... Groete! Oesjaar (kontak) 15:13, 11 Junie 2018 (UTC)
- Lekker Oesjaar, ek het geluister! Kan jy my asb per epos kontak? --Aliwal2012 (kontak) 09:13, 12 Junie 2018 (UTC)
- Ek het ook na jou fluweelsagte stem geluister! Ek stem saam dat ons plaaslike sportlui en inheemse fauna en flora beter moet dek. Dit sal definitief meer besoekers lok. K175 (bespreking | bydraes) 15:10, 12 Junie 2018 (UTC)
Nuwe redaktrise
Goeie dag.
Ek is nou sowat 'n jaar deel van Wikipedia en wil nou in alle erns begin om kosartikels by die Afrikaanse wiki te las en op datum te bring. Is daar enige spesifieke netiquette waarvan ek bewus moet wees in die Afrikaanse artikels voor ek wegval?
NB: Ek dink ek gebruik die handtekening verkeerd.... Hulp asb?
Dankie. ~~A3_Baard~~– Hierdie ongetekende kommentaar is deur A3 Baard (Bespreking • Bydraes) gelewer.
- Gebruik net vier tilde's. Oesjaar (kontak) 07:56, 12 Junie 2018 (UTC)
- Hi Adri, ek het sopas 'n verwelkomingssjabloon op jou besprekingsbladsy geplaas. Dit bevat 'n paar nuttige skakels wat jy kan volg. Om jou kommentaar te teken, gebruik vier tildes: ~~~~. K175 (bespreking | bydraes) 08:09, 12 Junie 2018 (UTC)
- Baie dankie A3 Baard (kontak) 09:46, 12 Junie 2018 (UTC)A3 Baard
- Hi Adri, na aanleiding van jou lekker Koeksisterartikel moet jy dalk ook iets plaas oor diëte! Groete! Oesjaar (kontak) 07:39, 22 Julie 2018 (UTC)
- Baie dankie A3 Baard (kontak) 09:46, 12 Junie 2018 (UTC)A3 Baard
Ontmoetingsessie te Wikimania
Alle Afrikaanse gebruikers: ons beplan 'n ontmoetingsessie die Vrydagmiddag van die konferensie sodat ons net gesigte kan wys.... Ek kommunikeer al jare met van ons gebruikers sonder dat ek een ontmoet het...kom ons verander dit! Hou dit ingedagte! Ek sal adviseer oor tyd en plek! Groete! Oesjaar (kontak) 10:40, 12 Junie 2018 (UTC)
- Wat is die besonderhede? K175 (bespreking | bydraes) 10:45, 14 Junie 2018 (UTC)
Update on page issues on mobile web
Update on page issues on mobile web
Help met die vertaal na uw taal Hi everyone. The Readers web team has recently begun working on exposing issue templates on the mobile website. Currently, details about issues with page content are generally hidden on the mobile website. This leaves readers unaware of the reliability of the pages they are reading. The goal of this project is to improve awareness of particular issues within an article on the mobile web. We will do this by changing the visual styling of page issues.
So far, we have drafted a proposal on the design and implementation of the project. We were also able to run user testing on the proposed designs. The tests so far have positive results. Here is a quick summary of what we learned:
- The new treatment increases awareness of page issues among participants. This is true particularly when they are in a more evaluative/critical mode.
- Page issues make sense to readers and they understand how they work
- Readers care about page issues and consider them important
- Readers had overwhelmingly positive sentiments towards Wikipedia associated with learning about page issues
Our next step would be to start implementing these changes. We wanted to reach out to you for any concerns, thoughts, and suggestions you might have before beginning development. Please visit the project page where we have more information and mockups of how this may look. Please leave feedback on the talk page.
50 000 artikels
Congratulations!!! --Holder (kontak) 09:44, 15 Junie 2018 (UTC)
- Baie dankie/Vielen Dank! Mag ons 'n logo vir hierdie groot mylpaal skep? Iets met die vlae van Suid-Afrika en Namibië of so iets? Groete. -- SpesBona 09:50, 15 Junie 2018 (UTC)
- Dankie! Groete! Oesjaar (kontak) 18:13, 15 Junie 2018 (UTC)
Wikimania 2018 en Afrikaans!
Gemeenskap: daar is 'n paneelbespreking oor die Afrika Wikipedia's op 20 Julie om 11:00 (tyd = 55 min) met die titel: A panel to discuss the interesting challenges and possibilities of the Wikipedia language editions of Africa. Wat moet ek sê oor ons eie Wiki? Suidpunt- hou dit korter as 'n miljoen woorde... Groete! Oesjaar (kontak) 18:52, 17 Junie 2018 (UTC)
- Raad aan die onwetendes: As jy met/op vakansie gaan met jou sleepwaentjie, haal asseblief, verdompwil, onmiddellik, sonder verwyl, jou lisensieskyf uit jou sleepwa/karavaan se toonder sodra jy aanland by jou bestemming. Nog voor jy die die flikkerligkoord uittrek. Sodra jy weer op die pad gaan, kan jy hom weer terugsit. Hoekom? Want die donders steel dit oornag - hulle het maatjies in die staatsdiens wat die lewe ongemaklik vir wetsgehoorsame burgers maak. Die slagoffer sit met agt maande se akkies. Jy mag dalk net op 'n dag in die pos 'n boetetjie vir jou sleepwa kry wat vanself 120 km/h in 'n 100 km/h-sone ry. Dit gebeur ook met karavane, bromponies, motorfietse ens. Wees asseblief daarop bedag.
- In elk geval - Hierdie week was ek vir 'n volle week lank in Hermanus. Ek was by die nuwe Winkelsentrum op Sandbaai wat verlede week gesluit is weens die oproer. Soos Worcester gaan die MALL die hele hart van die dorp aan flarde ruk [net soos die genii van Montagu wat almal hul ondernemings tuis bedryf...], maar laat ek nou nie te diep in my kristalbal kyk nie. Ek het op die vloer rondgekruip en die voorraad gefynkam, my doodgekoop aan PAW Patrol-DVD's, maar die hoogtepunt hierdie week was om The Matrix: Reloaded en Revolutions volledig op sy Duits [in die driestel-pakket] aan te hoor, met Duitse onderskrifte. Buig en breek die Engels net soos hulle luskry - 'n knap stukkie werk. Veral as Trinity in haar skwiek-skwiek Latex-klere begin Duits praat kan ek nie help om aan Wave-Gotik-Treffen van Leipzig te dink nie...
- Oudergewoonte het ek rondgesnuffel tussen die taalboeke, tog daardie Oxford Russiese Woordeboek by Leopard & Quirk gekoop wat niemand sedert Julie 2016 wil koop nie. En so in die puinhoop van die samelewing kom ek op 'n piepklein Statenbybeltjie af, wat jou wrintiewaar in 1932 nog gebruik is deur 'n tokkelok.
- En daar kry ek by 'bookmark', die nuwe Afrikaanse vertaling: Die Hobbit (2017). Ek gesels met die Engelse dame oor die 'portal' op bladsy 1 van The Hobbit wat 'fenestra navis' (skeepsvenster) word in Hobbitus Ille: aut illuc atque rursus retrorsum en 'koøje' [letterlik: 'koei-oog', die Deense benaming vir patryspoort] in Hobbitten, eller Ud og hjem igen (2013). Janie Oosthuysen vertaal die woord met "kajuitvenster" in Afrikaans. Seker nie 'n slegte poging nie.
- Maar die titel pla my effens: Die Hobbit: of daarheen en weer terug. Dis bietjie baie letterlik vir The Hobbit: or there and back again. Sou Die Hobbit: of uit en [weer] tuis nie beter geklink het nie?
- Altesaam was my kopies steeds minder as Toponymica Hottentotica (1977) wat by een boekwinkel sommer R1.500,00 gekos het. Ek het amper omgekap toe ek die prys aanskou. Nee, dankie...
- My laagtepunt hierdie week was om die snippermasjien aan te skakel en al my projekte waarby ek nie uitgekom het nie eers af te tas, en toe te versnipper. Ek moes plek maak vir my boeke. Ou boeke wat ek nooit sal lees nie is opsy gesit en van afskeid geneem. My hele geskiedenis word eensklaps uitgewis. My drome vanaf 2012-2017 lê aan skerwe. Want, ek het nou ander prioriteite.
- Onder hierdie projekte was daar 1991 tot 2006-Belastingvorms wat my vreeslik bewoë gemaak het oor die Ontvanger van Inkomste wat nie meer Afrikaans kan praat nie. Die boekies het nog die ou logo op gehad met die Wapenspreuk: Stabilis Fiscus Intra Vires [ 'n Standvastige staatskas sover dit ons by magte is]. [Ek het eintlik die vorms gebedel by Pappa om my taal op te knap - maar toe ek sien hoe gejaagd die vertalings destyds was... Jig!!!]
- En dit bring ons nou by hierdie vraag.
- Aan die een kant sou ek die webwerf ‘n soort "toonbank" wou maak waar hoërskoolleerlinge en studente kan kom aanklop en hul inligting in Afrikaans kan soek. Dit moet amper as 'n memorandum dien - elke greintjie inligting moet beskikbaar wees wat op hul leerplanne van toepassing is. Die lesers moet meer ingelig as die onderwysers wees [dit kan darem sekerlik nie te moeilik wees nie].
- Maar dan ken ek ook die nadele: Ten eerste, letterdiefstal. Ten tweede kan 'n ensiklopedie nie die lesers laat krities dink nie - dis slegs 'n opsomming van standpunte; dit mag nie kant kies nie. Die hoërskoolleerlinge sal soos papegaaie die goed net so kopieer en plak. In my hoërskooljare moes ek nog die inligting uit verskeie bronne uit Engels vertaal het.
- Skoolleerlinge gebruik eenvoudig nie vaktydskrifartikels nie - dis bietjie bo hul vuurmaakplek. Maar dit skeel nie die kind nie - die huiswerk is nou reeds kant en klaar op Wikipedia, dis nie moeilik om vyf blaaie te "knip-en-plak" nie - "nou kan ek weer Whatsapp met my maatjies". Na vyf minute: "Ek is so verveeld, kom red my".
- Soos die leerplan verander moet mens ook voortdurend jou inhoud aanpas - en wat die een jaar geld, geld nie die volgende jaar nie. Wat die een jaar relevant is, is nie die volgende jaar nie. Die staat vee dus die vloere met jou.
- En waarom - in die hoop studente sal in opstand kom VIR Afrikaans? Ek sou sê ek maak op daardie wyse slegs die leerlinge/studente van 'n sakkie morfien afhanklik. "Is daar 'n probleem - die Afrikaanse Wikipedia het die antwoord. Ek hoef net te knip en plak."
- Dan is daar nog die Europese erfenis. Watter een kies jy? Die gode en halfgode van Rome nog in sy kinderskoene? Van die Germane? Keltiese boomhoroskope? Die Swart Dood? Wat kies jy en wat los jy?
- Aan die ander kant wil ek juis hê studente en leerlinge moet meertalig word. En daarvoor het jy grammatika-artikels nodig van vreemde tale. Nie "Suid-Afrikaanse" meertaligheid nie, maar internasionale meertaligheid. Sodat hulle hul eie navorsing kan doen en 'n wêreldbeeld kan kry omtrent 'n onderwerp.
- PS. Gaan loer maar weer by my ou memo's.
- PPS. My woordaantal van dié pasgegewe antwoord is benede 1.000. Suidpunt (kontak) 20:54, 17 Junie 2018 (UTC)
- Die grootste uitdagings, wat ek vir ons projek sien, is
- die mededinging met Engels. In 'n teikengebied met 'n meer of min twee- of meertalige bevolking sal gebruikers, wat Engels goed magtig is, dikwels die voorkeur gee aan die groter Engelse Wikipedia. Blykbaar is daar baie Afrikaanssprekendes wat - om verskillende redes - liewer by dié projek betrokke wil wees as die Afrikaanse een.
- die stagnerende markaandeel. Dit is steeds betreklik laer as die persentasie Afrikaanssprekendes.
- die bronmateriaal wat redigeerders tot beskikking het. Die relatief groot persentasie vertalings uit Engels lei daartoe dat sommige onderwerpe vanuit 'n suiwer Angel-Saksiese (Britse en/of Amerikaanse) standpunt behandel word (sien Konstruksie). Ons benodig dringend Afrikaanse vaklui wat ook die Afrikaanse vakterminologie magtig is en vertroud is met Suid-Afrikaanse standaarde. Al dra iemand net een artikel uit sy vakgebied by, sal dit baie help.
- Moontlikhede, waarvan ons reeds gebruik maak, is
- die vryhede van 'n digitale ensiklopedie met byna onbeperkte stoorvermoë wat ons "inklusionistiese" standpunt goed te pas kom. 'n Hele reeks onderwerpe, waarin Afrikaanssprekendes blykbaar besonder belangstel, maar wat nie noodwendig by ander projekte as ensiklopedies relevant beskou sou word nie, word in artikels van baie hoë gehalte, saam met ons eie beeldmateriaal, behandel, soos Morne se artikelreeks oor kerkgemeentes en -geboue.
- ons teksredaksie gee in die algemeen voorkeur aan breedvoerige artikels wat 'n onderwerp omvattend behandel (dit wil sê die leser word nie deur 'n lang lys van skakels na ander inskrywings gejaag nie, maar vind die belangrikste inligting op een plek). Skryfstyl, redigeerwerk, uitleg en beeldmateriaal moet artikels so goed moontlik toeganklik maak vir belangstellende lesers. Hier vaar ons dikwels beter as ander projekte. Voyageur (kontak) 11:05, 19 Junie 2018 (UTC)
- Moontlikhede, waarvan ons reeds gebruik maak, is
- Hoe lyk die profiel van 'n tipiese Afrikaanse gebruiker? Groete! Oesjaar 05:29, 19 Junie 2018 (UTC)
- Jou deursnit besoeker kan mens uit die bladtrekstatistiek gou aflei is hoofsaaklik Suid-Afrikaanse skoolleerlinge. Die etnisiteit van die deursnitleser is onbekend. Die meeste lesers google eers soekwoorde, waarna hulle die eerste die beste antwoord, naamlik die Wikipedia artikel, besoek. Suid-Afrika self vorm egter net 50,9% van die besoekeraantal. Of dit bots is wat voortdurend Afrikaanse Wikipedia-artikels aflaai, weet ek nie.Suidpunt (kontak) 10:08, 19 Junie 2018 (UTC)
- Sowat 'n vyfde van al ons bladtrekke kom uit die VSA. Die Google-soekmasjien se Googlebot is moontlik baie aktief hier. Voyageur (kontak) 10:31, 19 Junie 2018 (UTC)
Van die redes hoekom 'n artikel soms eers op Engelse wikipedia aangedurf word is dat die inligting daar meer volledig is: makliker om te sien wat al gedoen is en wat nog kort. Die volledige skakels en minder wesies sorg verder dat die artikel nie oor die hoof gesien word nie. Dit kan ook redelik moeilik wees om 'n Afrikaanse artikel uit meestal Engelse bronne op te stel. Mens wil graag 'n redelik volwasse Engelse artikel vertaal, anders moet jy inkrementeel te werk gaan, en elke keer die woordeboek opnuut oopslaan. Toegang tot 'n digitale woordeboek, verkieslik die blokkiesraaisel-tipe, gaan vir grootskaalse vertaling noodsaaklik wees want fisiese blaaiwerk is te tydrowend. By my eie bydraes op en.wiki is die oogmerk wel om dit later in Afrikaans beskikbaar te stel, en laat gerus boodskappe op my besprekingsblad oor watter artikels of kategorieë meer dringend of gesog is. So, met 'n ompad sal daardie bydraes tog die Afrikaanse wikipedia bevorder.
Ek sit terloops gister in die voorheen Afrikaanse bank, en die eerste Engelssprekende linie nader my om uit te vind waarmee hulle kan help. Toe ek in Afrikaans antwoord val die Afrikaanse klant langs my sommer in: "Hulle gaan jou nie help as jy Afrikaans praat nie." Watwou. En wat markaandeel betref: dis tyd dat daardie skare Afrikaanssprekendes in Australië (en elders) ook 'n bydrae maak. Afrikaans is nou dunner gesaai maar baie wyer versprei. JMK (kontak) 09:52, 21 Junie 2018 (UTC)
- Wikipedia is soos die reendroppeltjie. Jy kan worrie, maar dit val waar dit val. Dit is net 'n droppeltjie, 'n prentjie, 'n sjabloontjie, 'n klein wysiging, 'n stukkie teks, 'n verwysinkie. Maar dis die reendroppeltjies wat die woestyn groen maak. En daar is geen Zuma, Trump of Putin wat dit teenhou nie. Die grens van 50 000 was taamlik magies vir nl.wiki. Skielik het die massa ons ontdek. En dit was nie altyd prettig nie. Jcwf (kontak) 16:58, 21 Junie 2018 (UTC)
- Ek is dikwels (om verskillende redes) nie regtig tevrede met Engelse artikels nie - die gehalte daarvan word myns insiens oorskat. Dis vir my 'n aansporing om Afrikaanse artikels van groter ensiklopediese waarde te skep. Die huidige demografiese tendense lyk inderdaad nie so gunstig nie. Nogtans beskou ek Suid-Afrika as 'n tweetalige land. Iemand wat my geld wil vat, moet my taal kan praat. As mense se Engels onverstaanbaar is, sal ek gewoon na Afrikaans oorskakel. ;)
- Emigrante se bydraes sal waarskynlik beperk bly. Ek kry die indruk dat Afrikaanssprekendes bereid is om vinnig te assimileer sodra hulle hul bande met Suid-Afrika verbreek het. Wetende dat hulle permanent in 'n Engelssprekende omgewing sal bly, watter sin maak dit nog vir hulle om hier in Afrikaans by te dra?
- Daar is gelukkig uitsonderings. Klein groepe geesdriftiges - Afrikaans- of Engelssprekend - in beide die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State is wél betrokke by die projek, al is hulle agter die skerms werksaam, onder meer omdat hulle nie maklik Afrikaanse artikels kan skryf nie.
- Hulle help met wyse raad en konstruktiewe kritiek en verskaf waardevolle bronne. Baie van ons artikels oor Britse en Amerikaanse onderwerpe is gemeenskapspogings. Voyageur (kontak) 22:13, 23 Junie 2018 (UTC)
Noord-Sotho haal 8 000 artikels!
Baie geluk aan die Noord-Sotho Wikipedia (Sepedi en myself) wat sopas 8 000 artikels tel!--Aliwal2012 (kontak) 14:53, 18 Junie 2018 (UTC)
- Ek skat bg. wiki het ongeveer 3 300 SA-pleknaamartikels (stede, dorpe, nedersettings, gehuggies).
- Terwyl ek aan die woord is: ek skep elkeen deur 'n sjabloon van 'n groter/bekende plek in dieselfde omgewing te lek en plak, en dan op te dateer:
- Vervang sensuskode volgens census2011.adrianfrith.com se werf, dit verskaf outomaties die korrekte bevolkingstatistiek en tale.
- Maak seker die munisipaliteit (plaaslik en distrik) is korrek vir die plek wat geskep word. (Party plekke "spring" oornag in 'n ander distrik in!)
- Spoor die koördinate op op GoogleMaps. Dis bietjie moeilik, want 'n kaart moet elke keer gelaai word om te sien wáár die dorp lê.
- Vertaal artikel nou oor na Afrikaanse wiki, deur gebruikmaking van die reeds vertoonde sensussyfers op nso:wiki.
- Groetnis van huis tot huis! --Aliwal2012 (kontak) 15:10, 18 Junie 2018 (UTC)
- Knap gedaan! K175 (bespreking | bydraes) 09:10, 19 Junie 2018 (UTC)
Saint Peter and Saint Paul Archipelago
Gemeenskap: ek soek hulp, kan iemand dalk net bogenoemde vertaal asb? Die eilande is in die Atlantiese Oseaan. Groete! Oesjaar (kontak) 17:55, 20 Junie 2018 (UTC)
- Ek sou sê Sint Petrus en Sint Paulus-rotse, na aanleiding van die Nederlands en Duits. Anders Sint Petrus en Sint Paulus-argipel. Winston (kontak) 18:30, 20 Junie 2018 (UTC)
- Gedoen! Groete! Oesjaar (kontak) 09:18, 22 Junie 2018 (UTC)
Groei
Ek het 'n bietjie statistiek gedoen op die sitestatistics. Jcwf (kontak) 21:13, 25 Junie 2018 (UTC)
Dus ja, die aantal treffers het gegroei van 57 na 60 na amper 63 duisend per dag (jaarmediaan).
Die jaarlikse verloop is amper dieselfde en wys 'n seisoen-ritme.
- M.a.w. die Afrikaanse Wikipedia groei? K175 (bespreking | bydraes) 23:10, 25 Junie 2018 (UTC)
- In bladtrekke sowat 5% per jaar of so. Dus, ja dit groei, maar skouspelagtig sou ek dit nie wil noem nie. Jcwf (kontak) 00:26, 26 Junie 2018 (UTC)
Mag ek Gebruiker:KabouterBot aanwend om alle instansies van {{Reflist}} met {{Verwysings}} te vervang en dan {{Reflist}} te verander in 'n aanstuur na {{Verwysings}}? K175 (bespreking | bydraes) 12:25, 28 Junie 2018 (UTC)
- Jy is meer as welkom. Voyageur (kontak) 12:31, 28 Junie 2018 (UTC)
- Vir seker! Groete! Oesjaar (kontak) 19:27, 1 Julie 2018 (UTC)
- Piekfyn, dankie dit sal baie help! --Aliwal2012 (kontak) 07:18, 3 Julie 2018 (UTC)
- Vir seker! Groete! Oesjaar (kontak) 19:27, 1 Julie 2018 (UTC)
Tidy to RemexHtml
The Parsing team will be replacing Tidy with RemexHtml at this wiki on 5 July 2018.
Some pages at this wiki use outdated HTML. This change may change the appearance of those pages. Special:LintErrors has a complete list of affected pages.
Read this e-mail message for more information. Read the instructions at mw:Help:Extension:Linter. You can ask questions at mw:Talk:Parsing/Replacing Tidy. Thank you for helping fix these problems.
Ongekategoriseerde bladsye
Gemeenskap, hier is die lys van artikels sonder 'n kategorie: https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:OngekategoriseerdeBladsye Ek werk nou so twee dae hier aan en daar is nou ongeveer 110 artikels oor sonder 'n kategorie. Daar sal 'n kategorie of twee geskep moet word om dit reg te stel. Kan julle help asb? Groete! Oesjaar (kontak) 05:53, 4 Julie 2018 (UTC)
- Hallo Oesjaar, die lys is nou verouderd (jy het mos reeds dele verbeter), kan jy miskien vir Frank vra om dit te verfris, anders doen ons straks dubbele werk!--Aliwal2012 (kontak) 12:12, 6 Julie 2018 (UTC)
Kopielinks
- Gemeenskap, na aanleiding van my onderhoude op RSG en Radio Pretoria het 'n e-tydskrif Sonder Seëls met my 'n onderhoud gevoer. Een van hulle vrae is wat is kopielinks? Die woord kom voor iewers in 'n gebruikers opleidings artikel. Kan iemand so 'n bietjie lig werp op die vraag? Is dit dalk die teenoorgestelde van kopiereg? Groete! Oesjaar (kontak) 08:24, 6 Julie 2018 (UTC)
- En daar vind ek wragies 'n artikel Kopielinks op ons Wiki! Hoe kon ek twyfel! Ek pleit 'n senior oomblik! Groete! Oesjaar (kontak) 08:27, 6 Julie 2018 (UTC)
Zoeloewiki haal 1 000 artikels!
- Baie geluk aan die Zoeloe Wikipedia wat sopas 1 000 artikels tel! Ek het gister bietjie Bybelboeke bygelas om dit 'n hupstoot te gee. --Aliwal2012 (kontak) 14:21, 9 Julie 2018 (UTC)
- Andikholelwa loo nto! Jcwf (kontak) 14:23, 9 Julie 2018 (UTC)
- Geluk julle! Groete!Oesjaar (kontak) 16:43, 9 Julie 2018 (UTC)
- Andikholelwa loo nto! Jcwf (kontak) 14:23, 9 Julie 2018 (UTC)
Global preferences are available
Global preferences are now available, you can set them by visiting your new global preferences page. Visit mediawiki.org for information on how to use them and leave feedback. -- Keegan (WMF) (talk)
19:19, 10 Julie 2018 (UTC)
Planete
Nee, genade, ek doen honderde artikels oor die ruimte; ek kan nie meer elke keer [[Jupiter (planeet)|Jupiter]] en [[Pluto (dwergplaneet)|Pluto]] tik nie. Kan 'n administrateur nie asb. al die planete skuif na net hul name nie, soos [[Jupiter (planeet)|Jupiter]] na [[Jupiter]]. En [[Pluto (dwergplaneet)|Pluto]] na [[Pluto]]. Ek het reeds 'n verduidelikende sin boaan elke artikel gesit en die dubbelsinnigheidsartikels na [[Planeet (dubbelsinnig)]] geskuif. Dis vir die sewe planete (buiten Aarde) en Pluto. Skuif asb. met aansture. Baie dankie. Winston (kontak) 21:38, 11 Julie 2018 (UTC)
- Ek sal hulle later vandag skuif, want dit was my skuiwings voorheen na die huidige benamings met die hakkies. Groete. -- SpesBona 22:25, 11 Julie 2018 (UTC)
- Dankie! My vingerpunte sal jou ewig dankbaar wees. Winston (kontak) 11:17, 12 Julie 2018 (UTC)
- Uitgevoer Almal geskuif behalwe Ceres (dwergplaneet). M.i. kry die dorp Ceres voorkeur hier! Groete, --Aliwal2012 (kontak) 14:50, 12 Julie 2018 (UTC)
- Dankie! My vingerpunte sal jou ewig dankbaar wees. Winston (kontak) 11:17, 12 Julie 2018 (UTC)
- Baie dankie, maar wat doen ek nou? Ek los maar eers 'n skakel van al die Wikidata-items in Kaapstad sonder prent, waarmee almal kan help. Los asseblief ietsie vir my ook! Sondagaand is ek daar by julle in Suid-Afrika. Groete. -- SpesBona 18:40, 12 Julie 2018 (UTC)
Duikbote
Sören, as jy wil help - al die duikbote benodig 'n infokas van een of ander aard... Groete! Oesjaar (kontak) 19:58, 12 Julie 2018 (UTC)
- Hoeveel duikbote is dit? Die 25 (sonder die hoofartikel) van Kategorie:Duikbote? Soek nog 'n kassie... Groete. -- SpesBona 20:06, 12 Julie 2018 (UTC)
Consultation on the creation of a separate user group for editing sitewide CSS/JS
(Teks vertaal deur Aliwal2012)
Hallo almal,
Ek is besig om 'n verandering voor te berei oor wie die webblad CSS / JS kan verander. (Dit is bladsye soos MediaWiki:Common.css
en MediaWiki:Vector.js
wat uitgevoer word in die blaaier van alle lesers en redakteurs.) Tans kan alle administrateurs hierdie bladsye wysig, wat 'n ernstige en onnodige sekuriteitsrisiko inhou. Binnekort sal 'n toegewyde, kleiner gebruikersgroep hierdie taak oorneem. Jou gemeenskap sal in staat wees om te besluit wie in hierdie groep behoort, dus dit sal vir jou min verandering beteken. U kan meer uitvind en terugvoer gee op die konsultasieblad op Meta. As jy betrokke is by die handhawing van CSS / JS-kode, of beleidmakende aansoeke om toelatingsmaatreëls, gaan kyk asseblief daar!
Dankie!
Tgr (gesels) 08:45, 12 Julie 2018 (UTC) (via global message delivery)
Oktober/October
Skuus, dis al weer ek. Ek sien vandag as ek by verwysings sê "Geargiveer op" of "Besoek op", verander Oktober in die Engelse October. Weet iemand dalk wat dit kan veroorsaak? Kyk byvoorbeeld MeerKAT. Winston (kontak) 19:23, 12 Julie 2018 (UTC)
- Hoera! Fout opgelos: ek het net die parameter <df=dmy-all> verwyder, dit was die skuldige een!--Aliwal2012 (kontak) 19:35, 12 Julie 2018 (UTC)
- Dankie! 'n Klein vlieg in die salf. Winston (kontak) 20:50, 12 Julie 2018 (UTC)
Lokalisering van Wikispesies
Oesjaar het my weer 'n gat in die kop gepraat en ek is besig om Wikispesies te lokaliseer. Ek het reeds 'n tuisblad geskep, maar benodig asb. hulp met die biologieterme. Groete. Frank (kontak) 21:10, 14 Julie 2018 (UTC)
Tuisbladartikel
Die tuisbladartikel was 'n rooi skakel. Ek het dit opgevul met 'n artikel uit 2015. Vervang asb indien daar 'n beter een is. Jcwf (kontak) 01:13, 16 Julie 2018 (UTC)
- Ek vermoed Sören is nog besig om te reis na Wikimania! Groete! Oesjaar (kontak) 06:14, 16 Julie 2018 (UTC)
- Kaapstad en Suid-Afrika het my goed ontvang! Ek is net op soek vir 'n skootrekenaar, ek wil dit self doen, veral toe ek nou hier is. Ek het my eie nie saamgevat nie en wil dit nie met my dom slimfoon doen nie. My eerste rand en sent het Vodacom vir 'n 14-dae SIM-kaartjie ontvang. Groete van die Cape Sun Southern Sun in Strandstraat, Kaapstad. -- SpesBona 10:52, 16 Julie 2018 (UTC)
- Moet erken die weer lyk beter (12:58 nm.) as hier in die Overberg. Geniet jou verblyf en hartlik welkom. Suidpunt (kontak) 10:59, 16 Julie 2018 (UTC)
- Hartlik welkom Sören, ek het gewonder of jy vandag reeds aanlyn sal wees? Miskien kan ons jou help met "apparatuur" in Kaapstad, maar ek vlieg ook op Woensdag, anders kon ek 'n lorrievol saambring! Doen maar solank bietjie "sightseeing"!! --Aliwal2012 (kontak) 11:09, 16 Julie 2018 (UTC)
- Moet erken die weer lyk beter (12:58 nm.) as hier in die Overberg. Geniet jou verblyf en hartlik welkom. Suidpunt (kontak) 10:59, 16 Julie 2018 (UTC)
- Kaapstad en Suid-Afrika het my goed ontvang! Ek is net op soek vir 'n skootrekenaar, ek wil dit self doen, veral toe ek nou hier is. Ek het my eie nie saamgevat nie en wil dit nie met my dom slimfoon doen nie. My eerste rand en sent het Vodacom vir 'n 14-dae SIM-kaartjie ontvang. Groete van die Cape Sun Southern Sun in Strandstraat, Kaapstad. -- SpesBona 10:52, 16 Julie 2018 (UTC)
- Ek land more om 14:00 en bring my skootrekenaar saam. Groete! Oesjaar (kontak) 11:53, 16 Julie 2018 (UTC)
Baie dankie julle! Ek het my eerste rondte deur die binnestad gedoen en oorwegend veilig gevoel. Verskeie strate binne die sakedistrik rondom Strandstraat, tot by Media24, die Kasteel en terug hotel toe. Mens kry 'n goeie gevoel, waar jy veilig is en waar dit gevaarlik raak. Groete. -- SpesBona 15:33, 16 Julie 2018 (UTC)
Kaapstad sonder prente
Waar is ons lys van al die geboue in Kaapstad sonder prente? As ons dit nou nie bewerk nie... Ek sit hier aan die ou Kasteel en sien Tafelberg. Ongelooflik! Dis 'n bietjie hartseer vir my! Groete uit Kaapstad. -- SpesBona 14:32, 16 Julie 2018 (UTC)
- Hier - skrikwekkend lank ;) :
List of heritage sites in Cape Town CBD, the Waterfront, and the Bo-Kaap Voyageur (kontak) 15:02, 16 Julie 2018 (UTC)- Dankie, maar ek waag liewers vir 'n rekenaar met WLAN. Vodacom se 1 GB is vir 14 dae en dit begin eers alles hier. Groete uit Kaapstad. -- SpesBona 15:37, 16 Julie 2018 (UTC)
- Miskien gaan Sören vir ons nou baie foto's laai op Wikicommons! Hy is nou al immers twee dae in Kaapstad. Groete! Oesjaar (kontak) 19:55, 17 Julie 2018 (UTC)
- Dankie, maar ek waag liewers vir 'n rekenaar met WLAN. Vodacom se 1 GB is vir 14 dae en dit begin eers alles hier. Groete uit Kaapstad. -- SpesBona 15:37, 16 Julie 2018 (UTC)
Wikimania 2018 partytjie in Kaapstad vir alle Afrikaanse Wikimalles!
Gemeenskap: die enigste gaatjie wat ek kon kry vir 'n kennismakingbyeenkoms vir al die Afrikaanssprekende gebruikers en ondersteuners is Vrydagaand om 21:30 in die Hongkong vertrek hier in die Southern Sun, 53 Strandstraat. Sien julle daar! Groete! Oesjaar (kontak) 20:01, 17 Julie 2018 (UTC)
- Hi Oesjaar, ek neem aan die byeenkoms is Vrydagaand? Ek vertrek nou uit Bloemfontein, sien julle rondom 5nm. (Het 20 jaar laas gevlieg!) Groete, Gert --Aliwal2012 (kontak) 10:57, 18 Julie 2018 (UTC)
- Inderdaad! Het kennisgewing verbeter. Onthou, deesdae as ons vlieg doen die vliegtuig dit en jy hoef ook nie jou vlerke te klap nie... Groete! Oesjaar (kontak) 11:02, 18 Julie 2018 (UTC)
- Hê-hê-hê!! Ek het 18h00 ingeboek Room 0112 Sun Square, as iemand my dalk soek. --Aliwal2012 (kontak) 15:49, 18 Julie 2018 (UTC)
- Inderdaad! Het kennisgewing verbeter. Onthou, deesdae as ons vlieg doen die vliegtuig dit en jy hoef ook nie jou vlerke te klap nie... Groete! Oesjaar (kontak) 11:02, 18 Julie 2018 (UTC)
Media viewer
Daar is nog 'n "File" i.p.v. "Lêer". Weet nie hoe om dit self reg te stel nie. JMK (kontak) 08:05, 18 Julie 2018 (UTC)
- En vertaal miskien ook: "This image contains persons who may have rights that legally restrict certain re-uses of the image without consent.", soos by die foto heelbo. JMK (kontak) 08:14, 18 Julie 2018 (UTC)
Die Maroela Media-situasie
Gemeenskap, laat ek julle net op hoogte bring van die situasie met Maroela Media. Maroela Media ('n digitale koerant) het so 2/3 jaar terug toestemming gekry om onder andere Kennis ('n ou tydskrif wat verskyn het toe ek nog op skool was) asook Wêreldspektrum woord-vir-woord op ons Wiki te skep. Ek self het nog nooit die goedkeuring of toestemming op skrif gesien nie. Ek het op 'n manier betrokke geraak met Maroela Media en het my hulp aangebied. Ek was 'n paar keer in hulle kantore waar ek eenvoudige opleiding/raad gegee het. Ek het ook kennis gemaak met Susan Lombaard, die redakteur by Maroela Media. Sy (en daarmee bedoel ek Maroela Media want sy is immers die grootbaas daar) het ook die Wiki visie verstaan en ondersteun om alle inligting in Afrikaans geskep te kry. Maroela Media is steeds die enigste organisasie wat openlik die Afrikaanse Wikipedia ondersteun. Maroela Media het ook leiding geneem en opleidingsvideos gemaak gemik op beginners. Miskien moet ons dit ook hier op ons Wiki beskikbaar maak en gebruik.
Maroela Media het ook die besluit geneem om 'n paar mense te vergoed om artikels te skep met die genoemde tydskrifte as bron(ne). Tegnies is dit teen die Wikipedia-beleid maar ek persoonlik dink, in die groter prentjie met Afrikaans onder druk in ons land, het ek nie 'n probleem daarmee nie mits dit korrek gedoen word. Neutraliteit/objektiwiteit is natuurlik belangrik en moet gehandhaaf word.
Maroela Media het die visie gehad om optiese karakter-herkennings (optical character recognition) tegnieke te gebruik om dinge te bespoedig. Dit werk maar het ook sy uitdagings! Woorde met kappies, deeltekens ens maak dit moeilik, ook waar bv chemiese formules gebruik is in die artikels! Dit is belangrik dat die skepper van die artikel dit deeglik proeflees alvorens dit geplaas word.
Maroela Media gebruikers in 2017 was Keren van den Berg, Esta Grobler, Pieter en nog een of twee, kannie al die name onthou nie, ouderdom....
Tans (nie huidiglik nie) is dit Gebruiker:Elana Barker. Ek het Elana ook besoek en 'n bietjie gehelp daar in Maroela Media se kantore. Elana is 'n onderwyseres. Maroela Media probeer veral om te fokus op artikels vir kinders in laerskole. Een van die probleme hier is dat ons jonger geslag in laerskole meer gemaklik is met artikels in verhalende vorm terwyl ons skryf in ensiklopediese formaat: koud, feitlik, op die man af... Die vraag wat Susan my gevra het: hoekom begin ons nie 'n Wikipedia Junior nie... Interessante vraag, voorwaar. Maar dit is vir later.
Groete! Oesjaar (kontak) ~09:31, 18 Julie 2018 (UTC)
- Die enigste taal wat dit met sukses gedoen het is Engels met "simple". Die groot vraag is: hoe kry jy voldoende mense wat dit vermag en bereid is hulle tyd op te offer. Moenie vergeet dat die lesers en die skrywers daar nie dieselfde mense is nie soos by Wikipedia. Die kinders gaan nie hulle eie wiki kon skryf nie. Jcwf (kontak) 14:54, 18 Julie 2018 (UTC)
Probleme met Maroela Media (my eie persoonlik visie) se projek:
- Artikels is nie klaar as dit geskep is nie; taalskakels, onderwerpskakels en integrasie in ander artikels moet gedoen word plus kategorieë moet toegeken word. Verder - byvoeging van foto's en sjablone. Dan eers is die artikels voltooi. Ons, admin's, help graag nuwelinge maar iewers moet Maroela Media gebruikers die tegnieke onder die knie kry, hulle word immers betaal.
- Navorsing met betrekking tot bestaande artikels, dit is gebrekkig en ons het 'n klomp duplikate wat versmelt moet word. Dit kan verhoed word en mors 'n klomp tyd van die gemeenskap wat orde moet skep met die duplikate.
- Ouderdom van die bronne: Wêreldspektrum is in 1983 (inligting is dus 35 jaar oud) gepubliseer en natuur artikels se taksonomie het ongelooflik verander gedurende die tyd; DNS navorsing speel 'n groot rol hier. Sien Aasblom Asclepiadaceae. Die artikel was aanvanklik geskep as Aasblom en dek die genus Asclepiadaceae. Nadat ek die artikel gelees het, het ek die tekortkominge gesien. Die Engelse ekwivalent het aangedui dat die taksonomie verander het en dat 160 spesies geherklassifiseer is na 'n ander genus wat die oorspronklike artikel verouder en onakkuraat maak. Ek het uit die Aasblom artikel twee artikels oor twee van die aasblomme self geskep en Aasblom verander na Aasblom Asclepiadaceae. Laasgenoemde gaan ek skrap. Oor die algemeen skep ons (Wikipedia strategie) genus artikels apart van die spesies, verwys na die spesies en skep die spesie artikels apart.
Daar is ook ander kleiner probleme, maar is kom ons laat dit daar vir nou eers. Hierdie skrywe is bedoel om oplossings te vind om Maroela Media se energie in die regte rigting te fokus, te help en ook die erkenning te gee wat hulle verdien. Ek wag vir julle kommentaar en gedagtes....
Skelm geskryf hier in 'n lokaal tydens die Hackathon....
Groete! Oesjaar (kontak) 10:17, 18 Julie 2018 (UTC)
- Dié wat ek onder oë gehad het lyk na nuttige bydraes. Op hierdie stadium is meer beter wanneer dit van hierdie kwaliteit is. Afrikaans word tans in amptelike situasies opsygeskuif, afgeskaal, en as politieke speelbal aangewend, vgl. [5]. Die betaling is myns insiens nie 'n probleem nie, solank reklame nie betrokke is nie. Wat wel nodig is, soos bo genoem, is nasorg (harde werk) om dit korrek te integreer, en ook dat die kopiereghouers hulle verbind tot die CC-by-SA 3.0, en dit verkieslik op skrif aan wikipedia. Dis nie genoeg dat hulle dit slegs met Maroela kommunikeer nie. Die kopiereghouer moenie later kan beweer dat hulle nie die implikasies van die lisensie presies verstaan het nie, en glo my, almal verstaan dit nie. JMK (kontak) 12:56, 18 Julie 2018 (UTC)
- Vir my bly twee vrae nog:
- Wie gaan daardie nasorg werk insit?
- Kan ons vir hulle beter reghelp om die voor-sorg te doen: m.a.w. eers deeglik te soek voordat 'n duplikaatartikel geskep word? --Slashme (kontak) 13:54, 18 Julie 2018 (UTC)
- Vir my bly twee vrae nog:
- Goeie vrae, Slashme. Ek weet ook nie wat die juiste reaksie van my kant op hierdie goeters is nie en ak dink ander gebruikers sal ook so voel. Indien dit 'n formaatprobleem is, soos die titel vet maak in die eerste sin, kan ons almal help, maar as dit 'n onderwerp is waarvan ek min weet word dit moeilik vir my om te verbeter. Dit geld ook vir versmelt. Ek skryf dan liewer 'n stukkie oor isotope of so. Ek dink dat ons moet aanvaar dat die Maroela-bydraes voor- en ook nadele het: dit is kwantitatief dalk goed, maar kan ook die kwaliteit verminder. 'n Ander punt is styl. Wêreldspektrum se styl en Wikipedia s'n is nie dieselfde nie.
- Die voor-sorg sou dalk verbeter kan word indien bekend gemaak word waaroor hulle wil gaan skryf. 'n Lys dalk? Jcwf (kontak) 14:54, 18 Julie 2018 (UTC)
- Ek het die artikel grammofoonplaat al begin bewerk. Ek wonder net of iemand werklik van grammofoonplate praat as sy/hy vinielplate bedoel? Dit is twee verskillende dinge. Of ons kry nog leserkommentaar soos dié een: Me an' Mom just figgered out how to crank the ol' Victrola that was hidden in the hay barn. Voyageur (kontak) 15:11, 18 Julie 2018 (UTC)
Jy kan sonder probleme Wikikids.nl of de.vikidia.org of fr.vikidia.org besoek - hulle is susterprojekte. Ek is mal oor die Nederlandse uitleg - dit lyk sommer vrolik met die helder kleure.
Wees net gewaarsku! Die hoeveelheid wysigings word geweldig afgeskaal. Jy weet hoe bedrywig die Nederlandse "Recente wijzigingen" is. Vergelyk dit hiermee.
Ek dink egter Oesjaar het eerder 'n paar vrae, lees my plasing hieronder: Ope Brief: Het Wikimania dan nou mal geword?
Ek is nie nou in 'n goeie bui nie. Suidpunt (kontak) 16:29, 18 Julie 2018 (UTC)
- Ek voel artikels kan nie net geskep en geplaas word sonder dat die persoon wat dit skep, leer hoe Wikipedia-artikels lyk, wat die regte formaat is, hoe om skakels by te sit en al die dinge wat ons almal maar hier moes leer nie. Wikipedia is NIE ’n plek waar jy net enige ding kan kom neerplak nie. Baie artikels wat die afgelope ruk deur Maroela se mense geplaas is, laat veel te wense oor. Dit verswak die Wikipedia, soos Oesjaar sê, in plaas daarvan om dit te verbeter. Hier is ook te min mense om ander mense se afskeepwerk reg te maak.
- Wat eerder hier nodig is en waarmee Maroela kan help, is die vertaling van artikels uit ander Wikipedias, waar die formaat en verwysings reeds reg is en die nuutste inligting bygewerk is. Indien nodig en as dit die artikel sal verbeter, kan inligting dan uit ander bronne bygewerk word. ’n Mens kan nie net verouderde inligting uit Kennis en Wêreldspektrum vat en dit op Wikipedia plaas nie. Veral nie in ’n formaat wat nie ons styl is nie. Winston (kontak) 08:45, 21 Julie 2018 (UTC)
Bemarking 2018...
Gemeenskap, my gedagte om ons Wiki te bemark: Ons moet 'n klompie artikels skryf (one-pager) wat Wikimedia en die agt suster projekte (Wikicommons, Wikiwoordeboek ens) beskryf, hoe dit in mekaar pas, wat elk se doel is ens en dit dan aan die media te bied wat hulle as 'n reeks artikels kan plaas. Die artikels moet lank genoeg wees om dit mooi te beskryf, kort genoeg sodat die media dit kan gebruik om spasie vol te maak. Julle gedagtes hieroor asb! Groete! Oesjaar (kontak) 11:11, 18 Julie 2018 (UTC)
Ope Brief: Het Wikimania dan nou stapelgekmal geword?
Vir 'n tyd lank het ek vertaling vir die Wikimaniablad gedoen. Ek het besluit om op te hou.
Want ek wil my liefs nie daarmee vereenselwig nie, want die projek wil hom beslis nie met my vereenselwig nie.
Ek het ook gesien die een vergadering is 25 minute lank. Eie aan my doeltreffendheid kan ek dit miskien vir julle tot 30 sekondes verminder, dan kan julle gaan koffie drink en 'n sigaar opsteek in die rokersone.
Wat presies gaan daar by Wikimania aan?
Want soos ek na die program kyk lyk dit eerder of 'n ellelange toespraak gemaak word oor Apartheid as oor oplossings? Ek haal aan:
Gegewe hoe van die Europese nasionale tale en streeksstale op Sitemaps én volgensw3techs nou nie juis die minderheidstale van Europa laat floreer nie, terwyl die Indonesiese taal, vir 'n derdewêreldland destyds onder beheer van Holland, besonder skitter, laat dit my inderdaad wonder of ALLES aan kolonialisme én Apartheid toegeskryf kan word. Wat met Nederduits en Sorbies aangaan - is nie eens noemenswaardig nie.
TAALDISKRIMINASIE FLOREER SOOS ONKRUID
Die grootste klug van die hele Wikimania-aangeleentheid is juis die diversiteit wat skaamteloos ignoreer word - juis waarvoor die organisasie hulself op die skouer klop. Gestel jy wil 'n aansoek doen om 'n beurs, word jy outomaties van die rol geskrap oor die volgende puntjie:
Vraiment? Sérieusement, tu te moques de moi?
Ongeag of jy met ‘n televisieuitsending, YouTubevideo’s, radio-uitsendings, tydskrifonderhoude, by skole en universiteite omgaan en soebat en smeek in ‘n Franstalige Afrikaland… 3 miljoen mense by Wikipedia betrokke gekry het of nie. Nee – jy is persona non grata en klaar. Bloot omdat jy nie Engels ken nie. In die Middeleeue sou ek nog begrip hê as jy afgekeur word omdat jy nie Latyn (dié lingua mundi) kon baasraak nie. Maar skattebol, ons is darem nou al in die jaar 2018! Probeer my nou oortuig DIT is nie taaldiskriminasie nie.
Toevallig [of is dit ironies?] het die Franssprekendes verlede jaar nié die aangehaalde paragraaf in Frans vertaal nie. Wikimania 2017 was in Montréal, Kanada, die hartland, die sanctum sanctorum van die Franse taal, gehou. Bogenoemde reël (oor Engels) het gegeld ook by verlede jaar se samekoms. Dis darem heiligskennis, dink jy nie? Ek sou darem 'n Fransman (of dame met dystewels) genader het om my werk te vertaal en op die agtergrond in Frans op die projektor te vertoon. Of as gewillige "tolk" op te tree wat die vertaling kon voorlees, dubbelmedium de luxe. Die Quebecane sou vreeslik dankbaar gewees het. Jy wéét immers hoe sensitief en streng die taalbeleid in Quebec is! Waarom dan nie eerder die Engelssprekende Toronto as lokaal kies nie? Dis mos ‘n doelbewuste kultuuroorlog wat jy wil ontketen.
Daar is nêrens énige aanduiding om meertaligheid by hierdie byeenkomste te bevorder nie. En wat vir my die opvallendste is: die grootste klakouse [diegene wat verontreg voel] is diegene van voormalige Britse kolonies, wat dikwels self in Londen bly, hul eie taal en -kultuur kwyt is, maar self nie 'n vinger verroer om hul eie taal en kultuur te laat herleef nie. Of in Afrika, Indië, waar ook al, te gaan soek nie. Dis net te veel moeite. Pleks daarvan is dit eerder ‘n geween en gewroeg van vroeg tot laat oor hul 'verlore kennis' wat by die gewildste medium [naamlik die Engelse Wikipedia] ontbreek. Jy't reg geraai - die onderwerpe handel alles oor die dekolonisering van Wikipedia. Niks oor die relevansie vir skoolkinders nie.
GAAN DIT WERKLIK OM DIE AFRIKAANSE WIKIPEDIA? OF IS DIT NET KLEINLIKE POLITIEK OP DIE GROTER WIKIPEDIAS?
Asseblief, lees eers rustig hierdie deel deur, oor 'n ander nieregeringsorganisasie wat ook daardie dag soos 'n aasvoël by die lokaal gaan rondhang: https://whoseknowledge.org/decolonizing-the-internet-conference/ Hulle maak dit sommer baie duidelik dat hulle nie eintlik 'n “blanke man”, dis nou soos ek op my staatsvorm moet invul, daar wil hê nie.
Kom ons kyk gou - omrede die meeste skrywers van die internet glo blanke mans uit die Eerste Wêreld is...
Dink jy ek oordryf? Onder Issues:
So jy wil dus vir my sê:
- Die Japannese Wikipedia word vernaamlik deur blanke mans geskryf en gewysig? Ek dag dan hulle is Asiate. Niemand stort 'n traan daaroor nie.
- Iemand soos SpesBona wat Afrikaanse bronne lees en dan 'n artikel skryf in die Afrikaanse Wikipedia vir die Afrikaanse lesers mét die Afrikaanse lesers in gedagte is dus outomaties bevooroordeeld?
- Die hele wêreld het nog nooit gedink om hul eie biblioteke te besoek, hul eie boeke te skryf, hul eie navorsing in hul eie tale te doen nie? Nou hoe strook dit met die huidige akademiese wêreld waar selfs Italiaans, Frans en Duits in die slag bly vir Engels omdat almal in die Britse (let op die plek van publikasie) Nature hul vaktydskrifartikel wil laat sien?
- Gepraat van: die luiperdartikels wat ek geraadpleeg het bestaan uit navorsingsgroepe mense wat alle rasse en nasionaliteite insluit. Swart, bruin en blank het almal saamgewerk om die leefwyse van die luiperd te ontdek - gaan dit dus nou oor die navorsers of gaan dit nou oor die luiperds?
- Die feit dat ek Hollands, Duits, Engels en vrot Frans kan lees en Latyn aan die leer is, omdat ek Afrikaanssprekend is, beteken ek mag nie van hierdie Europese bronne gebruik maak nie? Of moes ek eerder Punjabi geleer het? Sal dit almal tevrede stel?
- Die feit dat ek van staatsbronne gebruik maak soos verslae en verdrae van Frankryk rondom die idee dat Latyn steeds deur die elitekinders geleer word, is nou 'n sonde? Waar moet ek my aflaatboete betaal?
- Die feit dat ek in die eerste plek geen belangstelling in Afrikageskiedenis toon of Black Panther op my DVD-rak het nie nie, maak van my onmiddellik 'n bedreiging en 'n pesdier?
- Wat de donder het 'n rubberring, ylang-ylang-smeermiddel en 'n pienk glow-in-the-dark-kondoom met enigiets van bogenoemde uit te waai? Tel die rede nie meer nie? Maar indien dit sou - wat as die arme drommel 'n fag stag is, en dus tog hetero is? Nie sover gedink nie? Nou is dit seker weer manlike, blanke, heteroseksuele, Apartheidsbevoordeelde superioriteit (al is ek eers in 1990 gebore, raai?) en versiendheid wat seëvier - naamlik myne. Die lewe is so onregverdig, is dit nie?
- Ek neem aan die lede van whoseknowledge het oor hulle voete geval, anafilaktiese aanvalle gekry, en aangesien seksualiteit so belangrik is, ononderbroke natdrome drupsgewys gekry soos 'n koffiemasjien oor hul betrokkenheid om tot die Afrikaanse Wikipedia by te dra? Nee? Verbaas my nie.
- Terloops, het jy ooit daaraan gedink dat Duitsers vernaamlik oor Duitse stede sal skryf omrede hulle gereeld in Duitse stede daagliks pendel? Ek sou sê dis fantasies. Ons noem dit spesialisering: as ek Duitsland toe gaan, dan raadpleeg ek Duitse artikels oor Duitsland, want die Duitsers ken Duitsland op hul Duitse manier van elke dag van Duitse stede rondpendel seker die beste? Tog so jammer die "uitgelese groepie" kan nie almal Duits lees nie. Ag, sjeim, hulle verlies. Jy verwag tog seker nie die Engelse Wikipedia gaan vir jou in detail vertel oor die Franse legende van die Gedierte van Gévaudan nie? Want dit traak hulle eenvoudig nie. Dis so eenvoudig.
Buitendien, ek dag dan Wikipedia verwelkom almal met wawyd ope arms? Is dit ongebreidelde rassehaat, provinsialisme, sosiale media-aangevuurde neotribalisme en seksisme wat ek hierbo opmerk? Waarom dan hierdie mense nooi vir 'n praatjie? Ek dag dan mens doen navorsing oor die onderwerp waarvan jy hou en bydra? 'n Leemte is mos 'n GELEENTHEID, nie ONDERDRUKKING nie? Of is my uitkyk nou te Westers? Ek wou juis uitvind wat die Russe met 'n uiters neutrale taal soos Latyn post-1990 gemaak het, maar nou ja...
Mét al die koppe wat bymekaar gesit word in hierdie “uitgelese groepie” – hoeveel sal dit wees? 50? 150? 1.500? – aan verstand kan hulle nie eens één rasionele mansmens, dis nou Suidpunt s’n, ewenaar nie. [En daar slaat my INTJ-arrogansie vir 'n tweede maal nou sterk deur].
Want as jy dan presies weet hoe die internet daar uitsien, in elke liewe taal, in elke liewe onderwerp geskryf onder die son - en wie boonop die skrywers is agter die I.P.-adresse – dan moet jy een of ander soort god wees. Dan is ek, sterweling, jou teenwoordigheid en aanskyn nie waardig nie. Nie eers Google weet alles nie. Maar duidelik weet hierdie "uitgelese groepie" absoluut ALLES. Deur middel van steekproewe. Of, sal ek sê: AANNAMES?
Want as hulle nog nie weet van Sjina se internetsensuur... toemaar wat. Dis klaar 'n agtste van die wêreldbevolking (1,42 miljard?) kwyt wat nie kan bydra nie. Maar nietemin - hierdie mense moet REGTIG alwetend wees: want as iemand in Spaans skryf, sal ek nie weet of hy 'n Mexikaan (waarskynlik in ‘n kleurskema van nie-blank tot half-blank tot blank, Globale Suide) of Spanjaard (weer: van blank, tot half-blank, tot nie-blank, Globale Noorde) is nie. Mexiko het die Taalmekka van Spaans geword. As iets in Portugees is, is dit heel waarskynlik geskryf uit Brasilië (Suid), nie Portugal (Noord) nie. En weer weet ek nie of hy blank, nie-blank of halfblank, of swart, half-swart, of nie-swart is nie. Kyk mens ook hierna ( https://w3techs.com/technologies/overview/content_language/all ), weerspieël elke taal maar net die rekenaars, bevolkingstal, tegnologie, taaltrots, wetgewing en vernuf wat hy het. Hoe op aarde jy dit ongedaan wil maak deur al die skuld op die Blanke Man alleen te wil pak wie se bronne almal gebruik... En terloops - as die Spaanssprekendes verkies om uit Engels te vertaal, omrede hulle dit so verkies - wie gaan hulle keer? Die Indonesiërs, soos jy op w3techs.com sal sien, sal ook die “uitgelese groepie” beslis skeef aankyk.
Beteken dit nou Aliwal2012 (ZA), Voyageur (GB, DE), Jcwf (VSA), SpesBona (DE) en daardie Duitsers, moet onmiddellik al hul bedrywighede op die Afrikawiki's (ook die Swahili een) staak? Dis nou stank vir dank, hoor. Vir projekkies waar daar sweet blou boggerol aangaan, sou ek sê mens kan nie te kieskeurig wees nie. Ek dink regtig nie jy kan hulp weier nie. Maar gegewe wat hierdie "uitgelese groepie" verlang - ek weet nie eintlik waarom SpesBona soveel moeite gedoen het om ooit Kaap toe te kom nie, want sonder omhaal van woorde is hy duidelik oorbodig, onwelkom en ongewens!
Sê eerder baie dankie vir die mooi voorbeeld wat hierdie mense met hul ywer gestel het, moenie die rasse-, geslag- en sekskaart gebruik om stemme te werf nie. Dit skep wragtig 'n swak indruk van die Wikimedia-Stigting. Dis ook nie asof Wikimedia kan kus en keur wie die bydraers moet wees nie, want op die Engelse Wikipedia begin die aantal aktiewe bydraers soos 'n baksteen te val. Vra jouself af hoekom.
Van die gemarginaliseerdes sê dit ook niks goeds nie: Want as mens darem nou al so ver moet gaan om hierdie Uno-kaarte te gebruik om mense aan te spoor om oor hulle eie stories te skryf - dan is dit werklik laat in die dag. Dit laat mens ook tereg wonder of die stories dan werklik enige meriete het: want dit sê my slagspreuke soos “laat hierdie inligting vir jou kinders na!”, “maak die wêreld makliker vir ons kinders!”, “spaar ander mense tyd, geld en lyding met jou kennis, sodat dieselfde foute nie weer gemaak word nie!” kon hierdie mense eenvoudig net nie aanspoor nie. Maar rassehaat kan.
Hoe strook dit met “Ubuntu”, die einste tema van Wikimania 2018?
EIETYDSE GENDERPOLITIEK KAN NIE DIE GESKIEDENIS VERANDER NIE
En terwyl ons nou oor die genderprobleem praat, waarvoor hierdie "uitgelese groepie" hulle ook voor beywer.
Het dit miskien ooit by iemand opgekom dat in die geskiedenis vroue 'n mindere aansien geniet het [buiten om soos veldrotte troonopvolgers te baar] en eers onlangs werklik gedokumenteer is? Om nou 6.000 tot 10.000 jaar se geskiedenis te versin om artikels oor sekere vroue en mans, dis nou wat artikelgetal betref, gelykop [ 50%-50%-persentasie te verdeel], net om die statistiek volgens 'n ideologie te maak pas [wat alles behalwe inklusiwiteit behels, eerder chauvinisme], gaan nogal heelwat duimsuiery kos en strook nie met die werklikheid nie. Of, gaan ons 'n doelbewuste weglating van artikels oor knap navorsers sien, wat heel “toevallig” mans is? Of gaan ek nou gefusilleer word as ek 'n Amerikaanse pornoster, wat heel toevallig vroulik is, skrap as irrelevant vir die Afrikaanse Wikipedia?
Of is daar 'n rede waarom daar selektief, spesifiek op die jare 1800 tot 2018 gefokus word?
Indien ek verkeerd verstaan het, help my asseblief reg.
Maar Wikimedia, Wikimania en Wikipedia, vrye ensiklopedie wat jy WAS, as julle wil hê ek moet loop... sê dit dan reguit.
Ek sal dit vir julle soveel vergemaklik om julle mikpunt te behaal. Ek kan my talente en tyd definitief elders benut. Suidpunt (kontak) 16:30, 18 Julie 2018 (UTC)
- Verbaas my dit? Nee. Hier in die VSA word ek dagdaagliks hiermee gekonfronteer. Die mees 'progressiewe' Amerikane is dikwels ook die arrogantste, intolerantste, middelmatigste, mees vooringenome mense. Dit is ook waarom Trump president is: die Demokrate is dikwels net so rasisties as hy. Ek is nou pale, stale and male. 'n Volk kry dikwels die regering wat dit verdien. As Europeaan is ek nou 'n foe.
- Ek dink jy moet na fr.wikipedia en de.wikipedia gaan en vertel wat aangaan, pleks van om die domme Engels-hulle te help deur weg te loop. Die Anglosaksiese imperium is besig om vir homself 'n graf te grawe. Die Britte met hul Brexidioterie, die Amerikane met Trump. Die enigste wat lag is Putin. Gelukkig is daar ook mense met meer verstand, ook in die VS en die VK. En ook in die EU.
Jcwf (kontak) 16:59, 18 Julie 2018 (UTC)
- Die hele PR vir Wikipedia toon sterk ooreenkomste met media wat deur die Kerk van Sciëntologie vervaardig word (neutrale opmerking). Dis Amerikane wat 'n missie het… hulle red die wêreld! (Bemarking, bemarking…) Soms kry 'n mens die gevoel albei oordryf 'n bietjie. Die video oor 'n bepaalde swart skool in Suid-Afrika waar leerders danksy vrye mobiele toegang tot Wikipedia "gered" is van onkennis en onwetendheid (en hul hele skoolloopbaan met sukses voltooi het - onderwysers was blykbaar oorbodig!) was die laagtepunt van Wikimania 2014 in Londen.
- Daar bestaan sekerlik konsensus dat Wikimania vir alle internasionale aanbiedings 'n konferensietaal moet kies - Engels is die enigste keuse. Anderstaliges het wél die geleentheid om tydens die konferensie in kleiner groepe te vergader en hul eie taal te besig. Montrealers is in elk geval meestal Engels as tweede (of eerste taal) vlot magtig (dikwels sonder enige aksent). Hier doen ons sake… Die platteland van Québec is 'n heel ander wêreld...
- Wat daar ook al beweer word oor Wikipedia, wie dit skryf, vir wie dit geskryf word… Ons hoef ons nie werklik daaraan te steur nie...
- Die SUIDE! Die enigste noemenswaardige nasie hier is Brasilië - en juis van daar (en Portugal) het ons hulpbronne en goeie raad ontvang. En die werk het net begin.
- Ons het al heerlik geëksperimenteer met nuwe formate vir ons Afrikaanse artikels - nuwe benaderings en konsepte, hersiene uitleg. Hier is inligting te vinde wat elders nie beskikbaar is nie. Die Londense Wikimania en die True Northerners-vergaderings en -ekspedisies begin vrugte afwerp.
Inhoudsvertaling met Apertium
As julle probleme met die inhoudsvertaling van Nederlands na Afrikaans optel, dan moet julle asb. dit op GitHub meld by https://github.com/apertium/apertium-afr-nld. Sien bv. https://github.com/apertium/apertium-afr-nld/issues/4. K175 (bespreking | bydraes) 20:26, 18 Julie 2018 (UTC)
- Ek het daarmee begin, maar ek vind die resultate taamlik snaaks. Onbruikbaar snaaks. Ek dink daar moet baie verbeter word. Sien Klein Bonaire Jcwf (kontak) 18:32, 19 Julie 2018 (UTC)
- Heeltekaktmal? Afrikaans kort daai woord! Winston (kontak) 18:36, 19 Julie 2018 (UTC)
- Dit is maar 'n work in progress, dus word alle terugvoer waardeer. Die ontwikkelingspan blyk heel responsief te wees. K175 (bespreking | bydraes) 19:40, 19 Julie 2018 (UTC)
Die {{Inligtingskas Kunsgalery}} werk tans nie reg nie, sien byvoorbeeld Ou Dorpshuis. Dieselfde geld vir {{Inligtingskas Teaters}}, sien On Broadway. Groete. -- SpesBona 15:31, 19 Julie 2018 (UTC)
- Uitgevoer Winston (kontak) 18:58, 19 Julie 2018 (UTC)
T/temperatuur
As ek die HAT goed begryp is dit "kelvin" met kleinletter, maar "Celsius" met hoofletter en ek vind dit taamlik snaaks. Kan iemand dit verbeter? Jcwf (kontak) 17:34, 19 Julie 2018 (UTC)
- Ek dink kelvin word met 'n kleinletter gespel omdat dit 'n SI-eenheid is wat internasionaal so gespel word, terwyl Celsius tradisioneel met 'n hoofletter gespel word. Ek sien wel die AWS gee Kelvin met 'n hoofletter, maar ek twyfel daaroor. Winston (kontak) 17:58, 19 Julie 2018 (UTC)
- Ek sal probeer uitvind wat die AWS se redenasie is. Winston (kontak) 18:02, 19 Julie 2018 (UTC)
- Nee, die Taalkommissie sê dis 'n fout. Dit moet 'n kleinletter-k wees. Winston (kontak) 09:59, 20 Julie 2018 (UTC)
Gebruik i.p.v. kassie skep. Sien Mocassin vir voorbeeld. Regs bo verklarings is 'n potlood wat na item op Wikidata lei. Klik daarop om wysigings op Wikidata aan te bring. K175 (bespreking | bydraes) 09:03, 20 Julie 2018 (UTC)
Masjienvertaling van saadjies
Een van die Arabiese Wikipedia se suksesverhale is die skep van saadjies m.b.v. robotvertaling om tyd te bespaar. Dit laat gebruikers toe om te fokus op inhoud en nie op dinge soos kategorieë en infobokse nie. Kyk asb. na die bydraes van Gebruiker:KabouterBot. Dit het enkele artikels oor sponsdiere geskep deur die ooreenstemmende saadjies op die Nederlandse Wikipedia outomaties te vertaal. Kan ek voortgaan en ons artikelaantal opstoot na so 75,000 deur nog dergelike artikels so te vertaal? K175 (bespreking | bydraes) 15:08, 20 Julie 2018 (UTC)
- Ek was eers gekant deur saadjies op die manier te skep maar noudat ek met die Maroela Media mense werk het ek besef hoe moeilik dit eintlik is om artikels van nuuts af te skep vir nuwe, rou gebruikers. Doen nog so 'n klompie... Groete! Oesjaar (kontak) 15:33, 20 Julie 2018 (UTC)
- Natuurwetenskaplike inskrywings mag myns insiens wél deur robotte geskep/vertaal word. Daar moet egter dringend aandag geskenk word aan die skepping van oorspronklike inhoud ten opsigte van alle onderwerpe en vakgebiede waar interdissiplinêre navorsing en uitgebreide kennis van feite 'n voorvereiste moet wees. Die hele internet staan vir ons ter beskikking. Die vertaling van Kruistog, blykbaar uit die Engelse Wikipedia-projek, was niks meer as slordige onsin wat blykbaar deur 'n verveelde laerskoolleerder geskryf is nie. 'n Samevatting kon gewees het: "Europa se Middeleeuse adel was lus vir baklei en het dan die arme moslems aangeval."
- Natuurlik sal twyfelagtige persone aangetrokke voel tot militêre operasies soos die kruistogte - van notoriese geweldplegers tot roekelose politici en sakemanne. Maar die meerderheid kruisridders het wél 'n godsdienstige oortuiging uitgeleef daarmee. Het Middeleeuse Europa net vestings en wapenarsenale agtergelaat, of was daar nog iets soos katedrale en kloosters?
- Jammer, die sagteware het per ongeluk Oesjaar se antwoord verwyder! Het dit herstel. Voyageur (kontak) 15:36, 20 Julie 2018 (UTC)
- Ek vrees dis net die begin van talle botartikels, maar indien dit die mening van die gemeenskap is, kan ek niks daaraan verander nie. Ek is baie krities teenoor susterprojekte wat oorwegend deur bots groei soos die Sweedse, Nederlandse, Cebuano en Waray-Waray Wikipedias. Myns insiens het ons 'n haastige groei nie nodig nie, groei maar deur die werk van ons vingers. Dit sal beter wees as ons 'n bot kan skryf wat nedersettings en biografieë met kassies kan versorg. Dit sal ons kwaliteit bo kwantiteit verbeter. Maar ek wil nie in die pad staan nie... Groete. -- SpesBona 16:30, 20 Julie 2018 (UTC)
- Ons kan beide doen. K175 (bespreking | bydraes) 16:32, 20 Julie 2018 (UTC)
- Data kan maklik van Wikidata oorgeskakel word. Met die regte deskundige hier tydens Wikimania kan ons in staat wees hiervoor. Dit sal my baie help om botartikels te kan aanvaar. Groete. -- SpesBona 16:37, 20 Julie 2018 (UTC)
- Maar miskien wag ons nog vir die menings van @Morne:, @Naudefj:, @Winstonza:, ens. Ek dink, ons het hierdie tyd. Groete. -- SpesBona 08:17, 21 Julie 2018 (UTC)
- Dis ’n moeilike kwessie omdat ons so min mense is. Dit wil maak dat ’n mens sulke botartikels wil aanvaar. Maar ek kan ook sien hoe die Afrikaanse Wikipedia naderhand hoofsaaklik uit saadjies van een sin elk gaan bestaan. Ek is net ten gunste daarvan as die persoon wat die botartikels skep, self daarna al die artikels met minstens nog ’n paar sinne gaan uitbrei. Winston (kontak) 10:17, 21 Julie 2018 (UTC)
- Maar miskien wag ons nog vir die menings van @Morne:, @Naudefj:, @Winstonza:, ens. Ek dink, ons het hierdie tyd. Groete. -- SpesBona 08:17, 21 Julie 2018 (UTC)
Wikimania 2018 - voorlopige ervarings, bevindings, resultate?
Dit lyk asof die Wikimania-konferensie vanjaar 'n heel rustige byeenkoms gaan wees. Seker was dit nie "propvol drama en verassings" nie soos 'n ander konferensie waaroor Die Son sy verslag in Desember gepubliseer het: ANC-konferensie eindig met verassingsdrama -LOL!
Ander voorlopige voorstelle van superstreng proeflesers (hier praat ons vroue):
- Die voorstel van 'n junior uitgawe van Wikipedia klink goed, maar dit is eintlik 'n taak vir onderwysers/onderwyseresse en ouers.
- Die gehalte van baie artikels sal deur middel van kontrolelyste met sleutelkonsepte verbeter kan word. Het die skrywer van die betrokke inskrywing behoorlike kennis van die onderwerp, watter bronliteratuur word gebruik, is daar verwysings na belangrike akademiese debatte en kontroverses, word sleutelterme uit die taal/tale van betrokke gebiede toegelig, dui die lys van verwysings daarop dat die skrywer gebruik maak van alle belangrike en beskikbare aanlynbronne en kennis het van relevante tale en literatuur in die vakgebied?
- Optimalisering van inleidings, uitleg, illustrasies. Hoe meer toeganklik 'n Wikipedia-projek vir tweede-, derdetaal- en ander sprekers word, hoe groter is die gevaar dat tekste volgepak word met inligting wat nie relevant is in die betrokke inleiding of hoofstuk nie. Ons projek word nie soseer hierdeur geraak nie, maar ons moet altyd aktief hoë standaarde handhaaf. Die inleiding moet by voorkeur 'n opsomming van die artikelinhoud en die sleutelkonsepte bied wat daarin bespreek word. Vertaalde tekste moet aangepas word indien nodig. Die uitspraak van Engelse, Franse en ander plekname ensovoorts moet verduidelik word deur middel van IPA-voorbeelde.
- De-Wikipedianisering van Wikipedia. Dit is irriterend as bydraers doen asof die internet nie vir lesers bestaan nie. Baie van ons inligting is oorbodig omdat dit elders beskikbaar gestel word - soos byvoorbeeld geografiese koördinate. As 'n leser nie in staat is om 'n pleknaam êrens by Google of Windows/Bing Maps in te tik nie, is sy/hy 'n hopelose geval. Die hooftaak is die versameling van inligting in Afrikaans wat elders só nie beskikbaar is nie.
Voyageur (kontak) 20:37, 21 Julie 2018 (UTC)
- ..is daar verwysing na belangrike akademiese debatte en kontroverses.. stem saam, maar as dit daar is, saam met verwysings, word dit deur jou as 'twak' bestempel en verwyder, Voyageur. Hoekom? Is jy homofoob? Jcwf (kontak) 04:27, 22 Julie 2018 (UTC)
- .. is [die leser] 'n hopelose geval.. Wie beoordeel dit? Is jy nou die leser se regter? Jcwf (kontak) 04:27, 22 Julie 2018 (UTC)
- Richard I: Die artikel word tans hersien en versorg deur akademici en ander belangstellendes wat in staat is om verantwoorde oordele te vel. Tans kom ons nog sonder seksuele ondertone klaar en wil graag op die genoemde sleutelkonsepte konsentreer. As iemand belangstel in dergelike seksuele onderwerpe vir 'n behaaglike koffieklets, is Richard I nou juis nie die regte man daarvoor nie. Een of twee sinnetjies oor die betrokke onderwerp in die finale weergawe sal voldoende wees. Die vroeëre weergawe het die seksdebat oorbeklemtoon. Die persoonlikheidsregte van oorledenes is ewe belangrik as dié van lewende persone. Richard I se onderdane het hul koning vereer (en die bedrag van drie jaarlikse nasionale inkomstes ingesamel om vir sy vrylating te betaal toe hy op die Europese vasteland aangehou is). Ek weet nie vanwaar die obsessie van sommige moderne randfigure kom om sy reputasie te besoedel nie.
- Die "debat" oor Richard I se beweerde verhoudings met ander mans is in 1948 begin deur die geskiedkundige John Harvey in sy publikasie The Plantagenets. Hiervoor is enkele Middeleeuse bronne aangevoer wat ruimte laat vir verskeie interpretasies. Ander akademici het vervolgens begin om bronne noukeurig te lees en met een of ander sinnetjie na vore gekom wat Harvey se hipotese moontlik sou steun. [Ons kan van Jesus van Nasaret maklik 'n gay man maak as ons alle bronne só begin interpreteer, ons kan 'n liefdesverhouding tussen hom en Maria Magdalena konstrueer as ons net wil om die leserspubliek se sensasielus te bevredig...].
- Die probleem in Richard I se geval is: alle ander bronne, wat juis op die teendeel dui, is weggelaat. Harvey het vanuit 'n moderne standpunt begin argumenteer, maar was nooit een van die vooraanstaande kenners van hierdie Plantagenet-heerser nie. Hierdie groot eer val John Gillingham te beurt:
- John Gillingham, perhaps the most expert scholar on Richard, has argued against this claim and asserted Richard’s heterosexuality. Richard had at least one illegitimate son, Philip of Cognac, and he is noted in some accounts as raping women. The fact that he never had children with his wife might be partly due to the fact that soon after he married her, he was separated from her by events around the 3rd Crusade, and on his return home, he was captured in Germany and held prisoner for more than a year. This would obviously have reduced his opportunity to sleep with his wife in the early years of his marriage. He does not seem to have had much affection for her; after his return to England, he did not spend time with Berengaria until Pope Celestine III ordered him to be faithful to her. Thereafter he attended worship with her on a weekly basis. Thus he may simply not have liked her as a person, since this was a political marriage. And, of course, it is possible that she was barren. An Historian Goes to the Movies...
- Dr Elizabeth Hallam raak tot dieselfde slotsom in haar uitstekende werk The Plantagenet Chronicles, 'n wonderlike werk vir die belangstellende leser wat Middeleeuse bronne naas artikels met agtergrondinligting plaas:
- The evidence for the recently fashionable view that he was a homosexual is slim; indeed, it suggests rather that he was a womanizer: he had a bastard son, Philip de Cognac.
- Recently fashionable - 'n sleutelwoord! Dit wil sê die hele storie is onhistories en weerspieël net 'n bepaalde tydsgees. Ons weet min oor die werklike verhouding tussen die geslagte in Richard se tyd; miskien net so veel om te beweer dat vroue dikwels in 'n nadelige posisie geplaas is. 'n Seksueel ervare vrou kon maklik die slagoffer van 'n verkragter word sonder dat die misdadiger gestraf is.
- Ons regterposisie: Ons is altyd die leser se regter - teen ons eie wil. Die struktuur en beleid van Wikipedia berus, sover ek weet, nie op meningspeilings onder lesers nie. Voyageur (kontak) 10:21, 22 Julie 2018 (UTC)
- Terwyl ek die Wikimedia ZA tafel beman op die laaste oggend, die oorheersende tema vir die konferensie is Wikidata. Ek het vir Gebruiker:K175 gevra om so veel as moontlik van die inligting te absorbeer. Ek en Gebruiker:SpesBona het ook probeer bybly waar ons kan.
- Ek was op Vrydagoggend deel van die besprekings paneel oor die Afrika-taal Wiki's. Daar sit ek saam met al die Suid-Afrikaanse tale en hulle tema (verskoning?) is 'n gebrek aan bronne in hul eie taal. Toe gaan my bloeddruk deur die dak... Afrikaans het oor die 50,000 artikels met net so min bronne in ons eie taal... As ons dit nie maak gebeur nie gaan dit nie gebeur nie! Wel, dit gebeur hier by ons! Ons groei is ten minste konstant. Maroela Media het ook twee persone gestuur, dit is bemoedigend. Ek het 'n persoon ontmoet wat by die Igtiologie afdeling werk by die Universiteit in Grahamstad. Hierdie leidraad moet ek opvolg...
- Meer later.... Oesjaar (kontak) 07:27, 22 Julie 2018 (UTC)
- Die meeste nie-tegniese onderwerpe was ongelukkig uiters vervelig. Ek het baie geleer by praatjies oor Wikidata en die eerste lesing van die konferensie deur 'n bydraer op Arabiese Wikipedia. Hy sê dit help om nuwelinge aan die gang te kry deur die buitelyne vir hulle te skets d.m.v. derduisende saadjies outomaties te plant, elkeen met inligtingskassie, kategorieë en skakels na portale. Ek gaan die konferensie verlaat met 'n swaar hart, wetend dat hier aansienlik meer Afrikaans-moedertaal-bydraers teenwoordig was wat hoegenaamd geen behoefte het om in hul moedertaal betrokke te wees nie. Dit was egter lekker om ons span hier te ontmoet. Ek dink ons kan meer gereeld saamtrek, dalk in Johannesburg en Kaapstad, ten minste een keer per jaar. (bespreking | bydraes) 08:41, 22 Julie 2018 (UTC)
- Baie dankie - ek het die konferensie sover moontlik op die Wikimediastigting se YouTube-kanaal dopgehou. Voyageur (kontak) 11:10, 22 Julie 2018 (UTC)
- Die meeste nie-tegniese onderwerpe was ongelukkig uiters vervelig. Ek het baie geleer by praatjies oor Wikidata en die eerste lesing van die konferensie deur 'n bydraer op Arabiese Wikipedia. Hy sê dit help om nuwelinge aan die gang te kry deur die buitelyne vir hulle te skets d.m.v. derduisende saadjies outomaties te plant, elkeen met inligtingskassie, kategorieë en skakels na portale. Ek gaan die konferensie verlaat met 'n swaar hart, wetend dat hier aansienlik meer Afrikaans-moedertaal-bydraers teenwoordig was wat hoegenaamd geen behoefte het om in hul moedertaal betrokke te wees nie. Dit was egter lekker om ons span hier te ontmoet. Ek dink ons kan meer gereeld saamtrek, dalk in Johannesburg en Kaapstad, ten minste een keer per jaar. (bespreking | bydraes) 08:41, 22 Julie 2018 (UTC)
Help met vertaling...
Gemeenskap: wat is die beste vertaling vir Yellow sash fusilier? Groete! Oesjaar (kontak) 09:07, 22 Julie 2018 (UTC)
- Geel ???? piesangvis... Oesjaar (kontak) 09:08, 22 Julie 2018 (UTC)
- Ek soek ook hulp met Twobar seabream! Groete! Oesjaar (kontak) 10:21, 22 Julie 2018 (UTC)
- Tweestreepsteenbras? Dubbelgestreepte steenbras? Winston (kontak) 12:31, 22 Julie 2018 (UTC)
- Ek soek ook hulp met Twobar seabream! Groete! Oesjaar (kontak) 10:21, 22 Julie 2018 (UTC)
Account creation
Hi there!
Account creation on the Afrikaans Wikipedia seems to be blocked, the new users that we are training this weekend now in Cape Town cannot log in to your Wikipedia. Is there a special reason for this or does it need to be reported in phabricator? Ciell (kontak) 09:16, 22 Julie 2018 (UTC)
- We are working on it! Oesjaar (kontak) 09:47, 22 Julie 2018 (UTC)
- Oesjaar, kyk na die IP-adresse wat onlangs versper is. 41.114.185.194 09:59, 22 Julie 2018 (UTC)
- Is this perhaps the IP limit being reached? Who can help unlock it? Ciell, please go ahead and report on phabricator. Greenman (kontak) 10:11, 22 Julie 2018 (UTC)
- We have a throttle of 250 account creations a day, that's not the problem. It it's not an ip-problem neither, we can easily create on other Wikipedia's, but there not allowed to log on to Afrikaans. I'll try to catch a developer round here. Ciell (kontak) 11:29, 22 Julie 2018 (UTC)
- Solved. Ciell (kontak) 12:04, 22 Julie 2018 (UTC)
- Baie dankie! Greenman (kontak) 13:41, 22 Julie 2018 (UTC)
- Solved. Ciell (kontak) 12:04, 22 Julie 2018 (UTC)
- We have a throttle of 250 account creations a day, that's not the problem. It it's not an ip-problem neither, we can easily create on other Wikipedia's, but there not allowed to log on to Afrikaans. I'll try to catch a developer round here. Ciell (kontak) 11:29, 22 Julie 2018 (UTC)
- Is this perhaps the IP limit being reached? Who can help unlock it? Ciell, please go ahead and report on phabricator. Greenman (kontak) 10:11, 22 Julie 2018 (UTC)
- Oesjaar, kyk na die IP-adresse wat onlangs versper is. 41.114.185.194 09:59, 22 Julie 2018 (UTC)
Prentjies maak
Ongelukkig die Suid-Afrikaanse wetgewing oor prentjies van kunswerke, geboue ens. taamlik ongunstig. Dit is dalk nuttig om dit te besef. Jcwf (kontak) 19:12, 25 Julie 2018 (UTC)
- Geld dit alle argitektuur? Wat is die definisie van 'n artistieke werk vir doeleindes van die wet? K175 (bespreking | bydraes) 08:16, 27 Julie 2018 (UTC)
- Geld vir enige gebou - uitsondering: die argitek/ontwerper is meer as 50 jaar gelede oorlede. Voyageur (kontak) 09:15, 27 Julie 2018 (UTC)
- Klink drakonies. Is fair use van toepassing? K175 (bespreking | bydraes) 09:21, 27 Julie 2018 (UTC)
- Slegs in die VSA. Maar - in die praktyk mag fotos wél geneem word. As ek 'n ander argitek se werk kopieer deur 'n gebou in presies dieselfde styl op te rig of dit vir 'n advertensie gebruik sonder toestemming, is dít die kopieregskending wat die wet eintlik bedoel. Voyageur (kontak) 09:45, 27 Julie 2018 (UTC)
- Ongelukkig kyk Commons na die wet soos dit is, nie soos dit bedoel is nie. Kan Wikimedia Suid-Afrika die politici dalk benader? In België het dit gewerk en het hulle die vryheid van panorama ingevoer. Die atomium was die cause celèbre daarvan. Dit se foto's is gewis en gewis en gewis. Alle toeriste wat 'n prentjie gemaak het het dit wou oplaai, want dit het 'nog ontbreek'. Jcwf (kontak) 14:40, 28 Julie 2018 (UTC)
- Het reeds gebeur. Uitkoms onseker. Take action! Voyageur (kontak) 16:40, 28 Julie 2018 (UTC)
- Ongelukkig kyk Commons na die wet soos dit is, nie soos dit bedoel is nie. Kan Wikimedia Suid-Afrika die politici dalk benader? In België het dit gewerk en het hulle die vryheid van panorama ingevoer. Die atomium was die cause celèbre daarvan. Dit se foto's is gewis en gewis en gewis. Alle toeriste wat 'n prentjie gemaak het het dit wou oplaai, want dit het 'nog ontbreek'. Jcwf (kontak) 14:40, 28 Julie 2018 (UTC)
- Slegs in die VSA. Maar - in die praktyk mag fotos wél geneem word. As ek 'n ander argitek se werk kopieer deur 'n gebou in presies dieselfde styl op te rig of dit vir 'n advertensie gebruik sonder toestemming, is dít die kopieregskending wat die wet eintlik bedoel. Voyageur (kontak) 09:45, 27 Julie 2018 (UTC)
- Klink drakonies. Is fair use van toepassing? K175 (bespreking | bydraes) 09:21, 27 Julie 2018 (UTC)
- Geld vir enige gebou - uitsondering: die argitek/ontwerper is meer as 50 jaar gelede oorlede. Voyageur (kontak) 09:15, 27 Julie 2018 (UTC)
Frans Hals
Hallo almal! Ek het 'n artikel oor Frans Hals geskep. Ek weet persone is veronderstel om 'n sjabloon te hê. Ek het probeer maar kom nie reg nie. Daar is wel 'n prent by van sy kuns. Kan iemand my dalk help? Elana Barker (kontak) 10:54, 27 Julie 2018 (UTC)
- My voorstel: Kopieer en plak {{Inligtingskas Persoon}} soos byvoorbeeld by Pierneef of {{Inligtingskas Kunstenaar}} by Vincent van Gogh. Groete, --Aliwal2012 (kontak) 09:35, 28 Julie 2018 (UTC)
Kolpunte in die inligtingskassie en kategorieë
Dagsê, kan iemand asseblief help met die kolpunte in die inligtingskassie van die artikel "Bongani Mayosi" wat ek met CXT uit die Engels vertaal het. Daar is ook fout met die kategorieë. By voorbaat baie dankie, --Petterual (kontak) 17:02, 31 Julie 2018 (UTC)
- @Petterual: Ek is nie seker of ons kassies kolpunte kan doen nie. Ek het dit vir eers uitgehaal. K175 (bespreking | bydraes) 17:29, 31 Julie 2018 (UTC)
Swart toerisme voor 1990
Volgens die geskiedenisboeke is talle Suid-Afrikaanse strande vanaf 1987 oopgestel vir alle rasse. Dit was bes moontlik hoofsaaklik plaaslike besoekers. 'n Mens wonder net oor die beperkte toerisme-infrastruktuur vir swart Suid-Afrikaners in die tyd van die ou bedeling. Daar was enkele hotelle wat deur goed opgeleide swartes bestuur is en sekerlik kon meeding met hul blanke eweknieë. Maar toerisme is klaarblyklik as 'n hoofsaaklik blanke domein waargeneem. Sien iemand kans om swart Suid-Afrikaners (leerders byvoorbeeld?) uit te nooi om artikels in Afrikaans (of Engels, met die oog op vertaling) oor onderwerpe soos die bogenoemde te skryf? Voyageur (kontak) 17:58, 31 Julie 2018 (UTC)
- Ek wil graag 'n blad skep. Kan ek sny en plak en indien wel, hoe doen ek dit?– Hierdie ongetekende kommentaar is deur Jbayhen (Bespreking • Bydraes) gelewer.
- Tik die artikelnaam - byvoorbeeld "Swart toerisme in Suid-Afrika" - in die soekkassie regs bo in. 'n Nuwe bladsy word geopen waar die artikelteks geplak/geplaas kan word vir verdere bewerking. Groete - Voyageur (kontak) 12:02, 1 Augustus 2018 (UTC)
Vandalisme
Gebruiker:Dumbassman is m.i. besig met vandalisme deur edits aan te hou terugrol. Sy verskoning oor hoekom hy dit doen, is belaglik. Winston (kontak) 19:16, 2 Augustus 2018 (UTC)
- Ek stem nie saam nie. Ek verander ’n na 'n. Selfs die voorbladartikel doen dit so. Is dit moontlik om 'n robot te gebruik om als so te verander? Dankie Dumbassman (kontak) 19:32, 2 Augustus 2018 (UTC)
- Dis belaglik. Winston (kontak) 19:34, 2 Augustus 2018 (UTC)
- Hoekom? Dumbassman (kontak) 19:37, 2 Augustus 2018 (UTC)
- Sal iemand die man blokkeer, asb.? Hy hou aan met sy streke. Hy is 'n nobody hier. Winston (kontak) 20:07, 2 Augustus 2018 (UTC)
- Wat is die rede vir al die veranderinge van ’n na 'n? Is dit net kosmeties van aard? Is 'n baklei oor sulke dinge nuttig vir die Afrikaanse Wikipedia? Groete. -- SpesBona 20:35, 2 Augustus 2018 (UTC)
- Nee, seker nie, maar iemand wat nog nie veel op Wikipedia gedoen het nie, besluit om ’n na 'n te verander en omdat ek hom teengaan, begin hy my artikels verander net om my te wys hy kan doen wat hy wil. As ek dit terugrol, rol hy dit net weer terug. Dit is vandalisme en ek is te lank hier om sulke nonsens uit te hou. Winston (kontak) 20:55, 2 Augustus 2018 (UTC)
- Waar kom die afkappingsteken in ’n vandaan? As ek 'n afkappingsteken op my rekenaar maak, dan lyk dit so: '. K175 (bespreking | bydraes) 21:00, 2 Augustus 2018 (UTC)
- @SpesBona: Lees effens die artikel Wikipedia:Aanhalingstekens. Volgens daardie artikel, as 'n mens krulaanhalingstekens gebruik in plaas van reguitaanhalingstekens te gebruik, kan "slim" woordverwerkers verwar word. Martinvl (kontak) 22:04, 2 Augustus 2018 (UTC)
- Die artikel is elf jaar gelede geskryf en verwys slegs na aanhalingstekens. Ons eie Wiki-sagteware vertoon wat ons intik. Voyageur (kontak) 20:52, 3 Augustus 2018 (UTC)
- @SpesBona: Lees effens die artikel Wikipedia:Aanhalingstekens. Volgens daardie artikel, as 'n mens krulaanhalingstekens gebruik in plaas van reguitaanhalingstekens te gebruik, kan "slim" woordverwerkers verwar word. Martinvl (kontak) 22:04, 2 Augustus 2018 (UTC)
- Waar kom die afkappingsteken in ’n vandaan? As ek 'n afkappingsteken op my rekenaar maak, dan lyk dit so: '. K175 (bespreking | bydraes) 21:00, 2 Augustus 2018 (UTC)
- Nee, seker nie, maar iemand wat nog nie veel op Wikipedia gedoen het nie, besluit om ’n na 'n te verander en omdat ek hom teengaan, begin hy my artikels verander net om my te wys hy kan doen wat hy wil. As ek dit terugrol, rol hy dit net weer terug. Dit is vandalisme en ek is te lank hier om sulke nonsens uit te hou. Winston (kontak) 20:55, 2 Augustus 2018 (UTC)
- Wat is die rede vir al die veranderinge van ’n na 'n? Is dit net kosmeties van aard? Is 'n baklei oor sulke dinge nuttig vir die Afrikaanse Wikipedia? Groete. -- SpesBona 20:35, 2 Augustus 2018 (UTC)
- Sal iemand die man blokkeer, asb.? Hy hou aan met sy streke. Hy is 'n nobody hier. Winston (kontak) 20:07, 2 Augustus 2018 (UTC)
- Hoekom? Dumbassman (kontak) 19:37, 2 Augustus 2018 (UTC)
- Dis belaglik. Winston (kontak) 19:34, 2 Augustus 2018 (UTC)
- ’n Mens kan dit kry deur Alt + 0146 te tik. Of in Windows kan jy dit stel sodat dit outomaties reggemaak word. Dit is die tradisionele manier om ’n te skryf en dis belaglik om dit nou uitgefaseer te wil hê net omdat (Engelse) rekenaars dit nie op 'n maklike manier kan maak nie. Dis ook nie waaroor dit gaan nie. Hierdie ou het my geteiken en verander nou die een na die ander van my artikels net om my te tart. As hy dit met ’n administrateur gedoen het, was hy lankal geblokkeer. Die artikel wat Martinvl noem, het niks hiermee te doen soos ek dit verstaan nie, maar met die verkeerdom krul van ’n - dus ‘n. Winston (kontak) 22:14, 2 Augustus 2018 (UTC)
- @Winstonza:, "Hy is 'n nobody hier" om sulke dinge oor ander gebruikers te sê help ons glad nie. Rooiratel (kontak) 05:16, 3 Augustus 2018 (UTC)
- Die artikel hierbo wat Martinvl noem, het niks met die saak te doen nie, want dit gaan oor smart quotes. Ek gebruik nie smart quotes nie. En ’n soektog na iets met ’n strepie gee volledige resultate, maak nie saak watter kant toe die strepie lê nie. Cheers. Winston (kontak) 10:12, 3 Augustus 2018 (UTC)
- Daar is eintlik niks in die Afrikaanse stylgids hieroor nie, maar die Engelse stylgids sê dat hulle moet altyd reguitaanhalingstekens gebruik. My begrip is dat ons die Engelse stylgids volg, tensy daar 'n goeie rede daarteen is. Byvoorbeeld, die komma word as 'n desimale skeiding in Suid-Afrika gebruik, terwyl die punt word in die Verenigde Koninkryk en in die Verenigde State gebruik. Martinvl (kontak) 16:59, 3 Augustus 2018 (UTC)
- @Martinvl: Engelse reëls geld nie vir Afrikaans nie. Ons skryf 100 000 en nie 100,000 nie. Laasgenoemde is net 100 in Afrikaans. Groete. -- SpesBona 17:32, 3 Augustus 2018 (UTC)
- Wel, dit is nou die gulde geleentheid om op 'n riglyn te besluit. Dit sal maklik wees om 'n robot in te span om die riglyn regoor die ensiklopedie toe te pas. Eenvormigheid is belangrik. Die huidige toestand is onnet. Ek het terloops met mense gesels en die terugvoer wat ek kry is dat 'n met 'n krulapostroof geskryf moet word. Dit is vir my ook nuus. K175 (bespreking | bydraes) 18:48, 3 Augustus 2018 (UTC)
- cc @Gebruiker:Geebee100 @Gebruiker:Suidpunt @Gebruiker:Petterual K175 (bespreking | bydraes) 19:12, 3 Augustus 2018 (UTC)
- @Martinvl: Engelse reëls geld nie vir Afrikaans nie. Ons skryf 100 000 en nie 100,000 nie. Laasgenoemde is net 100 in Afrikaans. Groete. -- SpesBona 17:32, 3 Augustus 2018 (UTC)
- Daar is eintlik niks in die Afrikaanse stylgids hieroor nie, maar die Engelse stylgids sê dat hulle moet altyd reguitaanhalingstekens gebruik. My begrip is dat ons die Engelse stylgids volg, tensy daar 'n goeie rede daarteen is. Byvoorbeeld, die komma word as 'n desimale skeiding in Suid-Afrika gebruik, terwyl die punt word in die Verenigde Koninkryk en in die Verenigde State gebruik. Martinvl (kontak) 16:59, 3 Augustus 2018 (UTC)
- Die artikel hierbo wat Martinvl noem, het niks met die saak te doen nie, want dit gaan oor smart quotes. Ek gebruik nie smart quotes nie. En ’n soektog na iets met ’n strepie gee volledige resultate, maak nie saak watter kant toe die strepie lê nie. Cheers. Winston (kontak) 10:12, 3 Augustus 2018 (UTC)
- @Winstonza:, "Hy is 'n nobody hier" om sulke dinge oor ander gebruikers te sê help ons glad nie. Rooiratel (kontak) 05:16, 3 Augustus 2018 (UTC)
Ek stem saam dat eenvormigheid belangrik is en dink 'n robot moet die riglyn regoor die ensiklopedie toepas. Dankie Dumbassman (kontak) 19:10, 3 Augustus 2018 (UTC)
- Dumbassman het reg dat sulke goeters die beste deur 'n robot gedoen kan word. Om van die skrywers te eis om altyd 'n tekentjie in te voeg wat nie op hulle klavier is nie, gaan baie skade doen aan die produktiwiteit. Jcwf (kontak) 01:19, 4 Augustus 2018 (UTC)
- Ditto - Microsoft Word doen dit veral met my wanneer ek skryf. Daarom probeer ek deesdae Notepad gebruik - wat ook beteken ek maak ontsaglik baie tikfoute. Ons kan ewe min van mense verwag om pleks van die pleonasme "mediese dokter" slegs "dokter" te skryf - die Afrikaanssprekendes is nie so gesteld op die verskil tussen spreektaal of skryftaal soos 'n Hollander nie (vergelyk gooien vs. werpen). Wat "klavier" aanbetref - in Afrikaans is sleutelbord gebruiklik, hoewel ek die ouer toetsbord verkies. Klavier verwys slegs na die musiekinstrument, d.w.s. die piano. Die harpsichord bly klavesimbel, die keyboard word klawerbord of toetsbord, die synthesizer word sintetiseerder, hoewel ek die skepping klavetron verkies. Suidpunt (kontak) 10:43, 4 Augustus 2018 (UTC)
- Die strepie in ʼn is 'n AFKAPPINGSTEKEN en nie 'n aanhalingsteken nie. Ons kry dus duidelike riglyne hieroor in die oriëntasie by hoofstuk 2 in die Afrikaanse woordelys en Spelreëls: "Let op die korrekte vorm van die afkappingsteken, naamlik ’ of ', en nie ‘ nie". Let ook verder op AWS 18.19.a en 9.2. Die voorkeurvorm (aldus 18.19.a) is duidelik ʼn (m.a.w. Unicode 0149). As jou taal in MS Word ingestel is op Afrikaans, dan behoort 'n outomaties te verander in ʼn, of anders kan jy dit met kortpaaie vir Unicode-karakters doen. Beide Dumbassman en Winston is dus reg, maar beide is verkeerd om mekaar die hare in te vlieg :-) Ek dink wel dit is noodsaaklik om 'n stylgids daarvoor neer te lê en my voorstel sou 'n wees, gewoon omdat dit maklik en vinnig tik in platteksomgewings soos Wikipedia. Dit werk dan ook maklik vir ander woorde met apostrowe, soos 'k en 't. Geebee100 (kontak) 05:49, 16 Augustus 2018 (UTC)
- Ditto - Microsoft Word doen dit veral met my wanneer ek skryf. Daarom probeer ek deesdae Notepad gebruik - wat ook beteken ek maak ontsaglik baie tikfoute. Ons kan ewe min van mense verwag om pleks van die pleonasme "mediese dokter" slegs "dokter" te skryf - die Afrikaanssprekendes is nie so gesteld op die verskil tussen spreektaal of skryftaal soos 'n Hollander nie (vergelyk gooien vs. werpen). Wat "klavier" aanbetref - in Afrikaans is sleutelbord gebruiklik, hoewel ek die ouer toetsbord verkies. Klavier verwys slegs na die musiekinstrument, d.w.s. die piano. Die harpsichord bly klavesimbel, die keyboard word klawerbord of toetsbord, die synthesizer word sintetiseerder, hoewel ek die skepping klavetron verkies. Suidpunt (kontak) 10:43, 4 Augustus 2018 (UTC)
Digitale laaste rusplek
Dit is hoog tyd dat ons digitaal ontslape bydraers êrens hier hul laaste digitale rusplek kry, saam met die nodige ruimte vir hul eindtydprofesieë en knoppies vir hul outomatiese heropstanding en wederkoms. Voyageur (kontak) 12:15, 5 Augustus 2018 (UTC)
- Ek dink weer ons moet 'n moerse flonkerende, futuristiese "POWER"-knop op 'n bladsy kry. Met 'n agtergrondliedjie wat sing: Erst wenn die Nacht den Tag besiegt / und die letzten Schatten fliehen. / Erst wenn die Dunkelheit regiert / kommt unsere Zeit. Dis 'n kliphardegat, bad-ass exit. 'n Ander moontlike opsie is Love Love deur Take That.
- Ons elkeen het daardie oomblik beleef. Trouens, ek het nog in hierdie maand. 2 KEER.
- Elkeen strip sy moer een of ander tyd, en dikwels oor 'n kleinigheidjie of 'n teks wat verkeerd verstaan word, of raak geweldig oordonder deur die omvang en grootsheid van die taak wat voorlê (gebeur die meeste kere met my)... Daar was 'n keer toe ek myself vir ses maande gedeaktiveer het, in 'n poging om my te dwing om 'n teks te vertaal. Gelukkig het Jcwf my impulsiwiteit teruggedraai. Anders voel baie van ons soos 'n dier wat in 'n hoek gedryf word deur almal wat teen jou mening draai. Of, mense voel nie na waarde geskat nie (ja, sies Wikimania!). Of, mense voel daar word ongemerk op hulle gepik (ja sies, Italiaanse Wikipedia - maar ek het julle vergewe. En die Italië-artikel lyk juis so bietjie - aan die arm kant). Suidpunt (kontak) 13:12, 5 Augustus 2018 (UTC)
Bekgeveg tussen Winstonza en Dumbassman
- Ope brief aan Winston
- Ek wil nie graag by so iets betrokke raak nie, maar ek moet in hierdie geval vir Gebruiker:Dumbassman opkom.
- Dumbassman het nou wel nie meer as 100 edits op af:wiki nie, maar om iemand ’n "Nobody hier" te noem, is uiters onvanpas.
- Ek haal jou maar op die Geselshoekie oor die kole maat, want jy, Winston, het na jou uitlatings in jou dop gekruip en jou profiel gesluit met ("einde van ’n era"). Dis mos nie hoe jy ’n goeie argument verdedig nie man!
- Dumbassman het die moeite gedoen om die 2018 WIKIMANIA by te woon (vanaf Namibië), terwyl jy, Winston, hier in Kaapstad sit en nie eers jou gesig kom wys het by WIKIMANIA nie (ek neem aan dit was weens werksverpligtinge?)
- Hoekom bg. my pla, is dat 5 van ons Afrikaanse gebruikers juis interne probleme op af:wiki bespreek het tydens informele sessies in Kaapstad.
- Jy, Winston, het my na middernag op 19 Julie 2018 geroskam oor ek durf aan jou skryfwerk verander! Sien Kaapstadse waterkrisis. Dit nadat ek terug in my hotelkamer die artikel wat onse Dumbassman die dag by die Kaapse konferensie geskryf en vertaal het, se taalgebruik probeer verbeter het. Seker weer een van "jou" artikels?
- Ek (Aliwal2012) is nog net die helfte van jou tyd hier bedrywig, maar soos ek dit verstaan, is daar nie MY en JOU artikels nie, dis tog immers in die kuberruimte geplaas sodat enige bydraer dit onbeperk kan verander!
- Jy jaag kleiner bydraers hier weg deur oor beuselagtighede soos <’n> en <’n> te baklei. Nie almal se sleutelborde lyk mos dieselfde nie!
- Ek sal bly wees as jy voortgaan met jou bydraes tot artikels oor die ruimte, waarvoor ek groot agting het!
- Groete, en maak vrede asb! --Aliwal2012 (kontak) 14:42, 5 Augustus 2018 (UTC)
- Antwoord van Winstonza
- Ek wou jou eers nie antwoord nie, maar het op die ou end besluit om wel op jou (feitlik) beleefde brief te antwoord om my saak te stel. Winstonza
- Ongelukkig begin ek my antwoord op ’n negatiewe noot. As ek reg is, het hy maar sowat 20 edits hier gehad as ’n mens die ses goed buite rekening laat wat hy geskep het voordat hy hier ingespring en goed begin verander het soos wat hy dit verkies. En ek dink nie iemand wat mense "u majesteit" noem en reken hulle het "bekgevegte", kan juis voorskriftelik wees oor ander se taalgebruik nie.
- Ek het nie my argument probeer verdedig nie; ek is uiters teleurgesteld oor hoe hierdie kwessie hanteer is. Ek het regtig verwag ’n mens het ná byna 11 jaar darem ’n sê oor wat hier gebeur, eerder as ’n, wel, noem hom ’n redelike nuweling.
- Hoekom plaas dit hom in ’n bevoorregte posisie?
- Nee, dit was nie "my" artikel nie. Maar ek het ’n driekwartier voor jou aan die artikel begin werk. Toe begin jy ook daaraan werk en verander goed wat ek reeds verander het. Twee mense kan tog nie gelyk aan ’n artikel werk nie. Maar ek neem aan jy het dit nie gesien nie.
- Ek hou nie van byeenkomste en besprekings nie en dis hoekom ek dit nie bygewoon het nie. Ek doen my deel op ’n ander manier waarmee ek meer gemaklik voel.
- As dit sinvolle veranderings is, ja. Maar ek doen ook nie al hierdie harde werk sodat iemand net sonder rede die een ná die ander van die artikels waaraan ek gewerk het, kan gaan verander soos wat hy lekker kry nie. En hy het dit met opset gedoen en my terugrolle weer gaan terugrol nadat ek hom op sy besprekingsblad (beleefd) gevra het hoekom hy dit doen. Dit is vandalisme.
- Sien hierbo. (En ek is ’n taalpraktisyn. Ek is gesteld op sulke goedjies en ek sorg dat myne volgens my siening reg is. As iemand anders reguit strepies wil maak, het ek vrede daarmee; ek spring nie net in en verander hul goed nie.)
- Daar is ’n moontlikheid, maar ek weet nog nie. En ek doen darem nie net artikels oor een onderwerp nie. – Hierdie ongetekende kommentaar is deur Winstonza (Bespreking • Bydraes) gelewer.
Winstonza het moontlik reg - die situasie is heel moontlik verkeerd hanteer. Daar moenie herhaaldelik aan mekaar se wysigings teruggerol word nie. Die Engelse het 'n reël genaamd 3RR - 3 Revert Rule - wat voorkom dat terugrol handuit ruk. Terwyl ons wil hê dat nuwelinge moet vry voel en hul gang gaan, wil ons gesoute gebruikers ook gerusstel dat enige onkonstruktiewe wysigings teruggerol kan word omdat die volledige wysigingsgeskiedenis altyd gestoor word. Die kwessie oor die apostroof moes waarskynlik net op die besprekingsbladsy van die betrokke artikel bespreek word in plaas daarvan dat 'n wysigingsoorlog gehou word. Net my 2 sent. K175 (bespreking | bydraes) 21:07, 8 Augustus 2018 (UTC)
- Gebruiker Dumbassman maak dit nie maklik vir administrateurs hier nie. Ek gaan nie ligtelik 'n gebruiker blokkeer wat klaarblyklik Afrikaanssprekend is, 'n rekening hier geskep het en blykbaar belang daarin stel om by te dra tot ons projek. Maar tegelykertyd wonder ek net hoekom hy Engels op sy gebruikerbladsy gebruik en nie bereid is om vooraf fundamentele wysigings hier te bespreek nie. Maar aangesien hy 'n nuweling is hier, mag hy ook foute maak. Sake is baie meer ontspanne en rustig hier as in ander projekte. Daar is dus hoegenaamd geen rede om 'n verbete stryd oor stylkwessies te voer nie. Dit maak nie saak aan watter tekens een of ander gebruiker die voorkeur gee nie - eenvormigheid is net so belangrik as veelvuldigheid. Eenvormigheid bestaan nie in enige taal nie tensy dit nog net deur een spreker gebesig word. Daar is variante en variante en variante wat almal aanvaarbaar is. Voyageur (kontak) 18:26, 5 Augustus 2018 (UTC)
- Vir die rekord: Dumbassman woon in Namibië. Groete! Oesjaar (kontak) 19:55, 5 Augustus 2018 (UTC)
- Ek het deur my sleutebord gewerk: ek het net ' beskikbaar.... Oesjaar (kontak) 20:00, 5 Augustus 2018 (UTC)
- Ons moet die Afrikaanse ondernemersgees aanwakker - Afrikaanse sleutelborde kan maklik ontwerp en vervaardig word. Voyageur (kontak) 20:13, 5 Augustus 2018 (UTC)
- Ek het deur my sleutebord gewerk: ek het net ' beskikbaar.... Oesjaar (kontak) 20:00, 5 Augustus 2018 (UTC)
- Vir die rekord: Dumbassman woon in Namibië. Groete! Oesjaar (kontak) 19:55, 5 Augustus 2018 (UTC)
Is Google translate bruikbaar?
Wil iemand monitor of 'n vertaling van Nederlands na Afrikaans met Google translate redelik goed is? Die resultaat is op Gebruiker: Rwbest/notepad. Rwbest (kontak) 17:12, 5 Augustus 2018 (UTC)
- Hallo @Rwbest:, Google translate is definitief nie betroubaar nie, in geen taal nie. Dit maak net meer werk vir ander redigeerders indien u artikels masjienvertaal, en dan hier publiseer. Dit word nie verwelkom op die Afrikaanse wiki nie! Groete, --Aliwal2012 (kontak) 17:21, 5 Augustus 2018 (UTC)
- Vertaling vanaf Nederlands werk beter as vanaf enige ander taal, in my ondervinding. Jy moet egter steeds die resultaat proeflees om dit vir publikasie gereed te maak. Ek het solank 'n paar wysigings by jou nota aangebring. Daar is steeds 'n paar sinne wat nie heeltemal duidelik is nie. K175 (bespreking | bydraes) 17:37, 5 Augustus 2018 (UTC)
- Rwbest, ik zie u bent nogal aardig druk op de Nederlandstalige Wikipedia. Hmmm... Ik wou u aanvankelijk http://context.reverso.net/ aanraden, maar ja. Zoals ook Rotterdammer Jcwf kan getuigen:
- De beste oplossing in dat opzicht is een mens - dus, wij. Suidpunt (kontak) 18:33, 5 Augustus 2018 (UTC)
- Ja, google translate is nuttig en bruikbaar maar net as hulpmiddel vir 'n vertaler, nie as vertaler nie. Jcwf (kontak) 22:41, 5 Augustus 2018 (UTC)
- Dankie vir alle kommentaar. Ek kan myself nie proeflees nie, so ek sal eers bydra tot gebruikersbladsye, vra vir proeflees en dan publiseer. K75 en Suidpunt, dankie vir verbetering, maar wag 'n rukkie totdat ek vra vir proeflesing. Eerstens wil ek my bydrae tot energievoorsiening herskryf om oorvleueling met ander artikels soos Energiehuishouding te verminder. Rwbest (kontak) 07:31, 6 Augustus 2018 (UTC)
Is daar nog iemand wat met my sal praat?
Is daar enige iemand wat nog my 'n pad vorentoe wil stap op hierdie Wiki? Dit was seker maar net 'n kwessie van tyd alvorens die Afrikanersiekte na vore kom. Groete! Oesjaar (kontak) 17:41, 5 Augustus 2018 (UTC)
- Alles sal regkom, as ieder sy artikeltjie skryf. Beskryf nog 'n vissie, Oesjaar. Jcwf (kontak) 18:41, 5 Augustus 2018 (UTC)
- Een van ons mees begeerde artikels (Bibliothèque nationale de France) is so pas hier geskep; 'n hele reeks artikels oor Portugeessprekende lande word beplan; artikels oor die Verenigde Koninkryk, Engeland, Italië, Oostenryk word uitgebrei; argitektuur en ontwerp word as kerntemas ontwikkel; ensovoorts. Alles in 'n wêreld ver daarbuite waar mense nog nooit die geheimsinnige Afrikaanse krulteken op hul toetsborde gesien het nie. Voyageur (kontak) 18:46, 5 Augustus 2018 (UTC)
- @Oesjaar: ek! K175 (bespreking | bydraes) 18:49, 5 Augustus 2018 (UTC)
- @Oesjaar:, dis nogal een van die redes hoekom ek nie meer vreeslik aktief op Wikipedia is nie. Aan die een kant vind ek dit BAIE moeilik om te weet waar om stylgidse, template, ens. te vind, want vir iemand wat nie elke, liewe dag op Wikipedia skryf en redigeer nie, is dit nie ligte musiek om bydraes te lewer nie. Aan die ander kant is ek BAIE banger vir die paar kwaai mense hier. Ek kritiseer hulle glad nie, want (a) dink ek hulle doen UITMUNTENDE werk vir Afrikaans en ek is hulle diep-diep dankbaar; en (b) ek het nie die tyd en kennis om te doen wat hulle doen nie. Dus hou ek my maar op my plek, tensy iemand my 'n spesifieke vraag vra - dan help ek uiteraard graag. Dis maar net my stuiwer ... Geebee100 (kontak) 05:59, 16 Augustus 2018 (UTC)
- Ja, tot 'n groot mate het redigering en bydraes 'n spesialis taak geraak, ironies genoeg het sommige geoutomatiseerde take, wat veronderstel was om die take te vergemaklik, myns insiens die teenoorgestelde effek gehad. Groete! Oesjaar (kontak) 06:28, 16 Augustus 2018 (UTC)
- @Oesjaar:, dis nogal een van die redes hoekom ek nie meer vreeslik aktief op Wikipedia is nie. Aan die een kant vind ek dit BAIE moeilik om te weet waar om stylgidse, template, ens. te vind, want vir iemand wat nie elke, liewe dag op Wikipedia skryf en redigeer nie, is dit nie ligte musiek om bydraes te lewer nie. Aan die ander kant is ek BAIE banger vir die paar kwaai mense hier. Ek kritiseer hulle glad nie, want (a) dink ek hulle doen UITMUNTENDE werk vir Afrikaans en ek is hulle diep-diep dankbaar; en (b) ek het nie die tyd en kennis om te doen wat hulle doen nie. Dus hou ek my maar op my plek, tensy iemand my 'n spesifieke vraag vra - dan help ek uiteraard graag. Dis maar net my stuiwer ... Geebee100 (kontak) 05:59, 16 Augustus 2018 (UTC)
Noudat al die Japannese sokkerspelers hul kassies het, gaan ek nou die vlag van Duitsland en aansluitend die vlag van Israel, met hulp van my Afrikaansonderwyser in Berlyn wat ook Hebreeus praat, tot voorbladartikels uitbrei. Miskien gaan dit nuwe motivasie vir Gebruiker:Puvircho skep. Ek mis sy vlagartikels! Daarbenewens sal dit graag wees, indien ou kandidate soos Alabama, Bremen, Goud, Londen, Plinius die jongere, Tacitus en Wolf ook hul kanse kan kry. Kom ons stap vorentoe! Groete. -- SpesBona 19:56, 16 Augustus 2018 (UTC)
- Wie is jou Afrikaanse onderwyser? Groete! Oesjaar (kontak) 20:12, 16 Augustus 2018 (UTC)
- WIL EK OOK WEET. Want hy/sy sal ons regtig kan help met leesmoeders en al die ander grammatika van Iwriet op my werksbank. En ek hoop Sören het toe sy WAT en HAT en AWS en Tweetalige Woordeboek en... gekry.
- Nou vir 'n taalbad.
- Noudat al die Japannese sokkerspelers hul kassies (gekry) het, gaan ek sowel die vlag van Duitsland as die vlag van Israel [tot voorbladartikels uitbrei], met behulp van my Afrikaansonderwyser in Berlyn wat (toevallig!) ook Hebreeus praat, [...]* Miskien sal dit Gebruiker:Puvircho opnuut motiveer**. Ek mis sy vlagartikels***. Daarbenewens sal dit gaaf**** wees as die ou kandidate soos [Alabama, Bremen, Goud, Londen, Plinius die jongere, Tacitus en Wolf] ook hul beurt***** (kan) kry. [Skrap frase]****** Groete. --
- 1.Daar is iets soos tangkonstruksies wat algemeen in Nederlands ook is, maar onbekend is in Duits. In Duits hou jy die werkwoord laaste, maak nie saak hoeveel bykomende inligting, parentese en prostese en botox jy invoeg nie. In Afrikaans kan jy wel die werkwoord "vervroeg".
- 2. dalk "aanmoedig", "aanspoor"? Motiveer is volgens die HAT uit die Engels.
- 3.Vermis bedoel jy die artikels is skoonveld, weg, het van die aardbol af verdwyn, soos mis voor die horison, is soek. Wo ist Walter? (Where's Wally?)
- 4.graag = gern?
- 5.beurt klink in my ore natuurliker. Nou ja, hangar klink vir my ook natuurliker as vliegtuigloods - maar my moeder, my suster en my woordeboeke stry met my.
- 6.CinemaSins. +1. Tieng! Ek het daardie sin verwyder omrede politici in Suid-Afrika so lief is om die stopsin "let's move forward" of "so that we can move forward" te gebruik, kort voordat nog 'n nuwe wet weer deurgevoer word wat ons al verder in die Steentydperk terugdruk. Verdomp, kyk af na jou voete - dis 'n evolusionêre gegewe dat jou voete vorentoe kyk met die doel OM vorentoe te beweeg! VORT! Wat eerder van: "Aan die werk!"?Suidpunt (kontak) 20:26, 16 Augustus 2018 (UTC)
Gemeenskapsprojek.
Wiki gemeenskap, hier is ons eerste projek vir die jaar, iets wat van waarde vir die breër publiek kan wees. Ons moet die Lys van hospitale in Suid-Afrika so verbeter dat dit in tabelvorm verskyn, met elke hospitaal se naam, adres, tel nommer en koördinate daarin! Wie gaan werk en wie gaan kyk....? Groete! Oesjaar (kontak) 19:35, 6 Augustus 2018 (UTC)
- Ek kan die tabel met behulp van 'n rekenaarprogram vorm. Ek gaan net die lys van name en betrokke inligting benodig. Ek het 'n probleem met die adres en telefoonnommer - is dit toepaslik vir 'n ensiklopedie? Dalk kan ons daardie velde met ander inligting vervang, bv. datum gestig en aantal beddens, of 'n dergelike statistiek. As jy vir my hierdie inligting in 'n spreivel kan gee, kan ek die tabel tjoef-tjaf maak. Groete. K175 (bespreking | bydraes) 20:18, 6 Augustus 2018 (UTC)
- Ek het die tabel geskep; adres en tel - miskien nie werklik ensiklopedies nie maar het besliste waarde vir die groter gemeenskap. Inligting? Soek per hospitaal per webwerf! Dit is hoekom ek dit 'n projek noem. Myns insiens moet ons op elke dorp die inligting van die hospitaal, polisiestasie en brandweer iewers weergee. Miskien op sjabloon... Jy weet nooit, eendag red ons 'n lewe so! Groete! Oesjaar (kontak) 20:22, 6 Augustus 2018 (UTC)
- Is daar 'n inligtingskassjabloon vir 'n hospitaal? Ek moet bieg ek het nie baie deeglik gesoek nie Dumbassman (kontak) 19:13, 18 Augustus 2018 (UTC)
Energievoorsiening
Wil iemand die artikel op Gebruiker:Rwbest/notepad proeflees en verbeter? Dit is vertaal uit Nederlands met behulp van Google Translate en bevat beslis taalfoute. Dankie by voorbaat. Rwbest (kontak) 14:01, 7 Augustus 2018 (UTC)
- Die artikel is 'n paar honderd keer gesien en is deur sommige lesers verander. Is verdere proeflesing vereis?
- Die artikel kan apart geplaas word as Energievoorsiening of ingevoeg word in Energie ontwikkeling, bv. in onderafdelings Energiestatistiek en Energie-omskakeling en vervoer. Wat is die voorkeur? Rwbest (kontak) 09:32, 12 Augustus 2018 (UTC)
- Daar wag nog verdere redigeerwerk op vrywilligers. Voyageur (kontak) 11:43, 12 Augustus 2018 (UTC)
Seawhip goby
Gemeenskap: help asb met Afrikaanse naam? Groete! Oesjaar (kontak) 20:03, 9 Augustus 2018 (UTC)
- Wat van "Seesweepdikkop"? Groete, Rooiratel (kontak) 05:04, 10 Augustus 2018 (UTC)
- Of selfs "seesambokdikkop", --Aliwal2012 (kontak) 07:54, 10 Augustus 2018 (UTC)
- Gemeenskap: sien https://en.wikipedia.org/wiki/Gorgonian Ek dink ons het dalk die pot misgesit hier met die vertaling... Groete! Oesjaar (kontak) 11:06, 12 Augustus 2018 (UTC)
- Of selfs "seesambokdikkop", --Aliwal2012 (kontak) 07:54, 10 Augustus 2018 (UTC)
- Afgetrek vanaf Oesjaar se kletsblad - Aliwal2012
Naand meneer. Hoop dit gaan goed. Ek wil graag jou mening hoor. All die C-paaie in Namibië is grondpaaie en al die B-paaie is teerpad. Dus moet dit seker nie C11-hoofweg wees nie, maar C11-grondpad, en ook nie onder snelpaaie kategorie nie. Wat sê jy? Groete Dumbassman (kontak) 18:27, 13 Augustus 2018 (UTC)
- Dit bly 'n hoofweg, maak nie saak waarvan dit gemaak is nie! --Aliwal2012 (kontak) 18:44, 13 Augustus 2018 (UTC)
- Dankie. En die Snelpaaie kategorie? Dumbassman (kontak) 18:47, 13 Augustus 2018 (UTC)
- Hallo daar. Ek het pas op my topografiese kaart gekyk. In Suid-Afrika [ek weet absoluut niks van Namibië nie; ek was nog nooit sedert ek verstand gekry het verder as die Wes-Kaap nie], werk ons met:
- 1. Nasionale deurpad, Nasionale roete [National Freeway, National Route], aangedui deur N - N1, N2...
- 2. Hoofverkeersroete [Arterial Route], aangedui deur R, bv. R316 (Overberg)
- 3. Hoofpad [Main Road: dis soos by Pietermaritzburg, waar jy direk vanaf die N3... O. Op die ou kaarte van 2000 word dit nog as Hoofpad 103 aangedui. Vandag is dit die R103, dus, 'n Hoofverkeersroete. Wat een van twee dinge kon beteken: of al die ou hoofpaaie is geleidelik "opgradeer"; of - dis bloot die ou benaming [in oorgang].
- 4. Sekondêre pad - dis grondpad.Suidpunt (kontak) 19:13, 13 Augustus 2018 (UTC)
- Dankie. En die Snelpaaie kategorie? Dumbassman (kontak) 18:47, 13 Augustus 2018 (UTC)
WAG, dit raak erger. 1975 WAT, vir die ou dae [ek weet nie of dit die destydse Suidwes ook sou geraak het nie]:
- 1. Grootpad: Pad m/d hoogste status, hoër as dié van hoofpad; nasionale pad, transportpad.
- Maar ook, meer gemeenskaplik en informeel: pad wat deur 'n openbare liggaam, veral 'n afdelingsraad in stand gehou word en gew. dorpe met mekaar verbind. Word in dieselfde opsig gebruik as Openbare pad, om te onderskei van plaaspad.Suidpunt (kontak) 19:13, 13 Augustus 2018 (UTC)
- 2. Hoofpad: Vernaamste, belangrikste pad, meer bep., pad met 'n geproklameerde breedte van 80 Kaapse vt. en van 'n graad laer as 'n grootpad, maar hoër as 'n afdelingspad; hoofweg.
- 3. Afdelingspad: Pad met geproklameerde breedte van 60 Kaapse voet en van 'n laer graad as 'n hoofpad, maar hoër as 'n publieke (openbare) pad.
- 4. My WAT-stel trek nie sover om openbare pad te omskryf nie. Jammer.
- 5. Plaaspad: Sien bo.
- 6. Wandelpad.
- 7. Bokpaadjie. Dit kan wel!
- 8. Slangseilroete. Suidpunt (kontak) 19:16, 13 Augustus 2018 (UTC)
- Ai! Laat ek daaroor dink.... Groete! Oesjaar (kontak) 19:24, 13 Augustus 2018 (UTC)
- Rossouw, hoe lyk die legende van die Namibiese padkaarte? Hoe definieer hulle die roetes? Groete! Oesjaar (kontak) 06:59, 14 Augustus 2018 (UTC)
- Die kaart wat ek hier het, dui aan nasionale pad, teerpad en grondpad. Groete Dumbassman (kontak) 15:36, 14 Augustus 2018 (UTC)
- Rossouw, hoe lyk die legende van die Namibiese padkaarte? Hoe definieer hulle die roetes? Groete! Oesjaar (kontak) 06:59, 14 Augustus 2018 (UTC)
Visterminologie
Initial phase: Juveniles; Terminal phase: males ...
- Gemeenskap, wat is die korrekte Afr. vir bogenoemde? Groete! Oesjaar 18:43, 12 Augustus 2018 (UTC)
- Beginfase: jongelinge; eindfase: mannetjies. Sterkte, Aliwal2012 09:23, 14 Augustus 2018 (UTC)
- Aliwal is reg. Of jy kan net praat van "jong(e) vis" of "jong(e) visse" [dis nou 'n skool; ek verkies die hiperkorrekte Neerlandistiese wyse om die "-e" as meervoudsaanduiding van "vis", bv. "daar is baie vis in die see.", "hoeveel vis is vandag gevang?" - Nie dat dit saakmaak nie, dis buitendien "De Vis" in enkelvoud ook ]. Ek verkies wel om tussen "volgroeid" en "onvolgroeid" te onderskei wat diere aanbetref. Dis half asof ek "volwasse" en "minderjarig" net eintlik tot die "mens" wil beperk.Suidpunt
- Beginfase: jongelinge; eindfase: mannetjies. Sterkte, Aliwal2012 09:23, 14 Augustus 2018 (UTC)
Netwerk24 as betroubare bron
Dit is snert soos hierdie wat my soms laat wonder of ons nie Netwerk24 as bron heeltemal moet verwerp nie. In die aangehaalde twiets kan 'n mens ook deurkyk na watter bollie die redakteurs by Naspers kwytraak. K175 07:48, 15 Augustus 2018 (UTC)
- Vir enigieman wat nog wonder (seker 'n Netwerk24-intekenaar; moenie sleg voel nie, ek betaal nou maar ook vir die voorreg om fake news News24 in Afrikaans te kan lees), fagot is 'n blaasinstrument. Die kwetsende term in Engels vir 'n homoseksuele man is faggot. K175 07:50, 15 Augustus 2018 (UTC)
- Die twak is agter 'n betaalmuur. Lees dit hier. K175 07:53, 15 Augustus 2018 (UTC)
- Ek dink om R99 per maand te betaal is klaar genoeg rede om dit as 'n bron te verwerp. Groete Dumbassman (kontak) 07:58, 15 Augustus 2018 (UTC)
- Teen R99 is dit die goedkoopste comics! Groete! Oesjaar (kontak) 19:05, 15 Augustus 2018 (UTC)
- @K175 - Dan is dit nog iets wat ek en Chameleon in gemeen het - agternaamontleding. Dan sal jy baie bly wees oor jou agternaam, jou "briljante barbaar"... [Gaut (Goot) + berht (briljant, slim, skitterend - vergelyk bright)].Suidpunt 11:31, 16 Augustus 2018 (UTC)
St. Lawrence Island
Gemeenskap, wat sal bogenoemde in Afrikaans wees? Hierdie eiland is geleë in die suidelik ingang van die Beringstraat. Groete! Oesjaar (kontak) 12:31, 20 Augustus 2018 (UTC)
- Pharos praat van Sint Lawrenceseeweg, so dis seker maar Sint Lawrence-eiland. Burgert (kontak) 16:44, 20 Augustus 2018 (UTC)
- Saint Laurence word Sint Laurens in Afrikaans en Nederlands, Saint Laurent in Frans en Sankt Lorenz in Duits. Mengvorme is nie aanvaarbaar nie - dit is 'n gewone voornaam en 'n gewone Rooms-Katolieke heilige. Voyageur (kontak) 16:57, 20 Augustus 2018 (UTC)
- Dankie manne! Groete! Oesjaar (kontak) 17:40, 20 Augustus 2018 (UTC)
- Saint Laurence word Sint Laurens in Afrikaans en Nederlands, Saint Laurent in Frans en Sankt Lorenz in Duits. Mengvorme is nie aanvaarbaar nie - dit is 'n gewone voornaam en 'n gewone Rooms-Katolieke heilige. Voyageur (kontak) 16:57, 20 Augustus 2018 (UTC)
Editing of sitewide CSS/JS is only possible for interface administrators from now
(Help met die vertaal na uw taal)
Hi all,
as announced previously, permission handling for CSS/JS pages has changed: only members of the interface-admin
(Koppelvlakadministrateurs) group, and a few highly privileged global groups such as stewards, can edit CSS/JS pages that they do not own (that is, any page ending with .css or .js that is either in the MediaWiki: namespace or is another user's user subpage). This is done to improve the security of readers and editors of Wikimedia projects. More information is available at Creation of separate user group for editing sitewide CSS/JS. If you encounter any unexpected problems, please contact me or file a bug.
Thanks!
Tgr (talk) 12:39, 27 Augustus 2018 (UTC) (via global message delivery)
Aanstuur by titelwysiging
Wat is/was die probleem om 'n aanstuur te skep wanneer 'n titel verander word? Ek het nou pas 'n skakel hierheen gesien (weens 'n ou gesprek om dit uit te vee) en moes toe aanneem dat dit wel uitgevee is. Kos dit enigiemand enigiets om 'n aanstuur in plek te los sodat mense makliker dinge kan kry? Die koste is wel duidelik. By Henning Pieterse is daar 'n rooi skakel (dalk al vir maande). Kan ons groot asb. as verstekreël aansture in plek hou wanneer ons sulke klein veranderinge maak aan titels? Dit verhoog die bruikbaarheid van die ensiklopedie en help ons ook by soekenjins (insluitend die interne een) as mense vir tik-/spelfoute soek. --Alias (kontak) 10:35, 28 Augustus 2018 (UTC)
- Ek hoor jou Alias, dankie! Dis net sommige mense hou vol om bv. Namibië te spel as Namibia. Hulle sien 'n blou skakel vir laasgenoemde en dink dis die korrekte spelling só. Dankie vir jou bydraes, groete! --Aliwal2012 (kontak) 13:10, 28 Augustus 2018 (UTC)
- Gert, Namibia is 'n spelfout en moet myns insiens nie 'n aanstuur wees nie. Tydskrif vir letterkunde is net kapitalisering en kort dus 'n aanstuur, dink ek. – K. 1️⃣7️⃣5️⃣ (bespreking | bydraes) 13:23, 28 Augustus 2018 (UTC)
- Om jou woorde te leen, "Ek hooor jou, Aliwal2012"! Ek weet net nie of 'n rooi Namibia veel gaan help vir spelfoute nie. My idee jare terug was om verkeerde titels aan te stuur en in Kategorie:Titels met spelfoute te plaas sodat enigeen hulle almal maklik kan kry en van tyd tot tyd kan hersien. Ons optimeer dus hier vir makliker voorsorg of makliker nasorg. My voorkeur is vir die een wat gelyktydig die toeganklikheid verhoog. K175, ek verstaan nie hoekom spelfoute, grammatikafoute, hoofletterfoute, tikfoute, dinkfoute en nie omtrent enigiets anders 'n aanstuur kan wees as ons redelikerwys kan aanneem dat 'n leser die teiken bedoel het nie. --Alias (kontak) 13:31, 28 Augustus 2018 (UTC)
Skrap van rooi skakels
- Ter insae verbatum oorgedra vanaf Sjabloonbespreking:Navigasie kleding -Aliwal2012
[6] Dit is nie 'n goed genoeg rede nie. Die lys van gesoekte bladsye is juis daar om 'n indruk te gee van watter rooi skakels die meeste voorkom en geskep moet word. Om rooi skakels te skrap omdat dit te hoog op in die lys is, kanselleer die hele nut van die lys. Dan kan ons netsowel alle rooi skakels in die ensiklopedie skrap‼️ – K. 1️⃣7️⃣5️⃣ (bespreking | bydraes) 19:51, 27 Augustus 2018 (UTC)
- Ek verstaan dat rooi skakels nie vir almal ewe mooi is nie, maar ek is onseker wat die doel van 'n navigasiesjabloon is as mens nie meer kan navigeer nie. Dit is nou meer 'n tipe van 'n klein kategorie/portaal. Dalk is dit ok so, maar dan moet mens weet dat dit op datum gehou gaan word. Die voordeel van rooi skakels is dat hulle outomaties reg kom (as die titels reg is). Selfs as iemand wat nog nie eens bydra nie oor x jaar 'n artikel skep as ons hier almal al die projek verlaat het, kan 'n rooi skakel hier outomaties vir alle lesers bruikbaar word. As ek as medewerker 'n artikel sien met hierdie sjabloon, is daar geen maklike manier om te weet of dit dalk bygewerk moet word nie. (Dalk is daar 'n oplossing daarvoor waarvan ek nie bewus is nie.) Met al die skakels reeds geskep, is slegs verskille in titels dalk 'n probleem. Ek weet nie hoe almal die funksionaliteit vir gesoekte bladsye gebruik nie, maar as ons op groot skaal rooi skakels wegneem, gaan die funksionaliteit misleidend wees. Dit gesê, navigasiesjablone maak dit sekerlik reeds misleidend, en dalk is dit wat Aliwal2012 probeer doen? Om te kyk watter artikels op die lys is die moeite werd om daar te hê. Ek dink nie rooi skakels is so steurend in 'n navigasiesjabloon nie, maar ons moet maar hoor wat andere dink. --Alias 10:02, 28 Augustus 2018 (UTC)
- Myns insiens moet ons nie bang wees on die Sjabloon:Intertaalskakel ({{Ill|...}} te gebruik nie. Martinvl (kontak) 17:45, 30 Augustus 2018 (UTC)
- Gebruik jy dit op en.wikipedia ook @Martinvl:? Jcwf (kontak) 17:00, 1 September 2018 (UTC)
- Die taak om die uitstaande blouskakelartikels te skep vorder, stadig maar seker. Ek eet hom soos 'n olifant: stukkie-vir-stukkie! Geniet die naweek,--Aliwal2012 (kontak) 11:17, 31 Augustus 2018 (UTC)
- 💪 – K. 1️⃣7️⃣5️⃣ (bespreking | bydraes) 16:03, 8 September 2018 (UTC)
- Die taak om die uitstaande blouskakelartikels te skep vorder, stadig maar seker. Ek eet hom soos 'n olifant: stukkie-vir-stukkie! Geniet die naweek,--Aliwal2012 (kontak) 11:17, 31 Augustus 2018 (UTC)
- Gebruik jy dit op en.wikipedia ook @Martinvl:? Jcwf (kontak) 17:00, 1 September 2018 (UTC)
- Myns insiens moet ons nie bang wees on die Sjabloon:Intertaalskakel ({{Ill|...}} te gebruik nie. Martinvl (kontak) 17:45, 30 Augustus 2018 (UTC)
Wiki loves monuments
I hate Wiki loves monuments.
Wat sou gebeur indien dit in Frans uitgesaai sou word pleks van Engels? Op en.wikipedia byvoorbeeld? Jcwf (kontak) 13:02, 1 September 2018 (UTC)
- C'est le seul pays où on peut se faire traiter en 11 langues officielles, mais non en français. Quis beatior nobis est? 🙃 Suidpunt (kontak) 15:34, 1 September 2018 (UTC)
- Die taal van Wikipedia en alles is Engels. Ek het dit tydens die Wikimania in Kaapstad beleef. Decolonizing the internet by using English. Inderdaad, hulle het in Engels (!) oor die ontslae raking van koloniale tale soos Engels en Frans gepraat. Hulle wil eintlik klein tale bevorder, maar hulle praat net in Engels oor die Engelse Wikipedia. Waarskynlik het dit in Meksikostad en Alexandrië ook gebeur. Groete. -- SpesBona 21:40, 1 September 2018 (UTC)
Trench coat
Naandsê gemeenskap!
Ek het nou dadelik hulp nodig met 'n Afr. naam vir trench coat. Ek oorweeg "loopgraafjas" of "slootjas" (google vertaal), maar dit klink maar rof! Help tog gou asb!
Dankie en groete, --Aliwal2012 15:56, 1 September 2018 (UTC)
- Glo soldatejas, volgens Pharos 1997.Suidpunt (kontak) 16:23, 1 September 2018 (UTC)
- Volgens Pharos 2005: reënjas, militêre jas, soldatejas. Ek raai "reënjas" is bietjie te generies (jy sal beter weet omdat jy nou met die artikels besig is), en ek sien bietjie meer gebruik van "soldatejas" as "militêre jas" in 'n paar tekste. Kyk dalk maar nog bietjie met 'n websoekenjin rond. --Alias (kontak) 16:26, 1 September 2018 (UTC)
- Dankie julle, dit klink beter! Ek gaan nou werskaf....Aliwal2012
Witgatbome
Ek weet dat daar 2 tipes witgat bome bestaan in die bosveld. Die inheemse name is matoppi en mapippi.. ek is nie seker van die spelling nie. Ek kon nie onder wikipedia iets daavan vind nie . Is daar iemand wat lig op die onderwerp kan plaas. Gebruiker:Nico du Plessis
- Nico, sien Kaokowitgat, Matoppie en Stinkwitgat. Groete! Oesjaar (kontak) 11:56, 4 September 2018 (UTC)
- Hi Nico, loer gerus ook op SANBI se Rooilys. Matoppi: [Boscia albitrunca]; Mopipi: [Boscia foetida Schinz subsp. rehmanniana] en [Boscia foetida Schinz subsp. foetida] Groete Ossewa (kontak) 13:15, 4 September 2018 (UTC)
Read-only mode for up to an hour on 12 September and 10 October
Read this message in another language • Help met die vertaal na uw taal
The Wikimedia Foundation will be testing its secondary data centre. This will make sure that Wikipedia and the other Wikimedia wikis can stay online even after a disaster. To make sure everything is working, the Wikimedia Technology department needs to do a planned test. This test will show if they can reliably switch from one data centre to the other. It requires many teams to prepare for the test and to be available to fix any unexpected problems.
They will switch all traffic to the secondary data center on Wednesday, 12 September 2018. On Wednesday, 10 October 2018, they will switch back to the primary data center.
Unfortunately, because of some limitations in MediaWiki, all editing must stop when we switch. We apologize for this disruption, and we are working to minimize it in the future.
You will be able to read, but not edit, all wikis for a short period of time.
- You will not be able to edit for up to an hour on Wednesday, 12 September and Wednesday, 10 October. The test will start at 14:00 UTC (15:00 BST, 16:00 CEST, 10:00 EDT, 07:00 PDT, 23:00 JST, and in New Zealand at 02:00 NZST on Thursday 13 September and Thursday 11 October).
- If you try to edit or save during these times, you will see an error message. We hope that no edits will be lost during these minutes, but we can't guarantee it. If you see the error message, then please wait until everything is back to normal. Then you should be able to save your edit. But, we recommend that you make a copy of your changes first, just in case.
Other effects:
- Background jobs will be slower and some may be dropped. Red links might not be updated as quickly as normal. If you create an article that is already linked somewhere else, the link will stay red longer than usual. Some long-running scripts will have to be stopped.
- There will be code freezes for the weeks of 10 September 2018 and 8 October 2018. Non-essential code deployments will not happen.
This project may be postponed if necessary. You can read the schedule at wikitech.wikimedia.org. Any changes will be announced in the schedule. There will be more notifications about this. Please share this information with your community. /User:Johan(WMF) (talk)
13:32, 6 September 2018 (UTC)
Telemarketing en stand-up comic
Naand mense,
Ek benodig hulp om die woorde "telemarketing" en "stand-up comic" te vertaal.
Dankie by voorbaat. Dumbassman (kontak) 17:34, 8 September 2018 (UTC)
- Telebemarking en skerpskertsery (aaklige woord, maar dis ongelukkig wat algemeen gebruik word). Burgert (kontak) 19:14, 8 September 2018 (UTC)
- Dit is natuurlik waar dat 'n ensiklopedie nie 'n skool vir onderrig is nie, maar daar is wel 'n probleem hier. Veral inhoud wat moeilik vir lesers toegankelik is, soos wetenskaplike onderwerpe vereis dikwels taamlik verklaring. 'n (Blou!) skakel na 'n bladsy wat 'n bepaalde term verklaar is 'n pragtige middel om dit te verbeter maar dit is nie altyd voldoende nie. Die leser word dikwels van die een verklaring na die ander gestuur en verloor sy pad omdat nêrens die basisbegrippe verduidelik word nie. Dit is mos 'onderrig'? Ek dink dat solank 'n verklaring of 'n verklarende voorbeeld die beter begrip van 'n bladsy dien dit nie onder hierdie verbod moet val nie. En ek wil voorstel om die formulering van ons beleid op hierdie punt te wysig. As ek na en.wiki kyk is daar baie inhoud wat onnodig ontoeganklik gemaak is met verwysing na hierdie beleid en ek dink nie dat ons hierdie pad moet volg nie. Bladsye moet vir so veel mense as moontlik toeganklik gemaak word en nie tot 'n onderrigte elite beperk word nie. Jcwf (kontak) 19:03, 8 September 2018 (UTC)
- Hallo Jcwf
- En hier het ons nou met 'n tipiese voorbeeld van die dooie letter te make.
- Miskien het alles eerder met styl te make.
- Nee, Suidpunt, hier het ons met jou onbegrip te make. Op en.wiki word met verwysing na hierdie reël verklarings geskrap omdat hulle te verklarend is. Sien en:User_talk:Jcwf#Not_textbook
- O....! 💡 Daar gaan 'n liggie nou aan! Maar in daardie geval herinner dit my toe ek vir my vakansiewerk by die weerstasie was. Ons moes 'n handleiding skryf hoe om 'n weerballon op te stuur - vandat die ballon uit die stoorkamer gehaal is, tot en met die ballon wat bars en die Vaisala-radiosonde wat terugval - 2011. Aanvanklik het ek die handleiding geskryf dat selfs 'n tikster sal kan verstaan wat om te doen. Stap vir stap. Ce qui n'est pas clair n'est pas français, soos De Rivarol in sy Discours sur l’universalité de la langue française gesê het. Maar toe verander my opdraggewer van plan: dis darem gans te maklik. Slegs diegene met agtergrondkennis hoort by die weerstasie. Dus - maak dit effens moeiliker. Hmmm.... Dus, moet mens nou liewer vir Wikibooks begin skryf? Is dit wat hulle wil hê? Suidpunt (kontak) 16:04, 11 September 2018 (UTC)
- Nee, Suidpunt, hier het ons met jou onbegrip te make. Op en.wiki word met verwysing na hierdie reël verklarings geskrap omdat hulle te verklarend is. Sien en:User_talk:Jcwf#Not_textbook
- Miskien het alles eerder met styl te make.
- Die groot probleem van 'n handboek is:
- 1. Karigheid. Jy gaan byvoorbeeld nie skryf oor "Skandinawiese lande" en dan slegs die ekonomiese aktiwiteite lys nie. Dit kry jy in 'n handboek vir 12-jariges.
- 2. Eensydigheid. Enige handboek op universiteit en op skool is in die geesteswetenskap op een of ander wyse eensydig; want slegs sekere inligting word met die hand uitgesoek en afgedwing op die leerlinge/studente. 'n Goeie voorbeeld is 'n godsdienshandboek soos The human search for meaning : a multireligious introduction to the religions of humankind uit die jaar 2009, wat die tradisionele Christendom van 'n kant af uittrap, die ander [volks]gelowe sondevry ophemel [nee, ek is ernstig!], en boonop sinkretisme bepleit - soos die tydsgees was in die jare 1990-2000. Van neutraliteit is daar allermins sprake.
- In die jare van Apartheid (in die jaar 1976) is maklik 23 bladsye afgestaan om die Rooi Sjina se doen en late in Afrika te stip wat die bedreiging vir die blanke inhou; dit was in 'n matriekhandboek. Baie interessante leesstof: Ek kan wel daardie standpunte by "Betrekkinge Sjina-Suid-Afrika" of so iets op Wikipedia uitlig om die spanning tussen die twee lande destyds te illustreer - want as hierdie boek die staat van destyds se goedkeuring weggedra het...
- Deesdae op universiteite, soos uself weet, is dit in veel erger mate snot en trane oor die swart of [Afrika-]bewussyn en identiteit. En hoe 'n Europeër, soos uself, 'n bedreiging vir Afrika inhou. (Moet ek wéér Wikimania 2018 aanhaal?). En wéér word Apartheid springlewendig gehou op universiteit, en dit maak nie saak hoeveel name hulle verander of beelde afbreek nie, die onuitroeibare skim sweef steeds in die gange rond. So ons breek maar die gange af. Of, regverdiging vir vernielsug - soos jy wil. As jy gratis aflaaibare e-boeke aan hierdie universiteite soek, is daar nie handboeke hoe om 'n taal aan te leer nie - dit gaan net oor magspeletjies [hetsy genderpolitiek, hetsy die onderdrukking van die haredos], uit 'n Kultuurmarxistiese oogpunt. Terwyl Europese universiteite hoofsaaklik "MARK"-gerig is [wat ek in die geesteswetenskappe glad nie goedkeur nie], is die Suid-Afrikaanse universiteit weer "MARX"-gerig [wat ek hoegenaamd nie goedkeur nie]. Met ander woorde, nuttelose bol.
- Snaaks genoeg bly die einste dosente wie se hartjies bloei vir hierdie "sosiale vraagstukke" en "sosiale ongeregtigheid" selde, indien ooit, in 'n plakkershut of uit meegevoel in een of ander Stalinistiese woonstelblok. Sover ek weet kry 'n hoogleraar ten minste 'n astronomiese R60 000 per maand (dis bad in die geld, sou ek sê), teenoor 'n minimumloon van 'n tuinier. En dit vir twakpraat - magtig, dis 'n lekker beroep. Die ironie ontgaan my glad nie. Van vroeg tot laat preek hulle oor die inkomsteverskille en GINI-gapings dat die spoeg so spat... En dan staan hulle stomverbaas as iemand hul motorbande sny. Of laataand op die parkade afkom op 'n tamaai rotsblok deur hul voorruit. "Hoe kan dit dan? Wat het ék dan verkeerd gedoen?" [Ek dwaal nou af; die grootste onrusstokers weet ons is nie die studente nie].
- Het hulle maar eerder Wikinomics (2006) voorgeskryf - soveel stralende optimisme het ek lanklaas in 'n boek gesien.
- 3. Voorskriftelikheid. 'n Handboek is dikwels voorskriftelik, 'n ensiklopedie gee 'n magdom oplossings.
- 4. Regionaal en tydruimtelik beperk. Persoonlik het ek nie 'n probleem daarmee as mens 'n ensiklopedie meer "vriendelik" maak, dit wil sê, oor buitelandse aangeleenthede uitbrei wat vir die gemiddelde Suid-Afrikaanse / Namibiese kind onverstaanbaar is nie. Maar wanneer iets parogiaal raak in 'n tydruimtelike opset, soos "standpunt van vandag, Suid-Afrika", wat oor 'n paar jaar "2006, Suid-Afrika" is, het jy probleme. Daarom wil mens liewers alles van die hede in die "Verlede tyd" skryf. So raak my papierdun Aardryskundeboeke en Toerismeboeke uit my hoërskooljare in vervoering oor Fifa-2010 en BRICS. Mens kan net daaroor giggel. Suidpunt (kontak) 06:19, 11 September 2018 (UTC)
5000 artikels vir Oesjaar!
Vier fees saam met my! Nico Mansvelt is my 5 000ste artikel, die 2de persoon na Winston wat dit vermag het! Na amper tien jaar! Voel ongelooflik! Groete! Oesjaar (kontak) 12:39, 9 September 2018 (UTC)
- Baie geluk, jy verdien dit deur-en-deur! --Aliwal2012 (kontak) 15:27, 9 September 2018 (UTC)
- Wel gedaan! 👏 Op die volgende 5 000! 🥂 – K. 1️⃣7️⃣5️⃣ (bespreking | bydraes) 19:31, 9 September 2018 (UTC)
- Mooi so meneer! Hou voort! Dumbassman (kontak) 12:25, 10 September 2018 (UTC)
- Baie geluk Oesjaar! Rooiratel (kontak) 04:55, 11 September 2018 (UTC)
Terugvoer op robotaktiwiteit
Gebruiker:KabouterBot was onlangs bedrywig vir diegende wat opgelet het. Is daar sover enige terugvoer? Tussen hakies, nou-dat die robot aan die gang is, sal dit maklik wees om takies soos bv. die vervanging van 'n met ’n regoor die ensiklopedie uit te voer. Wat dink die gemeenskap van hierdie spesifieke taak? – K. 1️⃣7️⃣5️⃣ (bespreking | bydraes) 22:44, 10 September 2018 (UTC)
- Ek dink dit is 'n goeie idee dat ons 'n konsekwente styl gebruik. En om 'n bot te gebruik om dit alles na een styl toe skyf sal goed werk. Maar persoonlik dink ek ons moet eerder 'n gebruik as ’n. Dit sal te veel moeite wees vir almal om altyd die ’n te gebruik. Of wil jy jou bot gebruik op dit die heeltyd regmaak? Ek sal maar daai besluit los vir die taalkundiges. Rooiratel (kontak) 05:01, 11 September 2018 (UTC)
Stukkende kassies
Tydens my stap deur ons Wikipedia sien ek weereens stukkende inligtingskassies, waar die inligting linkerhand skuif, sien byvoorbeeld Lucy. Ek sien dit tans by {{Inligtingskas fossiel}} en {{Inligtingskas Museum}}. Dis dieselfde probleem soos eens by {{Inligtingskas Teaters}}. Dalk is een sjabloon wat al drie kassies gebruik verander. Groete. -- SpesBona 21:15, 11 September 2018 (UTC)
- Hierdie wysiging los die probleem op. – K. 1️⃣7️⃣5️⃣ (bespreking | bydraes) 21:25, 11 September 2018 (UTC)
Florence
Raleigh gaan Donderdag deur die orkaan Florence getref word en dit kan wees dat die ligte en die drinkwater gaan uitval hier. Verwag dus geen bydraes van my kant nie. Hoe lank dit gaan duur weet ek nie. Moontlik die naweek of langer. Jcwf (kontak) 00:20, 12 September 2018 (UTC)
- Sterkte 💪 – K. 1️⃣7️⃣5️⃣ (bespreking | bydraes) 00:33, 12 September 2018 (UTC)
- Sterkte! Oesjaar (kontak) 11:10, 12 September 2018 (UTC)
- Dit blyk jy het oorleef..... Groete! Oesjaar (kontak) 09:57, 17 September 2018 (UTC)
- Ja, Raleigh het geluk gehad. Daar het effens wind gewees Donderdag en toe het dit gereën, gereën, gereën. Dis nou Maandag en die eerste keer dat ek 'die son effens deur die wolke kan sien. Maar ons het hier geen elektrisiteit verloor nie, wat 'n wonder is, want hier verloor jy dit baie maklik. In die res van Noord-Carolina is dit nogtans baie anders. Dis verskriklik en daar kom nog meer oorstromings. Jcwf (kontak) 14:28, 17 September 2018 (UTC)
- Dit blyk jy het oorleef..... Groete! Oesjaar (kontak) 09:57, 17 September 2018 (UTC)
- Sterkte! Oesjaar (kontak) 11:10, 12 September 2018 (UTC)
Hoe het die Afrikaanse Wikipedia betrekking op Afrikaans? (Metakritiek op kritiek oor die voorbladartikel, op Reddit)
Ek sê baie dankie vir die begenadiging van die Wikipedia-gemeenskap vir die aanvaarding van die voorbladartikel.
Ek hoop nie Gebruiker:K175 gee om nie, maar ek voel ek moet dit deel. Ook aan hom wil ek dankie sê vir die aanstuur van die skakel. K175 het aan my die volgende skakel gestuur: https://www.reddit.com/r/afrikaans/comments/9gfpql/hierdie_week_se_voorbladartikel_op_wikipedia/
Iemand op Reddit vra: hoe het die Afrikaanse Wikipedia betrekking op Afrikaans? [met verwysing na die voorbladartikel]
|
Afgesien van die grammatikafout ["vir dit" moet "daarvoor"] wees, is die grootste fout die bovermelde parogialisme en provinsialisme waarmee ons in die Afrikaanse leefwêreld te kampe het. As ek byvoorbeeld "fr:Installations de première classe du Titanic" (dis nou die "Inrigting van die eerste klas op die Titanic") sou vertaal het, sou niemand 'n woord gesê het nie. Nie omdat hulle nie Frans kan lees nie, maar omdat almal mos bekend is met die Titanic, of eerder, Kate Winslet se borste (ook nou al van die hangende soort, dis 21 jaar ['n volle mondigwording!] later). Hoewel daar geen Suid-Afrikaners aan boord (nie op die filmstel of die een 'n paar 1000 meter onder seevlak) was nie, en eintlik niks met ons te doene het nie).
Ek sou netsowel 'n stuk oor hiërogliewe, Yslands, Deense grammatika (wat ook swaar steun op Nederduitse begrippe) en Japannees kon skryf, en ons sou presies dieselfde resultaat op Reddit kry. Dink net watter genot ek daaruit gaan put om oor die Origines Antwerpianae (Latyn is immers so bo julle vuurmaakplek) te skryf, seker dié voorganger van die Vergelykende Taalkunde [die ou het geglo Vlaams is die taal wat in die Tuin van Eden gepraat is]. Ondanks die paar foute wat hy gemaak het, tel Becanus steeds onder die vaders van die vergelykende taalkunde.
Heelwat later sou 'n Franse Jesuïetsendeling Gaston-Laurent Cœurdoux in 1767 aan die Institut français skryf daar bestaan 'n groot ooreenkoms tussen Sanskrit en Latyn. Ook die Engelsman Sir William Jones skryf in 1796:
Die groot aanvang begin juis in die 1800's. Uiteindelik sou hierdie beweging aanleiding gee tot die Junggrammatiker, met sy eerste hoogtepunt in 1880, met sy hoofsetel in Leipzig. Aangevuur deur die Romantiek het daar groot belangstelling geheers in die ooreenkoms tussen Goties, Oudnoors, Oudengels, Oudnederlands, Ouddeens, Oudsweeds, Fries en die hele Pan/Oergermaanse taalkunde en hoe dit met onder meer Romaanse tale, Keltiese tale, Grieks, Sanskrit, Slawiese tale en dies meer verwant is.
Ek wil my verstout deur te sê hierdie mense het meer gedoen as die strukturaliste wat hulle opgevolg het. Onder die blinde waan dat daar betekenis in klank steek, het die Junggrammatiker meer woordeboeke geskryf wat nog nie vantevore bestaan het nie. Koffers is gepak, die seile is gespan, en per skip is na die eindhoeke van Europa en Asië gereis.
De Groot (1964:389) skryf:
Helaas het De Saussure bevind die verskil tussen klank (uitspreek), spelling, skryfvorm (die betekenaar) en betekenis (die betekende) het niks met mekaar te make nie - 'n lewende taal loop sy loop en kies sy eie kant. As mens "seekoei" al sedert Van Riebeeck se dae wil gebruik pleks van "Nijlpaard" of waterperd (Wasser-Pferd), of rivierperd (Fluss-Pferd), dan kan jy niks daaromtrent doen nie. En daarmee is die wind finaal uit die Junggrammatiker se seile geneem.
En dit bring ons voor die huidige tydperk. 'n Mens sou dink in die huidige globaliserende wêreld, met internet en al, sou die Afrikaanssprekendes die geleentheid aangryp om juis meer oor ander kulture te leer [en daardeur die afhanklikheid van Engels as bemiddelingstaal te verminder]. Jy weet - woordeboeke, handboeke, vervoegingsboekies. Om interessante feite te wete te kom wat selfs die alwetende Hollanders beslis nie kon geweet het nie. Om die Afrikaans-Portugese woordeboek te hersien [as jy sou wonder wat in Brasilië en dalk-dalk in Mosambiek/Angola aangaan].
Maar nee. Selfs in Nederland [die land waar seuntjies wat universiteit toe wou gaan tot 1969 doodgegooi is met Frans, Duits, Engels, Grieks en Latyn, benewens hul moedertaal - sweerlik het jy dit geweet, sweerlik het jy gewonder hoekom die onderskeie departemente aan Stellenbosch hoofsaaklik deur Hollanders begin is? Sweerlik kan jy 'n verband tussen kundigheid en veeltaligheid insien?] het 'n Sanskritgrammatikaboek deur Maaike Mulder eers in die 2000's verskyn, en ook waarskynlik maar net omdat daar nogal 'n baie groot markverwante vraag was in die Oosterse filosofie teen die eeuwending.
En tog, die geleenthede wag op ons. Daar is derduisende platforms waar jy jou kennis kan deel. In Afrikaans. 'n Mens weet nooit wanneer iemand jou werk dalk eendag nodig kry nie.
Maar wat.
Asof die einste erudiete [ja, julle by Reddit] 'n steentjie bygedra het om 'n voorbladartikel tot stand te bring! Die vermetelheid! Want géén Wikipediaan sal so iets skryf nie - hulle weet hoeveel werk daarin sit. Wat jy nie op die voorblad of Wikipedia sien nie, is jou eie skuld.
In elk geval. As jy nog nie die ooreenkoms tussen Afrikaans en Nederduits opgemerk het nie [laat staan nog die etimologiese verwantskap!], kan ek my voorstel jy het nie die vaagste benul wat die taalpolitiek betref op Stellenbosch of enige Suid-Afrikaanse universiteit nie. Met sulke oogklappe deur die lewe is dit verbasend as jy ooit matriek geslaag het, of nog MOET slaag.
'n Lang vergete taal is weer nuwe lewe ingeblaas, hoewel die sprekers self verantwoordelik was vir die agteruitgang en verwaarlosing daarvan. Net soos met die vorming van Afrikaans (met taalwette wat uitgeroep is), moes nuwe strukture opgerig word, die taal moes gestandaardiseer word, handboeke moes van voor af geskryf word [waaraan ons nou nog 'n tekort het!], literatuur moes iets aan gedoen word, onderwysers moes opgelei word waaraan daar nou 'n tekort was [in hierdie geval sou mens kon insien die tekort aan onderwysers in department Latyn - omdat Hollandse onderwysers nie meer na Suid-Afrika ingevoer kon word om hierdie vak in Afrikaans aan te bied nie; op soortgelyke wyse moet daar nou onderwysers - afgetrede koprukkende fossiele - uit die ouetehuis van Noord-Duitsland gehaal word om jongmense in hierdie vakgebied op te lei].
Dieselfde argumente wat jy hier sien [en téén Nederduits gerig is], kry jy ook in Chris Brink se No lesser place (2004), wat handel oor Afrikaans op Stellenbosch [hoewel Brink verkies om Gods water oor Gods akker te laat loop]. Die raakpunte hoef ek nie uit te wys nie - enigiemand met 'n normale IK kan self die kolletjies verbind met Afrikaans hoort by Nederlands en Soll die plattdeutsche Sprache gepflegt oder ausgerottet werden - Gegen Ersteres und für Letzteres.
Eweneens, as jy bietjie Duitse parlementnuus luister, sal jy ook weet dat Platduits téén Standaardduits ingespan kan word. Die AfD wou hê Standaardduits moet in die grondwet veranker word, omdat Europese universiteite [wêreldreisiger en belese mens wat jy is - ek glo jy is bewus daarvan?] ook besig is om te verengels - hierdie keer om buitelandse studente te lok. Laat staan nog Hollandse en Skandinawiese universiteite! 'n Verteenwoordiger van die SPD het die spot gedryf met die AfD en gesê: "Wel, ek praat Platdduits, niemand verstaan my nie, so - wat de hel - Duitsland verwelkom taaldiversiteit, iemand wat onkundig is vir ander tale kweek angs, en angs vir wat anders is bly maar net kenmerkend van die nasionaliste [met ander woorde, Nazi's]".
Dit laat vrae ontstaan waarom juis 'n sosialistiese party soveel aandag gee aan Platduits, en nie soseer 'n boer in Beiere wat van Duitsland wil afskei omdat Beiere die uitnemendste deelstaat is wat net geld in ander deelstate (juis dié wat deur die SPD regeer word) moet inpomp nie (uit die boer se perspektief).
Jy sal eweveel die struwelinge tussen die Kaapse dialek en die Standaardafrikaans kon insien - dis nou, as jy enigsins bewus was van die taalpolitiek in die Afrikaanse Taaldepartement.
As jy dit nog nie snap nie: wat in Suid-Afrika gebeur, gebeur elders toevallig ook. Al bestaan die spreekwoord "ex Africa semper aliquid novi" [google dit self], is daar "niks nuuts onder die son" nie. Suidpunt (kontak) 07:09, 18 September 2018 (UTC)
- Ek steur my lankal nie meer aan menings buite ons Wiki nie, skryf net nog een artikel of maak ander s'n reg! Tik voort manne, ons kort voorbladartikels! Groete! Oesjaar (kontak) 07:24, 18 September 2018 (UTC)
- Dankie, maar soos AVG moet mens ook 'n virus vroegtydig in die kiem smoor. [Ek moet trouens daardie 'Javaanse tier' klaarmaak] Suidpunt (kontak) 07:37, 18 September 2018 (UTC)
- Stem saam met Oesjaar. Moenie jou laat ontmoedig deur daai negatiewelinge nie, Suidpunt. Watter pragtigs het hulle iewers gelewer? Om die taal te leer van mense wat jy nog glad nie ontmoet het nie is 'n groot daad van vrede. En Afrikaans is mooier as Sanskrit met sy verskrikkelike 8 naamvalle. En ja daai minnetjies saai net oorlog. Naait soez'n moar doun, Suidpunt! (Of is dit te Nedersakies vir jou?) Jcwf (kontak) 12:32, 18 September 2018 (UTC)
- Dankie, maar soos AVG moet mens ook 'n virus vroegtydig in die kiem smoor. [Ek moet trouens daardie 'Javaanse tier' klaarmaak] Suidpunt (kontak) 07:37, 18 September 2018 (UTC)
- Ek steur my lankal nie meer aan menings buite ons Wiki nie, skryf net nog een artikel of maak ander s'n reg! Tik voort manne, ons kort voorbladartikels! Groete! Oesjaar (kontak) 07:24, 18 September 2018 (UTC)
- Deon, ek is nog erg besig met die vlag van Duitsland en die vlag van Israel. Hierdie voorbladartikels kom nog in 2018. Maar wat van Alabama, Bremen, Goud, Londen, Plinius die jongere, Tacitus en Wolf? Groete. -- SpesBona 20:36, 20 September 2018 (UTC)
- 'n Mens kan sulke vrae met 'n enkele skakel beantwoord: http://www.scielo.org.za/pdf/tvg/v56n2-1/07.pdf – K. 1️⃣7️⃣5️⃣ (bespreking | bydraes) 10:01, 23 September 2018 (UTC)
- Dis waarskynlik 'n antwoord op 'n ander vraag (kwaliteit bo kwantiteit of so). Hierdie pamflet het ek reeds die nag voor my vertrek na Kaapstad in die Lughawe Berlyn-Tegel deurgelees en ek hou daarvan. Dit onderteken myns insiens my mening van 'n stadiger groei met aansienlike artikels ipv. "Een-sin-artikels". 'n Groot probleem wat ook al die ander taalweergawes van Afrika suid van die Sahara het, byvoorbeeld die Joroeba Wikipedia. Dit raak net ouer en ouer. Groete. -- SpesBona 22:10, 1 Oktober 2018 (UTC)
- @SpesBona: wat dink jy van die onlangse reeks artikels oor Amerikaanse akteurs? Die meeste daarvan is darem meer as net een sin, met 'n kassie, filmografie en eksterne skakels. – K. 1️⃣7️⃣5️⃣ (bespreking | bydraes) 22:15, 1 Oktober 2018 (UTC)
- Streng gesproke bestaan hulle net uit een sin. 'n Kassie, filmografie en eksterne skakels is net raamwerk wat tot die een sinnetjie bygevoeg word. 'n Regte egte biografie is iets anders, vergelyk maar met Woody Allen of Bill Cosby. Belangstellende gebruikers kan nou nooit weer artikels vir ons soos Mark Hamill skep nie. Maar ek is ten minste bly dat hulle deur veral @Dumbassman: uitgebrei word, baie dankie man, hoor! Afgesien van die morele probleem wat ek met artikels oor mense het wat deur masjiene geskep word. Dit herinner my aan donker wetenskapsfiksierolprente, waar masjiene mense teel. Daarbenewens toon dit dat die sponse net die begin van 'n eindelose artikelskepping deur 'n bot is. Ek vrees dit gaan nooit 'n einde hê totdat ons die 5 miljoen bereik het, maar niemand dit gaan lees nie soos Volapük, Waray-Waray of Cebuano nie. Ek waarsku net en onthou nog 'n gespreek waarvolgens jou bot artikels sonder kassies soos nedersettings met kassies kan versorg. Dit kan dalk nuttig wees. Ek weet, ek is baie krities tenoor kwantiteit bo kwaliteit... Groete. -- SpesBona 21:20, 2 Oktober 2018 (UTC)
- Dalk kan ek na die akteurs op die verbetering van bestaande artikels fokus. Terloops, wat keer 'n gebruiker om Mark Hamill uit te brei? – K. 175 (trap my uit | bydraes) 21:23, 2 Oktober 2018 (UTC)
- Dankie SpesBona, ek dink biografieë is 'n belangrike deel van Wiki, en om dit te skep deur 'n bot verminder my handwerk baie. Tog is die onus op my/ons om die artikels uit te brei. So ek luister graag na beide menings oor kwantiteit en kwaliteit. Groete Dumbassman (kontak) 11:50, 3 Oktober 2018 (UTC)
Wat die voorbladartikels betref is die vlag van Duitsland op pad en volgende is die vlag van Israel. Met al die raamwerk kan ons ook al die Nobelpryse as voorbladartikels benoem. Ons kan maar ook iets van krieket as voorbladster aanstel. Ek verstaan tot vandag nie die probleem hoekom Krieketwêreldbeker 2015 nie 'n voorbladartikel kan wees nie, kyk maar na voorbladartikels soos Rugbywêreldbeker 2007 en Rugbywêreldbeker 2011. Wat botwerk betref: miskien kan die bot al die Suid-Afrikaanse politici met net een sinnetjie met kassies, geboortedatum- en dorp, en al die poste wat die mens beklee het, versorg. Ek het dit gister vir Nhlanhla Nene gedoen. Groete. -- SpesBona 09:30, 10 Oktober 2018 (UTC)
- Krieketwêreldbeker 2015 is nou verbeter. Die enigste probleem wat ek het is die baie rooi skakels (persone nog nie geskep nie). Dit is 'n meer statistiese artikel as 'n verhalende storie. Ensiklopedies? Gewis! Groete! Oesjaar (kontak) 10:18, 10 Oktober 2018 (UTC)
Gemeenskap, ek het met ons Nederlandse vriende gepraat oor bogenoemde: https://nl.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:De_kroeg/Archief/20180918 Ek verstaan egter nie presies wat hulle sê nie. Kan julle help asb? Groete! Oesjaar (kontak) 15:24, 18 September 2018 (UTC)
- Daar is twee foto's op die Geheugen van Nederland met Mansvel(d)t daarop. Hulle is van voor 1900, maar van 'n onbekende fotograaf. Ek weet nie of jy dit reeds op commons kan oplaai nie, want dit is nie seker dat die fotograaf reeds 70 jaar dood is nie. Maar daar is ander goeters van daai bron wat reeds op commons is sien.Ek dink as jy dit op commons oplaai en van een van die ander GvN prentjies die gegewens oorneem en aanpas kan dit dalk werk. Jcwf (kontak) 17:41, 18 September 2018 (UTC)
The GFDL license on Commons
This has been posted here because your wiki allows local file uploads. Help met die vertaal na uw taal.
Commons will no longer allow uploads of photos, paintings, drawings, audio and video that use the GFDL license and no other license. This starts after 14 October. Textbooks, manuals and logos, diagrams and screenshots from GFDL software manuals that only use the GFDL license are still allowed. Files licensed with both GFDL and an accepted license like Creative Commons BY-SA are still allowed.
There is no time limit to move files from other projects to Commons. The licensing date is all that counts. It doesn't matter when the file was uploaded or created. Every wiki that allows local uploads should check if bots, scripts and templates that are used to move files to Commons need to be updated. Also update your local policy documentation if needed.
The decision to allow files that only have a GFDL license, or not allow them, is a decision all wikis can make for themselves. Your wiki can decide to continue allowing the files that Commons will no longer allow after 14 October. If your wiki decides to continue to allow files after 14 October that Commons will no longer allow those files should not be moved to Commons. — Alexis Jazz, distributed by Johan using MassMessage
18:10, 20 September 2018 (UTC)
- Genade, waar kry die mense tyd om al dié goed uit te dink? Burgert (kontak) 20:11, 20 September 2018 (UTC)
- Stem saam Burgert. Commons het 'n paradys vir juristerye geword.. Jcwf (kontak) 20:49, 20 September 2018 (UTC)
- Lisensiëring is belangrik. Dit maak projekte soos wikipedia en wikicommons moontlik. Wees bly dat daar ander mense is wat tyd het om al hierdie goed uit te dink, sodat ons dit nie hoef te doen nie. Rooiratel (kontak) 05:47, 21 September 2018 (UTC)
- Stem saam Burgert. Commons het 'n paradys vir juristerye geword.. Jcwf (kontak) 20:49, 20 September 2018 (UTC)
Skryfweek?
Op die nl.wiki word soms 'n skryfwedstryd of skryfweek ingestel, waar mense genooi word oor 'n onderwerp wat anders effens verwaarloos word in 'n week so veel moontlik te skryf. Die onderwerp kan 'n bepaalde land wees byvoorbeeld. Kan ons dit ook doen hier?
My voorstel sou Suidoos-Asië wees. Ek het effens Indonesië gedoen en daar is nog baie eilandjies of tempels of ander goeters wat 'n bladsy verdien en die Khmer-goeters het ook gewys watter moontlikhede daar lê. Jcwf (kontak) 17:51, 18 September 2018 (UTC)
- Ek ondersteun hierdie idee. Ek sal graag bydrae as ons dit doen. Rooiratel (kontak) 05:45, 19 September 2018 (UTC)
- Ek ondersteun hierdie idiee. Dalk vir WikimediaZA vra om pryse te borg. Ek sal tog lande in Afrika voorstel. Ek sal graag wil deelneem. Dumbassman (kontak) 18:54, 19 September 2018 (UTC)
- Ons kan 'n lys van onderwerpe maak, begin met Suidoos-Asië, dan lande in Afrika, esv. Ek ondersteun die idee. Ons kan dit 'n gereelde ding maak sodat elkeen kan deelneem in 'n tydgleuf wat hom of haar pas. – K. 1️⃣7️⃣5️⃣ (bespreking | bydraes) 18:59, 19 September 2018 (UTC)
Dankie almal vir die steun. Ek dink K175 het reg: dit kan 'n gereelde ding word, maar dit moet nie te gereeld word nie. Een keer in twee(?) maande of so? Almal wil hier natuurlik sy eie goeters doen en dit is ook reg so. Maar die Nederlandse spreekwoord sê: verandering van spijs doet eten: 'n keer wat anders doen kan motiverend werk. Wat vind @Oesjaar:, @Suidpunt:, @SpesBona:, @Burgert Behr:, @Morne:? Ander? Wanneer kan ons begin? Gaan iemand met WikimediaZA praat? Jcwf (kontak) 20:37, 19 September 2018 (UTC)
- Ons het in 2009/2010 ’n wedstryd gehad en daar was net drie inskrywings wat iets beteken het, en hulle het die drie pryse gewen. In 2015 was daar weer ’n poging en daar is toe probeer om groot te gaan, veral deur studente te betrek. Maar sover ek weet, het dit op niks uitgeloop nie. ’n Mens sal die wedstryd klein moet hou en nie te dikwels nie – omdat ons min mense is, dink ek daar sal nie ’n vreeslik groot reaksie wees nie. Burgert (kontak) 22:36, 19 September 2018 (UTC)
- Omdat Jcwf ook my mening vra: Persoonlik sal ek uitsit in hierdie rondte - en dit is nie omdat ek 'n te hoë agting vir my eie werk het nie. Dis net dat ek verkies om nie 'n prys aan my werk te koppel nie.
- Maar wat die prys self betref, is kontant deesdae... hoe gaan ek dit nou stel? Kyk, ek hou daarvan om kontant vir Kersfees vir mense te gee, maar, soos my juffrou al gesê het, dit is eintlik baie onpersoonlik [daarom, as moeder nou ongelukkig voel oor die slakroompie wat so duur is, koop jy sonder om te sug nie een nie, maar drie potte; die prys gaan tog net hemelwaarts styg; ek gee eerder my geld nou, as vir nuttelose blomme op 'n geskende graf later]. En, kom ons gestel Voyageur wen 'n paar Rand voor sy rekenaar in Noord-Ierland. Genade - gaan hy suigstokkies daarmee koop? Dis nie dat ek 'n gegewe perd in die bek kyk nie, dis net... wat van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal op CD? Ek het onlangs (UITEINDELIK!) A-SKOOI gekoop op CD, en dit voel asof ek op Berg Olimpus nektar drink en vriendskaplik verkeer saam met die gode. Dis flippen eksklusief, wat die res van die aardlinge nie beskore is nie.
- Geen mens sal sommer R500,00 uithaal vir 'n Elektroniese Woordeboek wat 9.400 bladsye beslaan nie. Mense bewe soos riete om bestelvorms in te vul; hulle sal eerder R600,00 vir 'n HAT betaal by die naaste eksklusiewe instapboekwinkel, wat nie naastenby so omvattend is met die Afrikaanse taalskat en voorbeelde nie.
- Nou goed, die prys gaan seker ook net hou tot die volgende 10 jaar, wanneer 'n nuwe e-WAT-CD weer in omloop is, maar hoe lank hou kontant? Nie eens 10 jaar nie. En mens kan soveel meer doen met daardie woordeboek VIR die Afrikaanse Wikipedia? En dit is vir my 'n mooi "Afrikaanse" gebaar uit die Afrikaanse gemeenskap. Soos my hoërskoolboekprys Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom (Anton F. Prinsloo) wat al voosgelees is - ek gebruik hom vandag nog. So iets sal jy miskien nie in Nederlands kan doen nie: al hulle bronne is gratis en aanlyn. [Behalwe die rebellerende Witte en afdwingende Groene Boekje wat ek twee weke gelede op Montagu gekoop het]. Suidpunt (kontak) 20:09, 20 September 2018 (UTC)
- Op sigself is dit 'n goeie idee, maar ek vrees net dat weereens 'n klomp saadjies volg. Stede, eilande, berge, biografieë, riviere, ens. sonder kassies, net om tyd te bespaar en soveel as moontlik artikels te skep. Wat van @Naudefj:? Waar is hy? Ons het hom broodnodig? Groete. -- SpesBona 20:40, 20 September 2018 (UTC)
- (edit conflict). Ja, Suidpunt, dis eintlik waarom ek dit as skryfweek en nie as skryfwedstryd met pryse ens. voorgestel het, maar ek is oop vit ander menings. Om eerlik te wees, ek het eintlik net die bose gedagte gehad om @Morne: so ver te kry dat hy eers oor 'n kerk op Ambon skryf of so. :-) Jcwf (kontak) 20:47, 20 September 2018 (UTC)
- In hierdie verband sien asb. Wikipedia:Skryfweek. Stem asb. op die voorstelle. – K. 1️⃣7️⃣5️⃣ (bespreking | bydraes) 06:03, 21 September 2018 (UTC)
- Ek stel voor mense skryf aanvanklik net een sin en stoor dan die artikel voordat hulle verder daaraan werk. Dit sal voorkom dat meer as een mens aan dieselfde artikel werk. Burgert (kontak) 09:59, 22 September 2018 (UTC)
- Dit is 'n baie goeie idee. 'n Mens kan altyd die besprekingsbladsy gebruik as jy sien iemand werk aan 'n artikel en jy voorstelle wil maak. – K. 1️⃣7️⃣5️⃣ (bespreking | bydraes) 12:21, 22 September 2018 (UTC)
Skryfweekartikel |
---|
Outeur: Iemand |
Week: 24 Sept '18 |
Moenie bewerk nie, asseblief |
- Is hierdie sjabloontjie dalk nuttig? Jcwf (kontak) 17:12, 22 September 2018 (UTC)
- Dit kan werk. – K. 1️⃣7️⃣5️⃣ (bespreking | bydraes) 09:53, 23 September 2018 (UTC)
- Is hierdie sjabloontjie dalk nuttig? Jcwf (kontak) 17:12, 22 September 2018 (UTC)
- Dank almal vir die bydraes. Ek het nie heeltemal gedoen wat ek gewil het nie. :-( Jcwf (kontak) 18:50, 1 Oktober 2018 (UTC)
Stem asb. vir onderwerpe vir skryfweek
Alle gebruikers word genooi om asb. te gaan stem vir onderwerpe vir ons eerste skryfweek. Ons kan teen Sondagaand die onderwerp met die meeste stemme kies en dan 'n skryfweek volgende week oor daardie onderwerp hou. Op die oomblik is die voorlopers Bhoetan en Europese Unie. – K. 1️⃣7️⃣5️⃣ (bespreking | bydraes) 20:13, 21 September 2018 (UTC)
Skryfweek: Bhoetan (Wikipedia:Skryfweek/2018/Week 39)
Almal word genooi om hierdie week soveel as moontlik oor Bhoetan te skryf! – K. 1️⃣7️⃣5️⃣ (bespreking | bydraes) 21:56, 23 September 2018 (UTC)
WikiIndaba 2019
Hallo, is daar van julle wat belangstel om WikiIndaba 2019 by te woon?
Ek dink dit is belangrik om soveel mense as moontlik betrokke te kry. Dankie Dumbassman (kontak) 11:35, 24 September 2018 (UTC)
Hulp met skakels
Dagsê. Ek is besig om leestekens by te werk onder 'punktuasie' en het gesien daar is 'n ander blad met inligting oor 'n klomp leestekens, so onder mekaar gerangskik. Ek wil nou 'n klomp leestekens op die 'punktuasie'-blad lys en dit dan een-een dan na daardie bestaande blad laat skakel, maar ek sien nêrens instruksies oor hoe om dit reg te kry nie. Enige raad?– Hierdie ongetekende kommentaar is deur PetronelFourie (Bespreking • Bydraes) gelewer.
- Hallo Petronel. Kan jy asb. skakel na die betrokke bladsye waarvan jy praat? --Alias (kontak) 10:07, 27 September 2018 (UTC)
- Hierdie is die bestaande blad oor punktuasie/leestekens wat ek wil bywerk: https://af.wikipedia.org/wiki/Leesteken. Daar is ʼn bestaande lysie, maar ek wil die leestekens wat ontbreek, byvoeg.
- Hier is dan ʼn bestaande ʼn blad oor die dubbelpunt: https://af.wikipedia.org/wiki/Dubbelpunt. Heelwat van die ander leestekens het nie blaaie nie, so ek sal dit van nuuts af skep en dan na die “leestekens”-blad skakel. Maar hoe doen ek daardie skakeling?– Hierdie ongetekende kommentaar is deur PetronelFourie (Bespreking • Bydraes) gelewer.
- @PetronelFourie: as jy op die bladsy Dubbelpunt op Wysig bron klik dan sal jy die volgende bronteks sien:
'n '''Dubbelpunt''' is 'n [[leesteken]]
. Die [[ ]] rondom die woord leesteken is 'n skakel na die bladsy Leesteken. Jy kan hierdie voorbeeld volg in die artikels wat jy skep om na die bladsy leesteken te skakel. – K. 1️⃣7️⃣5️⃣ (bespreking | bydraes) 22:02, 1 Oktober 2018 (UTC) - As jy die visuele teksverwerker gebruik, kan jy CTRL + K druk of op die ketting-ikoon (tussen die kursiewe A en die Aanhaal-knoppie, wat dan 'n soekboksie opbring waar jy die naam van die bladsy kan intik waarna jy wil skakel. – K. 1️⃣7️⃣5️⃣ (bespreking | bydraes) 22:09, 1 Oktober 2018 (UTC)
- @PetronelFourie: as jy op die bladsy Dubbelpunt op Wysig bron klik dan sal jy die volgende bronteks sien:
Sien ook
Kom Sien ook voor bronne en verwysings of voor eksterne skakels? Ek kan eintlik nêrens 'n riglyn hiervoor opspoor nie? – K. 1️⃣7️⃣5️⃣ (bespreking | bydraes) 09:33, 28 September 2018 (UTC)
- Hi daar K175, dit maak nie eintlik saak nie, gebruik maar persoonlike smaak. --Aliwal2012 (kontak) 15:10, 30 September 2018 (UTC)
- Dit hang seker af hoe direk daar in die artikel na die verwysings verwys word. Die "sien ook" kategorie is daardie bronne wat nog nie deeglik, of direk, in die artikel geïnkorporeer is nie. JMK (kontak) 20:52, 1 Oktober 2018 (UTC)
- "Sien ook" bevat al die skakels wat nog nie binne die artikel geskakel is nie, dus kom dit voor die "Verwysings", "Bronne" en "Eksterne skakels". Die "Verwysings" sluit die teks af en dui aan waarvandaan al die inligting kom, "Bronne" is algemene verwysings wat vir die hele artikel dien en "Eksterne skakels" kan ons lesers raadpleeg indien hulle verdere leesstof soek. Dus is dit myns insiens soos gevolg: "Sien ook", dan "Verwysings", dan "Bronne" (dan "Verdere leesstof"), dan "Eksterne skakels" ({{Saadjie}}), gevolg deur Navigasies en Kategorieë. Groete. -- SpesBona 21:54, 1 Oktober 2018 (UTC)
Tegniese opruime van verouderde aanhalingsjablone
Hi almal!
Om moeite en kopkrap te spaar kan gebruikers nou enige {{cite web}} in 'n artikel opruim deur dit net te vervang met {{sl:webaanhaling}} en al die probleme met "coauthors" en "first/last", "archiveurl" ens. sal outomaties reg vertoon as jy dit stoor.
Groete! --Aliwal2012 ("Die perd se bek") 15:06, 30 September 2018 (UTC)
- {{cite web}} het oor al die jare goed gewerk, hoekom is dit nou gedeeltelik stukkend en moet vervang word? Wat van {{cite book}}, {{cite web}}, {{cite journal}}, ens.? Op die Duitse, Franse, Nederlandse en Engelse weergawes kan mens dit gebruik soos jy wil. Op die Duitse Wikipedia het ons die keuse tussen {{cite book}} en 'n plaaslike "Vorlage:Literatur" asook tussen {{cite web}} en 'n plaaslike "Vorlage:Internetquelle". As ons nou hier is: Los asb. {{Saadjie}} waar dit is. Groot asseblief! Die verwydering daarvan maak die artikel nie groter nie. Ek kies self of ek dit insit of nie. Dieselfde met akkurate skakels ipv. aansture en volledige kassies. Dankie! Groete. -- SpesBona 22:05, 1 Oktober 2018 (UTC)
- Hi maat, {{cite web}} gee probleme omrede 'n sekere ridder daagliks aan sjablone verander. Dus beroep ek my eerder op {{webaanhaling}} wat ek weet "skoon" en getoets is. Gute Nacht! --Aliwal2012 ("Die perd se bek") 23:15, 1 Oktober 2018 (UTC)
- Ek het net die beskrywing verander. Enigiets wat nou in die sjabloon gebreek is, is ten minste sedert 10 September 2017 stukkend. Wat presies is die probleem met cite web? Dit is mos veronderstel om identies te wees aan webaanhaling, of hoe? – K. 1️⃣7️⃣5️⃣ (bespreking | bydraes) 21:19, 2 Oktober 2018 (UTC)
- Hi maat, {{cite web}} gee probleme omrede 'n sekere ridder daagliks aan sjablone verander. Dus beroep ek my eerder op {{webaanhaling}} wat ek weet "skoon" en getoets is. Gute Nacht! --Aliwal2012 ("Die perd se bek") 23:15, 1 Oktober 2018 (UTC)
Kopieregskending?
Is die nuwe artikels oor leestekens soos die komma en aandagstreep nie kopieregskending nie? Die inligting kom uit die AWS. Burgert (kontak) 21:08, 2 Oktober 2018 (UTC)
- As dit verbatim gekopieer word, is dit inderdaad 'n kopieregskending. – K. 1️⃣7️⃣5️⃣ (bespreking | bydraes) 21:12, 2 Oktober 2018 (UTC)
- Lyk vir my min of meer verbatim, ja. So ook punt, vraagteken, aanhalingstekens, asterisk, ellipsteken, hakies, kommapunt, skuinsstreep, uitroepteken. Dit sou seker herbewerk kon word, maar ons moet ons 100% skoon hou van enige kopieregsake. PetronelFourie, verstaan jy wat die probleem is hier? Dis nie ons wat probeer snaaks wees nie. Dit is eenvoudig die wet dat mens nie ander mense se werk kan hergebruik en herpubliseer nie. Ons sal hierdies moet uitvee tensy dit onmiddellik grondig herbewerk word. --Alias (kontak) 08:53, 3 Oktober 2018 (UTC)
Taaltameletjie
- Bespreking geskuif na Bespreking:Klappe
Herinnering: Geen redigering moontlik vir tot 'n uur op 10 Oktober 2018
Die Wikimedia-stigting toets tans sy sekondêre datasentrum. Dit sal verseker dat Wikipedia en die ander Wikimedia-wikis aanlyn kan funksioneer, selfs na 'n ramp.
Die span het alle verkeer op 12 September 2018 na die sekondêre datasentrum oorgeskakel.
Op Woensdag, 10 Oktober 2018, sal hulle dit terug verander na die primêre datasentrum.
As gevolg van sommige beperkings in MediaWiki, sal alle redigeerwerk ongelukkig tot stilstand moet kom wanneer ons verander.
U sal vir 'n kort rukkie alle wikis kan lees, maar nie redigeer nie.
Op Woensdag 10 Oktober sal u vir 'n uur lank nie mag redigeer nie. Die toets sal net na 14:00 UTC begin. As u gedurende hierdie tyd probeer redigeer of stoor, sal u 'n foutboodskap ontvang.
Hierdie projek kan uitgestel word indien dit nodig is. Jy kan die skedule by wikitech.wikimedia.org gaan lees. Enige veranderinge sal in die skedule aangekondig word.
Deel asseblief hierdie inligting met u gemeenskap. User:Johan(WMF) (talk) 12:03, 4 Oktober 2018 (UTC)
Elipsteken vs Ellipsteken
Elipsteken vs Ellipsteken, seer sekerlik net een kan reg wees.... Help asb! Groete! Oesjaar (kontak) 08:30, 11 Oktober 2018 (UTC)
Teksverwysings in 'n vertaalde artikel
Naand almal
Ek het die Engelse artikel "self-concept" na Afrikaans vertaal, hoofsaaklik met my eie vertaling omdat daar nie outomatiese vertaling beskikbaar was wat ek net kon redigeer nie. Die Engelse artikel bevat baie verwysing in die teks met die bronne onderaan en ek het daardie voetnote so behou. In die gepubliseerde Afrikaanse artikel is daar egter nou 'n hele lys wat op verwysingsfoute dui - hoe kan ek dit regstel sonder om die verwysings te verwyder? Selfkonsep– Hierdie ongetekende kommentaar is deur PetronelFourie (Bespreking • Bydraes) gelewer.
- @Rooiratel: weet jy hoe om dit te doen? Petronel wil die verwysings in die lys onderaan behou, maar daar word nie in die artikel inlynverwysings na hierdie bronne gemaak nie. – K175 (trap my uit | bydraes) 20:40, 13 Oktober 2018 (UTC)
- Ek het vir eers die verwysings uitgehaal onder notas. Jy kan hulle nou by die teks inwerk. Ek sien nie 'n ander manier nie. Dankie Dumbassman (kontak) 20:47, 13 Oktober 2018 (UTC)
- Snaaks genoeg die Engelse artikel het ook verwysingsfoute... Dumbassman (kontak) 20:52, 13 Oktober 2018 (UTC)
- @K175: Gewoonlik as ek artikels vertaal dan gebruik ek die "Inhoudsvertaling" beta-funksionaliteit. Aktiveer dit in jou Voorkeure onder die beta-funksionaliteit afdeling. Dit is nie perfek nie maar dit werk gewoonlik baie goed. Die probleem lê met die geval as die brontaal se artikel 'n sjabloon gebruik wat nie 'n ekwivalente sjabloon in die teikentaal het nie. Dan ignoreer dit die sjabloon in die teikentaal se artikel. Ek sien die Engelse artikel gebruik die {{Cite journal}} en {{clarify}} sjablone, wat ons nie in Afrikaans het nie. 'n Ander probleem wat kan voorkom is as jy nie die artikel volledig vertaal nie. Van die verwysings gebruik net die naam, byvoorbeeld: <ref name=aronson2007 /> in plaas van: <ref name=aronson2007>{{cite book |last1=Aronson |first1=E. |last2=Wilson |first2=T. |last3=Akert |first3= R. |year=2007 |isbn=9780132382458 |title=Social Psychology |location= New York|publisher=Pearson Prentice Hall |page= 113}}</ref> In daai geval waar jy net deel van die artikel vertaal met die verwysing na die verwysing, dan kry jy nie die verwysing in die vertaalde artikel nie. Jy kan dit of self in sit, of jy moet dit hele artikel vertaal. Groete Rooiratel (kontak) 01:26, 14 Oktober 2018 (UTC)
Kategorie:Vliegtuigenjins
Kan iemand asb help met https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Vliegtuigenjins Dit vertoon nie goed nie! Groete! Oesjaar (kontak) 07:25, 14 Oktober 2018 (UTC)
- Gefieks. Burgert (kontak) 10:46, 14 Oktober 2018 (UTC)
Instandhouding?
Goeienaand, Ek probeer om die artikel "First aid" te vertaal, maar nadat ek die outomatiese vertaling gedoen het, kan ek nie in daardie blok redigeer nie - die merker wil nie in die teks verskyn sodat ek kan tik of uitvee nie. Is dit 'n tegniese fout of instandhouding?– Hierdie ongetekende kommentaar is deur PetronelFourie (Bespreking • Bydraes) gelewer.
- Ek kan bevestig dat ek ook die probleem ervaar. Dit is moontlik instandhouding. – K175 (trap my uit | bydraes) 18:53, 20 Oktober 2018 (UTC)
Wikidata
As ek probeer 'n nuwe bladsy soos Jacques Delors aan wikidata te koppel kry ek:
Die bladsy wat u gekies het is reeds aan 'n item in ons sentrale data-resevoir gekoppel. Bevestig dat die onderstaande bladsye inderdaad die bladsye is waaraan u hierdie bladsy wil skakel. |
en die koppeling misluk. Is daar 'n probleem met wikidata? Jcwf (kontak) 18:49, 25 Oktober 2018 (UTC)
- Waarskynlik. Ek het dit met die hand bygevoeg en dan werk dit. Burgert (kontak) 19:20, 25 Oktober 2018 (UTC)
- Dankie! Maar wat bedoel jy met "met die hand" Burgert? Moet ek na die wikidata-werf gaan? Jcwf (kontak) 19:42, 25 Oktober 2018 (UTC)
- Dis wat ek gedoen het, ja. Maar dit behoort nie nodig te wees nie. Burgert (kontak) 20:30, 25 Oktober 2018 (UTC)
- Wikidata se bot is nou baie vinnig en skep binne sekondes 'n nuwe item. 'n Nuwe artikel se item moes dus met al die ander taalskakels se ander item versmelt word. Ek gaan na Wikidata se item en voeg binne sekondes die Afrikaanse skakel by. Groete. -- SpesBona 21:10, 25 Oktober 2018 (UTC)
Волколак = Wolkolak? Wilkelak? Slawiese weerwolf?
Mense, ek is amper klaar met Javaanse tier - nog net so drie subhofies en die bronne. Ek wil solank kyk na Волколак wat vir my maar effens "wees" lyk op die Russiese Wikipedia. Ek wil my hand bietjie waag met die taal [al beteken dit dat ek elke liewe woord se agtervoegsel moet leer ken].
Die naam is egter 'n turksvy. Ek dink veral Burgert en Jcwf kan my hiermee help.
- WOLKOLAK
Tegnies gesproke dink ek behoort hierdie naam volgens die Woordelys en Spelreëls korrek getranslitereer te wees (ek hoop darem so). Maar nou sit ons met 'n probleem of twee.
- Ten eerste, die klank is nie besonder foneties nie [vəɫkɐˈɫak] en kan juis tot uitspraakverwarring lei. Aan die ander kant, so lees mens mos in die taalboeke, mag buitelanders maar sulke foutjies maak.
- Ten tweede, Wolkolak is Russies. Vergelyk mens nou hiermee De Groot se "De weertijger in onze koloniën en op het Oostaziatische Vasteland" (1898), dan kry ons die woord wawkalak. Nie alleen is dit besonder foneties nie, maar dit is duidelik WIT-RUSSIES: Вавкалак. En dit is nou ons tweede kopseer: uit al die honderde dialekname, waarom nou juis Standaardrussies verafrikaans? Is daar nie miskien 'n meer algemene naam nie?
- WILKELAK
Afgesien van die laasgenoemde probleem, is die groot probleem met die fonetiese skryfwyse weer die oorsprong wat die probleem is. In Russies is dit vry algemeen om Geert Wilders te skryf as "Герт Вилдерс", selfs al weet ons dit moet eintlik Херт wees. Die ou gebruik was wel om alles te "Gh". Neem nou maar (Frédéric-César) de La Harpe wat eenvoudig Лагарп (Lagharp) word. Dit kos nogal bietjie rondblaai om uiteindelik agter te kom: O, DIS HY! Iewers in my taalboeke staan daar in Engels skryf jy uit Russies altyd lettertjie vir lettertjie oor, selfs al verskil die uitspraak in Russies. Klaarblyklik is dit ook die geval met Nederlands en Duits.
- SLAWIESE WEERWOLF
Dit klink goed, aangesien dit amper al die ander Slawiese name insluit en almal na dieselfde gedierte verwys. So, wat's nou weer die probleem? Wel - is dit 'n WEERWOLF soos ons dit ken? Soos ek kan aflei, is dit (dikwels) bloot 'n wolf met 'n menseverstand; dus, hy staan nie altyd op twee bene nie. Hy is ook nie altyd so wreed, woes en bloeddorstig nie, maar dikwels vriendelik en saggeaard teenoor sy eie mense. Soos De Groot skryf:
- In Rusland wordt de wawkalak, die door den duivel met de gedaanteverandering gestraft is, door zijne familie veelal herkend en goed gevoed; hij doet hun dan ook volstrekt geen kwaad, ja likt hun zelfs de handen.
En dan - wat van Kikimora en Baba Jaga? Of moet ons dan van laasgenoemde praat as "Russiese heks" of "Slawiese heks"? Dit voel ek weer is onnodig, want ek het as kind die woord "Baba Jaga" so leer ken in die kinderboeke.
Enige voorstelle?
Suidpunt (kontak) 08:51, 26 Oktober 2018 (UTC)
- Wat van Slawiese menswolf? Die Slawiese name verskil van taal tot taal. En wat uitspraak betref, dit is ingewikkeld en die meeste Russiese name word maar in ander tale verkeerd uitgespreek. Burgert (kontak) 09:13, 26 Oktober 2018 (UTC)
- Ek sal dit oorweeg - De Groot praat trouens ook van "menschtijgers", so ek dink menswolwe sal nie te sleg wees nie. Suidpunt (kontak) 10:10, 26 Oktober 2018 (UTC)
Bruikbare brondokument vir SA hospitale
'n Volledige bron vir hospitale en gesondheidsklinieke is te vinde by:
https://github.com/codebridge-za/seeking-shelter/blob/master/curated_data/points/clinics.csv
as iemand daaraan wil werk.
(oorspronklik deur Dumbassman aan Oesjaar verskaf)
Die Gemeenskapswenslysmeningsopname
Dagsê almal,
Die Gemeenskapswenslysmeningsopname is die proses waarmee Wikimediagemeenskappe besluit presies waaraan die Wikimediastigting se "Community Tech" moet werk in die komende jaar.
Die "Community Tech"-span fokus op gebruiksgereedskap vir ervare Wikimediaredigeerders. Jy kan jou voorstelle van nou tot en met 11 November pos. Die gemeenskappe sal oor die voorstelle stem tussen 16 en 30 November. Lees meer op die wenslysmeningsopnamebladsy.
/User:Johan (WMF)11:05, 30 Oktober 2018 (UTC)
Hulp:A S100 Errors
Gemeenskap, daar is tans net 65 van bogenoemde foute oor. Sien https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Spesiaal:Skakels_hierheen/Hulp:AS1_errors&from=102307&back=0 Baie van hulle se probleem kan ek nie sien nie, dit word nie aangedui nie. Daar is klmpie wat URL en Link probleme het. Ken iemand daarna kyk asb? Ek het die meeste van die date, accessdate en coauthors reggemaak. Hierdie fout was so 2 maande terug nog oor die 1000! Groete! Oesjaar (kontak) 08:17, 2 November 2018 (UTC)
- Dankie aan Gebruiker:Burgert Behr wat baie van die moeilike foute reggemaak het. Daar is nou minder as 50 oor. Groete! Oesjaar (kontak) 12:38, 4 November 2018 (UTC)
- Ek sien by baie van die artikels nie foute in die verwysings nie. Ek weet nie hoekom hulle na die kategorie skakel nie. Burgert (kontak) 13:09, 4 November 2018 (UTC)
- Ek het ook so opgelet! Gaan my verstand te bowe! Oesjaar (kontak) 13:46, 4 November 2018 (UTC)
@Oesjaar en Burgert Behr:
--Sb008 (kontak) 16:36, 4 November 2018 (UTC)
- Baie dankie aan Gebruiker:Sb008 wat die laaste van die probleme uitsorteer het! Groete! Oesjaar (kontak) 09:14, 6 November 2018 (UTC)
Editing News #2—2018
Read this in another language • Subscription list for this multilingual newsletter
Did you know?
Since the last newsletter, the Editing Team has wrapped up most of their work on the 2017 wikitext editor and the visual diff tool. The team has begun investigating the needs of editors who use mobile devices. Their work board is available in Phabricator. Their current priorities are fixing bugs and improving mobile editing.
Recent changes
- The Editing team has published an initial report about mobile editing.
- The Editing team has begun a design study of visual editing on the mobile website. New editors have trouble doing basic tasks on a smartphone, such as adding links to Wikipedia articles. You can read the report.
- The Reading team is working on a separate mobile-based contributions project.
- The 2006 wikitext editor is no longer supported. If you used that toolbar, then you will no longer see any toolbar. You may choose another editing tool in your editing preferences, local gadgets, or beta features.
- The Editing team described the history and status of VisualEditor in this recorded public presentation (starting at 29 minutes, 30 seconds).
- The Language team released a new version of Content Translation (CX2) last month, on International Translation Day. It integrates the visual editor to support templates, tables, and images. It also produces better wikitext when the translated article is published. [7]
Let's work together
- The Editing team wants to improve visual editing on the mobile website. Please read their ideas and tell the team what you think would help editors who use the mobile site.
- The Community Wishlist Survey begins next week.
- If you aren't reading this in your preferred language, then please help us with translations! Subscribe to the Translators mailing list or contact us directly. We will notify you when the next issue is ready for translation. Baie dankie!
14:16, 2 November 2018 (UTC)
Since I can't write in Afrikaans (reading I manage) I do this in English.
On WikiProject Check Wikipedia you can find all kind of lists of pages with syntax errors. Based on those lists you can correct the pages mentioned and, if done, mark them as "done" in the lists.
I don't know who is doing it, but 1 or more people are constantly marking pages as "done" without solving the problem. Only in the last few days I noticed a few dozen pages marked as solved without anything done and the syntax error still present.
Who ever is doing this, please stop doing this. It's counter productive!!!!
--Sb008 (kontak) 11:24, 4 November 2018 (UTC)
- @Sb008, maak je niet druk om de taal. Je kunt je teksten natuurlijk in het Nederlands schrijven; hier zijn minstens 2 andere Nederlanders werkzaam. Oder schreiben Sie auf Deutsch, das ist auch prima - unser Bürokrat ist Deutscher. Suidpunt (kontak) 12:50, 4 November 2018 (UTC)
- @Sb008: Zoals Suidpunt zegt: vele mensen hier kan Nederlands. – K175 (trap my uit | bydraes) 15:04, 4 November 2018 (UTC)
Nuwe inhoudvertaler
Hallo almal
Ek het pas die nuwe inhoudvertaler probeer. Eerste indrukke is redelik goed. Die eindresultaat is hier. Ek het die sigbare foute hier gerapporteer. Dit lyk my of daar ook 'n probleem met die vertaling/omskakeling van sjablone is. Weet iemand wat nodig is sodat hierdie outomaties korrek omgeskakel kan word? As die inhoudvertaler goed werk, sal dit 'n groot hulpmiddel wees. Ek het heelwat mense al blootgestel aan die vorige (tegnies gesproke huidige) inhoudvertaler, en daar is maar beperkinge. --Alias (kontak) 13:19, 5 November 2018 (UTC)
Vermelding
Afrikaanse Wikipedia so terloops op Radio Pretoria vermeld deur Dr Francois Durand. Vanaf 38:20 [8], Afrikaans in die klaskamer (1), Ek wil weet. JMK (kontak) 20:26, 5 November 2018 (UTC)
- Dr Durand kan gerus 'n paar bydraes met betrekking tot paleontologie hier maak! – K175 (trap my uit | bydraes) 20:40, 5 November 2018 (UTC)
- Dr Durand kan ook gerus mense vertel dat as hulle boeke wil skryf dat daar ook 'n Afrikaanse wikibooks is... Jcwf (kontak) 21:43, 5 November 2018 (UTC)
- Ek het daarna geluister en weereens besef hoeveel werk ons nog het! Miskien gaan die nuwe vertaler, wat Gebruiker:Alias hierbo bespreek het, baie kan help. Ek voel ons skep te veel artikels en saadjies wat nie werklik van waarde is vir kinders in die klas nie bv rolprentsterre ens. terwyl die diep tegniese artikels agterweë gelaat word. My volgende doelwit is refraksie-indeks. Ja, dit is rooi maar uiters nodig. Ek sien in ons koerante dat hulle berig die optiese vesel wat in ons strate gelê word dra lig teen die spoed van lig. Verkeerd! Sodra lig deur 'n digter medium as 'n vakuum gaan, verminder sy spoed en wel met 'n faktor van 1.46, die groeps-indeks van glas.
- Ek rig 'n versoek aan ons Gemeenskap, kwalitiet voor kwantiteit asb! Groete! Oesjaar (kontak) 09:21, 6 November 2018 (UTC)
- ... en terwyl ek aan de preke is, probeer asb julle nuwe artikels integreer in bestaandes in, dit sal help dat ons skoolkinders meer sal surf! Groete! Oesjaar (kontak) 09:35, 6 November 2018 (UTC)
Wees die verandering wat u in die wêreld wil sien. — Mohandas Gandhi
|
- – K175 (trap my uit | bydraes) 10:09, 6 November 2018 (UTC)
- Hoekom voel ek glad nie opgewonde nie? My bloeddruk sak sommer.
- Al die inligting in Engels? Nee, dit is onsin. Hier is my stuiwers:
- die skoolhandboeke self word vrot vertaal (daarvan kan ek eerstehands getuig), want die staat sal draai, draai, draai en tot op die nippertjie wag voordat 'n nuwe handboek voorgeskryf word. Die Engelse handboek word dikwels woord vir woord in Afrikaans vertaal, sonder 'n druppel parafrasering, want die vertaler is onder druk. Die uitgewers gee hierdie boeke eenvoudig voetstoots uit, dikwels sonder redigering.
- die terminologie in Afrikaans op skool verskil duidelik van dié op universiteit. Google gerus: "stroomvragafsetting". Daardie woord bestaan slegs in die Onderwysdepartement. Elkeen skep sy eie woord en kruie net voort. Die linkerhand weet nie wat die regterhand doen nie.
- die
wetenskaplikesdosente is gou om Afrikaans dood te treur, maar is self die oorsaak daarvan. Was dit nie in my Tweedejaar en selfs my Honneursjaar toe ek aan Duits blootgestel is as brontaal en GENOPE GEVOEL HET OM VINGER TE TREK NIE, sal my bronne nou nog slegs in Engels gewees het. DUH! Jy tjank oor Engels, maar jy GEBRUIK steeds Engelse boeke en artikels - poephol! [Ek verwys nie hier na mnr. Durand nie; die verbeelde wenende dosente wel] En ek sou steeds in 'n Engelse borrel voortgekruie het. [Dank God vir Google Play en Amazon.com!]
- die
- Hoe ouer die Afrikaanse bronne, hoe meer divers raak die tale wat IN daardie boek gebruik word. In Duitsland het hierdie tendens gelukkig nooit verander nie, want jy word naas Engels so te sê GEDWING om 'n ander wêreldtaal te kies op skool. Die meeste kies Frans as derdetaal, of Spaans, of Latyn, of Russies. Hierteenoor het ons - Afrikaans. Hoe moderner die Afrikaanse handboek, hoe meer... ja, wel. Ek sit hier met 'n boek uit 1978 (tweede uitgawe) van die Hollander, Professor Dr. Paul van Warmelo, getiteld Die oorsprong en betekenis van die Romeinse Reg. Wat kry ons in die Literatuurlys? Latyn, Italiaans, Frans, Duits, Hollands, Engels, Afrikaans. 7 TALE! 'n Rekord! Jy kan dus insien waarom ek my verlede maand bloedig vererg het oor die Afrikaanse parogialisme qua Nederduits (skoolvak)!
- Maar nou sê Durand jy moenie vertaal nie, jy moet integreer. Uitstekend. Pragtig, maar weet vertalers nog ooit hoe? Wat is 'n Afrikaanse denkrigting? Weet iemand?
- My eie stereotipe beeld van die Britse Engelse is dat hulle in 'n dichotomisme leef wat hul redenasie aanbetref: of iets is sus, of iets is [laat leemte oop vir die publiek wat in die lug bly hang, die woord is te afskuwelik om te noem] - daar is net geen middeweg nie. Die eiland-mentaliteit. Of die EU is gekant teen ons, of hulle is vir ons [al kan die belange van die ander Europese Unielidlande ons nie in die minste skeel nie]. Daar is één oplossing, en niks anders nie. Jy sien dit baie goed in die Suid-Afrikaanse perswese. Alle teenvrae en teenvoorbeelde word bloot uit die argument geïgnoreer, want jy propageer slegs jou idee/waanbeeld. Die skeptiese leser kan altyd die hedendaagse proefskrifte en verhandelings aan die Suid-Afrikaanse universiteite deurkyk en my aanname op die proef stel.
- Die Franse denkpatroon probeer ek nog ontsyfer, maar daar is diegene daarbuite wat glo dit is abstrak en gebou op universele waardes en beginsels, en hou dikwels niks verband met die werklikheid daarbuite nie. Broederskap sou byvoorbeeld vir die EU belangriker wees as die Griekse skuldlas, par example. Al maak enige land hoe droog, dis die beginsels wat tel. Wat anders kon iemand soos Sartre tog gerook het? Daai goed werk lekker vir romans, maar verander nie die ratkas van my motor nie. Soms gaan die filosofie eenvoudig te ver...
- Die Hollanders en Vlaminge sal wel hul standpunt duidelik stel en probeer voordruk, maar wat opval is dat hulle gewoonlik hulself peper met teenvrae van die "verbeelde" opposisie se kant af, juis om hul saak te versterk.
- Die Duitsers probeer 'n soort rivier (raakpunt) of 3D-sfeer vind waar al die vertakkinge (en oorsprong) sal aansluit [van die wieg tot die graf, al moet hulle ook in Latynse tekste van 'n kranksinnige monnik gaan grawe]. Elke relevante fout en oplossing wat in die slag gebly het, word punt vir punt gelys wat in die verlede gemaak is. Met al hierdie data word 'n soort universele geheelbeeld van iets gekry. Voordat die oplossing kom.
- Die Russe, wel, probeer weer kyk HOEVEEL oplossings mens mee vorendag kan kom, sonder dat daar noodwendig 'n definitiewe verband tussen hulle is, of noodwendig uit mekaar vloei, of op mekaar gebou is. Uit die miljoene Kalashnikoff-skote in die donker sal een darem kolskoot tref - so iets.
- Dan vra jy my wat die Afrikaanse denkpatroon is? Ek weet nie. PRAGMATISME?
- Verder kry ek die gevoel die Afrikaanse owerhede en leerstoele [hetsy die skryfkuns, hetsy die niefiksie] mag nie te gevorderd raak nie, want dan vervreem dit die arme onnosele leser (dit wil sê, die oningeligte kaal keiser, die dosent, self). Ek sê: BASTA. 'n Duitse boek gee nie 'n moer om of jy Duitse kaalvoetkindjie is wat iewers stofspore in Afrika trap nie. Jy kan basiese beginsels in Afrikaans vereenvoudig - maar daarna? Sterkte met jou Hebreeuse leesmoeder. Suidpunt (kontak) 12:16, 6 November 2018 (UTC)
- Dit is dr. Durand vir jou! – K175 (trap my uit | bydraes) 12:47, 6 November 2018 (UTC)
- Ek sê weer: ons kan nie die verlede verander nie maar ons kan die toekoms help skep! Kry alle inligting hier beskikbaar in ons Wiki dan help skep ons werklik die toekoms! Groete! Oesjaar (kontak) 12:49, 6 November 2018 (UTC)
- En as iemand wil help om Willebrord Snellius en Wet van Snell te skep sal dit my saak baie help! Groete! Oesjaar (kontak) 14:38, 6 November 2018 (UTC)
- Wat die onderwerpe van ons artikels betref - daar is hopelik ook studente, toeriste, sakelui en ander lede van die publiek wat baat vind by ons werk! Voyageur (kontak) 17:49, 6 November 2018 (UTC)
- En hopelik ook mense wat net nuuskierig is oor die lewe, en wil daaroor lees in hulle eie taal. Dis die enigste rede hoekom ek so baie Wikipedia artikels lees. Rooiratel (kontak) 05:23, 7 November 2018 (UTC)
Wêreldspektrum 1982
Het enigiemand die Wêreldspektrum van 1982? Ek sal graag 'n e-possie wil stuur met 'n paar dinge om op te soek. --Alias (kontak) 13:26, 7 November 2018 (UTC)
- Probeer Gebruiker:Elana Barker. Groete! Oesjaar (kontak) 18:14, 7 November 2018 (UTC)
- Laat weet as jy nog nie reggekom het nie. Groete. Frank (kontak) 20:06, 14 November 2018 (UTC)
Voyageur se misbruik
Wikipedia is nie 'n politiese webwerf nie. Hoekom kan Voyageur die Tuisblad misbruik vir sy politiese propaganda en fake news oor Italië. Dat hy -en ander Britse imperialiste- die Europese Unie kapot wil maak is duidelik, maar kan hy Wikipedia daarvoor misbruik? Jcwf (kontak) 14:51, 9 November 2018 (UTC)
- Ek het altyd gedink Voyageur is 'n Duitser! @Voyageur: het jy 'n verwysing vir die nuus? – K175 (trap my uit | bydraes) 15:33, 9 November 2018 (UTC)
- Joseph Stiglitz - al twee jaar gelede. Die Welt, 5 Oktober 2016: Star-Ökonom erwartet den Euro-Austritt Italiens. Sekerlik geen Britse imperialis nie.
- Die gesiene Duitse ekonoom Hans-Werner Sinn: focus.de, 30 Mei 2018: Ökonom Sinn hält Euro-Austritt Italiens für wahrscheinlich
- Lees die laaste sin van hierdie artikel. Italië se regeringspartye word afgemaak as populisties? Wat gaan hulle doen as die skuldkrisis vererger en staatsbankrotskap verklaar moet word? The New York Times, 12 Oktober 2018:Why Italy Could Be the Epicenter of the Next Financial Crisis
- Ag nee wat, het ons die hele Euro-waansin dan aan 'n sameswering van Britse en Amerikaanse imperialiste te danke? Die stelsel is vrot.
- Daar is altyd analiste wat iets voorspel. Die verskil is: in hierdie geval is dit duidelik dat Italië se staatseffekte- en skuldlasprobleem 'n ernstige bedreiging vir die Eurosone en die wêreldekonomie se stabiliteit inhou en dat daar net twee oplossings kann wees: a) Ander lede van die Eurosone bied finansiële steun wat met 'n program van besuinigings gepaard moet gaan. Iets wat die huidige regeringskoalisie nooit sal kan aanvaar nie. b) Die land kry die moontlikheid om sy geldeenheid te devalueer. Dit beteken niks anders as die onttrekking uit die Eurosone nie. Watter een van die twee oplossings groter chaos op finansiële markte sal oplewer - ons weet glad nie.
- En - die Italiaanse minister van finansies, Giovanni Tria, het vandag belangrike kommentaar gelewer.
- Voyageur (kontak) 16:14, 9 November 2018 (UTC)
- Ek dink hier is 'n goeie artikel in wording: as ons kyk na Jcwf se uitgangspunt uit al sy antwoorde by Quora by die Franse, Duitse en Engelse weergawe, kan ek goed verstaan waarom hy ten alle opsigte pro-EU is. Jy moet dit lees om te waardeer. Plek-plek is hy venynig, en hy verlekker hom in die Britte se leed - sy woordkeuse verskaf my elke oggend 5 minute se genot. Om die waarheid te sê het hy amper 450 antwoorde oor die EU al gegee.
- Te veel oorloë het in die verlede op die vasteland gewoed - nou dat EU daar is, beteken dit hegter vennootskap tussen die lande en beter stabiliteit. Want hierdie lande het genoeg daarvan gehad om geboelie te word, en nou is die hele EU 'n spreekwoordelike "anti-bullebak klub" waar almal 'n gelyke kans gegun word. Ook Ierland. 'n Oos-Europese land het ewe veel seggenskap en vetoreg as Duitsland, ens.
- Hoewel Jcwf wel gekant is teen baie regse groepe, sien hy wel in dat hierdie politieke partye probleme opper wat die (sentraal- tot ver)linkse groepe eenvoudig ignoreer - soos kommer oor die afgang van die onderskeie kulture, OMVOLKING ( 'n woord wat op die Nederlandse Wikipedia verban is!), ens. En natuurlik die verengelsing aan die universiteite en die teruggang van Frans en Duits. Hy kan ook insien dat Europese stelsels nie altyd met sukses op ander kontintente deurgevoer kan word nie - Afrika inkluis. Aan die ander kant dink hy nie veel van nasionalisme nie [Tweede Wêreldoorlog], en glo mense verstaan die hele EU-beeld verkeerd: dit is nie 'n monster wat almal in 'n hutspot wil gooi en tot een groot robotvolk probeer bekeer nie.
- Oor Brexit spel die Jcwf die volgende baie duidelik uit: vir hom het die Britte nog altyd net by die EU gebly oor eiebelang, maar het nie 'n duit omgegee vir die belange van die hele EU-lidlande as geheel nie. Duitsland en Frankryk moet bereid wees om te ly, as almal ly, maar die Britte doen dit nie, en wil ook nie. Dat Brittanje nou in snot-en-trane is oor hy "verworpe" voel, so voer Jcwf aan, is hul eie skuld.
- Wat Jcwf die meeste bekommer is nou enige land, soos die Russiese Federasie, maar ook die VSA, en natuurlik Brittanje, wat enigiets probeer doen om die EU te skeur. Juis omdat die EU so 'n sterk opkomende mag is waarmee rekening gehou moet word. Ja, dit beweeg maar stadig, soos 'n gletser - want besluitneming neem tyd, om almal in ag te neem.
- En nou het ons Voyageur se stem: "Ag nee wat, het ons die hele Euro-waansin dan aan 'n sameswering van Britse en Amerikaanse imperialiste te danke? Die stelsel is vrot."
- Nou is ek hoogs geïnteresseerd wat die ander kant van die saak is.
- Ek het ook vrae oor waarom daar in Engeland minder VS$-miljardêrs is as in Duitsland (amper dubbeld soveel): https://jakubmarian.com/wp-content/uploads/2018/04/europe-billionaires-2018.jpg
- Iets is vreemd. Ek dag die Britte het 'n vrye ekonomie (met vrye geld wat oorloop), terwyl die belasting in Duitsland die hele volk laat doodbloei (of, dis die indruk wat ons kry). Tog sê Forbes nee. En aangesien Voyageur ekonomie studeer het, sou ek graag sy standpunt wil hoor. Suidpunt (kontak) 17:47, 9 November 2018 (UTC)
- Die Financial Times verskaf antwoorde op die meeste vrae in dié verband: The UK economy at a glance. Die hoofkwessie is produktiwiteit (per capita) - die Werkersparty het die voorkeur gegee aan ekonomiese groei deur groter mannekrag (massa-immigrasie uit EU-lidstate) pleks van groei deur hoër produktiwiteit. Daar is minder sektore met snelle groei en hoë per capita-produktiwiteit, dus minder miljoenêrs en biljoenêrs. Nogtans was die netto-kapitaaltoevloei in 2017 die grootste wêreldwyd.
- Die VK het - afgesien van sy werkverskaffing aan miljoene EU-burgers (die meerderheid Britse burgers in die EU trek pensioene uit die VK en is nie daarop aangewese om tot die EU-arbeidsmark toe te tree) - ook miljarde £ bygedra tot die EU se begroting. Nogtans voel mense buite die welvarende suidooste dat hulle nie in die ekonomiese groei deel nie.
- Ons is by verre nie so welvarend soos die meeste Duitsers of Noord-Italianers nie. Net een syfer: 60 persent van alle huishoudings in Glasgow beskik nie oor 'n motor nie. Baie bejaardes sal nie voldoende verwarming vir hul wonings kan bekostig nie. Daar is duisende huishoudings wat al in die herfs agterstallig geraak het met paaiemente vir krag, gas en verwarming. Baie huishoudings bestee meer as hulle verdien en betaal kos, huurgeld en basiese dienste met kredietkaartskuld. So wat ons die meeste moet vrees is 'n styging in die rentekoers.
- Een groot beswaar was en is dat baie EU-meganismes nie regtig werk vir die VK nie. Toe die land die mees doeltreffende landbousektor in die hele EU begin ontwikkel het, is ons gestraf met hoër bydraes vir Frankryk en ander lande se hoogs gesubsidieerde, minder doeltreffende agrariese sektor. Destyds het mev Thatcher die saak begin regstel.
- Terwyl die Duitsers steeds groot hoeveelhede steen- en bruinkool verbrand en verantwoordelik is vir hoë koolstofdioksied-vrystellings, het die Britse energiebedryf al groener geword.
- Die EU-clique-maatjies het hul eie belastingparadyse soos Luxemburg geskep (kyk net waar Amazon sy setels het?), maar lewer skerp kritiek op enige Britse post-Brexit-beleid van laer ondernemingsbelasting.
- En die groot vraag - wie is werklik besig om die EU te skeur? Die EU self - deur lidmaatskap aan al die armhuise van Europa te verskaf. En is die nuwelinge bereid om die reëls te volg? Blykbaar nie. En dan is daar nog die migrasieprobleem. As 'n groot persentasie van Afrikane tans beplan om hulle in die EU te vestig, wat gaan gebeur?
- Voyageur (kontak) 18:12, 9 November 2018 (UTC)
- Skuus, terwyl Voyageur besig is - ek het vergeet om te noem: die miljardêrs wat gelys word, HET DIE BETROKKE LAND SE BURGERSKAP AANGENEEM. Dit wil sê, die miljardêrs in Luxemburg staan op nul, want nie een het Luxemburgse burgerskap nie. Londen kan dalk 'n klomp multinasionale uitlanders hê, moet ek gou toevoeg. Soos - Arabiere met goue toilette? Suidpunt (kontak) 18:43, 9 November 2018 (UTC)
- Hulle het moontlik woonstelle en ander eiendomme daar, maar ek is nie seker of hulle werklik permanent daar bly nie. Beslis sit Londen met baie "vuil geld" uit Rusland en ander state. Voyageur (kontak) 18:48, 9 November 2018 (UTC)
- Skuus, terwyl Voyageur besig is - ek het vergeet om te noem: die miljardêrs wat gelys word, HET DIE BETROKKE LAND SE BURGERSKAP AANGENEEM. Dit wil sê, die miljardêrs in Luxemburg staan op nul, want nie een het Luxemburgse burgerskap nie. Londen kan dalk 'n klomp multinasionale uitlanders hê, moet ek gou toevoeg. Soos - Arabiere met goue toilette? Suidpunt (kontak) 18:43, 9 November 2018 (UTC)
- Volgens die komediant Arjen Lubach (op Zondag) is die hele groen energiestelsel van Europa beslis 'n klug. Ek weet nie of Brittanje dieselfde blufspul voortsit nie - dis net sertifikate wat van Noorweë gekoop is.Suidpunt (kontak) 19:25, 9 November 2018 (UTC)
- Hernieubare energiebronne verteenwoordig sowat 30 persent van die hele VK en 60 persent van Skotland se kragopwekking. Voyageur (kontak) 20:17, 9 November 2018 (UTC)
- Volgens die komediant Arjen Lubach (op Zondag) is die hele groen energiestelsel van Europa beslis 'n klug. Ek weet nie of Brittanje dieselfde blufspul voortsit nie - dis net sertifikate wat van Noorweë gekoop is.Suidpunt (kontak) 19:25, 9 November 2018 (UTC)
Change coming to how certain templates will appear on the mobile web
Change coming to how certain templates will appear on the mobile web
Help met die vertaal na uw taal
Hello,
In a few weeks the Readers web team will be changing how some templates look on the mobile web site. We will make these templates more noticeable when viewing the article. We ask for your help in updating any templates that don't look correct.
What kind of templates? Specifically templates that notify readers and contributors about issues with the content of an article – the text and information in the article. Examples like Template:Unreferenced or Template:More citations needed. Right now these notifications are hidden behind a link under the title of an article. We will format templates like these (mostly those that use Template:Ambox or message box templates in general) to show a short summary under the page title. You can tap on the "Learn more" link to get more information.
For template editors we have some recommendations on how to make templates that are mobile-friendly and also further documentation on our work so far.
If you have questions about formatting templates for mobile, please leave a note on the project talk page or file a task in Phabricator and we will help you.
Baie dankie!
Terloopse Maroela Media Wikipediapeiling...
Hoe ek vandag by Maroela Media uitgekom het, is 'n lang storie. Ek skakel [wat ek amper nooit doen nie!] my selfoon in op ons enigste streeksradio, en luister Môregloed [en ek dag net RSG het radiodramas]. By nadere ondersoek sien ek dit is 'n projek wat deur Virseker befonds word (R450k vir 24 weke se aflewerings) via Maroela Media. En daar, aan die regterkant, sien ek toe 'n meningspeiling.
MAAK JY GEBRUIK VAN WIKIPEDIA?
- 1. Ja, ons gebruik Wikipedia in die huis vir die kinders se take.
- 2. Nee, ek dink nie dit is 'n geloofwaardige bron nie.
- 3. Ek wil dit graag gebruik, maar my kinders se skool verbied Wikipedia as bron.
- 4. Nee, ek kry nie wat ek soek nie.
Let wel: nêrens word enige melding van AFRIKAANSE Wikipedia spesifiek gemaak nie, hoewel party dit so mag interpreteer, ander weer nie. Ook weet ons iemand met twee rekenaars kan dalk twee keer stem, en/of enige tegnologie is feilbaar. Nou dat ek skryf 17:37 SAST, 14 November 2018 après J.-C., lyk die syfers so:
- 1. Ja: 55%
- Die meningsopname kan verander, maar tot dusver weet ons die meerderheid gebruik wel enige weergawe van Wikipedia.
- 2. Nee, die inhoud is snert: 25%
- Wat die geloofwaardigheid aanbetref kan dit hoofsaaklik toegeskryf word aan eensydigheid - hetsy die artikel, hetsy die leser se lewensuitkyk. Of, die bron word nie maklik opgespoor nie, of die persoon soek eerder 'n bron uit 'n "amptelike" oord. Of, die vertaling laat die leser krapperig.
- 3. Nee, skool laat die leerlinge bietjie sweet: 6%
- Ek neem aan hier word bedoel: ja, ons lees dit vir die pret, maar nee, ons mag dit nie vir die skool gebruik nie. Persoonlik kan mens nie veel daaromtrent doen nie, selfs al sou hoogleraars inklim.
- 4. Nee, hulle het niks waarna ek soek nie: 14%
- Goed, so ek neem aan jy het reeds gaan kyk by Google Scholar, Nexus en wel die wetenskaplike artikel gekry waarna jy soek? Ek vermoed die meeste hiervan is medies van aard - mense soek kitsoplossings en/of soek raad voordat hulle 'n arts besoek. Wat tuinmaak, handwerk, naaiwerk, bakwerk en godsdiens en popsielkunde aanbetref kan jy by enige biblioteek instap - dit is al wat jy daar sal vind. Suidpunt (kontak) 15:49, 14 November 2018 (UTC)
- Wonder hoekom ons nog nie skoolleerlinge hier gesien het wat self begin om 'n artikel te skep nie. Hulle weet tog van programmering en rekenaars en het sekere kennis. As mens kyk hoeveel van hulle ses of meer onderskeidings kry moet hulle in staat wees. Die wikipedia-artikel kan ook as skooltaak in aanmerking geneem word, soos wat sekere universiteite reeds doen met hul studente op Engelse wikipedia. Dis miskien 'n kopskuif wat nog moet plaasvind. Daardie meningsopname suggereer darem, en dis die hoofsaak, dat wikipedia nou al redelik bekend is. JMK (kontak) 18:12, 14 November 2018 (UTC)
Ontkiemingskompetisie
Hallo almal,
Ek wil graag 'n kompetisie aankondig om saadjies te verminder, soortgelyk aan The Africa Destubathon. Ek het vir pryse gereël in die vorm van Amazon gift vouchers vir 1ste (USD80), 2de (USD40) en 3de (USD20) plek vanaf WikimediaZA. Die kompetisie gaan gebeur vanaf 15 Desember 2018 tot 15 Januarie 2019. Ek hoop dit is 'n sukses, sodat ons hierdie kompetisie jaarliks kan doen.
Dankie en groete Dumbassman (kontak) 15:55, 15 November 2018 (UTC)
Gemeenskap, ek het bogenoemde artikel geskep en is besig om dit te voltooi. Vertaalwerk van die Engels bly maar altyd 'n tameletjie! ...en somtyds will die woorde nou maar net nie kom nie! Daai senior oomblikke waaroor ek so praat! ...en soms ondervind! Ek sukkel met amour-piercing, is ammunisie van 30mm nog 'n koeël?, depleted uranium ens. Lees asb die artikel deur wanneer julle kan, dit sal beslis help. Wat 'n vliegtuig! Groete! Oesjaar (kontak) 08:37, 16 November 2018 (UTC)
- Op goeie standaard sover ek met my beperkte kennis kan sien. Nuttig is wel die aankoop van 'n blokkiesraaiselwoordeboek vir die opkyk van paslike(r) sinonieme. Wonder net oor die eerste sin, of daar nog 'n komma tussen daardie byvoeglike naamwoorde nodig is. En in Afrikaans word kommas in getalle, soos Anri my geleer het, net vir desimale gebruik. Ek vermoed wel dat in Afrikaans, soos by ander Germaanse tale, die werkwoord verkieslik aan die einde van die sin moet wees, d.w.s. "teikens oor die vyandige gevegsone aan te val" eerder as "teikens aan te val oor die vyandige gevegsone". Soos Mark Twain omtrent Duits te vertel het: "Whenever the literary German dives into a sentence, that is the last you are going to see of him till he emerges on the other side of his Atlantic with his verb in his mouth." JMK (kontak) 11:06, 21 November 2018 (UTC)
- Wel, in die eerste sin het jy ’n opeenhoping van selfstandige naamwoorde. Jy het dus twee keuses: afstandskoppeltekens of die woordorde omgooi, dus:
- enkelsitplek-, reguitvlerk-, grondaanval- straalaangedrewe vliegtuig
- straalaangedrewe grondaanvalsvliegtuig met ’n enkelsitplek en reguit vlerke (et voila, geen kommas of koppeltekens!) Burgert (kontak) 12:26, 21 November 2018 (UTC)
- Dankie julle vir die belangstelling. Groete! Oesjaar (kontak) 14:20, 21 November 2018 (UTC)
Skootrekenaardiefstal
Hallo mense! Ek vra om verskoning vir die 20+ saadjies van SA riviere, ek werk nog daaraan.
My laptop, tablet en beursie is deur lang vingers uit my slaapkamer gesteel tydens Sondag se etenstyd. Ek sal weldra weer al die werkies opvang. Liefde --Aliwal2012 (kontak) 19:52, 19 November 2018 (UTC)
- Dit is nou jammer! – K175 (trap my uit | bydraes) 20:48, 19 November 2018 (UTC)
- Dankie, jou medelye laat my al beter voel....Gert
- Jammer om te hoor Gert! Groete! Oesjaar (kontak) 04:48, 20 November 2018 (UTC)
- Dankie, jou medelye laat my al beter voel....Gert
Community Wishlist Survey vote
The Community Wishlist Survey. Help met die vertaal na uw taal.
Hey everyone,
The Community Wishlist Survey is the process when the Wikimedia communities decide what the Wikimedia Foundation Community Tech should work on over the next year.
The Community Tech team is focused on tools for experienced Wikimedia editors. The communities have now posted a long list of technical proposals. You can vote on the proposals from now until 30 November. You can read more on the wishlist survey page.
/User:Johan (WMF)18:13, 22 November 2018 (UTC)
Advanced Search
Korrekte Afrikaans
Gemeenskap: uit die artikel Castle Bravo: ...die kragtigste kernwapen wat die VSA afgesit het. Is afgesit die korrekte term? Moet dit nie laat ontplof wees nie? Groete! Oesjaar (kontak) 06:21, 30 November 2018 (UTC)
- Volgens my woordeboeke is afsit o.m. die aksie of sein wat iets aan die gang sit, en dit kan seker ook 'n kernreaksie wees. Maar het "afsit" vervang met "detoneer". Het ook "kontamineer" gebruik eerder as "besmet" wat my laat dink aan virusse en bakterieë. "Neerslag" is seker beter as "uitval", wat ek uitlaat. 'n Bom kan wel kragtig wees, plofkrag hê of 'n krag uitoefen, maar "kiloton" of "megaton" (TNT) meet eintlik die energie wat vrygestel word en nie strenggesproke 'n krag nie. Eenvormige verlede tyd en werkwoorde aan die einde van 'n sin is goeie styl. JMK (kontak) 08:24, 3 Desember 2018 (UTC)
Solidariteit
Gemeenskap, ek het Solidariteit gevries omrede myns insiens die afgelope weke se wysigings blantante bemarking begin raak. Wiki is neutraal. Julle insette asb. Groete! Oesjaar (kontak) 08:31, 30 November 2018 (UTC)
- Gebruiker:Dumbassman, Gebruiker:LiebeB en Gebruiker:A3 Baard: julle sit op die Wikimedia se raad, volg asb hier die op. Groete! Oesjaar (kontak) 08:33, 30 November 2018 (UTC)
- As 'n Afrikaanse administrateur is dit nie iets wat jy kan opvolg nie? Dumbassman (kontak) 09:54, 30 November 2018 (UTC)
- Ja die Administrateur het, hy het dit na die Wikimedia Raad ge-eskaleer! Julle Raadslede moet julle verantwoordelikheid dalk ernstig begin opneem... Groete! Oesjaar (kontak) 13:58, 30 November 2018 (UTC)
- Ek verstaan nie wat jy wil hê ons moet doen nie. Dumbassman (kontak) 14:04, 30 November 2018 (UTC)
- Dankie Oesjaar. Ek het dit opgevolg met die raad en die toepaslike stappe sal geneem word om hierdie saak aan te spreek en uit te sorteer. Groete LiebeB
- Liewe Gebruiker:Oesjaar, ek het vandag met Douglas vergader oor hierdie saak. Ek wil graag met jou gesels oor 'n kommittee stig vir hierdie doeleindes. Kan ek asseblief vra dat ons via e-pos kommunikeer hieroor? As jy 'n ander vorm van kommunikasie verkies, laat weet asseblief. Groete LiebeB
- Dankie Oesjaar. Ek het dit opgevolg met die raad en die toepaslike stappe sal geneem word om hierdie saak aan te spreek en uit te sorteer. Groete LiebeB
- Ek verstaan nie wat jy wil hê ons moet doen nie. Dumbassman (kontak) 14:04, 30 November 2018 (UTC)
- Ja die Administrateur het, hy het dit na die Wikimedia Raad ge-eskaleer! Julle Raadslede moet julle verantwoordelikheid dalk ernstig begin opneem... Groete! Oesjaar (kontak) 13:58, 30 November 2018 (UTC)
- As 'n Afrikaanse administrateur is dit nie iets wat jy kan opvolg nie? Dumbassman (kontak) 09:54, 30 November 2018 (UTC)
Sê jou sê. Groete. -- SpesBona 10:40, 30 November 2018 (UTC)
Karperagtige: Wêreldspektrum as bron deur Maroela Media
Gemeenskap: bogenoemde artikel se bron is Wêreldspektrum wat in 1982 gepubliseer is, dus is dit 36 jaar oud. Sedertdien was daar 'n klomp navorsing gedoen oor visse en hulle taksonomie. Dit is veral DNS toetsing wat hier 'n groot invloed het. Maroela se personeel kopieer net die artikels met 'n OCR (Optiese Karakter-herkennings), as ek dit direk mag vertaal, en dra dan die artikel uit Wêreldspektrum net so oor na ons Wikipedia. In wese 'n goeie idee, maar...
Ek haal die volgende teks aan uit die artikel: Die tiervis (Hydrocynus vittatus), die imberi (Afestes imberi,) die streep-rower (Alestes lateralis) en die Okavango-rower (Rhabdaletes maunnensis) word onder meer by die familie ingesluit. Die Hepsetidae of Afrikaanse greepvisse word deur net een spesie verteenwoordig, die Hepsetus ordoe, terwyl die Distichodontidae familie deur twee spesies, die bekende nkupe (Distichodus mossambicus) en die chessa (Distichodus schenga) verteenwoordig word.
Die familie Citharinidae is nou verwant aan die vorige familie, en die dwergsitarien (Hemigrammocharax machadoi) en die breëbalk-sitarien (Nannocharax macropterus) word hierby ingesluit.
Ek het elke feit in die twee paragrawe met ons eie artikels wat hoofsaaklik A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton, 2001 gebruik en ook met FishBase, sien https://www.fishbase.de/search.php vergelyk. Elke feit in die twee paragrawe is verkeerd want die taksonomie het verander! Tragies!
Dit laat 'n mens nou wonder oor die res van die artikel, hoe akkuraat is dit? Ek het 'n paar skakels in gesit sodat julle dit kan nagaan. Hoe waar kan die volgende stelling nou wees: Die grootste familie onder die karperagtiges, plaaslik asook wêreldwyd, is die Cyprinidae,...?
Hoe gaan ons die saak hanteer? Ek het in vorige artikels ook 'n paar foute van die aard raakgeloop. Enige fauna/flora artikel uit Wêreldspektrum moet eers nagegaan word alvorens dit geplaas kan word. Ek glo nie daar sal fout wees met artikels oor persone nie.
Ons kan tog nie halwe waarhede aan die gemeenskap verkwansel as ware feite nie. Praat van integriteit!
Groete! Oesjaar (kontak) 08:25, 5 Desember 2018 (UTC)
- Ek het aanvanklik dieselfde probleem ondervind met die artikel oor klankversterkers, maar intussen aanvaar ek daardie soort "verouderde" inligting as deel van 'n onderwerp se geskiedenis. Dit kan maklik uitgebrei word met meer onlangse inligting/feite/ontwikkelinge/tegnologiese vordering. Ook is dit 'n goeie ding om Afrikaanse vakterme binne die konteks van 'n ensiklopediese artikel te kan naslaan. Voyageur (kontak) 20:13, 5 Desember 2018 (UTC)
- Ek stem heeltemal saam met Oesjaar. Dieselfde het gebeur met die artikels wat hulle uit Kennis gekopieer het. Ek voel 'n mens kan hoogstens so 'n ou ensiklopedie as bykomende bron gebruik, of vir geskiedenisartikels. Maar selfs die geskiedenis word soms herskryf! 'n Mens moet iets soos Wêreldspektrum dus met oordeelkundigheid gebruik. Ek twyfel soms aan Maroela se oordeelkundigheid waar dit die Afrikaanse Wikipedia betref. Hulle wil nou 'n klomp onderwysers kry om artikels te skryf en loof 'n prys uit vir die een wat die MEESTE artikels skryf. Ek kan nou al sien wie al die gemors sal moet gaan regmaak. Maar dalk is ek net 'n pessimis. Burgert (kontak) 20:15, 5 Desember 2018 (UTC)
- Die prys is nogal R20 000. Burgert (kontak) 20:23, 5 Desember 2018 (UTC)
- Daar is blykbaar geen absolute kennis nie. Mense moet die wysheid hê om dit só te aanvaar. Ek het nou al só veel onlangse akademiese en ander werke gelees wat juis nie as akkuraat beskou kan word nie - daar is heelwat feitelike foute, foutiewe spellings en ander teenstrydighede. Die onlangse debat oor die oorsprong en wortels van die Keltiese samelewing(s) bewys net - ons weet feitlik niks daaroor nie! Alles berus op spekulasie en interpretasie. Voyageur (kontak) 20:35, 5 Desember 2018 (UTC)
- Onderwysers moet (of kan) skryf oor hulle eie vakgebiede. As jy Afrikaans gegee het, oor Afrikaans, en as jy wiskunde gegee het, oor Wiskunde. Beginners op wikipedia moet net weet dat een artikel handel oor een onderwerp, en dat jy die kategorieë moet raadpleeg om te sien wat reeds gedoen is. As die artikels netjies benoem en gekategoriseer word kan dit 'n goeie inisiatief wees, en sal aansluit by wat leerders wil weet. Wikibooks (ons kan dit Wikihandleidings noem) is nog 'n potensiële distinasie vir onderwyserbydraes wat meer op die leer- en oefening-wisselwerking klem slaan. JMK (kontak) 13:51, 13 Desember 2018 (UTC)
Wikimedia kry 'n nuwe wagwoordbeleid en vereistes
Die Wikimediastigting se sekuriteitspan is besig om 'n nuwe wagwoordbeleid en vereistes in te stel. Leer meer oor die projek by MediaWiki.org.
Hierdie vereistes geld vir nuwe rekeninge sowel as bevoorregte rekeninge. Nuwe rekening sal 'n nuwe wagwoord met 'n minimumlengte van 8 karakters moet kies. Bevoorregte rekeninghouers sal gevra word om hul wagwoorde op te dateer na een met ten minste 10 karakters in lengte.
Bg. veranderinge word beplan vir die 13de Desember. Indien jy van mening is dat dit jou werk of gereedskap nadelig gaan beïnvloed, stel ons aldus in kennis op ons kletsbladsy.
Baie dankie!
Ons liewe Telkom
Ai, my Telkom lyn is nou al sedert laas Don uit! Ek sit nou by 'n Mugg & Beam met hulle verniet Wi-Fi net om e-mails op te vang! Groete! Oesjaar (kontak) 10:00, 10 Desember 2018 (UTC)
- Kyk of jy optiese vesel kan kry! Al jou probleme verby! – K175 (trap my uit | bydraes) 10:17, 10 Desember 2018 (UTC)
- Dinge het seker oor die laaste 40 jaar beter geword. Ek onthou toe ek in 1971 in Johannesburg gewerk het en ek 'n dringende boodskap aan my baas by Alexanderbaai moes stuur. Die telefoonlyn was onbetroubaar, dus moes ek die TELEX gebruik het. Mense wat nie grys hare het nie (soos ek), het dalk nie besef dat Telex-masjiene net 10 karakters per sekonde kon oordra, dus sou dit 'n bietjie meer as 'n dag neem om 'n 1 MB-lêer te stuur. Martinvl (kontak) 18:24, 10 Desember 2018 (UTC)
Die storie van Afrikaans
Heelwat verwysings na die verskillende taalweergawes van wikipedia in die bronnelys van hierdie boek, insluitend Afrikaanse wikipedia.[9] JMK (kontak) 08:12, 14 Desember 2018 (UTC)
- Aangesien Wikipedia nie 'n betroubare bron is nie, moet enige boek wat op Wikipedia staatmaak, as onbetroubaar beskou word. As die skrywer van die boek bereid is om sy/haar reputasie op die Wikipedia se bronne te waag, is dit 'n ander saak. 'n Mens hoop dat hierdie bronne deur die skrywer hersien is. Martinvl (kontak) 13:15, 14 Desember 2018 (UTC)
Ontkieming
Waar is al die ontkiemers? :) Burgert (kontak) 15:15, 16 Desember 2018 (UTC)
- @Burgert Behr: ek warm nog op! – K175 (trap my uit | bydraes) 15:45, 16 Desember 2018 (UTC)
- @Burgert Behr: Gebruiker:KabouterBot doen eers 'n bietjie donkiewerk vir my. – K175 (trap my uit | bydraes) 15:52, 16 Desember 2018 (UTC)
- Ek is al 'n tyd lank besig om kort artikeltjies uit te brei en van verwysings te voorsien, maar sal weens werkdrukte nie aan die kompetisie deelneem nie. Voyageur (kontak) 18:29, 16 Desember 2018 (UTC)
- Julle doen goed! Ek is tans nog besig met die Fighters & Bombers Encyclopedia, moet nog Reef Fishes ook klaarmaak asook Ensiklopedie van suidelike Afrika. Hou so aan! Groete! Oesjaar (kontak) 14:13, 17 Desember 2018 (UTC)
Vlagartikels op ons voorblad
Van die vlagartikels geniet min ondersteuning tydens hul nominasie. Dalk kan ander artikels soos Alabama, Bremen, Goud, Londen, Plinius die jongere, Tacitus en Wolf ook hul beurt kry? In 2018 het 22 artikels nuwe artikels op ons voorblad verskyn, vergelyk met 2017 se 12, 2016 se 8, 2015 se 18, 2014 se 25, 2013 se 31, 2012 se 20, 2011 se 38 en 2010 se 21. Wat is julle wense vir nuwe voorbladartikels? Groete. -- SpesBona 22:30, 16 Desember 2018 (UTC)
- Ja, 'n mens moet daarteen waak om te veel artikels van een soort op die voorblad te sit. Dit is dalk die rede vir die gebrek aan geesdrif. Enigeen van die artikel wat jy hier bo noem, kan wat my betref op die voorblad kom. Solank daar 'n verskeidenheid is. Tacitus het vir my net te veel, onnodige skakels. - Burgert (kontak) 13:01, 17 Desember 2018 (UTC)
- Ek stem saam, verskeidenheid op die voorblad is die regte antwoord. Volgende maand is ek 10 jaar hier en het nog nooit 'n Voorbladartikel geskryf nie. Twee jaar terug het ek volmoed begin vertaal aan Boeing B-17 Flying Fortress as my voorblad-poging, afgedwaal toe ek sien dat ons Wiki op daardie stadium bloedwynig artikels oor vliegtuie gehad het nie en nou ja.... 2019 maak ek die B-17 klaar! Groete! Oesjaar (kontak) 14:17, 17 Desember 2018 (UTC)
- Wil bg. skakels nog voltooi wanneer die tyd daar is. Nie gereed vir voorblad. JMK (kontak) 09:43, 19 Desember 2018 (UTC)
- Ek is gaande oor ons nuwe klein Biblioteca Veneziana wat hopelik een of ander inspirasie bied vir nuwe artikels hier. Naas Venesië en Veneto, Italië en die bogenoemde inskrywings is nuwe bydraes oor Napels en Apulië in die pyplyn. Dan wag daar nog 'n reeks artikels oor Portugese en Brasiliaanse onderwerpe (soos reeds vroeër aangekondig), die Teems en sy kultuurgeskiedenis, Suid-Tiro(o)l, Oostenryk in die antieke tydperk, en ander. Sal einde Desember egter eers met vakansie vertrek (om onder meer bederf te word met al my gunstelingdisse soos Pasta pasticciata en ricotta-kaaskoek)... Voyageur (kontak) 00:14, 21 Desember 2018 (UTC)
Die tegniese vliegdinge...
Barrel roll: vaatjie rol? Ai... Groete! Oesjaar (kontak) 17:44, 17 Desember 2018 (UTC)
- Spiraalrol, volgens die Engels-Afrikaanse Tegniese Woordeboek deur Dr. H.J. Terblanche. Word ook erken in die e-WAT:
- Die Hollanders praat van die kurkentrekker... interessant. Suidpunt (kontak) 20:09, 17 Desember 2018 (UTC)
Dit was nou werklik interessant om bogenoemde te vertaal, uitdagend om die minste te sê! Wat sal ram-air-turbine en thermal batteries se korrekte Afrikaanse vertaling wees? Groete!
- Ek kon geen ander benaming vind vir termiese battery nie, maar dit lyk my tog of dit aanvaar sou word in die tegniese woordeboeke. En, https://context.reverso.net/ stem heelhartig met my saam.
- Die ram-air-turbine is nogal moeilik. Dit kom eintlik neer op "stu-inlaatdruk" volgens H.J. Terblanche. "Ram engine" word egter "rammasjien". Jy het stustraalenjin, stustraalvliegtuig, strustraler vir "ram jet" (wat natuurlik kan verwys na sowel die vliegtuig as die "straal"). Dalk kan ons stustraallugturbine gebruik?
- Of, NEE: die Hollanders het lankal daardie probleempie opgelos: dis of 'n stulugturbine (stuwluchtturbine). Gebruik dus https://context.reverso.net/ ...Suidpunt (kontak) 07:41, 21 Desember 2018 (UTC)
Gelukkige Solstice!
Gelukkige Solstice! Rwbest (kontak) 15:40, 21 Desember 2018 (UTC)
Gemeenskap, wat is stealth in ons taal? Groete! Oesjaar (kontak) 06:54, 22 Desember 2018 (UTC)
- Sluipbomwerper of sluipvliegtuig. Voyageur (kontak) 09:08, 22 Desember 2018 (UTC)
Turbojet, turbofan en turboprop.
Gemeenskap, bogenoemde is die drie klassifikasies vir straler motors (hoekom nie enjins nie?); is die korrekte Afrikaanse vertaling vir bogenoemde: turbostraal, turbowaaier en turboskroef? Ek wil net saadjies skep wat ek (of iemand) later kan verbeter vanaf die Engelse Wiki. Die saadjies sal verseker dat die vliegtuig artikels konsekwent is met die gebruik van stralermotors (enjins?)? Groete! Oesjaar (kontak) 13:48, 24 Desember 2018 (UTC)
- Dit lyk reg. Straalmotor/straalmotore lyk my is die regte woord, seker maar omdat 'n mens praat van 'n vliegtuig se motore en nie enjins nie. Burgert (kontak) 15:57, 24 Desember 2018 (UTC)
- Dankie, maak maar seker! Groete! Oesjaar (kontak) 16:18, 24 Desember 2018 (UTC)
Geseënde Kersfees!
'n Geseënde Kersfees aan die Wikipedia gemeenskap! Groete! Oesjaar (kontak) 02:54, 25 Desember 2018 (UTC)
- Vir jou ook my maat Dumbassman (kontak) 09:08, 25 Desember 2018 (UTC)
- Geseënde Kersfees en 'n voorspoedige nuwejaar vir almal! Ek stem ons moet ons eie "meetup" hou in 2019! 'n Hackathon waar ons almal ons rekenaars bring en in 'n vertrek sit en saamwerk en pizza eet! – K175 (trap my uit | bydraes) 20:23, 27 Desember 2018 (UTC)
- @K175:, Dit klink soos 'n lekker idee, maar dit hang af waar dit is. Kaapstad, Johannesburg, of iewers anders? Ek dink meeste mense is in Kaapstad, maar ek bly in Johannesburg. - Rooiratel (kontak) 04:49, 28 Desember 2018 (UTC)
- Ons kan meer as een meetup hê, een in elke stad waar daar genoeg aanvraag is. – K175 (trap my uit | bydraes) 10:13, 28 Desember 2018 (UTC)
- @K175:, Dit klink soos 'n lekker idee, maar dit hang af waar dit is. Kaapstad, Johannesburg, of iewers anders? Ek dink meeste mense is in Kaapstad, maar ek bly in Johannesburg. - Rooiratel (kontak) 04:49, 28 Desember 2018 (UTC)
- Geseënde Kersfees en 'n voorspoedige nuwejaar vir almal! Ek stem ons moet ons eie "meetup" hou in 2019! 'n Hackathon waar ons almal ons rekenaars bring en in 'n vertrek sit en saamwerk en pizza eet! – K175 (trap my uit | bydraes) 20:23, 27 Desember 2018 (UTC)
'n Artikel oor die bloedsirkulasiestelsel moet geskep word
Kan iemand kennisvol asb. 'n artikel skep oor die bloedsirkulasiestelsel?– Hierdie ongetekende kommentaar is deur ReichVD (Bespreking • Bydraes) gelewer.
Invitation from Wiki Loves Love 2019
Help met die vertaal na uw taal
Love is an important subject for humanity and it is expressed in different cultures and regions in different ways across the world through different gestures, ceremonies, festivals and to document expression of this rich and beautiful emotion, we need your help so we can share and spread the depth of cultures that each region has, the best of how people of that region, celebrate love.
Wiki Loves Love (WLL) is an international photography competition of Wikimedia Commons with the subject love testimonials happening in the month of February.
The primary goal of the competition is to document love testimonials through human cultural diversity such as monuments, ceremonies, snapshot of tender gesture, and miscellaneous objects used as symbol of love; to illustrate articles in the worldwide free encyclopedia Wikipedia, and other Wikimedia Foundation (WMF) projects.
The theme of 2019 iteration is Celebrations, Festivals, Ceremonies and rituals of love.
Sign up your affiliate or individually at Participants page.
To know more about the contest, check out our Commons Page and FAQs
There are several prizes to grab. Hope to see you spreading love this February with Wiki Loves Love!
Kind regards,
Imagine... the sum of all love!
--MediaWiki message delivery (kontak) 10:12, 27 Desember 2018 (UTC)
Outomatiese webaanhalings
Hallo gemeenskap, om outomatiese webaanhalingsjablone van Maroela Media te genereer, maak 'n boekmerk in jou webblaaier en plak die volgende JavaScript-kode in die URL-veld:
javascript:(function (){ if (window.location.href.substring(0, 27) === "https://maroelamedia.co.za/") { const titel = document.getElementsByClassName("entry-title single-title")[0].innerText; const url = window.location.href; const m = document.getElementsByTagName("meta"); var datum; var stuff = document.getElementsByClassName('byline vcard')[0].innerHTML; var naam = stuff.match(/ \n<a .*>.*<\/a>/, '')[0]; naam = naam.replace(/ \n<a [^>]*>/, '').replace('</a>', ''); for (let i = 0; i < m.length; i++) { if (m[i].getAttribute("property") === "article:published_time") { datum = m[i].getAttribute("content").substring(0, 10); } } var maande = ['Januarie', 'Februarie', 'Maart', 'April', 'Mei', 'Junie', 'Julie', 'Augustus', 'September', 'Oktober', 'November', 'Desember']; datum = datum.substring(8, 10) + ' ' + maande[Number(datum.substring(5, 7)-1)] + ' ' + datum.substring(0, 4); var vandag = new Date(); var dd = vandag.getDate(); var mm = vandag.getMonth() - 1; var jjjj = vandag.getFullYear(); if (dd<10) { dd = '0' + dd; } maand = maande[mm]; vandag = dd + ' ' + maand + ' ' + jjjj; const webaanhaling = '{{webaanhaling|url=' + url + '|titel=' + titel + '|werk=[[Maroela Media]]' + '|outeur=' + naam + '|datum=' + datum + '|toegangsdatum=' + vandag + '}}'; alert(webaanhaling); } })();
Watter ander webwerwe gebruik julle as bronne? Ek kan dalk kyk of ek hulle ook in die boekmerkie kan akkommodeer.
Geseënde Kersfees! – K175 (trap my uit | bydraes) 20:12, 27 Desember 2018 (UTC)
- Ek het die kode op GitLab gepubliseer indien enigiemand dit wil verbeter. – K175 (trap my uit | bydraes) 20:21, 27 Desember 2018 (UTC)
Voorspoedige MMXIX!
Naja, van my kant af! Suidpunt (kontak) 22:09, 31 Desember 2018 (UTC)
- Voorspoedige nuwe jaar! Bereik ons 100 000 artikels in 2019? – K175 (trap my uit | bydraes) 22:24, 31 Desember 2018 (UTC)