Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

(Aangestuur vanaf GKSA)

Die Gereformeerde Kerke is 'n Christelike kerk in Suid-Afrika wat in 1859 in Rustenburg gestig is.[1] Lede van die kerk word soms na verwys as Doppers.[3] As een van die oudste kerkverbande onder die Afrikaners, word dit beskou as een van die Drie Susterkerke.

Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA)
Die embleem van die GKSA
Die embleem van die GKSA
Vorige naam 
  • De Gereformeerde Kerk in dezen land [1]
    (12 Februarie 1859)
  • De Gereformeerde Kerk in de Zuid-Afrikaansche Republiek[1]
    (14 Februarie 1859)
  • De Gereformeerde Kerk in ZAR [1]
    (16 April 1859)
Denominasie  Protestants - Calvinisme
Belydende lidmate  100,000 (2012)[2]
Geskiedenis
Stigtingsdatum  1859 (Rustenburg)
Afgestig van  Nederduitsch Hervormde Kerk
Eerste predikant  Dirk Postma[1]

Geskiedenis van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

wysig
 
Seringboom monument, Kerkstraat, Rustenburg, (SAHRA9/2/263/0016)
 
Die Gereformeerde kerk Potchefstroom-Die Bult.
 
Die Gereformeerde kerk Heilbron.
 
Die Gereformeerde kerk Pretoria.
 
Die Gereformeerde kerk Pretoria-Wonderboom-Suid.
 
Die Gereformeerde kerk Reddersburg.
 
Die Gereformeerde kerk Heidelberg, ontwerp deur Pieter Dykstra.
 
Ds. Dirk Postma, grondlegger van die Kerk.
 
Die Gereformeerde kerk Burgersdorp.
 
Die Gereformeerde kerk Steynsburg.
 
Die Gereformeerde kerk Venterstad.
 
Die Gereformeerde kerk Colesberg.
 
Die Gereformeerde kerk Bethulie.
 
Die Gereformeerde kerk, Elliot.
 
Die Gereformeerde kerk Aliwal-Noord.
 
Die Gereformeerde kerk Sannieshof.
 
Die Gereformeerde kerk Postmasburg.
 
Die Gereformeerde kerk Port Elizabeth.
 
Die Gereformeerde kerk Fauresmith.

In die vroeë 1800's het die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Kaapkolonie vanaf Nederland die "nuwe" Psalmboek ingevoer in die erediens. Baie van die liedere in hierdie boek het die Belydenisskrifte (Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls) soos vasgestel by die Sinode van Dordtrecht in 1618/1619, weerspreek.

Die wyse van kerkregering het toenemend mag aan die staat en sinodale vergaderings gegee, en die gesag van plaaslike kerkrade daaraan ondergeskik gemaak.

Hierdie veranderinge het toenemend onrus onder 'n klein hoeveelheid lidmate veroorsaak. Van die begin af was daar lidmate wat nie die gesange wou sing nie. Die uitgangspunt onder hulle was: "In Gods huis Gods lied".[4]

In 1859 het 15 broeders besluit om hulle af te skei van die Nederduitsch Hervormde Kerk in Transvaal. Onder hulle was onder andere Paul Kruger, latere president van die Zuid-Afrikaanse Republiek.

Hulle het op 10 Februarie 1859 'n vergadering belê onder 'n seringboom by Rustenburg. By hierdie vergadering het 300 lidmate hulle laat inskrywe as lidmate van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.[5] Ds. Dirk Postma, wat 'n besoekende predikant uit Nederland was, is gevra om hulle predikant te wees, en hy het die beroep aangeneem en hom in Suid-Afrika gevestig.

Daar het spoedig die behoefte ontstaan vir die opleiding van predikante en onderwysers. Die eerste opleiding is op Burgersdorp in die Oos-Kaap gedoen waar die Teologiese Skool Burgersdorp in 1869 geopen het, maar na die Anglo-Boereoorlog is dit in 1905 verskuif na Potchefstroom.

Uit hierdie skool het die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys gegroei tot 'n volwaardige universiteit, met die Fakulteit Teologie wat onder andere dien as 'n teologiese skool vir die opleiding van predikante.

Die Gereformeerde Kerke vandag

wysig

Die volle naam van die Kerkverband is Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA).

Die Algemene sinode vergader al om die derde jaar in Potchefstroom.

Die Kerke bestaan uit 415 gemeentes in die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe en Lesotho. Woordbediening vind plaas in al 11 die amptelike tale in Suid-Afrika en Frans.[6]

Verder het die Kerke ekumeniese bande met kerke op al die kontinente behalwe Antarktika.

Liedboek van die Gereformeerde Kerke

wysig

Die Gereformeerde Kerke gebruik vandag nog net Skrifberymings saam met die Psalms in hulle liedboek. 'n Skrifberyming is 'n gedeelte van die Bybel wat omdig is. Tot onlangs nog was daar net 50 Skrifberymings, maar nuwe skrifberymings word bygevoeg.

Buiten die liedere bevat die liedboek ook nog die volgende :

  • Drie Formuliere van Eenheid wat bestaan uit die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls.[7]
  • Die formuliere vir die doop van kinders, belydenis van Geloof, die doop van volwassenes, die nagmaal, ban of afsnuding, heropname, die bevestiging van ouderlinge en diakens, die bevestiging van predikante, en bevestiging in die huwelik.
  • Die Kerkorde.[8]
  • 'n Aantal Gebede.

Teologie

wysig

Geloofsbelydenisse

wysig

Konfessies

wysig

Kerkregering

wysig

Soos in die Calvinistiese kerkbeskouing, is Christus self die Hoof van die Kerk.[11] Die kerk volg die presbiteriale kerkregeringstelsel,[12] waar die ouderling Christus se regering in die lig van die Skrif uitdra. Elke gemeente is selfstandig deel van die liggaam van Christus. Daarom word daar na die kerkverband in die meervoud verwys, nl, die Gereformeerde kerke in Suid-Afrika.

Gemeentes werk saam in kleiner streke (genoem Klassisse), groter streke (Streeksinodes) en almal kom saam in die Algemene sinode. Besluite wat hier geneem word is besluite van al die gemeentes gesamentlik. Die kerk bestaan ​​uit die Oostelike Streeksinode, die Bosveldsinode, die Noordwes-sinode, die Streeksinode van Vrystaat en KwaZulu-Natal, die Suidelike Streeksinode en die Randvaalse Streeksinode.[13]

Die Kerke verkies by wyse van die Streeksinodes in die jaar voorafgaande die Algemene Sinode, Kuratore vir ‘n dienstydperk van drie jaar met die oog op die voorsiening vir, die sorg van en die toesig oor die diens van predikantsopleiding. Hulle is gevolglik verantwoordelik om uitvoering te gee aan besluite oor teologiese- en predikantsopleiding en te sorg dat die teologiese- en predikantsopleiding geskied. Hulle opdrag word deur die Algemene Sinode gegee en hulle doen verslag aan die Algemene Sinode.[14]

Kweekskool

wysig

Die GKSA 'n Teologiese Skool in Potchefstroom (TSP) opgerig om die opleiding van studente (kandidate) deur geroepe ampstraers (teologiese professore) volgens 'n leerplan wat deur the Kerke goedgekeur is te voorsien.[14][15]

Vanaf 1921 kon kandidate grade in Teologie by die PUK ontvang, in 1945 het 'n kontraktuele ooreenkoms tussen die GKSA en die PUK/PU vir CHO bepaal dat die beroepe professore ook dosente in die Fakulteit van Teologie sal wees, en dat die universiteit aan kandidate as ingeskrewe studente grade in die teologie sou toeken. Die Kerke het inspraak in die kurrikulum gehad en kon die professore vir die onderrig hiervan aan die PUK beskikbaar stel.[14]

Die PUK mettertyd die PU vir CHO en sedert 2004 die NWU het die akademiese onderrig behartig en die Teologiese skool het saam gesmelt in die universiteit.[16] Die keuring, onderrig en begeleiding van kandidate met die oog op kerklike eksaminering en beroepbaarstelling om as predikante te dien, is en word steeds deur die TSP behartig. Die Kerke kan nie sonder die TSP hulle taak om predikante vir die GKSA op te lei, uitvoer nie.[14]

In 2019 het die NWU formeel kennis gegee dat sekere bepalings van die huidige ooreenkoms, bekend as die 2006-ooreenkoms, op grond van die onderwyswet en statute van die NWU vir hulle ʼn risiko inhou en dat hulle hierdie bepalings gevolglik nie meer sal kan nakom nie Die NWU gaan verder ook nie meer deur beroeping professore as dosente aanstel nie en normale arbeidswetgewingpraktyk gaan toegepas word vir die aanstelling van NWU teologiese personeel.[14]

Aan die begin van 2023 het die NWU kennis gegee dat die ooreenkoms beëndig sal word, die 2006-ooreenkoms bepaal egter dat die bepalinge wat daarin vervat is vir drie jaar na beëindiging nog sal geld.[14]

Gereformeerde Teologiese Akademie

wysig

Tydens die 2018 sinode was daar aan die Kuratore opdrag gegee om die wenslikheid van ‘n eie akademiese instelling te ondersoek. Sedert 2018 het die NWU daarop aangedring dat die Kerke so ‘n akademiese instelling oprig, met wie ‘n akademiese ooreenkoms onder bepaalde voorwaardes gesluit sou kon word. Die Kuratore het toe besluit om ‘n akademiese instelling op te rig en volgens die owerhede se vereistes as ‘n nie winsgewende maatskappy te registreer. Dit staan bekend as die Gereformeerde Teologiese Akademie (GTA). Algemene Sinode 2023 het hierdie oprigting aanvaar en opdrag aan die Kuratore gegee om die GTA tot sy volle potensiaal te ontwikkel, wat insluit dat die GTA kwalifikasies en programme ontwikkel en akkrediteer wat nodig is vir die opleidingsbehoeftes van die GKSA.[14]

Sendingwerk

wysig

Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika het 'n aantal groeiende plaaslike gemeentes. Die denominasie het plaaslike uitreike in Botswana en Mosambiek. Daar is kerke wat sendelinge in Burundi ondersteun. Die Gereformeerde Kerk in Rustenburg het ooreenkoms met Koshin Presbiteriaanse Kerk in Korea om evangelisasie te ondersteun en nuwe multikulturele kerke in Rustenburg area te stig. Die kerk werk saam met die Presbiteriaanse Kerk van Brasilië in sendings in Angola en Mosambiek. Dit is ook betrokke by 'n Gereformeerde kerkaanleg in Hanoi. Deur lidmaatskap van die World Reformed Fellowship werk Gereformeerde Gemeentes saam met die WRF, byvoorbeeld in die Internasionale Instituut vir Islamitiese Studies.[17]

Verhoudings met ander Gereformeerde Kerke

wysig

Die GKSA is deel van die World Reformed Fellowship[18] en die Internasionale Konferensie van Gereformeerde Kerke.[19]

Die Gereformeerde Kerke het ekumeniese eenheid met die volgende kerke:[20]

  • Christelijke Gereformeerde Kerken in Nederland (CGK)
  • Gereformeerde Kerken Vrijgemaakt (GKv)
  • Eglise Reformee Confessante au Congo (ERCC)
  • Orthodox Presbyterian Church in America (OPC)
  • Reformed Churches of New Zealand (RCNZ)
  • Reformed Church Japan (RCJ)
  • Kosin Presbyterian Church in Korea (KPCK)
  • Christian Reformed Churches of Australia (CRCA)
  • Christian Reformed Church
  • Reformed Church Botswana (RCB)
  • Nederlands Gereformeerde Kerken (NedlGK)
  • Free Church of Scotland (FCS)
  • Free Church of Scotland (Continuing) (FCS(C))
  • Londenbediening
  • Reformed Church of East Africa (RCEA)
  • Presbyterian Church Australia (PCAus)
  • United Reformed Church of Congo (URCC)
  • Sudanese Reformed Churches (SRC)
  • African Evangelical Presbyterian Churches(AEPC)
  • Presbyterian Church in America (PCA)

Verder het die GKSA ekumeniese bande met die volgende kerke:[20]

  • International Presbyterian Church (IPC)
  • Iglesia Nacional Presbiteriana de México, A.R. (INPM)
  • Reformed Presbyterian Church in Africa (Uganda)
  • Reformed Presbyterian Church of India (RPCI)
  • United Reformed Churches of North America (URCNA)
  • Gereformeerde Evangeliese Kerk van Australië (GEKA)
  • Igreja Presbiteriana de Angola (IPB Angola)

In Suid-Afrika is die GKSA in ekumeniese gesprek met:[20]

Verwysings

wysig

Algemeen

  • (af) "Professor Dirk Postma (1818 - 1890)", dr. G.C.P. van der Vyver, Pro Rege-Pers, 1958
  • (af) "Handleiding vir die studie van Kerkgeskiedenis, Prof. S. du Toit, Pro Rege Pers, 1970
  • (en) "Hope and Disilussionment, a basic introduction to the history of Christianity", Prof. B.A.Zuiddam, Importantia, Dordrecht 2010

Verdere Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 "Onstaan van die Gereformeerde Kerke in Suid Afrika" (PDF). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 30 Januarie 2024. Besoek op 30 Januarie 2024.
  2. "Statistiek". gksa1.businesscatalyst.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 April 2014. Besoek op 3 Februarie 2022.
  3. Pettman, Charles (1913). Africanderisms; a glossary of South African colloquial words and phrases and of place and other names. Longmans, Green and Co. p. 151.
  4. Fasse, Christoph. "Address data base of Reformed churches and institutions". Reformiert-online.net.
  5. "Geskiedenis". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Julie 2013. Besoek op 28 Julie 2013.
  6. "BBK.GKV » Zuid-Afrika". Bbk.gkv.nl.
  7. "Geloofsbelydenisse / Confessions - GKSA". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2013. Besoek op 28 Maart 2013.
  8. "Church Order of the Reformed Churches in South Africa". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2013.
  9. "English documents". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2013. Besoek op 5 Mei 2013.
  10. "Belydenisskrifte". gksa1.businesscatalyst.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2013. Besoek op 3 Februarie 2022.
  11. Wettige roeping tot bepaalde diens Afgehaal 30 Januarie 2024
  12. "Kerkregering". gksa1.businesscatalyst.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2013. Besoek op 3 Februarie 2022.
  13. "Statistiek". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2013. Besoek op 29 Mei 2013.
  14. 14,0 14,1 14,2 14,3 14,4 14,5 14,6 "Vrae dikwels gevra". Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. 4 Maart 2024. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2024. Besoek op 4 Maart 2024.
  15. "Die Teologiese Skool". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Oktober 2003. Besoek op 28 Maart 2013.
  16. "BBK.GKV » Zuid-Afrika". Bbk.gkv.nl.
  17. "Sending". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2013.
  18. "The World Reformed Fellowship – Membership List". 30 Julie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Julie 2012. Besoek op 18 April 2019.
  19. "The International Conference of Reformed Churches". 17 Julie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Julie 2012. Besoek op 18 April 2019.
  20. 20,0 20,1 20,2 "Ekumeniese Bande". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Januarie 2024. Besoek op 30 Januarie 2024.

Gemeentes

wysig
  1. Gereformeerde kerk Agulhas
  2. Gereformeerde kerk Akasia
  3. Gereformeerde kerk Alberton
  4. Gereformeerde kerk Alberton-Wes
  5. Gereformeerde kerk Aliwal-Noord
  6. Gereformeerde kerk Amanzimtoti
  7. Gereformeerde kerk Andeon
  8. Gereformeerde kerk Aranos
  9. Gereformeerde kerk Barberton
  10. Gereformeerde kerk Barkly-Oos
  11. Gereformeerde kerk Beestekraal
  12. Gereformeerde kerk Belfast
  13. Gereformeerde kerk Bellville
  14. Gereformeerde kerk Bellville-Oos
  15. Gereformeerde kerk Benoni
  16. Gereformeerde kerk Benoni-Noord
  17. Gereformeerde kerk Bergbron
  18. Gereformeerde kerk Bergsig
  19. Gereformeerde kerk Bethal
  20. Gereformeerde kerk Bethanie
  21. Gereformeerde kerk Bethlehem
  22. Gereformeerde kerk Bethulie
  23. Gereformeerde kerk Biermanskool
  24. Gereformeerde kerk Birchleigh
  25. Gereformeerde kerk Bitterwater
  26. Gereformeerde kerk Bloemburg
  27. Gereformeerde kerk Bloemfontein
  28. Gereformeerde kerk Bloemfontein-Noord
  29. Gereformeerde kerk Bloemfontein-Oos
  30. Gereformeerde kerk Bloemfontein-Suid
  31. Gereformeerde kerk Bloemfontein-Suidheuwels
  32. Gereformeerde kerk Bloemhof
  33. Gereformeerde kerk Bloempark
  34. Gereformeerde kerk Boksburg
  35. Gereformeerde kerk Boksburg-Suid
  36. Gereformeerde kerk Boshof
  37. Gereformeerde kerk Bothaville
  38. Gereformeerde kerk Brackenhof
  39. Gereformeerde kerk Brackenhurst
  40. Gereformeerde kerk Brakpan
  41. Gereformeerde kerk Brakpan-Suid
  42. Gereformeerde kerk Brandfort
  43. Gereformeerde kerk Brits
  44. Gereformeerde kerk Brits-Wes
  45. Gereformeerde kerk Bronkhorstspruit
  46. Gereformeerde kerk Buffeldoorns
  47. Gereformeerde kerk Bulawayo
  48. Gereformeerde kerk Bultfontein
  49. Gereformeerde kerk Burgersdorp
  50. Gereformeerde kerk Cachet
  51. Gereformeerde kerk Carletonville
  52. Gereformeerde kerk Carolina
  53. Gereformeerde kerk Centurion
  54. Gereformeerde kerk Chinhoyi
  55. Gereformeerde kerk Christiana
  56. Gereformeerde kerk Clanwilliam
  57. Gereformeerde kerk Colesberg
  58. Gereformeerde kerk Cradock/Somerset-Oos
  59. Gereformeerde kerk Cullinan
  60. Gereformeerde kerk Daniëlskuil
  61. Gereformeerde kerk Daspoort
  62. Gereformeerde kerk De Aar
  63. Gereformeerde kerk Delarey
  64. Gereformeerde kerk Delareyville
  65. Gereformeerde kerk Delmas
  66. Gereformeerde kerk Delportshoop
  67. Gereformeerde kerk Dendron
  68. Gereformeerde kerk Derdepoort
  69. Gereformeerde kerk Die Kandelaar
  70. Gereformeerde kerk D'Kar
  71. Gereformeerde kerk Dordrecht
  72. Gereformeerde kerk Drieviersboom
  73. Gereformeerde kerk Duineveld
  74. Gereformeerde kerk Durban
  75. Gereformeerde kerk Durban-Noord
  76. Gereformeerde kerk Durban-Wes
  77. Gereformeerde kerk Eden
  78. Gereformeerde kerk Edenvale
  79. Gereformeerde kerk Eendracht
  80. Gereformeerde kerk Eikenhof
  81. Gereformeerde kerk Elandskraal
  82. Gereformeerde kerk Elandspoort
  83. Gereformeerde kerk Eldoret
  84. Gereformeerde kerk Elliot
  85. Gereformeerde kerk Eloffsdal
  86. Gereformeerde kerk Empangeni
  87. Gereformeerde kerk Ermelo
  88. Gereformeerde kerk Erongo
  89. Gereformeerde kerk Estcourt
  90. Gereformeerde kerk Evander
  91. Gereformeerde kerk Fauresmith
  92. Gereformeerde kerk Ficksburg
  93. Gereformeerde kerk Florida
  94. Gereformeerde kerk Fort Victoria-Nuanetsi
  95. Gereformeerde kerk Frankfort
  96. Gereformeerde kerk George
  97. Gereformeerde kerk Germiston
  98. Gereformeerde kerk Ghanzi
  99. Gereformeerde kerk Glencoe
  100. Gereformeerde kerk Gobabis
  101. Gereformeerde kerk Goedgegun
  102. Gereformeerde kerk Goeie Hoop
  103. Gereformeerde kerk Graaff-Reinet
  104. Gereformeerde kerk Griekwaland-Oos
  105. Gereformeerde kerk Groblersdal
  106. Gereformeerde kerk Grootfontein
  107. Gereformeerde kerk Gwelo-Gatooma
  108. Gereformeerde kerk Harare
  109. Gereformeerde kerk Harrismith
  110. Gereformeerde kerk Hartbeespoort (tot 2009 Die Moot)
  111. Gereformeerde kerk Heidelberg
  112. Gereformeerde kerk Heilbron
  113. Gereformeerde kerk Hendrina
  114. Gereformeerde kerk Hennenman
  115. Gereformeerde kerk Hentiesbaai
  116. Gereformeerde kerk Hermanus
  117. Gereformeerde kerk Hoedspruit
  118. Gereformeerde kerk Hoëveld
  119. Gereformeerde kerk Hofmeyr
  120. Gereformeerde kerk Humpata
  121. Gereformeerde kerk Indwe
  122. Gereformeerde kerk Innesdal
  123. Gereformeerde kerk Jacobsdal
  124. Gereformeerde kerk Jamestown
  125. Gereformeerde kerk Jeffreysbaai
  126. Gereformeerde kerk Johannesburg
  127. Gereformeerde kerk Johannesburg-Noord
  128. Gereformeerde kerk Johannesburg-Oos
  129. Gereformeerde kerk Johannesburg-Sentraal
  130. Gereformeerde kerk Johannesburg-Suid
  131. Gereformeerde kerk Johannesburg-Wes
  132. Gereformeerde kerk Kaapstad
  133. Gereformeerde kerk Kamanjab
  134. Gereformeerde kerk Kameeldrift
  135. Gereformeerde kerk Karasburg
  136. Gereformeerde kerk Kathu
  137. Gereformeerde kerk Keetmanshoop
  138. Gereformeerde kerk Kemptonpark
  139. Gereformeerde kerk Kemptonpark-Mooifontein
  140. Gereformeerde kerk Kemptonpark-Noord
  141. Gereformeerde kerk Khomas-Hoogland
  142. Gereformeerde kerk Kimberley
  143. Gereformeerde kerk Kleinmond
  144. Gereformeerde kerk Klerksdorp
  145. Gereformeerde kerk Klerksdorp-Noord
  146. Gereformeerde kerk Klerksdorp-Wes
  147. Gereformeerde kerk Klipriviersberg
  148. Gereformeerde kerk Koedoesrand
  149. Gereformeerde kerk Koffiefontein
  150. Gereformeerde kerk Komatipoort
  151. Gereformeerde kerk Koperstreek
  152. Gereformeerde kerk Koppies
  153. Gereformeerde kerk Koster
  154. Gereformeerde kerk Kriel
  155. Gereformeerde kerk Krokodilrivier
  156. Gereformeerde kerk Kroonstad
  157. Gereformeerde kerk Krugersdorp
  158. Gereformeerde kerk Krugersdorp-Oos
  159. Gereformeerde kerk Krugersdorp-Wes
  160. Gereformeerde kerk Kuruman
  161. Gereformeerde kerk Ladybrand
  162. Gereformeerde kerk Ladysmith
  163. Gereformeerde kerk Laeveld
  164. Gereformeerde kerk Lichtenburg
  165. Gereformeerde kerk Linden
  166. Gereformeerde kerk Lindley
  167. Gereformeerde kerk Louis Trichardt
  168. Gereformeerde kerk Lusaka
  169. Gereformeerde kerk Lydenburg
  170. Gereformeerde kerk Lyttelton
  171. Gereformeerde kerk Maclear
  172. Gereformeerde kerk Maclear-Elliot
  173. Gereformeerde kerk Mafikeng
  174. Gereformeerde kerk Magalakwin
  175. Gereformeerde kerk Magaliesburg
  176. Gereformeerde kerk Magol
  177. Gereformeerde kerk Marble Hall
  178. Gereformeerde kerk Mariental
  179. Gereformeerde kerk Matlabas
  180. Gereformeerde kerk Messina
  181. Gereformeerde kerk Meyerspark
  182. Gereformeerde kerk Meyerton
  183. Gereformeerde kerk Middelburg, Kaap
  184. Gereformeerde kerk Middelburg, Mpumalanga
  185. Gereformeerde kerk Middelburg-Noord
  186. Gereformeerde kerk Midrand
  187. Gereformeerde kerk Molopo
  188. Gereformeerde kerk Molteno
  189. Gereformeerde kerk Mosselbaai
  190. Gereformeerde kerk Naboomspruit
  191. Gereformeerde kerk Namib-Kus
  192. Gereformeerde kerk Nelspruit
  193. Gereformeerde kerk Newcastle
  194. Gereformeerde kerk Nigel
  195. Gereformeerde kerk Noordbrug
  196. Gereformeerde kerk Noord-Oosrand
  197. Gereformeerde kerk Noordrand
  198. Gereformeerde kerk Noupoort
  199. Gereformeerde kerk Nylstroom
  200. Gereformeerde kerk Odendaalsrus
  201. Gereformeerde kerk Okahandja
  202. Gereformeerde kerk Olifantshoek
  203. Gereformeerde kerk Ontdekkers
  204. Gereformeerde kerk Oos-Londen
  205. Gereformeerde kerk Oos-Moot
  206. Gereformeerde kerk Orania
  207. Gereformeerde kerk Oranjerivier
  208. Gereformeerde kerk Orkney
  209. Gereformeerde kerk Oshakati
  210. Gereformeerde kerk Otjiwarongo
  211. Gereformeerde kerk Oudtshoorn
  212. Gereformeerde kerk Outjo
  213. Gereformeerde kerk Paarl
  214. Gereformeerde kerk Parys
  215. Gereformeerde kerk Paulpietersburg
  216. Gereformeerde kerk Petrusburg
  217. Gereformeerde kerk Phalaborwa
  218. Gereformeerde kerk Philippolis
  219. Gereformeerde kerk Philipstown
  220. Gereformeerde kerk Piet Retief
  221. Gereformeerde kerk Pietermaritzburg
  222. Gereformeerde kerk Pietersburg
  223. Gereformeerde kerk Pietersburg-Noord
  224. Gereformeerde kerk Pietersburg-Suid
  225. Gereformeerde kerk Pinetown
  226. Gereformeerde kerk Pongola
  227. Gereformeerde kerk Port Elizabeth
  228. Gereformeerde kerk Postmasburg
  229. Gereformeerde kerk Potchefstroom
  230. Gereformeerde kerk Potchefstroom-Die Bult
  231. Gereformeerde kerk Potchefstroom-Mooirivier
  232. Gereformeerde kerk Potchefstroom-Noord
  233. Gereformeerde kerk Potchefstroom-Oos
  234. Gereformeerde kerk Potchefstroom-Suid
  235. Gereformeerde kerk Potgietersrus
  236. Gereformeerde kerk Potgietersrus-Wes
  237. Gereformeerde kerk Pretoria
  238. Gereformeerde kerk Pretoria-Alkantrant
  239. Gereformeerde kerk Pretoria-Annlin
  240. Gereformeerde kerk Pretoria-Brooklyn
  241. Gereformeerde kerk Pretoria-Magalieskruin
  242. Gereformeerde kerk Pretoria-Meintjeskop
  243. Gereformeerde kerk Pretoria-Montanapoort
  244. Gereformeerde kerk Pretoria-Noord
  245. Gereformeerde kerk Pretoria-Oos
  246. Gereformeerde kerk Pretoria-Rooiwal
  247. Gereformeerde kerk Pretoria-Sunnyside
  248. Gereformeerde kerk Pretoria-Wes
  249. Gereformeerde kerk Pretoria-Wonderboom-Suid
  250. Gereformeerde kerk Primrose
  251. Gereformeerde kerk Que
  252. Gereformeerde kerk Queenstown
  253. Gereformeerde kerk Randburg
  254. Gereformeerde kerk Randburg-Oos
  255. Gereformeerde kerk Randfontein
  256. Gereformeerde kerk Randfontein-Noord
  257. Gereformeerde kerk Reddersburg
  258. Gereformeerde kerk Reitz
  259. Gereformeerde kerk Rietvallei
  260. Gereformeerde kerk Roodepoort
  261. Gereformeerde kerk Rooihuiskraal
  262. Gereformeerde kerk Rundu
  263. Gereformeerde kerk Rustenburg
  264. Gereformeerde kerk Rustenburg-Noord
  265. Gereformeerde kerk Rustenburg-Noordoos
  266. Gereformeerde kerk Rustenburg-Oos
  267. Gereformeerde kerk Rustenburg-Wes
  268. Gereformeerde kerk Sannieshof
  269. Gereformeerde kerk Sanveld
  270. Gereformeerde kerk Sasolburg
  271. Gereformeerde kerk Sasolburg-Grootfontein
  272. Gereformeerde kerk Schweizer-Reneke
  273. Gereformeerde kerk Secunda
  274. Gereformeerde kerk Secunda-Oos
  275. Gereformeerde kerk Senekal
  276. Gereformeerde kerk Silverton
  277. Gereformeerde kerk Skeurvallei
  278. Gereformeerde kerk Springs
  279. Gereformeerde kerk Springs-Oos
  280. Gereformeerde kerk Standerton
  281. Gereformeerde kerk Stegi
  282. Gereformeerde kerk Stellenbosch
  283. Gereformeerde kerk Sterkstroom
  284. Gereformeerde kerk Steynsburg
  285. Gereformeerde kerk Steynsrus
  286. Gereformeerde kerk Stilbaai
  287. Gereformeerde kerk Stilfontein
  288. Gereformeerde kerk Stoffberg
  289. Gereformeerde kerk Strand
  290. Gereformeerde kerk Strydenburg
  291. Gereformeerde kerk Suidkus
  292. Gereformeerde kerk Swartruggens
  293. Gereformeerde kerk Thabazimbi
  294. Gereformeerde kerk Theunissen
  295. Gereformeerde kerk Totiusdal
  296. Gereformeerde kerk Transkei
  297. Gereformeerde kerk Tsumeb
  298. Gereformeerde kerk Tweespruit
  299. Gereformeerde kerk Uitenhage
  300. Gereformeerde kerk Uitschot
  301. Gereformeerde kerk Upington
  302. Gereformeerde kerk Usakos
  303. Gereformeerde kerk Vaalharts
  304. Gereformeerde kerk Vaalpark
  305. Gereformeerde kerk Vaalwater
  306. Gereformeerde kerk Vanderbijlpark
  307. Gereformeerde kerk Vanderbijlpark-Noord
  308. Gereformeerde kerk Vanderbijlpark-Oos
  309. Gereformeerde kerk Vanderbijlpark-Suid
  310. Gereformeerde kerk Ventersburg
  311. Gereformeerde kerk Ventersdorp
  312. Gereformeerde kerk Venterstad
  313. Gereformeerde kerk Vereeniging
  314. Gereformeerde kerk Vereeniging-Noord
  315. Gereformeerde kerk Vereeniging-Oos
  316. Gereformeerde kerk Viljoenskroon
  317. Gereformeerde kerk Virginia
  318. Gereformeerde kerk Vleuels (ou Bloemfontein-Wes)
  319. Gereformeerde kerk Volksrust
  320. Gereformeerde kerk Voortrekkerhoogte
  321. Gereformeerde kerk Vrede
  322. Gereformeerde kerk Vredenburg/Saldanha
  323. Gereformeerde kerk Vryburg
  324. Gereformeerde kerk Vryheid
  325. Gereformeerde kerk Walvisbaai
  326. Gereformeerde kerk Wapadrant
  327. Gereformeerde kerk Warmbad
  328. Gereformeerde kerk Waterberg
  329. Gereformeerde kerk Waterkloofrand
  330. Gereformeerde kerk Waterval-Boven
  331. Gereformeerde kerk Welkom
  332. Gereformeerde kerk Welkom-Noord
  333. Gereformeerde kerk Wepener
  334. Gereformeerde kerk Wesrand
  335. Gereformeerde kerk Westonaria
  336. Gereformeerde kerk Wierdapark
  337. Gereformeerde kerk Wilropark
  338. Gereformeerde kerk Windhoek
  339. Gereformeerde kerk Windhoek-Suid
  340. Gereformeerde kerk Witbank
  341. Gereformeerde kerk Witbank-Oos
  342. Gereformeerde kerk Witbank-Suid
  343. Gereformeerde kerk Witbank-Suidoos
  344. Gereformeerde kerk Witpoortjie
  345. Gereformeerde kerk Witrivier
  346. Gereformeerde kerk Wolmaransstad
  347. Gereformeerde kerk Wonderboompoort
  348. Gereformeerde kerk Wondersig
  349. Gereformeerde kerk Worcester
  350. Gereformeerde kerk Zastron
  351. Gereformeerde kerk Zeerust
  352. Gereformeerde kerk Zoutpansberg

Instellings

wysig
  1. Normaalskool Steynsburg
  2. Teologiese Skool Burgersdorp

Mense

wysig
  1. Predikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
  2. Willem Johannes de Klerk
  3. Wicus du Plessis
  4. C.J.H. de Wet
  5. Douw Venter
  6. Dirk Postma jr.
  7. Flippie Snyman
  8. Johannes Cornelis van Rooy
  9. Petrus Postma
  10. Marthinus Postma
  11. Dirk Postma, seun van Marthinus
  12. Stephanus Postma
  13. Willem Postma
  14. Johan van Ryssen

Eksterne skakels

wysig