Wikipedia:Geselshoekie/Argief2017
Beste wense vir 2017 van Oesjaar!
Aan die Wiki-gemeenskap: beste wense vir 2017! Ek is terug van verlof en het die Wes-Kaap baie geniet! Het kennis gemaak met Irna van Zyl, skryfster van Moordvis daar op Pearly Beach. Het haar boek gekoop, laat teken en gelees! Die boek mag nog 'n paar toekennings wen, kan iemand help met 'n artikeltjie oor die dame? Ek geniet haar styl, baie soos Deon Meyer s'n. Suidpunt, daar is 'n interessante boekwinkeltjie daar op Pringlebaai. Wens ek het meer tyd gehad... Die een op Gansbaai is ook nie te versmaai nie!
Ons het gedurende 2016 die 5000 artikel mylpaal bereik, dankie aan almal wat gehelp het! Hoe gaan ons dit verbeter in 2017? Komende Vrydag vier ek my 8ste verjaarsdag hier op ons Wiki! Groete! Oesjaar (kontak) 17:53, 4 Januarie 2017 (UTC)
- My hemel, ek sien nou eers my naam! Ek was al binne Gansbaai se boekwinkel (The Book Exchange) en moes teen 'n stink spoed die boekwinkel stormloop. Ons het by familie gaan kuier en my ouers was vrééslik haastig. Ek het eerstens vir die winkelier(in) gevra waar die woordeboekafdeling is. Toe pak ek uit en sorteer en tel op en sit neer. Dit was op dag en datum 6 Junie 2016 volgens my LibreOffice Calc-program. Om vir mense 'n aanduiding te gee hoe Suidpunt se tipiese blitskopie lyk:
- Cassell's Italian/English Dictionary - R50,00
- 'n Eerste Griekse Grammatika - J.P.J. van Rensburg (1965) - R50,00
- Wörterbuch - Trümpelmann & Erbe (J.L. van Schaik (1971)) - R35,00
- Skoolwoordeboek (Afrikaans-Duits) - Vyfde uitgawe, derde druk van Otfried Rode, en kie. (1983) - R25,00
- Skoolwoordeboek (Afrikaans-Duits) (1949) - R35,00
- Setswana Woordelys (Die Staatsdrukker, Departement Bantoe-onderwys, 1988) - R10,00
- Taalfunksie en spellingvorm (1962) - R35,00
- Paramediese Woordeboek - Lynette van Rensburg - R60,00 (en toe kry mens dit so waar as vet gratis digitaal op die Internet, volgens Lys van Afrikaanse vakwoordeboeke en terminologielyste, maar niks is so goed soos gedrukte kopieë nie).
- A Latin Reader for Matriculation and other Students - A. Petrie (1966, 15DE HERDRUK VAN 1918!). In Suid-Afrika geskryf aan Pietermaritzburg se Natal University College, maar in Londen gedruk. - R45,00
- Nuwe Taalgids - A. Coetzer (1992) - R35,00
- = R380,00. Botter by die vis.
- Ek hou veral van die manier hoe baie ou boeke in deursigtige plastieksakkies verpak word sodat vismotte dit nie kan bykom nie. Ek sal beslis daar weer 'n draai maak, as die tyd dit toelaat! Genadiglik het ek hierdie jaar my 2 x Google Play-kaarte op 'n Saterdagaand (Oukersaand) gekry, want toe kon ek 'n volle dag lank oorweeg of ek Hobbitus ille (die Latynse weergawe van The Hobbit) die Maandag moet koop of nie (handeldryf op 'n Sondag was nog altyd by my verbode...). Dit is indrukwekkend hoeveel boeke deesdae in Latyn vertaal word, lees gerus la:Libri Latine redditi. Ek sou graag die dag nog wil beleef wanneer 'n Afrikaanse boek in Latyn vertaal word - laasgenoemde is die enigste taal waarvan die grammatika nooit sal verander nie; 'n boek word as't ware onsterflik. O, jy glo my nie - moet ek jou dalk herinner aan Shakespeare-Engels? Afrikaans gaan presies dieselfde pad loop - mense gaan nog hierdie Wiki-gespreksforum deurkyk en taalhistorici inroep om tog net ons gesprekke te ontsyfer. Enige taal vloei, party net vinniger (soos Hollands en Deens) as ander (Yslands). Og ja, gelukkige Nuwejaar en 2017! En hartlik geluk met jou 8ste jaar hierso. Ek vier myne eers doer in Augustus. Suidpunt (kontak) 13:46, 6 Januarie 2017 (UTC)
- Irna van Zyl is ter herdenking van jou 8ste jaar op Wikipedia geskep. Vul gerus aan. Groete. Frank (kontak) 11:53, 6 Januarie 2017 (UTC)
- Dankie Frank! Groete! Oesjaar (kontak) 12:03, 6 Januarie 2017 (UTC)
Vraag aan die gemeenskap: bogenoemde boek is vanjaar 50 jaar oud. Hoe raak dit sy inhoud? Groete! Oesjaar (kontak) 18:19, 4 Januarie 2017 (UTC)
- Dit beteken sekerlik dat die boek se teks en prente die jaar in die publieke domein val. Of nie? Groete. Frank (kontak) 18:32, 9 Januarie 2017 (UTC)
- Frank, dit is presies wat ek wil weet... Groete! Oesjaar (kontak) 18:47, 9 Januarie 2017 (UTC)
- Ek het dit op commons gevra maar geen antwoord gekry. Jcwf (kontak) 21:56, 9 Januarie 2017 (UTC)
- Sover dit my kennis strek is die foto's in die openbare besit sedert hul eerste verskyning + 50 jaar (dis nou as die foto op Suid-Afrikaanse bodem, lugweë en seebodem geneem is - dus enigiets wat binne die Suid-Afrikaanse grond-, lug- en seegebied en wetlike terrein val), tensy daar kopiereg is wat na 'n naasbestaande of begunstigde oorgedra is. Die inhoud van boeke en ander gedrukte boeke is 'n ander bôkker - dit verval eers na 50 jaar plus, dus, die 51ste jaar sedert die afsterwe van die Suid-Afrikaanse outeur (uhm, nou is J.M. Coetzee se boeke nou onder die Suid-Afrikaanse reg, of die Australiese reg? En wat van mense met dubbele burgerskap?) - wat nogal 'n vloek kan wees as mens dink aan die e-boeke wat lewenslank (of so lank jou rekenaar of die boekverkoperbediener hou) onder DRM sal bly. Ek hou nie daarvan om dit te doen nie, maar deesdae gebruik ek my Snipping Tool met oorgawe met my e-boeke - mens weet nooit wanneer jou rekenaar gaan vou, programmatuur oornag verander, of die internet verdwyn nie. Ek het trouens vir PRAAG 'n briefie hieroor geskryf. Suidpunt (kontak) 05:29, 10 Januarie 2017 (UTC)
- Jongman, enige antwoord oor bogenoemde? Tee? Groete! Oesjaar (kontak) 14:59, 26 Februarie 2017 (UTC)
- Nee, los hierdie keer die tee. Maak dit cappuccino.
- Met die soekwoord "outeursreg" by RSG se potgooie kry jy:
- Daar word die storie in detail verduidelik.
- Kyk asseblief na: http://www.svw.co.za/copyright (En waardeer die twee blonde doedies) Suidpunt (kontak) 15:55, 26 Februarie 2017 (UTC)
Mylpaal vir Aliwal2012
Hallo almal!
Ek wil nou nie "brêg" nie, maar ek het sopas 'n persoonlike mylpaal (of is dit deesdae 'n kilometerpaal) bereik. Volgens User Analysis for Aliwal2012 het die uwe nou 'n ronde 40 000 wysigings op af:wiki (en 11 150 op en:wiki) aangebring.
Vir diegene wat my sou wou gelukwens daarmee, stuur eerder vir my meer lugtyd, dit het lang ure se werk op die internet gekos!
Groete aan die mans, en liefde indien jy van die skonere geslag is!! --Aliwal2012 (kontak) 15:51, 9 Januarie 2017 (UTC)
- Baie geluk! Ons wiki is ook onderhewig aan die Pareto-beginsel, waarby 'n klein minderheid die oorgrote meerderheid van die werk (pret?) doen. Van een van die tans minder aktiewe mense, dankie! JCBrand (kontak)
- Ongelukkig kan ek nie na die lugtydwinkel nie omrede dit glad en ysig is hierbuite. "Baie geluk" pleks daarvan.. Jcwf (kontak) 17:16, 9 Januarie 2017 (UTC)
- Inderdaad 'n groot mylpaal. Baie geluk! Groete. Frank (kontak) 18:37, 9 Januarie 2017 (UTC)
- Geluk ou Grote! Groete! Oesjaar (kontak) 18:46, 9 Januarie 2017 (UTC) PS: Ek sien jy staan 80 000 se kant toe! - Aliwal2012
- Ek het ongelukkig net te min lugtyd op my foon - ek gebruik dit nooit danksy Wi-Fi, en soos petrol is ek stiksuinig om dit te gebruik of nuwes aan te koop - anders kon ek 'n bedrag via *111# vir oom oorgedra het. Maar helaas dink ek oom is in elk geval by MTN. Maar, veels geluk! Suidpunt (kontak) 06:13, 10 Januarie 2017 (UTC)
- Geluk ou Grote! Groete! Oesjaar (kontak) 18:46, 9 Januarie 2017 (UTC) PS: Ek sien jy staan 80 000 se kant toe! - Aliwal2012
- Inderdaad 'n groot mylpaal. Baie geluk! Groete. Frank (kontak) 18:37, 9 Januarie 2017 (UTC)
- Ongelukkig kan ek nie na die lugtydwinkel nie omrede dit glad en ysig is hierbuite. "Baie geluk" pleks daarvan.. Jcwf (kontak) 17:16, 9 Januarie 2017 (UTC)
Baie dankie almal, die "lugtyd" was net 'n grappie van my kant af! My MTN-datarekening is so R304 tot R830 p.m. (dis nou wanneer hulle my agterna sê: YOU ARE OUT OF BUNDLES) --Aliwal2012 (kontak) 12:32, 10 Januarie 2017 (UTC)
- Gert, ons is nou twee gebruikers wat hierdie mylpaal bereik het. In Januarie 2017 het ek ook hierdie mylpaal verbygesteek. Indien ek nou enige wense vry het (soos Deon bo), sal dit 'n artikel oor die Parlement van Suid-Afrika (miskien deur Naudefj?) en een oor die Tuynhuys (miskien deur Morne?) wees. Kan julle help? Groete. -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 09:15, 17 Januarie 2017 (UTC)
- Geluk JCIV! Jou artikel is reg om geproeflees en verder uitgebrei te word. Groete. Frank (kontak) 19:33, 17 Januarie 2017 (UTC)
- Baie dankie, Frank! Dis mooi. Ek sal dit net geskryf het, nadat ek dié gebou besoek het. Daar is nog enkele Suid-Afrikaanse regeringsinstellings sonder artikel, maar net indien jy/julle wil en tyd het, sien Portaalbespreking:Suid-Afrika. Groete. -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 19:40, 17 Januarie 2017 (UTC)
Ag jammer Sören! Ek was so egosentries met my eie syfers, ek het nie agtergekom jy lê ook in daardie segment nie! Baie geluk hoor, jou ondersteuning op ons wiki is goud werd!
- PS Daai "Jammer, weens 'n sessieverlies..." spook nou ook al vir 2 dae by my, ek is al lus en gooi hom met 'n baksteen! --Aliwal2012 (kontak) 11:47, 18 Januarie 2017 (UTC)
- Baie dankie, dis 'n groot plesier! Ek het die laaste naweek in Potsdam met 'n Chinese en 'n Indiese staatsburger oor my werk hier gepraat (jy weet van die BRICS-lande? :P). Ek verstaan nou ook krieket beter!
- Die verpeslike sessieverlies kom elke week! Dit beteken ek moet al die Cookies verwyder, 'n nuwe registrasie doen en die bladsy(e) verfris. Aansluitend kan ek my wysigings stoor, solank dit nie weggegooi is nie. Welkom in die postmoderne 2017! Groete. -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 19:15, 18 Januarie 2017 (UTC)
Mylpaal en kilometerpaal
- Aliwal2012 het "mylpaal (of is dit deesdae 'n kilometerpaal)" geskryf. Is hierdie kilometerpale kleiner as mylpale? En is 'n hektometerpaal nog kleiner as 'n kilometerpaal? :-) Martinvl (kontak) 12:39, 10 Januarie 2017 (UTC)
- Dis nogal 'n ding. In SA was daar altyd net mylpale, die witgekalkte betonpaaltjies met 'n mylafstand na die volgende dorp daarop aangebring. Ons het nooit van kilometerpaaltjies gepraat nie, die werklike kilometerafstand na 'n plek word deesdae maar op 'n groen padbord aangedui. Omdat ons afstande soveel verder is as in Europa, bestaan daar sover my kennis strek nie hektometerborde (bv. "14,6 km") in SA nie! Groete, --Aliwal2012 (kontak) 17:33, 10 Januarie 2017 (UTC)
- @Aliwal2012 Het hierdie bordjies 'n naam? Hulle is seker hektometerborde! Hierdie bord dui aan streek 2 van die N2, dus die teks "N2-2".Martinvl (kontak) 07:39, 18 Maart 2017 (UTC)
- Ja Martin, ek dink jy is reg! Dankie vir die google-inligting. Aliwal2012 (kontak) 07:47, 18 Maart 2017 (UTC)
- @Aliwal2012 Het hierdie bordjies 'n naam? Hulle is seker hektometerborde! Hierdie bord dui aan streek 2 van die N2, dus die teks "N2-2".Martinvl (kontak) 07:39, 18 Maart 2017 (UTC)
- Dis nogal 'n ding. In SA was daar altyd net mylpale, die witgekalkte betonpaaltjies met 'n mylafstand na die volgende dorp daarop aangebring. Ons het nooit van kilometerpaaltjies gepraat nie, die werklike kilometerafstand na 'n plek word deesdae maar op 'n groen padbord aangedui. Omdat ons afstande soveel verder is as in Europa, bestaan daar sover my kennis strek nie hektometerborde (bv. "14,6 km") in SA nie! Groete, --Aliwal2012 (kontak) 17:33, 10 Januarie 2017 (UTC)
Drakenstein
Die klomp woltone, visvreters en wyndrinkers: Word die Drakenstein as een bergreeks gesien of word Klein Drakensteinberge en Groot Drakensteinberge as apart beskou? Groete! Oesjaar (kontak) 18:51, 9 Januarie 2017 (UTC)
- Meins insiens, indien die artikel Drakenstein (bergreeks) korter is as 1000 woorde, is dit nie die moeite werd om twee artikels te skryf nie. Martinvl (kontak) 21:32, 9 Januarie 2017 (UTC)
- Ek woon nou al twee jaar in die omgewing, en kon nog steeds nie 'n duidelike antwoord hieroor kry nie. Almal weet dat die Drakensteinberge bestaan, maar niemand kan vir jou eintlik sê waar hulle werklik lê nie. My beste skatting tot dusvêr is dat hulle heeltemal apart is. Groot Drakenstein is aan die westekant van die Franschoekvallei, net langs die Helshoogtepas naby Stellenbosch terwyl Klein Drakenstein die omgewing rondom die Paarl aandui en die Klein Drakensteinberge aan die oostekant van die vallei lê. Maar my soektog duur voort... --AHB (kontak) 11:03, 19 Januarie 2017 (UTC)
- Ons het reeds 'n artikel oor die Klein Drakensteinberge, so ek neem aan ons kort een vir die Groot Drakensteinberge. Groete. Frank (kontak) 11:45, 19 Januarie 2017 (UTC)
- Frank, ek het die artikel oor die Kleintjie geskryf, dus toe ek op onsekeheid afkom... Groete! Oesjaar (kontak) 21:08, 19 Januarie 2017 (UTC)
Wiki se oudste stiefkind
Die jaarbladsye is altyd al 'n bietjie 'n stiefkind van wiki. Baie wikipediane is glad nie lief vir hulle nie. Ek het nou die laaste twee eeue met prentjies versier en ek het ook gekyk na hoeveel bladtrekke hulle eintlik kry. Dit is nie oorweldigend nie, maar hulle word tog taamlik reëlmatig besoek: dit neem toe van 1 keer per dag in 1800 (meer as Georg II van Griekelans, bietjie minder as Carnarvon) tot 5 keer in 2000 (vergelybaar met Kambodja). Hierdie toename is eintlik nie so groot nie, dink ek.
Die goeie kant van die jaarbladsye is dat hulle toegang gee tot baie goeters wat anders 'n bietjie vergeet kan word.
jaar | in laaste 60 dae | per dag |
---|---|---|
George II van Griekeland | 25 | 1 |
1800 | 61 | 1 |
Carnarvon | 74 | 1 |
1810 | 79 | 1 |
1820 | 80 | 1 |
1830 | 92 | 2 |
1840 | 59 | 1 |
1850 | 93 | 2 |
1860 | 94 | 2 |
1870 | 99 | 2 |
1880 | 113 | 2 |
1890 | 123 | 2 |
1900 | 136 | 2 |
1910 | 177 | 3 |
1920 | 178 | 3 |
1930 | 140 | 2 |
1940 | 178 | 3 |
Karl Marx | 184 | 3 |
1950 | 196 | 3 |
1960 | 214 | 4 |
1970 | 170 | 3 |
1980 | 204 | 3 |
1990 | 221 | 4 |
2000 | 284 | 5 |
2010 | 268 | 4 |
Kambodja | 283 | 5 |
Jcwf (kontak) 01:13, 11 Januarie 2017 (UTC)
- Die almanak-gedeelte bevat inderdaad nuttige inligting. Maar ek hou glad nie van skakels na die jaarbladsye in ons ensiklopediese artikels nie, behalwe vir die geboorte- en sterfdatums van persoonlikhede. Hulle maak immers self nie deel uit van die ensiklopedie nie. --Voyageur (kontak) 01:35, 11 Januarie 2017 (UTC)
- Dit is immers slegs jou POV, Voyageur, en een wat m.i. ten koste van die leser is. Myne is dat wikipedia probeer om die kennis van die mensheid aan die hele mensheid toeganklik te maak watter taal hulle ook spreek en watter middele ons ook kan gebruik om hierdie toeganklikheid te bevorder (beelde, lyste, tabelle wat ook). My punt is dat diskriminasie teen jaarbladsye op grond daarvan nie geregverdig is nie. En ek dink dat die leser dit bevestig. Indien dit nie nuttig vir hulle is nie, gaan hulle dit nie besoek nie.
- Verder is annale -en nie 'almanak' nie- 'n vorm van omgang met inligting wat al sedert die Babiloniërs gebruik is en die Grieke en later het die Weste dit oorgeneem. Dit is eintlik die oudste deel van die ensiklopedie. Jcwf (kontak) 01:59, 11 Januarie 2017 (UTC)
- 'Almanak', 'jaarboek' en 'annale' mag as sinonieme gebruik word. Sien die beleid van ander Wikipedia-projekte aangaande jaargetalle en skakels. --Voyageur (kontak) 09:00, 11 Januarie 2017 (UTC)
Wikimania 2018
Die Wiki-gemeenskap: Die 2018 Wikimania Konferensie gaan in Kaapstad plaasvind, ek dink Augustus, wag nog vir bevestiging. Daar is baie dinge wat gereël moet word en 'n kommitee moet dus saamgestel word - bestaande uit volunteers! Ons vra alle Kaapstadse gebruikers wat wil help om ons sodanig in te lig. Groete! Oesjaar (kontak) 13:34, 13 Januarie 2017 (UTC)
- Overberger hier - plaas my op die vertalerlys van die finale reëlings. Dit sal hondgoor lyk as Afrikaans afwesig is by die webwerf van Wikimania. Ek het dit in die verlede gedoen vir die Meksiko-byeenkoms. Ek het Italië van 2016 se konferensie oorgeslaan. Suidpunt (kontak) 14:55, 13 Januarie 2017 (UTC)
Facebook: Afrikaanse Wikipedia
Aan die Wikigemeenskap: sluit asb aan by ons FB-groep: Afrikaanse Wikipedia. Indien jy reeds 'n lid is nooi jou vriende om aan te sluit asb! Groete! Oesjaar (kontak) 13:28, 16 Januarie 2017 (UTC)
- Jammer, maar ek het nog nooit vleisboek (of is dit kuifboek) gebruik nie. Groete. Frank (kontak) 14:34, 16 Januarie 2017 (UTC)
- Frank, tipiese ouer garde, my ingesluit! Sien dit maar net as deel van ons bemarking! Groete! Oesjaar (kontak) 08:00, 17 Januarie 2017 (UTC)
Statistiek op bladtrekke
Ek het 'n bietjie statistiek gedoen op van die portale se bladtrekke. Veral musiek en geskiedenis kry taamlik lesers (12,5 en 11 per dag gemiddeld) Die ander is die helfte of so, maar hierdie resultate beteken dat hulle seker ook 'n positiewe rol vervul. Daar is ook korrelasies. Byvoorbeeld die portale Chemie, Sterrekunde en Biologie het korrelasies van >0,7 met mekaar: party lesers wat die een bekyk gaan dus ook na die ander kyk. Ek het SVD gedoen om te sien watter portale die meeste gekorreleer is. Die eerste twee komponente verklaar 66% van die variansie en toon byvoorbeeld dat die musiek-lesers 'n ander publiek is as die chem/bio/sterr.-hulle
Portaal | Princ1 | Princ2 | gem. per dag |
---|---|---|---|
Fisika | -0.265122228 | 0.373784105 | 5.5 |
Chemie | -0.26009517 | 0.235332337 | 5.4 |
Biologie | -0.27655813 | 0.23998075 | 5.9 |
Sterrekunde | -0.285520977 | 0.199343006 | 6.1 |
Geskiedenis | -0.493760262 | 0.127832255 | 11 |
Antieke Egipte | -0.22454789 | 0.175708662 | 4.8 |
Suid-Afrika | -0.254995298 | 0.067922013 | 5.6 |
Musiek | -0.548157433 | -0.795079996 | 12.5 |
Rusland | -0.2105562 | 0.153608337 | 4.4 |
Jcwf (kontak) 22:02, 31 Januarie 2017 (UTC)
- Hallo Jcwf. Kan jy dalk bietjie verklaar, asb? Wat is die dimensies van die oorspronklike datapunte? --Alias (kontak) 17:56, 3 Februarie 2017 (UTC)
- Die oorspronklike data is 9-dimensionaal (9 portale), maar indien daar korrelasies is tussen hulle is hulle nie onafhankelik nie. SVD soek na dié rigting in hierdie 9D ruimte wat die meeste variansie besit (dit is Princ1) en dan na dié rigting loodreg daarop wat dan die meeste variansie het (Princ2) ensomeer. Mens kry dan weer 9 rigtings. Eintlik draai jy net die koördinaatasse van die 9D ruimte, maar die projeksie op die eerste twee asse laat die meeste sien van wat aangaan in hierdie data. Die hoër dimensies is meestal veral ruis. Indien twee portale dig by mekaar projekteer in hierdie 2D projeksie beteken dit dat daar baie korrelasie is tussen hulle bladtrekke, byvoorbeeld omrede mense wat die een besoek ook die ander gaan besoek.
Jcwf (kontak) 18:34, 3 Februarie 2017 (UTC)
- Dankie. Verstaan ek reg dat die oorspronklike data dus 'n 9x9 matriks is waar inskrywing (i,j) aandui hoeveel gebruikers wat portaal i besoek het ook portaal j besoek het? --Alias (kontak) 18:40, 3 Februarie 2017 (UTC)
- Nee, die data is vir 90 dae; dus die oorspronkelike data is 'n matrix (90,9). Dit word ontleed in M=UXVT waatin U(90,9) lineêre kombinasies van die oorsponkelike data in die nuwe rigtings is, X(9,9) 'n diagonale matrix met eiewaardes en VT(9,9) is 'loadings' wat laat sien hoe die M en U gerelateer is. Jcwf (kontak) 18:46, 3 Februarie 2017 (UTC)
Commons:Photo challenge February 2017 Multilingualism
I left this information here, I think some of you might find it interesting (many of you live in a de facto multilingual country).
commons:Commons:Photo_challenge/Submitting#2017_.E2.80.93_February_.E2.80.93_Multilingualism
Bilingual plate? Local festivals? Serious cultural events? Official documents? Be creative.
The nicer the picture, the bigger its diffusion. You just win a barnstar.
I hope you can translate if necessary, have a nice wiki!--Alexmar983 (kontak) 06:21, 5 Februarie 2017 (UTC)
Russiese universiteitstudente wat Afrikaans bestudeer
Ek het hierdie interessante video op Facebook raakgeloop en dog ek sou dit met die Wikipedia-gemeenskap deel: https://www.youtube.com/watch?v=pVNUTdyccbI Adriaan Joubert (kontak) 09:10, 5 Februarie 2017 (UTC)
- Terloops, ek wonder hoeveel van hulle na ons uitgebreide artikel oor Rusland tydens hul studie van Afrikaans verwys het! Adriaan Joubert (kontak) 09:14, 5 Februarie 2017 (UTC)
- Interessant ja. Het ook opgemerk dat die FAK wikipedia aanbeveel (30-11-2016) as 'n middel om Afrikaans te bevorder.[1] JMK (kontak) 11:45, 10 Februarie 2017 (UTC)
Bladsye soos H
Bladsye oor die letters van die alfabet kry taamlik besoek, hoewel hulle eintlik baie min inligtings gee. Verder is daar ook nog 'n bladsy soos H (dubbelsinnig). Is dit nie beter om dit te versmelt en die gebruik van 'n letter as simbool op die letterbladsy self neer te sit? Indien ons meer bladtrekke wil, moet ons ons lesers ook wat om te lees aanbied, dink ek. Jcwf (kontak) 04:11, 11 Februarie 2017 (UTC)
- Hulle kan gerus versmelt word. Groete. Frank (kontak) 05:42, 11 Februarie 2017 (UTC)
Probleme met Hebreeuse Alfabet
Hallo mense.
Ek het 'n massiewe probleem.
Ek het reeds by Bespreking:Hebreeuse alfabet verwys na die afwyking tussen die Afrikaans en die Nederlandse benaminge (of transliterasie) van die alfabet van Hebreeus.
Maar nou het dit my bygeval - die Afrikaanse benaminge uit die Afrikaanse Bybel van 1933, 1953 en 1957 (die Ou Vertaling) spel die name spesifiek uit. Die probleem is nou net: is hierdie name nou slegs vir die oeroue alfabet wat nog geskoei is op die Fenisiese alfabet (daardie Hebreeus-in-wording wat Koning Dawid en kie sou gebruik het, of dan nou diegene in Babilon, of dalk nie?), of kan dit ook gebruik word by die name van Iwriet, of Moderne Hebreeus, se alfabet? Soos jy sal lees by die besprekingsblad, maak die WAT se halfgebakte werk dit vir my geensins maklik nie.
Wat is julle mening? Suidpunt (kontak) 10:07, 12 Februarie 2017 (UTC)
- Ek is seker die name sal steeds so wees. Dis in elk geval beter as die Nederlandse name. Winston (kontak) 12:45, 14 Februarie 2017 (UTC)
- Uitgevoer Baie dankie, Winston. Die name is nou verander. Suidpunt (kontak) 13:22, 14 Februarie 2017 (UTC)
Review of initial updates on Wikimedia movement strategy process
Note: Apologies for cross-posting and sending in English. Message is available for translation on Meta-Wiki.
The Wikimedia movement is beginning a movement-wide strategy discussion, a process which will run throughout 2017. For 15 years, Wikimedians have worked together to build the largest free knowledge resource in human history. During this time, we've grown from a small group of editors to a diverse network of editors, developers, affiliates, readers, donors, and partners. Today, we are more than a group of websites. We are a movement rooted in values and a powerful vision: all knowledge for all people. As a movement, we have an opportunity to decide where we go from here.
This movement strategy discussion will focus on the future of our movement: where we want to go together, and what we want to achieve. We hope to design an inclusive process that makes space for everyone: editors, community leaders, affiliates, developers, readers, donors, technology platforms, institutional partners, and people we have yet to reach. There will be multiple ways to participate including on-wiki, in private spaces, and in-person meetings. You are warmly invited to join and make your voice heard.
The immediate goal is to have a strategic direction by Wikimania 2017 to help frame a discussion on how we work together toward that strategic direction.
Regular updates are being sent to the Wikimedia-l mailing list, and posted on Meta-Wiki. Beginning with this message, monthly reviews of these updates will be sent to this page as well. Sign up to receive future announcements and monthly highlights of strategy updates on your user talk page.
Here is a review of the updates that have been sent so far:
- Update 1 on Wikimedia movement strategy process (15 December 2016)
- Introduction to process and information about budget spending resolution to support it
- Update 2 on Wikimedia movement strategy process (23 December 2016)
- Start of search for Lead Architect for movement strategy process
- Update 3 on Wikimedia movement strategy process (8 January 2017)
- Plans for strategy sessions at upcoming Wikimedia Conference 2017
- Update 4 on Wikimedia movement strategy process (11 January 2017)
- Introduction of williamsworks
- Update 5 on Wikimedia movement strategy process (2 February 2017)
- The core movement strategy team, team tracks being developed, introduction of the Community Process Steering Committee, discussions at WikiIndaba conference 2017 and the Wikimedia movement affiliates executive directors gathering in Switzerland
- Update 6 on Wikimedia movement strategy process (10 February 2017)
- Tracks A & B process prototypes and providing feedback, updates on development of all four Tracks
More information about the movement strategy is available on the Meta-Wiki 2017 Wikimedia movement strategy portal.
Posted by MediaWiki message delivery on behalf of the Wikimedia Foundation, 20:31, 15 Februarie 2017 (UTC) • Help met die vertaal na uw taal • Get help
Kwaliteit en groei
So lank as wikipedia bestaan is daar reeds 'n konflik tussen mense wat wil groei en mense wat eers wil dat dit perfek moet wees. Die Afrikaanse wiki het daarin 'n taamlik ekstreme houding aangeneem en hierdie is 'n goeie voorbeeld daarvan. Natuurlik wil ons almal 'n groot ensiklopedie sonder foute, maar die vraag is hoe jy dit die beste kan bereik. Wiki's soos die Sweedse of Deense het dikwels die teenoorgestelde houding aangeneem en elke saadjie verwelkom. Mense wat kwaliteit eis kyk dikwels daarop neer. Maar die waarheid is dat hulle vinniger gegroei het as die Afrikaanse wiki. En daar is goeie redes daarvoor. Wiki hang heeltemal af van mense wat probeer om 'n bydrae te lewer. Indien hierdie pogings net bestraf word omdat hulle nie perfek is nie, hou hulle op om dit te lewer en bly die wiki klein. Jcwf (kontak) 18:32, 18 Februarie 2017 (UTC)
- Die probleem is, wie verbeter hierdie foute? Hoekom word na Duitse artikels geskakel? Ons gemeenskap is baie klein en soms word foute, wat nuut ingebring is, nie verbeter nie. Dit geld ook vir vandalisme soos gister by Israel. Na 30 dae verdwyn hierdie wysigings van Spesiaal:Onlangse wysigings en is uiteindelik vergeet. Indien ons elke dag 100 klein artikels kry, wie brei hulle uit? Dink net aan al die Kategorie:Japannese sokkerspelers. Wat sal ons lesers daarvan dink? "Eina, die Afrikaanse wiki is sleg en bestaan net uit klein artikels! Ek lees eerder die Duitse/Engelse wiki." Totsiens leser, totsiens vir jou Afrikaanskennis! Ek hou van kwaliteit bo kwantiteit, ons skryf vir ons lesers, nie vir die getal artikels nie. Ja, my siening kom van die Duitse wiki, ons verpes robotte vir nuwe artikels net vir die getal artikels sonder inhoud. Groete. -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 18:45, 18 Februarie 2017 (UTC)
- Iets wat my geweldig geskok het was toe ek nou die dag by Pageviews se Userviews 'n paar name gaan trek. Sommer myne eerste: https://tools.wmflabs.org/userviews/?project=af.wikipedia.org&platform=all-access&agent=user&namespace=0&redirects=0&range=latest-20&sort=views&direction=1&view=list&user=Suidpunt
- Wat ek daar vind, het my nogal geskok. Dit is artikels wat ek begin het, en sommer gehoop het sommer baie lesers sal trek. Dit het nie gebeur nie. Daar is hoeveel blaaie wat NUL besoekers gekry het. Dit is 'n taai klap in 'n mens se gesig, hoor!
- En tog - dan kry mens 'n artikel geskryf deur Adriaan Joubert. Motorneuronsiekte. Ek dink nie die artikel sou die rekordgetal besoekers gekry het, was dit nie vir 'n sportheld wat onlangs oorlede is nie. 'n Mens weet dus nooit watter nuwe aktuele saak in die toekoms gaan opduik nie. Wat mense al bewend-van-opgewondenheid hul selfone laat nadertrek en kwylend begin Google nie. Dalk sal mense nog nagana verder na wil kyk. Die topprioriteit kry jy alles weer by Topviews.
- Kyk jy egter na "freak"-besoeke soos Eutrofikasie op 13 Februarie 2017, wat ek nie begin het nie, maar volgens Langviews en Google Trends almal vingers wys na Indonesiese lesers, dan dink ek moet ons beslis nie ons buitelandse lesers onderskat nie...
- Gister nog wou almal weer weet oor tropiese siklone. Ek wonder wel of hulle onthou het van Sikloon Favio, oftewel, 2007 Mosambiekse oorstroming. Dalk is dit net omdat sulke "aktuele" nuus vir my lankal nie meer snaaks is nie. Toe ek nog op hoërskool was, sou so iets my nog vreeslik interesseer het. Maar nou is ek amper 27 en weet daar kom minstens 5 siklone elke jaar tussen November tot eind-Februarie in die Indiese Oseaan voor, soortgelyk aan die X-hoeveelheid meteoriete met die vasgestelde 9x per jaar sterrereën wat ons kry. Hel, maar my lewe raak blasé. Skryf vir my 'n brief in Sanskrit en laat my beter voel. Of nee, dalk musiek met 'n Oosterse inleiding?
- JCIV se slotparagraafwoorde (""Eina, die Afrikaanse wiki is sleg en bestaan net uit klein artikels!") voer my na Click Bait, deur die sintetiese Australiese en:S3rl:
- Hey hey look at me / I'm what you want to see / I promise I'm for real / Not trying to deceive / Won't believe your eyes / You won't believe it's true / Just come with me right now / I'll take and show you
- You really thought I was / What you were looking for / Guess I got in your head / You just got baited / Ha! I got you!
- Tee hee I'm sorry / Oh wait, no not really / It was my plan, you see / To be so so tricky / Time for me to run / To find another chump / Maybe I'll see you then / We'll do it all again
- Cheesy drieminute inspirasie. ;) Suidpunt (kontak) 20:23, 18 Februarie 2017 (UTC)
- Ek het nog altyd geglo dat ons die Afrikaanse Wikipedia in diepte (kwaliteit artikels) en breedte (talle saadjies) moet groei. Die probleem kom in as 'n redelike goeie artikel, wat op standaard is, met sub-standaard Afrikaans verfomfaai word. Dan moet ons soms terugrol, hoe pynlik dit ook al is. As dit 'n nuwe artikel was, kan mens dit vir verbetering merk en so laat. As dit met 'n gevestigde artikel gebeur, moet dit egter vinnig reggemaak of teruggerol word (om dit vir verbetering te merk, is 'n stap terug). M.a.w. wat jy ook al doen, artikels moet beter agtergelaat word (let wel, nie noodwendig perfek nie). Kos word van vuil na skoon verwerk, dieselfde geld hier. Anders is die gesondheidsinspekteur op jou spore. Groete. Frank (kontak) 20:34, 18 Februarie 2017 (UTC)
- Ek en Maroela Media het weer geargumenteer oor die betroubaarheid van Wikipedia, die ou bronne storie, almal kan enige iets verander ens. Hoe verseker ons die korrektheid van artikels ens. Wat definitief nie my saak gaan help nie is artikels met swak Afrikaans en spelfoute soos veroorsaak word deur vertalers. Myns insiens, kwaliteit bo kwantiteit. Dit is seker goed om te weet wat in Duitsland ens gebeur het maar die Afrikaanse gemeenskap is anders. Groete! Oesjaar (kontak) 07:09, 19 Februarie 2017 (UTC)
- Hallo Oesjaar - ek het nog iets gesien by Topviews (https://tools.wmflabs.org/topviews/?project=af.wikipedia.org&platform=all-access&date=2017-02-13&excludes=). Daar is 'n funksie genaamd "Mobile Prozentsätze anzeigen" (ek gebruik die Duitse Firefox, so my hele wêreld is outomaties orals in Duits), of dan nou "Show mobile percentages". As die persentasie meer as 75% is, dan weet jy mens het met tieners te doen. (Soos seksposisie...). Intensiewe vorm is byvoorbeeld 83%, Sinoniem is 84,2%... op 13 Februarie 2017, (terwyl Eutrofikasie 'n skamele 10,8% is). Of dit het eenvoudig net 'n baie hoë aanvraag onder die publiek. Ek dink ons kan aan sulke blaaie meer aandag gee. Gister was Intensiewe vorme byvoorbeeld 94,1% vanaf draagbare toestelle of Mobiele websnuffelaars gesoek. En breinvliesontsteking 98,6%. As ons dan nou wel soos 'n "firma" moet begin optree, dan kan ons meer aandag aan sulke blaaie skenk. Suidpunt (kontak) 08:09, 19 Februarie 2017 (UTC)
- Gotiese kuns is byvoorbeeld net 3,6% vanaf mobiele toestelle of snuffelaars bekyk. Dit wil sê net diegene van ons wat gister daaraan gewerk het, of na gekyk het, is bewus daarvan. Suidpunt (kontak) 08:15, 19 Februarie 2017 (UTC)
- Hallo Oesjaar - ek het nog iets gesien by Topviews (https://tools.wmflabs.org/topviews/?project=af.wikipedia.org&platform=all-access&date=2017-02-13&excludes=). Daar is 'n funksie genaamd "Mobile Prozentsätze anzeigen" (ek gebruik die Duitse Firefox, so my hele wêreld is outomaties orals in Duits), of dan nou "Show mobile percentages". As die persentasie meer as 75% is, dan weet jy mens het met tieners te doen. (Soos seksposisie...). Intensiewe vorm is byvoorbeeld 83%, Sinoniem is 84,2%... op 13 Februarie 2017, (terwyl Eutrofikasie 'n skamele 10,8% is). Of dit het eenvoudig net 'n baie hoë aanvraag onder die publiek. Ek dink ons kan aan sulke blaaie meer aandag gee. Gister was Intensiewe vorme byvoorbeeld 94,1% vanaf draagbare toestelle of Mobiele websnuffelaars gesoek. En breinvliesontsteking 98,6%. As ons dan nou wel soos 'n "firma" moet begin optree, dan kan ons meer aandag aan sulke blaaie skenk. Suidpunt (kontak) 08:09, 19 Februarie 2017 (UTC)
- Is dit nie ook Moedertaalsprekers wat taalfoute maak nie - konstruksies soos "was gebore" (in plaas van "is gebore") is ontleen aan Engels en allesbehalwe Afrikaans?! Of moet ons dit nou aanvaar net omdat dit algemeen voorkom?
- Korrektheid en kennis is vloeiend. - dit verander steeds. Oor die algemeen is artikels, wat reeds op die Afrikaanse Wikipedia beskikbaar is, van goeie gehalte en betroubaar. Daar is soms, as 'n soort bonus vir lesers wat liewer ons Wikipedia as die Engelse projek wil raadpleeg, selfs eksklusiewe inligting uit gesaghebbende bronne wat nie elders beskikbaar is nie. --Voyageur (kontak) 20:42, 19 Februarie 2017 (UTC)
- Ek begin al meer agterkom hoe Afrikaanssprekendes en Vlaminge nie eintlik weet hoe om oorspronklik met die woord om te gaan nie. Ek is self skuldig daaraan. Sal mens dit eenvoudig toeskryf aan luiheid, of 'n gebrek aan woordeskat, of deur onderworpe te voel aan groter tale as modeltale?
- Kyk hierna, uit The Matrix:
- (fr) Tous les êtres humains, hommes et femmes qui les ont attaqué, qui ont voulu les affronter ont été tués.
- (en) Every single man or woman who has stood their ground, everyone who has fought an agent has died.
- (de) Alle, die sich bisher mit einem Agenten angelegt haben, jeder der sich ihnen gestellt hat, ist tot.
- Ek vermoed hierdie taalgebruik weerspieël eerder die styl en woordkeuse wat in die verskillende tale ingeburger het. --Voyageur (kontak) 18:38, 21 Februarie 2017 (UTC)
- Afgesien van die "Synchronsprecher" wat by die mondbewegings moet aanpas, is die laaste "ist tot" ("is dood") van wesenlike belang. "Has died" is eufemisties vir "is dead". Die Duits stel die erns van die saak hier vas. Voyageur:Kan jy my meer inlig omtrent die Frans? Dit wil my voorkom of daar 'n soort "Vastelandooreenkoms" is in die vertalings?Suidpunt (kontak) 05:43, 20 Februarie 2017 (UTC)
- Soms gebruik moedertaalsprekers die Engelse woordvolge ipv. die Afrikaanse s'n en skryf woorde nie saam nie. Ons kry dan bv. "masjien geweer" (machine gun) ipv. masjiengeweer. Die gebruik van kommas ipv. kom ook van die Engelse invloed en is nie Afrikaans nie! 'n Miljoen is 1 000 000 en nie 1,000,000 nie. Dis net 1. Sommige van die Taalkommissie se veranderinge soos "China" is ook nie hulpsaam nie! Ons kla oor die toekoms van Afrikaans, maar ons sien, dit beweeg nader aan Engels! Bestaan die suiwer Afrikaans eintlik nog of het dit in die omgangstaal verlore gegaan? Groete. -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 10:20, 21 Februarie 2017 (UTC)
Plaagbeheer moet eintlik Plaagbestryding wees
Hallo Oom Aliwal
Ek is werklik jammer om so nukkerig met my ou anglisismetjies [te] wees. Dit is ook soos "siektebeheer" wat ek nou die dag oor RSG gehoor het. Dis nou 'n siek woord. Ek kan nie insien waarom op dees aarde 'n mens siekte nog wil behou nie. As momento?! Jy wil dit bekamp, uitwis, uitroei, van die aardbol af vee...
Maar wat ek wel vandag gedoen het, het my nuwe hoop gegee, want ek het nou vir oom werk geskep. Ek is na Topviews en het die selfoonkykers nagespoor. By die blaaie wat onder die top 1000 is, wat 70%+ deur selfone bekyk word, is hoofsaaklik mediese artikels. Ek het eers die getalle getrek, toe 'n persentasie uitgewerk met die formule =SUM(E44*100)/D44 op Excel. En toe sorteer ek hulle alfabeties. Dit sluit ook plae in soos weeluis - ek het tot September 2016 nagegaan en elke liewe maand wil mense oor hierdie pestelensie weet. Maar elke maand wil mense ook weet oor breinvliesontsteking, niersteen, longontsteking, blindederm, dermpoliep, brandmondsindroom, masels, middeloorontsteking, bloublasie, angina pectoris, jeuksiekte, kolorektale kanker, sonsteek, koorsblaar, bosluis, diepaartrombose,, emfiseem, maagsweer, skildklier, aarverkalking, koors, diarree, waterpokkies, tuberkulose, bysteek ens. Hierdie is die hoofprobleme, lyk dit my. Dit lyk my Wikipedia is hul nommer een besoekplek. Suidpunt (kontak) 19:05, 19 Februarie 2017 (UTC)
- Lekker Suidpunt! Laat die oom werk! Dit is maar stil daar in Molteno... Groete! Oesjaar (kontak) 19:09, 19 Februarie 2017 (UTC)
Besoekstatistiek
Ek het vir myself ook 'n lat gepluk, want nou sien ek eers waarna die mense soek. Desembermaand het die besoekstatistiek so begin lyk by die top-1000, die langste taalaanvraag tot op hede (wel, tussen Mei 2016 en vandag wat ek kon vasstel):
- 10. Afrikaans
- 29. Engels
- 80. Latyn
- 93. Nederlands
- 99. Spaans
- 129. Frans
- 156. Duits
- 158. Arabies
- 161. Grieks
- 480. Portugees
- 487. Russies
- 498. Sweeds
- 510. Italiaans
- 635. Japannees
- 711. Sanskrit
- 818. Xhosa
Januarie 2017 lyk so:
- 6. Afrikaans
- 51. Engels
- 122. Nederlands
- 173. Latyn
- 184. Frans (reeds voorbladartikel)
- 336. Duits
- 375. Arabies
- 381. Grieks
- 540. Spaans
- 824. Sweeds (reeds voorbladartikel)
- 826. Russies
- 830. Portugees
en, haai-haai:
- 757. Latynonderrig
Dit is die presiese volgorde wat jy byna orals vind. Net Sanskrit en Italiaans is hier twee uitvaagsels, want gewoonlik skitter hierdie twee in hul afwesigheid. As ek eers klaar is met Latynse grammatika moet ek solank aan die volgende taal begin dink. Ek het juis hierdie Saterdag gesoek of die Japannese nie miskien Latyn geleer het by hul vier leertale (Engels, Frans, Duits, Russies ) tydens die Meiji-era nie. Nee. Hulle het slimmer gewerk: leer die tale wat die tegnologie en wetenskap lewer. So, dit sal een van hulle moet wees. Hoewel ek dink Grieks word bietjie afgeskeep. Suidpunt (kontak) 19:27, 19 Februarie 2017 (UTC)
Mylpaal en kilometerpaal
Aliwal2012 het "mylpaal (of is dit deesdae 'n kilometerpaal)" geskryf. Is hierdie kilometerpale kleiner as mylpale? En is 'n hektometerpaal nog kleiner as 'n kilometerpaal? :-) Martinvl (kontak) 12:39, 10 Januarie 2017 (UTC)
- Dis nogal 'n ding. In SA was daar altyd net mylpale, die witgekalkte betonpaaltjies met 'n mylafstand na die volgende dorp daarop aangebring. Ons het nooit van kilometerpaaltjies gepraat nie, die werklike kilometerafstand na 'n plek word deesdae maar op 'n groen padbord aangedui. Omdat ons afstande soveel verder is as in Europa, bestaan daar sover my kennis strek nie hektometerborde (bv. "14,6 km") in SA nie! Groete, --Aliwal2012 (kontak) 17:33, 10 Januarie 2017 (UTC)
- @Aliwal2012 Het hierdie bordjies 'n naam? Hulle is seker hektometerborde! Hierdie bord dui aan streek 2 van die N2, dus die teks "N2-2".Martinvl (kontak) 07:39, 18 Maart 2017 (UTC)
- Korrek Martin, ek dink jy is reg! Dankie vir die google-inligting. Aliwal2012 (kontak) 07:47, 18 Maart 2017 (UTC)
- @Aliwal2012 Het hierdie bordjies 'n naam? Hulle is seker hektometerborde! Hierdie bord dui aan streek 2 van die N2, dus die teks "N2-2".Martinvl (kontak) 07:39, 18 Maart 2017 (UTC)
Versperringstraf vir anonieme gebruikers: administrateurs, hoe werk dit?
Ek sien dit elke keer, en nie alleen vanmiddag nie: die hoeveelheid tyd wat mense geblok word wissel van een week tot drie weke, tot drie maande tot...? Soms word die een vandalis vir 1 week geblok, ander kere 3 weke, ander kere permanent, al was die misdaad soortgelyk. Hang dit van die administrateur af, of besluit Wikipedia sommer self volgens algoritmiese berekeninge wat die vonnis moet wees? Wat is die swaarste vonnis wat gevel kan word? Suidpunt (kontak) 11:57, 23 Februarie 2017 (UTC)
- Dit hang af van hoe moerig die administrateur op daai oomblik is. Laat weet as jy daarmee wil help. Groete. Frank (kontak) 20:28, 23 Februarie 2017 (UTC)
- Ek kon dit nie beter gestel het nie! Groete! Oesjaar (kontak) 05:03, 24 Februarie 2017 (UTC)
- Daar is beslis 'n argument dat IP-adresse uit afgeleë gebiede wat gekoppel is aan vandalisme permanent versper moet word. Dit laat 'n legitieme bydraer wat later deur die versprerring geaffekteer sou word dan met die geleentheid om aansoek dit doen om ontsper te word. Adriaan Joubert (kontak) 09:21, 24 Februarie 2017 (UTC)
Administrateur benodig op Wiktionary
Ons benodig iemand (of iemande) om 'n oog op Wiktionary te hou. Dit lyk nie asof enigiemand op die oomblik daardie projek onder die vlerke neem nie. As ek reg kan onthou, was daar op 'n stadium 'n bydraer wat nogals baie inskrywings geskep het en die projek in orde gehou het. Maar op die oomblik is daar geen aktiwiteit nie. Kan ons intussen asb. iemand kry om wikt:Wiktionarybespreking:Geselshoekie/Argief2 te skrap? Adriaan Joubert (kontak) 12:35, 26 Februarie 2017 (UTC)
- Ek kan nie veel daar bydra nie, maar is bereid om so af en toe in te loer en te kyk dat alles ordelik verloop. Waar doen mens aansoek? NS: Kan ons nie al die administrateurs hier ook administrateurs daar maak nie? Groete. Frank (kontak) 11:25, 27 Februarie 2017 (UTC)
Wikinuus in Afrikaans
Daar is 'n oop voorstel om 'n Afrikaanse uitgawe van Wikinews van stapel te stuur. Sien m:Requests for new languages/Wikinews Afrikaans. Adriaan Joubert (kontak) 08:18, 27 Februarie 2017 (UTC)
Glycol
Gemeenskap, wat is dit in Afrikaans? Groete! Oesjaar (kontak) 17:46, 8 Maart 2017 (UTC)
Uit WAT: glikol’ s.nw., glikole. (chemie)
- 1 Nog dikw. gebruikte vroeëre benaming vir die verbinding C2H4(OH)2 wat nou etileenglikol genoem word, gebruik o.a. in samestellings teen bevriesing in outomobiele, as oplosmiddel in die drukindustrie en farmasie en om dinamiet van 'n lae vriesgehalte te vervaardig: Op sy 72e vlug ... het daar iets met sy vliegtuig verkeerd gegaan en al die glikol het begin uitloop (Die Volksblad). In die reukstofindustrie kan glikol i.p.v. alkohol en gliserine gebruik word.
- 2 Enigeen van 'n groep tweewaardige alkohole, die glikole, dialkohole of diole, met die algemene formule CnH2n(OH)2 soos o.a. bogenoemde etileenglikol, wat van die groep die tipe is en propileenglikol, CH3.CHOH.CH2OH. Ten minste 6 glikole en 50 glikolderivate vind tegniese toepassing, o.a. by die grootskaalse vervaardiging van alkideharse uit glikole met tweewaardige sure, soos ftaalsuur. Suidpunt (kontak) 17:54, 8 Maart 2017 (UTC)
- Dankie jongman! Later vannag as die oom slaap proeflees asb die enjinontwikkling by Rolls-Royce Merlin vir my! Groete! Oesjaar (kontak) 18:10, 8 Maart 2017 (UTC)
- In my nederige opinie is glikool die aanvaarbare woord. Vandaar die mv. glikole en dus nie glikolle nie. Geniet die naweek! --Aliwal2012 (kontak) 09:21, 18 Maart 2017 (UTC)
- Dankie jongman! Later vannag as die oom slaap proeflees asb die enjinontwikkling by Rolls-Royce Merlin vir my! Groete! Oesjaar (kontak) 18:10, 8 Maart 2017 (UTC)
Overview #2 of updates on Wikimedia movement strategy process
Note: Apologies for cross-posting and sending in English. This message is available for translation on Meta-Wiki.
As we mentioned last month, the Wikimedia movement is beginning a movement-wide strategy discussion, a process which will run throughout 2017. This movement strategy discussion will focus on the future of our movement: where we want to go together, and what we want to achieve.
Regular updates are being sent to the Wikimedia-l mailing list, and posted on Meta-Wiki. Each month, we are sending overviews of these updates to this page as well. Sign up to receive future announcements and monthly highlights of strategy updates on your user talk page.
Here is a overview of the updates that have been sent since our message last month:
- Update 7 on Wikimedia movement strategy process (16 February 2017)
- Development of documentation for Tracks A & B
- Update 8 on Wikimedia movement strategy process (24 February 2017)
- Introduction of Track Leads for all four audience tracks
- Update 9 on Wikimedia movement strategy process (2 March 2017)
- Seeking feedback on documents being used to help facilitate upcoming community discussions
More information about the movement strategy is available on the Meta-Wiki 2017 Wikimedia movement strategy portal.
Posted by MediaWiki message delivery on behalf of the Wikimedia Foundation, 19:43, 9 Maart 2017 (UTC) • Help met die vertaal na uw taal • Get help
Rolprente
kAN IEMAND MY HELP OM DIE HOUTBORD FILM/ROLPRENT VAN SIEGFRIED MYNHARDT IN DIE HANDE TE KRY https://af.wikipedia.org/wiki/Siegfried_Mynhardt
- Sover ek verstaan is dit nie 'n rolprent nie, maar 'n toneelspel. Lyk my jy kort 'n nuwe sleutelbord. Groete. Frank (kontak) 06:20, 13 Maart 2017 (UTC)
Dankie Frank. Dit is 'n rolprent want ek het dit self gesien. Jou opmerking oor die sleutelbord. Baie skerp maar onnodig
- Nie onnodig nie. Respekteer jou gehoor en skryf netjies. Adriaan Joubert (kontak) 13:39, 14 Maart 2017 (UTC)
FAK, Maroela Media en die Wiki-gemeenskap!
Aan die Wiki-gemeenskap: Maroela Media het toestemming by die FAK gekry om hulle artikels net so oor te dra na die Afr. Wiki met net een vereiste dat die FAK as bron erken word (of erkenning kry?). FAK se siening is dat hulle nie wil hê dat die inligting verlore moet gaan nie en ook dat meer mense dit te lese moet kry. Hoe gaan ons dit hanteer? Ek kan nie onthou of ons al voorheen oor die onderwerp gepraat het nie.... Ouderdom! Groete! Oesjaar (kontak) 12:49, 14 Maart 2017 (UTC)
- Ek dink ons moet dit dokumenteer, soos ons hier gemaak het: Wikipedia:Mieliestronk. Groete. Frank (kontak) 14:45, 14 Maart 2017 (UTC)
- Hierdie probleem is eerder bespreek hier.
- Ons moet ook gaan kyk na wat Wikipedia is, of liewers wat Wikipedia nie is nie. Ons lees dat: Wikipedia is nie 'n bediener vir u skakels, beelde of ander medialêers nie, dus moet ons weier om die FAK se artikels in Wikipedia by te voeg. As die FAK hul eie argief op hul eie webwerf wil saamstel, sal dit moontlik wees om skakels na hul artikels op te stel, maar Wikipedia self is nie so 'n argief nie. As hulle wil weet hoe om dit te doen, stel ek voor dat hulle die webwerf van Natalia besoek: http://www.natalia.org.za/index.html. 'n Verdere probleem lê by die kopiereg. Wie is die eienaars van die kopiereg van hierdie artikels? Indien die skrywers werknemers by die FAK was, dan is die FAK volgens Suid-Afrikaanse wet die eienaar van die kopiereg, anders is die skrywers self die kopieregeienaars.
- Martinvl (kontak) 20:12, 14 Maart 2017 (UTC)
- Hoe op aarde loop die logika van Wikipedia is nie 'n bediener vir u skakels, beelde of ander medialêers nie na dus moet ons weier om FAK se artikels in Wikipedia in te voeg? Wat jy geskryf het, maak glad nie sin nie. Adriaan Joubert (kontak) 21:20, 14 Maart 2017 (UTC)
- Indien ons die uitgawe ensovoorts van die VAK se artikels kan kry, kan hulle bronne wees vir Wikipedia artikels, maar as ons die hele artikels invoeg word Wikipedia dan 'n bediener vir VAK. Martinvl (kontak) 22:33, 14 Maart 2017 (UTC)
- Dit is FAK. 196.215.169.98 22:50, 14 Maart 2017 (UTC)
- Ek stem saam met Martinvl. Ons kan nie 'n klomp inligting "net so oordra" na Wikipedia nie, want ons is nie 'n argief nie. As hulle die inligting aan ons beskikbaar stel, kan ons dit gebruik vir artikels. Maroela vat 'n kans. Winston (kontak) 19:56, 16 Maart 2017 (UTC)
Biografieë in Geskiedenis van die Boererepublieke
Hierdie artikel is 'n ensiklopedie binne 'n ensiklopedie. Ek het 'n begin gemaak om biografieë te verwyder, maar om die teks te bewaar, het ek dit na onder-bladsye van die Wikipedia bladsye verskuif. Sien byvoorbeeld
Dudu Manana
Daar is gerugte op sosiale media dat ANC LP Dudu Manana vandag in die parlement "bury them alive" geskreeu het toe die onderwerp van plaasmoorde bespreek was. Ek kan egter geen bron vir hierdie aantyging vind nie. Weet enigiemand hiervan? Dit sou mooi wees as ons vir haar 'n artikel kon skep en dit met hierdie tipe van retoriek versier. Adriaan Joubert (kontak) 21:27, 14 Maart 2017 (UTC)
- Ek het dit gekry! [2] Goeie nag, almal! Adriaan Joubert (kontak) 22:12, 14 Maart 2017 (UTC)
- Lekker nou! Ek moet jou egter vriendelik waarsku Adriaan: Moet liefs nie by rassepolitiek betrokke raak op Wikipedia nie. Onthou, een van die vier pilare van die Wikipedia is onpartydigheid! Wikipedia is ook nie 'n forum (seepkis) vir politieke sienings nie, al stem meeste van ons gebruikers hier heelhartig met jou saam. Lekker slaap! --Aliwal2012 (kontak) 22:21, 14 Maart 2017 (UTC)
- Dit was Mduduzi Manana. Dawidels23 (kontak) 23:17, 14 Maart 2017 (UTC)
- Aliwal2012, dit is nie partydig nie, dit is die neutrale realiteit en dit moet gedokumenteer word. Dawidels23 (kontak) 23:19, 14 Maart 2017 (UTC)
- Lekker nou! Ek moet jou egter vriendelik waarsku Adriaan: Moet liefs nie by rassepolitiek betrokke raak op Wikipedia nie. Onthou, een van die vier pilare van die Wikipedia is onpartydigheid! Wikipedia is ook nie 'n forum (seepkis) vir politieke sienings nie, al stem meeste van ons gebruikers hier heelhartig met jou saam. Lekker slaap! --Aliwal2012 (kontak) 22:21, 14 Maart 2017 (UTC)
- 'n Feit is 'n feit soos 'n koei. Dit kan mos nie partydig of onpartydig wees nie. Dit was in die nuus en almal wil vanoggend weet wie die perd is. Groete. Frank (kontak) 06:08, 15 Maart 2017 (UTC)
- Dit was toe nie hy nie. Sien Bespreking:Mduduzi Manana. Winston (kontak) 21:53, 16 Maart 2017 (UTC)
- 'n Feit is nou dat 'n koei vanoggend 'n perd geword het, Frank? Sjoe, dit is verwarrend... Jcwf (kontak) 00:45, 17 Maart 2017 (UTC)
- Jy bedoel die perd is nou 'n koei? Ek het opgemerk hoe die mediaberigte eers van 'n hy en toe van 'n sy praat. Die fout is deur die sogenaamde "betroubare media" gemaak, en so hier aangehaal. Dankie vir die regstelling, die waarheid moet seëvier. Groete. Frank (kontak) 05:43, 17 Maart 2017 (UTC)
Ek dink, hierdie en daardie is meer belangrik as wat 'n enkele politikus sê. Dis die regering se mening! Maar ek hoop, dit word geïgnoreer, omdat dit die regering is, wat dit sê. Hier in Duitsland en Europa is ook politici, wat ander etniese groepe verpes... Sterkte! -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 13:10, 25 Maart 2017 (UTC)
Iconographia Zoologica
Die Iconographia Zoologica is nou teenwoordig op Commons met 26 duisend afbeeldings van diere uit ou boeke. Jcwf (kontak) 01:46, 18 Maart 2017 (UTC)
We invite you to join the movement strategy conversation (now through April 15)
- This message, "We invite you to join the movement strategy conversation (now through April 15)", was sent through multiple channels by Gregory Varnum on 15 and 16 of March 2017 to village pumps, affiliate talk pages, movement mailing lists, and MassMessage groups. A similar message was sent by Nicole Ebber to organized groups and their mailing lists on 15 of March 2017. This version of the message is available for translation and documentation purposes
Dear Wikimedians/Wikipedians:
Today we are starting a broad discussion to define Wikimedia's future role in the world and develop a collaborative strategy to fulfill that role. You are warmly invited to join the conversation.
There are many ways to participate, by joining an existing conversation or starting your own:
Track A (organized groups): Discussions with your affiliate, committee or other organized group (these are groups that support the Wikimedia movement).
Track B (individual contributors): On Meta or your local language or project wiki.
This is the first of three conversations, and it will run between now and April 15. The purpose of cycle 1 is to discuss the future of the movement and generate major themes around potential directions. What do we want to build or achieve together over the next 15 years?
We welcome you, as we create this conversation together, and look forward to broad and diverse participation from all parts of our movement.
- Find out more about the movement strategy process
- Learn more about volunteering to be a Discussion Coordinator
Sincerely,
Nicole Ebber (Track A Lead), Jaime Anstee (Track B Lead), & the engagement support teams05:09, 18 Maart 2017 (UTC)
Opvlam in vandalisme
Hi mense! Ons wiki ondervind tans 'n oplewing in vandalisme deur ongeregistreerde gebruikers. Sal julle ons asseblief help deur alle aktiwiteit dop te hou, en die skuldiges te blok waar nodig? Dankie en groete, Aliwal2012 11:55, 22 Maart 2017 (UTC)
- Die prys wat ons betaal vir die klieks wat ons van skole kry, dink ek... Jcwf (kontak) 17:09, 22 Maart 2017 (UTC)
Aansoek om administrateurskap
Ek vind dit 'n gulde geleentheid om my neutraliteit te verbreek. Sal die Pous (Burokraat) my tot kardinaal (Administrateur) beroep, QUAESO! Ek het gevorder van Manlik na Priester na Biskop. Kardinale en Biskoppe is gelykes, behalwe natuurlik dat Kardinale meer regte kan uitoefen - hulle stem wie moet Pous wees. Suidpunt (kontak) 14:52, 22 Maart 2017 (UTC)
- Ja Suidpunt, jy is welkom om aansoek te doen, as jy net sal ophou twak praat! Daar bestaan 'n bladsy spesiaal daarvoor, Frank of JCIV sal ons kan help met jou nominasie vir hierdie gewigtige taak! Sterkte --Die perd se bek 15:11, 22 Maart 2017 (UTC)
- Maar natuurlik, Suidpunt! Doen hier aansoek. Groete. Frank (kontak) 15:13, 22 Maart 2017 (UTC)
Tuisblad blanko
Hoekom dat die tuisblad heeltemal blanko is?
Jcwf (kontak) 02:21, 24 Maart 2017 (UTC)
- Dis nou weer reg.
Veelvuldige vandalisme op een blad - wat staan ons gewone gebruikers te doen?
Hoe maak mens Geloftedag reg as mens veelvuldige wysigings maak? Vir gewone gebruikers soos ek kan slegs die laaste terugdraai plaasvind. Suidpunt (kontak) 09:17, 24 Maart 2017 (UTC)
- Uitgevoer --Aliwal2012 (kontak) 10:43, 24 Maart 2017 (UTC)
- Blok asseblief ook 213.209.114.218, hy het in Februarie ook moles gemaak. Suidpunt (kontak) 09:24, 24 Maart 2017 (UTC)
- Ook Uitgevoer --Aliwal2012 (kontak) 10:46, 24 Maart 2017 (UTC)
Ja, is daar 'n manier om dit te doen, of is dit net administrateurs beskore? - Winston (kontak) 20:33, 25 Maart 2017 (UTC)
- Jy kan die laaste weergawe sonder vandalisme stuur. Klik by die artikel se geskiedenis op die weergawe voordat dit gevandaliseer is, wysig en stoor dit. Groete. -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 21:05, 25 Maart 2017 (UTC)
ZA Copyright Act amendment
(Apologies for posting here in English!) I have posted the below message on the South Africa project page on English Wikipedia to decide on whether to take action on a banner calling for Freedom of Panorama on English Wikipedia in South Africa. However it is also very important that this conversation also happens on Afrikaans Wikipedia as editors on this Wiki form a very important part of the broader Wikipedia editing community in South Africa and any such banner add on af.wiki must be decided by the af.wiki community. As such I want to direct your attention to the proposal to put up a universal banner add for both editors and readers to call for Freedom of Panorama in South Africa should the need to due so come up when the Department of Trade and Industry releases the draft amended version of the South African Copyright Act.
I suggest that this proposal for a banner on af.wikipedia be discussed on this post. If you would also like to vote on wheather or not to do this on English Wikipedia then please feel free to do so on the South African project page. Thanks/baie dankie, Discott (kontak) 21:58, 25 Maart 2017 (UTC)
Onderstaande vertaling deur Suidpunt, Winston en Aliwal2012 bygedra
ProbleemDag, almal! Jy weet moontlik reeds dat Suid-Afrika geen panoramavryheid toelaat nie. Slegs foto's wat ou geboue en monumente uitbeeld, mag sonder die "Geregverdigde gebruiksbeleid" by Commons opgelaai of by Wikipedia gebruik word. Die huidige wetgewing (bekragtig in 1978) is verouderd, aangesien die Internet nêrens duidelik daarin vermeld word nie. Die meeste staatsgeboue, -monumente of openbare kuns in Suid-Afrika mag nie fotografies op Wikipedia weergegee word nie. Meer as 50 jaar moet eers ná die afsterwe van die boutekenaar of argitek verloop. Maar waarom dan? Dit beteken tog die meeste gebruikers van Facebook en ander sosiale media oortree onwetend die wet. Maar dit raak nie ander lande nie: hul outeursregte staan wel panoramavryheid toe. Tans word die Outeurswet van Suid-Afrika deur die Department van Handel en Nywerheid hersien. Ons het met die departement in verbinding getree in ’n poging om panoramavryheid hierby in te sluit. Die nuwe wetsontwerp mag in die onbepaalde toekoms moontlik steeds nie panoramavryheid vermeld nie. Soortgelyke regte waar foto's van openbare kunswerke ook vryelik versprei kan word, mag ook in die wind geslaan word. Dis nou die gulde geleentheid om hiervoor voorbrand te maak. OplossingSodra die wetsontwerp deur die Departement van Handel en Nywerheid in die Staatskoerant gepubliseer is, word die openbare mening gevra. Sou panoramavryheid nêrens in die wetsontwerp genoem word nie, beplan ons om 'n banier op elke Wikimediaprojek, soos Wikipedia, te plaas wat die Suid-Afrikaanse gebruikers hieroor sal inlig. Die banier sal die volgende inligting weergee:
Ons stel die volgende stappe voor:
Wikimedia Suid-Afrika het in Desember 2016 tydens ons bestuursvergadering oor die saak beslis. Ons gaan akkoord met die voorgestelde plan, maar wil graag groter insae van die publiek inwin. Daarom vra ek asseblief jou stem omtrent die aangeleentheid, noteer dit asseblief hieronder.--Discott (kontak) 15:41, 23 Maart 2017 (UTC)
|
Meer inligting
- Draft landing page for the proposed banner add. (in English, a version translated into Afrikaans would be needed)
- More information on Freedom of Panorama around the world and on Wikipedia:
- European Union Freedom of Panorama advocacy page:
- The suggestions we made to the DoTI in 2014 in the initial drafting stage
- List of Freedom of Panorama cases in South Africa.
Stem of bespreek hier
- Ondersteun – Groete. -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 22:05, 25 Maart 2017 (UTC)
- Ondersteun -- Jcwf (kontak) 22:17, 25 Maart 2017 (UTC)
- Ondersteun -- Voyageur (kontak) 23:35, 25 Maart 2017 (UTC)
- Ondersteun -- Winston (kontak) 03:05, 26 Maart 2017 (UTC)
- Ondersteun -- Ossewa (kontak) 08:03, 26 Maart 2017 (UTC)
- Ondersteun -- Suidpunt (kontak) 08:41, 26 Maart 2017 (UTC) Waarom is dit dan geoorloof by Google Streetview, maar nie Wikipedia nie?
- Ondersteun -- Aliwal2012 (kontak) 11:56, 26 Maart 2017 (UTC)
- Ondersteun -- Sobaka (kontak) 18:11, 26 Maart 2017 (UTC)
- Ondersteun -- Martinvl (kontak) 12:18, 27 Maart 2017 (UTC)
- Ondersteun -- Oesjaar (kontak) 13:33, 27 Maart 2017 (UTC)
- Ondersteun -- JMK (kontak) 23:26, 3 April 2017 (UTC)
- Uitgevoer Eenparig so aanvaar/"accepted so", dankie Discott! --Aliwal2012 (kontak) 16:14, 26 Mei 2017 (UTC)
Posbekleër / plekvuller / posvuller / Eenoogkoning?
Geskuif na Bespreking:Latynonderrig
Wanneer mag webjoernale as bronne vermeld word?
Geskuif na Bespreking:Latynonderrig
- Vervolg van argief vir 2017, sedert 1 April
Ons vra om verskoning vir die kruisplasing van hierdie boodskap.
Namens die Wikimediastigting-verkiesingskomitee, kondig ek graag aan dat self-benoemings binnekort aanvaar sal word vir die Wikimediastigting se Raad van Trustees-verkiesing van 2017. Die Raad van Trustees is die besluitnemende liggaam wat uiteindelik verantwoordelik is vir die volhoubaarheid van die Wikimediastigting op die langtermyn, dus waardeer ons wye insette in sy verkiesing. Meer inligting oor hierdie rol kan gevind word by Meta-Wiki. Lees asseblief die brief van die Raad van Trustees wat kandidate versoek.
Die kandidatuurvoorleggingsfase sal duur vanaf 7 April (00:00 UTC) tot 20 April (23:59 UTC).
Ons sal ook vrae aanvaar wat aan die kandidate gestel sal word vanaf 7 April tot 20 April 2017. Jy kan jou vrae op Meta-Wiki indien.
Sodra die vraagvoorleggingtydperk geëindig het op 20 April, sal die Verkiesingskomitee die vrae vir die kandidate saamstel waarop hulle dan moet reageer beginnende op 21 April.
Die doel van hierdie proses is om die drie gemeenskapverkose poste op die Wikimediastigting se Raad van Trustees te vul. Die verkiesingsuitslae sal deur die Raad gebruik word om self sy nuwe lede te kies.
Die volle skedule vir die Raadsverkiesing is soos volg. Alle datums sluit die eerste dag in, tot en met die einde van die laaste dag.
- 7 April (00:00 UTC) - 20 April (23:59 UTC) - Nominasies vir die Raad
- 7 April - 20 April - Vraagvoorleggingtydperk aan Raadskandidate
- 21 April - 30 April - Raadskandidate beantwoord vrae
- 1 Mei - 14 Mei - Stemtydperk vir die Raad
- 15-19 Mei - Raadstemming nagegaan
- 20 Mei - Raadsuitslag - aankondigingsdoelwit
Bykomend tot die Raadsverkiesing, sal ons ook binnekort ook verkiesings vir die volgende poste hou:
- Fondsverspreidingskomitee (FDC)
- Daar is vyf posisies wat gevul moet word. Meer inligting oor hierdie verkiesing sal beskikbaar wees byon Meta-Wiki.
- Fondsverspreidingskomitee ombudspersoon
- Een posisie moet gevul word. Meer inligting oor hierdie verkiesing sal beskikbaar wees by Meta-Wiki.
Neem asseblief kennis dat die Raad van Trusteesverkiesings hierdie jaar voor die FDC en Ombudsverkiesings plaasvind. Kandidate wat nie tot die Raad verkies is nie word uitdruklik toegelaat en aangemoedig om hulself as kandidate vir die FDC of Ombudsposisies te stel, na die resultate van die Raadsverkiesing aangekondig is.
Enige vrae wat verband hou met die verkiesing kan gepos word op die besprekingsblad election op Meta-Wiki, of na die verkiesingkomitee se poslys gestuur, board-elections wikimedia.org.
Namens die verkiesingskomitee,
Katie Chan, Voorsitter, Wikimediastigting-verkiesingskomitee
Joe Sutherland, Gemeenskapsadvokaat, Wikimediastigting.
Geplaas deur MediaWiki message delivery namens die Wikimediastigting-verkiesingskomitee, 03:36, 7 April 2017 (UTC) • Kry hulp
Slegs leesmodus vir 20 tot 30 minute op 19 April en 3 Mei
Onderstaande vertaling deur Aliwal2012 gelewer
Die Wikimedia-stigting wil sy sekondêre datasentrum in Dallas lewendig toets. Dit sal verseker dat Wikipedia en die ander Wikimedia-wikis aanlyn kan bly, selfs na 'n ramp. Om seker te maak alles werk korrek, gaan die departement Wikimedia Tegnologie 'n beplande toets uitvoer. Hierdie toets sal wys of die Stigting betroubaar van een datasentrum na 'n ander kan wissel. Dit verg dat baie spanne moet voorberei vir die toets en wie beskikbaar moet wees om enige onverwagte probleme op te los.
Hulle sal alle internetverkeer na die sekondêre datasentrum oorskakel op Woensdag, 19 April 2017. Op Woensdag 3 Mei 2017, sal hulle alles weer terugskakel na die primêre datasentrum.
Ongelukkig, as gevolg van 'n paar beperkinge in MediaWiki, moet alle redigering stop tydens dié twee oorskakelings. Ons vra om verskoning vir enige ontwrigting, en sal probeer om dit te verminder in die toekoms.
Jy sal in staat wees om alle wikis te lees, maar nie te wysig nie, vir 'n kort tydperk.
Jy sal nie in staat wees om wysigings aan te bring vir ongeveer 20 tot 30 minute op Woensdag, 19 April en Woensdag 3 Mei nie. Die toets sal begin om 14:00 UTC op Woensdag 19 April en Woensdag 3 Mei.
As jy probeer om te wysig gedurende hierdie tye, sal jy 'n foutboodskap kry. Ons hoop dat geen van jou wysigings verlore sal gaan nie, maar ons kan dit nie waarborg nie. As jy die foutboodskap sien, dan moet jy wag totdat alles terugkeer na normaal. Dan moet jy in staat wees om jou wysiging te stoor. Maar ons beveel aan dat jy 'n afskrif van jou veranderinge hou, net vir ingeval.
Ander effekte:
- Agtergrondwerk sal stadiger wees en 'n paar kan dalk staak. Rooi skakels word dalk nie so gou opdateer as normaalweg nie. As jy 'n artikel wat reeds iewers anders gekoppel is skep, sal die skakel langer as gewoonlik rooi bly. 'n Paar ander langlopende skrifte sal gestop moet word.
- Daar sal kodevries geld vir die weke van 17 April 2017 en 1 Mei 2017. Nie-noodsaaklike kode-ontplooiing sal nie gebeur nie.
Hierdie projek kan uitgestel word indien nodig. Jy kan die skedule by Schedule for 2017 switch lees. Enige veranderinge sal in die skedule aangekondig word, en daar sal later meer kennisgewings hieroor verskyn. Deel asseblief hierdie inligting met jou gemeenskap /Gebruiker:Whatamidoing (WMF) (gesels)MediaWiki boodskapaflewering 17:33, 11 April 2017 (UTC)
Subscript in kategorienaam. Probleem
Ek probeer om die strukture van vastestowwe en minerale te kategoriseer. Daarvoor bestaan 'n strukturbericht-klassifikasie wat ek as basis vir die kategorieë geneem het. Ongelukkig word vir byvoorbeeld die spinelstruktuur hierdie kode H11-struktuur met 'n subscript. Indien ek dit as [[Kategorie:H1<sub>1</sub>-struktuur]] skryf word dit egter nie aanvaar nie. [[Kategorie:<math>H1_1</math>-struktuur]] werk ook nie. Het iemand 'n idee hoe om dit op te los? Ek gebruik nou [[Kategorie:H1_1-struktuur]], maar dit is natuurlik gemors. Jcwf (kontak) 01:25, 13 April 2017 (UTC)
- @Jcwf: Probeer "&_#_x_2_0_8_0_;" (sonder die "_" karakters) vir ₀, "&_#_x_2_0_8_1_;" vir ₁ en so voorts tot by "&_#_x_2_0_8_9_;" vir ₉. Die karakters "x2080" dui 'n UNICODE karakter in hexidesimaal aan. Kyk na die bron vir C₂H₅OH (maar wag tot vanaand voordat jy proe! :-) ).
- Omdat 'n artikel titel (en dus ook 'n ook kategorienaam) 'n lêernaam is, mag dit slegs UNICODE karakters gebruik. As die title ook 'n wikiskakel is, is die wikiskakel 'n koevert rondom die naam en nie 'n gedeelte van die naam nie. Martinvl (kontak) 07:06, 13 April 2017 (UTC)
- Ah! Dankie!
Wikidata description editing in the Wikipedia Android app
Wikidata description editing is a new experiment being rolled out on the Wikipedia app for Android. While this primarily impacts Wikidata, the changes are also addressing a concern about the mobile versions of Wikipedia, so that mobile users will be able to edit directly the descriptions shown under the title of the page and in the search results.
We began by rolling out this feature several weeks ago to a pilot group of Wikipedias (Russian, Hebrew, and Catalan), and have seen very positive results including numerous quality contributions in the form of new and updated descriptions, and a low rate of vandalism.
We are now ready for the next phase of rolling out this feature, which is to enable it in a few days for all Wikipedias except the top ten by usage within the app (i.e. except English, German, Italian, French, Spanish, Japanese, Dutch, Portuguese, Turkish, and Chinese). We will enable the feature for those languages instead at some point in the future, as we closely monitor user engagement with our expanded set of pilot communities. As always, if have any concerns, please reach out to us on wiki at the talk page for this project or by email at reading@wikimedia.org. Thanks!
Strukture wat nie geboue is nie
Ek sien Gebruiker:Wwikix het al die kategorieë soos Kategorie:Geboue en strukture in Egipte gaan verander na Kategorie:Geboue in Egipte. Dit maak natuurlik nie sin nie, want 'n dam of brug is nie 'n gebou nie. Iemand (’n admin) sal dit moet verander, of hoe? Winston (kontak) 07:54, 16 April 2017 (UTC)
- Daar is talle "Kategorie:Geboue in"-kategorieë, sien Kategorie:Geboue in Afrika, Kategorie:Geboue in Asië, Kategorie:Geboue in Europa, ens. Indien julle my tyd gee, sal ek al die kategorieë verander. Groete. -- SpesBona 08:25, 16 April 2017 (UTC)
- Baie dankie! Winston (kontak) 14:24, 16 April 2017 (UTC)
- Uitgevoer – Dit sal nou alles reg wees. Groete. -- SpesBona 16:25, 16 April 2017 (UTC)
New Page previews feature
New Page previews feature
Read this message in another language • Help met die vertaal na uw taal
Hello,
The Reading web team at the Wikimedia Foundation has been working to enable Page previews, a beta feature known previously as Hovercards, as opt-in behavior for logged-in users and the default behavior for logged-out users across Wikipedia projects. Page previews provide a preview of any linked article, giving readers a quick understanding of a related article without leaving the current page. For this project, we are expecting to collect feedback over the following few weeks and tentatively enable the feature in early May, 2017.
A quick note on the implementation:
- For logged-in users who are not currently testing out the beta feature, Page previews will be off by default. Users may turn them on from their user preferences page.
- For logged-out users, the feature will be on by default. Users may disable it at any time by selecting the setting cog available in each preview.
- For users of the Navigation popups gadget, you will not be able to turn on the Page previews feature while using navigational popups. If you would like to try out the Page preview feature, make sure to first turn Navigation popups off prior to turning Page previews on.
You can read more about the feature and the tests we used to evaluate performance, try it out by enabling it from the beta features page, and leave feedback or questions on the talk page.
Thank you, MediaWiki message delivery (kontak) 16:52, 19 April 2017 (UTC)
- Gaande hieroor! Dit gaan veral goed te pas kom by taalkundige werke; want dit is elke keer lastig om in Afrikaans te soek na "Wat is 'n Nominatief nou weer?" "Wat is Akkusatief nou weer?". Elke keer word die definisie opgeroep. Jy bly dus gekonsentreer op een bladsy (wat natuurlik beteken die besoekergetalle gaan daal, of styg...). Ek is net so bly dit raak nie die Mobiele Wiki nie - want dit sal juis selfoonverbruikers afskrik: onnodige data sou verlore gaan. En onthou, tans is hierdie selfoongebruikers ons grootste "mark". Die besoekstatistiek wys dit keer op keer. Vir (onbeperkte) ADSL-gebruikers is hierdie funksie egter 'n droom. Suidpunt (kontak) 17:20, 19 April 2017 (UTC)
Twee inligtingskassies in een artikel
Hallo daar, indien ek twee inligtingskassies in een artikel plaas, soos Facebook en Twitter, skuif die tweede inligtingskas die beelde van links bo na links onder. Hoe kan ek/ons hierdie probleem oplos? Groete. -- SpesBona 19:32, 19 April 2017 (UTC)
- Sit 'n foto of twee tussen die twee kassies, dan skuif die foto's op. Winston (kontak) 14:18, 20 April 2017 (UTC)
Die dood van Afrikaans
Toespraak deur JC Heunis SC, president van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch, by geleentheid van ’n oud-Maties-ontbyt by die KKNK, Vrydag 14 April 2017, 07:30, Welgeluk NG Kerksaal, Parkweg-Suid, Oudtshoorn:
Spelling
Talle minerale is na persone of dorpe genoem, byvoorbeeld wurtziet na mnr Wurtz, autuniet na die Franse stad Autun, carnotiet na mnr. Carnot ensomeer. Bly hierdie name met z, au en c in Afrikaans of word dit wurtsiet, outuniet en karnotiet? Jcwf (kontak) 17:42, 21 April 2017 (UTC)
- Wurtziet; autuniet, outuniet; karnotiet, carnotiet; volgens Pharos. Winston (kontak) 00:54, 22 April 2017 (UTC)
- Hoe sou ons sonder AANSTUUR regkom?..
Insekte
Nadat ek 'n aantal insekte op die Afrikaanse Wikipedia geskep het, wonder ek of ons nie dalk die wetenskaplike name moet gebruik nie, soos in die EN Wikipedia nie. Alhoewel dit vir my ook lekker is om name soos bv. Skemerbruintjie, Sondagsrokkie, Padwagtertjie en Masaigesie op die AF wiki te gebruik, raak dit verwarrend, want daar is somtyds meer as een Afrikaanse naam vir 'n insek, en dit raak ook moeilik om na ander Wiki's, wat wetenskaplike name gebruik, te verwys. Ek wonder somtyds watter naam om te gebruik in die skep van 'n nuwe artikel as daar meer as een Afr. naam vir 'n insek is. Ek het maar hierdie gewoonte (om Afrikaanse name vir insekte te gebruik) hier op die AF Wiki aangeleer, aangesien dit reeds so begin is vandat ek op die AF Wiki doening is. Die groot vraag is: hoe gaan dit werk oor 10 of 20 jaar as daar so baie verskillende name vir dieselfde ding is? Moet ons nie dalk nou al begin om wetenskaplike name te gebruik nie? Miskien met 'n aanstuur van die AF naam? Enige raad? Ossewa (kontak) 18:12, 21 April 2017 (UTC)
- Ossewa, dit is 'n probleem wat ek en Jcwf oor die plantname mee te kampe gehad het. Jy het byvoorbeeld iemand wat in Ceres bly, en jy het iemand wat in Nelspruit bly, en jy het iemand wat in die Oos-Kaap bly. Elkeen hoor 'n mooi naam, glo die bossie hier by sy agterstoep is die WARE JAKOB. So was dit deur die eeue. 'n "Krismisroos" is vandag selfs 'n soort hibiskus, volgens die WAT (wat, so lyk dit my, elke liewe afwyking goedsmoeds aanvaar, want hoe kan dit in die volksmond dan verkeerd wees?). Op die ou end kan jy jou indink: heelwat boererate gaan nie werk nie. En in die proses mors jy die taal met sukses op.
- Wanneer het die eerste probleem begin? Met seekoei (lees die inleiding waar Schreyer genoem word - hierdie Duitse chirurg sê reeds seekoei is verkeerd). En nou praat ons van die 1650's.
- My voorstel: gebruik die aanstuur, tensy jy met alle sekerheid weet daar is net een soort spesie met een spesifieke naam. Anders moet jy jou eie naam bedink, en dikwels sal dit 'n vertaling van die Engelse/Hollandse/Duitse naam wees. Dit laat ons nou met onsekerheid of ons van 'n rooipanda of katbeer moet praat, of ons van sambar of perdehert (Pferdehirsch) moet praat, ens. ens. ens. Suidpunt (kontak) 19:35, 21 April 2017 (UTC)
- Ossewa, soos Suidpunt dit reeds gesê het: die plantename het dieselfde probleme. Ek dink dat die aanstuur die belangrikste instrument is om hiermee om te gaan. Ek sou voorstel:
- Indien daar 'n eenduidige Afrikaanse naam is, soos "leeu", gebruik dit as bladsytitel, maar maak 'n aanstuur vanaf die wetenskaplike naam en plaas die wetenskaplike aanstuur in 'n kategorie wat dit moontlik maak om die taksonomie te gebruik as kategorieboom.
- Indien daar glad geen Afrikaanse naam is nie, soos vir die meeste bakterieë of gogga's wat nie in Suid-Afrika aangetref word nie, gebruik die wetenskaplike binomiaal as titel, maar maak seker dat dit skuin is en plaas dit in 'n wetenskaplike kategorie.
- Indien daar Afrikaanse name bestaan, maar hulle is nie eenduidig nie, probeer een uit te kies wat as titel kan fungeer en behandel soos 1), vermeld die ander, minder geskikte name in 'n verwysing. Dit kan moeilik wees en jy sal 'n bietjie kreatief moet wees. Dit kan wees dat jy met 'n leenvertaling vanuit die wetenskaplike naam 'n geskikte naam kan skep, vermeld dit dan op die lys van geskepte name. Dit is veral indien daar reeds 'n stamnaam is: daar is reeds "koekemakranka" en nou maak jy "rooierige koekemakranka" omdat die spesienaam "ruber" is. Besef ook dat talle Afrikaanse name eintlik beter geskik is om die genus of die familie te beskryf as die spesie.
- Indien die Afrikaans name 'n te groot gemors is, volg die wetenskaplike benaming, maar vermeld moontlike Afrikaanse name in 'n voetnoot.
- Ek dink wel dat daar altyd 'n wetenskaplike bladsy moet wees vir 'n spesie, al kan dit net 'n aanstuur bevat
Jcwf (kontak) 16:16, 22 April 2017 (UTC)
- Dankie vir al die raad, dit help. Ossewa (kontak) 17:38, 22 April 2017 (UTC)
- Hi Jcwf, help my asb net met dié: Indien daar 'n eenduidige Afrikaanse naam is, soos "leeu", gebruik dit as bladsytitel, maar maak 'n aanstuur vanaf die wetenskaplike naam en plaas die wetenskaplike aanstuur in 'n kategorie wat dit moontlik maak om die taksonomie te gebruik as kategorieboom. – Ek verstaan ek moet die aanstuur vanaf die wetenskaplike naam in 'n kategorie plaas, maar watter kategorie? Jy noem 'n kategorie wat dit moontlik maak om die taksonomie te gebruik as kategorieboom, maar ek is nie heeltemal seker nie. Verduidelik asb. Voorbeeld: Ek het 'n aanstuur geskep vir Pseudagrion salisburyense, dit stuur na Salisburygesie. Moet ek dan Pseudagrion salisburyense in 'n kategorie plaas? Indien so, watter tipe van kategorie? Sal ek die Kategorie:Waterjuffers gebruik, dieselfde as vir Salisburygesie? Groete Ossewa (kontak) 17:59, 22 April 2017 (UTC)
- Ek het jou P. salisburyense aanstuur in 'n nuwe Kategorie:Coenagrionidae geplaas en hierdie familiekategorie die Kategorie:Odonata gegee (wat nog nie bestaan nie). Gewoonlik gebruik ek familie - orde -klasse maar bo familie volg ek soms kladistiese kat's. Om die nuwe kategorieë 'n wikidataskakel te gee is dit maklik om na die Sweedse wiki te link. Hulle het die mees konsistente sisteem. Die kategorie heet daar Kategori:Coenagrionidae sonder -e. Ek hoop dit help. Jcwf (kontak) 18:24, 22 April 2017 (UTC)
- Dankie, dit help, ek dink ek verstaan nou min of meer... die ding wat dit moeilik maak is die feit dat daar AF is en Wetenskaplik. Dis asof alles twee keer gekategorieseer moet word... maar sodra mens verstaan dat alles twee keer gedoen word, dan maak dit sin (hoop so). Dankie. Groete Ossewa (kontak) 18:55, 22 April 2017 (UTC)
- Ja, jy het reg, dit lyk of dit nie nodig is nie, maar moenie vergeet watter algemene doel Wikipedia eintlik het nie: dis om inligting toeganklik te maak. Daar sal lesers wees wat dankbaar die wetenskaplike kategorieë gebruik omrede hulle eenduidig is en dieselfde op alle wikis. Daar sal ook mense wees wat liewer die Afrikaanse name soek en dankbaar is dat ons probeer om hierdie gemors wat minder morsig te maak. Plaas ook gerus 'n verwysing op die wetenskaplike kategorie na die Afrikaanse een, indien dit moontlik is. Die Afrikaanse name is mos nie altyd beskikbaar nie. Wat dink jy van Kategorie:Aizoaceae teenoor Kategorie:Vygies? Jcwf (kontak) 19:46, 22 April 2017 (UTC)
In die artikel oor die Nqweba-dam staan geskrywe: Gideon Scheepers se graf word deur die dam se water bedek. terwyl in die artikel self staan dat sy ouers tot met hulle dood na sy graf gesoek het: Scheepers se ouers het tot met hulle dood (Jacobus in 1934 en Sophia in 1956) na Gideon se oorskot gesoek. Het iemand dalk inligting om die onsekerheid uit te klaar? Groete! Oesjaar (kontak) 12:59, 23 April 2017 (UTC)
- Ek sal kyk wat ek kan wys word. Morne (kontak) 09:22, 24 April 2017 (UTC)
- Die artikel oor Scheepers het ek nou bygewerk. Waar die skrywer van die stukkie oor die dam aan so 'n feit kom, weet ek nie. Morne (kontak) 21:18, 4 Mei 2017 (UTC)
- Ek sal kyk wat ek kan wys word. Morne (kontak) 09:22, 24 April 2017 (UTC)
Geregistreerde Kleuterskole
Goeie môre. Ek verneem graag van u ,wat staan my te doen om uit te vind of n kleuterskool gereigistreer is alvorens ek my kind daar inskryf.
- Goeiemôre meneer of mevrou
- Sou u in die Wes-Kaap bly, geliewe gebruik te maak van die webwerf, soos verskaf deur my kollega wat werksaam is by die Huisgenoot: http://wcedemis.pgwc.gov.za/wced/findaschool.html
- Dit spyt my om u mee te deel, maar buiten my eng klein Suid-Afrika-eiland, die Wes-Kaap, beskik ek oor geen kennis oor die wildernis daarbuite nie. Heel waarskynlik kan die ander Wikipedia-medewerkers u behulpsaam wees.
- Met vriendelike groete,
- Geteken deur my,
- Suidpunt (kontak) 07:33, 24 April 2017 (UTC)
Handel bogenoemde artikels oor dieselfde onderwerp? Groete! Oesjaar (kontak) 09:25, 27 April 2017 (UTC)
- Oesjaar, dit lyk soos twee verskillende plekke. Ek sal die koördinate van elk bywerk. Groete. Frank (kontak) 07:15, 1 Mei 2017 (UTC)
Turkye
Hierdie nuus is skokkend.. Wat doen ons om ons steun vir ons Turkse kollega's uit te druk? Jcwf (kontak) 21:03, 29 April 2017 (UTC)
- Nou goed, Voyageur het die saak hieronder uitsorteer terwyl ek nog aan 'n brief getik het, so hier is my antwoord oor die Turkse storie.
- Daar was 'n "swart dag" in die verlede vir die Italianers wat uit protes teen 'n wetsontwerp beswaar gemaak het. Dit was 'n stelling/"statement". Maar hier word die Turkse Wikipedia net soos in China (moet weer gewoond raak aan hierdie Taalkommissiespelling-wat-baie-ontradisioneel-is-en-my-siek-en-buierig-maak) geblok. Om 'n paar uur opsy te sit om 'n stelling te maak aan 'n regering wat nie 'n duit omgee nie, het simboliese waarde lankal geen praktiese waarde nie. In die proses vertraag jy net jou eie projekte. Vra maar diegene in 'n land besuide die ewenaar wat een Vrydag besluit het om die strate in te vaar. 'n Sekere president het eenvoudig die skottelkanaal na Cartoon Network verander (ek oordryf, maar dis nie moeilik om te sien waarop ek sinspeel nie) terwyl die openbare toilette almal beset was. Daarna het almal terug huis toe gekeer na 'n moeisame dag van padversperring en enkele miljarde rand wat daardie dag in die ekonomie verlore gegaan het. Die volgende dag het die President steeds sy glimmende Colgate Smile uitgepak, nie 'n blou sent of baksteen minder nie. Hy het gekug en gesê die optog was rassisties. Gelukkig het dit net die stedelinge geraak. Die plattelanders soos ek het bontgestaan om emmers reënwater op te vang.
- Ek stel voor hierdie mense gaan reguit Kiwix toe en laai hul werk af, as hulle kan. So gou as moontlik. Ek het juis in hierdie Week die Afrikaanse weergawes afgelaai.
- Volgens Page Views per Country kom daar tog 4 201 bladtrekke per uur by die Chinese Wikipedia deur in China. Hoe hulle dit regkry, weet ek nie. Daar is maniere...Suidpunt (kontak) 22:50, 30 April 2017 (UTC)
- Daar was nog nooit net een waarheid nie en Wikipedia word hoofsaaklik volgens die hoofstroom Engelse media gerig. Dit alles gebeur natuurlik onder die dekmantel van neutraliteit. Ek sou eerder wou verstaan hoekom die Turkse regering tot so 'n drastiese stap oorgaan het. Volgens die webwerf is dit 'n reaksie op laas jaar se staatsgreep. My vermoede is dat daar 'n dieperliggende rede is. Probeer hulle Turkye uit die EU hou, of het dit iets met Sirië en die Russe te make? Groete. Frank (kontak) 07:02, 1 Mei 2017 (UTC)
- Erdogan se gedrag grens aan vervolgings- en grootheidswaan. Nou maak hy sy broek nat net omdat Wikipedia enkele kritiese artikels oor hom bevat. Ek sien nie hoe Turkye ooit tot die Europese Unie toegelaat sal kan word nie, veral aangesien sy inwoners allesbehalwe Europeërs is. --Voyageur (kontak) 19:11, 1 Mei 2017 (UTC)
Onaanvaarbare gedrag deur Gebruiker:Jcwf
Gebruiker:Jcwf moet verduidelik waarom hy my wysiging aan {{webaanhaling}} summier ongedaan gemaak het. My wysiging formateer die titels van artikels wat in verwysings gebruik word kursief. Dit is nie 'n wysiging wat myns insiens enige bespreking benodig nie, maar indien wel dan word die projek beter gedien as administrateurs nie hul magte misbruik en ironies hulself skuldig maak aan wysigings sonder 'n bespreking aanbring nie. Hy het voortgegaan en die sjabloon vir wysiging versper sodat slegs administrateurs dit kan wysig. Myns insiens moet hierdie sper onmiddellik opgehef word of versag word na 'n sper wat slegs gebruikers wat nie aangemeld is nie versper. Adriaan Joubert (kontak) 21:32, 30 April 2017 (UTC)
- Ek dink ons kan môre daaroor gesels waarom jy sjablone wat op talle bladsye gebruik word summier verander sonder enige bespreking. Ek het net die sjabloon teruggerol, nie verander nie. Jcwf (kontak) 21:50, 30 April 2017 (UTC)
- Dit is 'n nuwe dag en ek hoop beide van julle voel na 'n goeie nagrus sommer stukke beter. Ek het opgemerk dat titels in verwysings gereeld kursief gemaak word, maar nie die URL-gedeelte nie. 'n Goeie middeweg is moontlik om dit dan wel om die titel toe te laat. Groete. Frank (kontak) 07:08, 1 Mei 2017 (UTC)
- Noudat administrateur en burokraat RAM nog net sporadies hier aktief is, kan ons oorweeg om administrateursregte aan Adriaan te verleen? --Voyageur (kontak) 19:33, 1 Mei 2017 (UTC)
- Ek het gedag hy is (of was) 'n administrateur. Indien nie kan ons gerus werk daarvan maak. Groete. Frank (kontak) 15:59, 2 Mei 2017 (UTC)
- Ek was lank gelede administrateur hier, maar ek was vir jare afwesig en dus neem ek aan het die regte verval. Maar ek sal met graagte enige nominasies aanvaar. 196.210.26.177 16:37, 2 Mei 2017 (UTC)
Sjabloon sfn
Die sjabloon {{sfn}} werk nie lekker nie. As jy op die Engelse Wikipedia bv. onder "Verwysings" op "Matchett 2001, p. 160" klik, spring hy outomaties onder "Bronne" na "Matchett, Freda (2001). Krishna, Lord or Avatara?: the relationship between Krishna and Vishnu. Routledge. ISBN 978-0700712816." Dit werk egter nie op die Afrikaanse Wikipedia nie. Ek sien die sjabloon verskil ook van die Engelse een, maar die Engelse een werk nie by ons nie, wat daar kort ’n module. Kan iemand dit fieks of pla dit niemand anders nie? – Winston (kontak) 20:20, 1 Mei 2017 (UTC)
- Nou beter? Groete. Frank (kontak) 15:53, 2 Mei 2017 (UTC)
- Honderd persent, dankie! Winston (kontak) 14:47, 5 Mei 2017 (UTC)
New Wikipedia Library Accounts Available Now (May 2017)
Hello Wikimedians!
The Wikipedia Library is announcing signups today for free, full-access, accounts to published research as part of our Publisher Donation Program. You can sign up for new accounts and research materials from:
- American Psychiatric Association – Psychiatry books and journals
- Bloomsbury – Who's Who, Drama Online, Berg Fashion Library, and Whitaker's
- Gaudeamus – Finnish humanities and social sciences
- Ympäristö-lehti – The Finnish Environment Institute's Ympäristö-lehti magazine
Expansions
- Gale – Biography In Context database added
- Adam Matthew – all 53 databases now available
Many other partnerships with accounts available are listed on our partners page, including Project MUSE, EBSCO, Taylor & Francis and Newspaperarchive.com.
Do better research and help expand the use of high quality references across Wikipedia projects: sign up today!
--The Wikipedia Library Team 18:52, 2 Mei 2017 (UTC)
- You can host and coordinate signups for a Wikipedia Library branch in your own language. Please contact Aaron.
- This message was delivered via the Global Mass Message tool to The Wikipedia Library Global Delivery List.
This is a message from the Wikimedia Foundation Elections Committee. Translations are available.
Voting has begun for eligible voters in the 2017 elections for the Wikimedia Foundation Board of Trustees.
The Wikimedia Foundation Board of Trustees is the ultimate governing authority of the Wikimedia Foundation, a 501(c)(3) non-profit organization registered in the United States. The Wikimedia Foundation manages many diverse projects such as Wikipedia and Commons.
The voting phase lasts from 00:00 UTC May 1 to 23:59 UTC May 14. Click here to vote. More information on the candidates and the elections can be found on the 2017 Board of Trustees election page on Meta-Wiki.
On behalf of the Elections Committee,
Katie Chan, Chair, Wikimedia Foundation Elections Committee
Joe Sutherland, Community Advocate, Wikimedia Foundation
Posted by the MediaWiki message delivery • Translate • Get help 19:14, 3 Mei 2017 (UTC)
Oesjaar en De Goede Hoop Koshuis
Gemeenskap: Uit die bespreking van bogenoemde artikel het ek geen keuse as om uit Wikipedia te bedank nie. Weens my gebrekkige kennis van die diep tegniese dinge van Wikipedia, kan iemand my asb adviseer om as gebruiker te deregistreer. Soos hulle sê, die gemeenskap het gepraat. Oesjaar (kontak) 19:34, 4 Mei 2017 (UTC)
- Nee man Oesjaar, ons kan jou nie verloor nie! Jy het al te veel tyd en energie ingesit, en jy het nog soveel om te gee. Nie een van ons stem met alles wat hier gebeur saam nie. Ek moet myself bedaar as mense Sjina na China toe verander, en dat Aliwal2012 my nog nie uitgehaal het nie is bloot 'n wonderwerk. Soms moet mens maar op jou tande kners en anderpad kyk. Moet ons asb nie nou "drop" nie. Groete. Frank (kontak) 20:03, 4 Mei 2017 (UTC)
- Ek was al net so die hoenders in oor besluite waarmee ek nie saamstem nie, maar dit doen nie afbreuk aan my liefde vir die projek en die verbreding van kennis in Afrikaans nie. En in elk geval, wat maak 'n mens met al die vrye tyd wanneer jy Wikipedia los en hoe gemaak met die onttrekkingsimptome weens die verslawing wat jy laat staan? Morne (kontak) 21:08, 4 Mei 2017 (UTC)
- Dit lyk my Oesjaar het net 'n Wikibreak nodig. Glo my, dit verrig wondere. Ek praat uit ervaring. Soos die vrou wat oor Biostrath op die Radio praat. Of daardie tannie van Olay nagrome. As Wikipedia te burokraties raak (en jy jou moer strip), gaan gerus na die verlate eiland genaamd "Wiktionary.org". Dis 'n wonderkuur wat ek aan enigiemand aanbeveel wat diep geraak voel deur broederlike verraad. Dit is amper soos 'n sanatorium. Daar kan Oesjaar 'n party gooi tot ounag, tot 3 uur in die môre sonder dat die bure en vroulief gepla word. Daar kan mens in die spuitfonteine van sjampanje in swem, atoombomme toets, elke badsout in die voetspa beproef, Google-satelliete met peashooters afskiet, en alles doen wat "verbode" is. Soos jou toonnaels pienk verf en 'n komkommermasker opsit. En al jou frustrasies daar uitwoed. Die beste van alles: daar is jy koning. Geklee in purper en regalia (septer, ryksappel, kroon en ring). REX MUNDI. Dis 'n verlate palmeiland waar geen mens kom nie. Nie eens eiendomsagente nie! Wat 'n geluk! Slegs Jcwf sal so nou en dan met sy Hollandse karveel ankers in die baai gooi vir proviand en kyk of die Fort nog staande bly.
- Die ander alternatief is om 'n blad te stig genaamd: Aanslag op Afrikaans. Daar kan jy dit sommer by Lord Somerset begin tot op hede. Elke liewe aanslag kan dag en datum kronologies onder mekaar gestip word. Volgens tema - die een polities, die ander taalbesmetting, die ander onkunde. Wat my betref is De Goede Hoop Koshuis 'n stywe, hardlywig uitgedrukte brommerbolletjie op die grote uitgetonnelde hondedrol op die Persiese sitkamermat wat die aanwesige gaste verkies om nie te bespreek nie. Maar glo my, so tussen deur die geur van die Earl Grey tee en hawermoutkoekies slaan die onaangename klankie tog deur...
- Daar is boeke vol geskryf, koerante het munt geslaan deur hierdie kitaar elke dag te tokkel met menings wat voor 1967 dateer, politici het goddelike status hieroor verkry, en ander die status van brommerbollie.
- Ons kan gevolglik ook 'n artikel skryf "Aanslag op Frans", "Aanslag op Arabies", "Aanslag op Engels" (verspaansing?), "Aanslag op Nederlands" (soos die verengelsing en verfransing van hul universiteite), "Aanslag op Duits", "Aanslag op Spaans". Wie het gesê ons kan nie neutraal wees nie? Elke spreker voel tog deesdae sy eie taal word bedreig deur die elemente daarbuite. Afrikaans kan sodoende Frans vervang as die taal van die diplomasie. Suidpunt (kontak) 21:48, 5 Mei 2017 (UTC)
- Hoe maklik is dit weer eens vir daardie Universiteit van oria sonder Pret in die mooi stad Tse-tse-waan om twis en tweedrag in Afrikanergeledere te saai... Ek het die storie oor daai rassistiese Islamiste-ou geniet (Yussuf of so) wat die nuus oor 'n "Afrikaans-only student residence" in 'n amptelike UP-nuusbron moes lees en dan begin skree het dat daar geen "volksstaat" in 'n "demokratiese" Suid-Afrika mag wees nie. Oeps Yussuf, du goscherter Unsympatler du, wie man in Österreich sagt - die hele ding is privaat! LOL! En nou is ek ingelig dat ek tot 'n volksstaat-ensiklopedie bydra! --Voyageur (kontak) 22:36, 6 Mei 2017 (UTC)
- Ek dink ook Oesjaar het 'n pouse nodig. Oesjaar, jy is enige tyd welkom om terug te keer. Jou bydraes is van onskatbare waarde. Adriaan Joubert (kontak) 23:33, 6 Mei 2017 (UTC)
- Oesjaar is immers verwelkom! Hierdie saak gaan net oor een artikel, Oesjaar self het sowat 4 500 geskep! Sonder hom sal ons tans omtrent 40 000 hê. Jou mening is net by een artikel uitgestem, maar dit mak jou hele werk nie onbelangrik nie! Neem 'n pouse, geniet die vakansie en kom met nuwe krag en energie terug. Dink maar net wat ek alles hier beleef het... In November 2009 sou ek my artikels met {{gaan taal na}} merk. In Mei 2011 het ek aansoek gedoen om artikels soos Bremen en Nieu-Seeland op ons voorblad te bring, die jare daarna weer en weer (sdert 2016 waag ek nie meer nie!). Soms dink ek my werk en idees is by sommige gebruikers hier nie welkom, nie hulpsaam of nie belangrik nie, maar ek is steeds hier en ander gebruikers hou daarvan. Vroeër het ek na elke artikel gekyk en probeer iets te verbeter. In Desember 2010 het ek elke (!) bestaande kategorie bekyk en waar nodig, vermiste taalskakels bygevoeg. Nou doen ek net wat ek wil en waarvoor ek tyd het. Ek wil nie meer elke artikel verbeter nie, dink maar net aan al die dom rekenaarvertaalde artikels. Ek geniet die tyd buite Wikipedia, maar ook binne Wikipedia. Daar is meer belangrike dinge buite Wikipedia. Ek sien nou Oesjaar is weer aktief! :) Groete. -- SpesBona 09:00, 7 Mei 2017 (UTC)
- Is die naam van die ou "Yusuf" belangrik of sy geloof, sy herkoms? Wat van die geval dat sy naam Steve, Zweli of Raj is? Dink maar net aan die Moslemse Kaapse Maleiers wat Afrikaans praat en sedert die 17de eeu aan die Kaap leef! Groete. -- SpesBona 09:00, 7 Mei 2017 (UTC)
- Hy misbruik sy godsdiens en etniese afkoms om Afrikaanses uit te sluit. Hy kan homself ewe goed bekeer tot verligte Christendom en die gebruik van Afrikaans as amps- en onderwystaal - so word ons "meer inklusief". Sodra hy sy veldtog teen Europese waardes in die algemeen en Afrikaans in die besonder staak, mag hy glo of aanbid wat hy wil. --Voyageur (kontak) 09:53, 7 Mei 2017 (UTC)
- Hi Oesjaar, ek spring nou bietjie laat hier in, maar wil net ook sê: eerstens, jy is my hero op die Wiki, moet asb. nie bedank nie. Dan, my opinie: ek dink mens mag maar artikels skryf oor UP koshuise. Dit is immers iets wat belangrik en bekend is. As dit nou 'n artikel was oor 'n spaza-shop in Ibazelo, nou ja, dan is jy reg, maar 'n koshuis by 'n belangrike inrigting, nou ja, dis 'n ander storie, veral as dit nuuswaardig is soos diê een. En vir mense wat nog lewe, nou ja, dis ook vir my belangrik, veral Karin Zoid en Refentse. Eish man, kom ons beweeg aan, let it be, laat dit daar, ons het jou baie nodig hier op die Wiki. Ossewa (kontak) 18:21, 17 Mei 2017 (UTC)
Dele van die Visuele Teksverwerker is nog nie vertaal nie
Ek het vanaand voorlopig op twee gevalle afgekom.[3][4] As ek meer gevalle raaksien, sal ek melding daarvan maak. Die Tweede Trek (kontak) 23:36, 7 Mei 2017 (UTC)
- Jy kan ons help om dit te vertaal op https://translatewiki.net/. Laat asb. weet as jy hulp benodig. Groete. Frank (kontak) 06:01, 8 Mei 2017 (UTC)
- Here is a more direct link: https://translatewiki.net/w/i.php?title=Special:Translate&group=ext-visualeditor-0-all&language=af&filter=%21translated&action=translate . Other useful information to customise the software to your Wikipedia is available at mediawiki.org. Hope this helps, --Elitre (WMF) (kontak) 06:28, 12 Mei 2017 (UTC)
Beta Feature Two Column Edit Conflict View
From May 9, the Two Column Edit Conflict View will be available as a beta feature on all wikis. The Two Column Edit Conflict View is a new interface for the edit conflict resolution page. It highlights differences between the editor's and the conflicting changes to make it easy to copy and paste pieces of the text and resolve the conflict. The feature fulfils a request for a more user-friendly edit conflict resolution from the German Community’s Technical Wishlist. Everyone is invited to test the feature and we hope that it will serve you well! Birgit Müller (WMDE) 14:28, 8 Mei 2017 (UTC)
Editing News #1—2017
Read this in another language • Subscription list for this multilingual newsletter
Did you know?
Since the last newsletter, the VisualEditor Team has spent most of their time supporting the 2017 wikitext editor mode which is available inside the visual editor as a Beta Feature, and adding the new visual diff tool. Their workboard is available in Phabricator. You can find links to the work finished each week at mw:VisualEditor/Weekly triage meetings. Their current priorities are fixing bugs, supporting the 2017 wikitext editor as a beta feature, and improving the visual diff tool.
Recent changes
- A new wikitext editing mode is available as a Beta Feature on desktop devices. The 2017 wikitext editor has the same toolbar as the visual editor and can use the citoid service and other modern tools. Go to Special:Preferences#mw-prefsection-betafeatures to enable the ⧼Visualeditor-preference-newwikitexteditor-label⧽.
- A new visual diff tool is available in VisualEditor's visual mode. You can toggle between wikitext and visual diffs. More features will be added to this later. In the future, this tool may be integrated into other MediaWiki components. [5]
- The team have added multi-column support for lists of footnotes. The
<references />
block can automatically display long lists of references in columns on wide screens. This makes footnotes easier to read. You can request multi-column support for your wiki. [6] - You can now use your web browser's function to switch typing direction in the new wikitext mode. This is particularly helpful for RTL language users like Urdu or Hebrew who have to write JavaScript or CSS. You can use Command+Shift+X or Control+Shift+X to trigger this. [7]
- The way to switch between the visual editing mode and the wikitext editing mode is now consistent. There is a drop-down menu that shows the two options. This is now the same in desktop and mobile web editing, and inside things that embed editing, such as Flow. [8]
- The Kategorieë item has been moved to the top of the Bladsy-instellings menu (from clicking on the "hamburger" icon) for quicker access. [9] There is also now a "Templates used on this page" feature there. [10]
- You can now create
<chem>
tags (sometimes used as<ce>
) for chemical formulas inside the visual editor. [11] - Tables can be set as collapsed or un-collapsed. [12]
- The Spesiale karakter menu now includes characters for Canadian Aboriginal Syllabics and angle quotation marks (‹› and ⟨⟩) . The team thanks the volunteer developer, Tpt. [13]
- A bug caused some section edit conflicts to blank the rest of the page. This has been fixed. The team are sorry for the disruption. [14]
- There is a new keyboard shortcut for citations:
Control
+Shift
+K
on a PC, orCommand
+Shift
+K
on a Mac. It is based on the keyboard shortcut for making links, which isControl
+K
orCommand
+K
respectively. [15]
Future changes
- The team is working on a syntax highlighting tool. It will highlight matching pairs of
<ref>
tags and other types of wikitext syntax. You will be able to turn it on and off. It will first become available in VisualEditor's built-in wikitext mode, maybe late in 2017. [16] - The kind of button used to Wys voorskou, Wys veranderings, and finish an edit will change in all WMF-supported wikitext editors. The new buttons will use OOjs UI. The buttons will be larger, brighter, and easier to read. The labels will remain the same. You can test the new button by editing a page and adding
&ooui=1
to the end of the URL, like this: https://www.mediawiki.org/wiki/Project:Sandbox?action=edit&ooui=1 The old appearance will no longer be possible, even with local CSS changes. [17] - The outdated 2006 wikitext editor will be removed later this year. It is used by approximately 0.03% of active editors. See a list of editing tools on mediawiki.org if you are uncertain which one you use. [18]
- If you aren't reading this in your preferred language, then please help us with translations! Subscribe to the Translators mailing list or contact us directly, so that we can notify you when the next issue is ready. Baie dankie!
18:05, 12 Mei 2017 (UTC)
Hoekom is hier so min artikels?
Hier is minder as 50,000 artikels vergeleke met die Nederlandse Wikipedia wat meer as 1 miljoen het. Hoekom? Eendag op 'n reëndag (kontak) 13:46, 15 Mei 2017 (UTC)
- Elkeen van daardie 44 000 artikels is deur 'n gebruiker met die hand geskryf of vertaal uit 'n ander Westerse taal, en op die oomblik het ons net sowat 12 werklik aktiewe bydraers by die af:wiki. Ons totale gebruikers ooit staan op 87 775.
- Gaan kyk na die gebruikerstatistiek, soos hoeveel mense bydra op die Nederlandse Wikipedia (839 055), dan sal jy verstaan hoekom hulle al meer as 1 miljoen artikels het. Groete tuis, --Aliwal2012 (kontak) 14:04, 15 Mei 2017 (UTC)
- Ek wil [19] gebruik om artikels uit Nederlands te vertaal. Mag ek maar? Die gehalte van die resultate lyk vir my sover aanvaarbaar. Dit verg bloot oppervlakkige proeflees. Eendag op 'n reëndag (kontak) 14:08, 15 Mei 2017 (UTC)
Eendag op 'n reëndag, hartlik welkom by ons Wikipedia. Ek hoop jy voel klaar tuis hier.
Ek wag al so lank vir hierdie vraag. Ek moet heldersiende wees.
Want ek het trouens gister vir 'n bydraer geskryf wat die stand van sake is. Tik asseblief "Gebruikerbespreking:Voyageur" by die soekhoekie in, druk Enter, en blaai tot doer onder. Jy kan die ander gesprekke ook lees, dit raak nogal baie filosofies en esoteries.
1. Niemand weet dit bestaan nie. Es existiert nicht. Onbekend is onbemind. Ek self het heel toevallig op die Afrikaanse weergawe afgekom in 2009 toe ek 'n taalskakel geklik het. Ek was glad nie beïndruk nie, en besluit: laat ek aansluit en my steentjie bydra. Die meeste mense daarbuite google (AWS vereis werkwoord moet kleinletter hê) 'n vraag. Kry hulle 'n soekresultaat in Afrikaans, is dit 'n bonus.
2. Ons is hoogstens 6 tot maksimum 9 of 12 hoogs aktiewe gebruikers (van 100 en meer wysigings, dêm, Aliwal het my voorgespring!), vergeleke met byvoorbeeld Duitsland se 3 000+. Onthou, die Afrikaanssprekendes is nie 80 miljoen mense nie. Nederlandssprekendes is wêreldwyd 20 miljoen mense, waarvan die meeste in 'n hoogs geïndustrialiseerde posseëlgrootte landjie bly met supervinnige en supertoeganklike internet.
Miskien sal jy belangstel in ons groei volgens tabelle wat die jare vir jou uitspel. Fokus veral op "Wikipedians who contributed 100 times or more in this month". Aai, baie voorspelbaar, nè?
Die vraag is waarom klein landjies soos Swede, Denemarke en Noorweë so goed vaar. Vaar hulle werklik so goed? Daar is ook die Sweedse en Nederlandse Wikipedias wat in die verlede (en selfs vandag nog) hordes eensin-artikels skep met robotte. Ons praat van 1 miljoen artikels. Moet dus jou nie laat bluf deur getalle nie.
3. Die meeste Suid-Afrikaanse gebruikers maak gebruik van selfone (derdewêreldland), soos ons besoekerstatistiek wys by Topviews. Klik op "mobile". Die mobiele Wikipedia maak dit amper onmoontlik om enige bydrae te maak. Terloops, jy sal ook sien selfs die belangrikste artikels se besoekergetalle is laag vergeleke met die Nederlandse Wikipedia en veral die Engelse s'n. Selfs die Franse Wikipedia, 'n wêreldtaal, se besoektal is die helfte van die Duitsers s'n. Party lande is net meer welvarender as ander. En verder weet jy is die internet in Suid-Afrika buitensporig duur. Doen jouself 'n guns en vergelyk maar die Afrikaanse soekresultate by Google Trends met die Engelse soekresultate - wat kry jy?
Ook kan jy gaan kyk na https://stats.wikimedia.org/EN/SummaryAF.htm, en vergelyk dit gerus met 'n Duitse dialek soos Alemannies en Beiers met min of meer dieselfde aantal sprekers as Afrikaans. Wie vaar die beste, lei jy af?
Selfs die hele Suid-Afrikaanse Wikipediasoektogte in elke taal is buitensporig minder as die res van die wêreld, kyk selfs na Engels met 'n skamele 44 000 bladtrekke per uur - kyk hier. Verwag dus 'n wonderwerk as die aantal artikels soortgelyk aan Nederland s'n moet lyk. Om te lees is een ding, om by te dra 'n ander.
Maar moenie kom kommer nie, jy kan ook by Wikipedia Statistics kyk hoe lyk die res van die wêreld s'n. Jy sal uitvind Afrikaans is 'n inheemse taal uit Afrika wat tot dusver die beste vorder, hoewel Egiptiese Arabies binnekort daardie posisie gaan inneem, omdat ons van 76 miljoen mense praat wat die taal moontlik magtig is.
Soos Aliwal gesê het (ek gee maar net vir Reëndag die bewyse, hoor), het meer as 87 781 mense van regoor die wêreld by die Afrikaanse Wikipedia al registreer, of een keer 'n artikel begin of gewysig, maar weet nie wat om te doen nie.
4. Ons het regtig 'n tekort aan bronne.
Kennis en inligting val nie uit die lug nie. As jy so dink, drink 'n eenhoring tans in jou badkamer water - gaan kyk gou.
Verkies jy om artikels uit ander tale te vertaal, of om jou eie navorsing te doen, of beide? Persoonlik verkies ek laasgenoemde opsie - dieselfde as Voyageur. Morné baan weer sy eie weg oop met die kerkgeskiedenis (om sy eie navorsing te doen), wat ek verwelkom. As mense agterkom die inligting verskil van die Engelse Wikipedia s'n, sal hul meer geneig wees om daardie webwerf ter aanvulling te besoek. Andersins vertaal ek uit vreemde akademiese tale, wat ander gesigspunte bied, aangesien die meerderheid Suid-Afrikaners nie vlot in 'n taal soos Frans (wat ek nou eers leer)/Duits (wat ek goed kan lees)/Russies (waarin ek nie meer belangstel nie) en selfs, wil jy glo, Nederlands kan lees nie. Dié rede geld presies as die vorige: verskillende inligting = groter toename van nie-Afrikaanse sprekers wat Afrikaanse bronne besoek.
Die meerderheid verkies om Engelse artikels te vertaal, bloot omdat dit vinniger is, die bronne hopelik reeds nagegaan is, meer lesers meer kritiek oor die Engelse bladinligting lug, ens. Party gebruikers wil net die werk wat op die Engelse Wikipedia is kant en klaar vertaal hê, sodat die leser dit nie hoef te doen nie. Tyd word sodoende bespaar.
Die probleem wat toenemend sy kop egter uitsteek is die openlike vyandigheid teenoor die Afrikaanse kultuur (segswyses, idiome, sinsnedes, herkoms, ens.), maar ook die letterlike vertalings, "lost in translation" of Hineininterpretierung. Dikwels word artikels "klakkeloos" vertaal sonder om die Afrikaanse leser hoegenaamd in ag te neem, die bronteks word foutief interpreteer, asof ons deel is van die Amerikaanse/Engelse/Australiese/Kanadese kultuur. Een voorbeeld is, moet ek ongelukkig nou aanhaal - nepotisme. Daar is byvoorbeeld nêrens gestel hoe hierdie woord in Afrikaans beland het via Nederlands/Duits/Frans nie. Wel hoe dit in Engels beland het, want jy raadpleeg mos 'n Engelse woordeboek. So kry mens ook by Dene en Deens die absurde aanstuuronderskrifte wat mens by Danish (people) en Danish (language) sal vind. Die Afrikaanse woorde onderskei immers tussen die volk en taal!
As jy wel gestel het of jy jou eie navorsing doen, wat gebruik jy wat vir ander mense ook toeganklik is?
Ek maak ten eerste gebruik van Archive.org. Dit werk vinniger as die Google Books se gratis beskikbare bronne waarvoor jy elke keer 'n hinderlike eCaptcha moet antwoord. Ek maak ook van verskeie Universiteite se databanke gebruik (ek moet trouens meer van Duitse en Nederlandse universiteite gebruik maak), etymologiebank.nl, dbnl.nl, NWU se "Africana", Unisa se "Africana", ens. Dikwels sal Google Scholar hier veel vinniger werk. Ek maak gebruik van die Wes-Kaapse biblioteek (by hierdie blad kry jy die skakels) om gedrukte kopieë in die hande te kry. Ek besoek die Wes-Kaapse Owerheid se Kaapse bibliotekaris/Cape Librarian-webwerf. Ek probeer waar moontlik nie resensies en replieke te weier nie, selfs nie eens poniekoerante s'n nie, maar stip hulle chronologies onder mekaar. Die leser moet maar self besluit wat hy daarmee wil maak. In die biblioteke sal jy ook dikwels tydskrifte kry soos DeKat of verskeie dagblaaie waardeur jy vinnig kan blaai, veral as jy vooraf die titelname en uitgawenommer ken, soos jy natuurlik in die bibliografie van boeke sal vind. DeKat en die ATKV se Taalgenoot het soms juweelstukkies wat ensiklopedies geweldig relevant is - soos verkope by die rolprentloket, rondom oorklanking, rondom vertalings, rondom boekverkope. Harde, konkrete feite. Alles gaan natuurlik afhang hoe kundig die skrywer of die persoon is met wie 'n onderhoud gevoer word. En die vrae wat gestel word.
Tans het ek nog toegang tot Sabinet se vaktydskrifartikels (agter slot en grendel vir diegene wat geen universiteitstudent is nie), om nou my eie vraag te omseil, hoewel ek dink my uurglas daar uitloop - ek is immers nie meer student nie. Ek besoek ook sekere "biblioteekwebwerwe" om veral buitelandse bronne in die hande te kry. Daar is wel vaktydskrifte wat gratis en toeganklik is soos Literator, die Suid-Afrikaanse Mediese Joernaal ens.
En verder is die Afrikaanse kwaliteitmedia ook vir die meeste sprekers agter slot en grendel - Afrikaans is 'n taal wat geld kos. Dit is die taal vir die superkapitalis. $$$$$$$. As jy die Susterkoerante se argief wil hê, moet jy of 'n universiteitstudent wees (wat via Sabinet artikels kan bykom), of Netwerk24 betaal. Jou keuse. Die res van die Afrikaanse populêre media word op neergesien (wel, dis 'n feit).
As jy vertaal, watter hulpmiddele gebruik jy?
Ek wil jou net daarop wys dat die laaste lywige vreemdtalige woordeboek, as jy Engels ignoreer, in 1983 laas geskrywe en op groot skaal uitgegee is. Dit was die Duitse woordeboek. Jy kan meer gaan lees by Lys van gedrukte Afrikaans-vreemdtalige woordeboeke. Baie insiggewend. Die Japannese woordeboek vorder wel - maar hoeveel mense ken jy wat Japannees in hul slaap kan opsê?
Ek voel selfs die jongste Engels-Afrikaanse tweetalige woordeboeke is eintlik verouderd en ontoereikend, omdat daar geen vakgerigte woordeskat is in byvoorbeeld die gevorderde taalkunde nie, byvoorbeeld sametrekkingsteken wat mens maar uit die Latyn moet raai. Laat staan nog as mens die Engelse koninkryk verlaat! Dan moet jy maar 'n Frans-Hollandse woordeboek nadertrek, of by Archive.org gaan aftrek, want om van Frans na Engels na Afrikaans oor te vertaal is 'n omslagtige proses. En gou besef jy ook hoe belangrik 'n ordentlike woordeboek is: Uit Frans word professions intermédiaires in Engels as intermediary professions vertaal. Het jy enige idee wat dit beteken? Nee. Dit is niksseggend. Gebruik jy 'n Nederlandse woordeboek (linguee.nl) is jy veel nader aan die waarheid: tegniese beroepe. Reguit geskryf. Die aansien van onderwysers is in Frankryk vandag nog hoog, maar beslis minder hier in Suid-Afrika. Hierdie Franse indeling is vir my geweldig agterhaald uit die Victoriaanse tydperk, want ons almal weet die tegniese ou se waarde het juis vandag sterker geword soos die massa-emigrasie en kundigheidsverlies in Suid-Afrika toegeneem het. Ook het tegnologie 'n enorme alledaagse rol begin vervul. Jy kan nie die twee wêrelde hoegenaamd met mekaar vergelyk nie.
Pharos se Nuwe Woorde (1999) help soms om die 1990's se taalgebruik vas te gryp, hoewel dit eintlik baie klewerig aan die Engels is. Ek versamel vakwoordeboeke by die hope - verouderd en splinternuut. Die ouer WAT het onder andere nog gekyk na taalbegrippe vir Latynstudente, wat by die nuwe weergawes heeltemal verwaarloos is, net soos Hebreeuse terminologie wat in die eerste Afrikaanse Bybels en teologie genoem word ook verwaarloos is. Laat staan nog Arabies en Sanskrit. Die plantname wat orals oorvleuel met talle spesies is 'n probleem wat reeds in Afrikaanse etimologieë van 1967 bespreek is - en nog is die probleem nie uitgeklaar nie.
Ek word so te sê gedwing om na die Duitse en Nederlandse bronne te kyk. Die Franse bronne is self ook goed. Deense, Sweedse en Noorse bronne het dikwels betaalmure op, hoewel die verhandelings wissel tussen ruim omvattend tot 'n bekrompe uitsig. Baie Duitse bronne is weer gratis, maar baie afgestudeerde studente verkoop hulle verhandelings, referate en proefskrifte, wat die vloei van die inligting vertraag. Ek versamel ook terminologie en sinsbou uit sekondêre bronne soos horingou studiegidse of leerboekies. Die Frans-Engelse Google Translate is nogal verbasend puik, hoewel ek tog linguee.fr en linguee.nl en linguee.de sal inspan ter kontrolering. Hier het jy reeds voorbeelde van vertaalde tekste uit die Europese Unie. En verder is daar mos Wikipediagebruikers wat gewillig of langtand sal instem om my vertaling te proeflees - as hulle kennis op hierdie gebied het. As niemand bereidwillig is nie, is daar altyd die kontakte by ander Wikipedias wat meer as bereid is om 'n outjie uit 'n derdewêreldland te help.
Ek maak egter selde, indien ooit, gebruik van die vergelyking van literêre vertalings, soos Tirza in Nederlands en Afrikaans.
Het jy nog enige vrae?
O ja, jy kan maar na hartelus uit die Nederlandse Wikipedia vertaal, hoor. Soos jy sal uit die Statistiekblad sal agterkom, lees niemand in Suid-Afrika die Nederlandse blaaie nie. Trouens, selfs in Nederland se kroonjuweel, Indonesië, het Nederlands heeltemal ophou bestaan. Daar is geen belangstelling nie. Buitekant Europa en Amerika het Afrikaans reggekry wat Nederlands eenvoudig nie kon nie. Maar pas tog op vir Valse vriende. Hulle is betreklik volop. Suidpunt (kontak) 15:31, 15 Mei 2017 (UTC)
- Dankie vir hierdie verklarings Suidpunt. Sien sake nou baie duideliker. Elke bydraer tot Afrikaanse wikipedia inderdaad onvervangbaar. Minder as 'n dosyn aktiewe gebruikers, kan jy glo. En sommige daarvan is mense wat vir Afrikaans omgee, en dit nie as moedertaal het nie. Ek sien nou en dan dames wat ook bydra. Baie verfrissend om hulle bydraes te sien. Miskien het ons mense ook 'n probleem met die creative commons lisensie, verstaan dit nie, of het nie waardering daarvoor nie. Onkunde ja, minagting van kennis en intellektuele ingesteldheid ja, en sommige mense lees nie eens nie, of lees facebook. Ek verwonder my nog dat meer onderwysers en opvoeders nie bydra nie. Hulle kan tog artikels opstel wat vir hulle leerlinge besonder nuttig sal wees. Ook as hierdie mense aftree behoort dit tog 'n vervullende tydverdryf te wees. 'n Terugploeg van jou taalvaardigheid, kennis en talente. JMK (kontak) 22:04, 27 Mei 2017 (UTC)
Prototype for editing Wikidata infoboxes on Wikipedia
Hello,
I’m sorry for writing in English. It’d be great if someone could translate this message if necessary.
One of the most requested features for Wikidata is to enable editing of Wikidata’s data directly from Wikipedia, so the editors can continue their workflow without switching websites.
The Wikidata development team has been working on a tool to achieve this goal: fill and edit the Wikipedia infoboxes with information from Wikidata, directly on Wikipedia, via the Visual Editor.
We already asked for feedback in 2015, and collected some interesting ideas which we shared with you in this thesis. Now we would like to present to you our first prototype and collect your feedback, in order to improve and continue the development of this feature.
We present this work to you very early, so we can include your feedback before and all along the development. You are the core users of this feature, so we want to make sure that it fits your needs and editing processes.
You will find the prototype, description of the features, and a demo video, on this page. Feel free to add any comment or feedback on the talk page. The page is currently not translated in every languages, but you can add your contribution by helping to translate it.
Unfortunately, I won’t be able to follow all the discussions on Wikipedia, so if you want to be sure that your feedback is read, please add it on the Wikidata page, in your favorite language. Thanks for your understanding.
Thanks, Lea Lacroix (WMDE)
RevisionSlider
The Wikimedia movement strategy core team and working groups have completed reviewing the more than 1800 thematic statements we received from the first discussion. They have identified 5 themes that were consistent across all the conversations - each with their own set of sub-themes. These are not the final themes, just an initial working draft of the core concepts.
You are invited to join the online and offline discussions taking place on these 5 themes. This round of discussions will take place between now and June 12th. You can discuss as many as you like; we ask you to participate in the ones that are most (or least) important to you.
Here are the five themes, each has a page on Meta-Wiki with more information about the theme and how to participate in that theme's discussion:
- Healthy, Inclusive Communities
- The Augmented Age
- A Truly Global Movement
- The Most Respected Source of Knowledge
- Engaging in the Knowledge Ecosystem
On the movement strategy portal on Meta-Wiki, you can find more information about each of these themes, their discussions, and how to participate.
Posted by MediaWiki message delivery on behalf of the Wikimedia Foundation • Help met die vertaal na uw taal • Get help21:09, 16 Mei 2017 (UTC)
New notification when a page is connected to Wikidata
Hello all,
(Help met die vertaal na uw taal)
The Wikidata development team is about to deploy a new feature on all Wikipedias. It is a new type of notification (via Echo, the notification system you see at the top right of your wiki when you are logged in), that will inform the creator of a page, when this page is connected to a Wikidata item.
You may know that Wikidata provides a centralized system for all the interwikilinks. When a new page is created, it should be connected to the corresponding Wikidata item, by modifying this Wikidata item. With this new notification, editors creating pages will be informed when another editor connects this page to Wikidata.
This feature will be deployed on May 30th on all the Wikipedias, excepting English, French and German. This feature will be disable by default for existing editors, and enabled by default for new editors.
This is the first step of the deployments, the Wikipedias and other Wikimedia projects will follow in the next months.
If you have any question, suggestion, please let me know by pinging me. You can also follow and leave a comment on the Phabricator ticket.
Thanks go to Matěj Suchánek who developed this feature!
Baie dankie! Lea Lacroix (WMDE) (talk)
Gemors in werfkennisgewing
Ek sien pas 'n gemorsplasing in die vertaling van die werfkennisgewing. Ek het dit nou reggestel. Ek sien nie meer hierdie kennisgewing nie, dus weet ek nie of ander dit steeds gaan teëkom nie. Dit skep nogal 'n slegte indruk, sou ek sê. Weet iemand van 'n manier om die opneem daarvan te versnel? Moet die vertaling gekontroleer word, of hoe werk dit? Reeds opgelos? Groete, Alias (kontak) 19:32, 17 Mei 2017 (UTC)
- Ek sien steeds die gemors op meta.wikipedia.org. Enige voorstelle? --Alias (kontak) 19:37, 17 Mei 2017 (UTC)
- Kan jy dalk 'n skermgreep op Imgur deel sodat ek kan sien wat jy sien? Adriaan Joubert (kontak) 13:59, 18 Mei 2017 (UTC)
- Ek sien dit nie konsekwent nie, maar het dit pas weer op meta.wikipedia.org gesien. https://imgur.com/a/mQVJj --Alias (kontak) 19:01, 18 Mei 2017 (UTC)
- Ek het dit nou weer op af.wikiquote.org gesien. Ek sien dit net as ek aangemeld is. --Alias (kontak) 18:15, 24 Mei 2017 (UTC)
- Hi Alias, ek het wat jy gesien het gister op Wikipedia en Wikiquote gesien. Ek het gaan kyk by Wikimedia waar die boodskap vertaal word, maar ek kon nog nie opspoor waar die irrelevante inligting oor een of ander oliekatastrofe vandaan kom nie. Ek sal die situasie aanhou monitor. Terloops, wanneer kom help jy 'n bietjie daar by Wikiquote soos jy oorspronklik hier by Wikipedia gehelp het om dinge aan die gang te bring? Adriaan Joubert (kontak) 19:24, 24 Mei 2017 (UTC)
- Hallo Adriaan. Die oliegoeters is weens 'n gemorsvertaling van die werfkennisgewing. Sien die wysiging wat ek hier gemaak het in my poging om dit reg te maak: https://meta.wikimedia.org/w/index.php?title=CNBanner:Strategy2030_Cycle2-text1/af&diff=16777202&oldid=16760007 . Dít is hoekom dit aanvanklik gebeur het, soos ek dit verstaan. Hoekom dit 'n week na die tyd steeds wys, is vir my 'n misterie. --Alias (kontak) 06:18, 25 Mei 2017 (UTC)
- Is daar enige ander plek waar die olieteks moontlik nog in bronteks verskyn? (Dit is moontlik op meer as een plek ingevoeg). Adriaan Joubert (kontak) 10:07, 25 Mei 2017 (UTC)
Hi, you are invited to participate in the discussion on the proposal to make a banner through m: centralnotice to inform more people around the world about what the Turkish government has done about Wikipedia, ie all the language versions of Wikipedia are You are obscured, so in Turkey it is impossible to view the * .wikipedia.org site. To hope that the Turkish government will remove the block, it is necessary to raise awareness of this fact around the world because it is important to succeed in this mission because Wikipedia can not be seen in Turkey. With this message also for those interested, I invite him to sign the Wikimedian appeal. If you have any questions or questions do not hesitate to contact me. Thanks best regards. --Samuele2002 (Talk!) 20:43, 17 Mei 2017 (UTC)
Hoe translitereer 'n mens Sun Tzu na Afrikaans?
Ek neem waar dat dit Sunzi in beide Nederlands en Duits is, en my woordeboek en AWS aanlyn lewer geen resultate nie. Anoniem202 (kontak) 15:57, 18 Mei 2017 (UTC)
- Ek is nie 'n taalkenner nie, die taalgurus sal dalk beter kan antwoord, maar in my opinie bly dit Sun Tzu, want dit is sy naam. Net soos Cat Stevens nie Kat Stefaans word nie, want dis 'n naam. Ek mag dalk verkeerd wees :) Ossewa (kontak) 16:19, 18 Mei 2017 (UTC)
- Sun Zi of Sunzi is Pinyin. Sun Tzu is die ouer Wade-Giles-transliterasie. Ek sou gaan met Sunzi, maar ek weet nie hoekom dit een woord is nie. Winston (kontak) 16:35, 18 Mei 2017 (UTC)
- Dankie, julle! Ek verafstand my dus van die vraag oor watter vorm die gebruiklikste is in Afrikaans deur die artikel oor hom by Sunzi te begin, na aanleiding van die Nederlands en Duits. Nog 'n vraag: hoe translitereer 'n mens sy stylnaam, wat Changqing in Engels is? Anoniem202 (kontak) 19:45, 19 Mei 2017 (UTC)
Londense Tower
Kan ons asb. ophou om die naam hierbo in artikels na Toring van Londen te verander totdat uitsluitsel gekry is oor wat die regte naam is? Sien Bespreking:Toring van Londen. Winston (kontak) 17:46, 19 Mei 2017 (UTC)
- Jammer, dis seker al weer ek (die "ons" wat jy hierbo noem)! Ek het nou eers jou wens/aanbeveling hier gelees nadat ek in die dik geskrifte van Engeland se koningsgeskiedenis vasgevang was, sorry Winston! --Aliwal2012 (kontak) 18:17, 19 Mei 2017 (UTC)
- Pharos gee Londense Tower aan en 'n lid van die Taalkommissie wat ek gevra het, sê dis die regte vorm. Ek weet dit klink vir mense snaaks, maar dit is hoe dit amptelik in Afrikaans bekend staan. Winston (kontak) 18:25, 19 Mei 2017 (UTC)
- Moet dit regtig vertaal word, kan dit nie maar net Tower of London bly soos by die Nederlandse en Duitse Wiki's nie? Groete Ossewa (kontak) 07:16, 20 Mei 2017 (UTC)
- Die term "Tower" het in baie tale al só ingeburger geraak dat albei keuses, vertaling of volledige Engelse naam, aanvaarbaar sou wees. In Duitse tekste kom benamings soos Londoner Tower net soos Tower of London voor. In Frans is - om historiese redes en as 'n uitsondering - slegs Tour de Londres aanvaarbaar. Vir minder bekende burge/kastele in Engels-, Duits- en Franssprekende gebiede het ek byvoorbeeld al begin om die inheemse name onvertaald hier in Afrikaans oor te neem. Dit is myns aansiens aanvaarbaar in 'n taalgebied waar 'n betreklike groot deel van die bevolking van Franse of Duitse afkoms is en Franse of Duitse voorname/vanne dra. Ons leef meertaligheid. --Voyageur (kontak) 12:16, 21 Mei 2017 (UTC)
- Ek het kommentaar gelewer by bespreking:Londense Tower - ek het dalk die affêre begin, en sien nou ook die gesprek hier. Dankie vir die opmerking, Voyageur. Dit klink half oortuigend, alhoewel ek sterk twyfel of dit in Afrikaans ingeburger is. Met die verwysings uit die woordeboek, probeer ek my kommentaar in te perk, maar die aanvanklike indruk wat dit by my geskep het was nie een van verbasing oor die rykheid van veeltaligheid in die wêreld nie, maar van 'n blaps wat ek onmiddellik moes regstel. Ek raai heelwat lesers gaan die selfde gevoel kry, en dalk moet ons ten minste die lesers se wrang indruk probeer bestuur. Weens geografiese afstand is die toring, jammer, tower, dalk ook nie só bekend in die Afrikaanse gemeenskap soos by die Duitsers nie. Tradisioneel het Afrikaanssprekendes ook nie die selfde ingesteldheid teenoor Engels nie, en dit moet ons ook dalk in ag neem. --Alias (kontak) 19:14, 22 Mei 2017 (UTC)
- Die term "Tower" het in baie tale al só ingeburger geraak dat albei keuses, vertaling of volledige Engelse naam, aanvaarbaar sou wees. In Duitse tekste kom benamings soos Londoner Tower net soos Tower of London voor. In Frans is - om historiese redes en as 'n uitsondering - slegs Tour de Londres aanvaarbaar. Vir minder bekende burge/kastele in Engels-, Duits- en Franssprekende gebiede het ek byvoorbeeld al begin om die inheemse name onvertaald hier in Afrikaans oor te neem. Dit is myns aansiens aanvaarbaar in 'n taalgebied waar 'n betreklike groot deel van die bevolking van Franse of Duitse afkoms is en Franse of Duitse voorname/vanne dra. Ons leef meertaligheid. --Voyageur (kontak) 12:16, 21 Mei 2017 (UTC)
- Moet dit regtig vertaal word, kan dit nie maar net Tower of London bly soos by die Nederlandse en Duitse Wiki's nie? Groete Ossewa (kontak) 07:16, 20 Mei 2017 (UTC)
- Pharos gee Londense Tower aan en 'n lid van die Taalkommissie wat ek gevra het, sê dis die regte vorm. Ek weet dit klink vir mense snaaks, maar dit is hoe dit amptelik in Afrikaans bekend staan. Winston (kontak) 18:25, 19 Mei 2017 (UTC)
Vier fees saam met oesjaar....
Vandag, 'n jaar terug het ek my hartaanval gehad met gevolglike dubbele omleiding! Ek is net uiters dankbaar dat ek nog met julle is en nog kan tik! Groete! Oesjaar (kontak) 09:12, 20 Mei 2017 (UTC)
- Ek is uiters dankbaar dat jy nog onder ons is en skryf! Jou besoek aan Berlyn is nou meer as een jaar terug en dit sal gaaf wees, indien jy eendag weer Duitsland kan besoek. Groete. -- SpesBona 20:40, 20 Mei 2017 (UTC)
- As ek weer kom bring ek vir jou 'n HAT saam! Groete! Oesjaar (kontak) 20:54, 20 Mei 2017 (UTC)
- Bly dat jy nog aktief is op die Wiki, en beste wense vir jou. Hoop om nog baie van jou artikels hier te sien. Groete Ossewa (kontak) 06:37, 21 Mei 2017 (UTC)
- As ek weer kom bring ek vir jou 'n HAT saam! Groete! Oesjaar (kontak) 20:54, 20 Mei 2017 (UTC)
- Sterkte met jou gesondheid, Oesjaar, en dankie vir al jou bydraes! Adriaan Joubert (kontak) 07:22, 22 Mei 2017 (UTC)
Wikilinks
Julle moet meer skakels maak as julle meer klieks wil kry. 196.209.234.26 18:26, 20 Mei 2017 (UTC)
...en julle kort meer basiese definisies
'n Ensiklopedie benodig deurgaans bondige artikels wat belangrike terme kortliks definieer sodat 'n leser belangrikke begrippe ook op die Afrikaanse Wikipedia opsoek en nie eerder na die Engelse een oorslaan en dan daar bly nie. 196.209.234.26 18:32, 20 Mei 2017 (UTC)
- En jy is so slim, jy weet presies wat "julle" moet doen. Hoekom kry jy nie vir jou 'n aanmeldnaam nie, dan kan jy deel van "ons" word. Winston (kontak) 19:26, 20 Mei 2017 (UTC)
- Waarom so vyandig? 196.209.234.26 19:27, 20 Mei 2017 (UTC)
- Op hierdie blad kommunikeer die gemeenskap met mekaar met gebruikersname. Groete! Oesjaar (kontak) 19:32, 20 Mei 2017 (UTC)
- Hier is 'n handjie vol mense wat jare lank al elke dag hul vrye tyd hier bestee om hierdie Wikipedia uit te brei en te verbeter. Ons is nie dom nie, ons weet wat nodig is, maar daar is nie genoeg mense met kennis om alles te doen nie. En ek bedoel met kennis, ek bedoel nie dat mense net hier moet inval en goed verander soos hulle dit wil hê soos wat jy doen nie. Winston (kontak) 19:34, 20 Mei 2017 (UTC)
- Julle weet nie wat julle doen nie, want julle vervreem nuwelinge en julle gebruik nie genoeg skakels nie en julle skep nie genoeg saadjies nie. 196.209.234.26 19:38, 20 Mei 2017 (UTC)
- Hoekom skep ons nie genoeg saadjies nie?! Ons kies kwaliteit bo kwantiteit. Sal ons nou 100 saadjies soos St. Gallen skep? Wil jy ons lesers nader aan die Engelse Wikipedia met meer inhoud bring? Dit kos baie tyd om artikels op datum te bring en nuttige artikels te skryf. Ons het nie 1 000 000 artikels nodig nie. Groete. -- SpesBona 19:45, 20 Mei 2017 (UTC)
- Sou jy verkies dat 'n Afrikaanssprekende wat op hierdie projek na St. Gallen soek geen resultaat kry nie? Ek stem nie met hierdie benadering saam nie. As julle geweet het wat julle doen, sou hierdie projek lank reeds 1 miljoen artikels gehad het. 196.209.234.26 19:47, 20 Mei 2017 (UTC)
- Sou jy verkies dat 'n Afrikaanssprekende net die een sin vind wat jy in die artikel geplaas het? Hoekom sal hy dan die Afrikaanse artikel lees en nie die Duitse of Engelse een nie? Al die groot Wikipedias met 'n natuurlike groei het baie meer gebruikers! Groete. -- SpesBona 19:55, 20 Mei 2017 (UTC)
Nie alle lesers is noodwendig op soek na die volledige artikel nie. 'n Ensiklopedie bevat bondige artikels wat rondom belangrike onderwerpe geskryf word sodat die leser 'n beter begrip kan kry. Christiaan Human (kontak) 20:02, 20 Mei 2017 (UTC)
- Almal is vrywilligers op hierdie Wiki en na 9 jaar, 4536 artikels en 82000+ redigeerpogings later word ek al moeg vir al die slimjanne wat net wil probeer bestuur maar niks eintlik bydra in terme van artikels nie. Ons het lankal besluit dat ons kwaliteit bo kwantiteit verkies. Oesjaar (kontak) 20:06, 20 Mei 2017 (UTC)
- Kyk nee, as ons nuwe mense so vriendelik ontvang soos in hierdie geval, kan ons maar ophou skryf. AHB (kontak) 07:09, 21 Mei 2017 (UTC)
- Kyk gerus na sy geskiedenis en die nonsens wat hy aangejaag het. Hy maak net links en regs veranderings aan artikels. Dan moet ander mense dit gaan regmaak, en dan rol hy die foute net weer terug. Winston (kontak) 07:40, 21 Mei 2017 (UTC)
- Ons kan maar ophou skryf, indien daar nou nog tientalle saadjies geskep word, wat ons kwaliteit afskeur. Dit neem net 'n paar sekondes, om sulke saadjies te skep, maar die uitbreiding daarvan kos baie tyd wat vir ander projekte hier gebruik kan word. Dis net die ou gebruikers wat sulke saadjies uitbrei. Maar wie help ons nou met al die gaan taal na-artikels en die bladsye wat vertaal moet word wat steeds groei? Groete. -- SpesBona 08:35, 21 Mei 2017 (UTC)
- Ek dink ons moet eerder nuwe gebruikers wat saadjies wil skep verwelkom. Toe ek op die af:wiki begin het, het ek maar met saadjies en kort artikels begin, en baie foute gemaak (en maak nog steeds baie foute, en skep ook nog saadjies). Vir my is dit verkeerd om nuwe gebruikers af te raai om saadjies te skep, net omdat die ouer gebruikers besluit het dat dit nie kwaliteit is nie. Ons moet hulle eerder aanmoedig om aan te hou om deel te neem, al is dit ook met kort saadjie-artikels. Dié wat dan werklik belangstel sal wel later gewoond raak aan die ding, en hopelik meer aan die kwaliteit van artikels bydra. Die ouer gebruikers kan help om saadjies uit te brei, en die nuwe gebruikers raad gee. Ouer gebruikers behoort nie vies te raak waneer saadjies nie op standaard is nie, dit is tog immers 'n saadjie wat nog verbeter moet word, iemand sal dit wel later doen. Wanneer ons nuwe gebruikers (en hul saadjies) verwelkom, sal die aantal gebruikers toeneem, en daar sal later meer "kwaliteit" gebruikers wees, maar as ons hulle wegjaag, dan sal daar later net ou gebruikers wees wat kla oor die kwaliteit, en oor hulle nie tyd het om alles te hanteer nie. Groete Ossewa (kontak) 10:10, 21 Mei 2017 (UTC)
Voorbladartikel
Wat is die blad se naam nou weer waar voorstelle vir nuwe voorbladartikels gedoen kan word? Groete! Oesjaar (kontak) 20:13, 20 Mei 2017 (UTC)
- Die ou Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad? Groete. -- SpesBona 20:30, 20 Mei 2017 (UTC)
- Die ou? Wat is die nuwe of gebruik ons dit nie meer nie? Groete1 Oesjaar (kontak) 20:55, 20 Mei 2017 (UTC)
- Dis steeds ons amptelike bladsy vir nuwe voorbladartikels, maar dis tans rustig daar, in 2017. Groete. -- SpesBona 21:05, 20 Mei 2017 (UTC)
WhatsApp-groep
Ek het onlangs 'n WhatsApp-groep begin waarheen ek Afrikaanssprekende mense genooi het wat ek dink in die idee van Wikipedia in Afrikaans belang stel. Ek moedig hulle aan om bydraes te maak en die meeste lede tot dusver is universiteitstudente. Op die oog af lyk dit asof my aanmoedigings reeds tot 'n paar nuwe belangstellendes gelei het. Ek nooi graag die ervare bydraers uit om aan te sluit by ons WhatsApp-groep indien julle belang stel om met mense wat nie noodwendig met Wikipedia vertroud is nie, maar wat wel daarin belang stel, te gesels. WhatsApp is 'n maklike manier van kommunikeer en dit lyk asof dit in gewildheid net toeneem, en ek dink dit is 'n belangrike faset van die uitbreiding van die Afrikaanse Wikipedia om op alle sosiale media 'n teenwoordigheid te hê. Daar is reeds 'n groep op Facebook wat deur Hugo Barnard bestuur word.[20] Nes die Facebook-groep is die WhatsApp-groep natuurlik onafhanklik van enige amptelike stigtings. Diegene wat belang stel om bygevoeg te word, moet asb. aan my 'n e-pos stuur met hul selfoonnommers. Indien die boodskappe te veel raak, maak gewoon die groep stil sodat jy nie kennisgewings van nuwe boodskappe ontvang nie (ek kan jou hiermee help indien jy vashaak). En indien dit steeds nie jou interesseer nie, kan jy altyd die groep verlaat, maar ek moedig almal aan om ten minste aan te sluit en saam te breinstoei om te kyk of dit iets is wat kan werk. En dan aan die wat aansluit wil ek vra om ook ander te nooi wat moontlik sou belang stel en wat saam wil gesels. Groete. Adriaan Joubert (kontak) 11:20, 22 Mei 2017 (UTC)
- Ek het vergeet om te noem, maar ek het dit ook aan die WhatsApp-groeplede genoem: ek wil hê dat ons die aantal gebruikers met meer as 100 bydraes vir Mei op 15 te staan bring. Dink julle so 'n doelwit is haalbaar? In Maart 2017 was daar agt sulke gebruikers.[21] Adriaan Joubert (kontak) 11:33, 22 Mei 2017 (UTC)
- Daar is baie meer as 8 mense wat meer as 100 artikels bygedra het. Bedoel jy 1000 of 100 per maand? Daar is ongelukkig nie te veel aksie op die Afr Facebook nie, het dit maar op myself geneem om weekliks te meld wat die nuwe voorbladartikel is. Soms plaas ek ook verwysing na 'n interessante artikel daar. Die ledetal het darem begin groei en daar is tans 324 of so iets. Groete! Oesjaar (kontak) 12:21, 22 Mei 2017 (UTC)
- Hi Oesjaar, nee, ek bedoel daar was 8 gebruikers wat in Maart meer as 100 bydraes gemaak het. M.i. skep hierdie statistiek 'n goeie indruk van hoeveel aktiewe gebruikers daar op die projek is. Ek noem maar net Maart se statistiek omdat dit die mees onlangse statistiek is wat beskikbaar is op [22]. Die syfer staan sedert Januarie 2017 op 8 en dit was die afgelope paar maande by tye 12. Dus glo ek 15 is 'n haalbare mikpunt vir Mei 2017. Gaan jy by ons WhatsApp-groep aansluit? Adriaan Joubert (kontak) 12:30, 22 Mei 2017 (UTC)
'n Kategorie vir terreuraanvalle
Ek wil graag 'n kategorie begin sodat ons terreuraanvalle kan groepeer. Wat is die korrekte benaming vir hierdie tipe aanvalle? Ek het spesifiek die tipe aanvalle wat deur Islamitiese ekstremiste uitgevoer word in gedagte. Sal 'n mens dus daarna verwys as terreuraanvalle of terrorisme-aanvalle? Wat is die verskil? Suidpunt, kan jy inset lewer? Ook, onder watter kategorie moet bg. kategorie ingesluit word as 'n subkategorie? Adriaan Joubert (kontak) 11:00, 23 Mei 2017 (UTC)
- Ek sien Netwerk24 maak gebruik van die term terreuraanval. Adriaan Joubert (kontak) 11:00, 23 Mei 2017 (UTC)
- Terreuraanvalle klink reg, en dit kan 'n subkategorie wees van Kategorie:Terrorisme. Winston (kontak) 15:08, 23 Mei 2017 (UTC)
On behalf of the Wikimedia Foundation Elections Committee, we are pleased to announce that self-nominations are being accepted for the 2017 Wikimedia Foundation Funds Dissemination Committee and Funds Dissemination Committee Ombudsperson elections. Please read the letter from the Wikimedia Foundation calling for candidates at on the 2017 Wikimedia Foundation elections portal.
Funds Dissemination Committee
The Funds Dissemination Committee (FDC) makes recommendations about how to allocate Wikimedia movement funds to eligible entities. There are five positions being filled. More information about this role can be found at the FDC elections page.
Funds Dissemination Committee Ombudsperson
The Funds Dissemination Committee Ombudsperson receives complaints and feedback about the FDC process, investigates complaints at the request of the Board of Trustees, and summarizes the investigations and feedback for the Board of Trustees on an annual basis. One position is being filled. More information about this role can be found at the FDC Ombudsperson elections page.
The candidacy submission phase will last until May 28 (23:59 UTC).
We will also be accepting questions to ask the candidates until May 28. You can submit your questions on Meta-Wiki. Once the questions submission period has ended on May 28, the Elections Committee will then collate the questions for the candidates to respond to.
The goal of this process is to fill the five community-selected seats on the Wikimedia Foundation Funds Dissemination Committee and the community-selected ombudsperson. The election results will be used by the Board itself to make the appointments.
The full schedule for the FDC elections is as follows. All dates are inclusive, that is, from the beginning of the first day (UTC) to the end of the last.
- May 15 (00:00 UTC) – May 28 (23:59 UTC) – Nominations
- May 15 – May 28 – Candidates questions submission period
- May 29 – June 2 – Candidates answer questions
- June 3 – June 11 – Voting period
- June 12–14 – Vote checking
- June 15 – Goal date for announcing election results
More information on this year's elections can be found at the 2017 Wikimedia Foundation elections portal.
Please feel free to post a note about the election on your project's village pump. Any questions related to the election can be posted on the talk page on Meta-Wiki, or sent to the election committee's mailing list, board-elections wikimedia.org.
On behalf of the Election Committee,
Katie Chan, Chair, Wikimedia Foundation Elections Committee
Joe Sutherland, Community Advocate, Wikimedia Foundation
21:06, 23 Mei 2017 (UTC)
Closure of ZA Copyright Act amendement vote
Could an admin please close the vote on whether or not to advocate for Freedom of Panorama in the Copyright Amendement act vote? Quick update, I have just herd that the bill is now out and open to public comment so I would like to proceed with setting up banner adds on af.wikipedia and en.wikipedia calling for action. I haven't yet had time to read it through myself but I am told by the legal eagles that it does not included any reference to Freedom of Panorama. The vote has been concluded on en.wikipedia so I can move forward there but not yet on af.wikipedia. Thanks, --Discott (kontak) 14:43, 26 Mei 2017 (UTC).
- Uitgevoer Eenparig so aanvaar/"accepted such"/a YES vote!!, thanks Discott! --Aliwal2012 (kontak) 16:16, 26 Mei 2017 (UTC)
(Die afwesigheid van) Latyn in nuwe wetsontwerpe
DIT IS WRAGTIG INTERESSANT hoe die anonieme WETSKRYWERS Regslatynse begrippe een na die ander wegweer - soos mutatis mutandis wat nou "with the necessary changes" word. Ook maar goed ek het NIE in die regte gaan studeer nie... Want ek sou vloek oor die nagtelange studie van Latyn wat nou tevergeefs is. Ek wonder of dit wetenswaardig genoeg is vir Latynonderrig... Suidpunt (kontak) 16:24, 26 Mei 2017 (UTC)
- Dit is inderdaad noemenswaardig, want dit het betrekking tot die bespreking oor of verpligte Latynonderrig nog regverdigbaar is. Het jy 'n bron daarvoor? Adriaan Joubert (kontak) 16:54, 26 Mei 2017 (UTC)
- Die enigste bron tot dusver is juis die bogenoemde wetsontwerp (ek moes seker geweet het die Latynse terminologie sou mettertyd vervang word), soek net mutatis in "the bill" (hierbo) en jy sien duidelik hoe die naam verander word. As mens lank genoeg in parliament.gov rondsoek, behoort daar selfs meer bewyse te wees. Suidpunt (kontak) 17:28, 26 Mei 2017 (UTC)
- Iemand moes iewers iets daaroor te sê gehad het? Adriaan Joubert (kontak) 19:17, 26 Mei 2017 (UTC)
CSS vir mbox
Ek stel graag die volgende CSS voor vir insluiting op MediaWiki:Common.css, wat CSS vir alle koppelvlaktemas bevat:
th.mbox-text, td.mbox-text { /* The message body cell(s) */ border: none; /* @noflip */ padding: 0.25em 0.9em; /* 0.9em left/right */ width: 100%; /* Make all mboxes the same width regardless of text length */ } td.mbox-image { /* The left image cell */ border: none; /* @noflip */ padding: 2px 0 2px 0.9em; /* 0.9em left, 0px right */ text-align: center; } td.mbox-imageright { /* The right image cell */ border: none; /* @noflip */ padding: 2px 0.9em 2px 0; /* 0px left, 0.9em right */ text-align: center; } td.mbox-empty-cell { /* An empty narrow cell */ border: none; padding: 0; width: 1px; } /* These mbox-small classes must be placed after all other ambox/tmbox/ombox etc classes. "html body.mediawiki" is so they override "table.ambox + table.ambox" above. */ html body.mediawiki .mbox-small { /* For the "small=yes" option. */ /* @noflip */ clear: right; /* @noflip */ float: right; /* @noflip */ margin: 4px 0 4px 1em; box-sizing: border-box; width: 238px; font-size: 88%; line-height: 1.25em; } html body.mediawiki .mbox-small-left { /* For the "small=left" option. */ /* @noflip */ margin: 4px 1em 4px 0; box-sizing: border-box; overflow: hidden; width: 238px; border-collapse: collapse; font-size: 88%; line-height: 1.25em; }
Bg. CSS sal ons in staat stel om gevorderde sjablone soos Sjabloon:Luister op die Afrikaanse Wikipedia te implementeer.
Cf. en:MediaWiki:Common.css (CTRL + F, "mbox"). Gebruiker:Adriaan Joubert/vector.css toon die CSS wat ek ingesluit het sodat Bespreking:Konsert vir Fluit, Harp, en Orkes (Mozart) korrek vertoon. Is daar enige besware teen insluiting van bg. CSS op MediaWiki:Common.css? Adriaan Joubert (kontak) 22:01, 27 Mei 2017 (UTC)
- Hi, vir myself is dit Grieks, maar as jy weet wat jy doen, gaan gerus voort! Dankie vir jou moeite! --Aliwal2012 (kontak) 06:53, 28 Mei 2017 (UTC)
- Laai gerus. Laat weet as jy hulp benodig. Groete. Frank (kontak) 06:59, 28 Mei 2017 (UTC)
- Uitgevoer Adriaan Joubert (kontak) 20:04, 28 Mei 2017 (UTC)
Vogtei
Wat beteken hierdie Duitse woord en hoe word dit vertaal in Afrikaans? Ek sien daar is in die Wartburgkasteel 'n Vogtei, waarbinne die Lutherstube is, waarin Luther sy vertaling gedoen het. Vogtei is blykbaar die territorium van 'n Vogt, wat kwalik in die Wartburgkasteel sal inpas. En in Engels is Vogtei blykbaar Bailiff’s Lodge, of Bailiwick. Ek sien 'n Afrikaanse woord "voogdyskap", maar dié word ook so selde gebruik dat ek nie seker is van die korrekte aanwending nie. JMK (kontak) 22:15, 27 Mei 2017 (UTC)
- Vogtei kan vertaal word as administratiewe setel of kantoor van 'n Vogt. Sien die aanlyn-uitgawe van die Duitse Duden-woordeboek: www.duden.de: Vogtei. --Voyageur (kontak) 22:19, 27 Mei 2017 (UTC)
- In Nederlands beteken voogdijschap dat 'n ouer persoon (die voogd) wettelik verantwoordelik is byv. vir 'n weeskind wat nog nie volwasse is nie, pleks van die ouers. In die VS: legal guardian Vir 'n koning is dit gewoonlik 'n regentskap. Maar mens kan ook praat van 'n slotvoogd: iemand wat die beheer van 'n kasteel waarneem. Hoop dit help. Jcwf (kontak) 00:49, 28 Mei 2017 (UTC)
- My Duitse skoolwoordeboek gee vir Vogt "opsigter, bestuurder, balju" en vir Vogtei "gebou of gebied van 'n opsigter". Ek weet nie of dit sal werk nie? Winston (kontak) 09:30, 28 Mei 2017 (UTC)
- 'n Soektog help en lewer 'n foto van die Vogtei op: Architektur in Eisenach - Vogtei der Wartburg. Dit is klaarblyklik 'n gebou binne die uitgestrekte kasteelkompleks, en ons mag die term Vogt gerus as "administrasie-amptenaar" of so iets vertaal. --Voyageur (kontak) 20:00, 28 Mei 2017 (UTC)
- Voya, my raad is: plaas maar 'n voetnota met 'n kort verduideliking vir buitelandse terminologie wat die mense nog nie ken nie. Plaas dan maar net die woord in skuinsskrif, niemand sal vir jou kwaad wees nie. Ek kom vanaand die eerste keer in my lewe die woord nl:Eendenkooi teë. Dit werk op presies dieselfde prinsiep as 'n visvywer - maar nou net met wilde-eende! Slim Friese en Hollanders hierdie - sedert Caesar lank genoeg tussen die riete deurgebring. Kooi hou verband met kou of koutjie. Jy kry dus 'n kooiman (wat die eende vang), met sy kooihond (sy "assistent"). Daardie woord eendekooi is wérklik in die WAT ook opgeneem. Maar hoeveel van ons ken dit? Niemand. Suidpunt (kontak) 20:26, 28 Mei 2017 (UTC)
- 'n Soektog help en lewer 'n foto van die Vogtei op: Architektur in Eisenach - Vogtei der Wartburg. Dit is klaarblyklik 'n gebou binne die uitgestrekte kasteelkompleks, en ons mag die term Vogt gerus as "administrasie-amptenaar" of so iets vertaal. --Voyageur (kontak) 20:00, 28 Mei 2017 (UTC)
- My Duitse skoolwoordeboek gee vir Vogt "opsigter, bestuurder, balju" en vir Vogtei "gebou of gebied van 'n opsigter". Ek weet nie of dit sal werk nie? Winston (kontak) 09:30, 28 Mei 2017 (UTC)
- In Nederlands beteken voogdijschap dat 'n ouer persoon (die voogd) wettelik verantwoordelik is byv. vir 'n weeskind wat nog nie volwasse is nie, pleks van die ouers. In die VS: legal guardian Vir 'n koning is dit gewoonlik 'n regentskap. Maar mens kan ook praat van 'n slotvoogd: iemand wat die beheer van 'n kasteel waarneem. Hoop dit help. Jcwf (kontak) 00:49, 28 Mei 2017 (UTC)
Uitsluitsel oor Sjina vs. China
Die Afrikaanse Wikipedia het 'n behoefte daaraan om uitsluitsel te kry oor die gebruik van die Sj-/Ch-spelwyse vir Sjina sodat ons één spelwyse konsekwent oor die hele ensiklopedie kan gebruik.
Die onsekerheid oor welke vorm vanpas is vir hierdie projek stam m.i. af van breër onsekerheid wat in die gemeenskap heers m.b.t. hoe hoog die opinie van die Taalkommissie in Wikipedia se sake geag word.
M.i. moet die Afrikaanse Wikipedia totaal onafhanklik van eksterne invloed bestaan en moet die gemeenskap wat hier betrokke is 'n besluit neem, ingelig deur die Taalkommissie se perspektief asook deur praktiese en ideologiese beginsels.
Ons moet veral waak teen politieke inmenging in ons tradisionele instellings wat misbruik kan word om invloed oor die Afrikaanse Wikipedia te probeer uitoefen. Christiaan Human (kontak) 19:31, 2 Junie 2017 (UTC)
- Ek was onder die indruk dat ons die Taalkomissie se spelling sou aanvaar. Is die Taalkomissie dan nie 'n betroubare bron nie? Volgens die Wikipedia:Gebruikersportaal/Beleid en stylriglyne moet enige materiaal wat bevraagteken word (of in die toekoms bevraagteken mag word) deur 'n betroubare bron vergesel word. Indien die gemeenskap 'n ander besluit neem, kan dit nie dalk gesien word as oorspronklike werk en denke van die Wikipediaan nie, wat teenstrydig is met die Wikipediabeleid? Ossewa (kontak) 04:57, 3 Junie 2017 (UTC) Ossewa
- Beide vorme kom in Afrikaanse boeke en selfs woordeboeke voor, en behoort hier toelaatbaar te wees. Ek voel dat die spelwyse van die outeur eerbiedig moet word, sonder om dit onnodiglik te probeer standaardiseer. Ter wille van 'n fonetiese spelwyse en om Afrikaans makliker en meer toeganklik te maak, wil ek nie die reg tot die "Sjina"-spelwyse prysgee nie. Groete. Frank (kontak) 05:04, 3 Junie 2017 (UTC)
Die Taalkommissie is 'n gesaghebbende bron en ons volg in die reël hul voorbeeld. Wikipedia is egter nie die Taalkommissie se spraakbuis nie. Christiaan Human (kontak) 10:47, 3 Junie 2017 (UTC)
- Wikipedia is inderdaad nie die Taalkommissies se spreekbuis nie maar ter wille van die goeie orde het die Wiki gemeenskap besluit om die Taalkommissie te ondersteun. Indien elke Janrap-en-sy-maat hul eie reëls wil implementeer sal dit tot chaos lei. Die Taalkommissie is nie perfek nie maar dit verskaf ten minste 'n goeie basis. Groete! Oesjaar (kontak) 11:53, 3 Junie 2017 (UTC)
- Waar het die Wiki-gemeenskap dit besluit? Aanvanklik is daar op die "Sjina"-spelwyse gestandaardiseer (die fonetiese spellers), toe kom 'n ander groep (die taalkommissie-apologete) en begin alles na 'China' skuif. Is dit nie die einste taalkomissie wat die AWS opstel nie? Slaan dit oop en kyk self: Sjina of China / Sjinese of Chinese / Sjinees of Chinees (so alles op een lyn). Julle kan dalk mense hier intimideer, maar ek dink nie julle sal beide vorme uit ons woordeboeke kan kry nie. Groete. Frank (kontak) 12:11, 3 Junie 2017 (UTC)
- So elke persoon kan dan doen wat hy wil...dan hoef ons ook nie meer te proeflees nie. Gaan my baie tyd spaar. Groete! Oesjaar (kontak) 12:15, 3 Junie 2017 (UTC)
- Waar het die Wiki-gemeenskap dit besluit? Aanvanklik is daar op die "Sjina"-spelwyse gestandaardiseer (die fonetiese spellers), toe kom 'n ander groep (die taalkommissie-apologete) en begin alles na 'China' skuif. Is dit nie die einste taalkomissie wat die AWS opstel nie? Slaan dit oop en kyk self: Sjina of China / Sjinese of Chinese / Sjinees of Chinees (so alles op een lyn). Julle kan dalk mense hier intimideer, maar ek dink nie julle sal beide vorme uit ons woordeboeke kan kry nie. Groete. Frank (kontak) 12:11, 3 Junie 2017 (UTC)
- Nee Oesjaar, ek hoop maar net vir 'n vrye Wikipedia waar ons al die korrekte vorme mag gebruik. Groete. Frank (kontak) 12:18, 3 Junie 2017 (UTC)
Dit is natuurlik wenslik om die taalkommissie te volg, maar ek begryp Frank goed dat hulle op hierdie punt self nie eenduidig is nie? Jcwf (kontak) 12:25, 3 Junie 2017 (UTC)
- Sommige mense kan nie doen wat hulle wil nie. Die meeste van my Sjinese artikels is nou Chinese artikels en indien ek na my selfgeskepte artikels wil skakel, moet ek nou die China-spelling gebruik! Maar ek ondersteun Suidpunt se verklaring van Sjina wat BAIE logies vir Afrikaans is. China is en bly vir my Duits, Engels, Nederlands, ens. Groete. -- SpesBona 12:40, 3 Junie 2017 (UTC)
- ’n Mens kan darem nie die Taalkommissie blameer vir die spelling van ’n naam soos China nie. Hulle kyk ook maar wat Afrikaanse mense gebruik en maak dan aanbevelings op grond daarvan. Die feit is dat koerante al die spelling China gebruik het toe ek 40 jaar gelede begin werk het. Ek twyfel baie sterk of enige koerant of tydskrif die afgelope minstens twee dekades die spelling Sjina gebruik het. Ek verbeel my ook die Taalkommissie het gesê laasgenoemde spelling gaan nie in die nuwe AWS wees nie? Winston (kontak) 12:44, 3 Junie 2017 (UTC)
- Ek hoop nie hulle maak so 'n fout nie, ek gaan nie al my woordeboeke vervang nie, of moet ons maar begin om woorde daarin dood te trek? Terloops ek het pas "Sjina" in die Rooi Rose, Republikein en selfs op Maroelamedia gesien. Groete. Frank (kontak) 13:12, 3 Junie 2017 (UTC)
- As Calviniste drie of meer gereformeerde en hervormde en wat ook al kerke vir één Bybel en belydenis nodig het, is twee spellings vir een landsnaam eintlik ook geen luukse nie. Stelselmatige standaardisering maak sin in tegniese dissiplines en natuurwetenskappe, teologie en taal sou ek in dié opsig onder die hopelose gevalle reken. --Voyageur (kontak) 21:39, 3 Junie 2017 (UTC)
- Geebee het daarmee begin by Volksrepubliek van Sjina→Volksrepubliek China.
- Ek volg net die wetenskaplike beginsel van: As een naam verander is, moet almal verander word. Sterkte, --Aliwal2012 (kontak) 08:22, 15 April 2017 (UTC)
- Hierdie skuif laat my ook koud want die skuiwers gaan waarskynlik nie al die nodige skuiwe uitvoer nie. Die artikel China wys reeds hoe die twee opsies deurmekaar raak. 'n Groot werk lê voor vir die skuiwers en ek twyfel of die tyd daaraan nuttig aangewend word. Wikipedia hoef nie noodwendig resente veranderinge op te volg nie, maar soos die Everest -> Denali geval getuig, is daar ook wikipediane wat dit welgeval. Ek is bevooroordeeld, want Sjina lyk myns insiens ver beter. En tog het ek my ook al op koerante beroep vir 'n spelkeuse. JMK (kontak) 18:02, 8 Junie 2017 (UTC)
- Denali is nie die nuwe naam van Berg Everest nie, dit was Mount McKinley. Ek het dit geskuif, omdat dit die nuwe amptelike naam is. Wat Sjina/China betref, stem ek wel saam. Kan ons dit nou asb. amptelik besprek, Gert? Groete. -- SpesBona 18:30, 8 Junie 2017 (UTC)
- Hierdie skuif laat my ook koud want die skuiwers gaan waarskynlik nie al die nodige skuiwe uitvoer nie. Die artikel China wys reeds hoe die twee opsies deurmekaar raak. 'n Groot werk lê voor vir die skuiwers en ek twyfel of die tyd daaraan nuttig aangewend word. Wikipedia hoef nie noodwendig resente veranderinge op te volg nie, maar soos die Everest -> Denali geval getuig, is daar ook wikipediane wat dit welgeval. Ek is bevooroordeeld, want Sjina lyk myns insiens ver beter. En tog het ek my ook al op koerante beroep vir 'n spelkeuse. JMK (kontak) 18:02, 8 Junie 2017 (UTC)
- Julle moet nou besluit wat julle wil doen met Sjina/China!! Soos julle kan sien het ek reeds begin skuif/redigeer. Laat weet my asb. dringend, anders moet ek dit eers stop en my ouer "edits" ook terugrol. Dankie, --Die perd se bek 19:43, 8 Junie 2017 (UTC)
- Die bespreking het reeds 8 dae gelede hier begin. Ons kan nie eers redigeer en dan bespreek nie, dit loop eintlik andersom. Frank het gesê ons sal nie China in Sjina en vice versa verander nie en ek stem saam, Voyageur blykbaar ook. Groete. -- SpesBona 20:30, 8 Junie 2017 (UTC)
- Sal ons dit nog bespreek of gaan jy met jou veranderinge voort? Hoekom is {{Saadjie}} by klein artikels verwyder? Groete. -- SpesBona 15:04, 9 Junie 2017 (UTC)
- Die bespreking het reeds 8 dae gelede hier begin. Ons kan nie eers redigeer en dan bespreek nie, dit loop eintlik andersom. Frank het gesê ons sal nie China in Sjina en vice versa verander nie en ek stem saam, Voyageur blykbaar ook. Groete. -- SpesBona 20:30, 8 Junie 2017 (UTC)
- Hallo SpesBona! Ek wil graag voortgaan met Sjina→China, as ek nie iemand sal aanstoot gee nie! Ek het tyd daarvoor die naweek (dis yskoud hier)! Jy kan maar die saadjies terugplaas, ek wou dit net opruim ;) Groete --Aliwal2012 (kontak) 15:21, 9 Junie 2017 (UTC)
Ek wil net 'n wink gee vir 'n meer geskikte kategorisering: Dis nie nodig om bv. artikels wat by Kategorie:Vleis geplaas is, ook by Kategorie:Voedsel te plaas. Dis 'n onderkategorie van die eerste. Vir kategorieë geld: So min as moontlik, so veel as wat nodig is. Stel jou voor ons plaas Berlyn nou ook by Kategorie:Geografie van Duitsland, Kategorie:Duitsland, Kategorie:Europa, Kategorie:Nedersettings, Kategorie:Hoofstede, Kategorie:Geografie van Europa, Kategorie:Geografie, ens... Groete. -- SpesBona 19:15, 3 Junie 2017 (UTC)
- Hi Spesbona, dankie vir die wenk. Groete Ossewa (kontak) 04:45, 4 Junie 2017 (UTC)
Lêername
Jammer, maar ek moet 'n nuwe wink gee: Sommige gebruikers neem die lêername soos dit in die adresbalk staan. Dit gebruik dan die bekende onderstreep (_) wat die kleinste probleem is. Maar die groot probleem kom, indien die lêernaam in 'n ander skryfstelsel is soos Cyrillies of Arabies. Dit skep dan 'n lêernaam soos "Lêer:%D0%9F%D1%96%D0%B2%D0%B4%D0%B5%D0%BD%D0%BD%D0%B5_%D0%94%D0%B5%D0%BC%D0%B5%D1%80%D0%B4%D0%B6%D1%96_%D0%BD%D0%B0_%D1%81%D0%B2%D1%96%D1%82%D0%B0%D0%BD%D0%BA%D1%83.jpg" wat geen mens op hierdie blou planeet kan lees! Self die soek by "Deursoek Wikipedia" gee 0 resultate! Hoekom gebruik mens nie die regte beeldnaam Lêer:Південне Демерджі на світанку.jpg nie? Dit kan ten minste mense met kennis van Cyrillies lees. Groete. -- SpesBona 20:20, 5 Junie 2017 (UTC)
- Omdat ons die hoogs moderne Edge-webblaaier op al ons toestelle - skootrekenaars, tafelrekenaars, tabletrekenaars en slimfone - gebruik wat lêers só kan lees, stoor en tydens latere websessies weer maklik kan herlaai. Die hele adres - soos byvoorbeeld https://af.wikipedia.org/wiki/Krim#/media/File:%D0%97%D0%B0%D0%BA%D0%B0%D1%82_(2517162534).jpg - word vir soektogte vereis en lewer die gewenste resultaat op. --Voyageur (kontak) 21:38, 5 Junie 2017 (UTC)
- Ah, die vooruitgang! Jcwf (kontak) 21:56, 5 Junie 2017 (UTC)
- Dis onafhanklik van die Microsoft Edge wat ek tans self gebruik omdat die Mozilla Firefox tans nie vinnig loop nie. Lêername moet so behandel word soos Artikelname. Indien 'n lêer op Commons geskuif word, word dit hier net aangepas, indien die normale naam gebruik word, maar nie by al die spesiale karakters nie. 'n Tweede punt is die bronteks wat veral by voorbladartikels in elk geval vir almal leesbaar moet wees, sien Wikipedia:Riglyne vir voorbladartikels 5 (d). Jammer, dat ek weens hierdie klein probleem kla, maar ek ruim by elke nuwe voorbladartikel die bronteks op. Dit sal net 'n wink gee vir onlangse wysigings en geen kritiek lewer op sommige gebruikers se algemene werk hier. Groete. -- SpesBona 14:30, 6 Junie 2017 (UTC)
- Ah, die vooruitgang! Jcwf (kontak) 21:56, 5 Junie 2017 (UTC)
Hoofartikel
Ek sien daar is nou al minstens drie sjablone om aan te dui wat die hoofartikel van 'n subhofie is: {{Hoofartikel}}, {{Hoof}} en {{Sien hoofartikel}}. Kan ons nie op een besluit nie, asseblief? - Winston (kontak) 19:35, 7 Junie 2017 (UTC).
- Hi, Winston! Ek het sommer {{Sien hoofartikel}} geskrap, dit was die mees onlangse (en onbenutte) duplikaat vd ander twee! --Aliwal2012 (kontak) 10:59, 9 Junie 2017 (UTC)
- Dankie! - Winston (kontak) 12:44, 9 Junie 2017 (UTC)
- Ek kies {{Hoofartikel}}, omdat daar meer as een hoofartikel moontlik is, soos by die Eerste Wêreldoorlog. Indien nodig, kan ons 'n botlopie doen wat die gebruik van die een sjabloon na die ander verander. Groete. -- SpesBona 20:45, 9 Junie 2017 (UTC)
- Ek hou net nie van "kategorie/afdeling" nie. Dit klink so of jy nie jou mind kan opmaak nie. Net "afdeling" sal dalk beter wees, of hoe? Winston (kontak) 07:54, 10 Junie 2017 (UTC)
- Ja, ek kan ook nie eintlik sien hoe dit na 'n kategorie kan verwys nie. As almal met {{Hoofartikel}} tevrede is, kan ek gou die omskakeling doen. Groete. Frank (kontak) 08:08, 10 Junie 2017 (UTC)
- {{Hoofartikel}} word ook by kategorieë gebruik, dus maak die verwysing na 'n kategorie sin, sien Kategorie:Sterrekunde en Kategorie:Natuurwetenskap. Ons kan maar een sjabloon vir kategorieë ("Die hoofartikel vir hierdie kategorie is: Hoofartikel.") gebruik en een vir artikels ("Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Hoofartikel."). Groete. -- SpesBona 08:25, 10 Junie 2017 (UTC)
- Ja, ek kan ook nie eintlik sien hoe dit na 'n kategorie kan verwys nie. As almal met {{Hoofartikel}} tevrede is, kan ek gou die omskakeling doen. Groete. Frank (kontak) 08:08, 10 Junie 2017 (UTC)
- Ek hou net nie van "kategorie/afdeling" nie. Dit klink so of jy nie jou mind kan opmaak nie. Net "afdeling" sal dalk beter wees, of hoe? Winston (kontak) 07:54, 10 Junie 2017 (UTC)
- Ek kies {{Hoofartikel}}, omdat daar meer as een hoofartikel moontlik is, soos by die Eerste Wêreldoorlog. Indien nodig, kan ons 'n botlopie doen wat die gebruik van die een sjabloon na die ander verander. Groete. -- SpesBona 20:45, 9 Junie 2017 (UTC)
- Dankie! - Winston (kontak) 12:44, 9 Junie 2017 (UTC)
Ek stem ja. Winston (kontak) 08:21, 10 Junie 2017 (UTC)
- Uitgevoer: Die sjabloon onderskei nou tussen artikels en kategorieë. Groete. Frank (kontak) 08:42, 10 Junie 2017 (UTC)
Die brand in Knysna
Hello gemeenskap! Na my hartoperasie het my lewe inderdaad 'n paar wilde draaie gemaak! My ou moeder woon alleen hier in Brenton in Knysna. Na die eerste nuus oor die brand my bereik het begin 'n mens bekommerd raak. Doodbrand is seker die ergste vorm van sterf. Lang storie kort: die liewe Heer het haar lewe en haar huis gespaar. Ons was gelukkig - baie. Ek het inderdaad laas donderdag gery uit JHB om haar by te staan, na ek vir 12 ure geen kontak of nuus oor haar kon kry nie. Tans het Brenton nog geen krag of water nie en ons kamp maar in haar huis. Ek is bly om te sê dat ek 'n paar ander inwoners kon help met klein dingetjies bv net om selfone te laai sodat hulle met hul familie kan praat - nadat ek die laaste kragopwekker in die dorp kon kry! Ek is gebore in Knysna, toe ek 'n paar plekke sien waar ek as kind rondgehardloop het het ek begin huil! Ai! Maar nou ja, die lewe gaan aan! Help met skenkings waar julle kan. Dit sal 'n verskil maak! Groete! Oesjaar (kontak) 07:57, 12 Junie 2017 (UTC)
- Hi Oesjaar, Ek het ook verbindings met Knysna - my ouers het 10 jaar daar gewoon en my pa is in die kerkhof daar begrawe; my ma vertrek vanuit die stad in 2003. Een van my onderwysers het ook daar afgetreë is ook daar begrawe. Martinvl (kontak) 18:22, 12 Junie 2017 (UTC)
Sjabloon:Fossiel tydperk-65 en -252
Hi,
Ek het 'n tweede weergave van Sjabloon:Fossiel tydperk gemaak, wat net die tydskaal van ná 65 mj toon. Vir talle fossiele wat byvoorbeeld van 55-20 mj gelede gevind word is die tydskaal anders te groot:
55–20 m. jaar gelede
My weergawe gee:
55–20 m. jaar gelede
Ongelukkig werk dit nog nie heeltemal nie. Byv. die kleur van die paleoseen word nie getoon nie. Ek het op en.wiki vir die oorspronklike outeur 'n beriggie agtergelaat. Ons sal sien.
Jcwf (kontak) 22:08, 12 Junie 2017 (UTC)
- Ek het 'n derde sjabloon gemaak vir die tydperk > 252 mj (Meso+ Caeno) en dit lyk goed te werk. Sien byvoorbeeld Ornithischia en Tyrannosauridae.
Hoekom die kleur van Paleogeen nie werk nie het ek nie kan uitvind nie...(Ja, ek het, daar was 'n gogga in sjabloon:Volgende periode)
- Ek het 'n derde sjabloon gemaak vir die tydperk > 252 mj (Meso+ Caeno) en dit lyk goed te werk. Sien byvoorbeeld Ornithischia en Tyrannosauridae.
Maar ek dink ons kan met hierdie drie sjablone: Sjabloon:Fossiel tydperk, Sjabloon:Fossiel tydperk-65 en Sjabloon:Fossiel tydperk-252 klaarkom.
Jcwf (kontak) 20:21, 13 Junie 2017 (UTC)
Dagsê! Ek het die hele bespreking se argief verskuif na Wikipediabespreking:Verifieerbaarheid waar dit hoort. Jammer daaroor mense, maar dit word nou 'n kraaines hier! --Aliwal2012 (kontak) 17:32, 15 Junie 2017 (UTC)
Aansture as 'n artikel geskuif word
'n Vinnige versoek aan almal wat bladsye skuif: ek sien nou en dan dat bladsye geskuif word sonder om 'n wikipedia:aanstuur agter te laat. Dit is myns insiens amper nooit die regte ding om te doen nie. Aansture kos ons niks, en maak dat meer skakels sal werk. Dit het ook verdere voordele: as mense 'n verkeerde of alternatiewe soekterm op 'n soekenjin (of met Wikipedia se eie soekfunksionaliteit) intik, sal die aansture vanaf verkeerde titels help dat hulle dit kry. Dit is ook nuttig met die grafiese redigeerder en inhoudvertaling. Wikipedia se inligting word ook gebruik deur plekke soos Google om te leer hoe om foute in teks te interpreteer in elke taal, en ons baat dalk almal daarby op 'n plek soos Google Maps of ander produkte. Ek voel enige algemene spelfout, tikfout, hoofletterfout, alternatiewe spelling en sinoniem kan maar 'n aanstuur wees as dit nie in iets anders se plek staan nie. Selfs die Engelse titel is in enkele gevalle vir my gepas as aanstuur, bv. London, wat algemeen gebruik word, of hoogs tegniese terme waar iemand dalk nie die term ken nie, en die aanstuur hulle sal help om die regte artikel op te spoor. Só voorkom ons onnodige rooi skakels én skep 'n hegter geskakelde ensiklopedie. Iemand in die sandput wat 'n rooi skakel sien vir Suid Afrika word dalk ontmoedig. (Ja, dalk help dit hulle om die spelfout te sien, maar die aanstuur sal ook 'n wenk in daardie rigting gee.) Ek sien pas by gebruiker:FFouche dat een van sy/haar jongste bydraes nou 'n rooi skakel op sy/haar gebruikersblad is. Dit skep dalk net die verkeerde indruk dat dit uitgevee is, en is onnodig onsierlik. Ek voel die aanstuur sou 'n aanwins wees. Ek pleit nie vir honderde aansture na elke artikel nie, maar as iets reeds 'n keer gebruik is, is dit tog immers 'n aanduiding dat iemand daardie soekterm/skakel sal gebruik (al is dit nie 100% korrek nie). Ek hoop ek maak sin. Groete, Alias (kontak) 18:11, 15 Junie 2017 (UTC)
- Terugvoer
- Dagsê almal vanuit 'n yskoue Oos-Kaap! Ek is die skuldige by "sonder om 'n aanstuur te laat", ek erken dit skaamteloos. My rede hiervoor is dat ek die taal wil suiwer en geheel en al van foutiewe spellings ontslae raak, maar ek begryp Alias se verduideliking hierbo i.v.m. soekenjins, ens. Die probleem is net, laat jy mense (veral ons jong gebruikers) sorgeloos toe om Londen as London te spel, dan neem hulle aan dis korrek só, dis dan immers 'n blou skakel op Wikipedia!
- Ek sal in die vervolg die bestaande blouskakel behou, wat dan 'n aanstuur word na die korrekte styl. Amen! Geniet die naweek, --Aliwal2012 (kontak) 06:30, 16 Junie 2017 (UTC)
Verwysingsjablone
Hier is 'n vergelyking van die verskillende verwysingsjablone op en.wiki en af.wiki. Dit kan miskien nuttig wees as hulle dieselde werk, en dit lyk asof die sjablone op af.wiki nog effens agter is. 'n Ander probleem by die af.wiki verwysing-sjablone is dat "last1=" en "first1=", anders as by en.wiki, glad nie die outeur se naam vertoon nie. Dit sal goed wees as lg. twee velde verwisselbaar is met "last=" en "first=". JMK (kontak) 20:58, 18 Junie 2017 (UTC)
en.wiki Boek: Mumford, David (1999). The Red Book of V... Lecture Notes ... 1358 (2nd expanded ed.). Berlin: Springer-Verlag. p. 198. ISBN 354063293X. MR 1748380. Zbl 0945.14001. doi:10.1007/b62130.
af.wiki Boek: Mumford, David (1999). The Red Book of V... Lecture Notes ... Vol. 1358 (2nd expanded uitg.). Berlin: Springer-Verlag. p. 198. doi:10.1007/b62130. ISBN 354063293X. MR 1748380. Zbl 0945.14001. {{cite book}}
: Italic or bold markup not allowed in: |publisher=
(hulp)[1]
en.wiki Joernaal: Bailey, David H.; Borwein, Peter; Borwein, Jonathan M. (25 June 1997). "The Quest for Pi". Mathematical Intelligencer. Berlin: Springer-Verlag. 19 (1): 50–57. ISSN 0343-6993. MR 1439159. Zbl 0878.11002. doi:10.1007/BF03024340.
af.wiki Joernaal: Bailey, David H.; Borwein, Peter; Borwein, Jonathan M. (25 Junie 1997). "The Quest for Pi". Mathematical Intelligencer. Berlin: Springer-Verlag. 19 (1): 50–57. doi:10.1007/BF03024340. ISSN 0343-6993. MR 1439159. Zbl 0878.11002.[2]
en.wiki Web: Hansen, James E.; Ruedy, R.; Sato, M.; Lo, K. (December 15, 2005). "GISS Surface Temperature An...". NASA.gov. Goddard Institute for... Retrieved September 28, 2006.
af.wiki Web: Hansen, James E.; Ruedy, R.; Sato, M.; Lo, K. (15 Desember 2005). "GISS Surface Temperature An..." NASA.gov. Goddard Institute for... Besoek op 28 September 2006.[3]
en.wiki Konferensie: Evans, N. R.; Schaefer, G.; Bond, H.; Karovska, M.; Nelan, E.; Sasselov, D. (January 9, 2006). ... 30.htm "Direct detection of the ..." Check |url= value (help). American Astronomical Society 207th ... AAS.
af.wiki Konferensie: (9 Januarie 2006) "... 30.htm Direct detection of the ..."., AAS.[4]
en.wiki Hofuitspraak: Roe v. Wade, 410 U.S. 113 (1973).
af.wiki Hofuitspraak: Sjabloon:Cite court[5]
en.wiki Poslys: Murdock, Ian (26 October 1995). "Debian GNU/Linux 0.9..." Check |url= value (help). debian-announce (Mailing list). Retrieved 20 April 2007.
af.wiki Poslys: Sjabloon:Cite mailing list[6]
en.wiki Kaart: Skelly Oil Company; Diversified Map Co (1966). Highway Map of Oklahoma (Map). [1:1,500,000]. St. Louis: Diversified Map Co. § 11C. OCLC 67708775.
af.wiki Kaart: Diversified Map Co. Highway Map of Oklahoma [map], [1:1,500,000]. (1966) Section 11C. [7]
en.wiki Nuus: Andersen, David; Witter, Lameen (17 February 2006). "Former Marine, Go Daddy CEO...". Marine Corps News. Retrieved 6 June 2006.
af.wiki Nuus: Andersen, David; Witter, Lameen (17 Februarie 2006). "Former Marine, Go Daddy CEO..." Marine Corps News. Besoek op 6 Junie 2006.[8]
en.wiki Video: Dick Cavett (2005). The Dick Cavett Show — Rock... (DVD). Shout Factory.
af.wiki Video: Dick Cavett (2005). The Dick Cavett Show — Rock... (DVD). Shout Factory.[9]
- ↑ Mumford, David (1999). The Red Book of V... Lecture Notes ... Vol. 1358 (2nd expanded uitg.). Berlin: Springer-Verlag. p. 198. doi:10.1007/b62130. ISBN 354063293X. MR 1748380. Zbl 0945.14001.
{{cite book}}
: Italic or bold markup not allowed in:|publisher=
(hulp) - ↑ Bailey, David H.; Borwein, Peter; Borwein, Jonathan M. (25 Junie 1997). "The Quest for Pi". Mathematical Intelligencer. Berlin: Springer-Verlag. 19 (1): 50–57. doi:10.1007/BF03024340. ISSN 0343-6993. MR 1439159. Zbl 0878.11002.
- ↑ Hansen, James E.; Ruedy, R.; Sato, M.; Lo, K. (15 Desember 2005). "GISS Surface Temperature An..." NASA.gov. Goddard Institute for... Besoek op 28 September 2006.
- ↑ (9 Januarie 2006) "... 30.htm Direct detection of the ..."., AAS.
- ↑ Sjabloon:Cite court
- ↑ Sjabloon:Cite mailing list
- ↑ Diversified Map Co. Highway Map of Oklahoma [map], [1:1,500,000]. (1966) Section 11C.
- ↑ Andersen, David; Witter, Lameen (17 Februarie 2006). "Former Marine, Go Daddy CEO..." Marine Corps News. Besoek op 6 Junie 2006.
- ↑ Dick Cavett (2005). The Dick Cavett Show — Rock... (DVD). Shout Factory.
Hoort Woordekeus by Wikipedia of Wikisource?
Uiteindelik het ek klaar die boek gedigitaliseer wat sinonieme en antonieme behandel. Die boek is geskryf in 1962 en postuum uitgegee (die skrywer is dus langer as 50 jaar oorlede). Geen herdruk van die boek het ooit verskyn nie.
Die vraag is dus, waarheen nou? Vir 'n voorsmakie kan jy gaan kyk by my sandput.
Die "Einde van bladsy X" sal natuurlik verwyder word, met slegs 'n verwysing by die laaste woord op elke blad. Die verwysing onder sal 'n skakel wees na 'n oplaaisel van die betrokke bladsy..
Ek wil dit spesifiek een blad hou, omdat [Ctrl] + [F] aansienlik vinniger werk in woordesoektogte teenoor bladsy vir bladsy vir bladsy.
- Pro vir Wikipedia
- Beter kontrolering sou iemand aan die woorde peuter (niemand kom eintlik by Wikibron/Wikisource nie), maar meer siele kan ook kyk waar die OCR verkeerd was of waar my redigering nalatig was.
- Die afgetaste bladsye van die boek in die openbare besit kan regstreeks na die Afrikaanse Wikipedia opgelaai word en as bronne in die verwysings aangegee word. Dit verhoed ook 'n algemene Commons-probleem, selfs al is die boekie in die openbare besit.
- Die Antoniem en Sinoniem-blaaie kan reguit na Woordekeus skakel, na bewering die eerste sinoniem/antoniemwoordeboek in Afrikaans.
- Dit kan in die toekoms van waarde wees om twee digitale sinoniem/antoniemlyste met mekaar te vergelyk. Soos ASA (Afrikaanse Sinoniem en Antonieme) as Louis Eksteen 50 jaar oorlede is. Die leerlinge of studente of publiek hoef dus nie tussen verskillende Wiki-projekte oor en weer verwys te word nie.
- Van die woorde kan makliker na die Antoniem en Sinoniem-blaaie verskeep en bygewerk word. Dit wil sê: by parasiet het ek opgemerk die antoniem, naamlik gasheer, word nêrens gelys nie. Jy verlaat dus nie die Wikipediaprojek nie.
- Woordekeus kan ook makliker skakels na ander Wikipedia-artikels rig.
- Kontra vir Wikipedia
- Wikipedia is nie 'n lys nie.
- Die ou en wisselvallige spelling kan verwarrend wees en hoort in die argief. (Hoewel die inleiding duidelik kan uitstippel die onderstaande woorde is verouderd.)
- 200K kan baie websnuffelaars en selfone laat les opsê. (Wat presies dieselfde geval gaan wees by Wikisource. Intensiewe vorme is 567 KB volgens die Vivaldi-websnuffelaar.).
- Ander kommentaar
- Ek het die Arabiese woord vir "ongelowige" twee maal in die woordelys opgemerk, maar vir eers uitgehaal. Dit is te verstane vir 'n boek wat in 1962 geskryf is. Verwag egter heelwat mense se nekhare gaan regop staan.
- Natuurlik gaan ons hier met bladtreksyfers te make kry: Google sien 'n helse klomp uiteenlopende woorde en druk die rangorde by die besoekresultate voortdurend op.
Wat is die gemeenskap se voorstelle? Suidpunt (kontak) 13:28, 23 Junie 2017 (UTC)
- M.i. behoort so 'n teks by Wikisource. Afrikaans gaan net groei by Wikisource as ons daadwerklik inhoud daar begin plaas. Wat sensuur betref, dink ek dis teenstrydig met Wikipedia (en neem ek aan, Wikisource) se beleid dat sensuur onaanvaarbaar is. K175 (kontak) 16:12, 14 Julie 2017 (UTC)
Ons wiki word ingehaal deur Skots
Naand alle medebydraers! Kan ek mooi vra dat ons bietjie "mielies gooi" die naweek met nuwe artikels?
Afrikaanse wiki (op 45 500) word vinnig ingehaal op die ranglys deur die Skotse wiki (op 45 474), hulle is tans net 26 artikels agter ons! Gelukkig is ons Wes-Punjabi ver voor met 1100 artikels. Dankbaar, --Aliwal2012 (kontak) 09:35, 24 Junie 2017 (UTC)
- Dankie almal, ons staan op 46 056 en is nou weer 287 voor Skots! --Aliwal2012 (kontak) opd 20:32, 19 Julie 2017 (UTC)
Geen bron
Die sjabloon:Geen bron het eintlik net na beelde sonder bronne verwys. Ek het dit verander en 'n parameter bygevoeg. Gebruik gerus {{Geen bron}} indien 'n artikel glad geen bronne vermeld nie en {{Geen bron|beeld}} indien 'n beeld sonder bron is. --Jcwf (kontak) 22:10, 23 Junie 2017 (UTC)
Is Tortelduif nie die Afrikaanse naam vir Streptopelia nie? Groete. -- SpesBona 16:15, 26 Junie 2017 (UTC)
- Voorheen was minstens een spesie in die genus nie 'n tortelduif in die ware sin nie. Nou kan jy dit skuif, alhoewel sommige ook as ringduiwe bekend staan. Aangesien S. capicola soms net tortelduif genoem word, kan Ringduif of Streptopelia 'n gepaste bladnaam wees. JMK (kontak) 18:14, 29 Junie 2017 (UTC)
Ace pilot
Wat is dit in Afrikaans: Bobaasvlieënier? Groete! Oesjaar (kontak) 14:04, 27 Junie 2017 (UTC)
- Baasvlieënier of kampioenvlieër, miskien? Groete. Frank (kontak) 14:13, 27 Junie 2017 (UTC)
- Topvlieënier? Suidpunt (kontak) 15:42, 27 Junie 2017 (UTC)
- Kampioenvegvlieënier? Word dit nie "toegeken" aan vegvlieëniers wie meer as vyf vliegtuie afgeskiet het nie? Sobaka (kontak) 18:59, 27 Junie 2017 (UTC)
- Ja, die titel is ter sprake met 5 of meer oorwinnings. Geniet julle mense die vliegtuig artikels? Groete! Oesjaar (kontak) 19:03, 27 Junie 2017 (UTC)
- Kampioenvegvlieënier? Word dit nie "toegeken" aan vegvlieëniers wie meer as vyf vliegtuie afgeskiet het nie? Sobaka (kontak) 18:59, 27 Junie 2017 (UTC)
- My ou klein goedkoop woordeboekie stel Baasvlieënier voor. Groete! Oesjaar (kontak) 07:20, 28 Junie 2017 (UTC)
Artikel te skrap op Wikiquote
q:Free_online_article_spinner_rewriter_list asb. Adriaan Joubert (kontak) 19:00, 28 Junie 2017 (UTC)
- Dankie, 'n anderstalige administrateur het dit uit die weg geruim. Adriaan Joubert (kontak) 19:19, 29 Junie 2017 (UTC)
Wikidata changes now also appear in enhanced recent changes
Hello, and sorry to write this message in English. You can help translating it.
Starting from today, you will be able to display Wikidata changes in both modes of the recent changes and the watchlist.
Read and translate the full message
Baie dankie! Lea Lacroix (WMDE) 08:33, 29 Junie 2017 (UTC)
(wrong target page? you can fix it here)
Rem tene, verba sequentor.
Vriende, gebruikers en veral Latynkenners soos Gebruiker:Jcwf en Gebruiker:Voyageur.
Ek gaan my nou maar na die Wikipediakamp rig, want ek twyfel of die Taalkommissie oor die vermoëns of intellek beskik.
Rem tene, verba sequentur.
Voorgestelde vertaling: As jy jou storie ken, kom die woorde vanself.
Ek hou van die verhelderende vrye vertaling (juis weens die matige woordspeling), maar "jou storie ken" proe na 'n Anglisisme. Die Amerikaners ken "he knows his stuff", maar nie "he knows his story" nie. Die Britte ken skynbaar nie een nie. Google lewer net 14 resultate op van "as jy jou storie ken", maar 443 vir "jy moet jou storie ken". Dit lyk vir my eerder na Suid-Afrikaanse Engels; die Engelse koerantkoppe dien as bewyse. Dit roep die vraag op: wie het wie nou beïnvloed? Is dit 'n Boerisme/Afrikanerisme wat byval onder die Engelse gemeenskap gevind het? Is dit 'n ontleen-en-terugleen soos ons tog so gereeld tussen die Nederlanders en Franse vind?
Sou "As jy seker is van jou saak, kom die woorde vanself" miskien beter wees? Of "As jy jou feite agter mekaar het, kom die woorde vanself" / "As jy weet hoe die ding inmekaarsit, kom die woorde vanself" / "As jy weet waarvan jy praat, kom die woorde vanself"? Of moet ons verkieslik die aanhaling ten nouste met Cato se bedoeling behou?
Want die Nederlanders bied ander vertalings: Ken je onderwerp, de woorden zullen volgen. Ook wie eenmaal weet, wát hij te zeggen heeft, zal ook het hoé wel vinden. Dus: Iemand wat wéét wat hy wil sê, sal die regte woorde vind. Ook: "As jy die beeld voor jou het (dus, in jou kop), kom die woorde vanself."
Die Duitse Wikipedia lewer: Beherrsche die Sache, die Worte werden dann schon folgen. Suidpunt (kontak) 09:24, 29 Junie 2017 (UTC)
- Klink amper soos "waar die hart van vol is, loop die mond van oor". Groete. Frank (kontak) 18:29, 29 Junie 2017 (UTC)
- Dit gaan blykbaar oor een van die grondbeginsels van die retoriek - Cato pleit hier vir vrye rede, eerder as om van 'n manuskrip af te lees. --Voyageur (kontak) 19:04, 29 Junie 2017 (UTC)
- Ek wens net dat die jongman soms in Afrikaans wil skryf sodat ons oues van dae ook iets kan verstaan.... Groete! Oesjaar (kontak) 19:27, 29 Junie 2017 (UTC)
- Dit gaan blykbaar oor een van die grondbeginsels van die retoriek - Cato pleit hier vir vrye rede, eerder as om van 'n manuskrip af te lees. --Voyageur (kontak) 19:04, 29 Junie 2017 (UTC)
Nou goed, Gebruiker:Oesjaar. Sonder raaisels, in doodgewone Afrikaans.
1. Ek het binne drie dae die verwerkte proefskrif van 244 bladsye deur F. P. van der Merwe deurgelees. Vandag afgehandel op 30 Junie om 16:41. Getiteld Die vertaling as kuns: die grense en moontlikheid van vertaling. Skaars enkele maande na sy gradeplegtigheid (promovering) is hy oorlede (1956). Die SAUK het dit goedgedink om postuum sy verhandeling uit te gee (1958), as blykie van waardering. Dit is dus in die openbare besit, hoewel ek onseker is hoe lank Wits gaan draai om sy proefskrif op te laai (dit sal my baie tyd spaar). Fritz van der Merwe is dood in sy fleur, min of meer 38 jaar, as ( http://esat.sun.ac.za/index.php/F.P._van_der_Merwe ) die waarheid praat. Hoe het die boek in my skoot beland? Dei gratia: 1). 'n skoolbiblioteek moes eers die boek die Dewey-rugkode R839.36VAN gee, wat beteken die boek kon nooit uitgeneem word nie. Die enigste potloodmerke sou dus eendag deur my gemaak word. Was dit so bestem? 2). Toe moes daardie staatskool eers toemaak. Heeltemal. Sluit. 3). Die boek het hier rondgependel, daar rondgependel, moontlik selfs op die ashoop op die buurdorp beland. Ek weet nie. 4). Toe besluit iemand om vir 'n geldjie die boek by 'n boekekraampie in te gee. 5). En op 'n sonnige dag, met 'n fris windjie, plak ek my pet op en skoert soontoe. Ek betaal toe nie eers R5,00 vir hom nie.
2. In hierdie proefskrif behandel hy absoluut alles wat ek omtrent vertaling wil en wou weet. Hy gee besonder min aandag aan Duits en Duitse bronne (wat hy wel baie goed magtig is), maar trakteer die leser met 'n oordaad Franse en Italiaanse en Engelse voorbeelde. Die Franse en Italiaanse vertalings van die aanhalings word in die bylaag verskaf.
3. Gebruiker:EvZ het in 2012 sy aandag gewy aan die Letterlike vertalings en Betekenis-vir-betekenisvertalings. Hy het nie gekyk na Vrye vertalings nie. Ook nie sogenaamde "integrale vertalings" (wat waarheidgetrou) is nie. Van der Merwe kyk wel indringend hierna. EvZ is bietjie bevooroordeeld teenoor letterlike vertalings d.m.v. wat hy uit die Engelse Wikipedia vertaal het. Letterlike vertalings het hul nut: hoe leer jy dan 'n rou student om Franse sinne en grammatika en betekenisse te leer? Van die ou Teach Yourself-boeke gee jou die letterlike vertaling, asook die waarheidsgetroue vertaling wat die werklike bedoeling en gees adem. In sekere opsigte kan Afrikaans letterliker uit Frans vertaal. Soos: de petit yeux kan jy in sekere opsigte nie "little eyes" bedoel nie, maar "small eyes". In Afrikaans is "ogies" of selfs "klein ogies" ewe toelaatbaar, want ons het geen ander adjektiewe woorde wat verwarring kan bring nie. Hy sê ook sekere tekste maak letterlike vertalings moontlik, sonder om inbreuk op die Afrikaanse taaleie of Italiaanse bedoeling te maak. Hy vertaal byvoorbeeld ook die volgende Italiaanse gedig byna woord vir woord:
Italiaans | Afrikaans |
Notte e giorno faticar, | Nag en dag laat hy my sloof, |
senza nulla sa gradir; | sonder dat hy iets waardeer. |
piove e vente sopportar, | Reën en wind gaan oor my hoof, |
mangiar mal e mal dormir. | kos en slaap moet ek ontbeer. |
As jy gedink het dit is nie meesterlik nie, probeer die volgende vertaal (Tennyson):
- The long day wanes: the slow moon climbs: the deep
- Moans round with many voices.
Ek kan nie, Van der Merwe kan:
- Die lang dag sterf: die maan styg traag: die dieptes
- Kreun alom met baie stemme.
4. My gunstelinghoofstuk is natuurlik "vrye vertalings". Om op te som: Vreet die teks op, kou dit, smaak dit, spoeg jou eie woorde uit. Om vryelik om te gaan met die woord. Dit is waar ek Rem tene, verba sequentor die eerste maal teëkom. Jy kry knap verbeterings, soos wat Elizabethaanse North met Amyot se werk gemaak het - 'n voorliefde vir die presiese besonderheid wat 'n gloeiende werklikheid verleen aan die woorde:
- ...donques arrivé sur le bord du peril [min-of-meer letterlik: en daarom aankom op die randjie van die gevaar]
- ...being come now to the swordes point
Waarom was hy so goed met die vertaling? Want hy was self op die slagveld!
Maar! Vrye vertalings is ook gevaarlik! Hulle is vatbaar vir die volgende: anachronismes; uitbreiding; 'n groter omhaal van woorde; versierings; verdubbeling; betekenis-uitbreiding; willekeurige byvoegings van idees; styltruuks; omkering van die sin (inversie); verduideliking van terme; lesse vir lesers; weglatings; die invoering van eie idees; nadere omskrywings en waardeskatting van persoonlikhede; die aan die dag lê van persoonlike smaak; vooroordele en opvattings; die wysiging van godsdienstige opvattinge; eufemistiese wendinge; die naturalisering van die vorm en inhoud van die oorspronklike; die vervanging van die konkrete deur die abstrakte; die verlening van 'n Afrikaanse agtergrond aan die vertaling; die verhoging van die nadruk en vergroting van gegewens; die oordrywing van die toon; versnelling van handelinge deur die sinsritme; die gebruik van meer adjektiewe as die oorspronklike; die opoffering van bondige woordgebruik aan 'n woordespel; die aanpassing van die gees van die oorspronklike by die gees van die (huidige) tydsgees; die gebruik van inheemse idiome in die plek van direkte taal; die vernietiging van die ewewig en ritme van die oorspronklike; die stel van 'n Afrikaanse of moderne beroep in die plek van 'n Franse (byvoorbeeld uit die Middeleeue), ens.
5. Ag, Van der Merwe behandel 'n hele klomp goed wat eintlik retoriese vrae is. Wat is beter: die geheel, of die som van die dele? Wie is belangriker: die toeganklikheid vir die deursnit leser, of die werk self (slegs die ingeligtes sal die vertaling verstaan)? Niks kan presies vertaal word nie vs. alles kan vertaal word. Is vertalings maar plaasvervangers/surrogate soos sigoreikoffie vir die egte, gesogte produk? Is vertalings bloot 'n Rorschachtoets van die vertaler? Waarom bestaan leenwoorde en leenvertalings? Waarom neem sekere tale makliker uit ander oor (soos Engels) as ander (Frans en Afrikaans in die 1950's)? Waarom is daar volkseie woorde wat gemunt word? Waarom word aangevoer Shakespeare in Duits is beter as Shakespeare in Engels self? Kan tale mekaar aanvul? Wat van taalleemtes? Hoe boots mens klankpatrone na? Het die vertaler te make met visuele digters of musikale digters? Kan 'n meesterlike vertaling terugvertaal word na die oorspronklike taal? Omdat taaltydperke verskil - Renaissance, Barok, Klassisisme, Romantiek, Neogotiek, Naturalisme, Realisme, Modernisme, Postmodernisme, ens., hoe moet vertaal word: moet ons "hoog skryf" as ons Barok of idealistiese Sturm-und-Drangwerke vertaal (dus, die werke van woordkunstenaars), of moet ons die spreektaal in Afrikaans gebruik? Hoe vertaal mens gedeelde woorde in Afrikaans en Nederlands, soos "subiet" wat gesonke kultuurgoed is in Nederland, teenoor "direk"; d.w.s. woorde wat eers deur die Adel en hoëlui gebruik is, maar toe deur die minder ontwikkeldes oorgeneem en daarom doelbewus deur die oorspronklike sprekers in Nederland vermy word (waarvan die Afrikaanssprekende salig onbewus is)? En wat van Afrikaans wat slegs die laasgenoemde paar internasionale literêre tydperke beleef het? Hoe gemaak met taalouderdom en dialektiek: Duits, Engels en Nederlands kan 'n woord uit 1300 uit 'n uiters afgeleë dialek gebruik om ou betekenisse weer nuut te klee uit 'n betrokke tydperk en tydsgees. Wat kan Afrikaans hieraan doen - gaan ons outomaties 'n Hollandse woord maar aanhaal? Van der Merwe kla steen en been net soos Suidpunt (die nimlike ekke) oor resensies van vertaalde produkte waar meer op die inhoud en styl as op die vertaling self gefokus word.
6. Van der Merwe bevind uit die 3 000 gevalle van foutiewe taalgebruik wat hy identifiseer het was direkte vertalings uit Engels, en elke keer "geykte uitdrukkings" soos ons in woordeboeke kry. Die rede vir al die -ismes is eenvoudig: die onvermoë om die bronteks te begryp, die onvermoë om die bronteks waarheidsgetrou in die doeltaal oor te sit. Belangrik: WOORDEBOEKE GEE SINVERWANTE WOORDE, MAAR NIE BEGRIPSGELYKES NIE - dit moet leksikograwe ook onthou. Dit wil sê: sinonieme is goed, maar die vertaler moet steeds die KONTEKS en BOODSKAP begryp, voor hy vertaal.
7. Hy raai jongmense aan om liefs nie gedigte te vertaal waarvoor hulle nie opgewasse genoeg is nie. Jy moet eers lewenservaring opdoen en tot sekere insigte kom voordat jy jou hand waag. Sekere gedigte verg emosionele volwassenheid waarvoor jy geen woordeboek kan insluk en oornag aanleer nie. (Eintlik baie wat C.L. Leipoldt geskryf het vir die klomp gedigte wat aan skoolkinders voorgeskryf word, wat hulle nie kan ervaar, begryp en waardeer nie; nie soos 'n kind rymboekies en kinderverse waardeer nie). En vertaal eers jou werk klaar - DAN eers kan jy ander vertalings raadpleeg.
8. 'n Interessante wenk wat hy gee uit 'n vertaalde Franse aanhaling: vir elke vreemdtalige boek wat jy lees omtrent 'n onderwerp, moet jy twee boeke oor dieselfde onderwerp in die doeltaal deurlees. (Gaan nogal broekskeur in Afrikaans as ons wonderlike akademici vernaamlik in Engels publiseer...).
9. Laastens glo hy Afrikaans sal soos Nederlands van die laat-1800's eers begin opbloei as ons goeie literêre vertalings het. Daarvan het ons beslis 'n oorvloed gehad in die 1960's tot 1970's; hoewel niemand dit gelees het nie. (Miskien omdat die vertalings dikwels ongelukkig(!) maar stokkerig was). Ek moet wel sê, die Franse skryfstyl van die 1960's het die litte bietjie losgemaak.
10. Dit irriteer my wel wanneer hy skryf:
- Wat wel van belang is, is om...
Want dit klink Engels: "What is really important, is to..." STOPWOORDE! PLUISWOORDE! ONNODIGE BYSINNE! ONNODIGE KOMMAS! MIELIEPITTE IN 'N SOKKIE! BEL DIE DOKTER!
- Dit is wel belangrik om... Kort en kragtig. Suidpunt (kontak) 18:28, 30 Junie 2017 (UTC)
Lua?
Ek probeer om die regeringshoofde van Frankryk vanaf fr.wiki te vertaal, maar dit bevat 'n tydlyn wat met 'n #tag:timeline ingeroep word. Is dit 'n lua-module? Sien Lys_van_regeringshoofde_van_Frankryk#Frise_chronologique Ek weet niks van daai goeters en sou hulp op prys stel. Jcwf (kontak) 20:53, 3 Julie 2017 (UTC)
- Nee, die tydlyn was gewoon gebreek omdat die Afrikaanse Wikipedia nie die nodige sjablone gehad het om dit af te beeld nie. Ek het dit nou ingevoeg vanaf die Franse Wikipedia. U kan hier meer lees oor hoe #tag gebruik word tussen parser functions. Adriaan Joubert (kontak) 21:05, 3 Julie 2017 (UTC)
- Dankie! Jcwf (kontak) 21:56, 3 Julie 2017 (UTC)
Verzoek om verbetering artikel
Beste Afrikaner Wikipedianen, mijn excuses dat ik in het Nederlands schrijf, ik ben uw taal niet voldoende machtig. Ik hoop dat u dit bericht wel kunt interpreteren. Op het OTRS-systeem (het internationale mailsysteem van Wikimedia) is een e-mail binnengekomen met de vraag een bepaald artikel te verbeteren. Ik kan niet oordelen over het verzoek. Ook kan ik het verzoek vanwege de vertrouwelijkheid van alle OTRS-mail niet openbaar maken. Wil iemand van u hiermee helpen? Wilt u dan een e-mail sturen naar het OTRS systeem, info-nl@wikimedia.org, met in het onderwerp "Ticket#2017030310016128". Dan vraag ik aan de persoon die gemaild heeft of de mail mag worden doorgestuurd aan u, zodat u het verzoek kan beoordelen en eventueel verwerken. Bij voorbaat hartelijk dank en met vriendelijke groet, Hetty Pangel (kontak) 21:51, 3 Julie 2017 (UTC)
- Inmiddels is een reactie binnen. Verder hoeft niemand te reageren, 1 persoon is voldoende, dank u! Met vriendelijke groet, Hetty Pangel (kontak) 22:12, 3 Julie 2017 (UTC)
- Ek het 'n e-pos gestuur en is bereid om te help (indien dit nog nodig is). Groete. Frank (kontak) 06:49, 4 Julie 2017 (UTC)
Weesbladsye
Op 31 Julie 2017 het ons 2640 weesbladsye gehad. Talle daarvan kan maklik 'n skakeltjie kry, soms deur net die soekfunksie (met die vergrootglas) te gebruik. Jcwf (kontak) 17:56, 1 Augustus 2017 (UTC)
Afrikaanse alfabet
Is daar enige rede vir dié volgorde van die rasse in die info-kassies by voorstede, dorpe, stede en lande, buiten dat dit die volgorde in Engels is? Swart, Kleurling, Indiër/Asiër, Blank, Ander. (Black, Coloured, Indian, White) En indien nie, kan ons die volgorde Afrikaans maak? Morne (kontak) 12:57, 3 Augustus 2017 (UTC)
- Sonder om na die wysigingsgeskiedenis te kyk, raai ek dat die huidige volgorde 'n oorblyfsel is van die Engelse volgorde. Ek ondersteun 'n wysiging wat die volgorde alfabeties in Afrikaans maak. K175 (kontak) 13:53, 3 Augustus 2017 (UTC)
- Ondersteun Puvircho (kontak) 10:45, 7 Augustus 2017 (UTC)
- Ondersteun Oesjaar (kontak) 11:03, 7 Augustus 2017 (UTC)
- Ondersteun en reeds Uitgevoer --Aliwal2012 (kontak) 15:06, 30 Augustus 2017 (UTC)
- Ondersteun Oesjaar (kontak) 11:03, 7 Augustus 2017 (UTC)
- Ons kan dit volgens persentasie sorteer, soos die tale. Dis die beste oplossing, dink ek. Groete. SpesBona 18:50, 24 Augustus 2017 (UTC)
Die era van robotte op die Afrikaanse Wikipedia het aangebreek
Hi julle. Ek het uitgewerk hoe om basiese teksvervanging via Gebruiker:KabouterBot uit te voer. Is daar enige take wat julle aan die robot wil gee? K175 (kontak) 10:08, 7 Augustus 2017 (UTC)
- Ek sien so! Goed gedoen! Kan mens die bot gebruik om nuwe artikels te integreer, dus sodra nuwe artikel verskyn, neem sy naam en soek in elke artikel waar die woord die 1ste keer voorkom en verander dié woord na 'n skakel? Groete! Oesjaar (kontak) 11:06, 7 Augustus 2017 (UTC)
- Hi Oesjaar, ek glo so. Maar wat as die woord in die artikel na 'n ander betekenis van die woord verwys? Dit is dalk 'n bietjie van 'n ingewikkelder probleem as wat ek tans kan programmeer, maar dit is in prinsiep moontlik. Die robot sal na die konteks waarin die woord gebruik word, moet kyk. K175 (kontak) 11:24, 7 Augustus 2017 (UTC)
- My voorstelle (as ek nou reg dink...):
- vir dit > daarvoor
- met dit > daarmee
- op dit > daarop
- van dit > daarvan
- deur dit > daardeur
- binne dit > daarbinne
- aan dit > daaraan
- agter dit > daaragter
- benewens dit > daarbenewens
- by dit > daarby
- na dit > daarna
- oor dit > daaroor (wees maar versigtig vir dié een)
- teen dit > daarteen
- uit dit > daaruit
As dit kan: probeer 'n sin wat met "Om dit te..." begin te ignoreer - juis daarom het ek "om dit > daarom" nie gelys nie.
Hierdie ou taalgoggatjies wil ek graag met plaagbestryding ombring; kan dit moontlik gebeur? Suidpunt (kontak) 11:13, 7 Augustus 2017 (UTC)
- Hi Suidpunt, ek dink hierdie behoort maklik te wees en ons kan dit dus prioritiseer. K175 (kontak) 11:24, 7 Augustus 2017 (UTC)
.."Die gedagte agter dit alles," het ds. De Klerk later geskryf, "was evangelisasie... ->"Die gedagte daaragter alles," het ds. De Klerk later geskryf, "was evangelisasie. ?
- Trouens kan 'n bot ook 'n huis bou? Ek is robotoskepties. Ek het bots baie skade sien doen.
Jcwf (kontak) 11:59, 7 Augustus 2017 (UTC)
Hallo daar! Ek is op soek ná 'n robot wat twee dinge kan doen:
- Maak al die gemors by Lêername reg, sien Wikipedia:Geselshoekie/Argief2017/2#Lêername. Dis nie nodig dat in ons artikels sondertekens en "_" by Lêername is nie. Dit moet soos skakels ná artikels behandel word: suiwer! Veral by voorbladartikels is dit nie aanvaarbaar nie, sien Wikipedia:Riglyne vir voorbladartikels: "(d) Netjies leesbare wikisintaks (bv. goeie spasiëring)."
- Bestry vandalisme teen die Afrikaanse Wikipedia op Wikidata. Anonieme gebruikers kan op Wikidata taalskakels sonder probleme of rede verwyder en ons by die Afrikaanse Wikipedia sien daarvan niks! Dis veral die tag "new editor removing a sitelink", sien bv. hier.
Kan jy robot dalk help? Groete. -- SpesBona 12:02, 7 Augustus 2017 (UTC)
- En ja,hoor, die robotgemors het reeds begin. Nee, Edvard Grieg is nie 147 jaar oud nie. Hy is dood. Hoeveel verslegterings het jou bot nog meer aangerig K175? Is daar 'n noodstop-knoppie? Want dit behoort daar te wees. Jcwf (kontak) 12:37, 7 Augustus 2017 (UTC)
- Gee Gebruiker:K175 'n kans asb! Dit is net mense wat niks doen wat nie foute maak nie! Groete! Oesjaar (kontak) 12:46, 7 Augustus 2017 (UTC)
- Dankie vir al die terugvoer en terugrolle (@Gebruiker:SpesBona). Die robot loop tans semi-outomaties, wat beteken dat ek oorsig lewer terwyl dit loop. Die huidige taak is nou voltooi: geboortedatums in inligtingskasse van musici is nou vervang met {{GDEO}} sodat die ouderdom agteraan gewys word. Daar is nou geen meer geboortedatums in hierdie bladsye wat nie 'n ouderdom wys nie. 'n Paar probleme het tydens uitvoer van die taak opgeduik: dooie mense se ouderdomme is bereken en 'n paar bladsye wat nie verband hou met musici nie is gewysig. Hierdie foutiewelike wysigings is volgens my kennis almal teruggerol. Die robot gaan nie nou weer hardloop totdat ek dit weer 'n taak gee nie. Ek gaan volgende kyk na Suidpunt se voorstel, maar eers later wanneer ek weer tyd het. En dan kan ons dit ook maar stadig vat. Groete. K175 (kontak) 12:53, 7 Augustus 2017 (UTC)
- Ek is die Duitser wat alles kritiseer, dis my werk... Groete. -- SpesBona 12:55, 7 Augustus 2017 (UTC)
- Gee Gebruiker:K175 'n kans asb! Dit is net mense wat niks doen wat nie foute maak nie! Groete! Oesjaar (kontak) 12:46, 7 Augustus 2017 (UTC)
- En ja,hoor, die robotgemors het reeds begin. Nee, Edvard Grieg is nie 147 jaar oud nie. Hy is dood. Hoeveel verslegterings het jou bot nog meer aangerig K175? Is daar 'n noodstop-knoppie? Want dit behoort daar te wees. Jcwf (kontak) 12:37, 7 Augustus 2017 (UTC)
Ons moet die Engelse spreekwoord "To err is human, but to make a real foul-up takes a computer" onthou. Martinvl (kontak) 11:07, 8 Augustus 2017 (UTC)
- Hallo Gebruiker:K175, en dankie vir die moeite om dinge te verbeter. Ek wil ook maar net my opinie gou noem: bly asb. weg van volledig geoutomatiseerde wysigings. Eenvoudige soek en vervang van "verkeerde" met "regte" teks sal amper altyd êrens 'n fout maak. Sorg asb. dat elke wysiging nagegaan word totdat daar báie groot sekerheid is dat die robot nie droogmaak nie. 'n Robot wat 99% van die tyd nié droogmaak nie se 1% kan foute vinniger maak as wat enige individu maklik kan regmaak, juis omdat al die 99% ook nagegaan moet word om te weet waar die foute is. Daar is bv. dinge wat aanhalings is uit ander tale, liedjies se name, plekname, eiename, en selfs dinge wat as foute bedoel is wat nie gewysig moet word nie. 'n "Eenvoudige" geval soos "op dit" -> "daarop" sal seker veel meer as 1/100 keer 'n verkeerde wysiging wees. Bv. "Hy was trots op dit wat hy vermag het.", "Konsentreer op dit wat saak maak.", en as mens nog agterlosig is, selfs dinge soos "Ek hoop dit sal werk." Robotte kan ons geweldig help, maar kan ook skade doen. Gebruik goeie oordeel, maar begin gerus stadig en wag vir terugvoer voordat honderde veranderinge ongedaan gemaak moet word. 'n Fyner punt is dat ek baie keer 'n soektog vir swak taal gebruik om artikels te kry om geheel te hersien, wat veel beter is as om slegs een klein saak te verbeter. En bly tog weg van enigiets wat net dalk 'n saak van smaak/opinie is. Ek hoop dit help! --Alias (kontak) 17:48, 12 Augustus 2017 (UTC)
- Alias, dankie vir jou inset. Dit lyk my die robot sal nuttiger wees by die wysiging van bronteks wat nie sigbaar is aan lesers nie (bv. sjablone en kategorieë in die bronteks). Ek stem saam dat taalkundige wysigings tans maar alleen met oorsig gedoen moet word (dus nie veel anders as wysiging met Autowikibrowser nie). Ek glo wel dat ons eventueel taalnuanse met robotte kan wysig, bv. daar is moontlik 'n reël wat "op dit wat" betref, en "ek hoop dit sal werk" kan natuurlik met 'n regular expression hanteer word, maar grootskaalse taalkundige robotwysiging is ideologies en sal nie binnekort moontlik wees nie. K175 (kontak) 18:54, 12 Augustus 2017 (UTC)
Roboteers forum
Ek stel self baie graag belang om 'n bot te programeer. Is daar tans 'n Afrikaanse speltoetser bot? Wat net basiese spelfoute reg maak? --MickeyDangerez (kontak) 20:37, 29 Augustus 2017 (UTC)
- Hiermee stig ek die amptelike Roboteers forum.--MickeyDangerez (kontak) 21:04, 30 Augustus 2017 (UTC)
- Ons al vantevore oor robotte gepraat. Kom ons hou maar by die bestaande bladsye en vee joune uit. --Alias (kontak) 19:21, 31 Augustus 2017 (UTC)
{{Sterfdatum en ouderdom}} vervang met {{SDEO}}
Hi julle, mag ek maar alle gevalle van {{Sterfdatum en ouderdom}} met {{SDEO}} vervang (vir leesbaarheid van bronteks)? K175 (kontak) 16:29, 7 Augustus 2017 (UTC)
- Hallo daar! Nee, dis nou onnodige werk. Ek hou nie daarvan indien 'n direkte skakel in 'n aanstuur verander word nie, dit geld ook vir [[Suid-Afrikaanse]] ipv. [[Suid-Afrika]]anse. Nie almal weet wat SDEO beteken nie, dus verbeter dit nie die leesbaarheid van die bronteks nie. Groete. -- SpesBona 21:40, 7 Augustus 2017 (UTC)
Organiese chemie
Die artikel Organiese chemie was sedert 2004 niks anders as 'n (taamlik groot en lukraak) versameling rooi skakels nie. Nouliks teks, geen prentjies of verwysings. Tog het dit 5-6 treffers per dag gekry en in die skooltyd (Mei) soms 15-17 per dag... maar die arm kinders het verniet gekom.. Organies is nie my gunsteling-chemie nie, maar ek het geprobeer om hiervan 'n waardevolle storie te maak. Alle skakels is nou blou, maar ek moet beken dat dit dikwels nie meer as blou saadjies is nie. Jcwf (kontak) 03:47, 8 Augustus 2017 (UTC)
- Dankie en goed gedoen! Elke bietjie help! Groete! Oesjaar (kontak) 05:38, 8 Augustus 2017 (UTC)
- Dankie Jaap! Dit verg moed om so 'n artikel te verbeter...--Aliwal2012 (kontak) 08:00, 8 Augustus 2017 (UTC)
Orania-artikel verder vertaal
Goeiedag, die afgelope 10 dae het ek die (hele) Engelse artikel van Orania na Afrikaans vertaal, omdat die Afrikaanse weergawe baie foute bevat. Die vertaling staan op Gebruiker:I90Christian/Werkblad. Die teks het nog 17 rooi skakels, maar hulle gaan nog blou word. Aangesien dit 'n vertaling vanuit Engels is, kan daar plek-plek foute ingesluip het. Kan iemand miskien help om foute uit die teks te haal? Dit sou fantasties wees as julle kon help! I90Christian (kontak) 21:15, 9 Augustus 2017 (UTC)
- Nota: Die nuutste weergawe is by Orania beskikbaar, nadat 5 bydraers dit beet gehad het!
Nog 'n vraag van dieselfde tipe: ek het Special:ContentTranslation gebruik om katjie te skep, en ek weet nie presies hoe ek krediet vir die Engelse artikel moet gee nie. --Slashme (kontak) 18:06, 15 Augustus 2017 (UTC)
- Wat ek doen is onder 'n opskrif "Verwysings" die sjabloon:Wikivertaling gebruik. (Sien:Groot Ljachof-eiland wat ek gister vertaal het) Ek gaan terug na die oorspronklike storie en kliek "permanent link" om die "oldid" te kopieer. Maar ander mense het ander metodes hier. Jcwf (kontak) 18:31, 15 Augustus 2017 (UTC)
- Baie dankie vir almal (en in die besonder vir Aliwal2012, JMK, WinstonZA en K175) wat die afgelope dae bygedra het en die artikel verder verbeter het! I90Christian (kontak) 12:19, 20 Augustus 2017 (UTC)
Wat maak mens met geweldige lang boekname?
Salve / Hallo / Goed dankie. / Skink maar koffie.
Ek praat nou nie oor Die storie van die molletjie wat wou weet wie op sy kop gedinges het nie. Ook nie Soll die plattdeutsche Sprache gepflegt oder ausgerottet werden - Gegen Ersteres und für Letzteres nie. Ek bedoel nou hierdie laaaang titels, soos Antidotarium gandavense nobilissimi amplissimique Senatus Iussu, denuo correctius editum.
Of Meditationes de prima philosophia in quibus Dei existentia et animae humanae a corpore distinctio, demonstrantur. Deur René Descartes, terloops.
Of Johann Schreyer (Chirurgi) se [haal lekker diep asem, ruik die see en skulpies]:
Neue Ost-Indianische Reisz-Beschreibung von Anno 1669 bis 1677, handelnde von unterscheidenen Afrikanischen und Barbarischen Völkern sonderlich derer an dem Vor-Gebuerge Caput bonae spei sich enthaltenden so genanten Hottentoten. Lebens-art/Kleidung/Haushaltung/Ehestand/Rinder-Zucht/Aber-Glauben/Leibes-Ubung/Kriegs-Ruestung/Tanzen/Handel und Gewerbe/Wohnungen/Tod und Begraebnis/u.d.g. Und dann von unterscheidenen umbliegenden Provinzen und ihrer Situation, Fruchtbarkeit und Nahrung / Alles mit sonderbaren Fleiß auf eigener Erfahrung von dem Auctore zusammen getragen, und zum Druck befordert.
O, boonop op dieselfde blad, as jy dit nog sou mislees: Gedruk in Leipzig deur Verlegts Johann Christian Wohlfart in Anno 1681.
Maar net gewonder... Suidpunt (kontak) 20:43, 17 Augustus 2017 (UTC)
Dagga
Ek het Aliwal se blokkering opgehef. Blokkerings is nie bedoel om jou politieke oortuiging aan die leser op te dring nie. Dit is misbruik Aliwal. Hierdie gebruiker het niks gevandaliseer of wat ook, net 'n storie geskryf waar jy nie mee saamstem nie. Jcwf (kontak) 21:53, 19 Augustus 2017 (UTC)
- Vandalisme gepleeg deur Aliwal2012 deur die beskrywing van die hooffoto op Daggafarian te verander vanaf "Daggafarians sorteer dagga" na "Daggaverspreiders sorteer dagga" wanneer die inhoud van die skryf stuk nie oor die handelsdryf van dagga gaan nie maar die gebruikers kultuur. Informasie wat op dagga geplaas word, wat verwyder was het geen verwysing om hul akkuraatheid te ondersteun nie. MickeyDangerez (kontak) 00:53, 20 Augustus 2017 (UTC)
- "Daggaverspreiders sorteer dagga" is 'n beter byskrif. Maar al die fotos word na my mening foutiewelik aangewend by die artikel, want daggafariër / cannafariër / hennepfariër is 'n verbeeldingsvlug, en dis die rede hoekom dit nie met ander wikis geskakel is nie. 'n Artikel vir spoedige verwydering, en wikipediane se pedantiese hantering hiervan rek die saga onnodig uit. JMK (kontak) 17:21, 26 Augustus 2017 (UTC)
- 'n beter byskrif vir? Daggaverpreiders is nie neutraal nie want dit word impliseer dat hulle handeldryf. Beskrywing op die foto sê net Ganja, het jy dalk gaan kyk voor jy die aantuiging maak dat hul dit versprei? Hul sit iewers in 'n bar. In die publiek. Die woord word hier in die konteks gebruik met die inhoud en is meer neutraal as verspreiders want daar word vermoed dat hul verspreiders is maar hul daggafarianisme kan nie betwyfel word nie. Dat dit nie geskakel is met ander wikies is nie, is ook nie 'n geldige rede vir verwydering nie, daar is baie gevalle waar sekere artikels nog nie op ander wikies verskyn nie en:Beatnik is 'n goeie voorbeeld. Dit verskyn nie op die af:wikipedia nie.--MickeyDangerez (kontak) 18:33, 26 Augustus 2017 (UTC)
- "Daggaverspreiders sorteer dagga" is 'n beter byskrif. Maar al die fotos word na my mening foutiewelik aangewend by die artikel, want daggafariër / cannafariër / hennepfariër is 'n verbeeldingsvlug, en dis die rede hoekom dit nie met ander wikis geskakel is nie. 'n Artikel vir spoedige verwydering, en wikipediane se pedantiese hantering hiervan rek die saga onnodig uit. JMK (kontak) 17:21, 26 Augustus 2017 (UTC)
Facebook (as eksterne bron)
- As 'n eksterne bron:
Oor die algemeen NEE. Gewone webtuistes word verkies, maar uitsondering word gemaak vir amptelike skakels waar die onderwerp van die inhoud geen ander verwysing het nie.
- As 'n betroubare bron:
- Soms. Die amptelike blad van die inhoud mag gebruik word mits dit die primêre bron is en self-gepubliseerd is, maar ook net as dit in belang van die inhoud geverifieer kan word. (Sien Wikipedia:Verifieerbaarheid.)
- Algemene probleme: Wikipedia is nie 'n versameling van al die skakels wat die onderwerp op die internet bevat nie, en skakels na sosiale netwerke word ontmoedig waar dit nie amptelike skakels is nie. (ELNO #10). Facebook word veral ontmoedig waar dit die gebruiker vra om aan te meld voor die inhoud beskikbaar gestel word. (ELNO #6). Facebook en Myspace bladsye (behalwe amptelike skakels) kan as aanhanger bladsye wees (ELNO #11). Wees versigtig vir valse blaaie wat as amptelike skakels aangedui word.
Soos vertaal vanaf die Engelse bron --MickeyDangerez (kontak) 20:00, 25 Augustus 2017 (UTC)
Kan Facebook gebruik word as 'n verwysing? Groete! Oesjaar (kontak) 19:53, 22 Augustus 2017 (UTC)
- Wel, as die hoofstroommedia selfs "Tweets" gebruik om my dag op te vrolik, dan kan dit seker maar. Ek het in die verlede onder andere na die Taalkommissie se Vrae en Antwoorde verwys by Taalkundige geslag, aangesien hulle nie so 'n fensie (ja, dit is in die AWS opgeneem as "Omgangsafrikaans") blad het soos http://taalunieversum.org nie. Ek sal vandag eerder by Archive.org en ander hole gaan rondkrap. Maar as jy na hulle wil verwys, stel ek voor jy gaan na Virtuele Instituut vir Afrikaans. Dit is seker net uit tradisie dat ek iets op papier nog heilig vind. Suidpunt (kontak) 20:36, 22 Augustus 2017 (UTC)
- Wikipedia, Twitter en Facebook is geen betroubare en dus ook geen geldige bronne vir verwysings nie. Sosiale media word wél gebruik om aktuele nuusgebeure te dek, en selfs BBC-joernaliste word aangeraai om hulle dop te hou, maar hul spesifieke inhoud - aktuele nuusgebeure en privaat geselsies - hoort nie outomaties in 'n ensiklopedie nie. Bydraers moet hulle liefs beperk tot die gesaghebbende vakliteratuur van 'n bepaalde gebied. Voyageur (kontak) 21:15, 22 Augustus 2017 (UTC)
- En selfs dan sal ek nog versigtig wees!
- Ek kom gister heel toevallig op die volgende artikel af uit Akroterion (1987). Dit handel nou of Latyn ander vakke se prestasie bevorder of nie. Ek dink jy kan dit sommer self lees:
- Wikipedia, Twitter en Facebook is geen betroubare en dus ook geen geldige bronne vir verwysings nie. Sosiale media word wél gebruik om aktuele nuusgebeure te dek, en selfs BBC-joernaliste word aangeraai om hulle dop te hou, maar hul spesifieke inhoud - aktuele nuusgebeure en privaat geselsies - hoort nie outomaties in 'n ensiklopedie nie. Bydraers moet hulle liefs beperk tot die gesaghebbende vakliteratuur van 'n bepaalde gebied. Voyageur (kontak) 21:15, 22 Augustus 2017 (UTC)
- Dis darem nou jammer, sou C.J. Langenhoven gesê het. "Latyn het my leer bondig skryf en logies dink!" sê hy in sy outobiografie (Suidpunt: kug-kug, Langenhoven se styl lyk juis nie lapidêr nie!). Ewe jammer die artikel vergeet inligting uit Akroterion Jaargang 31, Uitgawe 1:
- Al wat die statistiek eintlik vir my sê:
- 1) Die meerderheid Afrikaanssprekendes het Duits geneem en 'n toffie vir Latyn gewys. [En hoekom nie?]
- 2) Die deursnit Latynleerling was dus blanke Engelssprekende seuns (die artikel sê elders slegs 3 swart skole het Latyn aangebied).
- 3) Ek dink kontak met ander Afrikaanse leerlinge en leesboeke het 'n véél groter invloed op Engelse leerlinge. Afrikaans is nie soos Latyn wat jy sommer uit boeke kan leer nie.
- 4) Daar word ook nie geskryf oor die gehalte van Afrikaanse tweedetaalklasse nie.
- 5) Leerlinge van Latyn word gewoonlik as "slim mense" beskou. Dat hierdie "room van die oes" beter sou vaar in ander skoolvakke word immers verwag. Selfs al neem Latyn seker heelwat tyd in beslag as die veel onreëlmatiger Duits?
- Dat die Latynse taal dus nie die prestasie in die Afrikaans bevorder het nie, verbaas my glad nie. Ek sou jou eweveel kon aanraai om Goties te leer om Afrikaans beter te skryf. Dit sal nie werk nie. Suidpunt (kontak) 21:41, 22 Augustus 2017 (UTC)
- Valse doelstelling. Latyn moet as taal in eie reg aangeleer word. Etrurië, Rome en Griekeland was die bakermat van Europa. As 'n mens in argitektuur studeer, sal hy in aanraking moet kom met die eerste doelgerigte stedelike boukuns - die Romeinse een. Regte, retoriek, godsdiens, ens. - alles baseer op 'n Romeinse fondament. Dit is myns insiens rede genoeg om kennis van Latyn en/of Grieks verpligtend te maak vir enige Europese lady / gentleman. Wat haar/hom dan verder gerus besig kan hou met die geskiedenis van die Britse beskawing, Britse Ryk en Engelse taal, argitektuur ens. ;) Voyageur (kontak) 22:03, 22 Augustus 2017 (UTC)
Facebook as verwysing
Ek het dit eenkeer gaan opsoek op die Engelse Wikipedia en daar is gesê dit kan indien nodig as 'n verwysing gebruik word, soos om die getal likes of vriende te staaf, maar dit mag nie as 'n eksterne bron gebruik word nie. Winston (kontak) 15:39, 23 Augustus 2017 (UTC)
- Winston eerste wil net se ek waardeer wat jy vir my gedoen het met die hulp met die spelfout van "daggafarian" verder wil ek net bylas dat enige feite wat gestel word wat na reëls verwys moet gestaaf word met 'n verwysing. Anders is dit net 'n voorstel en moet dus bespreek word.--MickeyDangerez (kontak) 18:39, 23 Augustus 2017 (UTC)
- Het self al 'n verwysing na 'n fb-blad ingesluit vir detail rakende 'n sekere bewaringsgebied. Maar as 'n hele konsep (wat hier 'n artikelopskrif sou wees) op 'n fb-blad gebaseer is, is dit m.i. nie meldingswaardig nie. Iets meldingswaardig sou al elders gerapporteer of bespreek gewees het. Wikipedia kan nie gebruik word om 'n konsep meldingswaardig te maak as dit nie reeds is nie. "daggafarian" lewer 222 google-trefslae op (veral deur wikip. en wikip. gebruikers), "daggaroker" 920 trefslae, "dagga smoker" 127000, "daggazol" 875, "dagga zol" 20600, "daggapyp" 3610, "dagga pipe" 59500, "cannabis smoker" 528000, ... Wikipedia bestaan nie om 'n onbekende konsep, wat ook nie skakel met ander wikis geloofwaardig te maak nie. Selfs "daggazol", wat meer bekend is en wel bestaan, sou ingesluit moet word onder "daggakultuur". JMK (kontak) 15:09, 26 Augustus 2017 (UTC)
Waar Facebook 'n geldige verwysing mag wees (voorstel):
- wanneer dit verwys na kuns en kultuur (daar is self kuns en kultuur wat hul onstaan op Facebook maak, selfde met YouTube dink DIY Suzelle of vele ander moontlike redes te doen met kuns, kultuur en bewegings wat onstaan op Facebook, die Dagga Unie van Suid-Afrika het selfs hul onstaan as 'n Facebook groep gemaak).
- Wanneer dit moontlik gedenkwaardig mag wees, het die nuus gehaal ens.
- Wanneer dit nie na self-navorsing verwys nie.
- Wanneer dit nie ernstige reëls oortree nie tenopsigte van kopiereg, Suid-Afrikaanse wetgewing soos POPI ens.
Daar is nog baie geldige redes wat ek kan voorstel wat sin maak, maar ek is nou nogal baie honger so gee 'n paar voorstelle waar dit mag en nie mag gebruik word nie. As jy eensydig is dan is jy nie neutraal nie. Elkeen moet tenminste een mag en een mag nie byvoeg tot daar nie meer moontlike voorstelle mag wees nie, lekker aand.--MickeyDangerez (kontak) 18:39, 23 Augustus 2017 (UTC)
- en:Wikipedia:External_links/Perennial_websites#Facebook.2C_Myspace Winston (kontak) 11:32, 24 Augustus 2017 (UTC)
- Dankie Winston! Sien wel gevalle waar dit mag bebruik word.
Woordfrekwensie
Ek het nou net die aantal woorde op die Afrikaanse Wikipedia getel. Die top 25 woorde word hieronder aangedui. Ek is egter meer geïnteresseerd in die woorde wat slegs een keer voorkom, omdat hulle waarskynlik spelfoute is.
Terloops, Sjina kom 1224 keer voor, terwyl China slegs 692 keer gebruik word.
Groete. Frank (kontak) 20:51, 25 Augustus 2017 (UTC)
En ek wens ek kan 'n lys van rooi skakels kry wat net een keer voorkom! Ek vermoed baie van hulle is skakels wat verkeerd gespel is! Groete! Oesjaar (kontak) 13:32, 30 Augustus 2017 (UTC)
Cite Magazine werk nie
Hallo almal,
Ek vertaal op die oomblik artikels uit Engels om 100 Wikidays te voltooi. Die outomatiese vertaling werk oor die algemeen verbased goed vir versysings, maar ek kry 'n fout by Rosalyn Scott - Sjabloon:Cite magazine is duidelik foutief. Weet iemand hier dalk hoe 'n mens hom kan regruk? --Slashme (kontak) 16:35, 26 Augustus 2017 (UTC)
- Nou beter? Groete. Frank (kontak) 20:03, 26 Augustus 2017 (UTC)
- Briljant, dankie!! --Slashme (kontak) 14:42, 27 Augustus 2017 (UTC)
Probleem met argiefskakel
Hallo almal,
Ek het probeer om 'n argiefskakel by te voeg by 'n verwysing in Kyalami Kasteel:
<ref>{{en}} {{cite news | last =Shah | first =Neel | title =Scientology Sets Sights on African Expansion | work =Radar Online | publisher =Radar (tydskrif) | date =25 Maart 2008 | url =http://www.radaronline.com/exclusives/2008/03/scientology-sets-sights-on-african-expansion.php | accessdate = 2008-04-08 |archiveurl=https://web.archive.org/web/20080328015410/http://www.radaronline.com/exclusives/2008/03/scientology-sets-sights-on-african-expansion.php |archivedate=2008-03-28}}</ref>
maar dit lyk nie asof dit werk nie. Wat doen ek verkeerd? --Slashme (kontak) 08:23, 28 Augustus 2017 (UTC)
- Probleem opgelos. Groete. Frank (kontak) 05:29, 30 Augustus 2017 (UTC)
- Jy's 'n genie! --Slashme (kontak) 21:15, 1 September 2017 (UTC)
Afrikaanse name vir endemiese plantjies (opnuut)
Ek het sommer opnuut 'n endemiese plantjie bygevoeg Adromischus leucophyllus en het daarby natuurlik teen die ou probleem aangeloop: waar vind ek die Afrikaanse naam... Sou dit nuttig wees om 'n sjabloontjie en 'n kategorie te skep vir hierdie goeters? Afrikaanse naam gewens of so? Jcwf (kontak) 19:16, 7 Julie 2017 (UTC)
- Daar is blykbaar geen Afrikaanse naam vir die spesie nie. Nie op die net of in "Common names of South African Plants" deur CA Smith nie. Dit seker omdat dit 'n kremnofiet of kransplantjie is. Die kategorie wat jy geskep het is 'n goeie idee. Plante van hierdie genus word dikwels "plakkies" genoem (soos ook ander genera). Iets soos "witblaarplakkie", n.a.v. die wetenskaplike naam, sal nie ver uit wees nie, maar daar is geen presendent daarvoor nie. Daar is wel al baie volksname vir biota op commons se kategoriebladsye, maar dit bly 'n oneindige taak. JMK (kontak) 15:29, 14 Julie 2017 (UTC)
- Dankie JMK. Die Suid-Afrikaanse flora is 'n wonderlike ding.. Veral as jy bedink dat Nederland nie een endemiese plantjie het nie... Ek dink ek gaan die "witblaarplakkie" sommer skep en op Oesjaar se lysie sit. Jcwf (kontak) 15:57, 14 Julie 2017 (UTC)
Wat doen ons met hierdie outomatiese gebruiker? Hy skep nuwe kategorieë sonder inhoud, taalskakels en kategorisering. Ek glo, ons het dit nie nodig nie. Kategorieë wat ons kort, het ons nog immers self geskep. Die ou is vir sy werk op die Duitse en Engelse taalweergawes geblokkeer. Wat dink julle? Groete. -- SpesBona 20:45, 9 Julie 2017 (UTC)
- Blok! Jcwf (kontak) 20:51, 9 Julie 2017 (UTC)
- Blokkeer! Groete! Oesjaar (kontak) 05:58, 11 Julie 2017 (UTC)
- Ondersteun Puvircho (kontak) 08:28, 11 Julie 2017 (UTC)
- Uitgevoer – Groete. -- SpesBona 14:15, 12 Julie 2017 (UTC)
Accessible editing buttons
You can see and use the old and new versions now. Most editors will only notice that some buttons are slightly larger and have different colors.
-
Buttons before the change
-
Buttons after the change
However, this change also affects some user scripts and gadgets. Unfortunately, some of them may not work well in the new system. If you maintain any user scripts or gadgets that are used for editing, please see mw:Contributors/Projects/Accessible editing buttons for information on how to test and fix your scripts. Outdated scripts can be tested and fixed now.
This change will probably reach this wiki on Tuesday, 18 July 2017. Please leave a note at mw:Talk:Contributors/Projects/Accessible editing buttons if you need help.Herbenoeming van naamruimte
Is hier iemand met regte om die naamruimte Module talk na Modulebespreking te verander? K175 (kontak) 22:21, 12 Julie 2017 (UTC)
Nog 'n wetenskaplike artikel oor die Afrikaanse Wikipedia.
Ek het uiteindelik op Prof. Pretorius se vaktydskrifartikel afgekom: http://www.scielo.org.za/pdf/tvg/v56n2-1/07.pdf . Geniet! Gegewe die vaktydskrifartikel omtrent die Virtuele Instituut vir Afrikaans, waarin seker 5 tot 10 bladsye aan die Afrikaanse Wikipedia afgestaan word, gaan ek binnekort 'n "akademiese belangstelling" hofie maak by Afrikaanse Wikipedia. Daardie klomp besoekerstatistiek kan in elk geval maar waai. Dis verouderd. Suidpunt (kontak) 11:13, 14 Julie 2017 (UTC)
- Jongman, dankie vir die! Blikskottels maar die Tannie kan skryf! Ek moes nou diep gaan grou het in my Wes-Rand Afrikaans! Ek dink haar boodskap is hard en duidelik: ons moet meer admins en dinge kry, ons honey buns roer en tik dat dit klap. Hoe kry ons meer admins ens? Bemarking oor radio, TV, koerante, tydskrifte ens. Sonder geld? Niemand het gesê dit gaan maklik wees nie! Sy meld 39,000 iets artikels, ons trek amper by 46,000, ten minste 'n bietjie goeie nuus! Groete! Oesjaar (kontak) 12:17, 14 Julie 2017 (UTC)
- Interessant! Vra my net, watter lesers dit sal hê? Jcwf (kontak) 13:43, 14 Julie 2017 (UTC)
- Stadig Oesjaar! Vaktydskrifartikels is daar om leemtes te soek!
- Jongman, dankie vir die! Blikskottels maar die Tannie kan skryf! Ek moes nou diep gaan grou het in my Wes-Rand Afrikaans! Ek dink haar boodskap is hard en duidelik: ons moet meer admins en dinge kry, ons honey buns roer en tik dat dit klap. Hoe kry ons meer admins ens? Bemarking oor radio, TV, koerante, tydskrifte ens. Sonder geld? Niemand het gesê dit gaan maklik wees nie! Sy meld 39,000 iets artikels, ons trek amper by 46,000, ten minste 'n bietjie goeie nuus! Groete! Oesjaar (kontak) 12:17, 14 Julie 2017 (UTC)
- Om die waarheid te sê handel die eerste 18 bladsye net hoe alle inligting in mekaar steek. Hoe meer inligting per blad, hoe meer word die inligting na ander webwerwe toe versprei, soos DBpedia, ens. om die Google Resultate almal te herlei na O.N.S. Sy het wel persoonlik in die jaar 2013 vir Andras Kornai gevra hoe lewenskragtig Afrikaans is. Ons is 3/4 bepunt, of tweedeklas, naamlik:
- Ek dink dis vrek moeilik om hierdie saak te bepunt. Sal Yslands nou op "Erfenis" geplaas word of "Lewenskragtig"? 300K-bevolking is maar klein hoor. Faroëes op 50K eweneens (hoewel daardie mense nog altyd 'n klein eilandvolkie was). En na aanleiding van 'n moontlike infrastruktuurineenstorting, moet die Alice in Wonderland-vraag eerder gestel word: sal die digitale ruimte daartoe in staat wees om Afrikaans te oorleef?
- In elk geval, Madame Pretorius beskou die Afrikaanse Wikipedia moontlik as die Derde Afrikaanse Taalbeweging (vir diegene wat die artikel wil skryf); of, 'n Derde Taalbeweging is daarvoor nodig.
- Ek gee haar twee bonuspunte omdat sy twee van Jaap Steyn se boeke aangehaal het (+2). Ek gee haar nog 'n bonuspunt omdat sy die akademici met die sweep bygekom het weens hul traagheid om by te dra (+1). Ek moet egter ook twee punte aftrek, want "in sigself" (in itself) moet "op sigself" wees (-1) en as gevolg van die volgende leemtes (-1):
- Daar word nêrens na die Voyageurs en die Jcwf's en Spesbonas verwys nie.
- Die artikel dink steeds te veel uit 'n Anglosentriese Welt. (En nou doen 'n gulde geleentheid hom voor om die hele Afrikanerdom te bestraf oor elke ensiklopedie in die verlede wat uit Amerikaans en Brits vertaal is, soos Die Afrikaanse Kernensiklopedie van die 1960's...)
- Madame raak vreeslik opgewonde oor getalle: sy soek meer artikels. Gaaf: dan span ons net vir Boten Anna in, met goor gehalte. Of, nee wag, ek kan nog wavragte Deense stranddorpie-artikels skryf wat vir die Afrikaanse leser nutteloos is. Getalle is mos belangrik. (Boten Anna het 'n simpel melodie, ek hou meer van LaFee (die rocklegende van weleer) se "Ring Frei", wat vernaamlik nog deur 7- tot 10-jarige Duitsertjies geluister word. Et moi.)
- Madame is na my mening te vertaalgeoriënteerd. Dit is seker die maklikste oplossing - veral artikels soos de:Hugenotten_in_Berlin waar jy die inligting seker in géén Afrikaanse vaktydskrif sal vind nie - maar daar is niks fout met 'n klein bietjie oorspronklikheid nie. Suidpunt (kontak) 17:13, 14 Julie 2017 (UTC)
- Maak nie saak nie
- Ag, dis nie uniek vir Afrikaans nie.. (Ongelukkiglik). Maar dit is een rede waarom ek uit nl, de, fr en soms ru vertaal.
- Wikipedia is multidimensionaal en baie mense het 'n probleem daarme en will alles tot een dimensie terugbring.
- Vertaal is pragtig, maar jy kan daar ook oorspronklikheid byvoeg. Mense dink vaak dat as jy vertaal dat die skoolmeester jou bestraf indien jy dit nie letterlik doen nie. Op wiki is dit dikwels beter indien jy dit verhoed en daar jou eie weergawe van maak. Maar hoe kan ons mense dit laat besef? Ons veg teen die edukasiesisteem.
Hierdie sjablone se bronkode is onlangs verander en nou verskyn by duisende bladsye kategorieë soos Kategorie:Bladsye met skripfoute (in totaal 5 550 kategorieë en 3 291 artikels) en Kategorie:Commons category with local link different than on Wikidata (in totaal 5 550 kategorieë en 3 262 artikels). Is daar nou 'n fout by al die bladsye? Ek verstaan nie die voordeel van die veranderinge nie. Hierdie sjablone het goed gewerk. Self die naam van die artikel of kategorie is outomaties agter die naam van Commons geplaas. Nou verskyn immers die Engelse naam van die bladsy van Commons, tensy die Afrikaanse naam ook bygevoeg is. Let op die verskil by Berlyn en Potsdam, albei gebruik dieselfde sjabloon. Is dit weens Berlyn se Afrikaanse naam ipv. Berlin? Is dit nou 'n nadeel dat Berlyn 'n Afrikaanse naam het? By Potsdam verskyn nie hierdie nuwe kategorieë nie. Dis nou verwarrend en ek glo sulke veranderinge wat duisende bladsye betref moet eers met die ander gebruikers bespreek word! Groete. -- SpesBona 09:15, 15 Julie 2017 (UTC)
- Kategorie:Commons category with local link different than on Wikidata moet versteek word. Ek moet net daarby uitkom. Die taal wat gebruik word wanneer die skakel na Commons gevolg word, is ook iets wat gestel kan word. Dit is indien ek reg onthou by die vorige weergawe van die sjabloon geïmplementeer en die bronkode moet net oorgedra word na die nuwe weergawe. Dat die sjablone bygwerk word tot dieselfde tegniese standaard van die weergawes by die Engelse ensiklopedie is iets wat eventueel moet gebeur. Ons kan nie die projek uitbou met primitiewe sjablone nie. Die groot voordeel van die Engelse susterprojek-sjablone is dat hulle almal 'n eenvormige voorkoms het en netjies lyk wanneer 'n paar van hulle onder mekaar verskyn. K175 (kontak) 09:25, 15 Julie 2017 (UTC)
- @Gebruiker:SpesBona Kategorie:Commons category with local link different than on Wikidata is nou vertaal na Afrikaans en kan gevind word by Kategorie:Commons-kategorie met plaaslike skakel anders as op Wikidata. Dit is 'n opspoor- en versteekte kategorie en behoort nie op bladsye te verskyn wat in daardie kategorie geplaas is nie. Die Engelse Wikipedia gebruik dit om bladsye op te spoor met sekere eienskappe, bv. onderwerp of bv. om artikels met probleme in hul sjablone op te spoor. K175 (kontak) 19:47, 15 Julie 2017 (UTC)
Page Previews (Hovercards) update
Hello,
A quick update on the progress of enabling Page Previews (previously named Hovercards) on this project. Page Previews provide a preview of any linked article, giving readers a quick understanding of a related article without leaving the current page. As mentioned in December we're preparing to remove the feature from Beta and make it the default behavior for logged-out users. We have recently made a large update to the code which fixes most outstanding bugs.
Due to some issues with our instrumentation, we delayed our deployment by a few months. We are finally ready to deploy the feature. Page Previews will be off by default and available in the user preferences page for logged-in users the week of July 24th. The feature will be on by default for current beta users and logged-out users. If you would like to preview the feature, you can enable it as a beta feature. For more information see Page Previews. Questions can be left on the talk page in your preferred language.
Thank you again.
"Ill" skakels
In die artikel SI-stelsel is 'n hele paar Intertaalskakels soos "{{Intertaalskakel|afgeleide eenhede|en|SI derived unit}}" wat uitbrei tot "afgeleide eenhede " verwyder.
Waneer behoort 'n mens hierdie soort skakels te gebruik? In hierdie geval is daar tans geen Afrikaans artikel "Afgeleide eenhede". Waarom kan ons geen skakel aan 'n andere taal gee nie? Is die verwydering van hierdie skakels 'n soort sensuur? In die Engelse Wikipedia artikel Elfstedentocht is daar skakels na al die wennaars van die wedren. Indien daar geen Engelse artikel oor daardie wennaar is nie, wys die skakel na die Nederlandse artikel. Martinvl (kontak) 18:35, 24 Julie 2017 (UTC)
Lyfeiene vs. Lyfeienes
Hallo gemeenskap! Ek het bogenoemde twee woorde op die Gesoekte Bladsye lys raakgeloop elk met 5 skakels. Dit het iets met Rusland en sy mense te doen. Is die twee woorde reg so of is een verkeerd? Groete! Oesjaar (kontak) 06:22, 25 Julie 2017 (UTC)
- Dis slawe. Lyfeiene is die enkelvoud, lyfeienes die meervoud. Winston (kontak) 12:00, 25 Julie 2017 (UTC)
Improved search in deleted pages archive
Help met die vertaal na uw taal
During Wikimedia Hackathon 2016, the Discovery team worked on one of the items on the 2015 community wishlist, namely enabling searching the archive of deleted pages. This feature is now ready for production deployment, and will be enabled on all wikis, except Wikidata.
Right now, the feature is behind a feature flag - to use it on your wiki, please go to the Special:Undelete
page, and add &fuzzy=1
to the URL, like this: https://test.wikipedia.org/w/index.php?title=Special%3AUndelete&fuzzy=1. Then search for the pages you're interested in. There should be more results than before, due to using ElasticSearch indexing (via the CirrusSearch extension).
We plan to enable this improved search by default on all wikis soon (around August 1, 2017). If you have any objections to this - please raise them with the Discovery team via email or on this announcement's discussion page. Like most Mediawiki configuration parameters, the functionality can be configured per wiki.
Once the improved search becomes the default, you can still access the old mode using &fuzzy=0
in the URL, like this: https://test.wikipedia.org/w/index.php?title=Special%3AUndelete&fuzzy=0
Please note that since Special:Undelete is an admin-only feature, this search capability is also only accessible to wiki admins.
Baie dankie! CKoerner (WMF) (talk) 18:40, 25 Julie 2017 (UTC)
Tafeltennissaadjies
- Ek wou gou mening peil oor hoeveel saadjies ons wil hê oor tafeltennisspelers? Dit lyk nie geweldig relevant vir ons ensiklopedie nie, maar ek hoor graag ander opinies. --Alias (kontak) 13:40, 5 September 2017 (UTC)
- Ja, dit maak my ook nie baie opgewonde nie. Groete! Oesjaar (kontak) 13:50, 5 September 2017 (UTC)
- Ek is fyn daarmee. K175 (kontak) 15:45, 5 September 2017 (UTC)
- Duisende is reg, maar as elkeen 2 sinne en 3 foute bevat, het ons 'n probleem. As die outeur nog besig is en verder daaraan gaan werk, is dit 100% reg so. Groete. Frank (kontak) 06:32, 6 September 2017 (UTC)
- Ek het 'n groot probleem met die groot getal van klein artikels! Die uitbreiding van artikels maak weens al die nuwe klein artikels vir my nie regtig sin nie, ek's nie Sisyphos nie. Ek hoop, FFouche versorg waar moontlik, sy artikels met kassies. Ek is moeg vir hierdie dinge! Groete. -- SpesBona 18:14, 10 September 2017 (UTC)
- Duisende is reg, maar as elkeen 2 sinne en 3 foute bevat, het ons 'n probleem. As die outeur nog besig is en verder daaraan gaan werk, is dit 100% reg so. Groete. Frank (kontak) 06:32, 6 September 2017 (UTC)
- Ek is fyn daarmee. K175 (kontak) 15:45, 5 September 2017 (UTC)
- Ja, dit maak my ook nie baie opgewonde nie. Groete! Oesjaar (kontak) 13:50, 5 September 2017 (UTC)
100 dae Wikidae
Ek sien op Facebook Gebruiker:Slashme is besig met 100 Wikidae; dit is om vir 100 dae vir elke dag ten minste een nuwe artikel te skryf! Ons wens hom sterkte toe! Ek sal ook graag die 100 Wikidae wil doen maar is nie bereid om van 3 artikels 'n dag na een te gaan nie... Groete! Oesjaar (kontak) 16:20, 5 September 2017 (UTC)
- Sterkte 👏 K175 (kontak) 16:28, 5 September 2017 (UTC)
Janee, Gebruiker:Oesjaar, ons ken jou as 'n oorpresteerder ;-] Ek sal maar voortgaan met my skamele 1 artikel per dag: dis beter as my vorige 0 artikels per dag. ∞% verbetering is darem iets. --Slashme (kontak) 19:54, 5 September 2017 (UTC)
- Oesjaar, onthou jy daai tjomp-advertensie met die seekoei, "Jou ou groot bek!" Elke geval, beide van julle doen fantastiese werk, doe so voort. Frank (kontak) 06:41, 6 September 2017 (UTC)
- Ek het in elk geval besluit om nie meer retoriese vrae te vra nie want ek kry nooit 'n antwoord nie! Groete! Oesjaar (kontak) 19:29, 6 September 2017 (UTC)
Engelse Wikipedia se Sciëntologie-onsin
Ek het die R2-45-twak nou geskrap. Die artikel het nie eers aanhalings van Hubbard-tekste bevat nie; dit is akademies onaanvaarbaar en het, interessant genoeg, ook geen ekwivalent in die Duitse Wikipedia nie. As dit weer opgelaai word, is dit my laaste dag hier. JULLE MOET KIES - IDIOTE OF ENSIKLOPEDIESE SKRYWERS. Voyageur (kontak) 21:28, 5 September 2017 (UTC)
- Ek weet niks van die onderwerp nie, maar vertrou jou oordeel. Verwyder gerus as dit weer te voorskyn kom. Groete. Frank (kontak) 06:37, 6 September 2017 (UTC)
Die artikel is verwyder met die stawing "blatante nonsens", m.a.w. Voyageur het dit as 'n kandidaat vir spoedige verwydering gesien. Die kriterium vir "blatante nonsens" is "'n onbegrypbare bladsy sonder enige betekenisvolle inhoud wat nie gered kan word nie." Ek stem glad nie saam dat dit hier die geval was nie. Kan ons nie liewer 'n volledige bespreking by Wikipedia:Bladsyverwydering voer nie? Ek wil ook met respek aanvoer dat Voyageur dalk nie heeltemal onpartydig is in hierdie saak nie, aangesien hy daarop gesinspeel het dat ek "anti-Sciëntologie haatspraak" bedryf, en scientologymyths.info as 'n bron van nuttige informasie oor Sciëntologie voorgestel het. Terloops, die kommentaar dat dit nog nie in die Duitse Wikipedia bestaan nie, is nie relevant nie: dis nie daar uitgewis nie, so die feit dat niemand al daardie artikel geskryf het nie beteken niks nie. --Slashme (kontak) 07:33, 6 September 2017 (UTC)
- Voyageur, ek verstaan dat jy gefrustreerd is met die artikel. Ek glo jy weet dat allerhande kwaliteitsake my hier pla. Daar is oplossings hiervoor: volg asb. die proses. Nomineer die artikel vir verwydering en gee mense 'n kans om dit te verbeter en/of hulle opinies te lug. Slashme was gister nog besig om uit te vra oor maniere om dit te verbeter. Ek sou sê individuele oordeel oor of iets uitgevee moet word, is slegs van toepassing in die geval van vandalisme (bv. masjienvertaling, ens.). Ek wou pas skakel na Reconquista omdat ek dit onlangs gesien het. Nou sien ek dit is weg. Ek kan nie oordeel hoekom dit uitgevee is nie. Dit is nie deursigtig genoeg nie, voel ek. Ek dink persoonlik ons is beter af sonder die R2-45-artikel, maar ek wil ook dat almal voel dat hulle bydraes waardeer word en dat almal 'n kans kry om te verbeter. Ek glo jy weet dat almal hier jou bydraes ook waardeer. Ek glo jy weet ook dat ek (en meeste van ons hier) veral belangstel in kwaliteit en 'n fantastiese ensiklopedie. As ek moet kies, kies ek natuurlik ensiklopediese skrywers. Ek kies ook vir 'n proses wat konsensus soek. Ek glo jy sal ook wil hê mense moet jou werk respekteer - en ek glo almal hier respekteer jou werk. Ek dink die ongerief van bietjie langer proses hier en daar is presies wat 'n klomp mense welkom laat voel het oor die jare. Ek wou al honderde dinge summier uitvee, maar probeer altyd om mense te oorreed. Ek kon eerlikwaar nie eens jou presiese standpunt oor die artikel peil nie. Jammer as ek te vinnig gelees het. --Alias (kontak) 07:39, 6 September 2017 (UTC)
Mentol
Hallo almal,
Ek het pas Mentol vanaf Ingels vertaal. Daar's 'n klomp chemiese terminologie, en alhoewel ek op Maties organiese chemie en biochemie as voorgraadse vakke gehad het, is dit 'n paar dekades gelede, so ek's nie altyd 100% seker van my verafrikaansing van die woorde nie.
Ek het ook nie die chembox-sjabloon vanaf Engels oorgeneem nie, want ek was nie baie gelukkig met die resultate wat ek by promin bereik het nie. Kan iemand vir my touwys maak oor wat die beste praktyk is? Op Wikimania hierdie jaar is daar baie gepraat oor hoe outomatiese infokaste binnekort uit Wikidata sal vloei, maar ek weet ons is nog nie daar nie! --Slashme (kontak) 12:10, 6 September 2017 (UTC)
Interessante statistiek!
Sien http://www.greenman.co.za/blog/?p=2082 Dankie Gebruiker:Greenman. Groete! Oesjaar (kontak) 20:32, 6 September 2017 (UTC)
- Wel, laat ek dit so stel: as iemand (ja, Dr. Claassen) so verwaand is om sy boek se naam Goed om te weet: Dié feiteboek vir ingeligte Suid-Afrikaners: Mense plekke, gedagtes en gebeure wat saakmaak (2010) te gee, dan hou ek doelbewus verby; selfs die Engelse titel In the know : the ultimate [South African] family reference laat mens skeefkyk na Routledge, Dorling Kindersley, Britannica Junior of, behoede ons, Oxford/Cambridge University Press. Want verklaar "ingelig" vir my, asseblief. Is iemand nou ingelig wat soos Gerrit Komrij die hele Goethe se Faust uit sy kop geken het? [Genade, sal party vra - wie was Gerrit Komrij?]. Of is hulle die ingeligtes wat die vieslike betekenis van die inleiding van Catullus 16 ken (Pedicabo ego vos et irrumabo...). Wel, hierdie feite ontbreek ook. Dit is immers 'n boek. By elke liewe Afrikaanse feitegids het ek al oor ander tale se grammatika en letterkunde gesoek. Hetsy Duits, hetsy Frans. Tevergeefs! Laat staan nog die kleiner taaltjies in die wêreld.
- Ek dink nie die Afrikaanse Wikipedia is so sleg nie. Elkeen het sy eie stel behoeftes en begeertes. Waarvan mens hou - daaroor skryf mens. En dit is verbasend hoe ander dieselfde belangstellings as jy het. Suidpunt (kontak) 10:55, 7 September 2017 (UTC)
Wikimania 2018 te Kaapstad!
Haai daar Wiki-gemeenskap! Die 2018 Wikimania vind in Julie in Kaapstad plaas. Julle kan meer inligting kry by https://wikimania2018.wikimedia.org/wiki/Wikimania Groete! Oesjaar (kontak) 21:14, 6 September 2017 (UTC)
- Dis reg! Ons het juis nou hulp nodig met die webwerf, so enigeen wat lus is om hand by te sit is baie welkom. --Slashme (kontak) 07:04, 7 September 2017 (UTC)
- Vriendelike waarskuwing: Ek het ingestem 'n paar maande terug, maar sal eers wag totdat alles nou mooi afgehandel is en wie waar nou onthaal moet word op watter rooi tapyt en langs watter badkamer met goue krane. Maak dit so Februarie 2018 se kant en later... Ek onthou nog hoe ek Biblioteca Vasconcelos vertaal het vir die Mexikovergadering, net sodat dit daarna geskrap word. Mens, ek was Moerig, want toe moes ek alles oordoen! Suidpunt (kontak) 09:48, 7 September 2017 (UTC)
- @Suidpunt, ek kan nie in die joernale sien dat Biblioteca Vasconcelos ooit geskrap is nie. Bedoel jy dat jy besig was met wysiging toe jy al jou teks verloor het, moontlik deur 'n fout op jou rekenaar of in jou webblaaier? K175 (kontak) 19:41, 7 September 2017 (UTC)
- Hallo, Gebruiker:K175. Nee - hulle het alles met die aarde gelyk gemaak. As jy my brief aan Voyageur kyk in April/Mei 2015 hierso, kan jy sien ek vra hom nog bietjie raad met die afronding van die werk. Jy sal ook my groot teleurstelling sien by die laaste paragrawe. As jy hierso kyk, dan sien jy hoe word alles een na die ander "bygewerk" deur Fuzzybot. Alles wat ek geskryf het, is uitgewis. Die biblioteek was nie meer die bymekaarkomplek (lokaal) soos aanvanklik gereël was nie. Ek moes alles oordoen, maar ek hét nie. Ek is eintlik nou nog vies.Suidpunt (kontak) 09:17, 8 September 2017 (UTC)
- Nouja, Peter is die leier van die webwerfaktiwiteit vir die Kaapse Wikimania, en jy't direkte toegang tot die beplanningskomitee (hulle's letterlik binne wurgafstand), so ek sou my verstout om te sê dat die risiko vir verspilde arbeid aansienlik laer is! --Slashme (kontak) 11:56, 8 September 2017 (UTC)
- Dis in 2018 uiteindelik tyd vir 'n besoek aan die liefde Moederstad! Kan ons almal daar ontmoet, indien moontlik? Groete. SpesBona 18:30, 10 September 2017 (UTC)
- Beslis! Ons kan reeds vroeg begin beplan vir 'n paar afwiki-sessies. --Slashme (kontak) 18:41, 11 September 2017 (UTC)
- Ons kan iets doen, indien jy wil. Kan jy/julle een van Duitsland se Wikipedia-ontmoetings toe kom? Ek besoek gereeld dié in Berlyn. Groete. -- SpesBona 13:10, 9 Oktober 2017 (UTC)
- Ek kan definitief 'n plan maak. DerHexer kom volgende naweek na my toe in München om oor stipendia te gesels, en dit word bv. deur WMDE gedek. --Slashme (kontak) 13:34, 9 Oktober 2017 (UTC)
- Beslis! Ons kan reeds vroeg begin beplan vir 'n paar afwiki-sessies. --Slashme (kontak) 18:41, 11 September 2017 (UTC)
- Dis in 2018 uiteindelik tyd vir 'n besoek aan die liefde Moederstad! Kan ons almal daar ontmoet, indien moontlik? Groete. SpesBona 18:30, 10 September 2017 (UTC)
- Nouja, Peter is die leier van die webwerfaktiwiteit vir die Kaapse Wikimania, en jy't direkte toegang tot die beplanningskomitee (hulle's letterlik binne wurgafstand), so ek sou my verstout om te sê dat die risiko vir verspilde arbeid aansienlik laer is! --Slashme (kontak) 11:56, 8 September 2017 (UTC)
- Hallo, Gebruiker:K175. Nee - hulle het alles met die aarde gelyk gemaak. As jy my brief aan Voyageur kyk in April/Mei 2015 hierso, kan jy sien ek vra hom nog bietjie raad met die afronding van die werk. Jy sal ook my groot teleurstelling sien by die laaste paragrawe. As jy hierso kyk, dan sien jy hoe word alles een na die ander "bygewerk" deur Fuzzybot. Alles wat ek geskryf het, is uitgewis. Die biblioteek was nie meer die bymekaarkomplek (lokaal) soos aanvanklik gereël was nie. Ek moes alles oordoen, maar ek hét nie. Ek is eintlik nou nog vies.Suidpunt (kontak) 09:17, 8 September 2017 (UTC)
- @Suidpunt, ek kan nie in die joernale sien dat Biblioteca Vasconcelos ooit geskrap is nie. Bedoel jy dat jy besig was met wysiging toe jy al jou teks verloor het, moontlik deur 'n fout op jou rekenaar of in jou webblaaier? K175 (kontak) 19:41, 7 September 2017 (UTC)
- Vriendelike waarskuwing: Ek het ingestem 'n paar maande terug, maar sal eers wag totdat alles nou mooi afgehandel is en wie waar nou onthaal moet word op watter rooi tapyt en langs watter badkamer met goue krane. Maak dit so Februarie 2018 se kant en later... Ek onthou nog hoe ek Biblioteca Vasconcelos vertaal het vir die Mexikovergadering, net sodat dit daarna geskrap word. Mens, ek was Moerig, want toe moes ek alles oordoen! Suidpunt (kontak) 09:48, 7 September 2017 (UTC)
Onderwaterduik
Peter Southwood het sy eerste "Featured Article" in Engels behaal met en:Underwater diving, en is tans besig om dit in Afrikaans te vertaal by Onderwaterduik. Afrikaans is sy tweede taal, en hy het op sy Engelse gebruikerbesprekingsblad gesê dat hy dalk hulp sal nodig hê om die regte tegniese woordeskat in te bring. Aangesien julle almal so gaaf vir my gehelp het met my 100 WikiDays pogings, het ek besluit om vir hom hier so 'n bietjie advertensie te maak - ek's seker hy gee nie om nie :-] --Slashme (kontak) 07:19, 7 September 2017 (UTC)
- Dankie Slashme, gaaf van jou om 'n woord vir my in te sit. Enige grammatiese verbeterings of ander taalhulp sal waardeer word. Daar is veral probleme met tegniese terme, in sommige gevalle is dit moontlik dat daar bestaan nog nie 'n offisieel aanvarde vertaling in Afrikaans. As hierdie vertaling goed loop sal ek later 'n woordelys van duikterme probeer vertaal. (en:Glossary of underwater diving terminology). Cheers Pbsouthwood (kontak) 17:51, 7 September 2017 (UTC) P.S. Ek sal graag help! --Aliwal2012
- Die basiese vertaling is nou klaar, en die artikel is nou beskikbaar vir algemene taalverbetering en enige veranderings wat nodig is om aan te pas by Afrikaans Wikipedia se huisstyl. Pbsouthwood (kontak) 14:25, 9 September 2017 (UTC)
Voyageur, as jy my kan hoor...
Dit is baie duidelik dat jou naam in die rooi geskryf is; wat moontlik sinspeel dat jou moermeter in die rooi is. Jy, as een van die stigtervaders van die Afrikaanse Wikipedia, bedank ons (ROYAL WE - die nimlike EKKE) jou persoonlik vir die rol wat jy gespeel het om die Wikipedia aan die gang te kry. As jy besluit het om die Afrikaanse Wikipedia vir goed te verlaat, is dit jou keuse. Dalk wou jy slegs die Wikipedia aan die gang gekry het, dalk het jy 'n beter tydverdryf gevind, dalk vereis die werk meer van jou. As jy besluit om die Afrikaanse Wikipedia permanent te verlaat, is dit 'n swaar boom wat val - want wie moet ek nou met vrae verpes?
Ons kan jou helaas nie keer om te gaan nie. If you really love someone, set them free - sê die Engelsman. Maar, laat asseblief net jou Duits-Afrikaanse woordeboek agter, ek sal graag daaraan wil voortbou, as dit jou sou geval. Asook die stelle argiewe waar ek nog goeie herinneringe oor kan koester... Suidpunt (kontak) 14:54, 7 September 2017 (UTC)
- Hierdie is 'n slag! Oesjaar (kontak) 18:13, 7 September 2017 (UTC)
- Dit sal jammer wees indien dit waar is dat Voyageur die projek verlaat. Het dit iets te doen met die onlangse twis oor Sciëntologie? K175 (kontak) 18:50, 7 September 2017 (UTC)
- Definitief! Oesjaar (kontak) 08:19, 8 September 2017 (UTC)
- Dit sal jammer wees indien dit waar is dat Voyageur die projek verlaat. Het dit iets te doen met die onlangse twis oor Sciëntologie? K175 (kontak) 18:50, 7 September 2017 (UTC)
- Nee, ek blameer die Volmaan - dit is alles sy skuld! Volmaan gaan gepaard met honde wat blaf (snakes crawl at night...), strale wat mens saans wakker hou - juis daarom verkeer ek optimaal met nuwemaan. Die kere wat ek myself impulsief geblok het (en Jcwf my ontblok het), was juis om my te motiveer om voltyds aan 'n taal of projek besig te wees - maar nooit a.g.v. Wikipedialede en verskille nie.
- Kyk, daar was HOEVEEL (menings)verskille in die verlede - en hy is nou al so lank met ons - en selfs 'n kort rukkie gelede het Oesjaar ook sy moer gestrip en wou waai - en dit oor 'n kleinigheidjie. Ons almal het toe 'n Wikibreak voorgestel, en da steht er! Maar vir Voyageur om nou sover te gaan om by die Duitse Wikipedia die volgende af te haal... ( https://tools.wmflabs.org/xtools-ec/index.php?user=Voyageur&lang=af&wiki=wikipedia&uselang=af ):
Ich schreibe hauptsächlich auf der afrikaansen Wikipedia, dem Projekt, in dem ich 2005 begonnen habe, selbst Artikel zu editieren. Inzwischen bin ich dort einer von derzeit elf Administratoren.
|
- ...is nogal drasties. Daar is soveel ander onderwerpe wat ernstiger aandag geniet waarvan hy kennis dra - Litouse grammatika, Noorse grammatika en al daardie ander tale wat hy ken. Of wat ook al. Ek hoop wel, indien hy die Afrikaanse Wikipedia om watter rede dan nou ook verlaat het, hy by 'n ander kleiner taaltjie sal aanklop. Die grootste sendingsveld is juis daar waar hy hom nou bevind: Skots-Gaelies, Iers-Gaelies, Kornies, Wallies. En daardie groepies sukkel om aan die lewe te bly, want die volksgees is onwillig. Hy sal vir enigeen van hulle 'n aanwins wees. Suidpunt (kontak) 09:03, 8 September 2017 (UTC)
Ek sou verbaas wees as iemand wat soveel vir hierdie projek gedoen het, vir altyd weg is oor 'n meningsverskil. Dikwels het 'n mens net 'n bietjie tyd nodig om af te koel. --Slashme (kontak) 09:47, 8 September 2017 (UTC)
- Wat vir een persoon 'n meningverskil is, is vir die volgende persoon 'n beginsel saak. Dis die kleinjakkalsies.... Toe ek in 2009 hier begin het was die Gemeenskap baie strenger as vandag, tot my spyt. Ek staan minder maar beter kwaliteit artikels voor. Ek het nog nie vergeet van die Facebook saak nie, om die waarheid te sê ek het dit met die WikimediaZA kommittee bespreek. Oesjaar (kontak) 10:26, 8 September 2017 (UTC)
- Daar is lewe! Voyageur is nou bedrywig op die Duitse Wikipedia. Oor 'n baie bekende onderwerp... Kyk by tools.wmflabs.org. Suidpunt (kontak) 09:59, 9 September 2017 (UTC)
Verwyderingsbeleid
Dis wonderlik (seker in die geval maar wat oor die?) dat ons, soos die Engelse projek, die wikibeleide van Neutraliteit en Noemenswaardigheid wil implementeer. Maar waar is hierdie concern vir duidelike (en duisende) onensiklopediese bladsye soos De Goede Hoop Koshuis en al die en die sulke goed? (om net 'n paar te noem)
Dit maakie sin vir my nie want hierdie duisende bladsye is op 'n heeltemal onneutrale manier geskryf en die onderwerp word dikwels daarin verheerlik. Die ensiklopediese noemenswaardigheid (of die gebrek daaraan) van die bladsye is ook duidelik; vir 'n ewekansige voorbeeld tik net Dwight Snyman in Google en se vir my hoeveel betroubare, derde party en ensiklopediese bronne jy gevind het. Absoluut niks. Maar dis interessant af.wikipedia.org het 'n groot, lang artikel oor hom.
Ek stem vir die implementering van ons wikibeleide; as die onderwerp nie ensiklopedies noemenswaardig is nie, moet dit seker verwyder word. MAAR sekere (julle weet waarna ek verwys) artikels kan nie immuniteit kry nie, ons kan nie dubbele standaarde op Wikipedia hê nie. Dit ondermyn die kwaliteit van die projek en skep 'n negatiewe atmosfeer op afwiki.
Die Afrikaanse Wikipedia is nou baie groot en om goeie kwaliteit te handhaaf, moet die wikibeleide met strengheid implementeer word. --Nazeer (kontak) 16:25, 9 September 2017 (UTC)
- Goeie punt. Op die Engelse Wikipedia is daar baie al geskryf oor die "I don't like it" argument by verwyderingsbesprekings, dat dit heeltemal uit is. Die "But I like it" konsep is waarskynlik hier ook aktief, en dis partykeer moeilik om daarteen te veg. --Slashme (kontak) 18:58, 9 September 2017 (UTC)
- Wat 'n negatiewe atmosfeer hier skep, is wanneer ongeletterdes inkom en die wysigings van gevestigde gebruikers ongedaan maak sonder bespreking. Die artikel Dwight Snyman het 'n bronnelys. As jy die verifieerbaarheid van die artikel wil betwis, of De Goede Hoop Koshuis vir verwydering wil nomineer, is jy welkom om so te maak ingevolge die riglyne van die projek. Dieselfde geld enige ander artikel op die Afrikaanse Wikipedia. K175 (kontak) 19:07, 9 September 2017 (UTC)
- Kommentaar Aggenee julle mense, dis onaangenaam om julle so te sien baklei hierbo! Die afgelope week het 3 groot bydraers hier al gewaai (hul gebruikersrekeninge gesluit) oor onbenullighede wat ander bydraers oor hulle kwytgeraak het, ek wil nie nog een sien sneuwel nie!--Aliwal2012 (kontak) 20:09, 9 September 2017 (UTC)
Nazeer het vir my op enwiki laat weet dat hy 'n RfC op meta oopgemaak het oor sy sperring, en gevra dat ek dit hier bekend maak. --Slashme (kontak) 19:52, 9 September 2017 (UTC)
- Die Suid-Afrikaanse biografiese woordeboek is 'n gesaghebbende bron. So Dwight Snyman is seker veilig, al is daar nie veel oor hom op google nie. De Goede Hoop Koshuis is 'n grensgeval, maar daar is tientalle verwysings daarna in die media (noemenswaardig en verifieerbaar) en beide kante van die saak word gestel (neutraal). Veel erger is al op die Engelse wiki toegelaat, dink byvoorbeeld aan die debakel oor Mzoli's. Die gesprek is egter nie gesluit nie, en almal is welkom om hul opinies te deel. Groete. Frank (kontak) 07:56, 10 September 2017 (UTC)
- Ek het 'n onvolledige repliek gelewer op BooysenN se ernstige aantygings op Meta. Let wel dat ek onder meer in my repliek noem dat ek voel die bespreking eerder hier by die Afrikaanse Wikipedia behoort as op Meta. K175 (kontak) 08:28, 12 September 2017 (UTC)
- Ek raai die probleem is dat elkeen tot 'n mate sy eie interpretasie het van die noemenswaardigheid beleid. Ek wou onlangs van al die tafeltennisgoeters ontslae raak, maar ander mense het anders gevoel. Dis ok. Dis hoekom ons hieroor praat. 'n Jong koshuis is definitief nie op sy eie noemenswaardig nie, maar in hierdie geval het die mediadekking en die ongewone aard van die koshuis ('n eerste in 'n paar opsigte vir Tukkies, soos ek verstaan), 'n teenargument moontlik gemaak. Wat Dwight Snyman betref: mense wat in die 1800's geleef het, sal noodwendig bietjie moeiliker wees, en natuurlik sal Google minder oor hulle hê. Mens moet eenvoudig die gesprek voer as 'n spesifieke geval iemand werklik pla. In hierdie geval is daar wel bronne (selfs foto's), en daar is voor die hand liggende relevansie in terme van ander artikels (alhoewel ek besef dat dit as 'n kringargument gesien kan word). As daar ongelukkigheid is oor administrateurs se optrede, voel ek moet die gesprek so ver moontlik hier geskied. Ek sien Nazeer is tans geblok met rede "afkoelperiode" wat maak dat hy nie nou hier kan kommentaar lewer nie. Ek hoop die betrokkenes kan die gesprek binnekort op 'n beskaafde manier voortsit. Ek sien Nazeer het gevra hoe K175 nog 'n administrateur kan wees. K175 het gevra om van sy aanstelling onthef te word, en ek glo 'n burokraat sal sy versoek eersdaags toestaan. Alhoewel ek al baie werk aan beleid hier gedoen het, hoop ek dat almal ook 'n ander doel voor oë sal hou: om mekaar te help om 'n goeie Afrikaanse ensiklopedie te skryf. Die beleid is immers slegs daar om juis dít te fasiliteer. Die beleid is nie ten eerste daar om mense mee oor die kop te slaan nie. Ek glo wel dit kan baie help, veral as ons die selfde hoofdoel in gedagte het. --Alias (kontak) 16:38, 12 September 2017 (UTC)
Wat is 'n "collet" in Afrikaans?
Ek wil graag en:collet vertaal, maar ek het geen idee wat die korrekte vertaling is nie! My tweetalige woordeboek sê "band, halsband, kraag(band), ring, beslag, vatsel; splitkraag." Die enigste twee wat vir my moontlik klink is vatsel of splitkraag. Splitkraag klink logies, gegee die vorm van die ding, maar Google beeldsoektogte gee vir my net klere. Enige masjiniste teenwoordig? --Slashme (kontak) 19:51, 9 September 2017 (UTC)
- Wat van klemkraag? Volgens Pharos: 1. (juweelmontering) kollet; 2. (meg.ing.) klem=, splitkraag; 3. (teg.) ashals, spantang, ringas. Groete. Frank (kontak) 20:24, 9 September 2017 (UTC)
- Collet = Klemkraag, splitkraag. Collet chuck = split(kraag)kloukop in Terblanche, H.J; Engels-Afrikaanse Tegniese Woordeboek Pbsouthwood (kontak) 21:21, 9 September 2017 (UTC)
Dankie! Ek gaan maar klemkraag gebruik, maar dis môre se artikel - ek wil nie 'n oorpresteerder wees nie ;-] --Slashme (kontak) 21:29, 9 September 2017 (UTC)
- Nouja, ek het probeer, maar het meer en meer kleigetrap omdat ek nog nooit daardie tipe ding in Afrikaans bespreek het nie. Dis duidelik bo my vuurmaakplek, so toe gaan ek maar oor na 'n eenvoudiger onderwerp: miofibril. Ek gaan nou na die Wikipedia-stalletjie by die Corso Leopold. --Slashme (kontak) 11:13, 10 September 2017 (UTC)
- Die stalletjie was toe soos altyd 'n dawerende sukses: soveel mense het verbygekom wat óf nie geweet het dat hulle Wikipedia kan bewerk nie, of mag bewerk nie. Ons het baie mense uitgenooi om by ons 'n draai te gooi, aangesien ons 'n kantoortjie in die stad het. Ek sou hoogs aanbeveel, as julle 'n moontlikheid sien, om 'n stalletjie op iets soos die KKNKV or Grahamstown te kry. Mense is mal daaroor om Wikipediane in lewende lywe te ontmoet en te vertel wat alles wonderlik of afgryslik is oor Wikipedia. Ek het selfs met 'n regte-egte plat-aarde voorstaander gesels. Dit is ook die tipe ding waarvoor persoonlike befondsing daar is, so daar is beslis reisgeld as 'n mens goed vooraf beplan. --Slashme (kontak) 18:48, 11 September 2017 (UTC)
Sjina->China
Het ons êrens ooreengekom dat ons Sjina orals na China gaan verander? Ek was onder die indruk dat ons beide vorme sou toelaat. Laat asb weet as ek dit verkeerd het. Groete. Frank (kontak) 07:39, 10 September 2017 (UTC)
Aantygings van rassisme deur Gebruiker:BooysenN
Gebruiker:BooysenN is besig om baie ernstige aantygings van rassisme teen my en moontlik ander wat hier betrokke is te maak. Bewyse:
- Edits from mysterious IPs and new accounts that know all the ins and outs of Wikipedia policies, formatting, lingo etc. and usually pop up to make controversial edits, talk page posts and abuse other users to push the same right-wing Afrikaner POV. [23]
- Hou op met die dubbele standaarde, rassistiese superioriteitskomplekse en om my soos 'n dom kind te behandel. [24]
- It makes me speculate as to if there is an unwritten rule that a user can create any article on af.wiki as long as the user has been substantially contributing in other areas, and is contributing to topics that give coverage to conservative Afrikaner-related subjects, no matter how encyclopaedically dubious. [25]
Ek beskou hierdie aantygings in 'n baie ernstige lig. Hoe moet ons hierdie situasie hanteer? K175 (kontak) 11:00, 10 September 2017 (UTC)
- Jy kan dit plaas op http://wikimedia.org.za/wiki/Main_Page. Dit is die amptelike Suid-Afrikaanse verteenwoordiger van Wikipedia. Groete! Oesjaar (kontak) 12:07, 10 September 2017 (UTC)
Dooie skakels
Lectori salutem (of, Heil die leser)
Gebruiker:Jcwf het in die verlede my bedag gemaak op dooie skakels wat toenemend begin opduik.
Selfs "goeie artikels" word nie hiervan gespaar nie, soos hierdie Deense artikel oor 'n rooi party getuig: http://69.142.160.183/~dispenser/cgi-bin/webchecklinks.py?page=da:Enhedslisten (dankie Martinvl vir die oulike webwerf - dit verrig wondere. Op die oomblik gaan hy die volgende paar dae soms van die lug af wees om bygewerk te word).
As jy heel toevallig in die buurt is en jy wonder of 'n blad se bronne nog almal werk, gebruik eers hierdie nutsprogram. Bedieners wat se tyd uitloop, asook die bose 404's berokken groot skade aan die Afrikaanse Wikipedia. Gaan daarna asseblief na http://archive.is/, plaas die oorspronklike adres van 'n http:// in die soekbalk en druk Enter. Klik dan op die eerste die beste resultaat. Die adres kry dan in jou websnuffelaar (browser) se adresbalk 'n nuwe adres.
Dit wil vir my lyk asof absoluut alle .html-bronne wat in Wikipedia gelys en terloops genoem word, eenvoudig by hierdie Yslandse argiefwebwerf geberg word (via skermkiekies). .pdf's werk ongelukkig nie so lekker nie.
Ek het reeds vir Frank hiervan vertel. Ons kan egter nie almal verwag dat hy al die werk moet doen nie. Oerbronne nog uit die jare van Nuus24 is steeds sigbaar, so lyk dit my. Selfs webjoernaalbladsye en ou regeringswebblaaie word behou.
Doen Wikipediagebruikers net 'n guns, as jy wel die adres wil verander. Voeg die volgende tabelletjie-formaat in by die Besprekingsblad, onder die titel "Skakels herstel":
Artikelnaam | Oorspronklike adres | Verander na |
---|---|---|
Botha, Danie. 2004. Hough: Groot jeugskrywer – Sal nie die TV-uitsending van Skilpoppe sien nie. Volksblad, 23 Augustus:8 | http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2004/08/23/VB/8/01.html | http://archive.is/w2omw |
Waarom? Want hoe weet ons archive.is gaan vir ewig hou? Om dan die oorspronklike adresse byderhand te hê kan dan baie help. Suidpunt (kontak) 19:02, 11 September 2017 (UTC)
- Indien moontlik, sou ek sterk aanraai om eers te kyk of archive.org 'n argiefweergawe het - dis 'n meer bestendige opsie as archive.is . --Slashme (kontak) 20:52, 11 September 2017 (UTC)
- Sal so maak. Vir ander gebruikers - dit is http://web.archive.org/ .Suidpunt (kontak) 06:04, 12 September 2017 (UTC)
- Die {{Cite news}}-sjabloon het ook argiefparameters wat gebruik kan word. Byvoorbeeld: "Koerantartikel". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2014. Groete. Frank (kontak) 06:39, 12 September 2017 (UTC)
Die naam van (nog) 'n Russiese vliegtuig...
Haai Gemeenskap! Wat sal die korrekte Afrikaanse naam vir die Russiesse vliegtuig Lavochkin LaGG-3 wees? Groete! Oesjaar (kontak) 15:59, 12 September 2017 (UTC)
- Die vliegtuig is genoem na Sergei Lawotsjkin (wetenskaplike transliterasie: Semën Alekseevič Lavočkin) - familienaam en vliegtuignaam moet dieselfde Afrikaanse naam/spelling kry. Groete Voyageur (kontak) 16:07, 12 September 2017 (UTC)
Die Booysen/K175 insident
Hierdie insident was op die Wikimedia vergadering bespreek laas nag. Dit was 'n interressante gespreksvoering. Kom ons begin by die heel begin, wat was en is Jimmy Wales se visie: "Stel jou 'n wêreld voor waarin elke persoon op die planeet vry toegang verleen word tot die somtotaal van al die menslike kennis. Dit is wat ons besig is om te doen." Dit is sy visie, sterk, helder en duidelik. Sy gereedskapstuk om die doelwit te bereik is 'n elektroniese formaat in ensiklopediese formaat soos die Wiki tans is. Wat vir ons uitstaan is al die menslike kennis.. Dus enige iets, mense, geboue, geografie, alles waaroor ons iets tot alles weet..... Hierdie lys het eindelik nie 'n einde nie en sluit niks pertinent uit nie.
Maar omrede mense dit moet doen is daar reëls vir die proses: neutraliteit, geen oorspronklike navorsing nie, bronne ens. om, kom ons sê, entrepreneuriese aksies te vermy soos bemarking, eie gewin ens.
Die term Ensiklopedie verwys na 'n dik boek (tot onlangs 'n stel boeke en deesdae DVD's) wat 'n beperkte aantal artikels (soms opsommings) bevat omrede die kennis te veel geword het en 'n stel ensiklopedië nie oneindig kan wees nie. So, oom Jimmy Wales se elektronise ensiklopedie is baanbrekerswerk. Dit het voordele bo-oor boeke: is in tyd (enige gebeurtenis kan amper oomblik op Wiki verewig word), foute kan dadelik reggestel word, minder plantasies word verwoes ens.
Binne die Wiki moet elke taal (gemeenskap) homself organiseer en Engels sal feitlik die toonsetter bly. Afrikaans is een gemeenskap in Suidelike Afrika met die ander tale wat gemeenskape vorm. Afrikaans word egter deur 'n paar kulture gepraat.
Terug na K175 vs Booysen: die grootste argumente het by Hendrik Verwoerd begin (daar was ander kleiner argumente met Gebruiker:Booysen oor ander artikels en ek vermoed ek was self betrokke). Gebruiker:Booysen het die stelling dat swartes beter af was na Verwoerd aan bewind gekom het bevraagteken en verwyder, al was daar 'n bron vir die stelling. Die aksie het gelei tot verskeie stellings, teenstellings deur 'n paar gebruikers. Die Wikimedia Raad het die bron ondersoek en gefokus op die publikasiehuis (as dit die regte woord is) sien: https://www.stevenbooks.co.uk/ Nadat ek Stevenbooks gesien het kon ek verstaan waar die moeilikhede begin het. Dit is duidelik dat Stevenbooks se boeke as 'n bron bevraagteken moet word. Die hele Wikimedia Raad het besluit dat Stevenbooks onaanvaarbaar is, myself ingesluit. Dus moet artikel Hendrik Verwoerd verander word.
Daarna was die Raad se besluit dat die Afr. Gemeenskap die probleem moet oplos, inhuis. Dit is nie die eerste sodanige geval nie en sal seker ook nie die laaste wees nie. Daar bestaan nie iets soos grieweprosedures, verhore, ens binne Wikipedia nie. Die werk word grotendeels deur vrywilligers gedoen. Die Raad gaan nie aksie neem nie. Hulle mening is ook dat die Afr. gemeenskap beleidsdokumente daar moet stel om meganisme te skep om sodanige situasies te voorkom en/of maklik op te los. Almal moet besef met die Suid-Afrikaanse geskiedenis is daar nog steeds sensitiwiteite oor apartheid-verwante sake/artikels en gevolge. Ek dink ons Duitse gebruikers soos Voya en SpesBona voel ook maar soms ongemaklik oor die Joodse dinge in hulle geskiedenis, dit gaan nog lank met hulle bly ook. Net soos hulle moet ons ook aanvaar, dat alhoewel geskiedenis geen toekoms het nie, dit nog lank met ons gaan wees... Die Raad is bly dat anderskleurige Afrikaanssprekendes betrokke wil raak by Wiki. My kommentaar: daar is soveel ongeskryfte artikels oor anderskleurige sportmanne, rugby, krieket, atletiek...
Gebruikers Booysen en K175: Ek het nie 'n kitsoplossing nie, ek vermoed daar is ook nie. Beide partye is verkeerd en reg en prokureurs kan seker maande op die sake deurbring. Sekere aksies van beide is nie aanvaarbaar nie. Die Afr Wiki is egter groot genoeg om beide te huisves, dit weet ek. K175 het bedank as Admin, ons kan dit nie keer nie. Ons kan gebruiker:Booysen nie onbepaald blokkeer nie, maar hy sal sy kommentaar en argumente moet afskaal en nie persoonlike vetes maak nie. Hou hy aan blokkeer ons hom weer.
Eskalasie na oom Jimmy gaan nie help nie; hy baie groter probleme: China (Sjina) het onder andere Wiki en VPN's geblokeer.
Oor na die gemeenskap...
Oesjaar (kontak) 18:18, 12 September 2017 (UTC)
- Ek was self nogal beswaard toe ek die Verwoerd artikel gesien het, en ek's baie bly dat julle reeds 'n vinger op die wond gelê het. Ek vind jou kommentaar hier baie gebalanseerd en sinvol. --Slashme (kontak) 18:42, 12 September 2017 (UTC)
- Verwoerd is een van die mense wat Suid-Afrikaners òf baie van hou, òf erg haat. Harry Oppenheimer het onder andere in 1963 in sy verslag aan Anglo American genoem dat lewenstandaarde van Swartes in die vervaardigingsektor met 5,3 persent per jaar gestyg het, teenoor die van Blankes teen 3,7 persent per jaar. So, kan mens die een bron na die ander hieroor aanhaal. Nieteenstaande, is dit teen die huidige indoktrinasie, en mense neem erg aanstoot as hulle die "Inconvenient Truth" aanhoor. Ons moet dit dus maar uithaal, mense word vandag "beter" geleer, en geen regime wil teen sy voorgangers se suksesse kompeteer nie.
- Dit is natuurlik interessant of daar enige kausale verband tussen stygende lewenstandaarde van swart Suid-Afrikaners en Verwoerd se beleid was. Die statistieke is reg; die verklaring, wat in die artikel hiervoor gegee word, moet egter in twyfel getrek word. Die 1960's was 'n periode van langdurige ekonomiese opswaai dwarsoor die wêreld, en ook die destydse Suid-Afrikaanse bewind kon daaruit voordeel trek. Verwoerd se ampsperiode het saamgeval met 'n tydperk van ongekende ekonomiese uitbreiding in Suid-Afrika. Lees gerus ons artikel "Politieke ekonomie van Suid-Afrika" wat lig gooi op die politieke agtergrond van "Apartheid se goue jare". Voyageur (kontak) 20:00, 12 September 2017 (UTC)
- Ons moet onthou dat die lewenstandaarde van blankes toe baie hoër was as dié van swartes, so dis glad nie snaaks dat die wit bevolking 'n stadiger verhoging in lewenstandaarde gehad het as die swart bevolking tydens 'n tydperk van ekonomiese ontwikkeling nie. --Slashme (kontak) 21:36, 12 September 2017 (UTC)
- Dit lyk my nog 'n e-pos is binnekort op pad na jou toe met Verwoerd se toesprake. Alles wat daar in die artikel staan kon ek nog "OK, OK", maar In die proses is selfs televisie en homoseksualiteit as 'n bedreiging ervaar. het my bietjie laat lag. Die televisiestorie is wat jy verlede jaar in die oppervlakkige Nasperskoerantberigte sou lees en nie sy toesprake wat hy in die parlement oor die "beeldradio" gemaak het nie. Trouens, sy toespraak beslaan 5 bladsye lank oor die saak.
- Nou om my besprekingsbladsy nou weer aan te haal: Goed, daar was 'n oormatige hoeveelheid sielkundige aanhalings wat onnodig was; maar Verwoerd het 'n gesonde belangstelling in die sielkunde gehad, daar dit sy vakgebied was... Nou moet ek ook toevoeg: by die Suid-Afrikaanse universiteite was jy "in Langenhoven se jare" amper verplig om sielkunde te neem. Ek sou vandag kapsie maak, want dit is bullshit. Verwoerd se hooftroefkaart het hy amper vir laaste gehou: die Wet van die remmende voorsprong: die kleurtelevisie sou binnekort uitkom; die uitsaaiwydte was nog beperk tot 60 myl radius: te klein vir Suid-Afrika, terwyl baie Suid-Afrikaners nog yl bevolk en verspreid op die platteland gewoon het; daar was nog nie 'n eenvormige uitsaaistandaard nie [bv. Frankryk en Brittanje wou aanpas by ander Europese lande, maar toe was dit klaar te laat, en te duur]. Verwoerd wou eers wag dat hierdie saak uitgestryk word. Waarom deur al die moeite gaan vir swart-en-wittelevisie as daar opgaardamme gebou moet word? Verder was die toespraak gehou op 9 Maart 1960, 'n jaar voor Republiekwording. As jy 'n Republiek wou word, moes jou infrastruktuur reg wees voor die tyd. Dit was eerder 'n prioriteitsbesluit as politieke besluit. En onthou, Verwoerd is in 1966 vermoor/gedood/uitgehaal. Suidpunt (kontak) 20:35, 12 September 2017 (UTC)
- Ek weet nou nie eintlik hoekom ons oor Verwoerd praat nie, een van sy politieke opponente, Jan Botha, het geskryf: "Under this policy, Dr Verwoerd’s Government had launched the greatest programme of socioeconomic upliftment for non-whites that South Africa had ever seen". Groete. Frank (kontak) 20:09, 12 September 2017 (UTC)
- Daardie sin word verskeie kere op die net aangehaal, maar ek kry nog nie die konteks en die bedoeling nie. Voyageur (kontak) 20:30, 12 September 2017 (UTC)
- Sy toesprake sal help, en daar is natuurlik tonne boeke oor die onderwerp (soos Die laaste Afrikanerleiers). Die destydse doel was 'n gemenebes van nasies en state. Daar is gepoog om die tuislande te ontwikkel om dit meer aanloklik te maak en die toestroming na wit gebiede te stuit. Uiteindelik het dit natuurlik gefaal. Vandag kan ons net spekuleer oor hoe ding sou verloop as hy nie voortydig geneem is nie. Terloops, ek wonder of Jan Botha se Verwoerd is Dead nog beskikbaar is, ek sal dit graag onder oë wil kry. Groete. Frank (kontak) 06:33, 13 September 2017 (UTC)
Cassini gedoop deur Afrikaanse nuus Kasiesie
Die nuus aanbieder noem die ruimtetuig Kasiesie. Wou dit maar net deel. -- Mickey ☠ Dangerez 16:38, 15 September 2017 (UTC)
- Seker 'n fout. Sien Cassini-Huygens. Groete. Frank (kontak) 16:48, 15 September 2017 (UTC)
- Natuurlik 'n fout maar gebeur deesdae baie meer gereeld sedert Riaan Cruywagen. Dit voel of Afrikaans soms aspris afgeskeep word. Soms voel dit moedswillig. Ek meen dit is die aanbieder se werk om te weet watse nuus gelewer gaan word en nie "on the fly" dit net eenvoudig moet aflees nie. Cassini moet so algemeen soos brood wees. :D -- Mickey ☠ Dangerez 13:01, 16 September 2017 (UTC)
- Lmga. K175 (kontak) 17:31, 16 September 2017 (UTC)
Snaakse kategorieë
Watse snaakse kategorieë soos Kategorie:AS1-onderhoud: Onbekende taal (by Halloumi en ander kase) verskyn deesdae in die artikels? Winston (kontak) 17:08, 16 September 2017 (UTC)
- Dit is 'n naspoorkategorie / Wikipedia-kategorie. Dit is veronderstel om instandhouding van Wikipedia makliker te maak deur moontlike probleme met sjablone in kategorieë te versamel. Dit is nie veronderstel om deur die leser gesien te word nie. Versteek dit deur {{versteekte kategorie}} in die kategorie se bronteks te plaas. K175 (kontak) 17:24, 16 September 2017 (UTC)
- Voorkeuropsie om versteekte kategorieë op bladsye te wys. By verstek is sulke kategorieë nie aan die leser sigbaar nie. Om 'n kategorie te versteek, plaas {{versteekte kategorie}} in die kategorie se bronteks. Let op die spelfoute in formateer en kategorieë in die skermgreep. Die formateer-knoppie werk ook nie. K175 (kontak) 17:53, 16 September 2017 (UTC)
- Ek het die volgende sin uit die sjabloon {{versteekte kategorie}} gehaal omdat dit nie veel onderskeiding tref tussen versteekte kategorieë en versteekte naspoorkategorieë nie: Hierdie is 'n naspoorkategorie. Dit bou en onderhou 'n lys van bladsye ter wille van die lys op sigself. Bladsye word deur middel van sjablone in naspoorkategorieë gevoeg.
- Myns insiens is enige kategorie in elk geval onder andere 'n naspoorkategorie. K175 (kontak) 22:49, 17 September 2017 (UTC)
- Ek wil dit eintlik herdoop na {{metakategorie}}. Want dit is wat dit is. K175 (kontak) 22:51, 17 September 2017 (UTC)
RfC regarding "Interlinking of accounts involved with paid editing to decrease impersonation"
There is currently a RfC open on Meta regarding "requiring those involved with paid editing on Wikipedia to link on their user page to all other active accounts through which they advertise paid Wikipedia editing business."
Note this is to apply to Wikipedia and not necessarily other sister projects, this is only to apply to websites where people are specifically advertising that they will edit Wikipedia for pay and not any other personal, professional, or social media accounts a person may have.
Please comment on meta. Thanks. Send on behalf of User:Doc James.
MediaWiki message delivery (kontak) 21:07, 17 September 2017 (UTC)
Justus von Liebig
Ek het pas 'n vertaling van Justus von Liebig uit Duits gedoen. Ek het geweet die ou toppie het baie vir die organiese chemie gedoen, maar het nie die omvang van sy impak besef nie. Dis 'n Lesenswerte Artikel in dewiki, m.a.w. hoë kwaliteit. Ek het waarskynlik 'n klomp onaangenaamhede in die artikel se taalgebruik en styl gelos, want dit was 'n groot tjomp-hap vir my vir een aand, maar dalk is die ervare Wikipediane lus om die duike uit te klop? --Slashme (kontak) 21:37, 17 September 2017 (UTC)
- Sjoe, noudat ek die nuutste weergawes sien kry ek effens skaam vir hoeveel ek gemis het! Baie baie dankie K175 en Naudefj! --Slashme (kontak) 12:56, 18 September 2017 (UTC)
- Moenie skaam wees nie 😬 Jy hou baie beter kop met vertaalwerk as ek. K175 (kontak) 13:04, 18 September 2017 (UTC)
Argument: Daimler (lees as "Mercedes") se kliënte is moontlik "ryk, ouer mense"
- ter dringende insae van die wikigemeenskap hierheen gekopieer
Die aangehaalde stelling by Daimler is klaarblyklik omstrede: "Die fabrikaat sluit groot en duur motorvoertuie in, met 'n reputasie dat welgestelde, ouer mense dit graag bestuur". Aliwal2012 noem dat dit miskien in die 1970's gegeld het, maar nie meer in 2017 nie. Hoe nou? Groete. Frank (kontak) 19:03, 18 September 2017 (UTC)
- Beste Frank. Laat my toe om jou in die prentjie te bring. Die gedeelte wat jy aanhaal, is gerig op 'n ou "rumour" wat rondom braaivleisvure in ons (my en jou) jong dae versprei is oor Mercedes-karre. Die persepsie was toe moontlik geldig, soos jy dit in die artikel gestel het: "ryk, ouer mense". Maar ja! dit was daardie jare....
- Sedert Mercedes sy modelreekse vernuwe het met moderner bakwerke en kiesopsies, en sy motorpryse in lyn met Volkswagen, Toyota, Ford, ensovoorts, gekom het, is dit onredelik om te sê: 'n Mercedes is 'n duur kar! Alle karre, bakkies en SUV's is deesdae duur, dit hang net af van jou smaak en jou beursie!
- Die rede hoekom ek so sterk voel hieroor, is omdat ek vermoed die HAT-feitegids wat jy aanhaal is onder die ou bedeling geskryf. Synde ons 'n web-ensiklopedie is, en nie papiergebaseer nie, is dit noodsaaklik om die huidige (moderne) weergawe bloot te lê aan die lesers van die artikel. Ek neem sterk eksepsie daarteen dat daar nou staan "ouer mense". Dit is blatant onwaar in 2017, al sê jou bron so! --Aliwal2012 (kontak) 19:49, 18 September 2017 (UTC)
- 'n Verwysing is gegee, so jou "verwysing benodig" maak nie vir my sin nie. Die pryse is beter, maar Mercedes bly maar 'n duur kar. Bring die "dit sluit in" gedeelte dit nie in konteks nie? Ek sal ook graag wil hoor wat ander daaroor dink. Groete. Frank (kontak) 19:37, 18 September 2017 (UTC)
- Die bron kraai koning, maar as daar 'n ander bron is wat aangehaal kan word, sou dit verkies word. K175 (kontak) 20:25, 18 September 2017 (UTC)
OK, mense. de:Mercedes-Benz South Africa lewer niks op nie, behalwe dat Mercedes 'n bloedrooi motor spesiaal gebou het vir Nelson Mandela se vrylating (hmmm... ek wonder watter ander party is ook lief vir rooi kleure? Stuur mense nog blomme met kodes?).
Toe begin ek rondsoek na "Kundenbasis" "Mercedes-Benz" "Südafrika". Toe ek niks kan vind nie, skakel ek ook na Engels "seniors", "customers", "Mercedes-Benz" "South Africa" - en toe kom ek op hierdie blad af: Sales jubelee Mercedes-Benz B-Class: What has been particularly noticeable with the current model is that we are reaching the most diverse customer groups, from families with children to active seniors. En dit is vir die B-klas alleen regoor die wêreld.
Wat die aanlynkopers betref, het Mercedes en Audi een van die oudste aanlynkopers. Of dit slegs vir Duitsland geld, weet ek nie - want onthou dat 'n ontgroening pas in Duitsland plaasvind, dit wil sê, 'n vergrysing vind plaas. Handelsblatt:
Ag, ja, dit geld net vir Duitsland, en ook net vir diegene wat van MeinAuto.de gebruik gemaak het.
Welt kon natuurlik ook nie gou genoeg die nuus opraap nie. En Zeit hol ook toe agterna. Suidpunt (kontak) 20:48, 20 September 2017 (UTC)
Maar Focus.de sê toe, aikôna, Porsche is die motorgroep met die meeste outoppies:
Suidpunt (kontak) 21:03, 20 September 2017 (UTC)
Maar, soos een kommentator tereg skrywe:
(Kortom: solank kinders van die ouers afhanklik is, kan 'n nuwe kar nie bekostig word nie, en sodra die tyd nou uiteindelik ryp is vir die ou vader om 'n nuwe motor te koop, druk die kinders skaamteloos hul vinger op 'n kar - Pappie moet koop!) Ha-ha-ha!! Suidpunt (kontak) 21:16, 20 September 2017 (UTC)
47,000ste artikel?
Wat is ons 47,000ste artikel? Groete! Oesjaar (kontak) 19:24, 20 September 2017 (UTC)
- Gebruiker FFouche se Wryfkras. Groete Voyageur (kontak) 21:10, 20 September 2017 (UTC)
Discussion on synced reading lists
Discussion on synced reading lists
Hello,
The Reading Infrastructure team at the Wikimedia Foundation is developing a cross-platform reading list service for the mobile Wikipedia app. Reading lists are like bookmark folders in your web browser. They allow readers using the Wikipedia app to bookmark pages into folders to read later. This includes reading offline. Reading lists do not create or alter content in any way.To create Reading Lists, app users will register an account and marked pages will be tied to that account. Reading List account preferences sync between devices. You can read the same pages on different mobile platforms (tablets, phones). This is the first time we are syncing preference data between devices in such a way. We want to hear and address concerns about privacy and data security. We also want to explain why the current watchlist system is not being adapted for this purpose.
Background
In 2016 the Android team replaced the simple Saved Pages feature with Reading Lists. Reading Lists allow users to bookmark pages into folders and for reading offline. The intent of this feature was to allow "syncing" of these lists for users with many devices. Due to overlap with the Gather feature and related community concerns, this part was put on hold.
The Android team has identified this lack of synching as a major area of complaint from users. They expect lists to sync. The iOS team has held off implementing Reading Lists, as syncing was seen as a "must have" for this feature. A recent technical RfC has allowed these user stories and needs to be unblocked. Initially for Android, then iOS, and with web to potentially follow.
Reading lists are private, stored as part of a user's account, not as a public wiki page. There is no sharing or publishing ability for reading lists. No planned work to make these public. The target audience are people that read Wikipedia and want to bookmark and organize that content in the app. There is a potential for the feature to be available on the web in the future.
Why not watchlists
Watchlists offer similar functionality to Reading Lists. The Reading Infrastructure team evaluated watchlist infrastructure before exploring other options. In general, the needs of watchlists differ from Reading Lists in a few key ways:
- Reading lists focus on Reading articles, not the monitoring of changes.
- Watchlists are focused on monitoring changes of pages/revisions.
- The Watchlist infrastructure is key to our contributor community for monitoring content changes manually and through the use of automated tools (bots). Because of these needs, expanding the scope of Watchlists to reading purposes will only make the project harder to maintain and add more constraints.
- By keeping the projects separate it is easier to scale resources. We can serve these two different audiences and prioritize the work accordingly. Reading Lists are, by their nature, less critical to the health of Wikipedia/MediaWiki.
- Multi-project support. Reading Lists are by design cross-wiki/project. Watchlists are tied to specific wikis. While there have been many discussion for making them cross-wiki, resolution is not in the near term.
More information can be found on MediaWiki.org where feedback and ideas are welcome.
Thank you
Beeldprobleem met Inligtingskas Wetenskaplike
Hallo,
Ek het pas Asima Chatterjee geskep, maar die foto in die inligtingskas word nie vertoon nie. Enige raad? --Slashme (kontak) 12:05, 24 September 2017 (UTC)
- Daardie lêer bestaan waarskynlik nie op commons nie--Aliwal2012 (kontak) 13:33, 24 September 2017 (UTC)
- Jy't gelyk! Ek sien daar's 'n probleem met die kopiereg van die foto, maar daar's een op Commons (wat waarskynlik ook nie heeltemal suiwer is in terme van kopiereg nie) so ek gebruik hom vir eers. --Slashme (kontak) 19:26, 24 September 2017 (UTC)
'n Ander probleem wat ek het is dat die "geboortenaam" veld in die inligtingskas weergegee word as "naam" in die artikel, wat in hierdie geval misleidend is. --Slashme (kontak) 19:27, 24 September 2017 (UTC)
- Dis nou reg. Ek het die sjabloon reggemaak, dit vertoon nou "geboortenaam" soos deur jou versoek. --Aliwal2012 (kontak) 05:06, 25 September 2017 (UTC)
- Wonderlik! Dankie! --Slashme (kontak) 20:42, 25 September 2017 (UTC)
Vinnige vragie oor kopiereg
Ek wil net gou hoor of die volgende publikasie in die publieke domein is? Beskermde Veldblomme van Kaapland (Deel 2) / Protected Wild Flowers of the Cape Province (Part 2), gepubliseer in 1953 deur die Kaapse Provinsiale Administrasie. Groete K175 (kontak) 15:16, 26 September 2017 (UTC)
- Hallo K175. Ja, ek sal Blondie nog deurgaan. Ek het 'n soortgelyke vraag gehad by Eutrofikasie, 'n jaar of twee gelede (gesprek op die besprekingsblad). Ek is die groenlig gegee, en ek het met smeulende bande weggetrek. Kyk eers voor wat van die leser verwag word. Normaalweg is die staatspublikasies veronderstel om vir die publiek toeganklik te wees, tensy die kopiereg eksplisiet so gestel word. Al is/was(?) die Akademie 'n staatsinstansie, is sy werke onderhewig aan kopiereg en kan jy nie die AWS mee maak wat jy wil nie (want dan sou ek heelwat reëls met 'n skitterwit glimlag verander het...).
- Soortgelyk sal ek baie versigtig wees met die Verklarende Afrikaanse Woordeboek van 1936 - selfs al is dit 'n privaatinstansie, en selfs al sou die outeurs 50 jaar+ oorlede wees, is van die definisies byna 100% met die moderne een dieselfde. Ek sou baie versigtig wees. En tog, gister laai ek by archive.org vir my die Grande Gaffiot af, van 2016. Hersien deur 'n Fransman en Japannees.
- En gepraat van hierdie storie. Dit herinner my ook nou aan 'n vraag wat ons verteenwoordiger by hierdie sitting, by name president Oesjaar, vir die Suid-Afrikaanse Wiki-koukus kan oordra tydens die volgende raadsvergadering oor 'n koppie filterkoffie. Ek wil graag weet of ek daardie eerste Afrikaanse antoniem/sinoniemwoordeboek van 1965, wat soms woorde bevat wat sekere aangewese groepe aanstoot sal gee, nou by Wikibron kan gaan oplaai sonder om die pote op my voorstoep te verwelkom. Ek en boeie is nie lief vir mekaar nie.
- En dan wil ek ook nou weet of 'n eie, selfgemaakte woordelys by Wikibooks gebruik kan word. Kyk, ek weet Wiktionary is gemaak vir lemmas wat elkeen hul eie bladjie met slaaitjie kry, maar dit is lastig as jy die hele alfabet gelyk met een skoot wil raakskiet en oplaai op die bakkie (of, daardie geheue-suigstokkie-dingetjie wat skyn as jy hom indruk). Nou aangesien Wiktionary van lyste hou nie, en Wikipedia nog minder... Suidpunt (kontak) 15:57, 26 September 2017 (UTC)
- Jongman, ek sal graag wil help: stel asb die vraag in eenvoudige 1980 Afrikaans. Groete! Oesjaar (kontak) 18:28, 26 September 2017 (UTC)
- Nou goed.
- Vraag 1: Kan boekebronne in die openbare besit (soos die heel eerste sinoniem/antoniemwoordeboek in Afrikaans), wat woorde bevat wat geskryf is in die 1960's, wat in die 21ste eeu kwetsend kan wees vir etniese groepe/volke van die Republiek van Suid-Afrika, wat hulself met die woord om watter rede ook al vereenselwig, soos by name die k-woorde, die b-woord, die j-woord, die h-woord, die m-woord, en ander x-woorde, opgelaai word by die Afrikaanse weergawe van Wikisource? Sonder enige strafregtelike vervolging?
- Vraag 2: Kan woordelyste by Wikibooks geplaas word, wat later soos 'n selfgemaakte woordeboek optree, in stede van Wiktionary? Soos 'n lys "Frans-Afrikaans" of "Frans-Afrikaanse" woordelys? Waarom? Wiktionary laat alleen woordjies toe, nie woordelyste nie. Met ander woorde, die woorde is regoor Wiktionary verstrooi, gefragmenteer, nie netjies onder mekaar alfabeties gelys en georden nie. Wikipedia laat ook nie woordelyste toe nie. En dit is juis daarom lastig indien mens soekwoorde onder A moet gaan rondsoek by Wiktionary. Suidpunt (kontak) 18:39, 26 September 2017 (UTC)
- Nou goed.
- Gedoen, en nou wag ons! Groete! Oesjaar (kontak) 19:03, 26 September 2017 (UTC)
- Baie dankie, Oesjaar. As enige van die lede daarna sou verlang: die boek is in 1962 uitgegee. Die skrywer, Gerhard Aucamp, is dood voor die boek uitgegee is. Met ander woorde, die boek is postuum uitgegee. Dit is nou al 55 jaar wat ondertussen verloop het. Die rede waarom ek die boek, Woordekeus : sinonieme en antonieme, wil oplaai is vanselfsprekend. Suidpunt (kontak) 12:57, 27 September 2017 (UTC)
- In die voorwoord van Beskermde Veldblomme van Kaapland (Deel 2) staan daar geskrywe: "Deel I van Beskermde Veldblomme van Kaapland wat tydens die Van Riebeeck-fees in 1952 verskyn het, bevat 52 prentjies van beskermde veldblomsoorte, geskilder deur Mary Maytham Kidd." (Klem my eie) Beteken dit ons moet die kunstenares se lewensduur in ag neem wanneer die kopiereg van die inhoud van die publikasie bespreek word? Al is die titel deur die staat gepubliseer? K175 (kontak) 20:30, 27 September 2017 (UTC)
- Hallo K175. Daar is niks fout om die inhoud te gebruik nie. Die prente kan wel lol. Fotografie is 50 jaar sedert die heel eerste verskyning in 'n boek wat in Suid-Afrika gepubliseer is, maak nie saak watter een en of die fotograaf nog leef nie. Kuns is wel 'n ander bogger, want die vrugreg (tantième) word dikwels die eiendom van die naasbestaandes. Dit wil sê, dit sal 50 jaar wees sedert die vrou se afsterwe.
- Ek weet glad nie wat sal gebeur as iemand sy werk vir ewig aan 'n organisasie sou bemaak nie - want kry jy die geval van Langenhoven se werke wat aan die Universiteit van Stellenbosch (tydelik?) geskenk is, sodat die verkope van die hele reeks geld kan invorder, maar die organisasie doen self bôggerôl om die man se nalatanskap te laat voortleef (en in die proses steeds geld te bly invorder). Dan is jou hande afgekap. Streng gesproke is Langenhoven se werke in die openbare besit - maar nou weet mens nie of die reg van die boeke nou aan Stellenbosch, Goldblatt of sy dogter Engela oorgedra is nie. Daaroor swyg die hele wêreld soos die graf. Jy sal dus eers na die argief van Kaapstad toe moet gaan in Roelandstraat, die testament moet laat trek, elke liewe paragraaf deurgaan, en éérs dan 'n besluit neem. Dit is hoe kompleks die wêreld geword het. Maar wanneer laas het jy 'n herdruk van hierdie meneer se werk gesien? 1975.
- Gelukkig oor een saak: herdrukke in Afrikaans bestaan so te sê nie. Iemand wat laat agter drie nou wil kom geld invorder oor jy sy brood uit sy mond uit geneem het, by name wanneer die werk ouer as 50 jaar na die outeur se dood is, het eintlik nie meer 'n voet om op te staan nie.Suidpunt (kontak) 06:44, 28 September 2017 (UTC)
Ek het 'n bietjie naslag werk gedoen. Mary Mathem Kidd het in 2001 gesterf, maar in 1952 is die Suid-Afrikaanse kopieregwet 'n kopie van die Britse kopieregwet van 1911. Onder daardie wet, as 'n kontrak tussen Kidd en die Kaapse Provinsieraad bestaan het en daar is niks in die kontrak oor kopiereg, kry die Provinsieraad die kopiereg. In afdeling 18 van die wet bestaan die volgende: "Without prejudice to any rights or privileges of the Crown, where any work has, whether before or after the commencement of this Act, been prepared or published by or under the direction or control of His Majesty or any Government department, the copyright in the work shall, subject to any agreement with the author, belong to His Majesty, and in such case shall continue for a period of fifty years from the date of the first publication of the work." Dus, as die Kaapse Provinsieraad beskou is as 'n "Government Department" en hulle is die eienaars van die kopiereg, verval die kopiereg na 50 jaar. Ek hoop dat die help. Martinvl (kontak) 20:50, 28 September 2017 (UTC)
Hierdie artikel gebruik in 5/6 verwysings van die tydskrif self. Ek begin my geduld verloor vir die blantante oorskreiding van neutraliteit ens. Ek sal die artikel moet skrap. Jammer! Oesjaar (kontak) 18:31, 26 September 2017 (UTC)
- Skrap dit hard! K175 (kontak) 20:45, 26 September 2017 (UTC)
- Ek het nie nou die artikel gefynkam nie, maar ek sou sê dit is definitief 'n noemenswaardige vaktydskrif. Daar is baie (meer as 700) verwysings na die tydskrif hier in Wikipedia, en ek sien ook verwysings in ander vaktydskrifte (bv. Stilet, Litnet, Literator, Historia, HTS). As die inhoud self probleme gee, moet dit natuurlik reggemaak word. Ek dink dit is nogal oulik as 'n publikasie se naam in 'n verwysing 'n blou skakel is (soos baie keer in Morne se artikels) - dan kan mens oor die bronne self ook lees. --Alias (kontak) 11:31, 27 September 2017 (UTC)
Wat het nou gebeur? Het ek 'n fout gemaak? Hoekom is my wysiging teruggerol? Groete. -- SpesBona 18:50, 26 September 2017 (UTC)
- Vreemd - ek kan niks verkeerd met jou wysiging sien nie. --Slashme (kontak) 19:27, 26 September 2017 (UTC)
- Ek vermoed eerder 'n fout by die slimfoon, tablet of wat ook al. Dis net een verkeerde vee met die vingers en jy kan die wysiging van 'n hele dag teruggrol. Dis ook nie die eerste keer nie, dus my aanname. Groete. -- SpesBona 19:35, 26 September 2017 (UTC)
- Ek het ook al heeltemal per ongeluk ander se wysigings teruggerol. K175 (kontak) 20:47, 26 September 2017 (UTC)
- Ekskuus tog, dit was inderdaad net 'n onbewuste wysiging. Verjaardagfees het siderlimiet al oorskry. Voyageur (kontak) 21:08, 26 September 2017 (UTC)
- Ja, ek het ook al so 'n foutjie of twee gemaak! Groete! --Oesjaar (kontak) 05:14, 27 September 2017.....en ek ook! --Aliwal2012
- Terloops, jy hoef nie wysigings aan my gebruikersbladsy terug te rol nie - as die IP-adres Brits is (en meestal deur Virgin Media of Virgin Media Business toegeken word), is dit altyd my eie wysigings op 'n slimfoon, tablet of rekenaar waarop ek nie aangemeld is nie. Voyageur (kontak) 20:06, 27 September 2017 (UTC)
nog saadjies...
- Ek was vanaand lus om 'n langer artikel vir my 100 dae projekkie te vertaal, maar toe besef ek hoeveel reggemaak moes word aan die Engelse weergawe, en toe ek my oë uitvee was die aand om, so ek het weer vanaand maar 'n ou klein saadjie vertaal, en môre is ek by WikiMUC, so dit gaan seker weer 'n kleintjie moet wees. --Slashme (kontak) 19:54, 27 September 2017 (UTC)
- Hoekom vertaal jy nie 'n paar Duits gebaseerde artikels nie bv. die Duitse vliegtuig vervaardigers. Dankie in elk geval vir jou werk! Groete! Oesjaar (kontak) 20:01, 27 September 2017 (UTC)
- Nogal 'n goeie idee! Dis nou na middernag, so ek gaan weer vandag 'n blitsvinnige een doen sodat ek nie môre 'n nul op 'n kontrak is nie, maar dalk oor die naweek. Ek's nie 'n vliegtuigdeskundige nie, so dis vir my makliker om binne my eie veld te bly. Na die 100 WikiDays gaan ek dalk 'n nuwe projek begin waar ek nie 'n artikel per dag doen nie, maar 'n hoofstuk per dag. Dan kan ek groter, nuttiger artikels stuk vir stuk vertaal.
- de:Benutzer:H-stt het vir my vanaand die enorme lens gewys wat hy huur om môre Rugbyfoto's te neem. Ek sou voorstel dié van julle wat Rugby kyk hou sy Commonsaktiwiteite dop - dalk kan julle 'n paar artikels meer aanskoulik maak. --Slashme (kontak) 22:31, 28 September 2017 (UTC)
- Hallo Slashme! Ek deel nie gewoonlik werk uit nie, maar kan jy asb Generaal Belisarius vertaal uit en:Belisarius? Miskien slegs die inleiding sal gaaf wees, want daai rooi skakel kom voor by Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/13 September. Groete, --Aliwal2012 (kontak) 08:53, 29 September 2017 (UTC)
- P.S. Anwar Sadat ook! --Aliwal2012 (kontak) 14:00, 29 September 2017 (UTC)
- Doodreg! Aangesien jy so direk gevra het, sal ek dit my naweek se werk maak. Ek sal stukke wat ek mee sukkel in HTML-aanmerkings versteek; dan kan jy en andere hulle daarna kom red. --Slashme (kontak) 16:25, 29 September 2017 (UTC)
- 'n Artikel oor Korrupsie sal belangrik wees. Jy weet, wat tans in die nuus is. Groete. -- SpesBona 18:14, 29 September 2017 (UTC)
Aliwal, ek het Belisarius vertaal, so daardie rooi skakel is nou blou, maar dis nogal ver uit my veld van kundigheid en ervaring, so dit het nog 'n paar pare oë nodig. --Slashme (kontak) 23:03, 30 September 2017 (UTC)
- Baie dankie David! Ek sien jy slaap ook nie in die nag nie! --Aliwal2012 (kontak) 23:38, 30 September 2017 (UTC)
- En nou is Anwar Sadat gereed vir 'n algemene fynkam - die vertaling lyk goed van ver, maar dis ver van goed ;-] Ek hoop daar's iemand wat die energie het om dit reg te ruk. --Slashme (kontak) 22:29, 1 Oktober 2017 (UTC)
Ek het pas Katalase uit Engels (en:Catalase) vertaal. Dis 'n langerige, komplekse artikel, so ek verwelkom enige hulp om dit reg te ruk. Ek's ook nie heeltemal seker watter van die inligtingskaste die moeite werd is om te vertaal nie. --Slashme (kontak) 22:31, 29 September 2017 (UTC)
Menings gesoek oor woordelysformaat
Ek het 'n duikwoordelys opgestel by Gebruiker:Pbsouthwood/Woordelys vir onderwaterduik. Dit is nou tyd om die formaat te bepaal. Die lys bestaan tans uit Engelse terme met Afrikaanse vertalings, saam met definisies/verduidelikings ook in Engels en Afrikaans. Is daar bestaande woordelyste wat leiding kan gee? Pbsouthwood (kontak) 14:58, 30 September 2017 (UTC)
- Lyk vir my heel goed, maar ek het nie eintlik 'n verwysingsraamwerk oor hoe die goed moet lyk nie. --Slashme (kontak) 23:04, 30 September 2017 (UTC)
Nobelprys vir Vrede
Die Nobelprys vir Vrede lyk asof dit masjienvertaalde teks bevat. Dalk wil iemand dit 'n bietjie verbeter? --Slashme (kontak) 09:13, 1 Oktober 2017 (UTC)
- Dit lyk nou baie beter, dink ek. Groete. -- SpesBona 12:59, 9 Oktober 2017 (UTC)
Invoer van artikelgeskiedenis
In die Duitse Wikipedia is daar 'n baie goeie gebruik in plek vir vertaalde artikels: die volledige geskiedenis van die bladsy wat vertaal is word d.m.v. 'n sogenaamde interwiki import ingevoer, sodat die oorspronklike outeure outomaties gelys word. In die Duitse Wikipedia is daar ook 'n spesifieke gebruikersgroep wat artikelgeskiedenis kan invoer, naamlik die Importeur, so ook op enwiki. Ek sien daar's geen Importeurs op afwiki nie, maar ek sou graag hierdie stap wou neem vir die artikels wat ek vertaal. --Slashme (kontak) 11:11, 5 Oktober 2017 (UTC)
Onlangse wysigings
Lyk julle "Onlangse wysigings" nou ook so snaaks? Winston (kontak) 19:39, 5 Oktober 2017 (UTC)
- Nee, ek het daai "improved version of Recent Changes" by Spesiaal:Voorkeure onder Onlangse wysigings uitgeskakel. Hoekom word ons vir sulke veranderinge nie ingelig nie? Groete. -- SpesBona 19:45, 5 Oktober 2017 (UTC)
- Wonderlik, dankie. Winston (kontak) 19:52, 5 Oktober 2017 (UTC)
Dit sal gaaf wees as iemand met 'n groter kennis van fisika as ek die artikel kan lees net om seker te maak daar is nie groot blapse wat tot ongevraagde fusies kan lei nie. Winston (kontak) 19:41, 5 Oktober 2017 (UTC)
Blokkeer
Dis tyd dat hierdie persoon geblokkeer word: Spesiaal:Bydraes/45.220.11.50 Winston (kontak) 15:14, 6 Oktober 2017 (UTC)
- Dankie Aliwal! kan jy sommer ook hierdie een blokkeer? So 'n gebruikersnaam hoort nie hier nie. --Slashme (kontak) 19:00, 6 Oktober 2017 (UTC)
Hulp met ou Nederlands
Hallo almal,
Ek het vandag Galileo se Skewe Toring van Pisa eksperiment vertaal, maar het 'n bietjie kleigetrap met vertaling van die volgende ou Nederlandse brokkie:
- Laet nemen (soo den hoochgheleerden H. IAN CORNETS DE GROOT vlietichste ondersoucker der Naturens verborghentheden, ende ick ghedaen hebben) twee loyen clooten d'een thienmael grooter en swaerder als d'ander, die laet t'samen vallen van 30 voeten hooch, op een bart oft yet daer sy merckelick gheluyt tegen gheven, ende sal blijcken, dat de lichste gheen thienmael langher op wech en blijft dan de swaerste, maer datse t'samen so ghelijck opt bart vallen, dat haer beyde gheluyden een selve clop schijnt te wesen. S'ghelijcx bevint hem daetlick oock also, met twee evegroote lichamen in thienvoudighe reden der swaerheyt, daerom Aristoteles voornomde everedenheyt is onrecht.
Ek het probeer om die styl van die stuk te behou, maar ek het hier en daar moes raai wat 'n woord beteken, soos veral by "op een bart oft yet daer sy merckelick gheluyt tegen gheven". My vertaling:
- Neem (soos die hooggeleerde H. IAN CORNETS DE GROOT, flukse ondersoeker van die Natuur se verborgenhede, en ek gedoen het) twee loodklonte, die een tienmaal
grootergroter en swaarder as die ander, en laat hulle tesame val van 30 voet hoog, op 'n plank waarteen dit 'n merkbare geluid gee, en jy sal sien dat die ligter een nie tienmaal langer neemdaarhendaarheen as die swaarder een, maar dat hulle tesame gelyk op die plank val, sodat hulle twee geluide een en dieselfdeklopslag skyn te wees. Soortgelyk bevind hy dadelik dieslfde resultaat met twee ewe groot liggame in tienvoudige verhouding van gewig, daarom is Aristoteles severneemdevermeende eweredigheid onjuis.
Ek nooi ieder en elk uit om my poging daar te gaan verbeter, beide in styl en inhoud! --Slashme (kontak) 19:57, 10 Oktober 2017 (UTC)
- Dankie, lyk reeds stukke beter! --Slashme (kontak) 21:04, 11 Oktober 2017 (UTC)
Aliwal2012 migreer ook elders!
Nadat ek 50 000 wysigings op af:wiki en 9 900 op nso:wiki agter die blad het, gaan ek nou my aandag wy aan Suid-Afrikaanse dorpe and riviere op ceb:wiki. Miljoene artikels wat die laaste 3 jaar deur Lsjbot geskep is, moet nog 'n heenkome kry (intertaalskakels na die korrekte Afr titels).
Maar ek is nie weg hier of beswaard nie! Yebo yes, --Aliwal2012 (kontak) 06:53, 13 Oktober 2017
- Sterkte! Klink nogal na 'n uitdaging :-) --Slashme (kontak) 22:30, 13 Oktober 2017 (UTC)
Benodig hulp met blok op en:Wiki
Hi Slashme, kan jy my moontlik help met 'n blok op en:Wiki i.v.m daggafari op die blad en:Cannabis_in_South_Africa. Ek is van meening dat volgens jou aanwysing dat die inhoud 'n plek het op daardie blad aangesien dit nie noemswaardig was sy eie blad te hê nie maar nou is ek geblok omdat ek 'n verwydering op die Cannabis in South Africa artikel terug gerol het. Ek kan nie eers my Talk page wysig nie en het 'n ticket unblock request gedoen maar hul sê ek kan my talk page wysig om 'n normale unblock request te kan maak maar dis onwaar. Ek vra dat jy my asb help. hoop jou naweek loop lekker. Groete -- Mickey ☠ Dangerez 22:35, 14 Oktober 2017 (UTC)
- Hallo Mickey, ek's die afgelope rukkie 'n bietjie besig met ander dinge, so ek kom in, doen die nodigste, en gaan weer uit. Ek stem saam dat daar 'n plek in daardie artikel is vir die bespreking van daardie inhoud, maar op 'n bondiger, meer neutrale wyse. maar ek het eenvoudig nie energie gehad om daarmee om te gaan nie. Ek sien jy't dit intussen reggekry om jou appél op jou eie talk page in te sit, en dat dit teruggewys is. Ek verstaan ook daardie besluit, en die persoon wat dit gemaak het, het die redes uitvoerig verduidelik. --Slashme (kontak) 20:00, 18 Oktober 2017 (UTC)
- Elke persoon wat wysig doen dit met POV niemand kan 100% neutraal wees nie. Jy verstaan die rede vir die blok omrede dit nie jy is wat geblok is nie. James Watson is verkeerd om te se my edits is om skade aan Wikipedia aan te rig. Dit is onsin waarmee jy saam stem. Duidelik wil jul nie he ek moet bydrae nie. Aangesien jy met die blok stem. Alle chemiese ingenieure is duidelik dieselfde sal sorg dat ek nie jul maatskapei se produkte gebruik nie en sal almal afraai teen Wikipedia omrede dit beheer word vir jul eie POV deur diktatorskap. Ek was reg van die begin af. Moes maar net weg gebly het. Hou maar al die pseudo-wetenskaplike inligting op Dagga sodat die wêreld kan sien watse snert glo jul terwyl jul die mense wat vir hul self kan dink blok.-- Mickey ☠ Dangerez 22:00, 18 Oktober 2017 (UTC)
Die rede hoekom ek so woedend is is nie omrede ek nie kan wysig nie maar omrede blatante vandalisme soos hierdie sonder gevolge vir die persoon wie nie net COI aantuiging verwyder het nie maar ook geldige versoeke tot veranderinge verwyder het. Dis onreg. Om my te blok vir twee keer terugrol terwyl ander vryheid beskik om sulke dade te pleeg. EN EK IS NOU BOOS! Wikipedia kan vlieg. Ek sal NIE dit deur nie. Meng jou met die semels... die semels het hoë range op Wikipedia. Die varke is hul volgelinge. -- Mickey ☠ Dangerez 22:11, 18 Oktober 2017 (UTC)
- Ag shame, jou ou tjankbalie! Gaan huis toe as jy nie welkom voel op die wiki nie man! Ons het nou genoeg van jou gehad hier!!--Aliwal2012 (kontak) 06:07, 19 Oktober 2017 (UTC)
Nuwe logo vir die Wikiwoordeboek
Ons het 'n nuwe logo vir die Wikiwoordeboek gemaak. Stem asb vir of teen die implementering daarvan by wikt:Wiktionary:Geselshoekie#Nuwe_logo. Groete. Frank (kontak) 06:31, 23 Oktober 2017 (UTC)
Kategorie:Antibiotikums geskuif
Volgens die Sakboek van Regte Afrikaans, is antibiotika die meervoud van antibiotikum. Ek het dus kategorie:Antibiotikums na kategorie:Antibiotika geskuif. --Slashme (kontak) 20:37, 23 Oktober 2017 (UTC)
- Albei is reg, maar ek dink antibiotika is meer bekend. Winston (kontak) 20:40, 23 Oktober 2017 (UTC)
- Ook beaam deur die apteker. Groete! --Aliwal2012 (kontak) 11:01, 24 Oktober 2017 (UTC)
Kalenders op dag datums
Die kalenders op elke dag se datum werk nie meer nie: Sjabloon:Kalender/Son1steMaandBeginSo. Kan iemand help? Groete! Oesjaar (kontak) 05:27, 24 Oktober 2017 (UTC)
- Nou beter? Groete. Frank (kontak) 07:00, 24 Oktober 2017 (UTC)
- Dankie! Oesjaar (kontak) 07:05, 24 Oktober 2017 (UTC)
- Dankie ook van my kant af Frank, en jammer dat ek jou tone blase getrap het by Daimler ('n maand gelede). Ek het so meegevoer geraak met my argument, dat ek nie besef het jy kan dalk aanstoot neem daarmee nie! Jammer Ouboet!! Gert, alias "Die Perd se Bek"
- Dankie! Oesjaar (kontak) 07:05, 24 Oktober 2017 (UTC)
Aan wie ook al hierdie Wiki se Twitter-rekening beman, wil ek graag ’n woord van dank uitspreek. Ek sien daaglikse twiets met goeie foto’s en interessante feitebrokkies. Puvircho (kontak) 09:42, 24 Oktober 2017 (UTC)
RNS termometer
Ek het RNS termometer vertaal vanaf die Engelse artikel (wat 'n "Good article" is). Dis nogal lank en kompleks, so 'n paar ekstra oë is waarskynlik nodig. --Slashme (kontak) 21:43, 27 Oktober 2017 (UTC)
Glasvesel
Nog 'n lang, komplekse artikel met moeilike woordeskat: glasvesel. Die konsep van 'n "bushing" is veral lastig, want dit word in die vervaardiging van glasvesel heel anders gebruik as die normale gebruik van die woord: hier is dit blykbaar 'n soort oond met 'n klomp spuitstukke (wat uitgedra word deur die foto's wat ek aanlyn kan vind). Ek het maar vireers 'n neologisme "spuitoond" geskep, maar as iemand beter weet, of 'n beter idee het, voel vry. Ek is ook seker daar't 'n klomp foute ingesluip. --Slashme (kontak) 20:18, 30 Oktober 2017 (UTC)
- Vind nie juis 'n oplossing in die Tegniese Woordeboek van H.J. Terblanche nie. Seker reg dat jy daar iets nuut skep. Vind wel fibrebush = veselbus, en fiberiser = pluismasjien. Maar fiberise = uitpluis, wat blykbaar 'n ander proses is. Die vesels drup blykbaar weens swaartekrag, so miskien "drupoond" of "busoond". JMK (kontak) 06:38, 15 November 2017 (UTC)
True Northerners Wikipedia Meetup
Event is over.
Aktiwiteite/Activities: Explore the UK in Afrikaans / Glasgow - a Sandstone Marvel / Glasgow Necropolis / Merchant City / Glasgow City Walk / Clyde Riverside Walk / Glasgow - Workshop of the World / Transport in Glasgow
Sjabloonvertaling benodig
- Hierdie gesprek is verskuif na Sjabloonbespreking:Triptofaanmetabolisme deur menslike mikrobiota. Gaan asb daar voort! Dankie --Aliwal2012 08:27, 3 Nov 2017
Help my om foto's te neem vir ons groeiende Wikipedia
Hallo gemeenskap. Ek wil graag môreaand 'n konsert van Joshua na die Reën by L'Avenir gaan bywoon en 'n paar kiekies neem vir ons projek. Aangesien ek nie 'n auto besit nie, wil ek vir donasies vra sodat ek soontoe kan Uber. Dit sal my R120 retoer kos. Indien enigiemand bereid is om by te dra, maak asb. 'n donasie met Bitcoin aan 13nQzMBwBYtq5fbU782DGj61AK2Aropetp. Ek sal self die koste van die toegangskaartjie dra. Jammer vir die kort kennisgewing. K175 (kontak) 15:35, 4 November 2017 (UTC)
- Sou graag bydra, maar ek bitcoin nog nie. As jy 'n ZA bankrekening het sou ek graag 'n oorbetaling maak - jy kan vir my mail as dit die moeite werd is vir jou. --Slashme (kontak) 22:05, 4 November 2017 (UTC)
- Dankie, @Gebruiker:Slashme! Ek is egter reeds per e-pos gekontak en het die volle bedrag ingesamel! Ek sien daarna uit om 'n goeie foto vir ons artikel Joshua na die Reën te neem. K175 (kontak) 22:24, 4 November 2017 (UTC)
- Dit het 'n bietjie gesukkel met die ingewikkelde kamera. Ek sal 'n bietjie moet gaan oplees oor hoe om al die knoppies te gebruik. Ek het solank die beste skoot opgelaai. Gelukkig tree JNDR weer op volgende week. Hopelik kan ek dan weer 'n poging aanwend. K175 (kontak) 20:56, 5 November 2017 (UTC)
- Reeds heel goed! --Slashme (kontak) 23:26, 5 November 2017 (UTC)
Maroela Media en ons Wiki.
Gemeenskap: Julle sal seker teen hierdie tyd opgemerk het dat daar twee gebruikers is (Esta Grobler & KMRJ) wat elke dag 'n klomp nuwe artikels op ons Wiki skep. Sommige van die artikels het my rooi laat sien vir 'n paar redes. Nadat ek 'n klomp van die artikels bestudeer en versorg het, het ek 'n tendens opgemerk. Na verdere ondersoek en een oproep verder het ek agter die kap van die byl gekom. Beide die gebruikers lewer 'n diens vir Maroela Media wat toestemming by die eienaars van Kennis gekry het om hulle tydskrifte net so op Wiki te publiseer. Baie goeie inisiatief maar met praktiese probleme wanneer dit by uitvoering kom. Eerstens die twee gebruikers gebruik OCR tegnologie om die artikels te skep - wat ook sy eie kopsere het wanneer dit met kappies en deeltekens en die dinge werk.
Tweedens hulle trek die Kennis artikels net so oor, terwyl soortgelyke artikels reeds bestaan bv Graan - ou artikel - en Voedselverskaffende grasse(artikel geskrap) wat presies dieselfde ding is. Sien Doodloopbladsye, baie van die Kennis artikels verskyn hierin. Kennis is nie 'n ensiklopedie nie maar het kennis in meer beskrywende, algemene artikels gegroepeer, anders as die Wiki formaat, wat vir baie van ons kopsere verantwoordelik is. Maroela Media het 'n doelwit om 15 artikels 'n dag te lewer.
Ek het met Keren van den Berg by Maroela gepraat en haar ingelig oor ons kopsere hier by Wiki met hulle bydraes. Haar een probleem is dat hulle Wiki vaardigheidspersoon Gebruiker:MilanBye Maroela se diens verlaat het. Keren weet nou van al ons kopsere.
Ek het haar verseker dat ons Maroela se visie en bydraes waardeer en ondersteun maar dat hulle moet die Wiki filosofie onder die knie kry. Ek het aangebied om Maroela te besoek en die twee persone te help en verdere opleiding te gee. In die tussen tyd sal Keren met die twee persone praat.
Ek het versoek dat hulle eers moet navorsing doen oor wat bestaan alvorens hulle nuwe artikles skep. Hulle moet duplikasie verhoed en artikels wat reeds bestaan moet nie oorskryf word nie maar eerder na verwys/geskakel word. En nog baie meer...
Ek bring net hierdie onder julle aandag, ons sal dit wat reeds wat geskep is onder die oë neem en iets moet doen. Ek hoop om Maroela die 14de Nov te besoek.
Groete! Oesjaar (kontak) 11:03, 9 November 2017 (UTC)
- Beteken dit ons ander kan ook nou Kennis as bron gebruik? Winston (kontak) 12:51, 9 November 2017 (UTC)
- Hier is my besware daarteen. Laat ek dit duidelik uiteensit (ek skryf nou vir die ander lesers ook).
- Kennis (waarvan ek die opgestapelde gekramde tydskrifweergawes tot no. 100 gekoop het teen R5,00 by my dorpsbiblioteek) het die neiging om vir my baie soos die Afrikaanse Kinderensiklopedie te "jy", te "ons", en te "u" vir die leser. Tydskrifte, nuusgroepe en selfs my eie briefskrywery aan sekere webwerwe maak gereeld hiervan gebruik, ja, want jy wil direk met die leser praat wie jy reeds weet wie dit is. Jy weet watter persoon kyk KykNET, jy weet watter deursnit persoon luister RSG, jy weet watter deursnit persoon kyk SABC 2, luister Jakaranda FM of lees Netwerk24. Deur kommentaar onder elke artikel kan jy ook gou agterkom watter tipe mens Maroela Media lees (ouderdomsgroep, volk(e), geslagte, interesse, geleerdheid, und so weiter ). Elke firma wéét wie sy vernaamste lesers is en probeer hulle daarom akkommodeer. Soms sal "markuitbreiding" of "diversifisering" plaasvind, ens.
- Jy weet ook daar is sekere intellektuele stukke wat jy nie vir jou lesers sal kan plaas nie, omrede daardie bron bo die gemiddelde leser se vuurmaakplek is.
- Gewoonlik weet die leser ook wie die aangesprokene is: "jou belasting word vermors op makieties" sê die volgende:
- [Ek, Afrikaanse leser, uit enige ras, enige stam, enige volk, jaar 2017, Suid-Afrikaner, getroue leser van Koerant X, waarskynlik belastingbetaler ouer as agttien jaar oud, waarskynlik ouer as 25; of iemand wat baie BTW opdok, wat dus enige ouderdomsgroep kan wees].
- Goed en wel, totdat 'n Nederlander, 'n Franssprekende met Britse voorsate (soos Voyageur) en 'n Duitser (SpesBona, voorheen JCIV) ook hierdie "ons" en "jou" lees en wonder: "wat de donder?"
- Voorbeeld, oor die Berlynse Muur, bl. 1002, Kennis, weekblad 59. :
- Duidelik nie neutraal geskryf nie.
- Hoe weet mens hierdie werk is deur 'n kapitalis of pro-westerse persoon geskryf? "Skandmuur" (de:Schandmauer) is die westerse benaming, bedink deur Willy Brandt, vir die de:Antifaschistischer Schutzwall, of keerwal teen Westerse dekadensie. Eweneens is "werkersparadys" tussen aanhalingstekens sarkasties bedoel. Die woord "skandmuur" het tydens die ontspanningspolitiek uit die omgangstaal begin-1970's verdwyn in Duitsland self - aangesien sulke woorde wat links en regs geslinger het die verhoudinge sou versuur het.
- Weer sal mens na die bron moet kyk - Kennis was geskryf in die 1970's. Onthou, Wikipedia is 'n opsomming van verskillende standpunte. Uit hierbo sal dit 'n "hy sê" "sy sê" moet wees. Wie het wat gesê? Dit is nogal moeilik, want jy het 'n anonieme skrywer wie se oogmerk jeugdiges van die 1970's is. Dit is nie soos Kommunisme: teorie en praktyk (1969) waar jy name van professore, vanne, konsepte, bronne kan gebruik nie. Ek dink Kennis raak slegs 'n ligte opinielewery vir 'n toergroep sonder bronne of paspoort. Amper soos die TV-program Leef jou reis.
- Dit is vir my veel makliker om die kantaantekeninge van Voltaire in Rousseau se werke nader te trek en die kritiekpuntjies onder mekaar te lys. Hier is dit immers duidelik: jy het Rousseau se werk, jy het Voltaire se kantaantekeninge. Is dit verifieerbaar? Ja, dit is. Jy sien die foto's, jy sien die handskrif, jy kan dit self toets. Maar is die foto's EG? Dis al waaroor mens jou hoef te bekommer.
- Op presies dieselfde blad word geskryf:
- Nou goed, laat ek gou die teks volgens Wikipediastandaarde meet.
- Die ou geboue van Berlyn is nie baie oud nie.
- Dit is 'n uiters niksseggende sin. Wanneer is oud dan oud?
- Die middelpunt van die ou stadsdeel, wat talle Afrikaner-studente van die twintiger- en dertigerjare so goed geken het, lê in die huidige Oos-Berlyn, naby die beroemde straat Unter den Linden.
- Jy kon eenvoudig gesê het die middelpunt van die stad in die 1970's was naby Unter den Linden, toenmalig in Oos-Berlyn. As jy dan nou bekende Afrikanerstudente of Suid-Afrikaners wil uitlig wat in Berlyn voor die Koue Oorlog studeer het, dan moet jy name noem, jy sal hulle onder 'n afsonderlike hofie moet skryf. Jy is egter nie verplig om Suid-Afrika elke liewe maal te betrek om te wys hoe relevant die artikel vir die leser is nie - Berlyn se invloed op sy eie permanente inwoners is veel sterker as op Suid-Afrika. Dis tog logies. Ek sou eerder die Afrikaanse studente by die betrokke Universiteitartikels self lys.
- Ook talle museums en ander herinninge aan die ou Berlyn lê hier anderkant die muur.
- Dis 'n herhalende en vanselfsprekende sin dié - ons weet mos die ou stadsdeel van Berlyn sit in Oos-Berlyn.
- Hoewel die Oos-Duitsers hulle deel van die stad as 'n uithangbord vir Kommunisme uitbou, is selfs vandag nog nie al die oorlogskade aan die geboue herstel nie.
- Ek kan duidelik sien ons verkeer hier in die Koue Oorlog. Ek is seker mens sou die sin kon herskryf: Hoewel die Wes-Duitsers hulle deel van die stad as 'n uithangbord vir Kapitalisme uitbou, is (noem westerse sondes: dwelms, massaverbruik, besoedeling, omgewingskade). Los die moddergooiery en skrap die sin.
- Aan beroemde plekke, soos die Potsdamer Platz en die indrukwekkende Brandenburgpoort, het veel van hul betekenis verloor as gevolg van die stad se verdeling.
- Op grond waarvan? Toerisme? Stel dit dan so. Die muur het toerisme vanuit die Weste belemmer. Los ook die toerismewoord "indrukwekkende" uit. Niks kan vir my so indrukwekkend wees soos die Piramides van Giza nie. Weer sal jy bewyse hiervoor moet staaf moet toerismesyfers. Waar is jou bewyse?
- In Wes-Berlyn is die Bellevue-kasteel en die Charlottenburgkasteel, albei eertydse tuistes van die Duitse keisers.
- Uiteindelik die nuttigste deel van paragraaf; hoewel 'n kaart eweveel hiervoor sou kon vergoed.
- Al daardie vooropgesteldhede val by Wikipedia weg. Die enigste doel by die Afrikaanse Wikipedia is: skryf verstaanbaar. Kry al die bronne en perspektiewe in. Moenie tot 'n finale gevolgtrekking kom nie. Moenie namens die leser die standpunte opweeg nie. Laat ruimte vir die navorsing wat nog moet kom. As ensiklopedis haal jy slegs standpunte aan. Dit is al wat jy doen.
- Ek waardeer die pogings om nie opstelle te skryf wat slegs een spesifieke standpunt voorstoot nie (dis 'n ruimte verbetering). Ek waardeer ook die moeite wat gedoen word om Afrikaanse bronne te gebruik. Ek waardeer eweneens die Afrikaanse ingesteldheid, sodat ons nie eenvoudig met robotvertalings sit wat uit die staanspoor slegs uit 'n eensydige Amerikaanse oogpunt geskryf is nie. Maar waarvan ek nie hou nie is die subjektiwiteit daaraan verbonde. Suidpunt (kontak) 14:18, 9 November 2017 (UTC)
- Ek wonder of hierdie artikels nie eerder op Wikibronne gelaai moet word nie. Die digitalisering daarvan is van onskatbare waarde vir die Afrikaanse taalgemeenskap, maar dit is nie noodwendig vir Wikipedia geskik nie. Ek weet nie wat by Wikibronne aangaan nie, maar as julle iemand kort om die plek reg te ruk, kan julle op my knoppie druk. O ja, moenie vergeet om so af en toe by die Wikiwoordeboek te kom inloer nie! Groete. Frank (kontak) 19:14, 9 November 2017 (UTC)
- Daai boek "Kennis" uit 1980 is klaar nie 'n ensiklopediese bron nie! Daardie skrywers praat van "ons", "Mohammedane" en "rasse". Jy kan nie die 2017-wêreld beskryf en 'n 1980-boek uit die ou Suid-Afrika as bron gebruik nie! By Wikings staan nou "Ons kennis van die Wikings se literatuur is baie beperk." Elke Sweed het meer kennis oor die Wikings as daardie skrywers. As jy die Wikings ensiklopedies wil beskryf, koop Fachliteratur oor die Wikings, lees dit, verstaan dit en vergelyk dit met ander Fachliteratur oor die Wikings. Dis hoe ons ensiklopediese werk doen.
- Indonesië se geskiedenis bevat nou blatante rassisme: "Daar was waarskynlik drie hoofsoorte inwoners, naamlik die Negrito's van Wes-Maleisië, die Papoeas van Oos-Maleisië en 'n geel Mongoolse ras uit Indo-China." Bladsye soos Beskerming van die liggaam, Skool in die eerste eeu, Diere van die tropiese woud, Land benede seespieël, Die mobilisering van 'n Middeleeuse kasteel, Skryf- en rekenkuns in Ou Babilonië, Legendes van antieke Rome, Stryders vir ons taal, Snelheid van diere, Europa na die weense kongres, Europa in die agtiende eeu is nie ensiklopediese artikels nie, hulle is net essays en behoort verwyder.
- Maroela Media wil elke dag 15 van daardie artikels hier plaas? Goeie genade! Ons het nie die gebruikers, om alles wat hulle hier plaas, klaar te maak nie! Hulle doen dit tydens hulle werksure, ons skryf hier in ons vrye tyd! Groete. -- SpesBona 19:15, 9 November 2017 (UTC)
- Wikisource is die gepaste bestemming vir verbatim kopieë van Kennis-artikels. K175 (kontak) 20:12, 9 November 2017 (UTC)
- Ek dink nie 'n mens moet Kennis net afskryf nie. Dit is 'n ontsaglike bron van feite. Elkeen wat dit gebruik, moet egter die manier waarop dit aangebied word, herinterpreteer vir die moderne tyd. Of jy moet dit gebruik as 'n bykomende bron. Jy kan dit nie net verbatim kopieer nie. Winston (kontak) 20:22, 9 November 2017 (UTC)
- Gemeenskap: dankie vir julle insette. Dit word waardeer! Sal so oordra aan Maroela. Groete! Oesjaar (kontak) 06:18, 10 November 2017 (UTC)
- @Gebruiker:Oesjaar - nog 'n bylaag wat ge-CC kan word: ek stel voor Maroela Media spaar hul kragte. Probeer om met die minste moeite die meeste te doen; die eerste domino liggies om te tik wat 20 000 ander aan die werk sit. Ons moenie soos Sisifus wees nie - die arme drommel. Anders gaan jy rond en bont vure doodslaan en hoop die getalle sal styg. Dit werk nie so nie.
- Ek was vandag by Greenman se blog, en het sy Septembermaandverslag gelees, maar ook 'n kommentaarbydrae vanaf 'n ander Afrika-wiki se gebruiker. Hulle probeer baie aan die plaaslike navraag te voldoen, en ek gun hulle die sukses wat hulle daaruit kry.
- My siening: doen eers bietjie huiswerk. Dis onsinnig om 'n artikel te skryf wat niemand ooit gaan lees nie. Maak vriende met Google Trends. Want onthou, jou gemiddelde Afrikaanse leser google op Google en kies die eerste die beste antwoord.
- Goed, wat maak ons nou?
- Stap 1: Gaan na https://trends.google.com/
- Stap 2: Tik verkieslik 'n naam in soos Steve Hofmeyr. Hy lewer nie so baie soeknavrae soos "Afrikaans", "Engels" en "Huisgenoot" op nie (hulle hang aan die hemelruim soos ruimteskepe), maar is middelsiddel genoeg sodat jy ander soekwoorde of begrippe of sinne ook kan nagaan. "Afrikaans" is buitengewoon hoog om veral een rede: vertaling.
- Stap 3: Sodra die nuwe blad oopmaak, verander onmiddellik [by my is dit in Duits "Weltweit"] na Suid-Afrika. Nou begin ons kook.
- Stap 4: Vergelyk nou enige term of tema met "Steve Hofmeyr". Voorbeeld: "Kommunisme" slaan vuis met "Steve Hofmeyr". Steve Hofmeyr slaan weer "Deens" ('Menschliche Sprache') se tande uit. "Jean-Jacques Rousseau" [waarmee ek nou besig is om bronne in te samel] se soekvrae is aansienlik minder as Steve Hofmeyr s'n, maar is steeds hoër as "Merkantilisme" (ek is verbaas dat iemand daardie woord nog google!). Daarteenoor is die woord "intensiewe" (wat ek weet vir "intensiewe vorm", "intensiewe eenheid", "intensiewe sorg", "intensiewe..." gebruik word) steeds hoër as J.J.R., maar jy sien duidelik die benedekurwe met elke vakansie. Barry Hertzog? - my arme ding; ou J.J. het meer bekendheid as hy. J.J.R. word wel elke Feb/Maart- en veral Aprilmaand gegoogle - so my artikel moet voor Maart/April 2018 klaar wees, of ten minste halfpad. Iemand soos "Molly Brown" (Titanic-oorlewende) se soeke is uiters wisselvallig. "Goties" (die taal) is heeltemal dood. Ek gaan nie langer my tyd daarmee mors nie.
- Stap 5: moenie beïndruk raak oor die afgelope 12 maande nie (dus, wat aktueel is nie), stel die tyd op 5 jaar. Of pas die datums aan - ek probeer myne stel op 2015 tot nou. 12 maande is vir my te min. Jy sal byvoorbeeld gou sien "Fees Must Fall" word met elke koshuisbetoging gegoogle, maar tog weet ons dis 'n slagspreuk met weinig betekenis - slaan hom oor. Kyk mens na 'n begrip soos "Jacob Zuma", bly die soektogte na hom enduit buitensporig hoog. Hy sou met "Huisgenoot" kon meeding. Om die grafieke te vergemaklik, haal die een weg wat die grootste en hoogste is, sodat jy makliker op die kleineres kan fokus, as jy sou wou. Die grafiek sal hom onmiddellik aanpas.
- Stap 6: Weeluise (Bettwanze volgens my Google Trends) word geweldig baie inligting na gesoek. Dit is net 'n rapsie onder die gewildheid van Steve Hofmeyr. En jou wragtig! Elke Desembermaand is dit presies dieselfde klimaks van die jaar! Siektes, peste, plae, alles - kitsoplossings op die web. Wikipedia wag vir jou.
- Wenk 1: Ek was vandag by my dorpsbiblioteek. Ek het my kaartjie laat aftas, my posisie voor 'n biblioteekrekenaar ingeneem en probeer rondsnuffel wat ek uit die gebruikersnavrae en die internetgeskiedenis kan wysraak. Ek was die moer in omdat die internetgeskiedenis geskrap is, maar gelukkig genoeg dat van die mense se dokumente nog in "Documents" was. Wat jy daar vind is CV's, prentjies en veral, juis waarna ons soek, onafgehandelde skooltake. Kom ek gee jou 'n wenk: metamfetamien is hoog op die prioriteitslys, want dit is 'n LO-taak. Of dalk iemand wat 'n plaaslike handelaar soek? Die feit bly soos 'n koei op vier bene in die middel van die Grabouwpad staan - dit klop met die soekresultate op Google Trends.
- Wenk 2: Ou, maar onlangse vraestelle kan ook nuttig wees.
- Wenk 3: Soekwoord gevind? Gaaf, maar jy weet steeds nie waarna mense soek nie. Gaan na https://www.keywordtooldominator.com/k/google-autocomplete-keyword-tool . Nou ja, tik 'metamfetamien' en daar kry jy heelwat stringe soekvrae wat gereeld gegoogle word, soos "Wat is metamfetamien?". Slaan oor na Engels, "methamphetamine" as dit moet - you just got lucky. Suidpunt (kontak) 19:15, 10 November 2017 (UTC)
- Navorsers van Purdue-universiteit in West Lafayette, Indiana het 'n interessante ondersoek gepubliseer oor die betrokkenheid van Wikipediane by redigeringswerk. Blykbaar word 80 persent van alle wysigings deur slegs een persent van aktiewe gebruikers aangebring - al is daar 'n konstante vloei van skrywers wat die projek weer verlaat en nuwes wat daarby aansluit. Lees gerus meer by inverse.com: Wikipedia Study Reveals a Surprising Fact About Who Edits It
- Daardie klein kring aktiewe gebruikers loop moontlik gevaar om tendensieus te wees. Ek verwys net na die feit dat ons hier waarskynlik die eerste Wikipedia-projek sal wees wat 'n nugtere, neutrale beskrywing van die Kerk van Sciëntologie en sy geskiedenis vir sy gebruikers beskikbaar stel. Ek het vir ons Meetup nog eens my (vergeefse) wysigings aan die Duitse artikel oor dié onderwerp as voorbeeld geneem. Die Kerk vra hoë donasies van lede wat nie as vrywilligers daarby aansluit nie, maar dit is geen suiwer ekonomiese onderneming nie, soos in die Duitse artikel aangevoer word - net omdat een Duitse regter dit só gestel het.
- Ek kry die indruk dat akademici en ander deskundiges nie baie belang daarin stel om met die bogenoemde een persent debatte te voer nie. Dieselfde geld waarskynlik vir nuwelinge wat nie maklik hul bydraes op 'n tegnies nog steeds ingewikkelde webwerf kan lewer nie. Dit verg groot toewyding om al die reĕls baas te raak in 'n werksomgewing wat blykbaar deur die bogenoemde een persent oorheers word én sterk op bronkode, sjablone, en ander dinge fokus waarvan nuwelinge nie noodwendig kennis het nie. Redigeerwerk met mobiele toestelle bly 'n uitdaging.
- Ek weet nie regtig of ons die gebruikergetalle en soeknavrae vir Afrikaans so maklik kan opstoot nie, aangesien 'n groot persentasie Afrikaanssprekendes Engels as kommunikasiemedium aanvaar. Ons hoef net te kyk hoeveel Afrikaanssprekendes aktief betrokke is by die Engelse susterprojek.
- Wat die Engelsmedium-bydraers hier betref (almal wat materiaal bydra, advies gee of ander ondersteunende werk doen, mag met reg trots wees op die Britse bydrae tot die projek) - ons steur ons nie daaraan nie. Noord-Iere en Skotte aanvaar twee- of meertaligheid as 'n gegewe feit. So bly die Afrikaanse Wikipedia 'n interessante eksperimentele omgewing.
- Brexit is 'n aansporing om die Verenigde Koninkryk se bande met die Engelssprekende wêreld, insluitende die Afrikaanssprekende gemeenskap, te herdefinieer en te versterk. Afrikaanse hoofartikels oor die Britse samelewing sal besondere aandag geniet.
- @Voyageur
- Ek merk op by die Duitse, Franse en Nederlandse Wikipedia raak die besoekergetalle jaar op jaar net minder. Ek vermoed Quora wen nogal heelwat mense oor. Google se outomatiese antwoorde ook. Want mense tik vrae in, en antwoorde word in 'n kits gegee. By Wikipedia moet jy die antwoorde soek - by Quora en Gutefrage.net kry jy herhaling op herhaling op herhaling van presies dieselfde vrae net op ander wyses gestel. Dan is daar nog ander demografiese verskynsels ook: aan die een kant het jy die groot ouer bevolking wat uitgevee word, terwyl die jonger groep minder is. Ek wonder soms of die aantal mense wat Duits wêreldwyd leer groot genoeg is om hierdie groep seniors te vervang.
- Die Swahili-Wikipedia se besoekergetalle sal mettertyd die Afrikaanse Wikipedia s'n moet verbysteek. Ek het daarmee vrede gemaak. Ek skryf dit as feit, want die selfoontegnologie begin nou eers daar ontluik en diegene wat Swahili ken is 50 miljoen mense. Afrikaans? Glo 13 miljoen. As dit ooit so baie is. Jou vernaamste skrywers by die Swahili-Wikipedia is Duitsers met kennis van Swahili, ja. Terwyl die Afrikaanse gebruikers maklik na die Engels sal oorslaan as hulle 'n artikel as substandaard beskou, is Swahili al jare lank die lingua franca in die gebied. Die geringste bietjie kennis in Swahili sal nuwe belangstelling prikkel.
- Maar wat die Duitser in sy verslag skryf, te midde van growwe veralgemenings, is waar: die "markgebied" van Afrikaans het slegs 10% binnegedring. Jy het voorheen geskryf mense wat Google by verstek gebruik, google gewoonlik met die Engelse Google, met die gevolglike Engelse/Amerikaanse/Australiese resultate wat uitgespoeg word. Dit is waar, en daaraan kan ons absoluut niks doen nie.
- Selfs deur middel van RSG as advertensiemedium, en miskien kykNET, wat tot 3 miljoen mense bereik (ek praat nou van Radio Sonder Grense), toon die Virtuele Instituut vir Afrikaans se Jaarverslag 20176/2017 die besoeke is, volgens bl. 27 uit 30, gemiddeld 10 779, met die hoogste van net onder 21 500 per maand. Die Afrikaanse Wikipedia daarenteen is gewoonlik altyd meer as 1,5 miljoen+ bladtrekke per maand, om dit nou beskeie te stel.
- Slegs op grond van drie puntjies sal ek jou stelling kan aanvul:
- 1. Afrikaanse mense bly maar lui. Lui, soos: waarom sal ek soveel moeite doen om 'n Engelse artikel te vertaal vir 'n skoolprojek as ek reeds die Afrikaans tot my beskikking het? (Aan die ander kant maak dit plagiaat so besonder maklik en dit lyk my mense is meer geneig om te vertaal as om te parafraseer). Hier is dus sprake van gehalte. Ander, nuwe en oorspronklike inligting (vanaf die Franse, Duitse of selfs die Nederlandse (!) Wikipedia) kan moontlik besoekergetalle opskuif. Leeu, wat ek vertaal het in 2009, het op 09 Mei 2017 omtrent 274 besoeke gekry. Nou nie juis indrukwekkend hoog vergeleke met ander groot Wiki's nie, maar dit is nogal 'n aanwins vir so 'n klein taaltjie.
- 2. By intensiewe vorme het ek keywordtooldominator.com gebruik en kon onmiddellik vasstel na watter intensiewe vorm die meeste mense soek. Op daardie manier gee jy die antwoord en dit stoot jou besoekergetal net nog meer op, tot op 'n punt. Jy sien duidelik die "grondhopies" bladtrekke. Die aanvanklike groot soektogte in 2016 kry net 'n vae eggo in 2017 se tweede, derde en vierde skoolkwartaal. Die eerste kwartaal was wel 'n verbetering jaar op jaar. Aan die ander kant het jy ook Engelssprekendes (Afrikaans Addisionele Taal) wat ook van hierdie blad gebruik maak. En tog sal dit selde bo 200 bladtrekke bereik, as jy baie gelukkig is miskien 300 of 400.
- 3. Sekere neigings is net onverklaarbaar. Terwyl die hele Europa na Spaans begin oorskakel, en Frans in sy peetjie gaan, was Frans in Suid-Afrika derde op die ranglys van "gesogte" tale by Google Trends. Engels eerste, Afrikaans tweede, Franse derde. Zoeloe volg vierde, maar nou is hy derde. Zoeloe se grootste hindernis is sy geografie - jy kan duidelik sien die res van Suid-Afrika, en veral die Wes-Kaap, dink veel meer van Frans. Hoewel Frans glad nie by die meeste staatskole 'n skoolvak is nie. Frans geniet nie nie eens die beskerming op papier in die Grondwet van Suid-Afrika as minderheidstaal nie. Zoeloe toon wel 'n geleidelike toename, terwyl Frans ook nou begin agteruitgaan. Spaans vorder wel ook nie, behalwe in... DIE NOORD-KAAP?! Suidpunt (kontak) 07:23, 11 November 2017 (UTC)
Maroela Media en ons Wiki (vervolg...)
Goeiemôre vanuit 'n koue Glasgow. Ek dink daar is ook baie lesers wat nuut geskrewe artikels met groot belangstelling volg, al is dit onderwerpe waaroor mense gewoonlik nie self per soektog inligting sal probeer vind nie. Voyageur (kontak) 08:15, 11 November 2017 (UTC)
- Ek het so pas 'n goeie sessie gehad met Gebruiker:Esta Grobler en Keren van Maroela Media. Nou gaan die regte dinge gebeur! Groete! Oesjaar (kontak) 10:12, 14 November 2017 (UTC)
Proeflees
Hallo, ek is 'n Franstalige Belgiese uit Doornik. Ek het 'n subbladsy van my gebruikersblad oor Wallonië van die Waalse beweging geskryf. Ek is op soek na 'n paar vrywilligers om te proeflees omdat my afrikaans baie sleg is. Ek het myself gehelp met my sleg nederlands en met Google Translate. Ek is die skrywer van fr:Histoire du terme Wallon en het is ‘n voorbladartikel.
Ek is nie heeltemal klaar nie, maar dankie! --Speculoos (kontak) 10:49, 10 November 2017 (UTC)
Wereldspektrum en Kennis
- Namens Keren van den Berg: (haar rekenaar werk nie op die oomblik goed nie): "Dankie vir julle insette. Ons is tans besig om vir eers oor te skakel Wêreldspektrum toe. Dis meer akademies geskryf as die Kennis. Ons sal dan hopelik, na ons deur die Wereldspektrums gewerk het, net addisioneel invoeg met die Kennis.
Ons is besig om soektogte te doen om seker te maak dat artikels nie gedupliseer word nie. Hier is werklik ongelooflike inligting wat die Afr Wikipedia wonderlik kan uitbrei, en ons laat natuurlik verouderde artikels uit, bv. die ekonomie van Brazilië in die '80's. Dankie vir die ondersteuning. Ons moet die OCR program oorlaai. Ek dink dit is wat my rekenaar laat oppak het. Groete, Keren (op RJKM se gebruikersnaam)
Openbare/publieke domein
Weet iemand dalk waarom word "publieke domein" geskryf en nie "openbare domein" nie? Die "openbare" is die algemeen gebruikte woord vir die Engelse "public", byvoorbeeld openbare swembad, openbare geriewe, noem maar op. "Publieke" is hier stellig nie verkeerd nie, maar daarmee word die voorkeur gegee aan 'n woord met 'n Latynse herkoms (publicus, afgelei van populus, wat die mense of die volk beteken) ten koste van die gewone "openbare" met sy Germaanse herkoms. Wil nie hiermee 'n polemiek/twisgeskryf begin nie. Wil maar voorstel dat die gebruik van "openbare domein" ernstig oorweeg word. Mieliestronk (kontak) 16:58, 11 November 2017 (UTC)
- Vandat ek by LibriVox gehoor het Dies ist eine LibriVox-Aufnahme. Alle LibriVox-Aufnahmen sind lizenzfrei und in öffentlichem Besitz gebruik ek "openbare besit" by voorkeur. Suidpunt (kontak) 21:49, 11 November 2017 (UTC)
Pennine Alps
Wat is bogenoemde in Afrikaans? Groete! Oesjaar (kontak) 17:02, 13 November 2017 (UTC)
- Seker maar Penniniese Alpe. Hier het die Afrikaans vir hom 'n lelike lat gepluk: Wallis is in Duits en Nederlands 'n kanton in Switserland, terwyl Wallis in Afrikaans 'n graafskap in Engeland is; by die Ned-Deu is dit eenvoudig op sy Engels: Wales. Gelukkig bied die Nederlands Walser--- vir enigiets wat ons mag kortkom. En toe ook nie. Walseralpe is 'n plek in Oostenryk... Walliser Alpe is in Nederlands/Duits nou nie juis pasbaar in Afrikaans nie... Dalk moet mens dit soos die Dene Wallis-Alpe noem. Wallis (graafskap) kan tog nie Alpe hê nie, maar Wallis (kanton) kan. Suidpunt (kontak) 17:11, 13 November 2017 (UTC)
- Dankie jongman! Groete! Oesjaar (kontak) 18:08, 13 November 2017 (UTC)
- Gebruiker:Oesjaar, ek het vandag in Op ons taalakker (1962) afgekom op die volgende opinie van J.J. Smith. Nou moet jy weet, hierdie boek is 'n bundel saamgestel en goedgekeur deur Anna Smith (sy dogter) van tekste wat in die 1930's geskryf is en vroeër. Ek haal bladsy 318 tot 319 aan:
- Dankie jongman! Groete! Oesjaar (kontak) 18:08, 13 November 2017 (UTC)
- Twee dinge val op: aan die een kant wil die taalman alles in Afrikaans aanpas volgens die Engelse taalreëls, aan die ander kant wil hy steeds Nederlandse taalreëls eerbiedig. Wat 'n identiteitskrisis. Ons weet wat die geskiedenis opgelewer het: Wallies het as taal en adjektief geseëvier, met Kimries wat as taal én byvoeglike naamwoord bruikbaar is, maar vreemd is vir Jan Alleman, selfs al sou ek, Suidpunt, verreweg eerder voorkeur gee om Kimries te gebruik as Wallies (aangesien die Walliese volk, of Kimre, self Cymraeg gebruik). Die WAT aanvaar trouens Kimries vir die taal en adjektief, en Kimre is weer die naam vir die Walliesers of Walliese volk. Die ouer spelling in die 1970-WAT is Wallissers. Kimre is volgens die WAT ontleen uit Kimri (meervoud), uit die enkelvoud Kimro ("landgenoot"). Vir my is Kimries en Kimre slegs beperk tot die etnisiteit (volk) en nie die Britse graafskap of rugbyspan nie; maar dis net my opinie. Suidpunt (kontak) 08:11, 15 November 2017 (UTC)
Gemeenskap, ons sal Gebruiker:Koosgreeff moet leiding gee in die artikel. Die inhoud is belangrik vir ons Wiki. Groete! Oesjaar (kontak) 04:49, 14 November 2017 (UTC)
Obelisk
Gemeenskap: ons benodig 'n artikeltjie oor bogenoemde! Enige volunteers? Groete! Oesjaar (kontak) 10:28, 14 November 2017 (UTC)
- As dit nog nie teen die naweek bestaan nie, sal ek dit as een van my WikiDays artikels vertaal. --Slashme (kontak) 19:25, 15 November 2017 (UTC)
- Nouja, ek het 'n growwe vertaling gedoen. Daar moet nog aan geskaaf word: daar's verwysingsjablone wat foute gee, en ek's nie doodseker oor al die geesteswetenskaplike terminologie nie. Boonop is daar een of ander probleem wat maak dat die tabelle 'n klomp los spasie op my skerm het. Ek hoop julle sal agter die kap van die byl kan kom! --Slashme (kontak) 00:33, 18 November 2017 (UTC)
- Dankie. Ons sal kyk. Groete! Oesjaar (kontak) 05:18, 18 November 2017 (UTC)
- Nouja, ek het 'n growwe vertaling gedoen. Daar moet nog aan geskaaf word: daar's verwysingsjablone wat foute gee, en ek's nie doodseker oor al die geesteswetenskaplike terminologie nie. Boonop is daar een of ander probleem wat maak dat die tabelle 'n klomp los spasie op my skerm het. Ek hoop julle sal agter die kap van die byl kan kom! --Slashme (kontak) 00:33, 18 November 2017 (UTC)
Sjablone opdateer
Sjabloon legend-line sal nuttig wees om byskrifte by sekere grafieke en prentjies van roetes of wentelbane ensomeer te plaas. Nie tans beskikbaar op af.wiki. Siteringsopsies bo die wysigingsvenster soos op en.wiki sal ons ook die toekoms inneem. JMK (kontak) 08:37, 15 November 2017 (UTC)
- Die Afrikaans is sjabloon {{Lynsleutel}}. Kyk bv. by Slag van Stalingrad#Operasie Uranus: Die Sowjet-offensief of Johanna van Arkel#Leierskap. Winston (kontak) 18:32, 15 November 2017 (UTC)
- Re: siteringsopsies. Daar is werk vir Gebruiker:KabouterBot in hierdie verband. Ek wil bv. alle gevalle van Engelstalige sjablone (bv. {{cite web}}) vervang met Afrikaanse eweknieë. So 'n taak sal moet wag totdat die Afrikaanse weergawes van hierdie sjablone bygewerk is om die moderne weergawes wat op die Engelse Wikipedia modules ten volle benut, gelyk te wees. Die siteringsopsies bo die wysigingsvenster wat jy noem, kan dan bygewerk word om hierdie nuwe, kragtige siteringssjablone te gebruik. Dalk weet Gebruiker:Naudefj waar om hierdie opsies in MediaWiki te stel? Terloops, ek is ontrevrede met die titel van {{webaanhaling}}. Benewens die feit dat die sjabloon bygewerk moet word om modules ten volle te benut, moet die titel van die sjabloon bygewerk word om konsekwent te wees met ander siteringssjablone op hierdie projek. My voorstel is dat die sjabloon verskuif word na {{webverwysing}}. K175 (kontak) 11:18, 19 November 2017 (UTC)
- Gekant teen die "modernisering" van siteringsopsies. Dit gaan moontlik 'n reuse kraaines afgee wanneer alle artikels oorgeskakel moet word na die nuwe raamwerk. Soos ek 3 maande gelede aan jou gestel het: Don't try to fix it if it's not broken!.
- Adriaan, ek waardeer jou moeite en visie daarmee, maar mens moenie die gevolge van sulke drastiese opdaterings uit die oog verloor nie. Laastens, gebruik asb. jou sandput om in te eksperimenteer, en NIE lewendige sjablone nie! --Aliwal2012 (kontak) 14:36, 19 November 2017 (UTC)
New print to pdf feature for mobile web readers
New print to pdf feature for mobile web readers
The Readers web team will be deploying a new feature this week to make it easier to download PDF versions of articles on the mobile website.
Providing better offline functionality was one of the highlighted areas from the research done by the New Readers team in Mexico, Nigeria, and India. The teams created a prototype for mobile PDFs which was evaluated by user research and community feedback. The prototype evaluation received positive feedback and results, so development continued.
For the initial deployment, the feature will be available to Google Chrome browsers on Android. Support for other mobile browsers to come in the future. For Chrome, the feature will use the native Android print functionality. Users can choose to download a webpage as a PDF. Mobile print styles will be used for these PDFs to ensure optimal readability for smaller screens.
The feature is available starting Wednesday, Nov 15. For more information, see the project page on MediaWiki.org.
Baie dankie!
Wikiwoordeboek
Die Afrikaanse Wikiwoordeboek het die Asturiese een voorbygesteek en is nou op die 70ste plek. Jcwf (kontak) 01:07, 23 November 2017 (UTC)
100 WikiDae voltooi!
Hallo almal,
Ek het vanoggend 'n bietjie tyd by my werkgewer gesteel om my 100 WikiDae klaar te maak deur die Limf artikel uit Engels te vertaal.
Dankie vir al die ondersteuning met die vertalings! Ek gaan nie heeltemal verdwyn nie, maar gaan vir 'n rukkie minder aktief wees. --Slashme (kontak) 09:31, 23 November 2017 (UTC)
Engels na Afrikaans
Hi almal. Wil graag n bietjie bydrae hier en het gewonder wat die meede gevoel is oor Google translate? Ek het iets hier begin maar weet my Afrikaans is nie so fantasties nie so wonder of iemand dit vir my kan deur lees? Is daar enige beswaar teen hierdie metode? Dankie. Robvanvee 13:17, 23 November 2017 (UTC)
- Dit is in die haak met my as jy dit eers op jou sandput doen. Jy kan dan hier in die geselshoekie of op iemand se besprekingsbladsy vra dat 'n moedertaalspreker dit proeflees alvorens dit na die hoofnaamruimte geskuif word. K175 (kontak) 13:24, 23 November 2017 (UTC)
Ek gebruik normaalweg die vertaalwerktuig. Die vertalings is baie grof, maar dis beter as om dit alles met die hand te doen, en dit gee vir 'n mens die moontlikheid om die vertalings eers as 'n gebruikersbladsy te stoor. --Slashme (kontak) 19:39, 23 November 2017 (UTC)
Uitnodiging om op die Wikiwoordeboek te kom help
As jy nog nooit 'n woordeboekinskrywing op die wikiwoordeboek (Wiktionary) gemaak het nie, wil ek jou uitnooi om te kom probeer. Begin deur 'n woord te kies, verkieslik een in 'n woordeboek, of wat ten minste in 'n woordeboek hoort.
Hier is die stappe om 'n eenvoudige inskrywing te maak:
1. Lyn een definieer die taal, tik {{-af-}} vir Afrikaans.
2. Lys die woordvorme. Vir 'n s.nw, tik {{-af-s.nw-|jou woord|woord se meervoud|verkleinwoord|meervoud van verkleinwoord}}, vir 'n ww. {{-af-werkw-|jou woord|verlede tyd van woord}}.
3. Daarna spesifiseer ons die woordsoort, kies uit die beskikbare sjablone, {{-s.nw-}}, {{-werkw-}}, {{-b.nw-}}, ens. As jy nie weet nie, kan jy die woordsoort in 'n woordeboek opsoek (soos by https://viva-afrikaans.org/, maar jy sal moet registreer).
4. Dan die beskrywing(s), tik {{beskrywings}}, gevolg deur ":Woord se definisie" - let op die dubbelpunt vooraan. As jy meer as een definisie wil spesifiseer, gebruik 'n hutsmerk (#) om 'n genommerde lys te maak. 7 5. Dit is dit, kliek op "Wys voorskou" om jou handewerk te aanskou voordat jy dit publiseer.
Hier is 'n eenvoudige voorbeeld, ter illustrasie:
{{-af-}} {{-af-s.nw-|bier|biere|biertjie|biertjies}} {{-s.nw-}} {{betekenisse}} :'n Alkoholiese drankie.
Kyk gerus ook na bestaande inskrywings vir meer gevorderde voorbeelde, en moenie huiwer om in die geselshoekie te vra nie. O ja, onthou, woorde begin meestal met 'n kleinletter. Kyk, dis so in jou woordeboek ook!
Groete. Frank (kontak) 09:24, 26 November 2017 (UTC)
- Ag, ja. Wat voel ek in elk geval vir die Franse artikels? Dit maak my oë tog net seer - en soos by Italiaans by Duolingo raak my oë rooi oor die "les" wat voor die werkwoord moet kom vir een of ander rede. Volgens Professor Doktor Naomi Morgan (Chevalier des Arts et des Lettres de la République française, met 'n sampioendoopsousie oor - dit klink na iets wat geëet kan word) se imposante CV is daar 'n string Afrikaanssprekende kundiges van Frans in Suid-Afrika om te help (ja toe, toe sê hulle Google Trends!). My hulp is oorbodig. Waar kruip die siele tog weg? Vertaal hulle die bestanddele en voedingswaarde wat saam met die vervaldatum op die hondekossak gedruk moet word? By Goties se graf het die lelies reeds verwelk saam met H.J.J.M. van der Merwe, daar is nie eers meer 'n pols oor by Google Trends nie. Russies se hart klop nog sterk, maar toon ongelukkig geen groei nie (na aanleiding van 'n PS1-X-files rekenaarspeletjie probeer ek nog kop of stert uitmaak of (Oud)kerkslawies 'n akademiese taal was of nie; ek soek iets eksoties). Ek vra 'n onmiddellike oorplasing. Laat die Maroelamense met ou Jean-Jacques Rousseau afreken (hy het in ieder geval genoeg moeilikheid in sy tyd veroorsaak); ek is heelwat beïndruk met die Wêreldspektrumartikels. Miskien hier en daar 'n OCR-dingetjie, miskien is die inligting plek-plek agterhaald, maar oor die algemeen is ek tevrede. Dit sê die nodige, die minimum.
- @Onkel Frank, ek staan in verwondering, nee, vervoering, hieroor: https://af.wiktionary.org/wiki/Wiktionary:Sjabloon/Latyn. Baie dankie, dit is verruklik mooi. Tussen die Duits/Franse Wiktionary, Van Wageningen (1927) en Postma (1933) gaan ek 'n geurige walvis met kruienaeltjies oor die kole braai. Au revoir, mon amis... (Moet eers die hele sintaks uit my kop leer...)
- PS. Ek belowe, op my erewoord, ek sal geen politieke sake aanroer ("opbring" is so 'n vomerende Anglisisme) nie. Ek sal my gedra. Suidpunt (kontak) 11:14, 26 November 2017 (UTC)
- Wat gebruik jy? Ek wil dit ook gebruik. Winston (kontak) 18:34, 2 Desember 2017 (UTC)
- Jy het reg, Suidpunt. Jy is taamlik oorbodig. Jcwf (kontak) 21:03, 2 Desember 2017 (UTC)
- Wat gebruik jy? Ek wil dit ook gebruik. Winston (kontak) 18:34, 2 Desember 2017 (UTC)
Wikiwoordeboek
- Die aantal inskrywings het 17 785 bereik en daarmee steek die Afrikaanse Wikiwoordeboek die Hebreeuse לוויקימילון verby en word 69ste. Die volgende teiken is die Sisiliane. Hulle werf staan stil, maar hulle het 1000 meer inskrywings. Dit gaan 'n bietjie tyd kos. Jcwf (kontak) 01:16, 9 Desember 2017 (UTC)
- Goed gedoen Jaap! Jy en Frank doen goeie werk aan die woordeboek kant. Groete! Oesjaar (kontak) 05:25, 9 Desember 2017 (UTC)
Call for Wikimania 2018 Scholarships
Hi all,
We wanted to inform you that scholarship applications for Wikimania 2018 which is being held in Cape Town, South Africa on July 18–22, 2018 are now being accepted. Applications are open until Monday, 22 January 2018 23:59 UTC.
Applicants will be able to apply for a partial or full scholarship. A full scholarship will cover the cost of an individual's round-trip travel, shared accommodation, and conference registration fees as arranged by the Wikimedia Foundation. A partial scholarship will cover conference registration fees and shared accommodation. Applicants will be rated using a pre-determined selection process and selection criteria established by the Scholarship Committee and the Wikimedia Foundation, who will determine which applications are successful. To learn more about Wikimania 2018 scholarships, please visit: wm2018:Scholarships.
To apply for a scholarship, fill out the multi-language application form on: https://scholarships.wikimedia.org/apply
It is highly recommended that applicants review all the material on the Scholarships page and the associated FAQ before submitting an application. If you have any questions, please contact: wikimania-scholarships at wikimedia.org or leave a message at: wm2018:Talk:Scholarships. Please help us spread the word and translate pages!
Best regards, David Richfield and Martin Rulsch for the Scholarship Committee 19:24, 20 Desember 2017 (UTC)
- Sören en Voya: doen asb aansoek!
- Uitgevoer. Indien dit aanvaar word, sien ek sien uit daarna om julle in Kaapstad te ontmoet! Dit sal baie lekkerrrrrr wees. :) Groete. -- SpesBona 20:00, 20 Desember 2017 (UTC)
User group for Military Historians
Greetings,
"Military history" is one of the most important subjects when speak of sum of all human knowledge. To support contributors interested in the area over various language Wikipedias, we intend to form a user group. It also provides a platform to share the best practices between military historians, and various military related projects on Wikipedias. An initial discussion was has been done between the coordinators and members of WikiProject Military History on English Wikipedia. Now this discussion has been taken to Meta-Wiki. Contributors intrested in the area of military history are requested to share their feedback and give suggestions at Talk:Discussion to incubate a user group for Wikipedia Military Historians.
MediaWiki message delivery (kontak) 10:46, 21 Desember 2017 (UTC)
Geseënde Kersfees
Geseënde Kersfees aan die Wikipedia-gemeenskap! Van Oesjaar (kontak) 05:26, 25 Desember 2017 (UTC)
- Dieselfde daar, geseënd almal! --Aliwal2012 (kontak) 05:39, 25 Desember 2017 (UTC)
Rugbyfoto's
Hallo almal,
Ingeval enige van julle belangstel in Rugby, Henning Schlottmann (de:User:H-stt) het uitstekende foto's van die Oktoberfest 7s opgelaai: commons:Category:Oktoberfest_7s_2017 --Slashme (kontak) 11:39, 31 Desember 2017 (UTC)